• No results found

DIE ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN DIE KERKLIED: BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE UIT DIE SKRIF

2.4 DIE VERSKILLENDE SOORTE LIEDERE IN DIE PSALMS

2.4.2 Die kultiese benadering

Na Gunkel was Mowinckel die volgende belangrike navorser in verband met die psalms. Hy kan beskou word as die voorloper van die sogenaamde kultiese benadering. Hierdie benadering vereis die rekonstruksie van die oorspronklike kultiese situasies waarin die psalms gefunksioneer het (vergelyk Fohrer, 1986:261). Mowinckel het geoordeel dat die oorgrote meerderheid van die psalms hul oorsprong gehad het by kultiese priesters of profete wat nou verbind was met die kultus (Harrison, 1970:993, Terrien, 2003:13). Hy was van oordeel dat die klem geval het op die nasporing van die besondere eienskappe van die verskillende feeste en rituele. Die Sitz im Kult was die primere beginsel waarop sy navorsing berus het (vergelyk Vos, 2005:24, Fohrer, 1986:262). Vir sy benadering was die verskillende feeste wat hy ge'identifiseer het, van besondere belang. Dit sluit in die troonsbestygingsfees van die Here, 'n verbondsfees, 'n prosessie met die ark, en seremonies met vaste patrone (vergelyk Vos, 2005:24). Hierbenewens het die drie groot feeste wat die Israeliete onderhou het, ook groot betekenis vir die ontstaan van die psalms gehad. Dit was die feeste wanneer die pelgrims na Jerusalem gegaan het. Die eerste fees was in Maart- April, naamlik die Paasfees verbind aan die fees van die ongesuurde brode.

Sewe weke hierna was Pinkster, wanneer die eerste vrugte as offer gebring is. Die derde feesgeleentheid was in Augustus-September, met die Nuwejaarsfees, die Groot Versoendag en die Loofhuttefees, wat in die verloop van drie weke in die maand Tishri gevier is (Eaton, 2003:22-23).

Mowinckel onderskei tussen koningspsalms, lofprysingspsalms, klaagliedere, dankliedere (vir die enkeling en die gemeenskap), seen- en vloekpsalms en profetiese psalms. Hy bespreek laastens 'n groep wat hy beskryf as psalms met 'n gemengde styl en liturgiese komposisies (Mowinckel, 1962a:47). Hoewel hy klem le op die kultiese situasie, is daar 'n groot ooreenkoms tussen die groepe

psalms wat hy onderskei en die groepe van Gunkel. Mowinckel se benadering het ook groot invloed gehad, soos gesien kan word in die werk van Weiser (1962), wat baie aandag gee aan die kultiese funksionering van die psalms. Koningspalms is die psalms waar die koning op die voorgrond tree. Dit kan die vorm aanneem van 'n persoonlike gebed, naamlik die persoon (die koning) wat in die gebed aan die woord is, of die persoon vir wie gebid word. Voorbeelde hiervan is Psalm 2, 18, 20, 2 1 , 28, 45, 61, 63, 72, 80, 101, 110 en 132. Volgens Mowinckel dui hierdie psalms op Yi regte koning en verteenwoordig dit nie 'n poetiese personifikasie van mense of die gemeenskap nie. Hy is ook versigtig om tussen koningspsalms vir die gemeenskap of enkeling te onderskei. Hy redeneer soos volg (Mowinckel, 1962a:80): "It is therefore quite possible - nay, probable - that use was made in ritual acts of texts and psalms which were originally composed for the king, and that further more new psalms were composed in the same style, but now for the use of Everyman. The fixity of the stylistic tradition and poetical language led to the old expressions - originally connected with the king, being taken over and continued even where new hymns were composed. This is a further reason of caution when seeking to distinguish between congregational and personal psalms." In menige gevalle is dit nie duidelik uit die beskrywing of die digter se situasie of die situasie van sy vyande of die psalm vir die nasie of die enkeling bedoel is nie (Mowinckel, 1962a:78). Volgens Mowinckel is 'n koningspsalm nie 'n bepaalde genre nie, maar 'n psalm waarin die koning die leiding neem. Die koning is 'n Israelitiese of 'n Judese koning en nie 'n toekomstige messias nie (1962a:48). Die koning dui eerder op die regerende koning wat 'n tydgenoot van die digter is. Histories beskou is die koning in die psalms nie 'n toekomstige figuur nie, maar 'n huidige een (Mowinckel,1962a:49). Koningspsalms kan dus in 'n verskeidenheid van genres voorkom (vergelyk Fohrer, 1986:262). Eaton (2003:24) wil hierdie psalms ook verbind aan die feesgeleentheid in die herfs, in Augustus-September, waarna bo verwys is (vergelyk ook Terrien, 2003:13). Hierdie psalms wil in die besonder die

