• No results found

HOOFSTUK 2: KOS IN DIE HEDENDAAGSE SAMELEWING: ʼn KONTEKSTUELE

2.3 Faktore wat kos en eetgewoontes beïnvloed in die hedendaagse samelewing

2.3.1 Kultureel

2.3.1.6 Geslagsverhouding met kos

Met dié dat mense eerder kitskos koop as om kos tuis voor te berei, het dit ook ʼn invloed op die verandering van geslagsverhoudings met kos oor die eeue. Die rol van vroue in hul huishoudings het drasties verander in die moderne samelewing, en dit is nie meer slegs hulle verantwoordelikheid om kos te voorsien vir hul huisgesinne nie. Mans en vroue is deesdae albei broodwinners. Hierdie is net een voorbeeld van hoe geslagsverhouding met kos oor die eeue heen verander het.

Volgens Byarugaba (2017:10), word kos in sommige kulture gebruik as simbole van mag. In talle Afrika families, was daar ‘n wanbalans in die deel van kos as gevolg van geslagsverskille. Byarugaba (2017:10) stel dat kos vroeër jare as ‘n simbool gebruik was om vroue te beheer. Vroue was meer geassosieer met die voorbereiding van kos eerder as die verbruik daarvan. Vroue het soms van balkonne af gekyk, terwyl heerlike kosse uitgerol is om die oë en die smaak van mans te behaag. Talle navorsers stem saam dat die ongelykheid tussen geslagte in die deel van voedsel op baie wyses en oor die hele wêreld geïnstitusionaliseer word (Byarugaba, 2017:10). Mans word byvoorbeeld al vir baie jare ‘n ongewone hoeveelheid beskikbare kos, soos vleis, toegedien. Vroue het weer die verantwoordelikheid gekry om die beperkte huishoudelike begroting te bestuur en moes seker maak dat hulle gesinne kos het om te eet. Sodoende het vroue soms nie geëet nie, sodat hulle mans en kinders nie ‘n tekort aan voedselinname het nie (Byarugaba, 2017:11). Mans se voedsel behoeftes was gewoonlik bo vroue sin gestel, omdat hulle genoeg energie moes hê om loon werk te doen.

In talle Afrika gemeenskappe is voedsel nie gelyk gedeel tussen mans en vroue nie as gevolg van sommige patriargale houdings en strukture wat manlike dominansie onderskryf het (Byarugaba, 2017:11). Ten spyte van die rolle wat hulle in huishoudings speel, staar vroue steeds verskillende vorms van ongeregtigheid en diskriminasie in die gesig. Vroue verdien in hierdie Afrika gemeenskappe ‘n inkomste vir hul familie, moet kos voorsien en voorberei, en moet ook na hul kinders kyk. Vroue is verantwoordelik om kos sekuriteit en voldoende kindersorg te voorsien (Byarugaba, 2017:11).

Dit word algemeen aanvaar dat meer as die helfte van die plattelandse huishoudings in Suid- Afrika gelei word deur vroue en hulle kinders, wat deel uitmaak van die armste van die armste mense. Byarugaba (2017:11) beweer dat die probleem van voedselonsekerheid vereis dat mense die probleem aanspreek van die wanbalans van mag en die marginalisering van vroue wat die slagoffers van voedselonsekerheid is.

Tesame met die kwessie van geslagsverhouding en kos wat aandui dat eetgewoontes in die moderne samelewing kompleks is, word daar ook geglo dat daar ʼn noue verband bestaan tussen voeding en seks. Byarugaba (2017:11), meld byvoorbeeld aan dat honger tradisioneel gesien word as 'n basiese dryfveer vir die individu, terwyl seks 'n basiese dryfveer is vir die oorlewing van die spesie. Behalwe om na beide seks en eet as dryfvere vir oorlewing te kyk, toon wetenskaplikes verder dat beide seks en voedsel grotendeels produkte is van sosiale en kulturele prosesse. Byarugaba (2017:11) stel dat die verhouding tussen voedsel en seks verhoog word, aangesien sommige voedsel met vroue geassosieer word, en ander met mans. Volgens Byarugaba (2017:11) is dit nie net ʼn sosio-ekonomiese voorreg en 'n relatiewe besit van kulturele kapitaal wat voedselvoorkeure vorm nie. Daar is ook duidelik 'n geslagsverdeling in die hedendaagse Westerse samelewings, met 'n aantal aannames oor die voedselsoorte wat mans verkies en wat vroue verkies (Byarugaba, 2017:11).

