• No results found

HOOFSTUK 1 : INLEIDING, PROBLEEMSTELLING, DOEL EN METODE VAN

1.5 NAVORSINGSONTWERP EN METODOLOGIE

1.5.1 Literatuurstudie

Die volgende kernbegrippe vorm die basis van hierdie studie

:

kurrikulum, holistiese ontwikkeling, “paideia”, en meervuldige intelligensietipes.

ʼn Literatuurstudie oor die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase-leerder is gedoen deur gebruik te maak van die volgende aanlyn-databasisse

:

Sabinet, EBSCOhost, SA ePublications, Eric, en Teacher Reference Centre. Die volgende soekenjins is ook gebruik

:

Google, Google Scholar, en All the Web.

1.5.2 Deelnemers aan die studie

ʼn Empiriese ondersoek is onderneem om inligting oor die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase-leerder in te samel en te ontleed. Skoolhoofde, Grondslagfase- departementshoofde, graad 1- tot graad 3-onderwysers en vakadviseurs het aan die empiriese ondersoek deelneem. Hierdie deelnemers het inligting verskaf, soos gespesifiseer in die etiekaansoek, sodat die navorser die fenomeen, naamlik die holistiese ontwikkeling van Grondslagfase-leerders sedert 1998, beter kon verstaan.

Deelnemers wat gekies is en vrywillig deelgeneem het, moes sedert 1998 in die onderwys wees, omdat hulle op hoogte is van die agtergrond en verloop van die fenomeen. Hulle is dus medesamestellers van die empiriese inligting, en het inligting verskaf om die fenomeen beter te kan begryp (Laverty, 2003).

1.5.3 Navorsingsmetodologie

ʼn Krities-interpretivistiese lens is gebruik om die holistiese ontwikkeling van die Grondslagfase- leerder sedert 1998 te ondersoek.

Die navorsingsvrae val binne die kwalitatiewe metodologie. Die vrae val onder ʼn verklarende kategorie, waar ʼn fenomeen ondersoek word. Die fenomeen is die holistiese ontwikkeling van Grondslagfase-leerders. Nuwe verklarings kon ondersteun, verwerp of ingesluit word. Daar moes vasgestel word watter verduidelikings die beste is (Mouton, 2001

:

67). Kwalitatiewe navorsing, en nie kwantitatiewe navorsing nie, word gebruik omdat die deelnemers se eie ondervindings en menings van belang is, en hulle daagliks met die fenomeen te doen het.

Kwalitatiewe data is ingesamel deur middel van oopeind-vraelyste aan die vakadviseurs (n=3), onderwyseres (n=18) uit elke graad (graad 1 tot 3), en hoofde (n=5). Individuele onderhoude is met die departementshoofde gevoer (n=6). Skriftelike refleksie is aan die einde van die vraelys aan onderwyseresse gegee om sodoende aan elke deelnemer nog ʼn geleentheid te bied om inligting by te voeg wat hulle dalk ontgaan het óf vertroulik wou byvoeg. Diskoersanalise of gespreksvoering deur geskrewe werk asook onderhoude en redevoering help om ʼn fenomeen te ontleed en gee ʼn oorsig om die probleem op te los (Crofts et al. soos aangehaal deur Rahman, 2015

:

8). Uit onderhoude en refleksie word menings geïnterpreteer en in die analise van die uitslag weergegee (Denzin & Lincoln, 2011

:

6).

1.5.4 Navorsingsontwerp: Histories-fenomenologies

ʼn Histories-fenomenologiese benadering vir die interpretering van hierdie studie is gevolg omdat hierdie studie te doen het met die verloop van tyd in die Suid-Afrikaanse Grondslagfase- onderwyspraktyk vanaf 1998 tot 2015. Mouton (2001

:

168) is van mening dat goeie vertolking van teks nie net lei tot meninggewing nie, maar ook tot kulturele en sosiaal-politieke gebeurtenisse in die verlede.

Fenomenologie behels dít wat mense reflekteer oor hulle eie belewenis in hulle leefwêreld. Nie net wat deelnemers oor die jare waargeneem het nie, maar ook hulle oordele en aanbevelings (Wertz, 2005

:

170) word in hierdie studie gebruik. Inligting, gedagtes en menings moet

geïnterpreteer word as bewys van die navorsingsondersoek. Die navorsing van ʼn fenomeen moet deursigtig wees (Wertz, 2005

:

171).

