• No results found

Afstandsleer aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)

1.11 SAMEVATTING

2.2.2 Afstandsleer: Nasionaal

2.2.2.1 Afstandsleer aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA)

Die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) het as University of the Cape of Good Hope ontstaan, waarna die naam na UNISA verander is (Wyngaard, 2017). In 1946 was UNISA reeds die voorloper afstandsleeruniversiteit in Suid-Afrika.

Volgens De Hart et al. (2015:18-45) is UNISA een van Suid-Afrika se 23 staatsgefinansierde tersiêre instellings. Dié universiteit is ʼn uitgebreide oop afstandsleeruniversiteit wat ʼn verskeidenheid van akademiese en professionele diplomas, voor- en nagraadse sertifikate, kortkursusse en grade aanbied. Nagraadse studies word ook tot op doktorale vlak aangebied. UNISA bied ʼn omvattende kombinasie van programme wêreldwyd aan. Die studentekorps is ongeveer 400 000, onder wie die meerderheid van dié studente deeltydse en ouer persone is (De Hart et al., 2015:18-45). By UNISA word 12.8% van alle grade in Suid-Afrika toegeken (De Hart

et al., 2015:18-45). Volgens Subotzky en Prinsloo (2011:177-193) en De Hart et al. (2015:18-45)

word UNISA as ʼn mega-afstandsleeruniversiteit geklassifiseer. Dié universiteit word as een van die grootste afstandsleeruniversiteite ter wêreld beskou (De Hart et al., 2015:18-45).

UNISA beskou die versekering van sukses as ʼn uitdaging. Dié universiteit se mandaat om ooptoegang tot hoër onderwys te bevorder asook om te voorsien in die sosio-ekonomiese omstandighede van meeste geregistreerde UNISA-studente, dra by tot die uitdaging tot sukses. Die onderrig- en leerpraktyk by UNISA behels die gebruik van ʼn geïntegreerde benadering. Dit is hoofsaaklik ʼn papiergebaseerde kommunikasiemetode wat oorgedra word na die elektroniese aflewering van inhoud via ʼn LBS. Persone wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van opvoedkundige hulpbronne by dié universiteit, bestaan hoofsaaklik uit ʼn kurrikulumontwerper en akademiese personeel wat verder van andere se dienste, soos ʼn grafiese ontwerper, ʼn taalkonsultant en ʼn bibliotekaris, gebruik maak (De Hart et al., 2015:18-45).

Volgens Subotzky en Prinsloo (2011:177-193) ervaar UNISA ʼn verskeidenheid van operasionele probleme weens die hoë inname van afstandsleerstudente. Hierdie operasionele probleme behels verswakte dienslewering aan studente en studiemateriaal wat laat versprei word, wat gevolglik ʼn effek op studente se leer en onderrigtyd het. Afstandsleerstudente aan UNISA het dié twee probleme uitgelig as die grootste uitdaging tot sukses.

UNISA-studente moet ʼn deelnamepunt van 40% vir hulle modules behaal om eksamentoelating te kry. ʼn Deelnamepunt van 40% verleen toelating tot twee eksamengeleenthede (UNISA,

van dié studente lê nie die eksamen af nie. Afwesigheid tydens eksamenaflegging kan toegeskryf word aan probleme soos werk- en huishoudelike druk wat deur afstandsleerstudente ervaar word. Subotzky en Prinsloo (2011:177-193) meld dat ras en geslag van UNISA-studente ook ʼn rol speel in die suksesvolle voltooiing van hulle studies. Aan UNISA presteer wit vroulike studente beter as hulle eweknieë (Subotzky & Prinsloo, 2011:177-193).

