• No results found

Hoofstuk 2 Liggaamsteologie

2.1. Liggaamsteologieë tussen Inkarnasie en Dualisme

hierdie studie benader word. Dit maak desnoods net sin om eerstens aandag te gee aan Liggaamsteologie, aangesien alles hierna vanuit die hoek van lyflikheid bekyk sal word.

Deur ons lywe ontdek ons die wêreld, ervaar ons die lewe en leer ken ons God. Die doel van liggaamsteologie volgens Nelson (Nelson 1992, 42–43) is 'n "critical reflection on our bodily experience as a fundamental realm of the experience of God". Liggaamsteologie begin met die konkreetheid van ons lyflike ervarings31 as 'n manier om God te ervaar en oor God na te dink.

Body theology starts with the fleshly experience of life - with our hungers and our passions, our bodily aliveness and deadness, with the smell of coffee, with the homeless and the hungry we see on our streets, with the warm touch of a friend, with bodies violated and torn apart in war, with the scent of a honeysuckle or the soft sting of autumn air on the cheek, with bodies tortured and raped, with the bodyself making love with the beloved and lovemaking with the earth (Nelson 1992, 42–43).

Daarom is liggaamsteologie meer as net 'n teologiese omskrywing van ons lywe of 'n etiese voorskrif oor hoe om met ons lywe om te gaan (Nelson 1992, 9); dit is teologiese nadenke oor God vanuit ons lyflike ervarings. As mens mooi hieroor nadink, kan mens nie anders as om God ook, en dalk primêr, deur ons lywe te ervaar nie. Ons lyflike ervarings vorm ons basiese teologiese perspektiewe. As klein kindertjies leer ken ons die wêreld deur ons lywe, deur te sien, proe, ruik, voel, hoor en ervaar32. Ook vir God leer ons op hierdie manier ken en ervaar, daarom beskryf ons God gewoonlik ook in lyflike beelde wat vir ons betekenisvol is33 (Nelson 1992, 45). Ons leer God deur ons lywe ken

...indeed, where else could we begin? If we say that we know God first with our minds, then we must acknowledge that the mind is not separate from the body. If we come to faith through

31

Liggaamsteologie en daarmee saam Liggaamspolitiek is veel meer kompleks as wat hierdie definisie weergee.Daar word later in die hoofstuk, onder die gedeelte oor Essensialisme en Konstruksionisme wel aandag gegee aan hierdie kompleksitiet. Iets van hierdie kompleksiteit word deur Nelson vasgevang wanneer hy oor die kontreetheid van ons lyflike ervarings skryf: "Body theology necessarily begins with the concreteness of our bodily experience, even while it recognizes that this very concreteness is filtered through the interpretive web of meanings that we have come to attach to our bodily life. After all, we know the world and respond to it through our embodiedness" (Nelson 1992, 42–43).

32

"The body is the home of religious meaning because it is the a priori of human experience" (Moulaison 2007, 345)

33

Ons skryf heelwat sintuiglike eienskappe aan God toe, soos God wat na ons luister, na ons kyk en ons omarm.

hearing the good news and receiving it with the heart, then we do so as embodied people (Reagan 2013, 44).

Daarmee saam is een van Christenskap se mees basiese belydenisse dat God mens geword het in Jesus Christus. "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon" (Joh.1:1434). Tydens Kersfees vier ons Christus wat mens geword het, wat vlees geword het, wat lyf geword het. Met Goeie Vrydag dink ons aan Christus se lyf wat gemartel is, deurboor en gekruisig is om vir ons verlossing aan die kruis te bewerk het en op Paassondag vier ons die opstanding van Christus, ook in sy gebroke35 lyflikheid. Dit was dus die liggaam van Christus wat die sonde van die wêreld weggeneem het. Dit is die liggaam van Christus wat verlossing vir die wêreld gebring het (Isherwood and Stuart 1998, 16). En dit is die liggaam van Christus wat ons met nagmaal breek en skink. God het gekies om mens te word, om die wêreld deur 'n menslike lyf te verlos. "Because Jesus’ body was a home for the divine, it behooves Christianity to embrace the body both as integral to God’s creation of humanity and as the place where humans encounter the sacred" (Reagan 2013, 43).

Dit is egter ironies dat 'n geloof wat soveel klem op die inkarnasie lê, so 'n ambivalente verhouding met lyflikheid het36. Ons verstaan steeds onsself in dualistiese terme waar ons lywe slegs instrumente van ons gees en siel is (Stuart and Thatcher 1996, ix); soms selfs gesien word as slegs die voertuig vir ons siel en gees. Die gevolg is dat lywe nie altyd met respek behandel word nie, nie ons eie lywe nie en nog minder ander se lywe soos Isherwood & Stuart tereg opmerk. "[A]n incarnational faith is no guarantee that bodies will be treated with respect, given dignity or seen as sources of divine revelation" (Isherwood and Stuart 1998, 16). Ons sien dit weergegee in ons Afrika konteks met die geweld wat die lywe van LGBTIQ37 mense aangedoen word38.

