• No results found

HOOFSTUK DRIE METODE

3.3 Navorsingsomgewing en beskrywing van die populasie

Die studie was uitgevoer by die Universiteit van Stellenbosch in die Weskaap Provinsie van Suid-Afrika. Gedurende die uitvoering van die studie, in 2011, was daar ’n totaal van 24684 studente aan die Universiteit van Stellenbosch geregistreer. Studente was gevestig op vier kampusse, naamlik, Stellenbosch Hoofkampus, Tygerberg Kampus, Bellville Besigheidskool en Saldanha Akademie vir Krygkunde. Stellenbosch Hoofkampus het die volgende fakulteite gehuisves: Agriwetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe, Onderwys, Ingenieurswese, Regsgeleerdheid, Teologie en ’n gedeelte van die Fakulteit Ekonomiese en

gehuisves. Die Bellville Besigheidskool het die ander gedeelte van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gehuisves. Die Saldanha Akademie vir Krygkunde het laastens die Fakulteit Krygkunde gehuisves. Die meerderheid van die studente aan die Universiteit van Stellenbosch was op Stellenbosch Hoofkampus, gevolg deur Tygerberg Kampus, Bellville Besigheidskool en Saldanha Akademie vir Krygkunde.

Die meerderheid van die studente aan die Universiteit van Stellenbosch was Wit, Afrikaanssprekende, Suid-Afrikaanse studente ². ’n Groot hoeveelheid Engelssprekende studente het ook gedurende die studie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Alhoewel die Universiteit van Stellenbosch hoofsaaklik uit Wit studente bestaan, was ’n derde (32.4%) van die studente wat aan die studie deelgeneem het van ander rasse afkomstig. Verskeie

internasionale studente en studente met internasionale en Afrika tale as moedertaal het verder ook aan die universiteit studeer.

Die studentepopulasie het bestaan uit manlike en vroulike, voorgraadse en nagraadse, voltydse en deeltydse studente van verskeie inkomste- en ouderdomsgroepe. Die meerderheid van die studente was egter voltydse, voorgraadse studente tussen die ouderdom van 18 en 25. 3.4 Deelnemers

Die totale steekproef vir die studie het uit 1113 deelnemers bestaan. Om te kwalifiseer as deelnemer moes deelnemers aan die volgende vereistes voldoen: (1) Alle deelnemers moes geregistreer wees as studente aan die Universiteit van Stellenbosch; (2) Alle deelnemers moes bo ____________________________

²Die Universiteit van Stellenbosch het oorspronklik slegs Afrikaans as onderrigtaal gebruik. Die meerderheid van Wit Suid-Afrikaners is Afrikaanssprekend en daarom is die meerderheid van studente aan die Universiteit van Stellenbosch Wit, Afrikaanssprekende studente. In ’n poging om diversiteit by die Universiteit van Stellenbosch te bevorder word beide Afrikaans en Engels huidig as onderrigtale gebruik.

die ouderdom van agtien jaar wees. Die opdeling van die deelnemers volgens demografiese eienskappe word in die volgende hoofstuk weergegee.

3.5 Samestelling van die meetinstrument

’n Demografiese skaal was geskep om die beskrywende inligting van die deelnemers te bekom. Hierdie skaal het die volgende inligting vanaf die deelnemers versoek: ouderdom, geslag, ras, nasionaliteit, taal, vlak van opvoeding, studiejaar, indiensnemingstatus, kampus en fakulteit.

Aangesien geen bestaande skale vir die meting van aanvaarding van RBT spesifiek, gevind was nie, was ’n nuwe meetinstrument geskep met behulp van bestaande items binne skale wat die veranderlikes van die GOM meet. Bestaande skale, wat items bevat wat die veranderlikes van die GOM meet, was deur middel van akademiese tydskrifte gesoek. Vyf skale was in die literatuur geïdentifiseer, naamlik: die ‘AIDS Health Belief Scale’ (Zagumny & Brady, 1998); die ‘Champion’s Health Belief Scale’ (Champion, 1984); die ‘Attitudes about HIV Anti-body Testing Scale’ (Boshamer & Bruce, 1999); die ‘Sexual Risk Scale’ (DeHart & Birkimer, 1997) en ‘n subskaal van die ‘Health Belief Model Scale’, naamlik waargenome vatbaarheid (Lux & Petosa, 1994). Nadat die bogenoemde skale geïdentifiseer was, was die psigometriese eienskappe en uitleg van die skale ondersoek om die toepaslikheid van die gebruik van die skale te bepaal. Daar was spesifiek gekyk na die interne geldigheid wat die skale al voorheen getoon het. Daar was ook gekyk na die relevansie van die bestaande items tot hierdie studie en of die vervanging van enkele woorde binne die items die items relevant tot die studie kon maak. Die psigometriese eienskappe en uitleg van hierdie skale word in afdeling 3.6 van hierdie hoofstuk bespreek.

