• No results found

HOOFSTUK DRIE

ARTIKEL 1: DIE BELEEFDE EISE EN BEHOEFTES VAN PRIMERESKOOL-ONDERWYSERS

OPSOMMING

Die primereskool-onderwysers kan nie hul bes lewer en die doelstellings van die Onderwysdepartement verwesenlik nie, tensy aandag aan hul beleefde eise en behoeftes geskenk word. Die identifisering van onderwysers se beleefde eise, begrip vir hul probleme en konstruktiewe, volhoubare oplossings is onontbeerlik vir hul ondersteuning. Die doel van hierdie artikel is om verslag te lewer oor 'n ondersoek na die eise en behoeftes wat die prim§reskool-onderwyser ondervind. Dit is by monde van die onderwysers wat aan die onderhoude deelgeneem het bekend dat die nuwe onderwysbedeling ook probleme opiewer weens die oorhaastige implementering van UGO. Die belangrikste probleme waarvoor die primereskool-onderwyser te staan kom, is 'n gebrek aan ouerbetrokkenheid, die Departement se negatiewe houding jeens onderwysers, die handhawing van dissipline, 'n gebrek aan hulpbronne

en fasiliteite en daarby ook oorvol klaskamers. Die primereskool-onderwysers moet op so 'n wyse toegerus word dat hulle onderrig kan gee ooreenkomstig die realiteite wat hulle daagliks in die klaskamer ervaar. Hulle kan dan 'n belangrike rol speel in die verbetering van die onderwyssisteem, mits hulle die nodige ondersteuning ontvang (Swart et al., 2002:175-189). Uit die onderhoude wat met die onderwysers gevoer is, was dit duidelik dat die frustrasievlak onder onderwysers baie hoog is.

3.1 INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING

Die nuwe demokratiese bestel in Suid-Afrika het na 1994 ook met nuwe uitdagings en eise vir die ontwikkeling van 'n nuwe demokratiese samelewing aangebreek. Die nuwe eise en uitdagings het ook op die meeste, indien nie alle nie, samelewingsvlakke 'n impak gemaak. Ook op onderwysgebied het reuseverskuiwings plaasgevind. In hierdie departement moes agtien

samevoeging moes met harmonieuse voetwerk aan die kant van die nuwe Nasionale Onderwysdepartement geskied in soverre dit die kurrikula, kwalifikasiestrukture, ondersteuningsdienste en onderwyseropleiding betref (Constitution of the Republic of South Africa, 1996; Department of Education, 1998:72).

Die regte wat in die nuwe grondwet vervat is, het verder bygedra tot die kompleksiteit van die nuwe onderwyssisteem. Hierin moes 'n struktuur tot stand gebring word waarin gelykheid van opvoeding aan alle leerlinge verseker word. Die Handves van Regte, soos vervat in Hoofstuk 2 van die Suid-Afrikaanse grondwet, beskerm alle burgers teen diskriminasie op grand van, onder andere, ras, kleur, geslag, sosiale status, taal, geloof en vermoe. Tog het hierdie transformasie in die onderwysstelsel en skole verwarrend op die onderwysers ingewerk wat betref hul rol (as onderwysers), die behoeftes en eise waaraan hulle (in die vervulling van hul rol) moet voldoen, hul eie behoeftes en selfs hul identiteit (Myburgh & Poggenpoel, 2002:260). Hierdie eise plaas enorme druk op die Suid-Afrikaanse onderwyser.

Die onderwysers word daagliks gekonfronteer deur verskillende veranderlikes binne skoolverband, en in die proses word hul eie behoeftes dikwels genegeer. Hulle openbaar dikwels tekens van stres/depressie waarvan moegheid, gei'rriteerdheid, senuagtigheid, verlies aan belangstelling, vergeetagtigheid, woede-uitbarstings simptomaties is en dit plaas 'n demper op hulle moreel (Hayward, 2002:61).

3.2 DOELSTELLING

Die eerste spesifieke doelstelling van hierdie navorsing was om die beleefde eise en behoeftes van die primere skoolonderwyser te ondersoek.

Sinergisme tussen die ouer, die Onderwysdepartement, leerling en privaatsektor is belangrik, om sodoende die onderwyser te ondersteun om effektief en produktief sy taak te verrig en sy roeping genotvol te vervul.

Die data wat in hierdie ondersoek voorkom, is tydens die vier semi- gestruktureerde onderhoude met primere skoolonderwysers verkry. Hierdie data is in ses hoofkategoriee en verder in ses-en-dertig subkategoriee geplaas.

3.3 DATAVERSAMELING

Onderhoude is met vier skole in die Noordwes-Provinsie gevoer. Minstens ses onderwysers is by elke skool deur die navorser gekies met inagneming van gelykheid van geslag asook die eweredige verspreiding ten opsigte van ouderdom. Die respondente wat aan die onderhoud deelgeneem het, is Afrikaans- Engels- of Tswanasprekende gekwalifiseerde onderwysers. Die ouderdoms- en geslagsverspreiding word in Tabel 1 uiteengesit.

Tabel 1: Ouderdoms- en Geslagsverspreiding

OUDERDOM 20 - 30 Jaar 31 - 40 Jaar 41 - 50 Jaar 51 - 60 Jaar

MANLIK 3 2 2

VROULIK 1 8 6 6

3.4 DATA-ANALISE

Die data wat deur middel van die onderhoude bekom is, word geanaliseer deur te let op die response van die onderwysers by die vier skole in Noordwes. Die onderhoude wat gedurende die vier sessies gevoer is en op band vasgele is, is aanvanklik individueel deur die navorser getranskribeer. Die navorser het deur die transkripsie gewerk om analise-eenhede (raakpunte) te identifiseer deur woorde en temas te onderstreep of uit te lig. Ooreenstemmende temas is onder die toepaslike hoof- of subkategoriee gegroepeer. Die veldnotas is ook in samehang met die bandopnames ge'interpreteer.

Die data is volgens die korrelasiegraad met beskrywing en ervaring gerangskik. Die voorkeurorde is getabuleer volgens die voorkeurwaardes wat

aan die temas toegeken is. Die afleiding moet egter nie gemaak word dat kategoriee wat in die een onderhoud voorkom, belangriker is as die ander nie. Die uitsluitlike doel hiermee is om 'n geheelbeeld te vorm.

Die onderhoudvoering is die spil waarom hierdie kwalitatiewe navorsing draai. Die data wat uit die onderhoudvoering verkry word, is in subkategoriee gerangskik en in deelsisteme waarbinne dit funksioneer, gegroepeer. Die aantal onderwysers wat dieselfde ervaring beskryf, word in Tabel 2 onder respondente aangetoon. Met die voorafgaande metode en proses van kwalitatiewe data-analise in gedagte, word die kategoriee en subkategoriee vervolgens in Tabel 2 toegelig.

3.5 BEVINDINGE

Die onderstaande tabel toon die response van die onderwysers gedurende die onderhoude op die eise en behoeftes van primereskool-onderwysers. Dit word telkens getrianguleer met behulp van ander literatuur.

Tabel 2: Die eise en behoeftes van primereskool-onderwysers

KATEGORIE SUBKATEGORIE

RESPON-