• No results found

2. Die meganiese analise: die profiel en bates van die gemeente

3.4 Meso-vlak

Die meso-vlak dui veral op die invloed wat na die gemeente uitgaan vanaf die nasionale, provinsiale asook streekvlak. Die invloed wat op dié vlakke gebeur, het ʼn besliste uitwerking op die plaaslike gemeenskap en gemeente. Daar is veral die volgende verwikkelinge en ontwikkelinge wat direkte invloed op Saron het:

3.4.1 Die geboorte van die demokrasie

Een van die mees betekenisvolste draaipunte in die geskiedenis van Suid-Afrika is die vervanging van ʼn apartheidsregering wat deur ʼn wit minderheid bestuur was met ʼn demokraties-verkose regering in 1994. Hierdie nasionale politieke verwikkelinge het die land oor die algemeen, maar ʼn dorpie soos Saron spesifiek, hopeloos onkant gevang. Dit het opeenvolgende konfliksituasies op plaaslike owerheidsvlak ontlok wat gesinne vir jare in onvrede met mekaar laat leef het. ʼn Nuwe kultuur het ook ontstaan waar mense sterk begin steun het op hul demokratiese regte en is individualisme asook persoonlike status sterker omlyn. Hierdie kultuur tesame met die verskynsel van globalisasie het tot gevolg gehad dat die kerk se mag geleidelik verkrummel het.

3.4.2 Nuwe wetgewing

Die demokratiese bestel het noodwendig nuwe wetgewing meegebring. Die belangrikste in dié verband is die Nuwe Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Dit het die posisie en identiteit van die inwoners nuut gedefinieer. Een van die sleutelaspekte van die grondwet is dat alle mense gelykwaardig is en verdien om as sulks behandel te word. Daar is al baie gedoen in terme van die transformasie- proses, maar daar is steeds ʼn lang pad om te gaan. Saron is een van 24 voormalige landelike sendingstasies, bekend as landelike gebiede en is deur Wet 9 van 1987 gereël. Hierdie wet is herroep en vervang met die Wet op Transformasie van sekere

Landelike Gebiede, Wet 94 van 1998. Laasgenoemde is bedoel om

gemeenskapsgrond ten gunste van die gemeenskap aan die munisipaliteit oor te dra. Die munisipaliteit het weer die verantwoordelikheid om die grond aan ʼn entiteit oor te

van Saron ingedien is, kon die transformasie wetgewing in die dorp nog nie in plek kom nie. Dit het tot gevolg dat geen noemenswaardige ontwikkeling in die afgelope dekade kon plaasvind nie. Die gevolg is dat verarming in die gemeenskap dieper in die lewe van mense ingekerf is.

Die Restitusie van Grondregte Wet 22 van 1994 is in die lewe geroep om historiese

onteienings te hanteer. Hierdie wet het die Kommissie op Restitusie van Land Regte en ʼn Grondeise Hof met dieselfde magte as die Hoë Hof gevestig (Mukundi 2009:42). Ongelukkig is die afsnydatum op 19 Junie 1913 vasgestel en is inheemse gemeenskappe soos Saron nie toegelaat om grond te eis wat voor die afsnydatum deur koloniale wetgewing onteien is. Die wet is eintlik ʼn goeie een om tot ʼn mate die onreg van die verlede reg te stel. Die afsnydatum is egter problematies vir ʼn gemeente soos die VGK Saron (74% van die respondente erken hul Khoe-San afstammelingskap), omdat dit die armoede situasie verdiep. Mukundi (2009:59) maak 12 betekenisvolle aanbeveling met betrekking tot die posisie van die Inheemse mense van Suid-Afrika. Die navorser beskou die volgende drie aanbevelings van sy verslag as van wesenlike belang, naamlik:

 Die Khoe-San moet deur die staat as eiesoortig gesien word met erkenning van taal en die voorsiening van amptelike statistiese data vir die identifisering van behoeftes en areas van ingryping sodat daar op dié wyse betekenis aan hul fundamentele regte gegee kan word.

 Een van die sleutelingrypings is om die sosio-ekonomiese omstandighede deur behoorlike wetgewing en ʼn raamwerk wat ten doel het die aanspreek van herhaalde armoede daar te stel. In dié verband moet inheemse mense aktief hierby betrokke wees asook ontwikkelingsvennote en verwyssing na internasionale standaarde soos die Internasionale Arbeidsorganisasie Konvensie

169.

 Die restitusie van grondeise en vergoeding by inheemse mense moet bespoedig word en indien nodig moet die konsep van inboorlinge / oorspronklike titel herken word veral as dit strydig is met die statutêre beperkte periode van 1913.

op die gemeenskap en gevolglik ook die VGK Saron as gemeente het, aansienlik verminder word.

3.4.3 Herafbakening van munisipale grense

Saron het bepaalde statusveranderinge sedert die ontstaan daarvan ondergaan. Eerstens was dit ʼn kerkdorp. Later is dit tydens die verkryging van dorpstatus deur ʼn Adviesraad bestuur. Laasgenoemde is vervang met ʼn Bestuursraad wat onder die beskerming van die eertydse Administrasie van Kleurling Betrekkinge gedien het. Tog het inwoners gewoond geraak aan die idee dat hulle self die dorp bestuur. Later het Saron munisipale status verkry totdat die herafbakening van gebiede plaasgevind het en gevolglik is uitgebreide munisipaliteite gevorm. Saron is ingeskakel by die Drakenstein Munisipaliteit wat bestaan uit die dorpe Saron, Gouda, Hermon, Wellington en Paarl. Die Drakenstein Munisipaliteit is weer by Kaapse Wynland Distriks Munisipaliteit ingedeel. (Sien Kaarte in hoofstuk 2)

Hierdie herafbakening het beslis voordele vir die inwoners van Saron meegebring, maar dit het ook grootskaalse onsekerheid, ongelukkigheid en ʼn natuurlike wantroue meegebring.

