• No results found

2. Die meganiese analise: die profiel en bates van die gemeente

2.2 Menslike bronne

2.2.3 Bywoning van eredienste en bidure deur lidmate

2.2.3.1 Die leierskap van die gemeente

2.2.3.1.1 Leierskapspatrone in die VGK Saron

Die gemeentevraelys het die bestaande leierskapspatrone in die VGK Saron blootgelê. Die eerste patroon het te make met die erfenis van die Eerwaarde- sendeling, terwyl die tweede patroon te make het met die tipe leierskap wat in die Eerwaarde-sendeling era gebore is. Indien hierdie patrone in konteks verstaan word, kan dit ook binne die konteks verander word.

2.2.3.1.2 Erfenis van die eerwaarde-sendeling

Die gemeente is van die begin af deur eerwaardes van die Rynse Sendinggenootskap bedien. Sodoende het hierdie amp van die begin af ʼn belangrike een geword. Die eerwaarde het die teologie, beleid, waardes, norme asook denke van die Rynse Sendinggenootskap verteenwoordig en moes gereeld aan die Genootskap in Barmen, Duitsland verslag doen. Op dié wyse is verseker dat die denkwyse op Saron gemonopoliseer is. Die eerwaarde was die brein van die gemeente. Hierdeur is verseker dat ʼn kerkleierskap uit die gemeente ontwikkel wat nie mede-verantwoordelikheid vir die gemeente se groei en ontwikkeling geneem het nie, maar eerder die eerwaarde in feitlik alle opsigte slaafs nagevolg het.

Daar is feitlik op nie een van die gebiede van evangeliebediening, die onderwys asook die gereg geleentheid gebied om ʼn leierskap te ontwikkel wat hulle in staat gestel het om hul gawes en talente te ontdek nie. Die leierskap kon hulle nie in hul roeping uitleef en gevolglik ook nie die lidmate inspireer om ook húlle gawes en talente as die Liggaam van Christus te ontdek nie.

gemeente was nog altyd deur één eerwaarde en later één leraar op ʼn slag bedien ten spyte van die feit dat die gemeente getalsgewys gegroei het.

Indien na die lys van leraars / eerwaardes wat die gemeente bedien het gekyk word, is dit duidelik dat die gemeente tot voor 1988 voorkeur gegee het aan bedienaars van die Woord met hoë ouderdomme.

Indien met lidmate hieroor gesels word, kom ʼn mens onder die indruk dat dit eintlik gegaan het om respek, waardigheid en gesag wat gedien moes word. Daar is egter nie rekening gehou met die snelle groei van die gemeente aan die eenkant en die geleidelike afname van die menslike gestel aan die anderkant nie. Hierdie toedrag van sake het tot gevolg gehad dat die gemeente in dié tyd getalsgewys gegroei het, maar geleidelik geestelike agteruitgang beleef het.

Met die skep van ʼn tweede leraarspos aan die einde van 1992 en die daaropvolgende beroep in daardie pos is die gemeente deur twee relatiewe jong leraars bedien.Die tweede leraarspos is geskep en gevul met die opdrag om die Gouda-wyk (toe bestaande uit 12 subwyke) uit te bou en gereed te kry vir afstigting. Die afstigting van Gouda-wyk wat aanvanklik beplan was vir die naweek van 13-15 Desember 1996 het vanweë onvoorsiene omstandighede toe eers plaasgevind op 14 Februarie 1997.

Die leraar het nog altyd ʼn sleutelrol en spesifiek dié van ʼn vader/moederfiguur (Hendriks 2004:123) in die gemeente gespeel soos blyk uit die etnografiese navorsing wat gedoen is. Die gemeentevraelys bevestig die herder-kudde model van bediening, die sisteem 32 benadering en die sterk individualisme wat in die gemeente setel.

2

In Systems-sensitive Leadership: Empowering Diversity without Polarizing the Church, 2000 ondersoek Armour en Bowring sisteem denke binne groepe en individue. Hulle bespreek hoe om daarmee om te gaan op ʼn manier wat nie die kerk verdeel nie. Daar is agt maniere (sisteme) wat hulle identifiseer oor hoe om na die wêreld te kyk. Dit bring mee dat gemeenskappe, organisasies en individue beskryf kan word in terme van ʼn hoofsisteem waarin hulle val. Terselfdertyd kan eienskappe van meer as een sisteem by elk gevind word. Opsommenderwys word die sisteme as volg ingedeel:

Die Eerwaarde-sendeling erfenis van die verlede het letterlik álles gedoen. Dit was die enigste leierskap. Dié patroon is so diep in die siel van die gemeente geëts dat die lidmate dit van elke leraar wat daarna gekom het verwag het om die "expert" en "key player" in die gemeente te wees.

Die herder-kudde model is baie sterk in die gemeente en ʼn bewys van die sterk fokus op die amp van die leraar. Die gemeentevraelys het dit duidelik uitgewys. Die verwagting van baie lidmate is steeds dat die leraar όf alles doen όf oral betrokke moet wees όf ten minste sy seëning plaas op bepaalde aspekte. Die res van die leierskap se handelinge word getoets aan die leraar se goedkeuring daarvan al dan nie. Hierdie tendens loop regdeur die bediening in die gemeente.

Alhoewel daar aanduiding is dat lidmate besig is om geleidelik daaruit te groei, heg baie lidmate steeds meer waarde aan die erediens indien die leraar dit self waarneem. Die navorsing het ongetwyfeld die behoefte van die VGK Saron blootgelê aan ʼn aktiewe kerkleierskap wat hul gawes ontdek, die begrip missio Dei ten volle verstaan en gevolglik die gemeente van ʼn bediening van instandhouding na ʼn bediening van gestuurdheid kan lei.

2.2.3.1.3 Die gewillige onbekwame kerkraad

Gesien binne die konteks van die VGK Saron is die patroon van die Gewillige Onbekwame Kerkraad ʼn logiese uitvloei van die Eerwaarde-sendeling Leierskapspatroon. Die leierskap wat sy ontstaan het in die Eerwaarde-sendeling era, blyk passief te wees. Vanweë dié historiese konteks is dit moeilik vir die Kerkraad om werklik eienaarskap van die evangelie en gevolglik ook die gemeente te neem. Die verwagting is dat die leraar al die besluite moet neem en daarmee saam ook die verantwoordelikheid en die konsekwensies.

Die gemeentevraelys toon dat die Kerkraad deurgaans negatief deur die lidmate ervaar word, veral ten opsigte van sake soos roepingsbewustheid, beplannings- en organiseringsvaardighede, vertroulikheidswaardes teenoor die vergaderings en

Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za

lidmate, ensovoorts (sien 2.2.4.2.). Die Kerkraad is dus gewillig, maar word in die oë van die lidmate gesien as onbevoeg.

In die lig van die gemeentelike response, vereis die gemeente egter ʼn transformasie. Die kritieke vrae is: Watter soort leierskap is nodig? Wat moet met die huidige leierskap gebeur? Dit bring ons by die punt hoe die gemeente die huidige leierskap ervaar.