• No results found

Eertydse Afrikaners se reaksies op pluraliteit

Fortifisering en betowering in bepaalde Suid-Afrikaanse huishoudings

4.3 Versekering as tegniese middel tot behoud en fortifisering

4.3.2 Sekerheid as meetbare utiliteit

4.3.3.1 Eertydse Afrikaners se reaksies op pluraliteit

In die artikel Social cosmology, religion and Afrikaner ethnicity (1994) ontleed Johan Kinghorn die sosiale disposisies wat bygedra het tot die ontstaan en onderhouding van apartheid.117 Ter sprake is die self-verstaan van Afrikaners (hoe Afrikaners hulself sien) wat in tipiese Afrikanerdiskoerse tot uiting kom.118 Kinghorn lê veral nadruk op sogenaamde Afrikaneroorsprongmites wat apartheid veralgemeen en geregverdig, en Afrikaners in 'n sosiale kosmologie saamgesnoer het.119 Die oorsprongmites wat deur Kinghorn genoem word, onthul ook Afrikaners se vrees vir onbegrip ten opsigte van ander mense en hulle behoefte om uit 'n plurale gemeenskap te onttrek. Alhoewel die huidige situasie van ‘n demokratiese gemeenskap waarin Afrikaners hulle tans bevind drasties van vorige situasies verskil, is die disposisies wat Kinghorn noem steeds invloedryk. Hiervan getuig die instelling van dienste en produkte soos die Virseker-trust en versekeringsproduk.

Soos reeds behandel in Hoofstuk 2, verraai kommunale verhalende interpretasies soos oorsprongmites gemeenskappe se disposisies en die wyses waarop hulle hulself oriënteer om sin te maak van gebeure. Die oorsprongmites speel 'n besondere rol om die parameters van bestaanswyses, wat alle menslike aksies en verhoudings reguleer, vas te lê (Kinghorn 1994:397). Een van die opmerklike skeppingsverhale in Afrikaner-diskoerse is, volgens Kinghorn (1994:397), die verhaal van die toring van Babel. Kinghorn gee aandag aan die vertellings van hierdie verhaal, wat 'n skeppingsverhaal daarvan gemaak het.120 Die basiese elemente van die beleid van apartheid kan daarvolgens geïllustreer word: die geografiese skeiding van volke op grond van taal en etnisiteit.121 Aangesien dit 'n Bybelse en dus ‘n gesaghebbende verhaal is, het dit die ideologieë van apartheid binne 'n universele,

117 Daar is ‘n oorvloed publikasies oor die vrese wat die ideologieë van apartheid in stand gehou het.

Vgl. onder meer David Harrison se The white tribe of Africa (1981).

118

Kinghorn lê nadruk op openbare, politieke en godsdiensdiskoerse waarin daar by herhaling van die gewraakte oorsprongmite melding gemaak word. Voorbeelde is dieuitlatings van ds. J.D. Vorster (die broer van die destydse Eerste Minister, John Vorster) in 1947 en John Vorster se 1935- missieverklaring.

119

Vgl. Hoofstuk 2 afdeling 2.1.1, pp. 20-23 oor die universaliteit van waardes en plaaslike karakter.

120 ‘n Ander noemenswaardige skeppingsmite is die verhaal van ‘n gemeenskap van Calvinisties-

gesinde boere wat ‘n nuwe nasie onder God in Afrika kom vestig het. Volgens Kinghorn (1994:398) resoneer hierdie verhaal nie besonder sterk by die meeste Afrikaners nie en word dit slegs deur ‘n minderheid aangehang.

121

Die verhaal van die toring van Babel is getransponeer tot ‘n negatiewe skeppingsverhaal, waar God ingegryp het om ‘n skepping ontdaan te maak en die korrekte orde in te stel.

79

kosmologies geldige raam geplaas, wat hierdie ideologieë dus ook verabsoluteer het (Kinghorn 1994:399).

Kinghorn voer aan dat vrees die eksistensiële rede is waarom die verhaal van Babel hier in politieke en religieuse retoriek oorvertel is. Dit verdedig die Afrikaner se onttrekking en terugtrekking en spreek van hulle vrees om hul identiteit te verloor, asook hul onbegrip van ‘ander kulture’. Weens hulle vrees om hul identiteit te verloor, het Afrikaners inwaarts gekeer, gekonsolideer en hulle geïsoleer: “Daar buite is kommuniste, kosmopolitane en liberale asook Rooms-Katolieke en ‘Groothandel’ wat die wêreld eenvormig wil maak” (Kinghorn 1994:401).122

Die vrees vir onbegrip is vir Kinghorn (1994:401) opvallend in die nadruk wat op afstamming en families gelê word, en wat die verhaal dikwels vergesel. Kinghorn (1994:401) interpreteer vermeldinge daarvan as versugtinge na “eilande van begrip” teenoor die verwarring wat elders heers.123

Volgens Kinghorn is die grondliggende rede vir hierdie toeëiening van die verhaal van Babel 'n diepe onsekerheid oor 'n wye plurale wêreld, waarteenoor 'n leefstyl van verdediging die enigste beskerming bied. Hierdie onsekerheid het die grondslag gebied vir 'n beleid wat 'n etniese sosiale orde teweeg sou bring, waarin Afrikaners hulle sou kon ontkoppel van die plurale wêreld in ruil vir 'n wêreld van ‘hul eie’ (Kinghorn 1994:403). Kinghorn se metafoor van “eilande van begrip” gee 'n familiale, kulturele inhoud aan die konsep van fortifisering in dié opsig dat dit leidrade bevat van sosiale disposisies wat ‘dit wat eie is aan ons’ teen ontwrigting insuleer. Daar is korrelasies tussen Kinghorn se “eilande van begrip”, die gnossies se fiksieagtige isolerende leefstyl, Andrea Zittel se Pocket Property en utopiese maar gefortifiseerde ‘sekuriteitseilande’ soos Woodland Hills Wildlife Estate in Bloemfontein.

