• No results found

GROEPWERK MET MIV/VIGS-PASIENTE

6 3 3 FORMULERING VAN DOELSTELLINGS

6.3.4 BEPALING VAN DIE SOORT GROEP

Voordat die maatskaplike werker lede vir die groep kies, is dit noodsaaklik dat bepaal word watter soort groep beplan word. Die soort groep waarop besluit

word, moet ooreenkomstig die behoeftes van voornemende groeplede en die voorlopige doelstellings wat vir die groep geformuleer is, saamgestel word (Roux, 1997:38).

In die literatuur word verskeie indelings-van soorte groepe by verskillende outeurs aangetref, soos Corey en Corey (1997:9-14), Du Preez (1986:61-69), Reid (1991:8-11) en Strydom (1990:51-54). Die navorser het aansluiting gevind by die indeling van Toseland en Rivas (1998:13-45). Volgens laasge- noemde skrywers (Toseland en Rivas, 1998:14) kan daar hoofsaaklik tussen twee soorte groepe onderskei word, naamlik behandelingsgeorienteerde en taakgeorienteerde groepe. Behandelingsgeorienteerde groepe sluit onder- steunings-, opvoedkundige, groei-, terapeutiese en solisialiseringsgroepe in. Taakgroepe word veral aangetref in organisasies en ondernemings. Die groepe word benut om oplossings te vind vir probleme in die organisasie, om nuwe idees te genereer en om besluite te neem. Dit sluit onder meer in spanvergaderings, komitees en rade (Toseland & Rivas, 1998:28). Die groep MIV/VIGS-pasiente hoorttuis onder 'n behandelingsgeorienteerde groep.

6.3.4.1

ONDERSTEUNINGSGROEPE

Toseland en Rivas (1998:21) omskryf ondersteuningsgroepe soos volg: "Support groups can be distinguished from other groups using supportive intervention strategies by their primary goal: to help members cope with stressful life events and to reinstalize and enhance members' coping abilities so they can effectively adapt to and cope with future stressful life events." Kurtz (1997:4) omskryf 'n ondersteuningsgroep soos volg: "Support groups meet for the purpose of giving emotional support and information to persons with a common problem," Ondersteuningsgroepe bied die nodige emosionele steun aan lede sodat hulle situasies wat spanning in hulle lewens veroorsaak, kan hanteer. In hierdie groepe word hulle met die nodige kennis bemagtig wat hulle verder in staat stel om probleme baas te raak.

Die maatskaplike werker se vernaamste rol in die ondersteuningsgroep is om aan die lede hoop vir die toekoms te bied en om hulle te motiveer om hul

hanteringsvaardighede deur selfhulp te verbeter (Toseland & Rivas, 1998:21). Groeplede word in die groep aangemoedig om inligting in die groep met ander groeplede te deel om so andere te ondersteun. Ondersteuningsgroepe help die groeplede volgens Meier (1997:38) om hul vlakke van psigiese spanning te veriig en hul hanteringsvaardighede te verbeter deur 'n veilige omgewing daar te stel waarin hulle hul gevoelens kan verwoord. Pomeroy, Kiam en Abel (1999:174) sluit hierby aan deur op die volgende te wys: "People infected or affected by HIV/AIDS, in particular, need this group support due to the high degree of stigma associated with this illness." In die groep ervaar die lede emosionele steun van andere, en terugvoering word aan mekaar gebied oor hoe om moeilike of probleemsituasies te hanteer. Omdat ondersteuning volgens Toseland en Rivas (1998:23) die basis van baie van die ander tipe groepe vorm, word die strategies van 'n onder- steuningsgroep ook in die ander behandelingsgeorienteerde groepe aangetref.

6.3.4.2

OPVOEDKUNDIGE GROEPE

'n Opvoedkundige groep het hoofsaaklik ten doel om die groeplede te help om nuwe kennis en vaardighede ten opsigte van hulself en hul omgewing aan te leer (Strydom, 1990:52; Toseland & Rivas, 1998:23). Hoewel ander groepe elemente van opvoeding en die oordra van kennis het, is opvoed­ kundige groepe se primere doel om kennis en inligting oor te dra. 'n Groep waarin kennis oor MIV/VIGS aan byvoorbeeld studente oorgedra word, dien as voorbeeld van 'n opvoedkundige groep.

6.3.4.3

GROEIGROEPE

In groeigroepe word die groeplede volgens Toseland en Rivas (1998:24) die geleentheid gebied om bewus te word van hul eie en andere se emosies, gedagtes en gedrag, sowel as die wyses waarop dit verander kan word. Toseland en Rivas (1998:24) wys op die volgende ten opsigte van groei­ groepe: "Growth groups focus on promoting socio-emotional health rather than remediating socio-emotional illness". Wanneer die groepe saamgestel

word, kies die maatskaplike werker gewoonlik lede met 'n uiteenlopende agtergrond wat oor die vermoe beskik om andere te verryk en hul ervarings te verbreed.

6.3.4.4

TERAPEUTIESE GROEPE

Terapeutiese groepe is volgens Toseland en Rivas (1998:25) groepe waar groeplede gehelp word om hul gedrag te verander om met persoonlike probleme te "cope" of om hulself te rehabiliteer na 'n fisiese, psigiese of maatskaplike traumatiese ervaring. Corey en Corey (1997:10) sluit hierby aan en wys op die volgende: "The group worker who specializes in counseling/interpersonal problem solving seeks to help group participants resolve the usual, yet often difficult, problems of living through interpersonal support and problem solving." Die maatskaplike werker help die groeplede ook om hul eie probleemoplossende vaardighede te ontwikkel sodat hulle beter in staat is om toekomstige probleme van dieselfde aard die hoof te bied (Toseland Rivas, 1998:25-26).

Corey en Corey (1997:10) som terapeutiese groepe in die volgende stelling op: "... the broad purpose of a therapeutic group is to increase people's knowledge of themselves and others, help them clarify the changes they most want to make in their lives, and give them some of the tools necessary to make these changes". Die terapeutiese groep bestaan uit persone met gemeenskaplike probleme en bied aan die groeplede die geleentheid om hulle persoonlike probleme te bespreek en deur middel van die insigte waartoe hulle kom, die probleme te hanteer.

6.3.4.5 SOSIALISERINGSGROEPE

Volgens Toseland en Rivas (1998:26) help sosialiseringsgroepe lede om mekaar te help om sosiale vaardighede en aanvaarbare gedragspatrone aan te leer sodat hulle doeltreffend in die gemeenskap kan funksioneer. Die groepe maak veral gebruik van programaktiwiteite soos uitstappies (Strydom,

1990:53).

Die MIV/VIGS-groep wat in hierdie navorsing betrek is, kan hoofsaaklik as 'n terapeutiese groep geklassifiseer word maar beskik ook oor elemente van 'n

opvoedkundige en 'n ondersteuningsgroep (Roux et ai, 2001:39). Kennis is veral tydens die eerste paar groepbyeenkomste oorgedra. Die groep was egter deurgaans van 'n terapeutiese aard deurdat lede gehelp is om gedrag te verander en om met probleme wat hulle ervaar, te "cope". Tydens die hulpverlening wat plaasgevind het, het die groep as 'n baie sterk steunstelsel vir die individuele lede gedien. In die groep is lede gehelp om situasies in hul lewe te hanteer wat baie spanning veroorsaak het. Die ondersteuning wat van elke lid, die navorser en die groep as geheel verkry is, kan nie gering geskat word nie.