• No results found

2.10 ETIESE ASPEKTE

2.10.3 Die beginsel van billikheid

Die beginsel van billikheid omskryf die deelnemers se reg op regverdige seleksie en behandeling, asook die reg op privaatheid. Deelnemers aan die studie is weens redes wat direk met die studieprobleem verband gehou het, geselekteer en nie omdat hulle maklik bereikbaar of manipuleerbaar was nie. Enige ooreenkoms wat met ʼn deelnemer gesluit is, is volgens die vereistes daarvan nagekom en alle deelnemers is te alle tyd respekvol, eerlik, hoflik en regverdig behandel (Brink, 1996:40, Babbie, 2004:72).

In die studie is daar byvoorbeeld moeite gedoen om die deelnemers ten opsigte van hulle tydskedules tegemoet te kom. Veral verandering aan-diensroosters op kort kennisgewing is noodgedwonge aanvaar en alternatiewe tyd vir opvolg onderhoude ingeruim, hoewel dit weens tydsbeperkinge dikwels nie maklik was om die toegewings te maak nie.

Onder die beginsel van billikheid ressorteer ook die reg op privaatheid, anonimiteit en konfidensialiteit:

2.10.3.1 Die reg op privaatheid

Privaatheid is die vryheid waaroor elke individu beskik om self te besluit tot watter mate, onder watter omstandighede en met wat enige persoonlike inligting gedeel of weerhou gaan word. Persoonlike inligting omvat die persoon se houding, oortuigings, gedrag, opinies asook enige dokumente of rekords met betrekking tot homself (Brink, 1996:40; Babbie, 2004:70-71).

In die studie wat onderneem is, is hierdie aspekte juis die bron van die navorsingsdata. Dus moes die deelnemers se reg op privaatheid tydens die ontwerp en uitvoer van die studie in aanmerking geneem word. Indringing van privaatheid vind plaas wanneer privaat inligting sonder die persoon se kennis, of teen sy wil, bekend gemaak word. Brink (1996:40) beweer dat deelnemers gewoonlik tydens die dataversamelingsproses die meeste indringing van privaatheid ervaar, en stel dit duidelik dat geen data ooit sonder die deelnemer se kennis of toestemming versamel mag word nie.

Die reg van privaatheid van die deelnemers in die studie is deur die ooreenkoms om inligting konfidensieel te hou, asook die ingeligte toestemming wat deelnemers vooraf verbaal en skriftelik moes verskaf, beskerm. Toestemming is skriftelik bekom om die beskerming van die deelnemers en navorser sonder twyfel te verseker. Die gegewe toestemming handel oor insluiting in die studie, die versameling en gebruik van die inligting wat benodig word, asook oor publikasie van die bevindinge daarna (S.A. Grondwet, Hoofstuk - 2 Menseregte, 1994:Intyds; Brink, 1996:40, Babbie, 2004:64, 68; Burns en Grove, 2005:186-187).

2.10.3.2 Anonimiteit

Anonimiteit dui daarop dat alle deelnemers tydens deelname aan die studie ongeïdentifiseer sal bly, en dat slegs die noodsaaklikste lede van die navorsingspan enige kennis oor die individuele deelnemers sal dra. In die studie was die navorser die onderhoudvoerder en enigste lid van die navorsingspan, en kon anonimiteit deur slegs ʼn unieke opvolgende verwysingsnommer (byvoorbeeld Deelnemer 1, eerste of tweede in- diepte onderhoud) verseker word. Geen name is op die transkripsies self geplaas nie. Om die deelnemers se name op ʼn lys te bewaar is noodsaaklik wanneer data soos in hierdie geval, na ʼn periode van tyd weer in verband met bepaalde deelnemers gebring moet word. Die navorser het die lys met die deelnemers se verwysingsnommers agter slot en grendel bewaar. Waar inligting wel die identifikasie van ʼn persoon sou kon meebring, is die inligting so gou moontlik in die breër data-poel verwerk en die transkripsie daarna geberg.

Anonimiteit ten opsigte van alle ander persone, uitgesluit die navorser self, verseker dat die deelnemers se waardigheid en privaatheid deurgaans gerespekteer word (Brink, 1996:41; Babbie, 2004:65; Burns en Grove, 2005:194).

2.10.3.3 Konfidensialiteit

Konfidensialiteit dui op die navorser se verantwoordelikheid om alle data wat in die bestek van die studie versamel is, teen onthulling of beskikbaarstelling aan ander persone te beskerm. Tydens die studie is alle versamelde data deurgaans konfidensieel hanteer, met slegs die opvolgende persoonlike identifiserende verwysingsnommer as indikasie van wat die deelnemer is. Tydens die data ontledingsproses is met spesifiek toegewysde kleurkodes gewerk om te verseker dat data vir die navorser opspoorbaar is, maar konfidensieel bly. Selfs nadat die rou data verwerk is, sal alle toestemmingsbriewe, dokumente, notas en oudiobande tot na voltooiing van die studie agter slot bewaar word, waarna dit vernietig sal word.

Deelnemers behoort tydens die fase van verlening van ingeligte toestemming reeds konfidensialiteit ingelig te word. Tensy direkte toestemming aan die navorser verleen is om inligting bekend te maak, moet alle inligting slegs aan gemagtigde persone beskikbaar wees. Voordat enige resultate gepubliseer word, moet deelnemers daarvan in kennis

gestel word. Indien nodig, moet deelnemers vooraf tot die artikel toegang hê om hulself gerus te stel dat konfidensialiteit nie geskend is nie. Skending van konfidensialiteit kom gewoonlik voor wanneer ongemagtigde persone tot versamelde rou data toegang kry, of wanneer die navorser die deelnemers se identiteite tydens rapportering of publisering openbaar maak (Brink, 1996:41; Babbie, 2004:66-67; Burns en Grove, 2005:188-189, 194).

2.11 SAMEVATTING

In Hoofstuk 2 is die navorsingsmetodologie van die studie in diepte bespreek. Die navorsingsontwerp is uit ʼn kwalitatiewe, beskrywende en kontekstuele oogpunt beskou, terwyl die eenhede van ontleding en steekproeftrekking aandag geniet het. Die navorsingstegniek en onderhoudvoering is bespreek. Die verkenningsonderhoud wat onderneem is, die proses van dataversameling en betroubaarheid daarvan is uiteengesit, waarna data ontleding en etiese aspekte daarvan aan die beurt gekom het. Ten laaste is ʼn kort oorsig oor die navorsingsproses en sommige van die probleme wat daaruit ontstaan het, verskaf.

In die volgende hoofstuk sal aandag geskenk word aan die data ontleding en –

H

HOOOOFFSSTTUUKK33

DATA ONTLEDING, -INTERPRETASIE EN