• No results found

HOOFSTUK 2 TEORETIESE RAAMWERK

2.4 BASIESE ELEMENTE EN HUL ONDERLINGE

2.4.1 Invloedryke beskouings van patroonmatigheid in die

daarvan te ondersoek vir die bepaling van patroonmatighede in die struktuur en algemene inhoud van Afrikaanse Jakkals-en-Wolftrieksterverhale.

2.4.1

Invloedryke beskouings van patroonmatigheid in die

volksverhaal

Omdat die triekster ook soms in sprokies voorkom, is dit dalk van waarde om te gaan kyk na wat ander reeds oor die struktuur van sprokies geskryf het. Propp (1928) spreek die Russiese Formaliste se kritiek op die studie van narratiewe strukture aan. Die Formaliste breek sinstrukture af tot analiseerbare elemente of morfeme, en Propp gebruik hierdie metode om 100 Russiese sprokies te analiseer. Propp (1979:25) neem waar dat alhoewel

27

HOOFSTUK 2: Teoretiese raamwerk

vervul, dieselfde bly. Propp omskryf hierdie funksie as: “Function is understood as an act of a character, defined from the point of view of its significance or the course of the action” (1979:21). Die karakter se funksie is met ander woorde afhanklik van die plek wat die karakter in die verhaal inneem omdat die karakter op ‟n ander plek in die sprokie ‟n ander doel kan hê. Propp ontleed dan sprokies op grond van die funksies wat hy onderskei.

Omdat die funksies die rol van die onveranderlikes in die samestelling van die verhale inneem, is dit juis die funksies wat die moontlikheid van ʼn strukturele model daarstel. Propp ontwikkel ʼn „kode‟ wat die verhaalstruktuur van die 100 Rusiese sprokies wat hy ondersoek het, aantoon. Volgens hom is die 100 sprokies wat hy ondersoek het, almal geskoei op ‟n variasie van dieselfde patroon (Propp, 1979:23-24). Propp etiketteer die funksies op so ʼn manier dat dit die verskillende bydraes tot die plot kommunikeer, selfs al het die sprokies dieselfde benaming in besondere tekste of mag dit identies in ‟n algemene semantiese konteks wees. Propp (1979: 21-23) vat dit soos volg saam:

a) Funksies van die karakters dien as stabiele, konstante elemente in ‟n verhaal, ongeag hoe en deur wie hulle vervul word.

b) Die aantal funksies bekend binne die sprokie is beperk.

c) Die opeenvolging van gebeurtenisse volg altyd dieselfde patroon (identies).

d) Alle sprokies is van dieselfde tipe wanneer hul struktuur in ag geneem word (Rimmon-Kenan, 2002:21).

Thompson (1955) lê weer die fondasie vir strukturaliste om hul navorsing op te baseer deur klem te lê op die motiewe en sodoende die basiese elemente in ʼn storie te identifiseer. Hy klassifiseer mondelinge tekste in goed gedefinieerde genres, sodat navorsers hulle verhale kan organiseer, klassifiseer en analiseer. Hy gebruik die basiese katalogus van volksverhale in die enger sin. Thompson se klassifikasie word vervolgens meer breedvoerig verduidelik.

Thompson (1955) stel die volgende klassifikasie vir verhale voor: I. Animal Tales; II. Ordinary folk-tales; III. Anecdotes”. Hy verdeel die verhale in kategorieë volgens hul narratiewe elemente en hul tematiese eienskappe soos tipes karakters, plot en motiewe wat herhaaldelik voorkom. Onder Animal Tales word verhale gevind oor wilde diere en onder wilde diere resorteer byvoorbeeld Slim Jakkals en ander diere. Sy indeling dien as

ʼn nuttige basis vir diegene wat navorsing doen oor verhale. Sommige kundiges van volksverhale sien die klassifikasie nie regtig as effektief nie, aangesien die indeling van ʼn verhaal in ʼn kategorie altyd by benadering geskied (Kam, 2007: 137), maar die indeks word tog nog deur studente gebruik wat geïnteresseerd is in die analisering van strukturele en narratiewe ooreenkomste tussen folklore en ander vorme van mondelinge studies (Sims & Stephens, 2011:25).

Soos reeds genoem in Hoofstuk 1, het Alan Dundes, die bekende Amerikaanse folkloris, ‟n basiese patroonmatigheid in bepaalde volksverhale geïdentifiseer wat die volgende behels: vriendskap, kontrak, skending (bv. deur middel van misleiding), herstel (van skending) en einde van vriendskap (Dundes, 1971:176). Hy onderskei met ander woorde nie dieselfde elemente as Propp nie. Propp werk met narratiewe agente (karakters) en Dundes met gebeure (plot). Propp identifiseer 31 funksies waar Dundes ‟n patroonmatigheid identifiseer wat uit vyf elemente bestaan. Denise Paulme (soos aangehaal deur Kam, 2007:138) gebruik in 1977 trieksterverhale uit die hele Afrika as korpus en analiseer hulle morfologies aan die hand van Propp se funksies en Dundes se modelle (Paulme, 1977: 64-103). Paulme se bevindinge oor die struktuur van Afrikaverhale sluit by Dundes aan. Dit stel haar in staat om sewe tipes verhale te identifiseer volgens hul morfologiese en narratiewe struktuur, naamlik

a) ʼn Stygende tipe. Die narratiewe struktuur kan opgesom word as ‟n situasie waar daar aan die begin ‟n gebrek of tekort is. ‟n Verbetering vind plaas ten opsigte van die gebrekkige situasie en aan die einde word die gebrek of tekort uitgewis.

b) ʼn Dalende tipe. Die situasie is aan die begin normaal. Verslegting of agteruitgang vind plaas ten opsigte van die normale situasie en aan die einde is die situasie slegter daaraan toe as aan die begin.

c) ʼn Sikliese tipe. Die situasie begin as ʼn tekort, die tekort word uitgewis deur ʼn verbeteringsproses, maar aan die einde is die situasie weer gebrekkig.

d) ʼn Spiraaltipe. Die stygende tipe word ten minste een keer herhaal.

e) ʼn Spieëltipe. Twee hoofkarakters of aktante kom in hierdie storie voor en die een word kort na die ander voorgestel in die storie. Die eerste karakter is die ware held en behoort aan die stygende tipe. Die tweede karakter is die vals held wat die ware held probeer naboots, maar kry dit nie reg nie. Hierdie soort verhale behoort tot die

29

HOOFSTUK 2: Teoretiese raamwerk

f) ʼn Uurglastipe. Hier word twee hoofkarakters aangetref, ‟n ware held en ‟n vals held, wat gelyktydig in die storie voorgestel word. Terwyl die ware held die stygende lyn volg sal die valse held terselfdertyd die dalende lyn volg.

g) ʼn Komplekse tipe. Verskeie van genoemde tipes is tegelykertyd teenwoordig. Paulme voer aan dat die verhale beweeg tussen behaaglikheid en onbehaaglikheid via die „normale‟ situasie (ekwilibrium), agteruitgang (versteuring van die ekwilibrium), gebrek (disekwilibrium), verbetering (verwydering van die gebrek) en terug na die „normale situasie‟ (Paulme soos aangehaal deur Kam, 2007: 138).

Alhoewel algemene strukturele patrone in die volksverhaal bruikbaar mag wees vir die Suid-Afrikaanse mondelinge verhale het dit nodig geword om die navorsing gedoen in die struktuur van Suid-Afrikaanse volksverhale daarmee te vergelyk.

2.4.2

Die stand van navorsing oor die struktuur van die Suid-