122 Kinghorn (1994:402) maan dat Afrikaners ʼn landelik volk was wat om verskeie redes byna oornag

met moderniteit gekonfronteer is. Hierdie redes sluit in die vorming van die Unie van Suid-Afrika, kapitalistiese produksie (goudmyne), liberale onderwys en verwarrende Europese ideologieë. Randall Stokes (1975) verduidelik dat alhoewel ‘Afrikaners’ in teologiese terme as puriteinse Calviniste beskou kan word, hulle glad nie die moderniserende en ekonomiese vooruitgang van die Europese Calviniste ondergaan het nie. Hy skryf dit onder meer toe aan ‘n “operante religie” wat in Suid-Afrika ontwikkel het. Die Calvinistiese konsepte van voorafbestemming en roeping is vanweë die Afrikaners se afgesonderde omstandighede in Afrika in ‘n kollektiewe konteks verstaan. Kortliks behels dit dat die volk (en nie die individu nie) uitverkore en geroep is tot ‘n sekere bestaanswyse. Die ‘Afrikaner’ se gerustheid as uitverkorene het in ‘n groot mate afgehang van sy konformiteit aan ‘die volk’. Hierdie opvattings het, volgens Stokes, innovasie en modernisering vir ‘n bepaalde tyd onderdruk.

123

Hierdie gesindheid is nie uniek aan Afrikaners nie, soos reeds in Hoofstuk 2, afdeling 2.1.1, pp. 20- 23, aangedui is.

80

4.3.3.2 Virseker

Virseker (Figuur 37 & 38), 'n produk van Auto & General, 'n verskaffer van finansiële

dienste, is daarop gerig om versekering aan Afrikaanssprekendes te bied en op hierdie wyse die taal te bevorder.124 'n Deel van die premie wat polishouers maandeliks verskuldig is, word aan die Virseker Trust oorbetaal, wat met die drukgroep Solidariteit as vennoot verskeie inisiatiewe steun wat Afrikaans bevorder.125 Dit sal sekerlik lomp en onakkuraat wees om die motiverings vir die bestaan van maatskappye soos Virseker en die rassediskriminasie wat tydens apartheid geheers het, aan mekaar gelyk te stel. Wat egter wel ter sake is, is die ooreenkomste of verbande tussen die verpakking van die Virseker-produk en die “eilande van begrip” soos dit deur Kinghorn geformuleer is. Die Virseker- handelsmerk maak gebruik van elemente wat met die Afrikanerkultuur geassosieer word (soos braai en bakkies). Virseker ‘verkoop’ 'n produk wat Afrikaners na aan die hart lê en kapitaliseer dus op dit wat talle Afrikaners as ‘eie’ ervaar. Verder suggereer die leuse ‘Versekering in jou taal’ 'n wegdraai van pluralisme wat deur sommige Afrikaners as ontwrigtend ervaar word.

Virseker se taalbeleid spruit dus uit die begeerte om Afrikaans te bevorder. Die feit dat hierdie inisiatief egter die vorm van versekeringsprodukte aanneem, is vir my uiters relevant. Die Virseker-produk bied uiting aan 'n versugting na kulturele insulering.126 Dit behels ook 'n produk wat poog om assuransie of sekerheid te verleen ten opsigte van ‘n kultuurerfenis – hier dan veral die voortbestaan van 'n taal. Wat my opval is die bykans dekoratiewe wyse waarop daar van die duiwelsvurkmotief in die Virseker-advertensies gebruik gemaak word (Figuur 37 en 38). Dit funksioneer weer eens (soos in die ‘One of a kind’-advertensie) as 'n stille herinnering aan die ‘situasie’ in Suid-Afrika, wat op sy beurt 'n gemeenskaplike identiteit artikuleer sonder om die lawwe aanslag van die advertensie te versteur.

124

Beskikbaar by <https://www.youtube.com/watch?v=InCsG6IR0UM&feature=youtu.be> [15 Desember 2016 geraadpleeg] en <https://www.youtube.com/watch?v=XrE0bEsXRWo&- feature=youtu.be> [15 Desember 2016 geraadpleeg].

125

Vgl die webwerf: <https://www.virseker.co.za/meer-oor-ons/> (16de Februarie 2017 geraadpleeg).

126

Rossouw (2007:1) noem dit in sy beskrywing van die gnossie-leefstyl as “laer trek”, terwyl Kinghorn (1994) daarna verwys as die inkeer na eilande van begrip.

81