• No results found

Koloniale –neo koloniale periode (1652-1910-1994)

5. Identiteits-analise van die VGK Saron

5.5 geskiedenis

5.5.2 Koloniale –neo koloniale periode (1652-1910-1994)

Die pre-sendingperiode bied ʼn verstaansruimte waarbinne sending-aktiwiteite plaasgevind het. Die Rhynse Sendinggenootskap het gedurende die laaste kwartaal in 1846 die basis gelê vir die stigting van die Rhynse Sending Kerk. Dié het later eers die NGSendingkerk en toe die VGK Saron geword. Vir die vrygestelde slawe op 01 Desember 1834 en Khoe-San wat in hierdie tyd geen heenkome gehad het nie, was sendingstasies "ʼn Godgegewe uitkoms” (Boezak 2006:99). Daar was natuurlik ʼn keuse om uit te oefen "verset, om te vlug, of om mishandel te word op ʼn plaas," (:99) of sendingstasie toe.

Boezak (2006:99) noem etlike voordele wat die sendingstasie ingehou het, naamlik dit was ʼn toevlugsoord te midde van grootskaalse geweld, groente en vrugte was kos in die afwesigheid van vee en te midde van die jag-gevaar, lees en skryf het belangrik geword vanweë die feit dat geletterdheid ʼn nuwe wapen geword het,

menseregte van die Khoe-San is ook op ʼn manier begin beskerm, nuwe posisies van gesag is aan stamhoofde en hoofmanne gegee wat aanvaarding van die Christelike geloof vanweë die duidelike raaklyne daarin, vergemaklik het.

Saron word geraak deurdat die Rhynse Sendinggenootskap van Barmen, Duitsland, Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za

von Wurmb (Wupperthal) en Gustav Zahn (Tulbagh) in Suid-Afrika aangekom het (Plaatjes 1960:3). Op aanbeveling van Eerwaarde Gustav Zahn het Johann Heinrich Külpmann die plaas Leeuwenklip met opstal en bygeboue tesame met die watermeul van ene Mnr. P. J. Truter aangekoop (Plaatjes 1960:3).

Die voordele wat die Sendingstasie ingehou het ten spyt, was daar egter ook ʼn duur prys om te betaal (Boezak 2006:101). Jy kon nie teëstribbel indien die Britse Koloniale regering jou oproep om as soldaat teen jou eie mense te veg nie. Verder moes jy jou Khoe-San kultuur prysgee omdat jy nie die voordele van ʼn sendingstasie kon geniet en terselfdertyd jou Khoe-San identiteit kon behou nie en hiermee saam moes jy ook die Khoe-San geloof prysgee. Boon-op het sommige sendelinge die pyn en verminking van die Khoe-San gesien en hulle steeds oorgehaal om hulle te onderwerp aan ʼn Europese siening van christelike waardes en beskaafde norme (Booys 2008:1).

Intussen is die kerkgebou in 1852 voltooi, in April 1853 ingewy en op 25 April 1895 is die Oos-westelike vlerk voltooi. Na bykans 100 jaar het die Rhynse Sendinggenootskap al die sending-aktiwiteite aan die Binnelandse Sending- subkommissie van die NGKerk oorhandig (Plaatjes 1960:21). Net een eeu was genoeg om totale vervreemding tussen die Khoe-San en hul geloof, godsdiens asook kultuur in te bring. Die feit dat rotstekeninge van die voorouers deur hul afstammelinge op Saron probeer uitwis is en so beskadig is, dui op die graad van vervreemding wat 100 jaar se indoktrinasie tot gevolg gehad het.

Rotstekeninge in Grootkloof, Saron.

Dit waarop mense trots moes wees en bewaar, is deur hulle verag en probeer vernietig. Vir sommige Khoe-San voorouers moes die beperkte vryheid en die nuwe wette seker maar iets vreesliks gewees het, veral die wette wat hul waardes, vryheid, gewoontes, gebruike en kultuur gruwelik aangetas het. Etlike van die wette uit ʼn dokument, Plaatselijke Wetten van Saron, lui as volg:

Geen huurder zal zonder toestemming van den Administrateur het recht hebben:

Zijn huis of erf aan anderen te verhuren Vreemdelingen over nacht te herbergen Eene …slachterij …op Saron te bedrijven.

