binne ʼn mentorverhouding
Addendum 12.) Twee van die deelnemers het hulle weens werksverpligtings voor die
8.5 Kontaksessie 5 – Mentorverhouding
4.3.4 Kontaksessie 5 – Mentorverhouding
Die mentorverhouding is die goue draad wat regdeur die ondersoek gebruik is en daar is gereeld lig op die onderwerp gewerp. Fokus is gerig op hoe om die verhouding te versterk en daar is duidelik daarop gewys dat dit nie ʼn eenmalige kontaksessie is nie maar dat die mentor hom tot die lewe van die mentee verbind. Die mentor moet aktief betrokke raak by die lewe van die mentee en nie net ʼn buitestaander wees nie. ʼn Verbatim aanhaling van een van die deelnemers is soos volg:
Ek het geleer dat almal het ʼn mentor nodig, seun of dogter.
Dit blyk dat die deelnemers die belangrikheid van ʼn mentorverhouding begryp. Die belangrikheid van hierdie aspek van die mentorverhouding is met elke kontaksessie beklemtoon.
4.3.5 Aktiwiteite
Weens die feit dat adolessente minder tyd saam met volwassenes deurbring en meer gebruik maak van onpersoonlike kommunikasiestyle soos die internet of geselskamers het die media ʼn groter geleentheid om sekere waardes en norme aan hulle oor te dra (De Vries, 1994:51). Dit is dus belangrik dat die mentor sekere doelbewuste fisiese aktiwiteite saam met die mentee beoefen. Hierdeur word daar na die totale psigososiale welsyn van die mentee omgesien. Dit voorsien ook in die mentee se behoefte aan fisieke aktiwiteite saam met die mentor soos in die behoeftebepaling vasgestel is.
Tydens die aktiwiteite wat in die program opgeneem is, is sekere verwagtinge aan die mentors gestel ten opsigte van hulle werkswyse met die mentees. Die instruksie is gegee dat die mentors nie raad aan die mentees mag gee nie, maar slegs die verskillende opsies mag uitwys. Die mentee moet dan self die keuses uitoefen. Slegs 25% (f=1) van die mentordeelnemers kon vir ʼn deel van die aktiwiteit daarin slaag voordat hy die mentee instruksies begin gee het. Mol (2005:37) is van mening dat talle werknemers binne die korporatiewe wêreld nie ʼn verantwoordelikheidsin openbaar nie weens die feit dat hulle nie toegelaat word om self besluite te neem nie. Dit is dus noodsaaklik dat die mentor
Artikel 4 B opsies aan sy mentee moet kan uitwys en dat die mentee die keuses self moet uitoefen. Deur so te werk te gaan ontwikkel die mentee ʼn verantwoordelikheidsin. Die aktiwiteite was in twee kategorieë ingedeel. Die eerste kategorie aktiwiteite is in die program ingeskryf as deel van elke kontaksessie wat sekere reaksies uitlok en spesifiek op sekere elemente van die mentorverhouding fokus. Die tweede kategorie aktiwiteite kon die deelnemers in hulle eie tyd doen en is ook nie opgeneem in enige van die kontaksessies nie. Al die aktiwiteite in beide kategorieë het egter betrekking gehad op die mentorverhouding as sodanig.
Kategorie een se aktiwiteite was paintball, nagwandeling, kopkrappers (mindtwisters) en teikenskiet. Kategorie twee se aktiwiteite was al dié van kategorie een, en ook kettie skiet, slingervel gooi, pyl en boog skiet, visvang, RISK bordspel en Rubik Cubes uitsorteer. Die aktiwiteite verskaf ʼn groot mate van genot en is nie ter wille van vermaak uitgevoer nie. Brink (1997:143) lig die verskille uit tussen pret of genot en vermaaklikheid: Entertainment is a show. Fun is being involved in and committed to a specific group of young people for whom you care.
Sewe en dertig punt vyf persent (f=3) van die deelnemers het aangedui dat hulle ander aktiwiteite by kategorie een van die program sou wou insluit. Dit sluit onder andere in kano vaart, ʼn kognitiewe spel, visvang, fietsry en bergklim. Hulle was egter nie negatief met betrekking tot die aktiwiteite wat hulle moes uitvoer nie. Slegs een van die deelnemers het aangedui dat slegs een van die aktiwiteite min betrekking gehad het op die program.
Verbatim aanhalings van die deelnemers was:
Al die aktiwiteite was van toepassing op die doel van die kamp en baie goed onderwerpgerig. Die lesings was goed aangebied en wat veral goed saam met die kamp ingeval het, was die ligging en dat almal die aktiwiteite saam kon ervaar en geniet.
Ek het die aktiwiteite geniet en dit was lekker om my idees met ander te deel en met hul te kommunikeer.
Artikel 4 Afd eling B Wat ʼn gesukkel. [Kopkrapper] Tog baie geleer. Jy begin vir jouself en vir mekaar lekker lag as julle besef dat die planne nie so lekker werk nie. Goed om ook te erken dat jy nie ʼn idee het hoe om dit op te los nie.
[Kopkrappers] Elkeen het insette gelewer en idees gegee. Jy besef ook dadelik met hierdie spel dat daar nie net een regte idee is nie.
Dit was lekker gewees om saam met my pa [mentor] vis te vang en die paintball was die beste dag van my lewe... die loop was baie pret! Dit het vir ons nader aan mekaar gebring!
Het waarlik ʼn verandering gehad aan [in] my en my seun [mentee] se verhouding. Aktiwiteite was interessant en leersaam. Meer tyd moes aan aktiwiteite gespandeer geword het.
Gesien teen die verbatim aanhalings van die deelnemers kon hulle die teorie van die kontaksessies en die aktiwiteite by mekaar uitbring en die ooreenkomste uitlig. Dit blyk volgens die verbatim aanhalings dat die aktiwiteite die mentorverhouding versterk het. Die rol van die mentor is om nie ʼn program koördineerder te wees nie, maar iemand wat saam met die mentee dinge meemaak en beleef wat hy altyd sal onthou – Kodak‐oomblikke.
4.4
HerevalueringNa verloop van twee maande het die deelnemers ʼn herevalueringsvraelys ingevul. (Sien