• No results found

Die rol van die verpleegkundige en gepaardgaande uitdagings in

3.5 SELF-MUTILASIE EN DIE VERPLEEGKUNDE

3.5.2 Die rol van die verpleegkundige en gepaardgaande uitdagings in

Self-mutilering het die afgelope paar jaar ʼn geweldige probleem geword en bied ʼn uitdaging waarmee elke gesondheidswerker, insluitende verpleegkundiges, te doen kry (Edwards & Hewitt, 2011:79; Dickinson & Hurley, 2011:148; Sandy, 2012:63). Binne verpleegkunde word adolessente wat self-mutilerende gedrag toon veral in die trauma-eenheid (ongevalle), psigiatriese eenhede, die gemeenskap, en selfs in tronke en plekke van veiligheid aangetref. Dickinson en Hurley (2011:148) stel dat self- mutilasie ʼn gesondheidsrisiko inhou wat onder andere die verpleegkundige instellings direk raak.

In navorsing deur Sandy (2012:6) waaraan psigiatriese verpleegkundiges deel- geneem het, is bevind dat kennis en begrip met betrekking tot self-mutilasie beperk was en dat self-mutileerders waarmee onder andere psigiatriese verpleegkundiges te doen gekry het misverstaan is en ook gesien is as persone wat ʼn persoonlikheid- versteuring het. Sandy (2012:6) gaan verder en voer aan dat psigiatriese verpleeg- kundiges wat self-mutilasie misverstaan en nie die kennis en begrip het wat die omvang van die probleem is nie, ook nie enige waardevolle bydrae kan lewer om die pasiënt van hulp en bystand te wees om ʼn gedragsverandering teweeg te bring nie.

Sandy (2012:6) sowel as Bosman en van Meijel (2008:184) voeg by dat hierdie

78

lei en dit skep dus die gevoel van nederlaag omdat daar nie geslaag is om die self-

mutileerder van hulp te wees nie.

Die verhouding tussen die verpleegkundige en die self-mutilasie pasiënt is die basis vanwaar hulp en behandeling begin en verder ook vanwaar die verpleegkundige se kennis en begrip ten opsigte van die fenomeen uitgebrei word (Rissanen et al., 2011b:579). Hicks en Hinck (2008:411) sowel as Rissanen et al., (2011b:579) is van mening dat omdat algemene kennis ten opsigte van self-mutilasie by gesondheid- werkers ontbreek, dit nie ongewoon is dat verpleegkundiges onvoldoende sorg in die algemeen bied nie. Die navorser is dit eens dat voldoende kennis en begrip deur die verpleegkundiges ʼn onskatbare bydrae in die behandeling van self-mutilasie kan lewer. Bosman en van Meijel (2008:180) verwys na ʼn literatuuroorsig wat bevestig dat

verpleegkundiges dit moeilik vind om ʼn goeie werksverhouding tussen die verpleeg-

kundige en die self-mutilasie pasiënt wat self toegediende geweld toepas te vestig en om voldoende ondersteuning, as gevolg van ʼn wanbegrip oor die fenomeen, te bied.

Hicks en Hinck (2008:411) stem hiermee saam en lig uit dat sommige verpleeg- kundiges die keuse doelbewus uitoefen om die wonde te verontagsaam en die self- mutileerder se daad doodeenvoudig as gruwelik en waglik te sien wat vervolgens ʼn reaksie van skok en woede meebring. Die self-mutileerder in onder andere die trauma- eenheid word in die algemeen deur die verpleegkundiges as iemand gesien wat nie gehelp kan word nie, wat manipulerend is en wat aandag soek (Conlon & O’Tuathail, 2010:4).

