• No results found

HOOFSTUK 4 : NAVORSINGSONTWERP EN METODOLOGIE

4.12 ONDERHOUDE

Volgens Henning et al. (2004

:

57) is ʼn onderhoud ʼn aktiewe integrasie tussen twee mense wat ʼn diskoers genoem word.

4.12.1 Doel van onderhoudvoering

Die doel van onderhoudvoering is die insameling van betroubare data by informasieryke persone. Die onderhoudvoering is buigsaam en die liggaamstaal van die deelnemer kan waargeneem word. Verbale en nieverbale inligting moet ooreenstem. Met onderhoudvoering kan ʼn groot hoeveelheid data vinnig, effektief en in diepte verkry word. Aanpassings kan ook maklik gemaak word namate omstandighede tydens die onderhoud verander. Konkrete inligting word ingesamel en daar moet gewaak word teen veralgemenings (Babbie, 2005

:

315; Berg, 2007

:

129).

109 Onderhoude kan verskillende vorme aanneem, byvoorbeeld deur middel van doelgerigte gesprekke, telefonies (multimedia), en interpersoonlike onderhoude (Ary, Jacobs & Razaviec, 2006

:

481; Lankshear & Knobel, 2007

:

225).

Tydens onderhoudvoering moet daar ʼn vertrouensverhouding tussen die onderhoudvoerder en die deelnemer wees. Die deelnemer moet die navorser vriendelik en onpartydig ervaar. Die deelnemer moet verstaan wat tydens die onderhoud van hom/haar verwag word. Al verskil die mening van die deelnemer van dié van die onderhoudvoerder, moet dit nie die betroubaarheid van die data beïnvloed nie. Woorde mag nie in die mond van die deelnemer gelê word nie (Henning et al., 2004; Cohen et al., 2011).

Onderhoude het egter ook beperkings, want persoonlike interaksie en samewerking van deelnemer is nodig en ʼn deelnemer kan onwillig wees om deel te neem. Vrae kan verkeerd geïmplementeer word.

4.12.2 Benadering tot die onderhoud

Die gehalte van die onderhoud hang hoofsaaklik af van die vaardighede van die navorser as onderhoudvoerder. Volgens De Vos et al. (2011

:

287) is aktiewe onderhoudvoering nie beperk tot vraag en antwoord nie. Die onderhoudvoerder moet oplettend wees en die deelnemer se reaksie monitor. Ná die nodige skriftelike toestemming tot die onderhoud verkry is, word ʼn stil gemaklike omgewing vir ʼn onderhoud gekies. Die deelnemer moet op sy/haar gemak voel en hy/sy moet oor die onderwerp en prosedure ingelig word voordat die onderhoud in aanvang neem.

Volgens De Vos et al. (2011

:

287) is daar verskeie kommunikasietegnieke en -maatreëls tydens onderhoudvoering

:

 Die navorser luister en deelnemer doen 90% van die praatwerk, want ʼn onderhoud is nie ʼn dialoog nie;

 Vermy onnodige verbale response op antwoorde. Goeie oogkontak en kopknik, of "Mm- mm, ja, ek sien", sal genoeg aanmoediging wees;

 Min of geen eie opmerkings van die navorser nie;

 Vrae is meestal oopeind-vrae wat sinvol, duidelik geformuleer, kort en bondig is;

 Vra een vraag op 'n slag;

 Moenie die vrae afjaag nie. Gee genoeg tyd sodat die deelnemer ruimte het om oor die vraag na te dink en op sy/haar eie manier te kan antwoord. Moedig vrye teuels aan, maar behou fokus sodat antwoord in konteks bly;

110

 Vermy omstrede en sensitiewe vrae;

 Vrae aan die deelnemer oor sy/haar ervaring dra meer gewig as die vraag oor sy/haar gevoel oor die probleem.