In lofpsalms (himnes) handel die kern oor die bewustheid van die digter en die gemeenskap dat die Here self teenwoordig is (Mowinckel, 1962a:81). Hierdie soort psalm besing die grootheid en majesteitvan die Here in sy skepping en die bestuur van die lotgevalle van mense (Fohrer, 1986:263). Die psalms dui op 'n ontmoeting met die almagtige, heilige en barmhartige God. Dit is Hy wat met lofprysing en verering aanbid word. Voorbeelde van hierdie genre is Psalm 8, 19, 29, 33, 46, 47, 48, 76, 104, 135, 136 en 145-150. God self is hier teenwoordig, dit is sy uitverkorenes wat alles aan Horn verskuldig is. Hulle ontmoet Horn, hulle eer Horn met sekerheid, vertroue, liefde, vreugde, jubeling en loop oor van entoesiasme terwyl aan al die groot en roemryke dade gedink word wat Hy gedoen het. Vanuit hierdie perspektief kom die gemeente saam om uitdrukking te gee aan wat hulle sien en voel en om sy weldade aan die wereld te verkondig. 'n Lofpsalm begin met 'n oproep om vir God te sing en Horn te prys. Die "ek" van hierdie soort psalms het oorspronklik verwys na die koorleier of die kultiese handeling, die segsman van die gemeenskap (volk), maar dit kan ook die digter se persoonlike en emosionele verwantskap met die tema uitdruk, met ander woorde sy persoonlike identifikasie met dit wat hy wil se (Mowinckel, 1962a:82). Vervolgens word diegene wat opgeroep word, genoem, soms algemeen of soms word die gemeenskap aangespreek: die Here se knegte (aanbidders), Jakob of Sion se seuns, die Here se gelowiges, die regverdiges, of "hulle wat die Here vrees". Dit dui op Israel as 'n kultiese gemeenskap (volk). Soms word dit poeties uitgedruk: die hele aarde, woude, rotse, see of selfs hemelse kragte ("seuns van God") of tot die dooies. Die persoonlike trant in die oproep word in die totale erkenning gevind wanneer die digter se eie "siel" aangespreek word (vergelyk Mowinckel, 1962a:82).

Die Here se naam word dikwels genoem. Dit word nader gekwalifiseer deur 'n reeks lofprysende eienskappe: Die Hoogste, die God van Israel, Koning, Skepper, ons Koning, ons Verdediger. Hierdeur probeer die digter sy toehoorders oproep om "die naam van die Here" met groot en roemryke

kwaliteite te prys. Op hierdie wyse word die tema en die doel van die himne voortgesit (Mowinckel, 1962a:83).

Dit is opmerklik hoeveel variasie in die poesie voorkom - hoe ryk en gevarieerd die tradisionele himne geword het ten opsigte van vorm. Psalm 150 het byvoorbeeld 'n ryk gevarieerde intrede, met 'n lofprysing implisiet dwarsdeur die hele oproep self (Mowinckel, 1962a: 83).

