• No results found

Ondersteuning van die Skoolhoof, Overberg Onderwysdistrik en die WKOD

1. INLEIDING

5.7 Ondersteuning van die Skoolhoof, Overberg Onderwysdistrik en die WKOD

ondersteuning van die skoolhoof, onderwysdistrik en die WKOD na vore gekom het. In 2015/2016 het die onderwysdistrik verskeie en gereelde skoolbestuurspanopleidingwerksessies aangebied. Hierdie werksessies het die skoolhoof en adjunkhoof ingesluit. Wanneer na die bywoningrekord van SBS’e – met inbegrip van die adjunkhoofde in 2015/2016, gekyk word, was dit slegs skool A se SBS wat hierdie sessies gereeld bygewoon het.

Van die vier adjunkhoofde was dit slegs adjunkhoof A wat die werksessies en opleidingsessies wat deur die onderwysdistrik gereël is, bygewoon het. In kontras hiermee het adjunkhoof C gevoel dat die onderwysdistrik en WKOD niks vir haar doen nie. Die drie adjunkhoofde se afwesigheid by opleidingsessies kan aan verskeie faktore toegeskryf word. Die adjunkhoof kry nie die inligting rakende die sessies nie; hulle voel dalk dat die opleiding nie tot hulle professionele groei en ontwikeling bydra nie, of dat hulle die bemagtiging nie nodig het nie. Dit is dus ʼn geleentheid wat deur die onderwysdistrik ondersoek moet word aangesien hierdie adjunkhoofde moontlik môre se skoolleiers kan wees.

Twee vroue het genoem dat hulle ondersteuning vanaf hulle voormalige IBB bestuurders ontvang het, terwyl die ander twee vroue geen melding daarvan gemaak

116

het nie. Hierdie ondersteuning aan die adjunkhoofde het kurrikulum- en skoolbestuur ingesluit.

Sterk ooreenkomste rakende ondersteuning van hulle skoolhoofde ,veral ten opsigte van die toepassing en implementering van beleid het by adjunkhoofde B en C voorgekom, terwyl adjunkhoof A min ondersteuning ontvang het en adjunkhoof D onseker was oor die ondersteuning. Die soort ondersteuning wat die skoolhoofde aan die twee adjunkhoofde gebied het, het ook verskil. Adjunkhoof B se ondersteuning was veral ten opsigte van beleid terwyl adjunkhoof C se verwagting was dat haar skoolhoof haar ten opsigte van haar groeiplan moes ondersteun. Van die vier adjunkhoofde het drie ten tye van die navorsing reeds ontwikkelingskursusse by KOLI bygewoon het. Ten opsigte hiervan was daar ook verskille. Twee vroue het kursusse vir die ontwikkeling en groei van leierskap bygewoon, terwyl een kursusse in haar vakgebied bygewoon het.

Geeneen van die vier vroue het na betekenisvolle ondersteuning deur die WKOD verwys nie. Die WKOD bied jaarliks ‘n seminaar slegs vir vroue-skoolhoofde aan. 5.8 Ontmagtiging van vroue

Al vier adjunkhoofde was dit eens dat vroue ten spyte van strukturele en kulturele struikelblokke gekoppel aan stereotipes ook vir hulle eie ontmagtiging verantwoordelik is. Dit sluit struikelblokke in die werksplek in asook kulturele verwagtinge van gemeenskappe dat vroue die verantwoordelikheid van die gesin en die huishouding sal aanvaar. Soos in hoofstuk twee genoem (sien 2.6) is verskanste sosio-kulturele stereotipes van vroue nie tot ras of kleur beperk nie. Selfs in die moderne eeu word daar geglo dat vroue nie in staat is om te lei nie. Dit stem ooreen met Jansen (2007:4) se betoog dat Suid–Afrikaanse vroue steeds met hulle eie identiteit in die gemeenskap worstel.

Adjunkhoofde A en B stem saam dat vroue glo hulle is nie goed genoeg nie en dat mans beter is, veral ten opsigte van dissipline. Dit is in ooreenstemming met die stereotipe siening dat dissipline met mag en krag geassosieer word. Slegs adjunkhoof B hanteer dissipline maar ook omdat dit net vir haar as taak gegee was.

117

In beide skole A en C hanteer die manlike adjunkhoofde die dissipline en in skool D is dit die skoolhoof en ‘n manlike posvlak 1 onderwyser.

Uit die vier vroue het slegs een adjunkhoof genoem dat die evageslag ʼn uitdaging is en ook dat die vrou se metgesel haar moet ondersteun. Vrees vir kritiek van kollegas, vernuwing, bywoning van kursusse, tegnologie en blootstelling is ook bydraende faktore wat deur die vroue genoem is. Adjunkhoof C het ʼn ander dimensie bygevoeg wat nie deur die ander drie vroue genoem is nie, naamlik die tydsaspek. Sy het genoem dat mans nie so baie goed het om te doen soos vroue nie en dat ʼn mens baie tyd moet afstaan om suksesvol te wees. Dit stem ooreen met Moreau (2007: 242) wat in sy studie bevind het dat die ongelyksoortige posisionering van vroue en mans by die werk die gevolg is van die geslagsverdeling van arbeid tuis. Daar is bevind dat dit moeilik is om werk, gesin, gesinsverantwoordelikhede en ‘n bestuurspos te balanseer. Moreau (2007:242) het verder bevind dat onderwysers in die studie was gereeld verskeur was tussen hulle kinders se behoeftes en om reg te laat geskied aan die posisie wat hulle by die skool beklee.