Die benadering is krities-interpretivisties want die studie is onderhewig aan die navorser se goeie begrip ná die interaksie met die deelnemers en hulle terugvoering. Die woord krities behels nie net die bestudering en begrip vir die samelewing nie, maar om kritiek te lewer op die samelewing vir verbetering en verandering (De Vos, Strydom, Fouché, & Delport, 2011

:

7). ʼn Geheelbeeld moet gevorm word om konteks te kan skep en te kan verstaan (De Vos et al., 2011

:

73).

1.5.5 Rol van die navorser

My rol as navorser was om alle moontlike inligting uit die literatuurstudie te verkry sodat ingeligte oopeind-vraelyste opgestel kon word. Etiese klaring is van die Noordwes-Universiteit (NWU) verkry en skriftelike toestemming is van die Onderwysdepartement en hoofde van skole verkry. Data-insameling het presies volgens die etiese standaarde geskied, waar elke deelnemer toestemming gegee het tot die navorsing. Alle inligting is te alle tye vertroulik hanteer. Ten tyde van die onderhoude of oopeind-vraelyste is vrae ondubbelsinnig en duidelik gevra, en vrae is nie oorbeklemtoon om die bevindinge in enige rigting te kanaliseer nie. Oopeind-vrae het verseker dat deelnemers hulle eie mening kon gee sonder dat hulle in ʼn rigting met die vrae gelei word. Die navorser het onderneem dat die deelnemers insae oor hulle bydrae tot die navorsing kon kry ná afloop van die studie. Deelnemers sal hulself dan vergewis dat die navorser nie die inligting aangepas of verdraai het nie.

Die waarheid is belangrik in hierdie navorsing sodat die werklike toedrag van sake rondom die vraag of die Grondslagfase-leerder holisties ontwikkel word, na vore kan kom. Bevooroordeeldheid is oneties en is te alle tye vermy (De Vos et al., 2011

:

66).

Neutraliteit is belangrik en geen partydigheid mag enige invloed op die navorsing hê nie (De Vos et al., 2011

:

66). Daar is pertinent gepoog om geen vooroordeel in die stel van vrae, hantering van data en skryf van die verslag toe te pas nie. Met die skryf van die verhandeling is erkenning gegee aan bronne wat aangehaal is en geen plagiaat is doelbewus gepleeg nie. Objektiwiteit, deursigtigheid en korrekte bevindinge is duidelik in die finale verslag weergegee.

1.5.6 Biografiese besonderhede en selektering van deelnemers

Die deelnemers was vakadviseurs, hoofde, Grondslagfase-departementshoofde, en graad 1- tot graad 3-onderwysers met vyftien tot twintig jaar onderwysondervinding en in die Dr Kenneth

Kaunda-distrik werksaam was. Hierdie deelnemers het beskik oor onderwysondervinding en kennis van die onderwyskurrikulum sedert 1998 en transformasie van die kurrikulums daarna.

Die volgende skole is in die empiriese ondersoek betrek

:

S1 – Voldiensskool en parallelmedium (Afrikaans- en Engelssprekend) S2 – Gemiddeld-gegoede skool (Afrikaanssprekend)

S3 – Kleurlinggemeenskap (Afrikaanssprekend)

S4 – Swartgemeenskap – Plaasskool (Engelssprekend) S5 – Indiërgemeenskap (Engelssprekend)

S6 – Plaasskool (Engelssprekend)

Die volgende persone is geselekteer en genader om aan die empiriese ondersoek deel te neem.

Tabel 1.2

:

Deelnemers aan die empiriese navorsing

Laerskool

Hoof

Grondslagfase-

departementsho

of

Graad 1- tot

graad

3-onderwysers

Lewensvaardig-

heid

Wiskunde

Eerste

addisionele taal

Huistaal

S1

1

1

3

S2

1

1

3

S3

1

1

3

S4

1

1

3

S5

1

1

3

S6

1

1

3

Vakadviseurs

4

TOTAAL

6

6

18

4

1.5.7 Data-insamelingstrategieë

Kwalitatiewe data is ingesamel deur middel van navorsingsoopeind-vraelyste, onderhoude en refleksieverslae.

1.5.7.1 Onderhoude

Volgens Denzin en Lincoln (2011

:

645) is onderhoudvoering en navorsingsoopeind-vraelyste een van die mees algemene, maar ook die beste manier om mense te probeer verstaan en ʼn fenomeen te ondersoek.

Etiese aspekte en die gebruik van tegnologie tydens die onderhoud is aan die deelnemers verduidelik. Die onderhoud is ingelei met ʼn kort, onbevooroordeelde inleiding. Vrae wat ten tyde van die onderhoud gevra is, is duidelik geformuleer sodat die antwoorde kon lei tot die weergee van eie menings, gevoelens en ervarings. Opvolgvrae kon uit die antwoorde voortspruit sodat belangrike inligting dieper ontgin kon word.