Die tema word verder ontwikkel in die liggaam van die himne. Dit begin met die rede vir die oproep deur die woordjie "vir", "omdat", "want", byvoorbeeld, "Prys die Here, want Hy is goed." Die oudste himnes bevat gedurige herhaling, byvoorbeeld, "Prys die Here, want sy goedheid duur vir ewig." Hierdie deel word gevolg deur die byvoeging van Jn verdere motivering van groter prysenswaardige

werk en kwaliteite. Verklarende sinne word dikwels in aansluiting hiermee gebruik, byvoorbeeld in Psalm 136, waarvan die eerste deel 'n lofprysing tot God bevat en die tweede deel die rede gee: "Aan sy liefde is daar geen einde nie." Die Here is die voorwerp wat verder gekwalifiseer word met sy naam, arm, regterhand, stem, woord, koninkryk, eer, roem weldade, en troon (Mowinckel, 1962a:84).

Soms word na sy besondere dade in die geskiedenis verwys, soos 'n oorwinning oor sekere volke. 'n Voorbeeld hiervan word gevind in Psalm 33:9: "...want Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar." In Psalm 104 word 'n beskrywing van die Jordaan gegee. Vers 9 eindig met die woorde: "...hulle mag die aarde nie weer oordek nie" (Mowinckel, 1962a:85). Soms is daar sentimentele, bewonderenswaardige retoriese vrae soos "Wie is soos God?", soos byvoorbeeld in Psalm 86:8 ("Daar is geen god soos U nie, Here, niks kan met u werk vergelyk word nie") of Psalm 96:5 ("Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het") of Psalm 146:5 ("Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God"). Daar kom soms beskrywings van God se groot werke voor, veral met betrekking tot die skepping (byvoorbeeld in Psalm 8, 29 en 104), of sy kwaliteite ten opsigte van sy onoortreflikheid deur alle kosmiese en

aardse vyande (byvoorbeeld Psalm 46, 48 en 76). Soms konsentreer die lofprysing op 'n bepaalde verlossingsdaad van God (Mowinckel, 1962a:85).

Uit bogenoemde voorbeelde kan twee hooftipes himnes onderskei word, naamlik, opsommend ("enumerative") en beskrywend ("descriptive"). Die opsommende vorm is die meer algemene tipe wat God se kwaliteite en prysenswaardige dade opsom. Dit is 'n geskikte vorm vir enige kulturele geleentheid, daaglikse en feestelike gebeurtenisse, soos byvoorbeeld Psalm 136. Die beskrywende vorm is die meer spesiale tipe wat Jn vollediger

voorstelling van 'n bepaalde eienskap of goddelike aktiwiteit beskryf soos 'n enkele fundamentele verlossingsdaad wat in herinnering geroep word. Voorbeelde hiervan is Psalm 46, 48, 76 en 114. Vertroue is die oorheersende eienskap van hierdie tipe himne (byvoorbeeld Psalm 89; Mowinckel, 1962a:90). Soms sluit die himne af met 'n kort wens, gebed of seen vir die volk of die enkeling, soos byvoorbeeld in Psalm 29:11, 134:3 en 138:8. Hierdie soort afsluiting druk 'n diep, hartgrondige behoefte uit om alles agter te laat vir so 'n

magtige, verhewe God en spreek van vertroue dat die mens veilig is in God se sorg, soos byvoorbeeld in Psalm 84:12-13 en Psalm 104:35 (Mowinckel,

1962a:90).