Ten opsigte van die vraag of daar enige faktore is wat hulle ten tye van die navorsing verhoed het om vir bevordering aansoek te doen, het twee vroue-adjunkhoofde genoem dat hulle eers hulle voete wou vind, een het ruiterlik erken sy sou nie aansoek doen nie aangesien sy nie vir die verantwoordelikhede kans sien nie. Adjunkhoof B is die enigste van die vier vroue wat reeds aansoek gedoen het, maar tot dusver onsuksesvol was. Sy is ook die enigste een wat erken het dat sy ambisieus is en verder wil gaan. Ten tye van die navorsing het sy as skoolhoof by haar skool waargeneem.

5.9 Samevatting

In hierdie hoofstuk is die hoofbevindinge volgens die verskillende temas geanaliseer. Na aanleiding van tema een is ‘n uiteensetting van die ervaringe van die adjunkhoof in die leierskap en bestuur van die skool gegee. Die fokus hier was spesifiek op die ervaring ná die aanstelling asook die posbeskrywing by die skool versus die posbeskrywing van die PAM. In tema twee is gekyk na leierskapervaring met betrekking tot geslag terwyl die ervaring van die adjunkhoof met die skoolhoofde en SBS in tema drie geanaliseer is. Tema vier het die uiteensetting van die adjunkhoof

118

se gesin– en werkslewe betrek. Na aanleiding van tema vyf is die data ten opsigte van die leierskapstyle van die onderskeie adjunkhoofde geanaliseer en op grond van tema ses is daar gekyk na die ondersteuning deur die skoolhoofde, onderwysdistrik en die WKOD. Laastens is daar gekyk na die faktore wat tot die ontmagtiging van vroue bydra.

In hoofstuk 6 word die gevolgtrekkings, implikasies vir vroue-adjunkhoofde en die aanbevelings bespreek.

119 HOOFSTUK 6

OPSOMMING VAN HOOFBEVINDINGE, IMPLIKASIES EN AANBEVELINGS 6.1 Inleiding

In hoofstuk ses probeer ek my bevindinge, die implikasies vir vroue-adjunkhoofde en aanbevelings teen die agtergrond van my hoofvraag en sub-vrae aanbied. Die doel van my navorsing was om die beleefde ervaringe van vroue-adjunkhoofde in die Overberg Onderwysdistrik na te vors. Ek wou vasstel wat die rol van die adjunkhoof in die algehele leierskap en bestuur van die skool is asook die leierskapervaringe van vroue adjunkhoofde met betrekking tot geslag by hulle skole. Verder wou ek vasstel die ervaring van vroue-adjunkhoofde met betrekking tot die skoolhoof en SBS’e in die skool. Ek wou ook die rol van die WKOD, die distrik en skole rakende die ondersteuning aan die vroue ondersoek, asook die faktore wat tot die moontlike ontmagtiging van vroue in adjunkhoofposte bydrae. Ten laaste is daar gekyk na die soort ondersteuning wat hierdie vroue benodig.

Die beleefde ervaringe van vroue adjunkhoofde in die Overberg Onderwysdistrik

Ervaring as adjunkhoof die leierskap en bestuur van die

skool

Ervaring na die aanstelling

Werksbeskrywing by die skool versus die werksbeskrywing in

die PAM (1999) Leierskapervaring met betrekking

tot geslag

Ervaring met die skoolhoof en skoolbesturrspan

Skoolhoof

Skoolbestuurspan Leierskapstyl

Familie– en werkslewe

Ondersteuning van die skoolhoof, Overberg Onderwysdistrik en die WKOD

120

Figuur 6.1: Raamwerk vir die beleefde ervaringe van vroue adjunkhoof in die Overberg Onderwysdistrik.

In hoofstuk een is die navorsing bekend gestel en die agtergrond en doel van die studie bespreek. Die fokus was op die probleemstelling, die doelwit en doelstellings, die ontwerp van die studie en die metodologie wat gebruik is om die data in te vorder en te analiseer. Definisies en sleutelbegrippe is verskaf en die hoofstukindeling is uiteengesit.

Hoofstuk twee het begin met die uitleg van die teoretiese dimensies van die navorsing en literatuur met betrekking tot die globale oorsig oor die geskiedenis van die adjunkhoof, posbeskrywing van die adjunkhoof, PAM (DBO,1996), beleid en wetgewing rakende die verskille tussen die skoolhoof en adjunkhoof, vroueleierskap en feminisme. ʼn Grondige studie vanuit ʼn feministiese perspektief het die teoretiese raamwerk vir die studie verskaf.

In hoofstuk drie is daar aangedui dat die navorsing as ‘n gevallestudie uitgevoer is. Vir die doel van die studie is ʼn kwalitatiewe navorsingsmetode met die fokus op die die beleefde ervaringe van vroue-adjunkhoofde gebruik. Hulle persoonlike stories is vertel deur individuele ongestruktureerde onderhoudsessies wat deur myself gelei is. Dit het ook aan my die geleentheid verskaf om eerstehands die beleefde ervaringe van die deelnemers in hulle natuurlike omgewing – die skool te ervaar. Betroubaarheid en geldigheid van die data, sowel as die etiese aspekte met betrekking tot die uitvoering van die navorsing is bespreek.

In hoofstuk vier is die bevindinge van die onderhoudsvrae aangebied.

In hoofstuk vyf is die analises van die data wat verkry is, gerapporteer en temas en sub–temas ontleed om die hoofnavorsingsvraag te bespreek, is aangedui.