• No results found

Hoofstuk 3 Liturgie

3.2. Liturgie en etiek

3.3.2. Calvyn: Vader van die gereformeerde tradisie

Ten opsigte van die nagmaal was Calvyn definitief nader aan Zwingli as aan Luther, maar nie heeltemal so radikaal soos Zwingli in sy interpretasie van die nagmaal nie. Calvyn het nie Zwingli se idee gedeel dat die nagmaal slegs 'n herdenking is nie. Soos Luther, bely Calvyn dat daar 'n werklike teenwoordigheid van Christus se liggaam en bloed aanwesig is in die nagmaal (alhoewel hy dit as 'n geestelike en nie-fisiese teenwoordigheid sien nie). Verder verstaan Calvyn ook anders as Zwingli die sakrament as 'n meningsuiting van genade (McKee 2003, 22).

"The bread and wine are not transubstantiated into body and blood (as the Catholic Church taught), but the body and blood of Christ are truly offered with the bread and wine; they are received by faith. Someone without faith receives only the bread and the wine, but for the person with faith, the body and blood are conveyed with the elements, which are thus an instrument of grace. (The operative word is with, in contrast to the Lutheran in, with, and under) (McKee 2003, 22).

97

Luther is uiters versigtig om die gevare van panteïsme sowel as panenteïsme te vermy."While he stives dillegently to avoid pantheism and panentheism, he also rejects all dualistic and iconoclastic tendencies which have, too often, manifested themselves within the Christian tradition" (Hendel 2008, 430).

Calvyn stem saam met Zwingli dat Christus se liggaam in die hemel is en net by ons teenwoordig kan wees deur die Heilige Gees, maar in teenstelling met Zwingli glo Calvyn dat deur die werking van die Heilige Gees die simbole van brood en wyn oordra wat hulle beteken, anders is hulle sonder betekenis (De Gruchy 2009, 185). Calvyn het die korporatiewe karakter van die nagmaal beklemtoon: "Supper is the meal of the whole body, not just those who happen to feel worthy on a given day, and therefore worthiness has a corporate dimension" (McKee 2003, 22). Vir Calvyn is die kerk 'n "Eucharistic community, for throught the Word and Sacrament it becomes the 'body of Christ'. By the work of the Spirit, each believer is grafted into Christ, so that all are members of one body in him" (De Gruchy 2009, 182). Daar is 'n intrinsieke verbintenis tussen die liggaam van Christus in die nagmaal en die kerk as die liggaam van Christus (De Gruchy 2009, 182).

Calvyn het geglo dat die nagmaal so gereeld moontlik gehou behoort te word, indien moontlik elke Sondag (De Gruchy 2009, 180). Volgens De Gruchy (2009:181) is dit juis die ongereelde gebruik van die nagmaal wat die karakter van die erediens verander het. "Because of the predominance of preaching, Reformed worship too often began to resemble an academic lecture characterised by didactic and moralistic rhetoric, rather than a joyous celebration of the presence of the crucified and risen Christ" (De Gruchy 2009, 181).

Aangesien die NGK in die Calvinistiese tradisie staan98, word daar gevolglik bietjie dieper ingegaan op Calvyn se invloed op die liturgie.

Calvyn sluit aan by die Protestantse beweging as 'n lid van die tweede generasie. Hy is waarskynlik die enigste groot figuur van sy tyd wat nie 'n priester of 'n monnik was nie. Hy is 'n eerste generasie protestant wat in dieselfde katolieke wêreld as die eerste generasie reformeerders was en hy deel hulle reaksie op die middeleeuse teologie en aanbidding. Aangesien hy eers later by die beweging aangesluit het, is daar alreeds heelwat skeidinge tussen die Protestante en botsende interpretasies van teologie en aanbidding. Hierin is sy gawes van sintese en organisasie van groot belang (McKee 2003, 16). Op dieselfde manier erf Calvyn 'n liturgie wat alreeds kenmerkend van die Rooms Katolieke Mis verskil (McKee 2003, 16). "The patterns of teaching and church practice that are often called "Calvinist" were strongly influenced by the nearly twenty years of Protestant Reformed developments in the city of Strasbourg before John Calvin arrived there in 1539" (McKee 2003, 15).

