• No results found

BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE UIT DIE GESKIEDENIS VAN DIE KERKLIED

3.5 NA DIE REFORMASIE 1 Inleiding

In die tydperk van die Reformasie tot die negentiende eeu het verskillende strominge 'n invloed op die kerk, en dus ook op die kerkmusiek, gehad. Die twee belangrikste strominge is waarskynlik die Pietisme en die Verligting, waaruit die Rasionalisme gevolg het.

Endedijk definieer die Pietisme soos volg: Pietisme is 'n diep ingrypende religieuse beweging met as doel die vernuwing van die Christelike lewe en die realisering van die koms van die koninkryk van God op aarde. Die Pietistiese kerklied konsentreer veral op die subjektiewe belewing van die handelinge van God byvoorbeeld die Jesusmistiek, die gebondenheid van die siel aan sy Heer, die soeke na troos in die omgang, die oproep tot skuldbesef en boetedoening (Endedijk, 1977:147-148; vergelyk ook Kloppenburg, 1998:269).

Tesame met die Pietisme het die ander geestelik-kulturele stroming, die Verligting, in Europa ontstaan. Sy oorsprong gaan terug op die wysgerige rigtings binne en buite die kerk, wat 'n groot plektoeken aan die redelike denke van die mens. Die Franse filosoof Rene Descartes (1596-1650) kan as die vader van die moderne Rasionalisme beskou word. Tog reik die wortels van die Verligting dieper en moet die verband gesien word tussen die Verligting en die Rasionalistiese Humanisme van die sestiende eeu. Toe het die mens eers homself, sy krag, sy skoonheid, sy mondigheid en sy denkvermoe ontdek. Dat hierdie nuwe denkrigting nie toe reeds gelei het tot struktuurwysiging in die lewensgevoel en tot diepgaande veranderinge in die tradisionele patroon van die geloofslewe nie, is te danke aan die feit dat hierdie stroming sowel binne die Rooms-Katolisisme as in die Reformatoriese kerke voorlopig teruggedruk is. Maar deur die werk van Descartes, Spinoza, Pierre Bayle, Voltaire en die Engelse DeTste, het hierdie denkrigting sterk ontwikkel (Van Andel, 1982:123).

Hoewel Pietisme en Verligting tot op 'n sekere vlak mekaar se teenpole is, dra beide die kenmerke van dieselfde tyd en is op weseniike punte aan mekaar verwant. Beide neig tot subjektivisme, beide stel die mens in die middelpunt en hul beskouing: die Pietisme die vrome en die Verligting die redelike denke van die mens. Beide was deur hulle individualistiese inslag skuldig aan funksieverlies van die kerk as sigbaar-georganiseerde geloofsgemeenskap, sodat baie bande met die kerk verlore gegaan het. Vir beide het die objektiewe heilswaarde relatiewe betekenis, ook al het die Pietisme die waarheid hiervan nooit bevraagteken nie. Spiritualisme kenmerk beide stromings (Van Andel, 1982:124). Op soms min deursigtige wyse le beide stromings in mekaar se invloedsfeer. In die Pietistiese vroomheid word die heilsweg op 'n manier beskryf wat wys op 'n rasionalisering van die Bybelse getuienis en andersyds sou die teoloe uit die Verligting kon praat oor versoening wat te danke is aan die kruislyding van die Heiland. Hoewel die Rasionalisme baie mense van die Christelike geloof vervreem het, was die meeste denkers van die Verligting nie "ongodsdienstig" nie. Hulle het probeer om die goddelike geheimenisse af te lees uit die wetmatighede in die natuur. Die algemeen religieuse trek daarom in besonder die aandag. Die drie grondwoorde van die godsdienstigheid van die Verligting was: God, deug en onsterflikheid. Hulle bedoei nie die God van die Bybel wat Horn in Jesus Christus geopenbaar het nie, maar 'n Opperwese, wat alle dinge deur sy wysheid geskape het en deur sy voorsienigheid onderhou. Van sy kant probeer die mens van die Verligting die Godheid met 'n deugsame lewe te eer. Deugsaamheid is alles wat nuttig is en in ooreenstemming met redelikheid is. Daarom is deug en geluk min of meer korrelate begrippe want God beloon deug, nou of in die hiernamaals, waar die onsterflike siel die lewe voortsit (Van Andel, 1982:125).