In ons eie kerk, was daar lank skeiding op grond van velkleur en vroue is nie tot die amp toegelaat nie. In ons samelewing word daar nog sterk gediskrimineer teen gestremde mense, veral ten opsigte van toeganklikheid. Isherwood en Stuart maak die sterk stelling dat die samelewing die gestremde lyf straf deur die oprigting van "real and metaphorical barriers to keep it out of public space" (Isherwood and Stuart 1998, 16).

34

Alle teksverwysings kom uit (Die Bybel 1983 Vertaling (met Herformulerings) 1986), tensy anders aangedui.

35

"for in his resurrected state Christ reveals and is the disabled God, with ‘impaired’ hands and feet and a pierced side" (Isherwood and Stuart 1998, 16). In die hoofstuk oor interbeliggaming word daar meer aandag gegee aan gestremdes binne die geloofsgemeenskap.

36“Although Christianity may acknowledge the incarnate body of Jesus, it has a complicated history of more often focusing negatively upon his followers’ bodies as the site of sinfulness; of subjugating them to ascetic practices of going without food, sleep, and creature comforts; and of maintaining a body/soul dualism that denigrates the former while elevating the latter” (Reagan 2013, 43).

37

LGBTIQ is 'n Engelse akroniem wat algemeen gebruik word om na die somtotaal van die homoseksuele-gemeenskap te verwys en staan vir Lesbian, Gay, Bi-sexual, Transgender, Intersex en Queer. Binne sekere kontekste word daar aan die einde nog 'n A ook bygevoel vir "Allied".

38 As voorbeeld is daar die Ugandese oorlog teen LGBTIQ mense waaroor daar ‘n tyd gelede heelwat in de nuus berig is (Carrington 2014).

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat sekere lywe meer voorkeur geniet as ander, die tipiese wit, manlike, gesonde, atletiese lyf word gesien as die ideaal en enigiets wat daarvan afwyk word as minderwaardig beskou (Caputo 2006, 131–132). Hierdie is 'n erfenis van dualisme39 gepaardgaande met patriargie wat ewe veel deel van Westerse40 denke as van Christenskap geraak het. Stuart en Thatcher in hulle boek Christian Perspectives on Sexuality and Gender (1996) omskryf hierdie ongesonde verhouding tussen patriargie, Christenskap en dualisme as volg:

Much of Christianity ended up deeply suspicious of the body. It has become customary to blame Greek philosophy for this but the roots of the discomfort undoubtedly lied in some aspects of the Judaism which brought Christianity to birth. The culture of patriarchy, into which both Judaism and Christianity were born, affirmed the normativity and superiority of men. Women and their bodies were regarded as dangerous sources of uncleanness. When this mentality met with Greek dualism that associated the rational with the male and the non-material and women with nature, corruptibility and matter, the stage was set for the emergence of a body-denying theology (Stuart and Thatcher 1996, ix–x).

Dualisme het nietemin meer as een gesig. Die belang van dualisme vir hierdie studie is die tweeledige impak wat dit gehad het. Aan die eenkant het dit die patriargale idee, dat vroue onderdanig aan mans moet wees, versterk. Die problematiek rondom hierdie tipe denke is reeds in Hoofstuk 1 belig. Aan die anderkant "it has caused the body, with its intrinsic senses and desires, to become alienated and devalued in relation to the soul" (Thatcher 1992, 30–31)

Bepaald het dit gelei tot die ontwikkeling van twee strominge binne die dualisme, wat dikwels in Westerse denke verweef geraak het (Thatcher 1992, 31). Filosofiese of antropologiese dualisme is die stel abstrakte teorië wat meen dat die siel van die mens geestelik, onstoflik, ewig en apart van die liggaam is. Lywe word gesien as materieël, apart van die siel en sterflik. Seksistiese dualisme is die stel konkrete aannames wat bepaal dat mans superieur tot vroue is (Thatcher 1992, 31). Filosofiese dualisme word deurgaans gebruik om Seksistiese dualisme in stand te hou (Thatcher 1992, 31).

Deel van hierdie wanpersepsies stam uit die antieke biologiese wanbegrip van die bevrugtingsproses by die mens. Beide Hipokrates en Galen het gereken dat mans en vroue saad vrystel. Arostotel se teorie was egter dat slegs mans saad produseer en die manlike saad verskaf die vorm vir die materie wat van die vrou af kom. Die vorm word hier gesien as die siel en die materie as die lyf (Thatcher 1992, 31). Mans gee dus die ewige siel en vrouens die verganklike lyf. Aquinas pas hierdie teorie aan

39

"Any dualism is the radical breaking apart of two elements that essentially belong together, a rupture which sees the two coexisting in uneasy truce or in open warfare" (Nelson 1992, 30).

40 “As it is well known, Western views on human nature have tended toward dichotimization. Thus, people speak of the division between the mind and the body, the head and the heart, the mental and the physical, and the cognitive and the affective” (Schlimm 2010, 146).

deur te argumenteer dat die siel van God af kom, mans se penetrasie maak slegs 'n kanaal in die vroulike materie, sodat dit ontvanklik kan wees vir die siel. Van die eiersel het hulle geen kennis gedra nie (Thatcher 1992, 31). Wat egter in alle gevalle waar is, is dat hulle geglo het dogters is die resultaat van foutiewe saad en was dus eintlik mislukte seuns (Thatcher 1992, 31).

