• No results found

SUKSESVOLLE MODELLE 4.1 INLEIDING

4.2 NATUURLIKE VOORBEELDE

4.2.1 Erica Kleinhans

Erica Kleinhans is ’n geregistreerde maatskaplike werker in privaatpraktyk. Me. Kleinhans is die afgelope 16 jaar betrokke by maatskaplike dienslewering en sy fokus die afgelope 15 jaar onder meer op dienslewering aan adolessente dwelmafhanklikes. Me. Kleinhans het 'n werkwyse ontwikkel wat benut word tydens die terapeutiese dienslewering aan adolessente dwelmafhanklikes wat weerstand bied. Die werkwyse word as volg beskryf:

4.2.1.1 Werkwyse

Kleinhans (2012) se werkwyse berus primêr op die model van verandering, bekend as die transteoretiese model van verandering, soos beskryf deur Prochaska en Diclemente (in Diclemente, 2003:25-32). Die model is ontwikkel uit navorsing ten opsigte van volwassenes wat hul gedrag suksesvol verander het sonder terapeutiese intervensie (Diclemente, 2003:22-

68

23). Die volgende gereedheidstadiums vir gedragsverandering vorm die kern van die model (Dunkel & Kerpelman, 2006:90, Diclemente, 2003:25-32):

Stadium 1: Vooraf-oorwegingstadium (“Precontemplation”) – die individu beskou nie sy gedrag as problematies nie en weier om te verander.

Stadium 2: Oorwegingstadium (“Contemplation”) – die individu oorweeg verandering, maar wend geen doelbewuste poging aan nie.

Stadium 3: Voorbereidingstadium (“Preparation”) – die individu is gereed vir verandering en wend die eerste stappe aan.

Stadium 4: Aksiestadium (“Action”) – gedragsverandering is in die beginstadium van handhawing van verandering.

Stadium 5: Instandhoudingstadium (“Maintenance”) – suksesvolle gedragsverandering het plaasgevind.

Kleinhans (2012) se werkwyse fokus hoofsaaklik op die vooraf-oorwegingstadium waartydens die adolessent nog onbewus is van die probleem (Prochaska & Norcross, 2007). Bewuswording van die probleem sal daartoe lei dat die adolessent in aanraking kom met sy houdings, emosies, ervarings en verdedigingsmeganismes/weerstand (Snyman, 2006:159). Kleinhans (2012) se werkwyse bied die transteoretiese intervensie geïntegreerd aan met inagneming van die ekologiese teorie (Bronfenbrenner, 1979) en sisteemteorie (Capra, 1982). Die ekologiese teorie fokus op die interafhanklikheid en verhoudings wat tussen individue en hul fisieke omgewing bestaan (Bronfenbrenner, 1979). Verhoudings word as 'n geheel beskou, waar alle dele ewe belangrik is. Verandering wat teweeggebring word in die een verhouding of sisteem sal waarskynlik verandering in ander verhoudings of sisteme teweegbring. Volgens hierdie model word daar voortdurend gestreef na ekologiese balans in die verskillende verhoudings om sodoende die sisteem in stand te hou (Donald et al., 2002:47). Sisteem-teoretici is van mening dat die individu slegs verstaan kan word in die sosiale konteks waarin hy leef. In die konteks van hierdie werkwyse verwys die verskillende sisteme na die adolessent, sy gesin, die gemeenskap, skool, kerk en sosiale sisteme.

69

Die werkwyse strek oor vier maande en word ingedeel in drie fases. Die werkwyse word in groepsverband aangebied deur die fasiliteerder (maatskaplike werker). In Tablel 4.1 word Erica Kleinhans se werkwyse met die adolessente dwelmafhanklike weergegee:

Tabel 4.1: Erica Kleinhans se werkwyse met adolessente dwelmafhanklikes

WERKWYSE VIR DIE ADOLESSENTE DWELMAFHANKLIKES Fase 1: Assesering en opstel van behandelingsplan

Stadium 1: Vooraf-oorweging

 Die adolessent oorweeg nie in hierdie stadium om sy gedrag te verander nie.  Die adolessent beskou die situasie (dwelmafhanklikheid) waarin hy hom

bevind as hopeloos.

 Die adolessent ontken dat hy 'n probleem het en maak van verdedigingsmeganismes gebruik.

