• No results found

HOOFSTUK 4: NAVORSINGSRESULTATE

5.6 BESPREKING EN AANBEVELINGS VAN DIE

5.6.2 Bespreking en aanbevelings van die ervaringe/bevindinge

5.6.2.3 Geen onderrig

Vir al drie die deelnemers was geen onderrig soortgelyk aan die nie-formele voorskoolse instansies, maar daar was egter 'n paar ander negatiewe ervaringe wat na vorige gekom het; ekstra aandag en tyd moet gegee word omdat die kind nie kan konsentreer nie. Die leerder skakel af en werk is nie ingeneem nie, wat dan veroorsaak dat daar een-tot-een onderrig aan die leerder gegee moet word. Die leerders is nie gewoond aan roetine nie. Ekstra na-uurse tyd word ingesit om leerders op standaard te kry, wat veroorsaak dat die leerders agter raak met die werk wat moontlik kan lei tot spanning vir die onderwyser.

Kruger (2005) beweer dat Graad 1 so ontwerp is dat jou kind van voor af geleer moet word, of die kind nou die alfabet ken of nie. Jy kan jou kind alles by die huis gee wat jou kind by die kleuterskool sou leer, mits jy bereid is om moeite te doen en baie tyd saam met jou kind deurbring. Alhoewel ek saamstem met die bogenoemde stelling is my waarneming uit die antwoorde van die deelnemers dat die ouers wat wel hul kinders by die huis hou nie genoeg tyd saam met die leerders deurbring om die leerder se voorskoolse vaardighede te ontwikkel nie.

Onderwyser se algehele ervaring van diverse groepe

Die onderstaande is slegs 'n samevatting van die algehele ervaringe van die gekombineerde groepe. Dit kom voor of die algehele ervaring van die Graad onderwysers van die Graad 1-leerders wat afkomstig is van die diverse voorskoolse agtergronde relatief/wel positief ervaar word. Ten spyte van al die bogenoemde negatiewe ervaringe, hang dit af van die teenwoordigheid van 'n paar aspekte.

Die graad een onderwyser se siening van die graad 1-leerder; "you are my kids, you are my

direk en het 'n positiewe invloed op haar ervaringe, deurdat sy hul sien as haar eie kinders, daar ontstaan 'n liefdesband tussen haar en die leerders. Sy sien haarself as die onmiddellike moeder by die skool vir die leerder. Die onderwyser sien haar leerders as "'n blom" en 'n "stuk klei" wat sy moet vorm. Die onderwysers sien dit as hul plig, taak en werk om die diverse leerders te onderrig.

Daar is hoop, solank die onderwyser net elke dag bietjie doen om die leerder wat agter is te help. Al die diverse leerders moet net gelyk behandel word volgens een van die deelnemers, maak nie saak van watter diverse voorskoolse instansie die leerder afkomstig is nie, want dis "my mense". Die onderwyser fokus op die individualiteit van elke leerder en gaan na uiterste om die leerders te help omdat die leerders in moeilike omstandighede grootword vandag. Positiewe ervaring en gevoel van tevredenheid word beleef deur die Graad 1-onderwyser as daar terugkyk word na die begin van die jaar en daar aan die einde van die jaar gesien kan word waartoe die leerder nou in staat toe is. Die onderwyser beklemtoon 'n goeie verhouding met die ouer wat help om 'n vaste fondasie vir die leerder te vorm. Dit is 'n genotvolle ervaring om met verskillende leerders te werk van verskillende diverse voorskoolse agtergronde, omdat die onderwyser ook by die leerder leer en dit skoolhou interessant hou. 'n Voorstel het uit een van die onderhoude gekom, die deelnemer voel dat die Graad 1-onderwysers gereeld bymekaar moet kom om die leerprosesse van die leerders te bespreek, sodoende sal hul bymekaar leer en is daar ook plek vir refleksie.

Deur die bestudering van die deelnemers se response is dit moontlik ouerbetrokkenheid, betrokkenheid by die bepaling van die kurrikulum en verdere opleiding wat 'n positiewe bydrae gaan hê om moontlike behoeftes en leemtes te identifiseer om te bepaal waar hulle kan verbeter in hul voorbereiding en ondersteuning van Graad 1-onderwysers in die hantering van die diverse voorskoolse agtergronde van die Graad 1-leerders.

Aanpassings en aanbevelings

Onderwysers moet aangemoedig word om meer bewus te wees van die leerder se agtergrond en kulturele invloede wat moontlik 'n rol mag speel. In enige groep van leerders sal daar 'n wye verskeidendheid van vaardighede en ondervinding/ervaring wees. 'n Buigbare benadering wat ruimte maak vir differensiasie wat sodoende tot sukses lei en uitdagings vir almal bied is 'n noodsaaklikheid (NCC, 1989). Onderwysers se bewuswording van diverse leerders moet nie net verbreed word nie maar hulle moet gedurig met behulp van die

skoolhoof en grondslagfase hoof ingelig word oor nuwe konsepte en strategieë om hierdie diverse groep leerders so goed moontlik te ondersteun. Ingeligte en opgeleide personeel kan met die nodige ondersteuning hierdie diverse groep leerders positief ervaar.

'n Inklusiewe benadering tot die onderwys moet onderwysers oplei en her-oplei sodat hul die versoeke/eise kan baasraak wat daar van hulle verwag word in die onderwys. Onderwysers word daagliks deur heelwat uitdagings gekonfronteer, hul moet leerder diversiteit hanteer, oorgroot klasse onderrig, daar is 'n tekort aan onderwys hulpbronne en administratiewe take word by die dag meer. Daar word van hul verwag om die kurrikulum te volg en die leerders voor te berei vir assessering al het hul niks sê in die bepaling en tydsraamwerk daarvan nie. Deur die diverse kind se onderrigsagtergrond te verstaan stel dit opvoeders in staat om hul strategieë en metodes so aan te pas met behulp van hul voortdurende opleiding om die kind te ondersteun in sy/haar diverse onderwys behoeftes. 'n Vroeë kinderjare opvoeder moet dus die kwaliteite besit om 'n navorser te wees, 'n organiseerder, observeerder en moet glo in die belangrikheid van hul werk en dit sien as 'n bydra wat hul maak in die kind se leer en lewe, daarom hul siening van groot waarde.

Onderwys en leer is so 'n komplekse prosedure, indien ons ophou om te luister na die stemme en ervaringe van die waardevolle bron, die primêre opvoeder in die klaskamer, is daar 'n kans dat ons hulle mag verloor. Deur hul insigte en ervaringe in ag te neem, kan skoolbestuur en beleidsmakers nuwe kennis ontwikkel wat sal help om die onderwys te bevorder. Deur hul stemme te laat hoor, kan ons op hoogte wees van hul ervaringe in hul omgewing.