• No results found

HOOFSTUK 4 GEVOLGTREKKINGS

4.1.1 Wat (storie)

Basiese handelingspatrone (gebeure) - die logika van handelingsmoontlikhede en – reekse:

Die reeks chronologiese gebeurtenisse wat oorwegend lineêr opeenvolgend weergegee word in die Suid-Afrikaanse Jakkals-en-Wolf trieksterverhale lyk gewoonlik soos volg:

1. Jakkals eien iets wat in hulle (Jakkals en Wolf) se basiese behoeftes kan voorsien. Jakkals en Wolf het behoefte aan kos en Jakkals ook ʼn behoefte om Wolf te triek. Jakkals maak sy plan (hoe hulle die kos in die hande gaan kry) aan Wolf bekend.

2. Soms moet Jakkals Wolf oortuig om by sy planne in te val.

3. Die plan word uitgevoer (meestal ten koste van Wolf)

4. Wolf word te na gekom (hy is dom en soms naïef) en as gevolg daarvan word Jakkals die meeste van die tyd bevoordeel.

Hierdie vaste patroon kom ooreen met Neethling (1977:40) se waarneming oor die veranderlikheid van mondelinge verhale. Die storie van Jakkals en Wolf word geweef rondom die gegewe dat Wolf ‟n onstilbare vleislus (koslus) het en dat Jakkals altyd hierdie behoefte van Wolf uitbuit om sy eie onblusbare koslus te bevredig, asook om Wolf te triek en sodoende sy uitgeslapenheid en mag ten toon te stel.

125

HOOFSTUK 4: Gevolgtrekkings

kennis van die omgewing (ongetemde en getemde natuur) van die gehoor. Daar bestaan ‟n kontras tussen Boer se plaas en die veld. Boer se ruimtes is meer getemde ruimtes as veld. Die ruimte is aangepas sodat die dierekarakters in die ruimte kan pas. Die ruimtes wissel egter oor die grens van getemde na ongetemde ruimte en terug. Die plek waar die stories afspeel, is daarom nie staties nie, maar dinamies.

Tyd – wanneer vind die gebeure plaas:

Die stories word meestal chronologies vertel. Die lees- of verteltyd wissel na gelang van hoe uitgebreid die gebeure oorvertel word. Die vertellers gee egter min die aanduiding van hoe lank die gebeure duur. Die tyd in die verhale word met ander woorde in ‟n soort algemene verlede vertel. Daar word egter ook uitsonderings op hierdie tendens aangetref. Wanneer die tydsaanduiding dan meer spesifiek weergegee word, veroorsaak dit ‟n meer realistiese tydsraam.

Aktante en die aktansiële verhoudinge

Daar kan twee moontlike aktansiële modelle vir hierdie verhaal gekonstrueer word, afhangende uit wie se oogpunt die gebeure beskou word. Jakkals en Wolf saam is ‟n aktant (albei streef na die doel om kos in die hande te kry en sodoende te oorleef) asook Jakkals op sy eie (om Wolf te triek) en Wolf op sy eie (om aan sy eie en Jakkals se behoeftes te voldoen). Die sentrale rolspeler(s) in die konflik is gewoonlik Jakkals en Wolf. Hulle is die akteur(s) wat funksioneer soos die subjek. In [E3] is daar ‟n derde karakter uit wie se oogpunt die gebeure beskou kan word, nl. Koggelmander. Die objekte is Jakkals wat wil kos hê, maar ook die plesier om vir Wolf te triek. In die [D] en [E]-verhale gaan dit glad nie vir Jakkals om Boer se begeerde produkte nie, maar uitsluitlik oor sy triek wat moet slaag. Wolf wil uitsluitlik kos hê12.

Die begunstigers in hierdie verhale is vanuit Wolf se oogpunt Jakkals se skelm aard, sy uitgeslapenheid en sy vermoë om slim planne uit te dink. Uit Jakkals se oogpunt is die begunstigers sy eie slimheid, Wolf se goedgelowigheid, sy domheid asook sy grootte en krag.

