binne ʼn mentorverhouding
Addendums 11 en 8.) Die areas wat met die herevaluering ondersoek is, word in
5 Waarde van die bemagtigingsprogram
2.1.2 Empiriese ondersoek
Die intervensie‐navorsingsmodel (D&D Model) is gevolg en daar is op al die fases van die model gefokus. Gepaard met die empiriese ondersoek is ʼn literatuurstudie onderneem om die bevindings te toets, te ondersteun of te verwerp, en nuwe insigte uit te lig. Data is ingesamel deur gebruikmaking van ʼn gelyktydige kombinasie van kwalitatiewe en kwantitatiewe data‐insameling. Kwantitatiewe data is ingesamel om ʼn beter en meer betroubare profiel van die deelnemers te kon saamstel. Die ondersoek fokus eerstens op die profiel van die mentor en die mentee en tweedens op die bemagtigingsprogram en die uitwerking daarvan. Elkeen van hierdie subtemas is weer onderverdeel in kleiner meer hanteerbare en verstaanbare temas. Hierdie temas gaan gepaard met die literatuurondersoek.
2.1.2.1 Subtema 1: Die profiel van die deelnemers
Volgens die sneeubaltipe steekproef is 17 deelnemers vir die ondersoek geselekteer. Dit sluit die deelnemers in wat aan die fokusgroep deelgeneem het. Tien van die deelnemers was volwasse mans wat as mentors intree vir seuns en sewe van die deelnemers is seuns wat gementor word. Vier van die mentors en hulle mentees is betrek by ʼn aktiwiteit‐ georiënteerde bemagtigingsprogram – ʼn totaal van agt deelnemers dus. Inligtingsbriewe en toestemmingsbriewe is aan die deelnemers voorsien alvorens hulle aan die ondersoek kon deelneem. (Sien Addendums 1, 2 en 3.)
Die data wat ingewin is, tesame met die data wat uit die behoeftebepaling bekom is, het die navorser in staat gestel om ʼn profiel van die twee groepe deelnemers, naamlik die mentors en die mentees, te kon saamstel. Hierdie profiel is vergelyk met en word ondersteun deur die profiel wat deur die literatuur voorgehou is. Data is ingewin deurdat die deelnemers verskeie vraelyste ingevul het. Die deelnemers wat aan die
Afd
eling
C
elkeen individueel gevoer en hulle het ʼn herevalueringsvraelys en natoets ingevul. Die onderhoude het plaasgevind aan die hand van ʼn semi‐gestruktureerde onderhoudskedule.
2.1.2.2 Subtema 2: Bemagtigingsprogram en uitwerking van die program
Die agt deelnemers wat aan die bemagtigingsprogram deelgeneem het, staan reeds in ʼn gevestigde natuurlike mentorverhouding. Genoemde program was kwalitatief van aard. Dit is op unieke wyse ontwerp deurdat die deelnemers ruim tyd saam kon deurbring, maar steeds deel kon uitmaak van die groter groep.
Die temas wat gedurende die bemagtigingsprogram bespreek is, het uit die behoeftebepaling uitgekristalliseer. Genoemde behoeftebepaling is ʼn gedeelte van die navorser se voorafgaande ondersoek, naamlik Mentorskap in die maatskaplike funksionering van die seun in sy laat‐middelkinderjare.
Die program is saamgestel deurdat die behoeftes wat by mentees geïdentifiseer is, in die program geïnkorporeer is. Hierdie behoeftes is ondervang deur die aanbied van verskeie kontaksessies en die geleentheid tot deelname aan aktiwiteite. Die deelnemers is die geleentheid gegun om elke kontaksessie na afloop daarvan te kon evalueer. Die program is aangebied in die vorm van ʼn kamp op ʼn plaas in die Velddrif‐distrik aan die Weskus. Na afloop van die program het die deelnemers dit geëvalueer. Sewe tot tien dae na afloop van die program het die navorser ʼn individuele onderhoud met elke van die deelnemers gevoer. Twee maande na afloop van die program het die deelnemers ʼn herevalueringsvraelys ingevul. Die natoets het deel uitgemaak van die herevalueringsvraelys. Dieselfde vraelys is vir die na‐ en voortoets aangewend. Data wat hieruit verkry is, het die navorser in staat gestel om die program wat aangebied is, te evalueer. Die deelnemers se insette en belewings en die waarde wat hulle aan die program heg, is by die verslag ingewerk.