Die rol wat die verpleegkundige speel is dus van kardinale belang omdat self-mutilasie normaalweg nie as lewensgevaarlike gevolge inhou nie, hoewel die mutileerder se kanse is groot om wel gehospitaliseer te word (Hicks & Hinck, 2008:412). Bosman en van Meijel (2008:180) sluit hierby aan en stel dat alhoewel psigiatriese verpleeg- kundiges met pasiënte moet wek wat selfbesering toepas, hulle nie hul eie spesifieke rol en taak in die behandeling en sorg van self-mutileerders kan beskryf nie. Conlon en O’Tuathail (2010:11) voer aan dat die behandeling en sorg wat aan self- mutileerders binne ʼn gesondheidsorginstelling gebied word op die wyse waarop die gesondheidwerkers die pasiënt behandel staatmaak. Die optrede van elke verpleeg- kundige is dus van kardinale belang in hul simpatieke begrip teenoor die pasiënt wat self toegediende geweld toegepas het en wat binne gesondheidsorg-instellings eindig (Conlon & O’Tuathail, 2010:11). Hicks en Hinck (2008:412) sluit hierby aan en stel dat

79

die simpatieke begrip wat verpleegkundiges teenoor die self-mutileerder behoort te hê nie deurgaans aanwesig is nie omdat die self-mutileerder slegs as iemand gesien en benader word wat pyn ervaar en wat die gesondheidsinstelling se dienste benodig. Conlon en O’Tuathail (2010:4) verwys na die verpleegkundige se gesindheid wat van kardinale belang is, veral wanneer ʼn pasiënt wat self-mutilasie toegepas het behandel en versorg moet word. Die gesindheid ten opsigte van die pasiënt wat gemutileer het, is van uiterste belang juis omdat ʼn gesindheid met emosies en optredes verband hou en dit ʼn fundamentele proses is waarvolgens geleef word (Conlon & O’Tuathail,

2010:4). Wanneer pasiënte dus nie deur die verpleegkundige met ʼn positiewe, simpatieke en omgee gesindheid benader word nie, sal dit die self-mutilasie pasiënt se behandeling negatief verleng (Conlon & O’Tuathail, 2010:4; Dickinson & Hurley, 2011:148).

Dit is dus van uiterste belang dat die verpleegkundige volgens Burton (2014:248) die situasie korrek sal assesseer en ook korrek sal bestuur, wat die kans op herhaaldelike self toegediende geweld aansienlik kan verminder. Volgens Bosman en van Meijel (2008:183) is die verpleegkundiges se sleutelprioriteit om veiligheid te handhaaf deur byvoorbeeld skerp voorwerpe te verwyder wanneer die self-mutilasie pasiënt behandel word. Burton (2014:248) is verder van mening dat verpleegkundiges in ʼn unieke posisie is wanneer self-mutileerders gehospitaliseer word omdat die verpleeg- kundige op die grondvlak met die self-mutileerder te doen kry en die optrede van kardinale belang is en ook bepalend in die self-mutilasie pasiënt se vordering na herstel is.

Die slagoffer verkies om spesifiek deur ʼn verpleegkundige behandel en versorg te word alhoewel daar nie voldoende begrip ten opsigte van self-mutilasie is nie (Burton, 2014:248). Verder verkies die slagoffer om deur die verpleegkundige behandel en versorg te word omdat die verpleegkundige ʼn meer universele benadering ten opsigte van die self-mutilerende pasiënte het (Burton, 2014:248). Verder sien die slagoffer ook die verpleegkundige as ʼn persoon wat hul normaalweg nie stigmatiseer nie, wat tot gevolg het dat die verpleegkundige in ʼn unieke posisie in die behandeling en sorg van die mutileerder geplaas word (Burton, 2014:248). Dit word deur Rissanen, Kylma en Laukkanen (2011a:163) bevestig dat verpleegkundiges se begrip ten opsigte van self- mutilasie van die slagoffer se ouers verskil, en dat hierdie verskil die weg baan om

80

kwaliteit sorg en behandeling van die self-mutileerder wat gehospitaliseer word te verskaf.

3.5.3 Praktiese riglyne uit die neurologie, psigiatrie, psigologie en