 Die adolessent voel veilig in die vooraf-oorwegingstadium, want hier kan hy nie verder misluk nie.

(Miller & Rollnick, 2002:312-315; Prochaska & Norcross, 2002: 38-46). Stadium 2: Oorweging

 Die adolessent besef dat hy 'n probleem het en begin daaroor te dink om die geïdentifiseerde gedrag te verander.

 Die adolessent kan vir 'n lang tydperk in hierdie stadium vashaak, aangesien hy algehele sekerheid wil bereik ten opsigte van die gedrag wat verander moet word. Die adolessent kan ook dink dat iets bonatuurliks sal gebeur om verandering teweeg te bring sonder dat hy self iets daaraan hoef te doen. (Miller & Rollnick, 2002:312-315; Prochaska & Norcross, 2002:38-46).

Doelstelling van Fase 1

Vestiging van terapeutiese verhouding, verhoging van bewustheid en hantering van weerstand

70

Sessie 1 Assessering

Sessie 2 Opstel van individuele behandelingsplan

Sessie 3 Bespreking van die adolessent se gedrag ten opsigte van die verskillende fases van die transteoretiese model

Sessie 4 Uitvoering van aksiestappe soos vervat in die behandelingsplan Fase 2: Uitvoering van behandelingsplan

Stadia 3 en 4: Voorbereiding en aksie  Die adolessent beplan om aksie te neem.

 Die adolessent se denke draai om die voordele van veranderde gedrag.  Die adolessent raak aktief betrokke by veranderde gedrag.

(Miller & Rollnick, 2002:312-315; Prochaska & Norcross, 2002:38-46). Doelstelling van Fase 2

Voortgesette verhoudingsbou, uitvoering van individuele behandelingsplan en voorbereiding vir terminering

Werkwinkel 1 Individueel: SWOT-analise en voorgenome aksieplan.

Werkwinkel 2 Ontwikkelingsfokus: Beklemtoon die positiewe uitkoms ten opsigte van soberheidshandhawing deur middel van bewusmaking van ontwikkelingsgeleenthede soos plaaslike en internasionale beroepsmoontlikhede.

Werkwinkel 3 Sterkte-perspektief: Blootstelling aan drama as 'n metode van herinskakeling in die samelewing.

Werkwinkel 4 Opvoedkundig: Inligtingsessie oor die gevolge van dwelmafhanklikheid ten op sigte van die adolessent se fisieke, emosionele en algehele ontwikkeling.

71

Werkwinkel 5 Motivering: Natuurlike voorbeeld in die vorm van 'n motiveringspreker wat reeds blootgestel was aan die veranderingsproses.

Werkwinkel 6 Transteoretiese intervensie: “Where do I fit in?” Ontwikkel begrip vir die adolessent se unieke lewensreis.

Werkwinkel 7 Opvoedkundig: “Dry drunk versus Sobriety”.

Werkwinkel 8 Transteoreties: Hantering van hoërisiko-situasies soos groepsdruk. Werkwinkel 9 Individueel: My persoonlike SWOT-analise. Opvolgsessie.

Werkwinkel 10 Transteoreties: Hoërisiko-areas.

Werkwinkel 11 Transteoreties: Hantering van areas en situasies met 'n hoë risiko. Werkwinkel 12 Herevaluering van behandelingsplan.

Fase 3: Voorbereiding en voortgesette sorg Stadia 5 en 6: Instandhouding en terminering  Nuwe gedrag word vir 6 maande tot lewenslank in stand gehou.  Die instandhoudingstadium is dikwels moeiliker as die aksiestadium.

 Daaglikse versoekings en selfblamering kan uitdagings aan die adolessent bied.  Die probleem hou in die temineringstadium geen verdere versoeking in nie. (Miller & Rollnick, 2002:312-315; Prochaska & Norcross, 2002:38-46).

Doelstelling van Fase 3 Terminering

Sessie 1 Individueel: Bespreking van vrese ten opsigte van terminering.

72

'n hoë risiko.

Sessie 3 Individueel: “Reddingsgordel” – ondersteuningsisteme (wie, waar en wanneer).

Sessie 4 Groepsessie: Belangrike ander persone in die adolessent se lewe. Sessie 5 Terminering.