Die grondbeginsel van kwalitatiewe onderhoudvoering is die voorsiening van ʼn raamwerk waarin die deelnemers hulself, op hulle voorwaardes, kan uitdruk (Patton, 2002

:

115). Die klem van data- insameling val op aktiewe wisselwerking tussen deelnemers om die fenomeen te ontrafel en konteks te skep. Die navorser neem ook liggaamstaal waar, wat lei tot verdere vrae om duidelikheid te verkry.

1.5.7.2 Dokumentanalise

Al die nasionale kurrikulumdokumente sedert 1998 is in die literatuurstudie (hoofstuk 3) ondersoek om ʼn analise te doen ten opsigte van voorsiening wat gemaak word vir die holistiese ontwikkeling van Grondslagfase-leerders in Suid-Afrika.

1.5.8 Data-analise

Leedy en Ormrod (2010

:

254) stel stappe voor wat met die navorsingsmetodologie gebruik word. Eerstens moet vasgestel word hoe die inligting bekom gaan word. Nadat die inligting ingesamel is, en ʼn versadigingspunt bereik word, en geen nuwe inligting bygevoeg kan word nie, word inligting in logiese kategorieë gesorteer. Aantekeninge word gemaak om die data te organiseer (Rossman & Rallis, 2003

:

8). Onnodige inligting moet weggelaat word. Bepaal dan hierna hoe die inligting geïnterpreteer sal word en maak ʼn gevolgtrekking wat tot beter interpretasie lei.

Volgens Patton (2002

:

144) behels analise gedissiplineerde navorsing en kreatiewe insig met die doel van evaluering voor oë. Die doel van analise is om die fenomeen te verstaan. Dit sluit denke en oordeel in ten einde ʼn volledige beskrywing te kan gee. Kwalitatiewe navorsing fokus op die goeie kwaliteit van die inligting wat verkry word. Met analise word die rou data in temas en kategorieë verdeel. Sinvolle struktuur word só aan data gegee om die interpretasie daarvan te vergemaklik. Die stappe vir prosessering word sistematies opgedeel in interpretatiewe

fenomenologiese analise, dan die analisering van die individuele saak en laastens, notering van die bevindinge (De Villiers, 2010

:

46).

1.5.9 Etiese aspekte en interne geldigheid en betroubaarheid

Eerstens is etiese klaring by die Noordwes-Universiteit Universiteit verkry. Daarna is toestemming van die distrik verkry om navorsing te doen. Toestemming is daarna ook van skoolhoofde verkry om data in te samel deur middel van onderhoude en oopeind-vraelyste. Ten laaste, deelnemers aan die studie het ’n toestemmingsvorm ondergeteken nadat hulle volledig oor die navorsingsprosedure ingelig is en verseker is dat hulle te eniger tyd aan die proses kon onttrek. Almal is verseker dat alle inligting vertroulik hanteer sal word.

Volgens Rossman en Rallis (2003

:

25-26) moet navorsers polities, eties, emosioneel sensitief wees en gemaklik wees met teenstrydighede. Deelnemers moet beskerm word en minimum risiko beleef.

Volgens Bryman en Bell (2007

:

187) is daar drie maniere van betroubaarheid, naamlik

:

konsekwentheid van resultate; dat vrae en antwoorde met mekaar verband hou; en dat waarnemingsresultate van persone dieselfde moet wees. Verder meld Bryman en Bell dat die gehalte van ʼn goeie standaard en verantwoordbaar moet wees, en dat die navorser bevoeg moet wees en nie ʼn bevooroordeelde gesprekvoering lei nie (Bryman & Bell, 2007

:

187).

Genoegsame tyd en aandag is in die navorsingsveld spandeer. Meer as een invalshoek is gebruik om die saak te benader, byvoorbeeld vanuit die oogpunt van die hoof en vanuit die oogpunt van die onderwyser. Verskeie navorsingsmetodes is gebruik. Vir kontrole is die hoofde, departementshoofde en vakadviseurs afsonderlik genader sodat elkeen die vrymoedigheid gehad het om eerlike menings te gee. Die navorser het as fasiliteerder opgetree en nie as deelnemer nie. Die deelnemers kon alle dokumentasie ná afloop van die navorsing besigtig en na die bandopnames luister om hulself van die egtheid te vergewis. Oorspronklike oopeind-vraelyste en bandopnames is gebruik en die navorser het die data onafhanklik geanaliseer (De Vos et al., 2011

:

66).