Lupton (1996:104) stel verder dat daar 'n dominante assosiasie tussen die koppeling van soet kosse met vroue is, terwyl mans gewoonlik met rooivleis geassosieer word. Om voedsel met geslag te assosieer impliseer twee belangrike gevolge. Eerstens impliseer dit dat die geslag waaraan die kos geassosieer word 'n positiewe voorreg het (Byarugaba, 2017:11). Byvoorbeeld, in Afrika lyk dit asof mans 'n reg op vleis het. Dit word aanvaar dat vleis mans meer krag gee (veral seksuele krag). Dit wil sê dat vleis algemeen bekend is dat dit die wellustige passie by mans aansteek. Soos Byarugaba (2017:11) beklemtoon, word vleis amper alomteenwoordig gebruik as 'n medium waardeur mans hul natuurlike beheer oor vroue uitspreek. Volgens hierdie persepsie kan 'n biefstuk sterk seksuele seine stuur. Hoe groter en sappiger die vleis is, hoe meer rooibloedig is die verbruiker veronderstel om te wees, terwyl 'n biefstuk by kerslig 'n algemene aanduiding tot verleiding is (Byarugaba, 2017:11).

Terwyl vleis as manlik en vir mans beskou word, word visse as ongeskik beskou omdat dit 'vroulik' is (Byarugaba, 2017:11). Byarugaba (2017:11) dui aan dat vis onder die Franse werkersklas as 'n onvanpaste kos vir mans beskou word, omdat dit lig, onbeduidend en 'sag' is om te eet. Vis moet geëet word op 'n manier wat heeltemal in stryd is met die manlike manier van eet, dit wil sê, met selfbeheersing, in klein mondjies, saggies gekou, met die voorkant van die mond, op die punte van die tande (as gevolg van die bene). Die hele manlike identiteit - wat viriliteit genoem

word - is betrokke by hierdie twee maniere om te eet, te knabbel en te pluk, soos dit pas by 'n vrou, of met heelhartige manlike sluiers en mondvol (Lupton 1996: 104).

Net soos Franse mans 'n afsku het van visse, kan 'n manlike vegetariër 'n verdagte figuur wees. Byarugaba (2017:11) berig oor 'n vegetariese manlike student wat herinner aan sy tydperk in 'n nuwe gemeenskap: "Dit was regtig vreemd; dit lyk asof hulle outomaties aanvaar dat omdat ek ‘n vegetariër5 is, dan moet ek homoseksueel wees. Ek is seker dit was omdat die vleis 'n soort

viriliteitssimbool was”.

Die tweede negatiewe implikasie van die gelykstelling van voedsel met geslag is dat die geslag waaraan die voedsel geassosieer word, soms nie toegelaat word om daardie soort kos te eet nie, omdat die eet van daardie soort kos gelykstaande is aan selfvernietiging (Byarugaba, 2017:11). In sommige dele van Uganda eet vroue byvoorbeeld nie longvis nie, omdat dit borste het. In sommige dele van Afrika word vroue nie toegelaat om vleis van bokke of krokodille te eet nie, uit vrees dat hulle onderskeidelik springerig en aggressief sal wees. Om kos met seksuele viriliteit te vergelyk, is nie net tot vleis beperk nie (Byarugaba, 2017:11). In sommige dele van die Kaap mag jong meisies nie eiers, avokado, grondboontjies, of vars melk eet nie, uit vrees dat hulle op 'n vroeë ouderdom seksueel aktief sal wees (Byarugaba, 2017:11). Net so kon mans van die Xhosa kuktuur tradisioneel nie kool en spinasie groente eet nie, uit vrees dat hulle seksueel swak sou raak (Byarugaba, 2017:11).

Dit is egter duidelik dat geslagsverhoudings met kos ook bydra tot die kompleksiteit van kos in die hedendaagse samelewing. Die bekostigbaarheid en beskikbaarheid van kitskos lei ook daartoe dat adolessente al hoe meer ongesond begin eet (Allehdan, 2017:1). Sosio-ekonomiese faktore speel dus ook ʼn rol in die dieet verwante besluitnemingsprosesse tydens adolessensie.