• No results found

METODES VAN MAATSKAPLIKEWERK-DIENSLEWERING

DIE TAAK VAN MAATSKAPLIKE WERK TEN OPSIGTE VAN HULP VERLENING AAN MIV/VIGS-PASIENTE

5.6 METODES VAN MAATSKAPLIKEWERK-DIENSLEWERING

In die verlede is daar in die Maatskaplike Werk verskillende prosesse gekoppel aan die onderskeie metodes van hulpverlening wat aangewend word. So byvoorbeeld het die gevallewerk-proses anders verloop of andersoortige fases omsluit as die groepwerk-proses (Kotze, 2001:163). Die moderne tendens is egter die neiging om een bepaalde proses, naamlik die maatskaplikewerk-proses op alle metodes van toepassing te maak (Kotze, 2001:163). Hoewel verskillende skrywers verskillende inhoude, soos die verskillende fases of stadia waaruit die proses bestaan, aan die proses koppel, is die gedagte dat die doel met maatskaplike werk altyd dieselfde bly ongeag die metode wat benut word (Kotze, 2001:163). Outeurs soos Du Bois en Miley (1999:78-83) en Compton en Galaway (1999:88-90) en Potgieter (1998:31) verwys na 'n proses as sistematiese stappe wat oor 'n tyd heen gevolg word om 'n doel te bereik. Die maatskaplikewerk-proses, hetsy dit op die individu, groep of gemeenskap fokus, gebruik 'n baie bepaalde proses wat die probleemoplossingsproses genoem word. Skidmore et al. (1994:10) sluit hierby aan en se die volgende in die verband: "Some social workers claim there is only one social work process - that of problem-solving related to social relationships. They state that the method is basically the same whether working with individuals, groups or communities."

Die hulpverleningsproses wat in maatskaplike werk gevolg word, hetsy met die individu, groep of gemeenskap gewerk word, bestaan uit verskeie fases. Verskeie outeurs, soos Compton en Galaway (1999:86) en Du Bois en Miley (1999:212), onderskei verskillende wyses van indelings van die fases. Daar word vir die doel van hierdie navorsing volstaan met die maatskaplikewerk- proses soos voorgestaan deur Potgieter (1998:122), naamlik ondersoek, assessering, kontraktering, intervensie, evaluering en terminering.

Alhoewel erkenning gegee word aan die geintegreerde benadering tot maatskaplike werk en hierdie benadering ook onderskryf word, sal daar vir die doel van hierdie navorsing verwys word na gevalle-, groep- en gemeenskaps- werk en -ontwikkeling as die drie primere of basiese metodes van maatskap­ like werk. Maatskaplikewerk-administrasie of -bestuur en maatskaplikewerk- navorsing word beskou as die sekondere of instaatstellende metodes. Die metodes sal in die lig van elkeen se bydrae ten opsigte van hulpverlening aan die MIVA/IGS-pasient kortliks bespreek word.

5.6.1 GEVALLEWERK

Daar word na gevallewerk of ook genoem kliniese maatskaplike werk, verwys as die metode wat tydens hulpverlening met die individu in maatskaplike werk gebruik word. Skidmore et al. (1994:58) omskryf gevallewerk soos volg: "Social casework addresses itself to the solution of problems that block or minimize the effectiveness of the individual in various roles." Volgens Skidmore et al. (1994:67) is gevallewerk 'n goed georganiseerde metode waardeur individue gehelp word om hulself te help.

Tydens maatskaplikewerk-hulpverlening aan die MIVA/IGS-pasient is dit meestal in die een-tot-een-verhouding waar die maatskaplike werker hulpver­ lening aan die pasient bied. Hulpverlening aan die persone begin in die een- tot-een-verhouding tydens die aanmeldingsfase, hetsy deur die persoon self, die geneesheer, verpleegkundige, familie of predikant. Omdat MIVA/IGS in Suid-Afrika nie 'n aanmeldbare siekte is nie en geheimhouding van die betrokke persoon se identiteit 'n realiteit is om rekening mee te hou, is dit tans

hoofsaaklik gevallewerk wat as metode van maatskaplike werk in Suid-Afrika ten opsigte van die MIV/VIGS-pasient benut word. In die een-tot-een- verhouding met die maatskaplike werker voel die persoon veilig omdat niemand behalwe die maatskaplike werker tydens hulpverlening van die persoon se siektetoestand bewus hoef te wees nie. Deur middel van gevallewerk kan die maatskaplike werker nie alleen hulp aan die MIV/VIGS- pasient bied nie, maar kan die maatskaplike werker ook geredelik toegang tot die gesin en familie verkry om ook aan hulle hulp en ondersteuning te bied.