Soos Gunkel het Mowinckel ook 'n groep psalms onderskei wat aan 'n troonbestygingsfees verbind word (Mowinckel,1962a:106). Mowinckel het drie en veertig sulke psalms onderskei (vergelyk Harrison, 1970:993). Hierdie psalms sluit nou aan by die oes- en nuwejaarsfees. Die hoofeienskap van hierdie psalms is dat hulle God eer as die koning wat pas sy troon bestyg het en sy koninklike mag uitoefen. Die bedoeling van hierdie psalms is 'n loflied om God in sy goddelike verskyning (epifanie) te ontmoet as die nuwe, seevierende koning. Hierdie situasie is 'n versinnebeelding van die fantasiewereld van die digter. Voorbeelde van hiervan is Psalm 47, 93 en 96-99. 'n Tipiese frase in hierdie psalms lui soos volg: "Die Here is Koning..." (Psalm 93:1). Wat die digter in sy gedagtegang voorstel, is 'n gebeurtenis en daad wat aan God se troonbestyging gekoppel word. Dit is nie alleen die God van Israel wat koning geword het nie,

maar die God van die heelal (vergelyk Psalm 47:10, 96:1 en 3 en 99:1-2; Mowinckel, 1962a:109). Wat hieruit afgelei kan word, is dat die volk eintlik in die teenwoordigheid van die nuwe koning staan en horn eer as die seevierende

koning wat sy teestanders oorwin het en homself op die troon geplaas het, 'n ryk opgebou het en regeer oor die mense en die hele aarde. Wat die digter in vooruitsig stel, is die ware God wat nou sy ryk oorneem (Mowinckel, 1962a:110).

Fohrer (1986:265) wil hierdie psalms nie soseer aan 'n troonbestygingsfees verbind nie, maar aan die Here se heerskappy, waarin die Here as enigste Here teenoor die afgode gestel word.

Die klaagliedere van die gemeenskap herdenk die dae van vernedering en is gebede van die gemeenskap wat bedoel is vir spesiale krisisgeleenthede - ad /70C-kultuurfeeste. As oorlog, nederlaag, gevangenskap, epidemies, droogte, hongersnood, sprinkane en soortgelyke rampe voorgekom of gedreig het, is 'n openbare vasdag uitgeroep (Mowinckel, 1962a:193). Dan kom almal, groot en klein, by die heiligdom bymekaar. Hulle wy hulle aan verskillende seremonies toe; hulle moes hulle onthou van sekere dinge gedurende die tyd van vernedering, soos kos en drank, oliesalwing en ander tekens van 'n normale lewe. Vernedering en rou impliseer onreinheid omdat daar'n vloek rus op die siel van die betrokke mense. Die Here het hulle nie verlos van hul vyande nie, daarom moet hulle deur die rites gaan. Daar word hardop gehuil, getreur, gesug. Gaandeweg lei dit tot gebed en vas. Voorbeelde hiervan is Psalm 12, 14, 44, 58, 60, 74, 79, 80, 83 en 144 (Mowinckel, 1962a:194). 'n Besondere kenmerk van hierdie psalms is die gebed, byvoorbeeld Psalm 58:7 en verder, wat handel oor die vervloeking van die vyand. In al die gevalle wat hieroor handel, is Israel die onskuldige party, maar hulle gee wel toe dat hulle gesondig het, byvoorbeeld in Psalm 79:8-9. Die psalms is vir die gemeenskap en vir die enkeling geskryf. In baie gevalle van klaagliedere van die enkeling, is die lied eintlik vir die gemeenskap bedoel maar'n koning of leiertree namens die hele gemeenskap op (Mowinckel, 1962a:246).

Klaagliedere vir die enkeling bestaan wel as 'n aparte genre. Psalm 6 en Psalm 30 handel oor die siekte van 'n enkeling en Psalm 32, 41 en 88 is voorbeelde van

dankbaarheidsliedere van die enkeling. Israel het al meer tot die gevolgtrekking gekom dat siekte direk van God kom as gevolg van sonde, bewustelik of onbewustelik. Dit dien as 'n waarskuwing om sonde te vermy, of, soos in Job se geval, bring dit die vraag na vore: Kan 'n vroom mens soos Job ten spyte van al sy beproewings staande bly? Die religie van Israel het so ontwikkel dat alles wat gebeur, goed of sleg, na God heenwys. 'n Voorbeeld hiervan is Psalm 78:49 en verder (Mowinckel, 1962b:3).

