• No results found

DIE SOEKLIG EN DIE AANDEEL VAN BARTH IN DIE BARMER ERKLÄRUNG

TEOLOGIE NIE 1934-

2. DIE SOEKLIG EN DIE AANDEEL VAN BARTH IN DIE BARMER ERKLÄRUNG

Uit die enkele verwysings na wat besig was om in Duitsland te gebeur, en die positiewe evaluering wat Barth ontvang het in beide Die Kerkbode en Die

Gereformeerde Vaandel, blyk ‘n meelewing met die strydende kerk in Duitsland. In

die 21 Maart 1934 uitgawe van Die Kerkbode het Keet die aandag op die Sinode van Barmen gevestig. Dié Sinode was ‘n bepalende keerpunt vir diegene wat hulle in Duitsland vir ‘n vrye kerk beywer het. Die Soeklig is egter die tydkskrif wat ‘n lang en belangwekkende artikel oor hierdie Sinode publiseer. Hy laat hom lei deur ‘n artikel van Donald MacDonald in ‘n Skotse blad. Volgens MacDonald was die man agter die skerms op die Barmer Sinode professor Karl Barth, “die profeet en kampvegter van die Bekenntniskirche.”195 Alhoewel Barth nie ‘n opvallende rol gespeel het in die uiterlike verrigtinge nie, was hy wat die inhoud van die konfessionele “Erklärung” betref, “die man wat veral daarvoor verantwoordelik was.”196

Alhoewel Die Soeklig hier ‘n vrye vertaling (uit Engels) van die Erklärung publiseer, is dit tog insiggewend om die dokument weer te gee. Dit is immers die heel vroegste kennisname van die NG Kerk van die Barmer Erklärung, wat ná 1960 weer in die verset teen apartheid, sou opduik. “Die Sinode, lettende op die

193 Dies, 542. 194 Dies.

195 Die Soeklig Julie 1934, 197. 196 Dies.

roekelose en dwalende handelswyse van die Duitse Kristene en die bestaande administrasies, heg sy goedkeuring aan die volgende ses evangeliese waarhede, elk waarvan gegrond is op 'n Skrifsitaat uit die Nuwe Testament:

1°. Jesus Kristus, soos Hy aan ons geopenbaar is in die Heilige Evangelie, is die enige Woord Gods, na wie ons moet luister, en vir Wie ons moet vertrou en gehoorsaam in lewe en dood (Joh. 14:6, Joh. 10:1-9).

(a) Ons verwerp die kettery dat die Kerk, as die bron waaruit die proklamasie van die Woord ontstaan, moet of kan erken dat daar naas hierdie een Woord, ander gebeurtenisse, kragte of waarhede as Gods openbaring bestaan.

2°. Daar Jesus Kristus God se waarborg is vir die vergiffenis van ons sondes, is Hy ook die solemnele eis wat God op ons lewe stel. Deur Hom word ons verlos van die goddelose kettings van die wêreld, om Hom ons vrye en dankbare diens te bied (1Kor. 1:30).

(a) Ons verwerp die kettery dat daar lewenskringe is, waarin ons nie aan Hom nie, maar aan ander here behoort, en waarin ons geen behoefte het aan die reiniging en heiliging deur Hom nie.

3°. Die Kristelike Kerk is die kring van broeders, waarvan Jesus Kristus, deur die Heilige Gees, in die woord en die sakramente, die immer-teenwoordige Heer is ... Sy moet daarvan getuig, dat sy die volstrekte eiendom van Kristus is, en haar lewe ontleen aan sy troos en bevele, in afwagting van sy Wederkeer (Efes. 4:15-16).

(a) Ons verwerp die kettery dat die Kerk met die boodskap aan haar toevertrou en met haar organisasie na verkiesing kan handel, en dié kan oorgee aan tydelike heersende vorme van filosofiese of politieke gedagtes.

4°. Die verskillende ampte van die Kerk bestaan, nie om die een oor die ander te laat heers nie, maar om die diens wat van die hele gemeenskap verwag word, te bevorder (Matt. 20:25-26).

(a) Ons verwerp die kettery dat die Kerk, afgesien van hierdie diens, vir haarself spesiale leiers kan aanstel, wat met outoritatiewe gesag beklee is.

5°. Die Skrif leer ons dat die Staat vertrou is met die van Godsweë verordende taak om (sover die mens die vermag) wet en vrede te bevorder, ... en dit te enforseer deur die uitoefening van mag ... Dog die Kerk moet steeds die mense herinner aan die Ryk, die Gebode en die Regverdigheid van God, en dus aan die verantwoordelikheid wat rus sowel op dié wat regeer as op dié wat geregeer word. Sy vertrou en gehoorsaam die krag van die Woord, waardeur God alle dinge onderhou (1 Pet. 2:17).

(a) Ons verwerp die kettery dat die Staat, bo en behalwe sy spesiaal verordende taak, die reëling van die menslike lewe moet of kan onderneem, en sodoende ook die roeping van die Kerk vervul.

(b) Ons verwerp die kettery dat die Kerk, bo en behalwe haar eie besondere taak, staatsfunksies kan uitoefen en sodoende 'n orgaan van die Staat word. 6°. Die roeping van die Kerk bestaan in die prediking van Kristus weë, en in die diens van die Woord, nl. die bediening, deur middel van Preek en Sakrament, van die vrye genade van God (Mat. 28:20, 2 Tim. 2:9).

(a) Ons verwerp die kettery dat die Kerk, uit selfverheerliking, die Woord van God diensbaar kan maak aan willekeurige wense, bedoelings of voornemings.”197

Keet het vir Die Kerkbode ‘n maand later verder verslag gedoen van die Sinode van Barmen, en die inhoud van die belangrikste besluit van hierdie Sinode weergegee. Op “die belydenissinode te Barmen waar Lutherse en Gere- formeerdes van die vrye evangeliese rigting bymekaar was,”198 skryf hy, het hulle hulle geloofstandpunte in ‘n verklaring weergegee. Die verklaring het uit ses hoofde bestaan. Onder die eerste hoof kan, aldus Keet, die invloed van Barth ten opsigte van die algemene en besondere openbaring duidelik aangetoon word: “Jesus Christus, soos Hy geopenbaar is in die Heilige Skrif, is die enige Woord van God wat ons hoor, wat ons moet vertrou en gehoorsaam in lewe en dood. Die

197 Dies, 196-197.

198 Die Kerkbode 15 Augustus 1934, 306.

kettery dat die Kerk behalwe hierdie een Woord nog ander gebeurtenisse en magte en waarhede kan en moet erken, word verwerp.”199

Die Kerkbode, Die Gereformeerde Vaandel en Die Soeklig het in hulle

beoordeling en beriggewing dus uit een mond gepraat. Hulle simpatie het by die

Bekennende Kirche en Barth gelê.

3. BARTH GEDWING OM DUITSLAND TE VERLAAT EN DIE VERTOLKING