• No results found

TEOLOGIE NIE 1934-

1. DIE EERSTE TEOLOGIESE STUDENT OOR BARTH

Nadat die naam Karl Barth en die dialektiese teologie waarmee hy hom vereenselwig het, vir meer as 15 jaar in die teologiese literatuur by die NG Kerk af

288 SienThiselton: Die Geskiedenis van die Christendom, 597, asook Blenk: aw, 99.

en toe opgeduik het, is dit ‘n regmatige vraag of hierdie teologie ook die teologiese studente bereik het? Het hulle van Barth kennis geneem en sy werk gelees? Het die bekendstelling van Barth en die diskussies oor sy teologie gedurende die vorige dekade teologiese studente geïnspireer om sélf Barth na te gaan? Barth was nou in Switserland waar hy sedert 1937 sy Kirchliche Dogmatik verder uitgewerk het.289 Daar was dus heelwat meer uit die pen van Barth om van kennis te neem.

Aan die einde van 1946 het ‘n teologiese student van Stellenbosch, waar hy teologies geskool is aan die hand van professors Keet, Lategan, Van Rooyen en G.B.A. Gerdener (1881-1967)290 wat in die plek van professor Malan beroep is, oor Barth aan die woord gekom. Was dit Keet of Van Rooyen wat hom geïnspireer het om oor Barth te skryf? Of dalk een van die twee nuwe dosente wat in 1946 bygekom het – professore J.J. Müller en F.J.M. Potgieter?291 In sy artikel vir

Polumnia, die mondstuk van die “studenteliggaam” van die Teologiese Seminarium

van Stellenbosch,292 gee E.P.J. Kleynhans egter nie hierop ‘n antwoord nie. In die Desember 1946 uitgawe van die blad, fokus hy op: Karl Barth: Sy opvatting t.o.v.

die geskrewe Woord van God. Hiermee tel hy ‘n lyn op wat gedurende die Du

Plessis–saak vyftien jaar te vore al die penne oor Barth in beweging gebring het.293

Kleynhans begin sy artikel met ‘n verwysing na die vernaamste bronne wat hy geraadpleeg het. Hieruit is dit duidelik dat dele van Barth se Kirchliche Dogmatik, asook ‘n vertaling van een van sy boeke, The Doctrine of the Word of God, tot die beskikking van studente aan die Teologiese Seminarium in Stellenbosch was. Ook die reeds genoemde proefskrif van S.J. van der Walt, Die Godsopenbaring in

die Teologie van Karl Barth, tel onder een van die bronne.

Kleynhans gee aan die hand van sy bronnelys ‘n kort bespreking van Barth se opvatting oor die geskrewe Woord van God. Insiggewend is sy beoordeling van

289 Sien Busch: aw, 263 e.v.

290 Sien Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, 186 e.v.

291 Sien hiervoor Feesuitgawe van die Kweekskool, Stellenbosch 1859-1959, 25. 292 Sien Polumnia November 1944, 5.

293 Sien Polumnia Desember 1946, 26.

Barth se standpunt. Volgens hom staan Barth teenoor294 die gereformeerde belydenis. In sy kritiek laat Kleynhans dan ook die gereformeerde belydenis aan die woord kom. Teenoor Barth se openbaringsbegrip haal hy die Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 7 aan, en teenoor die inspirasiebeskouing van die Dialektiese Teologie stel hy dieselfde belydenis, artikel 5, aan die orde. Ook in sy afwysing van die dinamiese standpunt van Barth ten opsigte van die kanon, laat Kleynhans hom deur die belydenis lei. “Want omdat dit verbode is om iets by die Woord van God te voeg of daarvan weg te laat, is daardeur duidelik genoeg dat die leer daarvan geheel volmaak en in alle opsigte volkome is.”295 Gevolglik neem Kleynhans ook sterk standpunt in teen Barth se siening van belydenisskrifte. Hy stem saam met die “relatiewe feilbaarheid”296 van die belydenisskrifte, maar hou teen Barth “staande dat, as die Kerk gewillig sou wees om haar belydenis te laat omverwerp, dit nie ‘n teken sou wees van nederige vroomheid nie, maar van kleingelowige vertwyfeling.”297

Ook ten opsigte van die eenheid van die Skrif verskil Kleynhans van Barth. “Ons mag egter die Skrif nie opbrokkel in klein brokstukkies nie. Gods Woord is ‘n eenheid en die eenheid gaan verlore as ‘n mens hom beperk tot analise. Daarom moet die eksegese in die eerste plek sinteties wees. Dit moet sig ten doel stel die reproduksie van die Skrif as een magtige sintese. Aan hierdie vereiste kan die dialektici nie voldoen nie, aangesien hulle … op grond van hulle dualistiese siening die organiese eenheid van die Skrif onverwerp.” 298

Kleynhans is daarvan oortuig dat die “aanval van die kant van Barth op die onfeilbaarheid”299 van die Skrif vir ons “niks sal afdoen nie.”300 As teologiestudent staan Kleynhans dus nie positief teenoor Barth nie, in elk geval nie wat laasgenoemde se Skrifbeskouing betref nie. Hy knip sy uiteensetting op die patroon van E.E. van Rooyen. Die genuanseerde versigtigheid van B.B. Keet ontbreek by hom. 294 Dies, 29. 295 Dies, 30. 296 Dies. 297 Dies. 298 Dies. 299 Dies. 300 Dies.

Dat dit die geval is, blyk uit ‘n resensie deur Keet van Cornelius van Till se boek:

The New Modernism – An Appraisal of the Theology of Barth and Brünner. Dit

verskyn in Die Kerkbode van Julie 1946. Keet meen dat hierdie publikasie “‘n belangrike boek oor ‘n belangrike onderwerp”301 is. Dit is geskrywe “deur iemand wat allesins op die hoogte is.”302 Dit is, aldus Keet, “‘n goeie inleiding … vir almal wat met die gedagtes van hierdie manne kennis wil maak,”303 en vir hom “lê die verdienste van die werk dan ook hoofsaaklik in die oorsigtelike weergawe van die hoofinhoud van die dialektiese teologie.”304 Maar Keet is dit nie eens met Van Till dat Barth en Brünner verteenwoordigers van die nuwe modernisme is nie. “Ek meen dat hierdie vreemde uitkoms te wyte is aan die eensydige filosofiese benadering van sy onderwerp deur die skrywer.”305

2. ‘N UITEENLOPENDE BEOORDELING VAN BARTH HANDHAAF HOMSELF: