• No results found

Hoofstuk 2: Taakgebaseerde benadering

3.7 Die gebruik van kortverhale

In hierdie tesis fokus ek op die gebruik van kortverhale in die tweedetaalklaskamer. Ek stem saam met die volgende stelling van Wright (2003: 7): “In using stories in language teaching we are using something much bigger and more important than language teaching itself”.

Daar is altyd teenkantings, soos onder meer die oorvol klasse, die vol sillabus en beperkte tyd vir die gebruik van letterkunde vir die aanleer en verwerwing van addisionele tale. Poëtiese taal in gedigte neem lank om verstaan te word, die lengte van romans maak dit moeilik om klaar te kry en dramas is moeilik om in vol klasse uit te beeld. Kortverhale is gepas omdat dit kort is met meestal slegs een plot en ’n paar karakters en een ruimte- uitbeelding het, wat dit maklik maak vir leerders om die storielyn te verstaan. Pardede (2011: 17) verwys na enkele studies wat toon dat kortverhale ’n gepaste medium is om in taalonderrig te gebruik.

Daar is jaarliks ʼn keuse tussen voorgeskrewe kortverhale, drama en ’n roman vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Meeulanders deur Esta Steyn wat vir Graad 12-Afrikaans Eerste Addisionele Taal voorgeskryf is as een van die keuses, is heeltemal te moeilik en te lank vir die addisioneletaalleerders in Hoërskool Kriel. Die verhaal speel ook af in ’n ruimte wat vir baie leerders onbekend is. Die boek is daarom eerder gekies vir Graad 11-Afrikaans Huistaalleerders en selfs vir hulle was dit te ingewikkeld met die baie karakters in die boek wat afspeek in ʼn onbekende omgewing.

Daar is ʼn verskeidenheid redes waarom kortverhale in die onderrig en leer van addisionele tale gebruik word. Die redes is nie net linguisties nie, maar ook sosio-emosioneel, kognitief, kultureel en esteties.

klaskamer gebruik word. Ek stem saam met al die redes wat verskaf word en is van mening dat dit ook op die onderrig en leer van kortverhale in Afrikaans as Addisionele Taal van toepassing is. Enkele van die redes word hier ter wille van oorsigtelikheid as kolpunte gegee::

 Kortverhale verskaf gedeelde sosiale ervarings.

 Kinders is vertroud met narratiewe konvensies en die luister na en lees van verhale is ʼn bekende aktiwiteit wat hulle tuis en by die skool doen.

 Kortverhale skakel met ander skoolvakke en leer oor die kurrikulum vind plaas.  Kortverhale (hetsy in die eerste taal of in die addisionele taal) vereis dieselfde

kognitiewe strategieë.

 Stories ontwikkel verskillende intelligensie-tipes (soos emosionele intelligensie) wat ʼn bydrae tot suksesvolle leer lewer.

 Leerders raak by die storie betrokke, hulle identifiseer met die karakters en interpreteer die storielyn. Dit versterk met ander woorde hulle verbeelding.

 Kortverhale ontwikkel hoë orde denkvaardighede, aangesien leerders aangemoedig word om hulle gedagtes oor die verhale te verbaliseer.

 Dit bevorder die woordeskatontwikkeling van leerders.  Dit stel hulle bloot aan outentieke taalgebruik.

 Dit verskaf geleentheid om die vier taalvaardighede te integreer.

 Deur te luister na en verhale te lees, kan leerders self storievertellers word.

 Kortverhale handel dikwels oor universele temas en laat toe dat leerders oor belangrike temas dink.

 Kortverhale weerspieël dikwels die kultuur van die outeur en sodoende word kulturele inligting oorgedra.

.

Kortverhale word veral aanbeveel aangesien dit prakties is wat leestyd betref en nie te ingewikkeld is om self daarmee te werk nie. Dit bevat ’n verskeidenheid smake en belangstellings en bied die gepaste keuse van leesstof wat die leerders sal interesseer.

Die vaardighede waarby leerders baat vind, is om hulle leesvermoë en woordeskat te verbeter omdat hulle dit sal kan lees en verstaan. Hulle leer om woordeboeke te gebruik indien hulle nie alles verstaan nie. Dit dien as model vir hulle eie skryfwerk as onderwerpmateriaal. Hulle luister- en praatvaardighede verbeter as hulle beurt-lees, self lees of dramatiseer. Die verhaal kan selfs oorvertel word en rolspel kan gebruik word, wat

die leerder se praatvaardigheid ontwikkel.

Dit sluit aan wat deur Pardede (2011: 14-27) bespreek word. Sy beveel veral kortverhale aan, aangesien dit eenvoudiger is met gewoonlik een tema, minder karakters en 'n nie- uitgebreide agtergrond. Dit is gepas omdat dit in een of twee periodes gelees kan word. Die verskeidenheid is ook 'n pluspunt, want dit verskaf keuses vir verskillende belangstellings en smake.

Storieseleksie is uiteraard belangrik omdat die lengte van kortverhale wissel van baie kort na enkele bladsye. Die kortheid van die teks is volgens Pardede (2011: 17) belangrik vir leerders omdat hulle dit binne ’n beperkte tyd moet kan lees, verstaan en take kan voltooi. Dit gee aan hulle ’n gevoel van eiewaarde en selfvertroue. Hill (1994: 15) in Pardede (2011: 17) verwys naas lengte na drie ander kriteria vir die keuse van tekste, naamlik eerstens is die vaardighede en taalvermoë van die leerders belangrik; tweedens is die linguistiese en stilistiese vlakke van die teks belangrik en derdens is daar die agtergrondinligting wat verskaf sal moet word om die teks te kan verstaan en uiteindelik te waardeer. Daar moet dus gekyk word na die woordeskat en sinstrukture van die kortverhaal sodat dit bruikbaar is en gepas is vir vaardigheidsvlak van die leerders.

Adendorff (2014: 145) verwys na ʼn artikel deur Kruger (2007) oor die effektiewe gebruik van die folklore in die Afrikaanse addisioneleklaskamer. Folklore is ʼn bruikbare genre om in die addisioneleklaskamer te gebruik, maar dit is problematies, want nie alle verhale is folklore nie. Die keuse van die voorgeskrewe verhale word provinsiaal gemaak en dus lê die keuse vir die gebruik van folklore nie by die onderwyser nie.

Adam (2006: 2) verwys na die bundels Versreise en Woordreise wat volgens temas verdeel is en wat nuttig is vir ’n geïntegreerde benadering. Die voorbeeldlesse in hoofstuk 4 kom uit die voorgeskrewe letterkunde vir Graad 12 uit Versjoernaal en Storiejoernaal. In

Storiejoernaal is daar ’n wye spektrum van kortverhale wat verskillende kulture,

geskiedkundige tye, maatskaplike situasies en emosies bevat. Met die nodige leiding van die onderwyser kan dit tot kulturele aanvaarding, persoonlike groei en die kennisraamwerk van die leerders lei.