Dit is ook belangrik om te let op ontwikkelings in verskillende lande. In Engeland het die Reformasie ontwikkel na die breuk met Rome. Tydens die regeringsperiode van Eduard VI (1547-1553) was die klimaat bepaald gunstig vir die reformasie. Die Book of Common Prayer het die amptelike diensboek van die Engelse kerk geword, verskyn in 1549 en vertoon belangrike punte van die

Lutherse invloed (Van Andel, 1982:130). In die latere ontstaan van ander kerke in Engeland, het beide die Presbiteriaanse en Kongregasionaliste hulle verwant gevoel aan die teologie van Johannes Calvyn. In die negentiende eeu het veral die Metodisme 'n belangrike rol gespeel (Van Andel, 1982:138). Die Pietisme en Metodisme skyn parallelle verskynsels te wees, soos ook die Verligting in Duitsland en die DeTsme in Engeland. Rasionalisme, wat aan die laasgenoemde stromings ten grondslag le, was volgens Van Andel (1982:138) geen vrugbare voedingsbron vir die kerklied nie. Tog verskyn daar heelwat liedere waarmee die

negentiende eeuse mens kan assosieer. lets van die Rasionalistiese gees word in die lied, Fight the good fight with all thy might van John S.B. Monsell (1811- 1875) gesuggereer (Van Andel, 1982:139).

Die Reformasie in Nederland is in die eerste helfte van die sestiende eeu gekenmerk deur 'n waardering vir die Bybel, deur 'n kritiese houding ten opsigte van die misbruike van die Katolieke Kerk, deur min dogmatiese strakheid en deur 'n groot mate van toleransie. Na 1555 word dit anders. Toe kom die land onder die invloed van die hervorming van Geneve, 'n Aantal Jong Calvinistiese predikers laat van hulle hoor. Bewus van hul roeping, en met groot moed, dien hulle die saak van die Reformasie. Van diepgaande betekenis vir die verdere ontplooiing van die geestelike lewe in die land, was die feit dat hulle gemeentes gevorm het en kerkrade laat kies het na die Geneefse voorbeeld (Van Andel, 1982:141). Hierna het verskillende psalmberymings verskyn. Hasper (1976:322- 735) bied 'n omvattende bespreking van al die vernaamste berymings tot in die agtiende eeu.

Hoe die sang in Nederland teologies gefundeer is, kan onder andere afgelei word uit die voorredes van die psalmberymings van Utenhove, Datheen en Marnix. Hierop sal volledig ingegaan word in 3.5.7.

Volgens Luth (1997a:116) het die kerklied en kerkmusiek gedurende die tyd van die Verligting ingrypend verander. Vanwee die feit dat die "Erbauliche" (die stigtelike) as norm gegeld het, het die homofone meerstemmige musiek die gemeentelied verdring. Hierdie soort lied is weens die vereiste tegniese

vaardigheid nie geskik vir gemeentesang nie en het dit dus verdring. Vir die Verligting was die koraal die beste vorm van kerkmusiek. Die teks was ook nie onaangeroer nie. Die eietydse tekste het voorrang geniet en waar die ou lied bewaar is, is die teks verander in lyn met die insigte van die tyd. Verder is die onreelmatige metriese bou van die ou lied, die onsuiwere rym, die vryheid in die woordplasing en die deels onbegryplike of dubbelsinnige woorde en uitdrukkings vervang met helderheid van gedagte en :n vroom, stigtende bevinding. God word

steeds meer goed, Jesus meer menslik en die wereld is nie meer 'n jammerdal nie (Luth, 1986:117). Smelik (1997:193) stel dat sang in hierdie tydvak beskou word as 'n subjektiewe menslike aktiwiteit wat in 'n erediens bykomstig was. Die rasionalistiese stroming het veronderstel dat geloof 'n saak van rede en verstand was. Die kerklied is gebruik om die mens in die kerk, staat en maatskappy te leer om :n deugsame lewe te lei.

By Pietisme word die mens in die middelpunt van die belangstelling geplaas en 'n eensydige klem op persoonlike vroomheid geplaas. Die verheerliking van die rede en die vrome mens in kerkliedere het ook konsekwensies vir die melodiee ingehou, byvoorbeeld die vraag of die melodie in die mens se smaak val al dan nie. Dit het ook beteken dat daar Jn verandering ingetree het ten opsigte van die

visie op die verhouding tussen die teks en die melodie. Die melodie word beskou as 'n aparte entiteit onafhanklikvan die teks. Anders gestel: die melodie word nie meer primer gesien as draer van die teks nie, maar as draer van estetiese en religieuse emosies.