Voor alle huurders en bewoners van Saron is verboden: Het …aansteken van vuur.

Zonder verlof de watersluizen te openen of water uit de zloten te gebruiken behalve in den voor hem bepaalden tijd.

Op hun erf in hunne huizen ….danspartijen….toetelaten…. Ieder huurder is verplicht:

Bijdragen tot instandhouding van kerk en school getrouw te betalen. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za

voorrecht kan echter te eeniger tijd ingetrokken worden door den Administrateur.

Indien door eenig dier op en erf of in zaailand, weiveld, spaarveld, buitentuin schade veroorzaakt wordt, zoo is de eigenaar van het dier verplicht schadevergoeding te betalen, en wel volgens schatting van personen door den Administrateur daartoe aangesteld….

Tot bovenstaande bepalingen en regulaties kunnen, indien noodig, te eeniger tijd bijvoegingen en veranderingen gemaakt worden door eene Commissie bestaande uit den Administrateur, den Kerkeraad der Saroner Gemeente en het Conferentie bestuur. In elk geval niet eene meerderheid van 2/3 aller commissie-leden voor een voorgestelde verandering besluit, of het Conferentie bestuur niet toestemmen kan, zal de beslissing aan het Hoofbestuur in Barmen overgelaten worden.

Daar is absoluut niks met bogenoemde wette verkeerd nie totdat dit binne die konteks van die Khoe-San se kultuur geplaas word. Dit is dan wanneer ons besef hoe onbeskryflik moeilik dit moes wees vir mense wat feitlik aan die teenoorgestelde gewoond was en wie se fisiese leefruimte met geweld ingeneem is (Booys 2008:45).

Dit is miskien juis daarom dat die Saroners by twee geleenthede die burgerlike hof genader het om uitsluitsel te gee oor grondeienaarskap (Plaatjes 1960:14). Die besluite van die burgerlike hof het tydens beide geleenthede ten gunste van die Rhynse Sending Genootskap beslis. Dit het aanleiding daartoe gegee dat ʼn deel van die gemeente bande gebreek het met die Rhynse Sending Genootskap en (soos vroeër gemeld) by ene Mnr. Jan Van Niekerk van die plaas, Vorentoe ʼn heenkome gesoek het.

Die aardbewing in 1969 het tot gevolg gehad dat baie mense hul huise verloor het. Volgens mondelinge oorlewering was die skok van hierdie gebeure so groot dat jy uitroepe soos die volgende kon hoor: "Dis die einde van die wêreld!" "Dis die mense

op die maan! Wat soek hulle op die maan? (Die Amerikaners het Junie 1969 op die

maan geland). Vir wat krap hulle in God se werk? Nou moet ons daarvoor betaal!" Nodeloos om te praat van die vele geheime en openbare sonde‟tjies wat net daar en dan laat staan is ... en oor ʼn dag …toe niks gebeur nie….weer hervat is!

Verder was daar ʼn reeks kerksplitsings wat die gemeente getref het en waarvan een uitgeloop het tot die Stigting van die Calvyn Protestantse Kerk in 1992. Die VGK (toe

(2004:99) eggo hierdie belangrikheid as hy sê, "..the prophetic responsibility of the church is enormous and the challenges…are of paramount importance." Hy is verder heeltemal tereg van mening dat die kerk swaar gebuk gaan onder die ou, onbybelse mentaliteit dat godsdiens te doen het met die private lewens van mense, die redding van siele van die verderf en dat politieke sake uitsluitlik die verantwoordelikheid van die staat is. Die standpunt van die gemeente ten opsigte van hierdie aangeleenthede het juis ʼn skeuring onafwendbaar gemaak, enersyds om presies die redes wat Hendriks noem en andersyds omdat profetiese prediking met politieke prediking verwar is.