Menige digter het singend die onmenslike wandade van die magtiges aangekla wat horn en sy groep verkneg, verkleineer, uitbuit. Waar die digter nie self gely het nie, dien sy woorde as stem vir die stemloses. Die klaaglied gee onreg 'n naam sodat dit nie langer anoniem en neutraal bly nie. Ongemerk loop die klag uit op prates teen ongeregtighede waaruit die roep om geregtigheid voortvloei. Deur die lied hou die Israeliet moed en vind hy krag om op te staan. Die lied bring horn in beweging en wakker in horn die hoop op sjalom (vrede) aan. Vandaar dat die klaaglied juis in oomblikke van krisis opwel (Schelling, 1989:106-

107).

Klaagmusiek kan ook gesien word as 'n uiting van verdriet vanwee die verlies van iets of iemand wat vir jou dierbaar was. Die boek Job is 'n langgerekte lied oor en teen Job se verlies oor alles wat vir horn dierbaar was: sy vrou en kinders, bedryf en besit, geluk en beeld van God. Net Job het met sy onooglike liggaam oorgebly. Nogtans het Job deur sy verdriet heen geworstel (Schelling, 1989:77). Die dankliedere vir die gemeenskap (Mowinckel, 1962b:26) handel nie net oor lofprysing of behoud teen ondergang en gevaar nie, maar sluit ook dankbetuiging na voorspoed in. 'n Doksologie (lofprysing) sluit normaalweg ook 'n element van dank en dankbetuiging in. Hierdie genre het in Israel ontwikkel en is dankliedere wat vir 'n bepaalde geleentheid gedig is. Hierin dank die gemeenskap God vir dit wat Hy gedoen het tot hul voordeel (Mowinckel, 1962b:27). Die oorspronklike danklied is vir die gemeenskap geskryf. Dit druk ervarings uit wat deel is van die gemeenskap as geheel en hou verband met openbare aangeleenthede van politieke of militere aard, soos 'n oorwinning oor die vyand. Die psalm het duidelik

sy oorspronklike patroon aan die "lied van die oorwinning" ontleen, soos byvoorbeejd die Lied van Debora (Rigters 5). Dit bevat 'n religieuse element - Israel was altyd bewus van God se teenwoordigheid tydens gevegte. Later het dit 'n lofprysings-himniese inleiding en slot gekry (vergelyk dit met die Lied van

Debora). Hierdie soort lied was deel van die ritueel van die dankbetuigingsfees. Dit handel nie net oor dank aan God nie; dit getuig ook van waardering, verkondig die verlossingsdaad van God en doen 'n beroep op die volk om Horn te eer, te vrees en te prys. Die hoofsaak handel dus oor verootmoediging en verlossing met 'n intrede en afsluiting van lof en dank. Soms word God se hulp met oorwinning teen die agtergrond van al die ander dinge wat Hy in die verlede gedoen het, beskryf, soos in Psalm 66:6-7. Dit word voorafgegaan deur 'n algemeen himniese inleiding in Psalm 66:1-5 (Mowinckel, 1962b:28). Die hoofdeel van hierdie psalm gee 'n beknopte uitleg van dit wat gebeur het in tye van benoudheid en verlossing (Mowinckel, 1962b:30).