Die fokus van afstandsleer aan UNISA is onderrig, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid. UNISA volg ʼn afstandsleermodel van onderrig wat ʼn kombinasie van beginsels insluit. Hierdie beginsels is gefundeer op ʼn leergesentreerde onderrigbenadering, lewenslange leer, buigsaamheid van leerfasilitering, erkenning van vorige leer, samestelling van leerprogramme, leerondersteuning; en die wegdoening van uitdagings wat studente toegang tot verdere studies verhoed ("UNISA," 2017). Kwalifikasies aan UNISA is só gestruktureer dat ʼn sekere aantal modules in ʼn bepaalde studietyd voltooi moet word indien die student wil gradueer.

In 2011 het UNISA ʼn implementeringsplan daargestel om studente te ondersteun. Volgens Subotzky en Prinsloo (2011:177-193) behels dié implementeringsplan die herkonseptualisering van studente-ondersteuningstelsels, heroorweging van formatiewe assessering en die herdefiniëring van die minimum toelatingsvereistes vir UNISA-studente, waar hulle sosio- ekonomiese en opvoedkundige omgewing in ag neem word.

UNISA bied ʼn verskeidenheid van ondersteuningsfasiliteite, tegnieke en dienste aan vir hulle geregistreerde diverse studentebevolking. Dit sluit in die gebruik van geïntegreerde media soos rekenaars, elektroniese ondersteuningsisteme asook studiemateriaal wat fokus op verskillende modaliteite vir leerontwikkeling, asook die fasilitering en ondersteuning van leer. Ondersteuning sluit in dosente, e-tutors, beraders en dienste, soos die UNISA-biblioteek, wat deel vorm van studente se suksesvolle voltooiing van hulle kwalifikasies (UNISA, 2017). UNISA streef daarna om die vele moontlikhede van inligting- en kommunikasietegnologie te benut om hulle studente ʼn inherente aanlyn onderrig- en leerervaring te bied.

UNISA as afstandsleeruniversiteit bepaal sy eie toelatingsvereistes (binne beleid) en het in 2013 ʼn nuwe toelatings- en registrasiebeleid ontwikkel wat toegang verleen tot tradisioneel benadeelde studente, erkenning gee aan vorige ervaringsleer en buigsame leer met betrekking tot interaktiewe leermateriaal bevorder.

Alle korrespondensie aan geregistreerde studente word op die LBS, MyUnisa-platform, gelaai. Met die gebruik van ʼn skakel op die MyUnisa-platform is enige relevante studie-inligting van die student beskikbaar. Inligting rakende aansoeke, registrasies of studieverwante inligting kan deur studente op dié platform of die UNISA-webtuiste gevind word. Administratiewe inligting wat spesifiek op die student fokus – soos sy/haar studenterekening, persoonlike eksamenrooster, tutoriale briewe – is ook op die MyUnisa-platform beskikbaar. Studente verkry toegang tot die

MyUnisa-webtuiste deur met hulle studentenommers in te teken UNISA, 2017). Dié universiteit

bied ook aan UNISA-studente persoonlike ondersteuning en berading by verskeie streek- leerondersteuningsentrums (UNISA, 2017). Dáár kan studente raad inwin betreffende hulle studies, ander studente ontmoet asook van rekenaars en beskikbare UNISA-dienste gebruik maak. Elke leerondersteuningsentrum beskik oor internetgeriewe en ʼn klein biblioteek wat akademiese literatuurdienste beskikbaar stel.

UNISA volg ʼn geïntegreerde benadering met leerdergesentreerde onderrig. Afstandsleerstudente moet verantwoordelikheid vir hulle eie leer aanvaar. Operasionele probleme word by dié universiteit ervaar weens die hoë innames van afstandsleerstudente, wat gevolglik lei tot verswakte dienslewering en studiemateriaal wat studente nie betyds bereik nie. Talle UNISA- studente lê nie eksamen af nie, wat moontlik toegeskryf kan word aan werk- en huishoudelike druk omrede die meeste van dié studente werk en studeer. Geïntegreerde media- en addisionele ondersteuning word aan UNISA-studente gebied om te verseker dat hulle hul studies suksesvol kan voltooi.

Aangesien dié studie handel oor die ervaring van afstandleerstudente aan die NWU, gaan die volgende afdeling daarop fokus.