• No results found

2.2 DIE AARD EN OMVANG VAN AKADEMIES BEGAAFDHEID BY LEERDERS

2.2.4 Identifisering van akademies-begaafde leerders

Die identifisering van akademies-begaafd-leerders is ʼn komplekse taak. Oor die algemeen deel begaafde leerders sekere kenmerke wat dit makliker maak vir onderwysers en ouers om ʼn begaafde leerder te identifiseer, maar terselfdertyd sal die kenmerke van leerder tot leerder verskil (Thomson, 2006:7). Die identifisering van akademies-begaafde leerders moet gebaseer word op veelvuldige observasies en die gebruik van ʼn verskeidenheid van toetse. Die identifiseringsproses moet ʼn buigsame en deurlopende proses wees wat binne ʼn inklusiewe opvoedkundige omgewing plaasvind (Thomson, 2006:7-8).

Wanneer die vraag gevra word: “Waarom moet akademies-begaafde leerders geïdentifiseer

word?”, word gewoonlik geantwoord dat elke leerder die reg het tot onderwys wat in sy/haar

spesifieke behoeftes voorsien. In die Suid-Afrikaanse Onderwyswitskryf (Suid-Afrika, 996) word hierdie belangrike fokus gegee en dit word in die Suid-Afrikaanse Wet op die Nasionale Onderwysbeleid 27 van 1996 (Suid-Afrika, 1996d) bevestig. Die fokus is dat onderwys en opleiding ʼn basiese mensereg is en dat die staat hierdie reg moet beskerm. Alle burgers moet dus die geleentheid kry om hul potensiaal ten volle te ontwikkel en om ʼn bydrae tot die samelewing te lewer. Volgens die bestaande onderwysbeleid, moet dus ook in die unieke behoeftes van akademies-begaafde leerders voorsien word.

Die huidige Suid-Afrikaanse wetgewing maak egter nie spesiale voorsiening vir akademies- begaafde leerders nie en het ook nie ʼn beleid vir die identifisering van akademies-begaafde leerders nie. Daar word geredeneer dat alle leerders as gelykes in die hoofstroom erken word en dat akademies-begaafde leerders nie uitgesluit word nie. Opvoeders in die Suid- Afrikaanse onderwysstelsel sien die onderrig en leer van begaafde leerders as ʼn besonderse uitdaging, aangesien hulle nie riglyne het oor die wyses om akademies- begaafde leerders te identifiseer en optimaal te ondersteun nie.

Die verantwoordelikheid van die identifisering van akademies-begaafde leerders in Suid- Afrika, berus by die skool en meer spesifiek, die onderwysers. Vroeë identifisering van akademies-begaafde leerders is voordelig vir die leerlinge indien daar spesiale onderwysprogramme bestaan waarby hulle ingeskakel kan word (Haasbroek, 1988:13). Eyre

27

(2002) soos aangehaal deur Thomson (2006:8) beklemtoon dat skole prosedures moet instel vir die identifisering van akademies-begaafde leerders en wat hulle as spesiale leerders koester en ondersteun.

Deur akademies-begaafde leerders te identifiseer, kan die leerders se unieke onderwysbehoeftes geïdentifiseer word en moontlike wyses geïmplementeer word om in die behoeftes te voorsien. Navorsing toon aan dat meeste leerders nie besef dat hulle akademies-begaafd is nie as gevolg van verskeie skoolfaktore wat bydra tot onderontwikkeling van die begaafdheid, wat lei tot laer prestasie van akademies-begaafde leerders (Reis & Renzulli, 2009:308).

Tydens identifisering moet daar ook gepoog word om tussen slim en akademies-begaafde leerders te onderskei. Leerders se intellektuele vermoë word nie as die enigste kriteria gebruik om begaafde leerders te identifiseer nie. Wanneer ʼn kriterion gebruik word vir die identifisering van begaafde leerders, is dit belangrik om ook na die leerder se leereienskappe sowel as sy/haar gedragseienskappe te verwys. In verskillende oorsese lande word ʼn akademies-begaafde leerder op grond van sy/haar persoonsbeeld, wat spesifieke identifiseringskriteria insluit, geïdentifiseer (Winebrenner & Brulles, 2008:44-46). Wanneer ʼn persoonsbeeld saamgestel word om akademies-begaafde leerders te identifiseer, word die resultate van IK toetsing, aanlegtoetse, belangstellingstoetse, prestasies in skoolvakke, ouer- en onderwyser evaluering asook binne- en buitemuurse prestasies as kriteria gebruik (Winebrenner & Brulles, 2008:52-53).

Identifiseringsprosesse verskil in die aard van die kriteria wat gebruik word vir die identifisering van begaafde leerders. Dit is noodsaaklik dat toepaslike riglyne gebruik word vir die identifiseringsprosedure en -kriteria ten einde die doeltreffende identifisering van begaafde leerders te verseker (Sousa, 2009:112-113). Die identifisering van akademies- begaafde leerders vind plaas op grond van hul uitsonderlike bevoegdheid in ʼn bepaalde area van vermoë of prestasie (Kokot, 2005:474). Kokot (1992:65-66) verwys na die model (figuur 2.1) wat deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing ontwikkel is, en wat soms in die Suid-Afrikaanse situasie gebruik word. Die model onderskei tussen vier fases in die identifikasie-proses wat gevolg moet word om ʼn begaafde leerder te identifiseer.

28

Fase Prosedure

1. Oriëntering

 Nominasie van evalueerders

 Riglyne en informasie vir leerder, ouers en onderwysers

2. Voorlopige identifikasie  Nominasie van moontlike begaafde leerders

 Gestruktureerde observasie  Intelligensie toetsing

3. Intensiewe identifikasie  Deeglike ondersoek van genomineerde leerders

 Toetsing van kreatiwiteit

 Lys van kriteria vir spesifieke leerareas van begaafdheid

4. Selektiewe identifikasie  Addisionele informasie bekom  Aanbevelings vir onderwys voorsiening  Deurlopende evaluering

Figuur 2.1 Identifiseringsmodel van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing Kokot, 1992:65-66

Die bogenoemde model kan as ʼn riglyn dien vir die identifikasie van akademies-begaafde leerders. Daar is egter geen altyd-geldende identifiseringsproses vir akademies-begaafde leerder nie en daarom behoort die riglyne in die figuur (figuur 2.1) slegs as riglyn gebruik te word vir toepassing in die praktyk. Die identifiseringsproses is veral moeilik in die Suid- Afrikaanse onderwysstelsel as gevolg van die diversiteit ten opsigte van aanleg, belangstelling, vermoëns, kultuur en geslag wat in die klaskamers aangetref word nie. Die tekort aan nodige hulpbronne, byvoorbeeld die tekort aan onderwysers wat ervaring het om akademies-begaafde leerders te onderrig, bemoeilik die taak om akademies-begaafde leerders te identifiseer. Die uitdagings moet oorkom word, sodat hierdie leerders ondersteun kan word. Yoder (soos aangehaal deur Kokot, 1992:69) beklemtoon die belangrikheid van die identifikasie van begaafde leerders in Suid-Afrikaanse skole “it seems that for a nation to ignore or refuse to be concerned about the gifted and talented within its borders is tantamount to ignoring the very fountain from which may spring its ultimate hope, and further to deny the very essence of democracy.” Die aanhaling beklemtoon dat die identifiseringsproses van akademies-begaafde leerders van kardinale belang is en dat daar nodige aandag gegee moet word om dié proses te verfyn vir die implementering daarvan in Suid-Afrikaanse skole.

29