• No results found

ARTIKEL II: RIGLYNE VIR ONDERWYSERONDERSTEUNING VIR DIE BEVORDERING VAN DIE WELSTAND

4.5 GEBREK AAN ONDERSTEUNING VAN OUERS EN LEERLINGE

4.5.1 Gebrekkige ouerbetrokkenheid wek kommer

Een element wat knaend op die radarskerm van hierdie studie verskyn, is ouerbetrokkenheid en -gedrag. Die positiewe betrokkenheid van ouers by die opvoeding van hul kinders kan nooit oorbeklemtoon word nie. Ouers moet by alle aspekte van die kind se aktiwiteite en opvoeding betrokke raak. Selfs al sou dit beteken dat die twee ouers om die beurt hul kinders se aktiwiteite moet bywoon, maar ouerbetrokkenheid is 'n moet.

Uit die literatuur blyk dit dat daar 'n toename is in die aantal onderwysers wat selfhandhawingskrisisse beleef. Ondersteuning aan die onderwyser is belangrik om byvoorbeeld sy gevoel van bevoegdheid te versterk, sy gevoel van sukses aan te help en aan horn beheer, persoonlike status en selfhandhawing en dus goeie welstand te gee (Niehaus et al., 1995:72-73). Die korporatiewe sektor van Suid-Afrika het ook 'n belangrike rol te speel en wel die persone wat diep sakke het. 'n Revolusionere voorstel kan gemaak word dat elke skool in Suid-Afrika deur die korporatiewe sektor in so 'n mate ondersteun moet word dat 'n bepaalde aantal leeriinge aan die einde van hul skoolloopbaan vir 'n beurs kwalifiseer. Die korporatiewe sektor kan byvoorbeeld leeriinge gaan soek en identifiseer wat 'n verskil kan en wil maak en 'n bewese prestasierekord opbou. Die korporatiewe sektor kan verder hande diep in die sak steek deur presterende onderwysers teen betaling en gewaarborgde veiligheid hande te laat vat met skole wat werklik sukkel en waar dit regtig saak maak (Maree, 2007; Steyn & Schulze, 2005:238). Dit kan dan 'n welkome hupstoot gee aan die onderwysers se karige vergoeding en aan hulle wankelende moreel.

4.5.2 Werkloosheid veroorsaak armoede

Armoede word dikwels met onvoldoende geriewe en hulpmiddele vereenselwig. Dit sluit veral oorvol behuising met gebrekkige watervoorsiening, sanitasie en gesondheidsgeriewe in. Voedsel is ook dikwels onvoldoende of dit bevat 'n lae voedingswaarde. Dit maak die situasie byna

ondraaglik vir ouers/versorgers aangesien dit onmoontlik is om in die gesondheidsbehoeftes van die kinders te voorsien. Daarbenewens beskik ouers/versorgers dikwels oor gebrekkige opvoeding met betrekking tot gesondheid en kinderontwikkeling. Armoede le direk of indirek verskeie hindernisse asook 'n verskeidenheid sosiale probleme in die weg van leer. Hierdie hindernisse vererger onderwyserstres en versterk gebrekkige onderwystoestande. Die mees basiese intervensie kan wees om die mate van armoede op sigself te verminder deur meer spesifieke en onmiddellike oorsake van armoede te teiken. Spesifieke oorsake kan verband hou met, onder andere, sosiale, emosionele en opvoedingsfaktore. Die onderwyser moet met ander in die skool en die plaaslike gemeenskap saamwerk aan armoedeprobleme. Hy moet dus op die advies, hulp en ondersteuning van kollegas, ondersteuningspersoneel, gemeenskapswerkers en gesondheidswerkers kan staat maak. Leerlinge kan ook by die voorkomingsaksies betrek word. Die gesin, portuurgroep en die skool moet ook aktief betrek word by die voorkomingsproses (Donald et al., 2002:170- 179; Scott, 2001:12-23).