Calvyn se werk is nie net gevorm deur sy persoonlike gawes nie, maar ook deur die tyd en plek waarin hy geleef het (McKee 2003, 16). "Calvin lived out his vocation as an exile... so the reformer of Geneva shaped his church order, his worship and piety, in the context of an international perspective that had existential roots unlike those of Luther, Zwingli, Bucer, Cranmer, or even Knox" (McKee

98

"What is now called the "Reformed tradition" has most often been called "Calvinist," after its single most important sixteenth-century theologian, and Calvin's city of Geneva has often been seen as the headquarters of the Reformed tradition" (McKee 2003, 15).

2003, 16). Calvyn werk in 'n onbelangrike stad vol plattelandse mense, wat hulle aanvanklik tot die Zwingliaanse vorm van Protestantse leer gekeer het, soos verkondig deur Farel (McKee 2003, 16).

Calvyn deel die algemeen Protestantse oortuiging dat die prediking van die woord een van die mees kritiese faktore was wat weer ingestel en gehandhaaf behoort te word, as deel van die openbare erediens. Soos die ander reformeerders versaak hy die geselekteerde leesrooster en volg die lectio continua sisteem, wat die Bybelboeke van begin tot einde deurwerk. Op Sondae preek hy uit die Nuwe Testament en op weeksdae uit die Ou Testament (hy doen wel sommige Sondae ook uitleg van 'n Psalm) (McKee 2003, 17).

Hierdie klem wat die gereformeerdes gelê het op die lees van die ganse Bybel het positiewe sowel as negatiewe implikasies gehad. Aan die positiewe kant, was die gereformeerdes se keuse om gereelde eksegetiese prediking oor die hele Bybel te doen 'n groot bydrae tot die ekumeniese kerk. Opeens het die eksodus en profete byna so bekend geraak soos Jesus en sy dissipels (McKee 2003, 28). Die negatiewe aspek van die keuse van kanon bo kalender, het eers later na vore getree. "In a time when people no longer attended worship several times a week or more, the lectio continua pattern would necessarily limit them hearing the scope of Scripture, eventually leading to a pedestrian neglect of certain themes that the liturgical year would have made prominent" (McKee 2003, 28).

Nog ’n aspek van die liturgie wat vir Calvyn belangrik was, was gebed, om die waarheid te sê word sy liturgie die "formulier van gebede genoem". Vir hom was dit belangrik om die woorde van gebede in die hele gemeente se monde te lê, en 'n gepaste manier om dit te doen is deur sang. Alhoewel hy Zwingli se oortuiging deel dat musiek verleidelik kan wees, was Calvyn bereid om die risiko te loop t.w.v. die groter aanwins daarvan om mense se koue harte te beweeg. Dit was juis die mag van musiek, wat dit vir Calvyn belangrik gemaak het dat die woorde wat die mense sing gepas sal wees, en nie net enige lirieke kon gebruik word nie. Vir Calvyn was slegs Bybelse tekste gepas om gesing te word, daarom borg hy ook die Franse vertaling van die Psalms en sekere hoogliede of "canticles" soos die Dekaloog en die Lofsang van Simeon. Die eerste psalter verskyn in 1539 en die volledige in 1562 (McKee 2003, 17).

Soos Zwingli, en ander Hervormers, verwerp Calvyn die gebruik van die visuele kunste binne die erediens en kerkgeboue op grond van die tweede gebod. "He did not, however, share Zwingli's identification of the spiritual with the nonmaterial; in fact, Calvin could speak of the sacraments, with the bread and wine and water, and the right liturgical ceremonies such as preaching, as the "living image of God" (McKee 2003, 20).

Vier elemente van aanbidding, naamlik - prediking van die woord, gemeenskap met mekaar, nagmaal en die gebede - word saam beskou as nodige elemente vir die waarlike erediens en nie 'n spesifieke volgorde van die liturgie nie (McKee 2003, 23). Sy klem op onderlinge gemeenskap het ook

voorgevloei uit sy insig dat die erediens van God altyd verbind aan diens aan die naaste (McKee 2003, 24). "Liturgy can be hypocritical; love and service of those in need can hardly be counterfeited. And so Calvin expected the dialy life of Christians to evidence their worship of God; they were to serve the good of all people and honor the image of God in all"(McKee 2003, 25).

Vanuit 'n lyflike perspektief gesien was Luther by verre dié Hervormer wat die positiefste was oor die lyflike. Calvyn se opvatting van die werklike teenwoordigheid van Christus in die nagmaal, sowel as sy klem op die onderlinge gemeenskap in die erediens, en die verband tussen die erediens en die lewe; baan vir seker die weg vir 'n meer interbeliggaamde benadering tot die liturgie.