3.5.2 Die plek van die lied en ander musiek in die erediens

Hoondert (2001b) het 'n omvattende studie gemaak van die kerkmusiek in die Rooms-Katolieke tradisie. Tussen 1545 en 1995 het gemeentesang geen amptelike plek in die liturgie gehad nie. Dit is vervang deur die liturgiese lied. Kerkliedere is hanteer as religieuse liedere in die volkstaal (geestelike liedere) (Hoondert, 2001 b:42). In die kerk is Gregoriaanse liedere gesing en die kerktaal was Latyn. Prag en praal (oordadigheid) het in die liturgie ingesluip (Hoondert, 2001 b:45). Die amptelike liturgie was 'n eksklusiewe aangeleentheid van die

cleris (Hoondert, 2001 b:46). Die konsilie van Trente se besluite speel 'n geringe rol in die kerkmusiek. Terwyl die priester Gregoriaanse gesange uitspreek, het die koor sy eie repertorium gesing (Hoondert, 2001 b:48).

Wat Engeland betref, is na die Reformasie aanvanklik Engels in die erediens gebruik (Valkenstijn, 2001:123). Mary Tudor wou terugkeer na Latyn en koningin Elizabeth het probeer om 'n kompromie te vorm tussen die Rooms-Katolieke en Protestante. In woord en sang is slegs Latyn gebruik (Valkenstijn, 2001:125). Na die burgeroorlog neem die Calvinisme egter oor en word net psalms gesing (Valkenstijn, 2001:126).

Na die oorname van William III en Mary in 1688 word godsdiensvryheid afgekondig. Binne die Anglikaanse Kerk heers daar vrede vir 150 jaar. Die oorgang van die Rooms-Katolieke (Latynse kerkmusiek) na Engelse (Anglikaans) bring 'n einde aan die Gregoriaanse en meerstemmige repertorium van rituele kerkmusiek. Die musiekbiblioteke van kloosters word gekonfiskeer. Tydens die reformasie was die skryf van kerkliedere op Engelse tekste 'n nuwe uitdaging (Valkenstijn, 2001:128-129). In Skotland het die psalms steeds 'n belangrike plek ingeneem, ook na die verskyning van Watts se beryming in 1719 (Valkenstijn, 2001:146). In 1746 verskyn die bundel, Sacred Melody u'\t die pen van Charles Wesley en John Frederick Lampe. Dit word die amptelike liedboek van die Metodistekerk, waarvan die religieuse inhoud ingang gevind het - warm, hartstogtelike gemeentesang (Valkenstijn, 2001:150).

Van meet af aan het daar in die Engelse Kerk heelwat meningsverskille bestaan oor die aandeel van die gemeente in die erediens. Sommige was vurige teenstanders van gemeentesang as sodanig. Hulle wou liewer die koor laat sing as die kerkgangers. Ander het gevoel dat die psalms 'n te belangrike plek ingeneem het en was teen gemeentesang omdat hulle teen die psalms was. Soms was daar ook ander probleme, veral in die platteland was dit moeilik om aan die gelowiges liedere te leer. Die gewoonte het ontstaan dat 'n voorleser die gemeente die psalms strofe vir strofe laat resiteer. Sodra die gemeente die lied gememoriseer het kon dit gesing word. Die Westminster-sinode van 1643 het

hierdie metode selfs vir alle kerke aanbeveel (Van Andel, 1982:131). Naas die psalms het die gesange in Engeland ook vry ontwikkel. Die grootste bydrae het van die Metodisme gekom. Daar het heelwat liedere ontstaan wat net ten dele bestem was vir die erediens. Hulle is op groot skaal privaat buite die erediens gebruik (Van Andel, 1982:131).

John Knox (1505-1572) staan bekend as die vader van die streng Calvinisme. Knox was onverdraagsaam en streng ortodoks. Hierdie houding van horn het baie weerstand onder sy ondersteuners uitgelok. In 1731 kry die Church of Scotland sy eie Scottish Prayerbook. Die Skotse Presbiteriane kry in 1564 'n Scottish Psalter op Geneefse lees geskoei. Dit was die begin van die Skotse afskeid van die metriese patroon. Dit floreer in die sterk behoudende deel van Skotland ondanks 'n verbod op die gebruik van die orrel. In 1615 verskyn 'n heruitgawe en in 1650 verskyn die New Scottish Psalter. In 1745 en 1781 word 'n aantal parafrases op Skrifperikope bygevoeg en die bundel geniet allerwee groot belangstelling. Toe die metriese psalmodie in die agtiende eeu in Wallis en Engeland verdwyn, het die Skotte hierdie soort psalmodie gehandhaaf (Valkenstijn, 2001:156).