5.6.2 GROEPWERK

Groepwerk is 'n metode in maatskaplike werk waardeur die maatskaplike werker met individue in groepe werk vir die verbetering van hul maatskaplike funksionering en vir die bereiking van gestelde doelwitte (Du Bois & Miley, 1999:80; Skidmore et a/., 1994:73). Groepwerk is 'n metode wat met sukses benut kan word in die voorkoming van MIV/VIGS, maar ook in hulpverlening aan MIV/VIGS-pasiente binne groepverband.

In Hoofstuk 6 word breedvoerig aandag gegee aan die rol van groepwerk, veral ten opsigte van die beplanning daarvan in hulpverlening aan die MIV/VIGS-pasient.

5.6.3 GEMEENSKAPSWERK

Lombard (1991:75) definieer gemeenskapswerk soos volg: "... 'n maatskap- likewerk-metode wat volgens 'n wetenskaplike proses daarop gerig is om een of meer van die volgende doelstellings te bereik: (1) om die bree behoeftes van die gemeenskap te bevredig en 'n balans teweeg te bring en te handhaaf tussen die behoeftes en die hulpbronne in die gemeenskap; (2) om 'n gemeenskap in die geleentheid te stel om sy kragte en potensiaal (kennis en vaardighede) te ontgin en te ontwikkel ten einde in staat te wees om maatskaplike probleme en behoeftes nie net te benader nie, maar ook te voorkom; en (3) om veranderinge teweeg te bring in die gemeenskap, in groepverhoudinge en in die verspreiding van besluitnemingsmag." Die

omskrywing laat ruimte vir die toepassing van die metode op 'n bree terrein van die praktyk van maatskaplike werk. Dit laat ruimte vir onder andere groepwerk- en gevallewerk-aktiwiteite.

Du Bois en Miley (1999:81) sluit hierby aan en wys op die volgende: "Community problem-solving initiatives require the involvement of community

leaders, including governmental units, corporation boards, unions, foun­ dations and other funding bodies, ethnic and religious organizations, and professional, consumer and civic groups."

Wanneer daar na 'n opiossing vir die probleme rakende MIVA/IGS gesoek word, is dit noodsaaklik dat die probleem aandag op alle vlakke van die gemeenskap ontvang. MIVA/IGS en die gevolge daarvan op die individu, die gesin, gemeenskap en samelewing kan alleen beveg word deur die betrokkenheid van al die sektore soos aangedui deur Du Bois en Miley (1999:81).

5.6.4 MAATSKAPLIKEWERK-BESTUUR OF -ADMINISTRASIE

Daar word dikwels na maatskaplikewerk-bestuur of -administrasie verwys as die hart van maatskaplikewerk-opleiding en -praktyk (Skidmore et al., 1994:106). Geen organisasie kan suksesvol dienste lewer indien die bestuur of administrasie van so 'n instelling nie doeltreffend funksioneer nie (Kotze, 2001:207). Administrasie het onder meer te doen met die voorsiening van dienste en die kreatiewe benutting van hulpbronne soos personeel en vrywilligers, asook die uitvoer van *n oorhoofse diensleweringsprogram van 'n betrokke instelling. Daarvolgens kan beleid in gehaltedienslewering omgeskep word (Kotze, 2001:210-211; Skidmore et al., 1994:109). Vanuit die siening van maatskaplikewerk-bestuur of -administrasie is dit nodig dat instellings in Suid-Afrika wat met die voorkoming en behandeling van MIVA/IGS te make het, moet toesien dat hul bestuur en administrasie na behore funksioneer.

5.6.5 MAATSKAPLIKEWERK-NAVORSING

Die waarde van maatskaplikewerk-navorsing vir die verskaffing van weten- skaplike antwoorde op verskeie vrae op die vakgebied kan nie betwyfel word nie. Daar is nog vele onbeantwoorde vrae, en daarom is maatskaplikewerk- navorsing van die grootste belang vir alle vakkundige asook vrywilligers op die terrein van maatskaplike werk (Skidmore et al., 1994:117). Hoewel beoefenaars in die praktyk van maatskaplike werk soms weerstand toon teen navorsing, moet die weerstand oorbrug word. Dit is noodsaaklik dat maatskaplikewerk-navorsing moet voortgaan om so nuwe kennis te verseker (Hoffmann & Sallee, 1994:284-289; Kotze, 2001:214-215). Maatskaplike werkers speel 'n noodsaaklike rol in die verkryging van nuwe kennis deur middel van navorsing. Hulle moet op die hoogte bly van die nuutste navor­ sing deur toe te sien dat hulle toegang verkry tot nuwe feite, tegnieke en vaardighede wat op die terrein van maatskaplike werk ontwikkel word (Skidmore et al., 1994:118).

Beoefenaars van die maatskaplikewerk-professie kan 'n vername rol ten opsigte van MIV/VIGS-navorsing speel. Maatskaplike werkers beskik oor geleenthede in die praktyk om by navorsing ten opsigte van nie alleen voorkoming van MIVA/IGS nie, maar ook ten opsigte van hulpverlening aan die MIV/VIGS-pasient en sy familie betrokke te raak.