Dit was in Israel die gebruik by iemand wat van benoudheid en pyn verlos is, wat herstel van siekte of na gebedsverhoring om 'n danklied aan te hef, soos in Psalm 22:6 en verder. Dit is die tipiese danklied van die enkeling (Mowinckel, 1962b:31-43). Die priester, familie, vriende en die arm mense van die omgewing is uitgenooi om die ritueel by te woon. Hierdie tipe psalm begin met 'n inleiding waarin die rede vir die dank gestel word, 'n Tipiese inleiding kom in Psalm 138:1 voor: "Ek wil U met my hele hart loof. Laat die gode maar hoor; dit is tot U eer dat ek sing." Hierna volg die beskrywing van die ervaring wat die aanbidder gehad het. Hy/sy spreek die luisteraars toe en verwys na God in die derde persoon. In die latere psalms is God self aangespreek, soos in Psalm 3:4, 18:16 en 36 en 138:3. Soms word direk met die ervaring begin, sonder enige inleiding, soos in Psalm 40:2-4 (Mowinckel, 1962b:33). Die tweede hoofdeel van die danklied is 'n belydenis tot God, die Verlosser uit benoudheid, soos reeds in die inleiding van die psalm verklaar is. Die doel is om God se trou te verkondig. Niemand anders as God alleen kan hulp verleen nie, byvoorbeeld in Psalm 103 (Mowinckel, 1962b:37-38). In die belydenis word die begeerte uitgespreek om ander mense na God toe te lei (wysheidspoesie), byvoorbeeld Psalm 31:24 en Psalm 124:8.

Dit ontwikkel in 'n belydenis, getuienis en aansporing, soos in Psalm 32 en 73 (Mowinckel, 1962b:39). Die soort psalm kan ook onderrig: soos Psalm 49.

Hierdie psalm leer dat die dood 'n einde bring aan die rykdom en krag van 'n ryk man. Die derde deel van hierdie soort psalm, wat soms uitgelaat is, is 'n verwysing na die dankoffer, soos in Psalm 116:17: "Ek wil U loot met 'n dankoffer, ek wil die Naam van die Here aanroep." Dit is 'n dankoffer in die letterlike sin. Hierdie psalms bevat 'n sterk uitdrukking van krag wat die mens diep aanraak (Mowinckel, 1962b: 43).

Die inhoud van hierdie genre raak 'n mens intens, persoonlik. Die digter is gekonfronteer met 'n lewensituasie of die dood waaruit God horn gered het. Dit is diep, persoonlik - die oorsaak van die probleem van lewe, dood en sterk emosies word gekoppel aan fundamenteie ervarings wat sterk persoonlik deurkom in dankpsalms. Dit is die beginpunt van persoonlike, meer individuele poesie. Hierdie is dankbetuigings van gewone mense wat niks met die tempeldiens of -sang te make het nie (Mowinckel, 1962b:43).

In die seen- en vloekpsalms is die offerelement die hoofsaak van die genre. Sommige bevat seeninge ten opsigte van die gemeenskap of sy individuele lede, byvoorbeeld Psalm 118:26, 122:8-9, 115:12-15, 128 en 91. Ander psalms bevat weer vloeke teen vyande van mense, sondiges en misdadigers wat die veiligheid en geluk van die gemeenskap bedreig, byvoorbeeld Psalm 35:26, 40:15, 55:16, 119:21, 129:5 en 137. Seen was 'n baie basiese woord in Israel se daaglikse lewe en was vir die Israeliete gelyk aan gesondheid, welvaart, harmonie en vrede. Die lewe kan ontplooi in vrede en harmonie. Seen behoort tot "verhewe" sake; dit is 'n heilige krag in die lewe saam met familie en individue (Mowinckel, 1962b:45). Dit dui op gesonde krag, skep en bevorder lewe met die krag van seen. Die uitkoms is geluk, vrugbaarheid, oorwinning, krag en rykdom. Seeninge kom voor in enige hoogtepunte in die lewe, soos alle belangrike beslissings voor reise, die huwelik of wanneer 'n sterwende afskeid neem van sy familie. In die Israelitiese godsdiens het God al meer en meer die enigste, magtige Een geword, die enigste Skepper. Die heilige plek waar die Here woon, is in die huis vol seeninge, byvoorbeeld Psalm 133:3 (Mowinckel, 1962b:45).

Daar is 'n intieme verwantskap tussen tempeldiens en seen. Al die goeie dinge