Wat Nederland betref, was die vroegste psalmberyming in 1540 te Antwerpen die sogenaamde Souterliedekens (souter = psalter). Dit is gesing op populere melodiee. Waarskynlik was dit nie vir liturgiese gebruik bedoel nie (Luth en Smelik, 2001:226). Van Andel (1982:144) oordeel ook dat hierdie liedere bestem was vir huislike gebruik (vergelyk ook Brienen, 1999:63). Die taal en melodie het dit juis daarvoor geskik gemaak. Voorlopig was die huis die enigste plek waar die Heilige Skrif gelees en uitgele en liedere gesing is. Tog het hierdie liedere die mense voorberei vir sang (Fourie, 2000:220). Hierdie bundel was so gewild dat daar drie en dertig uitgawes van verskyn het (Brienen, 1999:63).

Jan Utenhove bring die eerste Nederlandse psalmberyming van Straatsburg en Geneve, waar hy onder die invloed van Calvyn was, na Nederland. In 1551 verskyn die eerste tien psalms plus die "Onse Vader" en die "Credo", en daarna vyf en twintig psalms in 1557. In 1558 word Psalm 119 bygevoeg, asook die

Bedezang voorde Predikatie deur Utenhove (Luth en Smelik, 2001:226; vergelyk ook Van Andel: 1982:144). Hierna net talle berymings gevolg, juis omdat die sing

van berymde psalms toe 'n sentrale plek in die liturgie ingeneem het. Utenhove se beryming is spoedig vervang deur die beryming van Petrus Dathenus (Van Andel, 1982:145). Dit was 'n vertaling van die Geneefse psalmboek (Fourie, 2000:222).

Die psalmberyming van Datheen kry spoedig 'n vaste plek in die gereformeerde erediens. By die konvent van Wesel (1568) is besluit om die beryming aan gemeentes voor te skryf. Die provinsiale sinode te Dordrecht (1574) besluit om die psalms saam met die bygevoegde gesange (Lofsang van Maria ensovoorts) in die kerke te gebruik en die algemene sinode van Dordrecht (1578) besluit dat hierdie beryming vir die erediens voorgeskryf word. Die liedere wat nie direk op die Heilige Skrif gebaseer was nie, mag nie gesing word nie. Alleen Utenhove se Bedezang voor de Predikatie word aan die vryheid van die kerke oorgelaat (Van Andel, 1982:149-150). Hiermee was die plek van die psalms in die liturgie vir twee eeue in Nederland gevestig. Datheen se psalmboek is meer as 200 jaar lank in Nederland gebruik (Fourie, 2000:223). Dit was ook die psalmboek wat saam met Jan van Riebeeck na die Kaap gekom het in 1652 (Fourie, 2000:259). In die Frans-gereformeerde tradisie is vir ruim twee en 'n half eeu net psalms gesing (Van der Leeuw en Bernet Kempers, 1939:164). Dit is 'n skat wat aan die kerk gegee is en met groot liefde gebruik is en die kerk verryk het, maar die himneskat is gelaat vir wat dit was en byna geen poging is aangewend om iets by te voeg nie. Daaraan het die Pietisme en Verligting verander. Die gereformeerde standpunt ten opsigte van die kerklied bring verlies en wins, volgens Van der Leeuw en Bernet Kempers (1939:164-165). Verlies omdat die hele himneskat van die Vroee Kerk daardeur tot onlangs vir die kerk verlore was. Geen poging is aangewend om die religieuse poesie van vroeer en die volkslied as geestelike liedere in die kerk te bring nie. Die wins: die diepe en stoere vroomheid van die psalms, gedra deur onverganklike melodiee, het die

In Duitsland het daar na die Reformasie 'n groot opbloei in die kerkmusiek ontstaan. Die Duitse kerkmusiek ontplooi op vier maniere (Van der Leeuw en Bernet Kempers, 1939:207):

1. orrelmusiek; 2. kantate; 3. passie; 4. motet.

Vir die ontwikkeling van orrelmusiek is die orrelkoraal van groot belang. Die koraal het in verbinding met die kantate en passie die kerkmusiek 'n deel uitgemaak van die eintlike gemeentediens. Dieselfde gebeur met die motet. Dit het tot gevolg gehad dat die gemeente nie meer die melodie in die liedboeke tussen die polifonie kon volg nie. Liturgies gesproke het die koraal en erediens mekaar in hierdie ontwikkeling verloor. Die egte onbegeleide kerklied word nie meer gehoor nie (Van der Leeuw en Bernet Kempers, 1939:217).