2.2
Artikel 1 – Die profiel van die volwasse man as mentor vir adolessente seuns 2.2.1 Opsomming en bevindingUit sowel die literatuurstudie as die empiriese ondersoek is bevind dat volwasse mans dekades gelede begin het om seuns te bemagtig deur middel van ʼn mentorverhouding. Hierdie mentorverhouding het egter al bestaan nog voor die woord mentorskap in
C gebruik geneem is. Die behoefte aan ʼn mentor by adolessente seuns is egter nie net ʼn Westers kulturele behoefte soos in Suid‐Afrika en die VSA nie; dit is ook as sodanig in die Ooste geïdentifiseer.
Aan die Weskus in Suid‐Afrika is mentorskap en mentorverhoudinge ʼn heel nuwe en onontdekte veld, veral gesien vanuit ʼn psigososiale perspektief. Van die mentees het ook ander mentors. ʼn Skrale meerderheid van die mentors is bereid om ʼn seun buite die gesinsisteem te mentor. Mentorskap stel die mentee bloot aan breër maatskaplike netwerke. Min van hierdie deelnemers wat bereid is om ʼn ander seun te mentor, staan in ʼn mentorverhouding met ander seuns.
Die meerderheid deelnemers aan die empiriese ondersoek het aan die einde van ouderdomskategorie vroeë volwassenheid gelê. Volgens hulle generasiekategorie lê hulle op die grens tussen die Boomers en die X‐ers, maar met ʼn neiging meer na die X‐ers. Soos die literatuur op een van die eienskappe van die X‐ers dui, blyk dit dat die mentors ʼn meer stabiele gesin het deurdat nie een van hulle geskei is nie en almal tans getroud is. Die meerderheid deelnemers is egter ook die bestuurder of eienaar van ʼn eie onderneming. Die gesin is dus van die mentor afhanklik vir ʼn finansiële inkomste. Hierdie mentorverhouding is nie korporatief van aard nie – dit het ʼn psigososiale oorsprong.
Die gesinsamestelling van die mentors blyk almal in dieselfde rigting te neig deurdat hulle almal óf meer seuns as dogters, ʼn gelyke aantal óf net seuns in die gesin het. Nie een van die deelnemers het meer dogters as seuns in die gesin nie, of het net dogters nie. Die persoonlikheid van die mentor speel ʼn sterk rol in die mentorverhouding. Sekere karaktereienskappe van die mentor is egter opvallend by die mentees. Die mentors stel duidelike grense aan die mentees. Hulle is vasberade, dog tree sagmoedig op teenoor die mentee en blyk meestal in die beste belang van die mentee op te tree. Die biologiese pa as mentor is egter minder daartoe geneë om iemand buite die gesinsisteem toe te laat om sy biologiese kind te mentor.
Die geestelike dimensie, of die behoefte aan transendensie, soos Maslow in sy behoeftehiërargie daarna verwys, is ʼn baie belangrike element vir die mentor in die mentorverhouding. Die kern rede waarom mentors hulle seuns mentor, is dat hulle lief is
Afd
eling
C
vir seuns, hulle die beste vir die mentee wil hê en hulle die adolessente mentee emosioneel en geestelik wil voorberei sodat hy ʼn sukses van sy lewe kan maak. Die mentors is verder die mening toegedaan dat die mentorverhouding waarde toevoeg tot die leefwêreld van die mentee en dat die mentee ook ʼn invloed op die mentor se lewe het. 2.2.2 Gevolgtrekking Weens die feit dat mentorskap deur ʼn persoon buite die gesinsisteem ʼn nuwe konsep aan die Weskus is, is die meerderheid deelnemers aan die ondersoek ook juis die biologiese pa van die mentee. Alhoewel van die deelnemers bereid is om ʼn persoon buite die gesin te mentor, is daar maar ʼn skrale hoeveelheid wat dit wel doen.
Die meerderheid deelnemers is in die lewenstydperk vroeë volwassenheid. Dit het die gevolg dat hulle in die oorgang van die X‐er‐ na die Boomer‐generasie val. Elkeen van hierdie generasies het unieke sienswyses en lewensbeskouinge wat op sigself anders is as dié van die Millenniums. Weens die feit dat die meerderheid deelnemers selfonderhoudend is, blyk hulle ʼn sterk ontwikkelde verantwoordelikheidsin teenoor hulle finansies te openbaar.
Nie een van die deelnemers is geskei nie. Dit wil voorkom of die gesinsisteem vir die mentor baie belangrik is. Weens die feit dat die mentor vaste grense neerlê en daarby hou, verskaf dit aan die mentee meer sekuriteit. Nieteenstaande die feit dat die mentor min tyd aan sy gesin bestee, blyk dit tog dat hy meer tyd saam met sy gesin deurbring as wat in die literatuur aangedui is. Die mentor blyk ook ʼn persoon te wees wat minder betrokke is by die gebruik en misbruik van substanse en ook minder met die gereg bots.