Voedingskemas by skole is 'n wonderlike instelling aangesien leerlinge daardeur in staat gestel word om welgevoed, beter te kan konsentreer. Dit is egter betreurenswaardig dat die skoolvoedingskemas deur korrupte aktiwiteite lamgele word. Die aanle van groentetuine by skole kan ook baie help ten opsigte van leerlinge se gesonde voeding. So is daar 'n skool in Noordwes wat self groente aan sy sopkombuis voorsien en fondse genereer deur groente aan die gemeenskap te verkoop. Die leerlinge leer hieruit om natuurlike hulpbronne tot hul voordeel in te span. Die groente is organies en geen chemikaliee word gebruik nie. Papier word tot pulp verwerk en met beesmis as bemesting in die grond gewerk. Privaatinstansies het die skool se grootse poging raakgesien en 'n behoorlike ablusieblok by die skool gebou en die leerlinge het eienaarskap van die tuin aanvaar. Die tuinwerk dien ook as goeie afleiding vir onderwysers en leerlinge en afwesigheid het drasties afgeneem (Daniels, 2007).

4.5.3 Gesinsinvloede werk negatief op leerlinge in

Enige leerling se algehele ontwikkeling word dikwels deur interpersoonlike verhoudinge aangewakker, verander en in stand gehou. Die verhoudings ontstaan deur vroee skakeling met ouers en ander gesinslede. Dan word die leerling bewus van, onder andere, die behoefte aan kommunikasie met ander en ook van die wyse waarop die behoefte bevredig kan word. Die leerling vestig kommunikasiepatrone en hy brei dit uit om die sogenaamde "betekenisvolle ander" in te sluit (Jordaan & Jordaan, 1989:43).

Ouerbetrokkenheid ontstaan nie slegs wanneer dit by skool-aangeleenthede kom nie, maar wel en veral ook in die klein dingetjies tuis. Wanneer ouers byvoorbeeld saam met die kind aan tafel sit en eet of saam in die tuin werk, word ouerbetrokkenheid ook ervaar. Dan kan daar gesprekke oor die skooldag gevoer word en so raak die kind ook bewus van sy ouers se belangstellings (Joubert, 2007).

Omgewingsinvloede is baie sterk en dit speel ook 'n belangrike rol in die primSreskool-leerling se ontwikkeling. Baie leerlinge voel dat, as hulle nie aan groepsdruk toegee nie, hulle verstoot sal word, byvoorbeeld uit die skoolgemeenskap. Daar is kinders wat verkies om dan alleen die pad te loop en om hul beginsels te laat geld. Dit alles hang af van hoe hulle by die skool, die kerk en veral die ouerhuis opgevoed is en hoe hulle die druk kan hanteer. Om dus opvoeding suksesvol deur te voer moet daar by die ouerhuis begin word. Die skool bly dus die verlengstuk van die ouerhuis en die samelewing is 'n spieelbeeld van wat in die ouerhuise plaasvind (Loots, 2006; Kasiyannis et a/., 2000:116-121).

Die onderwyser se ingrype ten opsigte van leerlinge se ouers kan slegs indirek geskied. Die onderwyser kan doeltreffend ingryp deur besprekings met ouers te hou oor hoe om by die kind 'n sin vir bevoegdheid en selfvertroue te vestig. Die onderwyser kan ook groepwerkswinkels ten opsigte van 'n gemeenskaplike tema reel. Hierdie werkswinkels kan geslaagd wees deur ouers by rollespel, opvoerings en modellering te betrek (Donald et a/., 2002:177; Lauer, 1999:259).

4.5.4 Grootouers vervul ouerrol

Volgens die onderwysers duik omstandighede soms op wat vir die kind onvermydelik is, maar dan is daar ook die wat deur die ouers veroorsaak word. Sommige gesinne word dikwels in landelike gebiede agtergelaat, terwyl die ouers in stedelike gebiede gaan werk. Dan word die kinders in die sorg van grootouers gelaat. Hierdie situasie stel hoe eise aan die onderwyser en aan die gemeenskap om in die behoeftes van die kind te voorsien (Benin & Chong, 1993:229-244; Smith en Le Roux, 1993:36-37). Kinderhuishoudings is onvermydelik waar albei ouers of grootouers byvoorbeeld nie meer lewe nie. In sulke huishoudings aanvaar ouer sussies of boeties dikwels verantwoordelikheid vir die jongeres.

As die persentasie straatkinders in Suid-Afrika nie tuisgemaak kan word in ouerhuise waar hulle innerlike waardes leer nie, le daar 'n swaar tyd voor. Dan kan enige hoeveelheid polisie en enige hoeveelheid skooldissipline nie daardie persentasie uitkanselleer nie. Die gemeenskap kan help deur die afwesige ouers se plek in te neem (Loots, 2006). As die gemeenskap 'n helpende hand uitsteek, kan hierdie kinders nuwe hoop skep en die lewe vierkant in die oe kyk.