• No results found

Hoofstuk 3: Bekendstelling van die kunstenaars

3.2.1   ʼn Biografiese oorsig

Walter Whall Battiss (1906-1984) is gebore in Somerset-Oos in die Oos-Kaapse

Karoogebied van Suid-Afrika waar sy ouers ʼn plaaslike hotel bestuur het. Weens finansiële probleme wat hulle ervaar het gedurende die Eerste Wêreldoorlog moes hulle egter die hotel sluit. Hierna het die familie in 1917 verhuis na Koffiefontein in die Bo-Karoo. Dit is in hierdie omgewing as skoolseun waar Battiss vir die eerste keer in aanraking gekom het met die rotskuns van die Boesmans en vanwaar sy belangstelling in argeologie, antropologie en sogenaamde primitiewe kunsvorms spruit. Hoewel hy na skool aanvanklik as klerk begin werk het by die Rustenburgse magistraatskantoor, het Battiss kort voor lank homself in die kunste verdiep, hetsy as deeltydse student, as kunstenaar, as kunsskrywer, of soos in later jare, ook as onderwyser en dosent (Coetzee, 2013:1; Schoonraad, 1974:10-14, 19, 25).

Sy loopbaan as kunstenaar het in die vroeë 1930s ʼn nederige begin gehad toe hy begin skilder het binne die konvensionele Suid-Afrikaanse realistiese landskapstradisie (fig. 3.1). Teen die einde van die dekade het die kunstenaar en sy kuns ʼn volkome

gedaanteverwisseling ondergaan en het hy in die proses volkome weggebreek van tradisie en norm. Hy is geag as een van Suid-Afrika se avant-garde kunstenaars en het getel onder die stigterslede van die Nuwe Groep – ʼn los affiliasie van jong invloedryke Suid-Afrikaanse kunstenaars (onder andere Gregoire Boonzaaier, Lippy Lipschitz, Frieda Lock en Alexis Preller) wat nie noodwendig formalistiese of konsepsuele ooreenkomste gedeel het nie, maar wel saamgesnoer is deur die rebelse anti-establishment kwaliteite waaroor hul kuns beskik het (Berman, 2014).

Om die agtergrond waarteen die Nuwe Groep gestig is beter te begryp, is dit nodig om kortliks te verwys na die South African Society of Artists (SASA). Hoewel dit nie die eerste groot kunsvereniging in Suid-Afrika was nie, was die SASA wel die eerste vereniging om homself te beywer vir die welstand van praktiserende kunstenaars. Hulle het vanaf 1902 elke jaar ʼn uitstalling gehou en kort voor lank die vernaamste en invloedrykste rolspeler op die Suid-Afrikaanse kunstoneel geword. Verkryging van lidmaatskap het ʼn ingewikkelde proses behels wat berus het op aansoeke wat jaarliks herhaal moes word. Uiteraard, gegewe Suid-Afrika se politieke en sosiale geskiedenis van segregasie, was lidmaatskap beperk tot wit kunstenaars. Benewens daarvoor dat SASA mettertyd toenemend

konserwatief en akademies georiënteerd geword het, het dié vereniging gaandeweg ontwikkel tot ʼn voorskriftelike spreekbuis van die kunstenaar Edward Roworth (1880-1964) en sy aanhangers. In 1932 is die Royal Academy in Suid-Afrika gestig in ʼn poging om alle kunsverenigings onder een gesaghebbende raad te verenig en is Edward Rowarth tot president verkies. Heelwat jong Suid-Afrikaanse kunstenaars het hulself vervreemd gevoel van die groter Suid-Afrikaanse kunste-establishment in die 1930s en 1940s, veral diegene wat hul kunsopleiding in Europa ondergaan het. Dit was in teenstand tot die konserwatiewe voorskriftelikheid van die Royal Academy dat die Nuwe Groep in 1937 gestig is. Hoewel hierdie groep slegs vyftien jaar bestaan het as ʼn assosiasie, was dit een van die

invloedrykste projekte tot op daardie stadium in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse kuns (Schoonraad, 1974:96-100).

Gedurende die laat-1930s het Battiss die Boesman-rotskuns van Suider-Afrika met groter erns begin bestudeer en in 1939 is sy eerste boek oor die onderwerp, The amazing Bushman, gepubliseer (Duffey, 2006:29-30; Werth, 1984:216). In 1940 is hy getroud met Grace Anderson, ʼn kunsonderwyseres. In 1944 het hy die eerste kunstenaar geword om Boesman-rotskuns aan te bied vanuit ʼn estetiese (en nie ʼn antropologiese) perspektief in ʼn uitstalling van sy kopieë van Boesman-rotstekeninge. Om sy begrip van rotskuns te

Fig. 3.2 Walter Battiss, Swimmers and fish (1949), olie op doek

Fig. 3.5 Walter Battiss, Rock artist (1966), syskermafdruk

Fig. 3.8 Walter Battiss, Five people in a cave (ongedateerd), olie op doek

Fig. 3.11 Walter Battiss, Figure I (c.1978), syskermafdruk

Fig. 3.13 Walter Battiss, More nudes (c.1978), syskermafdruk

verbreed het Battiss in 1948 vir ʼn wyle saam met ʼn Boesman-stam in die Namib-woestyn gaan woon. In 1949 het die kunstenaar homself sonder aankondiging begin distansieer van die Nuwe Groep omdat hy gevoel het dat invloedryke lede soos Gregoire Boonzaaier se kuns en kunsvisie verval het in ʼn soortgelyke strik van voorskriftelikheid soos die geval was met die SASA en die Royal Academy. Op uitnodiging van en in samewerking met Witold. Domanski, ʼn Poolse kunshandelaar, het Battiss ʼn tak van die Internasionale Kunsklub in Suid-Afrika gestig. Hy het in dieselfde jaar na Turyn, Italië gereis vir die klub se

internasionale uitstalling as verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse tak. Dit is hier waar hy talle internasionale kunstenaars ontmoet het, insluitende Pablo Picasso en Gino Severini (Berman, 2014; Schoonraad, 1974:55,109-111).

Gedurende die 1950s en 1960s het Battiss heelwat toekennings ontvang vir sy bydrae tot die kunste. In 1952 is hy genooi om lesings oor Suid-Afrikaanse kuns aan te bied by die Universiteit van Londen. Die volgende jaar is hy aangestel as die hoof van die Pretoriase Kunssentrum. In 1954 is hy verkies as lid van die Uitvoerende Kommissie van die

International Association of Plastic Arts asook as genoot van die Royal Society of Arts. Ook gedurende die 1950s het Battiss begin eksperimenteer met gekleurde houtsneë en

syskermdrukke. Veral vanaf 1955 is die invloede van kalligrafie asook die inkorporering van abstraksies wat uit menslike en dierlike komponente bestaan, opmerklik. In 1956 is Battiss bekroon met die Pro Arte-medalje vir sy bydrae to die kunste in Suid-Afrika deur die

Universiteit van Pretoria. Gedurende die vroeë sestigerjare het Battiss weens sy groeiende belangstelling in die kunste van pre-Islamitiese kulture verskeie reise onderneem van Sentraal-Afrika na die Midde Ooste. In 1965 is hy aangestel as professor van Beeldende Kunste by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria en is hy ook verkies as erelid van die Akademie van Florence. Dit is ook die jaar wat die kunstydskrif De Arte die lig gesien het met Battiss as een van die stigterslede (Berman, 2014; Schoonraad, 1974:133-134).

Tussen 1966 en die vroeë 1970s het Battiss verskeie reise onderneem na Griekeland en die Seychelles (Schoonraad, 1974:134-136). Die lewe van die eilanders het vinnig ʼn invloedryke deel van sy kreatiewe denke begin vorm en in 1975 het dit gekulmineer in die eerste

uitstalling gebaseer op die konsep van sy denkbeeldige Fook Island. In 1976 het Battiss ʼn lang besoek gebring aan verskeie eilande in die Stille Oseaan. Hy het baie inspirasie hieruit geput en meer kuns begin skep as uitbreiding van die Fook Island-konsep - insluitende ook fiktiewe paspoorte, seëls, valuta, publikasies en sogenaamde Fooklore. Hy het sy

denkbeeldige eiland omskep in ʼn monargie met ʼn denkbeeldige koning, Ferd the Third, wat duidelik vanuit die uitbeeldings gedien het as ʼn tong-in-die-kies alterego van die kunstenaar. Die Fook Island-kunswerke word gekenmerk aan helder kleurgebruik en ʼn algehele

sekstonele in helder plat kleurvlakke uitgebeeld het, sommige wat selfs verban is om in die publiek uitgestal te word (Berman, 2014; Bester, 2011).

In 1981 is die Walter Battiss Museum in Somerset-Oos geopen waarvoor hy die

meerderheid van sy eie kunswerke wat hy op daardie stadium steeds besit het, geskenk het. Battiss is op 20 Augustus 1982 in Port Shepstone oorlede. Hy was 76 jaar oud (Coetzee, 2013:1).