• No results found

In dié vers word dit duidelik gemaak dat ’n eksegese van Genesis 1:26 (waar

God met die meervoudsvorm van die persoonlike voornaamwoord die voorneme aankondig om die mens te skep – “Kom Ons maak die mens . . .”) volg.

Die idee dat die engele aan die skepping van die mens deelgeneem het, is ’n Joodse idee wat nie net vreemd aan die Christelike Ou en Nuwe Testamente is nie, maar selfs in Joodse polemiek téén die Christendom opduik (Cook, 1987:47-58 – sien hieronder).

Pearson (1990:29-38) voer spekulasie oor dié tema, soos dit onder meer breedvoerig in die Geheime Boek van Johannes voorkom, na Joods-Hellenistiese denke in Aleksandrië terug. Filo het dié motief meer as een keer aangeraak, onder meer in De Fuga et

Inventione 68-70:

“On this account, I imagine it is, that when Moses was speaking philosophically of the creation of the world, while he described everything else as having been created by God alone, he describes man alone as having been made by him in conjunction with other assistants; for, says Moses, ‘God said, Let us make man in our image’. The expression, ‘let us make’, indicates a plurality of makers. Here, therefore, the Father is conversing with his own powers, to whom he has assigned the task of making the mortal part of the soul, acting in imitation of his own skill while he was fashioning the rational part within us, thinking it right that the dominant part within the soul should be the work of the Ruler of all things, but that the part which is to be kept in subjection should be made by those who are subject to him. And he made use of the powers which were subordinate to him, not only for the reason which has been mentioned, but also because the soul of man alone was destined to receive notions of good and evil, and to choose one of the two, since it could not adopt both. Therefore, he thought it necessary to assign the origin of evil to other workmen than himself, - but to retain the generation of good for himself alone.” (Vertaling Yonge, 1993:327)

Pearson meen Filo kry die idee op sy beurt uit Plato wat in Timeaus 41A skryf die wêreld is deur ’n demiourgos geskep, maar dat die skepping van die mens aan mindere wesens oorgelaat is. Oor die mindere gode skryf Plato:

“When all of them, both those who show themselves in the sky, and those who retire from view, had come into being, the Creator addressed them thus: -‘Gods, sons of gods, my works, if I will, are indissoluble. That which is bound may be dissolved, but only an evil being would dissolve that which is harmonious and happy. And althought you are not immortal you shall not die, for I will hold you together. Hear me, then: -Three tribes of mortal beings have still to be created, but if created by me they would be like gods. Do ye

therefore make them; I will implant in them the seed of immortality, and you shall weave together the mortal and immortal, and provide food for them, and receive them again in death.’” (Vertaling Jowett, 1964).

In ander Setiaanse tekste word die idee breedvoerig uitgebrei. Die Geheime Boek van Johannes (II,1,15-19) vertel in besonderhede hoe die engele aan die skepping van die mens meegewerk het – spesifieke engele word selfs aangewys om onderskeidelik die tone en die toonnaels te skep. In haar ontleding van die Geheime Boek van Johannes gee King hieraan aandag. Dele van die skeppingsnarratief in die Geheime Boek van Johannes klink merkwaardig eenders as dié in die “Evangelie van Judas”, byvoorbeeld II,1,15:1-4:

“And he said to the authorities which attend him, ‘Come, let us create a man according to the image of God and according to our likeness, that his image may become a light for us.’ And they created by means of their respective powers in correspondence with the characteristics which were given.” (Vertaling Wisse, 1988)

Dié teks word opgevolg deur ’n lang beskrywing van hoe die onderskeie engele aan die verskillende liggaamsdele van die mens meegewerk het – iets waarin King (2006:viii-ix) veral ’n invloed van die Egiptiese geneeskunde sien: Deur aan elke liggaamsdeel die naam van ’n geestelike wese te koppel, sou dié wesens besweer of aangeroep kon word ten tye van siekte of besering in die betrokke liggaamsdeel. Benewens dié Egiptiese invloed, sien sy egter ook ’n Joodse teologiese debat in die agtergrond, en spesifiek ’n omstredenheid oor die woord “Ons” in Genesis 1:26 (2006:188,240). Deur die “Ons” as God se engele te identifiseer, neem die Setiaanse skrywers van die Geheime Boek van Johannes (doelbewus of nie) stelling in teen diegene wat vir die Johannesevangelie verantwoordelik was (luidens Johannes 1 is die persoon wat God met die skepping help eerder sy Woord, Christus), asook teen die Joodse kringe wat Genesis 1:26 as ’n gesprek tussen God en sy gepersonifieerde Wysheid sou lees (in die Gnostiek is dit die wêreldse regeerders, eerder as Wysheid/Sofia wat met die skepping van die vleeslike gemoeid is – ’n behulpsame detail indien die stoflike wêreld as ’n setel van boosheid gesien word). Hier is dus nie net sprake van ’n nie-Christelike motief nie, maar van een wat selfs gebruik wou kon word om teen Johannes 1 te polemiseer.

Cook (1987:47-58) sien ’n verdere bewys van dié spesifiek Joodse tradisie in die latere Targum Pseudo-Jonatan, waar die rol van die engele in die skepping van die mens uitdruklik in die Genesis-teks ingeskryf is, om te lui

“And God said to the angels who minister before him and who were created on the second day of the creation of the world, ‘Let us make man in our image according to our likeness and let them have dominion over the fish of the sea and over the birds of the air of heaven and over the cattle and over all the things of the earth and over all the creeping things which creep upon the earth.’” (Die onderstreepte dele is invoegels in die Targum Pseudo-Jonatan, Vertaling Rieder, 1974)

Cook (1987:51) skryf dié inskrywing toe aan ’n teen-Christelike polemiek wat pogings wou weerlê om Genesis 1:26 as skriftuurlike begronding vir die Drie-eenheid of Christologie te gebruik (iets soortgelyk as die koppeling van Genesis 1:26 aan Johannes 1 waarna in King se werk verwys is). Aangesien die Targum dus dié motief gebruik met ’n teen-Christelike en selfs anti-Gnostiese agenda (die engele word in die Targum uitdruklik ondergeskik aan die Skepper gemaak, om te beklemtoon dat hulle geskape eerder as skeppers is), is dit ’n sterk aanduiding dat dié motief ’n rol in Joodse bespiegelings gespeel en duidelik vreemd aan die Christelike tradisie (selfs in stryd daarmee) was.

In die Genesis Rabbah (8:1-9) is daar uiteindelik duidelik standpunt ingeneem teen dié tipe bespiegelings, moontlik as deel van ’n debat binne die Judaïsme. Die Rabbah gee toe dat God die engele op die tweede en vyfde dag geskape het (1:3, 3:8) en dat God dus in gesprek met die engele was tydens die skepping, al word die skepping (ook van die mens) uiteindelik aan God alleen toegeskryf. In Genesis Rabbah 8:8 sê R. Samuel ben Nahman namens R. Jonatan dat Moses, terwyl God die Torah aan hom gedikteer het, beswaar gemaak het teen die gebruik van die woord “Ons” in Genesis 1:26 deur aan God te sê: “Why dost Thou furnish an excuse to heretics?” (vertaling Freedman en Simon, 1961), ’n duidelike aanduiding dat dié tipe eksegese van Genesis ook in die tyd van die Genesis Rabbah se skrywe gebruik is om “ketterse” interpretasies te steun.