binne ʼn mentorverhouding
8 Aanbieding van die bemagtigingsprogram
Die oorhoofse doelstelling was om ʼn bemagtigingsprogram te ontwikkel om volwasse mans en adolessente seuns te bemagtig rakende ʼn versterkte mentor‐mentee verhouding. Hierdeur kan die mentor die mentee beter begelei tot verhoogde lewensgehalte. Die mentee word ook deur die proses bemagtig ten opsigte van sy kennis en belewing van sy mentor en insgelyks ook van ander volwassenes. Tydens die kontaksessies is inligting op verskeie wyses aan die deelnemers oorgedra. Hierdie
Artikel 3
B
inligting is dan aan die hand van verskeie aktiwiteite getoets en ingeoefen. Die aktiwiteite is van so ʼn aard dat die verskillende komponente van die kontaksessies nie altyd ooglopend voorkom nie. Dit is gedoen om die kans tot manipulering van die uitkomste van die aktiwiteite te verlaag. Die vaardigheid om ʼn effektiewe mentor te wees, is nie altyd ʼn vanselfsprekende eienskap by alle mentors nie (Anon, 2007:8). Hierdie bemagtigingsprogram is ʼn hulpmiddel om onder andere hierdie vaardigheid aan hulle oor te dra ter versterking van die mentorverhouding. Een‐tot‐een onderhoude is ook met elke deelnemer gevoer. Tydens hierdie onderhoude is data bekom rakende persoonlike gevoelens en belewenisse van die mentorverhouding.
In die paragrawe wat volg, word ʼn uiteensetting gegee van die doelwitte, programinhoud en kontaksessies. Tydens die verskillende kontaksessies is verwys na die ander kontaksessies om die oorhoofse doelstelling konstant deur te trek. Van die belewings van die deelnemers word verbatim aangehaal en die aktiwiteite het nie direk na elke sessie plaasgevind nie. Dit is op so ʼn wyse aangebied dat die deelnemerpare waardevolle tyd saam kon deurbring om die inhoud van die kontaksessies te kon bespreek. Na afloop van elke kontaksessie het elke deelnemer ʼn evalueringsvorm ingevul deur middel waarvan hulle die programinhoud geëvalueer het.
Terugvoer word kortliks ten opsigte van die programuitkomste gegee. Volledige terugvoer oor die bemagtigingsprogram word in Artikel 4 van hierdie afdeling uiteengesit.
8.1
Kontaksessie 1 – Ontmoeting en oriëntering 8.1.1 Doelwitte • Om die deelnemers aan mekaar voor te stel. • Om die kamp‐opset en uiteensetting van die program aan die deelnemers deur te gee.• Om die basis of agtergrond van die belangrikheid van die program aan die deelnemers weer te gee.
• Om ʼn paradigma vir ʼn vertrouensverhouding te skets.
• Om die werkswyse van die bemagtigingsprogram weer te gee.
Artikel 3 Afd eling B 8.1.2 Inhoud
Gedurende hierdie kontaksessie het die navorser hom sowel as die medegroepwerkers aan die deelnemers voorgestel. Die rol en taak van die medegroepwerkers is ook aan die deelnemers voorgehou. Die deelnemers is aan die res van die groep voorgestel deurdat die mentee sy mentor aan die groep voorgestel het en die mentor sy mentee.
Die agtergrond rakende die rede vir die ondersoek is aan die deelnemers voorgehou om enige onduidelikheid uit die weg te ruim. Die behoeftes van adolessente seuns soos in die literatuurstudie geïdentifiseer, gepaard met die behoeftes van die mentors is voorgehou, sowel as die hantering van die verskillende behoeftes.
ʼn Verskeidenheid mediademonstrasies is visueel aan die deelnemers getoon. Elkeen van hierdie snitte het betrekking op een van die aspekte wat behandel is. Dit is aan die deelnemers voorgehou as deel van die paradigma waarin die program verloop. Daar is ook telkens in die loop van die program na hierdie uittreksels verwys.
Die deelnemers het twee vraelyste ontvang om in te vul. Die eerste was die voortoets. (Sien Addendum 8.) Die tweede een wat elkeen ingevul het, was ʼn selfontwerpte vraelys waarin hy sy verhouding met sy mentor/mentee moes beskryf. (Sien Addendums 9 en
10.) Hierdie vraelys was gedeeltelik gebaseer op die Likert‐skaal‐formaat (Neuman,
2006:207). Oopantwoord‐vrae het ook voorgekom.
8.1.3 Terugvoer
Na afloop van hierdie kontaksessie was die deelnemers se gemaklikheidsvlakke beter en hulle het meer spontaan opgetree. Beide die deelnemers en die medegroepwerkers het makliker met mekaar gesels. Die deelnemers het na hul blootstelling aan die visuele materiaal ook ʼn beter begrip van die program ontwikkel.
8.2
Kontaksessie 2 – GenerasiegapingFar too frequently, youth and adults are further separated by parents and other adults who simply cannot appreciate or even understand the world in which their children live or the strange ways in which they see their children trying to find significance (Welty, 1989:17).
Artikel 3
B
8.2.1 Doelwitte
• Om kommunikasiegapings wat as gevolg van generasiegapings ontstaan het, te identifiseer en uit te lig en moontlike oorbruggingsmetodes aan die hand te doen. • Om deur middel van aktiwiteite die belangrikheid van taal, kommunikasie,
wedersydse idees en metodes uit te lig en te hanteer.
• Om die vaardigheid van luister, prosesseer en gepaste reaksie uit te lig en te toets. • Om die belangrikheid van die verhouding vanuit die verskillende generasies uit te
wys.
8.2.2 Inhoud
Die eerste kontaksessie wat hanteer is, is dié rakende die generasiegaping. Hierdie kontaksessie is eerste hanteer weens die moontlikheid dat konflik maklik kan plaasvind as gevolg van generasies wat verskillend na sekere aspekte kyk. Die aktiwiteite wat deel uitmaak van hierdie bemagtigingsprogram kan lei tot konflik en is uiters sorgvuldig ingewerk. Deur die deelnemers bloot te stel aan ʼn geleentheid wat kan lei tot konflik, is hulle die geleentheid gegun om dit eers te oorweeg binne die raamwerk van die ander persoon se generasie‐eienskappe en dan daarvolgens op te tree.
8.2.3 Bespreking
Die verskillende eienskappe van die verskillende groeperings generasies soos dit deur Codrington en Grant‐Marshall (2004:74) uiteengesit is, is bespreek. Die mentors is die geleentheid gegun om mee te deel wat hulle as struikelblokke en as positief beleef met betrekking tot die generasiegaping tussen hulle en hul mentee. Verskillende kommunikasiestyle, leefwyses, lewenspatrone en lewensfases van die verskillende groepe is bespreek.
Riglyne ten opsigte van hoe die gaping moontlik oorbrug kan word, is aan die deelnemers deurgegee. Die belangrikheid en eienskappe van die mentorverhouding is aan die deelnemers oorgedra. Die toepassing van die kontaksessie is aan die hand van aktiwiteite getoets.
8.2.4 Terugvoer
Die deelnemers het aan die einde van die kontaksessie ʼn evalueringsvorm ingevul. (Sien