• No results found

1. INLEIDING

3.4 Dataversameling

Dataversameling verwys na sistematiese versameling van inligting deur ʼn verskeidenheid van tegnieke. Dataversameling is die grondslag van enige navorsing. Volgens Yin (2011:129) is onderhoude en observasies van deelnemers, veld– gebaseerde aktiwiteite wat as ʼnwyse van dataversameling by kwalitatiewe navorsing funksioneer.

3.4.1 Onderhoude

ʼn Verskeidenheid onderhoude kan as navorsingsinstrumente gebruik word. Die drie hoofsoorte onderhoude wat hoofsaaklik deur navorsers gebruik word, is gestruktureerde, semi–gestruktureerde en ongestruktureerde onderhoude. Lincoln en Guba (1985:269) tref ‘n interessante onderskeid tussen gestruktureerde en ongestruktureerde onderhoude. Hulle waarneming is dat gestruktureerde onderhoude bruikbaar is wanneer navorsers bewus is van wat hulle nie weet nie en dus vrae stel om die nodige inligting te bekom. Aan die ander kant is

62

ongestruktureerde onderhoude bruikbaar wanneer navorsers onbewus is van wat hulle nie weet nie en dus op die deelnemers moet vertrou om hulle in te lig.

Marshall en Rosman (2011:148) se mening oor onderhoudsvoering is dat die primêre voordeel daarvan is dat dit eksplisiet op die navorser se persoonlike ervaring tesame met dié van die deelnemers fokus. Hierdie inligting het my laat besluit om ongestruktureerde onderhoude as dataversamelingstegniek te gebruik. In sy beskrywing van onderhoudsvoering voer Patton (2002:104) aan:

“how they perceive it, describe it, feel about it, judge it, remember it, make sense of it, and talk about it with others. To gather such data, one must undertake in-depth interviews with people who have directly experience the phenomenon of interests; that is, they have lived the experience”.

In my studie is ongestruktureerde onderhoude en veldnotas as

dataversamelingsinstrumente gebruik. Onderhoude is opgeneem, getranskribeer en geanaliseer om die temas wat voorgekom het, te bepaal en uiteindelik die vroue se ervaringe beskryf het (Moustakas, 1994).

3.4.2 Ongestruktureerde onderhoude

Ek het in hierdie studie van kwalitatiewe onderhoude gebruik gemaak aangesien hierdie soort dataversameling daarop gemik is om die beleefde ervaringe van die

respondente saam te vat. Volgens Babbie en Mouton (2002:289) behels ʼn

kwalitatiewe onderhoud interaksie tussen die onderhoudsvoerder en die respondent waar die onderhoud ʼn algemene plan is van ondersoek, maar nie ʼn spesifieke stel van vrae is nie en wat in spesifieke woorde en in ʼn spesifieke orde gevra moet word. Inderwaarheid is ʼn onderhoud ʼn gesprek waar die onderhoudsvoerder ʼn algemene rigting vir die gesprek bepaal en spesifieke onderwerpe wat deur die deelnemers geopper word, ondersoek. Die ideaal is dat die respondent die meeste praatwerk moet doen aangesien bruikbare inligting weergegee word. Volgens Cohen et al. (2007) is een van die voordele van ongestruktureerde onderhoude die vermoë om uitklaring te kry oor aangeleenthede wat waargeneem word.

De Vos (2002:298) voer aan dat die grondslag van ongestruktureerde onderhoude geleë is in die belangstelling van ander mense se ervaringe en wat hulle met hierdie

63

ervaring doen. Een voordeel van onderhoudsvoering is volgens Best en Kahn (2003:232) dat die onderhoudsvoerder rapport opbou of vestig, ʼn vriendelike en veilige verhouding met die respondent vorm en sekere soort vertroulike inligting weergegee word wat andersins nie deur die persoon op skrif gestel sou word nie. Die onderhoudsvoerder kan ook gedurende die onderhoud die deelnemer se ervaring van sy/haar wêreld stimuleer en so nuwe inligting bekom wat nie aanvanklik geantisipeer was nie. Tuckman (1972, aangehaal in White 2002:75) meen:

“an interview “provides access to what is inside a person’s head, makes it possible to measure what a person knows, i.e. his/her knowledge or information, what a person likes or dislikes, i.e. his/her values and preferences, and what a person thinks, that is his/her attitudes and beliefs”. Ongestruktureerde onderhoude is ‘n oop bespreking waar ‘n omvangryke saak of vraag deur die navorser te berde gebring word, en wat baie insette toelaat van diegene met wie die onderhoud gevoer word (Opvoedkundige Navorsingstudiegids, 2013:5).

Op grond van die onderstaande redes het ek ongestruktureerde onderhoude as data versamelingsmetode gebruik.

• dit fokus op die navorser se persoonlike ervaring met die deelnemer; • dit is ʼn persoonlike gesprek;

• die deelnemer bepaal die belangrikste kwessies wat gedek moet word; • die deelnemer bepaal die agenda;

• onlangse inligting word van die deelnemer verkry; en

• kwessies word grondig bespreek en dit lei tot ryk, toegeligte data.

Tydens die onderhoud moes ek seker maak dat ek nie as gevolg van my ervaring bevooroordeeld is nie. Ook moes ek verseker dat die deelnemers op die navorsingsvrae fokus en nie skielik ʼn ander koers inslaan nie. In hierdie opsig moes ek sensitief wees aangesien dit dalk hulle manier van praat is – voordat hulle weer tot die onderwerp terugkeer. Ook moes ek verseker dat dit nie ʼn “afpak sessie” word nie, maar terselfdertyd moes ek ook met ʼn simpatieke oor luister. Ek moes ook tydens die onderhoud vertroulike inligting onderskei en tydens en ná die onderhoud met die deelnemers uitklaar of die inligting gebruik mag word.

64

Voor die onderhoudsproses het ek seker gemaak dat die taalvlak van die vrae geskik is en dat dit vir die respondente betekenisvol sou wees. Gedurende die onderhoudsproses met die respondente het ek van die onderstaande seker gemaak:

• privaatheid van die respondente

• minimale geraasvlak (onderhoude het na skool-ure plaasgevind) • gemaklike en warm atmosfeer; en

• dat die respondente die navorsingsonderwerp, die doel van die studie, hulle rol in die studie en die duur van die studie asook die belangrikheid van hulle inligting vir die studie begryp.

Die onderhoude het almal ongeveer een uur en dertig minute geduur. 3.4.3 Veldnotas

Veldnotas is gemaak om my ervaringe, dit wat ek geleer het deur my interaksie met die deelnemers asook my waarneming neer te pen. Verder het die veldnotas ook die fisiese gebare, lyftaal, gesigsuitdrukkinge, die subjektiewe response en ander detail ingesluit om die storie of vertelling van die deelnemers te voltooi. Die veldnotas is tydens die onderhoud gemaak om sodoende ʼn ware weergawe van die inligting te gee. Kort, kriptiese notas is gemaak en is ná die onderhoud in ʼn beskrywende narratief omskryf. Ek het gepoog om soveel moontlike detail in te sluit. Die geskrewe notas is daarna op die rekenaar getik en op ʼn geheuestokkie gestoor. Die sigkopie en die verbale onderhoud is met die deelnemers gedeel sodat hulle hulle van die inhoud en of die korrekheid daarvan kon vergewis. Die sigkopie asook die geheuestokkie is daarna in ʼn kluis gebêre. Die veldnotas sou ook as ondersteuning dien as die bandopnemer nie sou werk nie.