 Vrae vorm ʼn spesifieke volgorde en word nie sommer lukraak gevra nie, vanaf konteksskepping tot spesifieke antwoordgewing;

 Indien die deelnemer die vraag vaag beantwoord, kan die navorser ʼn vraag vra om daardie spesifieke antwoord duideliker te kan kry, bv. “Vertel my meer”;

 Indien die vraag nie duidelik of goed genoeg beantwoord is nie, kan parafrasering gebruik word deur die woorde van die deelnemer op ʼn ander manier as die vraag te stel sonder om aan die betekenis te verander, soos

:

“Met ander woorde wat jy sê is…”;

 Refleksie

:

Om hom/haar te kry om uit te brei op die idee, moedig hom/haar aan met vrae soos “Kan jy my vertel meer oor…”;

 Indiepte-onderhoud

:

Delf dieper vir aktivering van kritiese denke met vrae soos “Presies hoe…?” of “Wat het jy spesifiek…?”

 Vermy leidende vrae;

 Moenie dat die onderhoud te lank aanhou nie of lang tussenposes tussen vrae nie, dit onderbreek die aandagspan.

4.12.3 Semi-gestruktureerde onderhoude

Semi-gestruktureerde onderhoude word gebruik om ʼn beeld van die deelnemer se oortuigings of persepsies oor ʼn bepaalde fenomeen te kry en is aanpasbaar sodat die bewoording of hoeveelheid vrae buigsaam is en aangepas kan word. ʼn Vraelys of onderhoudskedule is voorafbepaalde vrae wat help dat die navorser die verloop, inhoud en struktuur van die onderhoud beplan sodat alle aspekte gedek kan word en herhaling van vrae voorkom kan word. Probleme voortspruitend uit die vrae, soos korrekte terme of sensitiewe areas, word só uitgelig (De Vos et al., 2011

:

297).

Die onderhoudvoerder stel die vrae en volgorde van die vrae op. Die inhoud is kortliks vóór die onderhoud aan die deelnemer bekendgemaak (Henning et al., 2004

:

50; Cohen et al., 2011

:

267).

4.12.4 Band- of DVD-opname

Nadat toestemming van die deelnemer verkry is, word die onderhoud op band of DVD opgeneem. Ná die onderhoud word die inligting op die oudioband getranskribeer vir noukeurige ontleding (De

111 Vos et al., 2011

:

297). Die nadeel van ʼn bandopnemer is dat dit die deelnemer verontsenu en hy/sy mag weier om op band te praat of kan terughoudend wees.

4.12.5 Veldnotas

Direk ná ʼn onderhoud moet indrukke van die onderhoud neergeskryf word om die verlies van data te verminder. Veldnotas is skriftelike weergawe van die verloop van die onderhoud met empiriese waarneming en interpretasies soos emosies, vooroordele en verwagtinge (Maynard & Heritage, 2005

:

431; De Vos et al., 2011

:

297).

4.12.6 Volgorde van die uitvoering van die projek

a. Goedkeuring vir navorsing en etiese klaring is verkry van die Fakulteit Opvoedkunde van die NWU (Addendum A).

b. Skriftelike toestemming is van die volgende belangegroepe gekry (Addendum D)

:

o Departement van Onderwys van die Noordwesprovinsie, Kenneth Kaunda-distrik; o Vier vakadviseurs (Lewensvaardigheid, Huistaal, Eerste Addisionele Taal en

Wiskunde);

o Hoofde van die ses skole;

o Departementshoofde van die ses skole; o Onderwysers van die ses skole (n=18).

c. Afspraak met deelnemers, buite skoolure, was telefonies gedoen.

d. Besoeke aan die deelnemers en bespreking as die doel van die navrosing, die prosedure en vertroulikheid van die refleksieverslae.

e. Vraelyste aan hoofde van die ses skole en die drie onderwysers van elke skool. f. Besoek aan die departemenshoofde en onderhoude met elkeen.

g. Besoeke aan die vakadviseurs en bespreking van die doel van die navorsing, die prosedure en vertroulikheid van die refleksieverslae.

h. Onderhoude wat elektronies opgeneem is, word op rekenaar getranskribeer.

i. Vrae en antwoorde van die deelnemers wat vraelyste geantwoord het, word op rekenaar getik.

j. Antwoorde van die vrae was volgens kategorieё, skole en Graad 1,2 en 3 in kolomme gekategoriseer.

k. Tema’s word bepaal.

l. Resultate, gevolgtrekkings en aanbevelings was gemaak.