Benewens uitsonderings kan aanvaar word dat digters in die nuwe tydvak hulle religieuse poesie aan die musici oorgelaat het om die geestelike lied te voltooi. Daarmee het 'n ander ontwikkeling aangebreek waarin die rolle omgekeer is en die aksent in 'n sekere sin van die teks na die melodie verskuif is. Menige gedig wat as kerklied graag gesing is, word in 'n amptelike liedboek opgeneem te danke aan Luther se musikale uitleg en aanbieding. Dit is in die besonder waar van Duitse kerkliedere na die Reformasie. Belangrike bydraes is gelewer deur Bartholomaus Gesius (1560-1613), Melchior Vulpius (ongeveer 1560-1615), Hans Leo Hassler (1564-1612), Johann Cruger en Melchior Franck (1579-1639) (Mudde, 1977:75-70). Binne die Lutherse tradisie het die liedere van hierdie mense algaande die psalms meer na die agtergrond geskuif. Ook in die tye wat hierop gevolg het, het ander liedere ontstaan terwyl die psalms al hoe minder aandag gekry het (vergelyk Mudde, 1977:82). Die liedere wat deur Luther en sy medewerkers nagelaat is, is met baie vreugde en entoesiasme in die gemeentes gesing. Op hierdie wyse neem die gemeente op 'n wesenlike wyse deel aan die

erediens: aanbiddend, lofprysend, belydend. Dit het die digters weer opnuut gemotiveer om nuwe, geskikte liedere te skryf. Op hierdie wyse het honderde, selfs duisende, nuwe liedere te voorskyn gekom, meestal in dieselfde styl as die van die Reformasie. Daar bly iets van die naiewe eenvoud, blye vreugde van die aanbidding en lofprysing wat kenmerkend was van die Lutherse lied (Van Andel, 1982:83).

3.5.3 Die invloed van die psalms op die liturgie en die geloof

In die Lutherse kringe het psalmberyming nie 'n prominente plek ingeneem in die periode na die Reformasie nie. Daar is wel baie vrye liedere geskryf, en ook liedere wat Skrifgedeeltes berym het. Hierdie liedere gee egter getuienis van wat in die mense se harte geleef het. So het Paul Gerhardt in die sewentiende eeu 'n siklus van sewe lydensliedere, waarin alle ledemate van Christus besing word, gedig. Hy het ook 'n lied geskryf wat gebaseer is op Romeine 8:26-39 (Boendermaker, Jansen en Mudde, 2001:186). Op hierdie stadium kon die kerklied nie meer weggedink word uit die liturgie en geloofslewe nie. Die kwaliteit is hoog en die betekenis vir die geloofslewe groot (Boendermaker, Jansen en Mudde, 2001:190). Aan die begin van die sewentiende eeu het chromatiek meer emosie in die kerkmusiek gebring. Die solosang, die uitvoerder van die instrument, kry meer aandag; die tekste is meer subjektief en die musikale ontroering word eerder die doel as die gevolg. J.S. Bach word beskryf as die laaste verbinding tussen kuns en kerk. Daarna het dit een en 'n half eeu geduur voordat evangeliese kerkmusiek weer gevoed is deur 'n liturgies-verantwoorde praktyk. Die kerklied het 'n geestelike lied geraakwat hand aan hand geloop het met die verskuiwing van die teologie en die geestelike klimaat (Boendermaker, Jansen en Mudde, 2001:195).

Die eskatologiese tema het by Philipp Nicolai (1556-1608), die mees begaafde digter van kerkliedere uit die na-reformatoriese periode, tot ware profetiese grootheid gekom. Hy was 'n teoloog wat dikwels probleme met sy gemeente ondervind het en het dikwels betrokke geraak in die stryd met die Calviniste. Sy twee bekendste liedere is Wie schon leuchtet der Morgenstern en Wachet auf.

Eersgenoemde is 'n lied van diep vroomheid en innige gemeenskap met Christus, die hemelse bruidegom. Die lied is gedig na aanleiding van Psalm 45, hoewel daar geen parallel tussen lied en psalm te bespeur is nie. Hy ontleen wel die bruidsmotief aan die psalm om daardeur die verbondenheid van die siel met Christus en die wedersydse liefde tot uitdrukking te bring. Tog behou die lied, ondanks die innige mistieke toon, voeling met die substansie van die reformatoriese boodskap. Die digter sing meer oor die bruidegom as die bruid, meer oor die weldade van God in Christus as oor die verrukking van die siel. Dit is 'n loflied, mistiek deurgloeid, eerbiedig en tog vol warmte (Van Andel, 1982:86- 87).

In Engeland het die psalms wel steeds 'n rol vervul, veral onder die Puriteine, waar talle psalmberymings in die sewentiende eeu verskyn het (Schuurman, 1977a:128; Smelik, 1997:193). In die tyd van die Rasionalisme het daar in Engeland meer van die psalms oorgebly. In Engeland het die Gregoriaanse wyse