Saron is die enigste dorp in die Drakenstein Munisipale omgewing wat voorheen onder die bestuur van Wet 9 van 1987 was. Dit wil voorkom asof daar onkunde is oor hoe om met hierdie dorp en sy inwoners te handel sodat ontwikkeling aan die eenkant ʼn hupstoot kry, terwyl die sentimente van die inwoners aan die anderkant steeds gerespekteer word. Die dorp en sy mense het tog duidelik ʼn identiteit anders as die tradisionele munisipale karakter. Een van die huidige knelpunte is die waterkwessie. Volgens die inwoners is hulle geregtig op die water wat sedert die grondlegging van Saron vanuit ʼn fontein deur God aan hulle gegee is. Hulle is bereid om vir die beskikbaarstelling (pypleiding en chloorbehandeling) van die water te betaal, maar nie vir die water as sulks nie. Die munisipaliteit verkies egter dat vir die beskikbaarstelling én vir die water betaal word. Die argument is dat alle waterregte in die regering van die dag setel.

Die herafbakening van grense maak op ʼn manier die plaaslike politieke leierskap onsigbaar. Dit impakteer sleg op die gemeenskap wat sterk steun op die fisiese

beplanningsvergaderings is ʼn bewys van hoe die gemeenskap die herafbakeningskwessie ervaar.

3.4.4 Geïntegreerde ontwikkelingsplan (2010/2011)

Die nuwe politieke dispensasie het dit moontlik gemaak vir tradisionele munisipaliteite om verarmde gemeenskappe soos Saron in ʼn beter ekonomiese omgewing op te vang. Na aanleiding van die 2010/2011 GOP verdien die meeste van die bevolking (69, 2%) van die Drakenstein Munisipale omgewing of ʼn lae inkomste of glad geen inkomste nie. Verder word gemeld dat daar ʼn toename is in sosiale probleme, veral in die area van morele verval, armoede asook die afwesigheid van sosiale infrastruktuur en dienste.

3.4.5 Saron Geestelike Leiersforum

Daar het ʼn dringende behoefte by onder andere die munisipaliteit en befondsers van ontwikkelingsinisiatiewe ontstaan om fondse deur ʼn verteenwoordigende liggaam na Saron te kanaliseer. Hierdie forum is by wyse van ʼn uitnodiging onder inisiatief van die navorser in die lewe geroep. Die uitnodiging meld die belangrike uitdagings waarvoor lidmate daagliks te staan kom, naamlik geestelike verval, ekonomiese uitbuiting, morele verval, MIV, werkloosheid en armoede. Verder noem navorser in die uitnodiging dat geestelike leiers geroep is om lidmate geestelik te versterk, maar om ook op die materiële gebied te help.

Die ontmoeting op Dinsdag 03 Februarie 2009 is bygewoon deur die volgende denominasies: Calvary Baptiste Sending, Calvyn Protestante Kerk, Morawiese Broedersvereniging, Nuwe Apostoliese Kerk en die VGK Saron. Na ʼn lang gesprek is ooreengestem dat daar wel ʼn dringende behoefte aan so ʼn forum is, dat dit hoofsaaklik op die geestelike behoeftes sal fokus en dat di. W. G. Cloete (VGK) en D. Mackriel (CPK) onderskeidelik as Voorsitter en Sekretaris van die interim-komitee sal dien. Die volgende denominasies het by die volgende ontmoeting op 17 Februarie 2009 aangesluit, naamlik Zoar Pinkster en Effrata Ministries. Daar was hierna nog net een ontmoeting en toe is dit die einde... Die navorser maak etlike afleidings uit die hele proses:

kerk se verantwoordelikheid is nie. Dit herinner sterk aan die woorde van McLaren (2007:33):

"(I)t has specialized in dealing with “spiritual needs” to the exclusion of physical and social needs. It has specialized in people‟s destination in the afterlife but has failed to address significant social injustices in this life. It has focused on “me” and “my soul” and “my spiritual life and eternal destiny,” but it has failed to address the dominant societal and global realities of their lifetime: systemic injustice, systemic poverty, systemic ecological crisis, systemic dysfunctions of many kinds."

 ʼn Sterk teken van individualisme is waarneembaar. Elke kerk wil beskerm wat sy eie is en is bang vir die risiko om enige grense oor te gaan.

 Daar is nog te veel wantroue en persoonlik-gerigtheid, terwyl die groter saak, naamlik die oprigting van sigbare tekens van die koninkryk, skade ly.

 Die kerkleiers het ʼn geleentheid verby laat gaan om die inwoners van Saron uit hul haglike omstandighede te help bevry.

Die disintegrering van die Saron Geestelike Leiersforum is ʼn onbetwisbare bewys van hoe selfgerigte leiers geleenthede om sigbare tekens van die Koninkryk op te rig deur die mense in Saron uit hul gebroke omstandighede te bevry, by hulle laat verbygaan.