• No results found

DIE OORSAKE VIR DIE VERSPREIDING VAN MIV/VIGS

MIV/VIGS AS MAATSKAPLIKE VRAAGSTUK IN SUID-AFRIKA

STREEK MIV/VIGS VOLWASSENES EN KINDERS

3.4 DIE OORSAKE VIR DIE VERSPREIDING VAN MIV/VIGS

MIV/VIGS is 'n siektetoestand wat in Suid-Afrika 'n omvangryke toename toon. Indien verdere toename voorkom wil word, spreek dit vanself dat oorsaaklike faktore ge'identifiseer en oor 'n bree front hanteer moet word.

Volgens Van den Berg en Viljoen (1989:280) asook Visagie (1999:19) word die Ml-virus nie van een persoon na 'n ander oorgedra deur hoes, nies of lag nie en ook nie deur kos, eetgerei, water, insekte, toiletsitplekke, swembad- dens, soen, menslike aanraking soos 'n handdruk, omhelsing of toevallige ontmoeting deur fisieke kontak nie. Die Ml-virus word oorgedra deur seksuele omgang, besmette bloed en liggaamsvloeistof, semen, orgaan- of weefselskenkings soos beenmurg, voor geboorte en tydens die geboorte-

proses, borsvoeding, en alhoewel nog nie bewys nie, deur diep of tong- soenery (Van den Berg & Viljoen, 1989:281). Vervolgens word oorsigtelik gefokus op die verskillende oorsake van verspreiding van MIV/VIGS. Hierdie oorsake word in Hoofstuk 7 breedvoeriger bespreek.

3.4.1 GESLAGSOMGANG

MIV word volgens Evian (2000:13-17), Van den Berg en Viljoen (1989:281) asook Visagie (1999:19) veral versprei deur anale en vaginale geslagsomgang. Die virus word in groot konsentrasies in die semen en vaginale vloeistowwe van persone wat MlV-positief is, gevind.

3.4.2 BLOEDOORDRAGING

Die virus kan ook versprei word as MlV-gei'nfekteerde bloed die liggaam van 'n persoon binnedring. Dit kan gebeur deur

• bloedoortapping;

• gebruik van besmette naalde of spuite;

• besmette skeermeslemmetjies en ander skerp voorwerpe;

• om spuitnaalde tydens dwelmmisbruik te deel; en

• 'n oop wond of 'n seer, alhoewel dit baie selde voorkom.

Persone moet dus daarop bedag wees om infektering te voorkom wanneer hulle met skerp voorwerpe werk en met besmette bloed in aanraking kom.

3.4.3 MOEDER NA BABA

Volgens Esu-Williams (2000:123) word vroue en jong meisies die meeste met die Ml-virus gelnfekteer. Die betrokke skrywer wys daarop dat "... African women still live largely in a world where they have to first and foremost prove their worth by being married, having children and caring for their families".

Die virus word na die baba gedurende swangerskap asook tydens die geboorteproses oorgedra. Die Ml-virus kan ook deur borsvoeding na die baba deur die moeder oorgedra word. Indien 'n moeder as MlV-positief getoets is, is die kanse dat die baba gebore sal word met MlV-infeksie,

tussen 13% en 45% (Evian, 2000:16; Whiteside & Sunter, 2000:75-76). Die kanse dat die baba gemfekteer sal word, word verhoog indien die moeder net voor of gedurende swangerskap gemfekteer word. Indien sy reeds simptome van MlV-infeksie toon en wanneer sy 'n lae CD4-telling net, is die kanse op infektering van die baba groot. Hierdie kinders sterf binne die eerste paar jaar na geboorte (Whiteside & Sunter, 2000:76).

3.4.4 ARMOEDE

Die rol wat armoede en swak sosio-ekonomiese omstandighede speel in die verspreiding van MIV/VIGS, kan nooit onderskat word nie. In hierdie verband se Kotze et al. (2001:72) die volgende: "Selfs die getrouste ondersteuners van die denkstroom dat armoede nie VIGS veroorsaak nie, sal die rol wat armoede speel, nie ontken nie, al word dit slegs as een van die moontlike gevolge van die epidemie beskou". Volgens Evian (2000:21-22) kom MIV/VIGS dikwels voor in "... lower socio-economic countries". Van die redes wat Evian (2000:21) onder andere gee, is migrasie, prostitusie, geringe opleiding en lae vlakke van geletterdheid. In die navorsing van Kotze et al. (2001:82) word daar onder andere tot die volgende gevolgtrekkings gekom:

• As gevolg van faktore soos mediese ongeskiktheid en werkloosheid is byna 60% van MlV-pasiente aangewese op ander lede van die huishouding wat oor 'n inkomste beskik.

• Die behuisingsomstandighede van die MlV-pasiente net in die algemeen op geen of gebrekkige fasiliteite gedui ten opsigte van privaatheid, lopende water, elektrisiteit asook bad- en toiletgeriewe.

• Die gemiddelde uitgawes van die huishoudings oortref die huishoude- like inkomste.

• Die gemiddelde grootste enkele maandelikse uitgawe is skulddelging. Daarteenoor word weinig geld bestee aan mediese uitgawes, ongeag die behoeftes van MlV-pasiente.

3.4.5 ALKOHOL- EN ANDER VORME VAN DWELMMISBRUIK

Die misbruik van alkohol en ander dwelms laat persone dikwels vergeet van die realiteit van die omstandighede waarin hulle hul bevind. Dit lei daartoe dat persone onder die invloed van hierdie middels inhibisies oorboord gooi deur byvoorbeeld seksuele omgang met ander persone te he of ander gedrag openbaar wat hulle risiko om ge'i'nfekteer te word, verhoog (Evian, 2000:21).

3.4.6 MOBILITEITVANBEVOLKING

Baie taxi- en vragmotorbestuurders moet lang afstande afle om passasiers of goedere te vervoer. Dit lei daartoe dat bestuurders dikwels lang tydperke van hul huise en gesinne weg is, waartydens seksuele verhoudings met vroue langs die pad aangeknoop word. Hierdie vroue is dikwels prostitute wat verskeie seksuele verhoudings met mans het en wat waarskynlik met die Ml- virus besmet is (Viljoen, 1990:337-338).

3.4.7 TRADISIE

Sommige tradisionele gebruike speel 'n belangrike rol in die verspreiding van die virus. In sommige Afrikaiande is poligame huwelike tradisioneel by sommige swart volke. 'n Man se rykdom word dikwels gemeet aan die aantal beeste en vroue wat hy besit (Viljoen, 1990:336). Hoe meer seksmaats 'n persoon het, hoe groter is die moontlikheid op die verspreiding van die virus.

Die vrou word deur sekere swart volke in Suid-Afrika gesien as die onderge- skikte in die huwelik. Die man is die hoof, en die vrou het baie min beheer oor haar seksuele lewe (Evian, 2000:194). Die vrou het geringe seggenskap met betrekking tot wanneer sy gereed vir seks is, asook of sy die gebruik van 'n kondoom verkies, al dan nie. Hierdie houding teenoor die vrou lei soms tot verkragting en onbeplande asook ongewenste swangerskappe.

3 . 4 . 8 MlSDAAD

Misdaad soos geweld word deur sommige kenners gesien as een van die indirekte oorsake wat die verspreiding van MIV verhoog (Evian, 2000:21). In hierdie situasies verval wet en orde asook sedelike norme. Misdade soos verkragtings en aanrandings is in Suid-Afrika meestal aan die orde van die dag. Hierdie tipe misdade verhoog die kanse dat persone met die Ml-virus geTnfekteer kan word.