Hierdie manier van dink klink vir die moderne mens absurd, tot daar dieper gekyk word na van die dualistiese aannames, gevind in sekere binêre pare, wat vandag nog deel van ons denke is, maar wat eintlik verwant is aan hierdie "absurde" antieke manier van dink. Thatcher (1992, 33-35) lig ses binêre pare uit:

1. Liggaam en siel41 is die basiese weergawe van die filosofiese dualisme wat leer dat die lyf uit twee aparte dele bestaan, wat dikwels in stryd met mekaar is. Dit is 'n Griekse konsep wat deur Christene oorgeneem is, maar geen Bybelse gronde het nie (Thatcher 1992, 33). Hierdie dualisme word in meer diepte in die afdeling oor Lywe in die geskiedenis bespreek

2. Rede en passie is 'n uitvloeisel van die basiese filosofiese dualisme waar mans geassosieër word met die verstand en siel en vroue met die liggaam. "Rationality constituted the essential human and became the means of identifying the human with the divine, while passion remained sense-bound, unpredictable, ever a disruptive threat to the tranquility of reason" (Thatcher 1992, 31). Seksisitiese dualisme sien gevolglik mans as rationeel en vrouens as emosioneel (Thatcher 1992, 31).

3. Wil en begeerte is ook 'n uitvloeisel van antropologiese dualisme. Hierin word vroue met begeerte geassosieer. Vrouens is gesien as minderwaardig, liggaamlik swak, wisselvallig van gedagte en dat hulle geregeer word deur hulle begeertes; daarom is mans, wat deur hulle wil regeer word, se taak om vrouens in toom te hou. Ons sien hierin die denkpatroon wat lei tot huishoudelike geweld teen vroue.

4. Gees en vlees dualisme word deur Paulus sterk gebruik, maar meer om 'n onderskeid te tref tussen die sondige mens en die verloste mens. Hierdie dualisme word egter dikwels in die kerk misverstaan en as rede gebruik hoekom vroue nie in die amp kan staan nie. "The Church has reinforced the assumption that men are the purveyors and mediators of spirit. Woman, through menstruation, procreation and lactation, have been more associated with flesh" (Thatcher 1992, 31).

5. Kultuur en natuur is die sosiale uitvloeisel van gees en vlees. Aangesien vroue aan die kant van die vlees gesit is in die stryd tussen vlees en gees, word hulle ook aan die kant van die natuur gesit omdat hulle kan kinders baar. Mans hoef hulle nie besig te hou met die natuurlike nie, so hulle kan hulle besig hou met "higher status activities" (Thatcher 1992, 31). Om hierdie rede is vroue vir lank tersiêre onderwys geweier, want hulle swak fisiologie sal dit nie kan hanteer nie.

41 Nelson verwys hier na “spiritualistic dualism” en stel dit teenoor die eenheid van die lyflike self (Nelson 1992, 30). Hiermee saam stel hy patriargale dualisme (wat hy sien as die sistematiese en sistemiese onderdrukking van vroue) as die medepligtige van spiritualistiese dualisme. Patriargale dualisme staan weer teenoor menslike gelykheid (Nelson 1992, 31).

6. Publiek en privaat plaas mans in die publiekesfeer van politiek, professies, finansies, besigheid en die kerk en perk vrouens in tot die privaatsfeer, die huis.

Dualisme tref dus nie net 'n onderskeid tussen lyf en gees nie, maar ook tussen verskillende lywe. Die gees word gesien as goed en ewig en die vlees of materie as tydelik, verganklik en verdorwe. Van daar was daar 'n kort sprong na, alles wat met die vlees te make het en daarmee geassosieër word sondig en minderwaardig is.

This is the notion that, allegorically speaking, "woman is to man as matter is to spirit. "Thus woman or the feminine symbolizes the physical, lustful, material, appetitive part of human nature, whereas man symbolizes the spiritual, or rational, or mental. As seen above... the roots of this idea were multiple, scientific as well as theological. Ancient scientist has argued frequently that at conception, woman contributes the stuff (or physical nature) of the foetus, man the soul or form (Bynum 1987, 262).

Op grond hiervan word daar vandag nog teen vroue gediskrimineer en word geweld teen vroue, soos gesien in Hoofstuk 1, selfs geregverdig.

Daarom poog Liggaamsteologie om vanuit die Inkarnasieleer, die heelheid van die mens terug te eis (Hull 2004, 10). Soos die Inkarnasieleer ons ook wys, was die hele Christelike beweging deur die geskiedenis heen nie net altyd liggaamsontkennend nie. "[T]here have always been those within Christianity who have realised the full implications of incarnational theology and used their bodies as sources of knowledge about God" (Stuart and Thatcher 1996, x). Dientenvolge is dit belangrik om vir 'n oomblik by die komplekse42 geskiedenis van Christelike tradisie se verhouding met lyflikheid stil te staan.