Nadat die psigometriese eienskappe en uitleg van die skale ondersoek was, en daar bepaal was dat die skale geskik was vir gebruik in hierdie studie, was geskrewe toestemming vir die gebruik van hierdie skale vanaf die outeurs van die skale versoek. Alle outeurs het geskrewe

toestemming vir die gebruik van hul skale voorsien. Nadat toestemming verkry was, was sekere items vanuit die skale geselekteer en aangepas volgens hul toepaslikheid vir die huidige studie. Alhoewel geskikte items vanuit die bestaande skale verkry was, was hierdie items nie genoeg om al die veranderlikes van die GOM doeltreffend te meet nie. Addisionele items was daarom volgens die literatuur geskep, op grond van die veranderlikes van die GOM, om sodoende al die veranderlikes doeltreffend te meet.

Nadat die vraelys opgestel was, was dit vanaf Engels na Afrikaans deur die navorser vertaal om sodoende die vraelys in die twee onderrigtale van die Universiteit van Stellenbosch beskikbaar te stel. Die vraelys was daarna deur ’n Meesterstudent in die Lettere en Sosiale Wetenskappe Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch vanaf Afrikaans na Engels terugvertaal. Die terugvertaalde Engelse vraelys was daarna met die navorser se weergawe van die Engelse vraelys vergelyk. Aanpassings was aan die navorser se weergawe van die vraelys gemaak indien dit grootliks van die terugvertaalde vraelys verskil het. Sodoende is die verstaanbaarheid en ooreenstemming tussen die twee vraelyste ten opsigte van taal verbeter.

Nadat die vraelys opgestel, vertaal en terugvertaal was, het tien proefdeelnemers die vraelys voltooi om sodoende die tydsduur en verstaanbaarheid van die vraelys vas te stel. Veranderinge was aan die vraelys gemaak op grond van die terugvoering van die

proefdeelnemers. Die proefdeelnemers het oor die algemeen aangedui dat hulle die vraelys in ’n billike tyd kon voltooi, dat die vraelys duidelike instruksies bevat het en dat dit maklik

verstaanbaar was. Minimale veranderinge was egter aan die instruksies van die vraelys gemaak om verstaanbaarheid te bevorder.

Nadat die prosedure vir die samestelling van die meetinstrument uitgevoer was, was die finale meetinstrument opgestel (Bylae A). Die finale meetinstrument was ‘n gestruktureerde, self

administrerende vraelys. Die vraelys was gebruik om die demografiese inligting van die

deelnemers te verkry sowel as om die veranderlikes van die GOM, wat die aanvaarding van RBT voorspel, te meet. Die totale vraelys het uit 87 items bestaan met sewe subskale, naamlik:

demografiese veranderlikes, aanvaarding van RBT, waargenome vatbaarheid, waargenome erns, waargenome voordele, waargenome hindernisse en aanwysings tot aksie.

Die items van die meetinstrument het hoofsaaklik uit stellings bestaan waarvoor deelnemers hul vlak van ooreenstemming met die stellings moes weergee. Die vlak van

ooreenstemming vir die veranderlikes: waargenome vatbaarheid, waargenome erns, waargenome voordele en waargenome hindernisse, was op ’n vyfpunt Likert skaal gemeet. Die Likert skaal het die volgende antwoord opsie voorsien: stem hoegenaamd nie saam nie, stem nie saam nie, onseker, stem saam, stem volkome saam. Die vlak van ooreenstemming vir die veranderlike aanwysings tot aksie was op ’n driepunt Likert skaal gemeet met die volgende antwoord opsies: ja, onseker, nee.

Die vraelys was in beide Afrikaans en Engels aan deelnemers beskikbaar gestel en deelnemers kon die vraelys in hul taal van voorkeur voltooi. Die totale vraelys het ongeveer twintig minute geneem om te voltooi.

3.6 Subskale van die meetinstrument en toekenning van tellings