12 Hierdie kenmerk resoneer sterk met die sosiale ervaring van arbeidsverhoudinge tussen bruin of swart arbeider en wit werkgewer en die feit dat die arbeider baie min het en die werkgewer beskik oor alles waaraan die werker gebrek het. Dit resoneer ook met wat in die samelewing vandag bevind word rondom konflik as gevolg van natuur teenoor kultuur, onderdrukker teenoor politiek en identiteitsvorming.

Die begunstigde is altyd Jakkals. Soms word Wolf se behoefte aan kos bevredig, maar altyd ten koste van homself. Daarom sou hy die negatiewe begunstigde genoem kon word. Hy word gewoonlik as gevolg van sy primitiewe aptyt en sy domheid getriek en dan deur Boer half dood geslaan of deur die bye gesteek of sy stert breek af in die yswater. Jakkals se behoefte aan kos word altyd bevredig asook sy begeerte om vir Wolf te triek. Jakkals misbruik ook Wolf se fisiese krag en grootte tot sy eie voordeel en tot Wolf se nadeel, want sodoende dra Wolf daartoe by dat hy getriek word. Die helpers in hierdie verhale is die meeste van die tyd Jakkals, omdat hy die slim planne beraam asook Boer omdat hy die produkte verskaf. Boer en Perd is die helpers wat Jakkals help om vir Wolf te triek. Dis meestal net die helpers wat as redelike veranderlikes beskou kan word en daarom uit Wolf se oogpunt ook die teenstanders, omdat die teenstanders altyd by Jakkals leeg is. Die teenstanders uit Wolf se oogpunt gesien in hierdie verhale is juis dit wat veronderstel was om Wolf (subjek) te help om die objek te bereik, byvoorbeeld Wolf begeer kos in die vorm van Perd, maar dis dan Perd wat vir Jakkals flenters skop.

Die aktante in hierdie korpus verhale word saamgevat in die volgende tabel:

Tabel 4.1: Opsomming van aktante

UIT JAKKALS SE OOGPUNT UIT WOLF SE OOGPUNT

Subjek Jakkals Wolf

Objek Boer se begeerde produkte (room, botter,

wyn, skaapvleis, vis, perdevleis, heuning) Triek moet slaag

Boer se begeerde produkte (room, botter, wyn, skaapvleis, vis, perdevleis, heuning)

Begunstiger Wolf se goedgelowigheid

Wolf se domheid Wolf se grootte en krag

Jakkals se uitgeslapenheid Sy vermoë om slim planne uit te dink

127

HOOFSTUK 4: Gevolgtrekkings

UIT JAKKALS SE OOGPUNT UIT WOLF SE OOGPUNT

Helper Wolf Boer Boer se honde Jakkals Jakkals se plan Boer

Teenstander Vir Jakkals altyd leeg Boer

Jakkals Boer se honde

Die uitgebreide storie

Die element wat geselekteer is in hierdie stories om die uitgebreide storie te vorm, is subtiel gekies om die gebeure suksesvol te laat afspeel op die grens van die getemde teenoor die ongetemde. Die vergelyking van die plotstruktuur in hierdie korpus het ‟n interessante oorkoepelende patroon ontbloot. Die storie in al die vertellers se verhale begin in ‟n disekwilibrium vir Wolf en Jakkals, maar in ‟n ekwilibrium vir Boer. Dan ontstaan daar vir Boer ‟n disekwilibrium, maar vir Wolf en Jakkals word die disekwilibrium vergroot. Die disekwilibrium word opgelos vir Jakkals en Boer en die storie eindig vir hulle in ‟n ekwilibrium, maar Wolf se disekwilibrium word enduit gehandhaaf. Hierdie patroon kan as ‟n unieke patroon beskou word vir Afrikaans mondelinge Jakkals-en- Wolftrieksterverhale omdat dit afwyk van die patroon van ekwilibrium, disekwilibrium en herstel wat Todorov (1977), Paulme (1977) en Taljaard (1999) (soos bespreek in Hoofstuk 2) waargeneem het.