• No results found

HOOFSTUK 5: GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "HOOFSTUK 5: GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 5: GEVOLGTREKKINGS EN

AANBEVELINGS

5.1

Inleiding

Die doel van hierdie studie was tweeledig. Die eerste deel was om die bekende prekatalisator Grubbs 1 te gebruik en ’n standaardstel KMR-parameters en -eksperimente op te stel. Daarna is hierdie parameters gebruik om die ander prekatalisatore so goed moontlik te karakteriseer. Die karakterisering is so suksesvol moontlik uitgevoer met die voordeel dat koolstoftoekennings gemaak is aan 5-10 wat nog nie tevore gedoen was nie.

5.2

Sintese van piridinielalkoholatoligande en Grubbs-tipe

prekatalisatore

Die drie piridinielalkoholatoligande is volgens die literatuur gesintetiseer.(1) 1(2-piridiniel)sikloheksan-1-olato in sy onsuiwer vorm was ’n olie voorgekom maar nadat dit in petroleum-eter geherkristalliseer is, het wit kristalle gevorm. Die persentasie opbrengste sal laer wees as wat in literatuur voorkom weens intense herkristallisasie om die suiwerste moontlike produk te bekom. Die suiwerheid is deur die GC/MS bepaal.

Die eerste prekatalisatore wat gesintetiseer is, het laer opbrengste gelewer as wat in literatuur gerapporteer is, naamlik 7 24% teenoor 84% en 8 45% teenoor 91%.(2) Nadat die hoeveelheid lituimsout aangepas is tot ’n 10% oormaat, is hoër opbrengste verkry as wat in literatuur gerapporteer is, naamlik 5 61% teenoor 60%, 6 77% teenoor 70% en 10 38% teenoor 16%.(2)(3) Prekatalisator 9 was vir die eerste keer gesintetiseer met ʼn opbrengs van 33%.

5.3

Herhaalbaarheid van KMR-eksperimente

Hierdie eksperimente is ten minste drie keer herhaal. Die eerste twee herhalings was op ’n 5 mm PABBO BB- pylstif en ’n 5 mm TBI (trippel-resonans inverse breëband) 1H/31 pylstif. Met ’n TBI-pylstif is die 1H-observasiewindings die naaste aan die KMR-buis. Die buitenste observasiewindings word gebruik om X-kerne waar te neem oor die wydste moontlike radiofrekwensie gebied en kan selfs gebruik word vir die studie van organometaalkomplekse. Daar is twee nadele aan die pylstif. Eerstens moet die passing en verstelling met die hand

(2)

HOOFSTUK 5

gedoen word en die resultate het dus gevarieer. Tweedens is die X-kernobservasiewindings verder weg vanaf die KMR-buis, wat nadelig is vir die lae natuurlike isotoop voorkoms van

13C. Hierdie data is gedeeltelik bruikbaar maar die gebiede waar daar oorvleuelende pieke

voorkom, soos in die aromatiesegebied, kon daar nie toekennings gemaak word nie. Die 5 mm PABBO BB-pylstif het beter 13C resultate gelewer omdat die X-kernobservasiewindings die naaste aan die KMR-buis is. Die outomatiese verstelling en passing het ook bygedra tot die verbeterde resultate. In ’n soortgelyke studie het Hendrickx et al. ’n 5 mm TXI-Z pylstif gebruik en baie goeie resultate verkry.(4)

5.4

Aanbevelings

Moontlike studies wat uit hierdie studie kan volg:

• ’n Lae temperatuur 13C-studie, wat rotasie sal verminder en dus die aantal

waargeneemde koolstowwe sal verminder.

• ’n Temperatuur studie wat gebruik kan word vir die berekening van die energie wat benodig word vir rotasie.

• Vermindering van die spektraalwydte om te kan konsentreer op bv. slegs die benseengebied en dus beter sensitiwiteit lewer.

• 3D-eksperimente kan gedoen word sodat meer as een x-kern geobserveer kan word.

• Rutenium-metaal KMR kan na gekyk word, maar dit gaan problematies wees omdat dit hoogs simmetriese molekules benodig.

• Korrelasie tussen elektronegatiwiteite en chemieseverskuiwings.

5.5

Verwysings

1) Herrmann W.A., J. Mol. Catal. A., 1997, 117, 455.

2) Jordaan M., Experimental and Theoretical investigation of New Grubbs-type

Catalysts for the Metathesis of Alkenes, PhD-thesis, (North-West University), 2007

3) Huijsmans C.A.A, Modelling and synthesis of Grubbs-type complexes with

hemilabile ligands. MSc-dissertation (North West-University), 2009.

4) Hendrickx P.M.S., Drozdzak R., Verpoort F. en Martins J.C., Magn. Reson. Chem., 2010, 48, 443.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

can metropolitan growth. Lund Studies in Geography, Series B, Human Geography, No.. Behaviour and location: Fou~dations for a Geos graphic and Dynamic location

Die oudi ti ewe perseptuele tekorte wat bestaan het, is na die toepassing van .die hulpverleningsprogram oorko~ In heelparty van die ouditiewe funksies het die

In die aanduiding van enkele vorme van buitengewoonheid word veral klem gele op die minderbegaafde en begaafde leerlinge, waarvoor in die gewone skool op

Daar is aanduidings dat leerders se beskouing oar wiskunde en hulle studie-orientasie die kwaliteit van kognitiewe aktiwiteit en leeruitkomste (Crawford, 1992,

• Die onderwyser verrig sy taak in die openbaar; daarom word die gehalte van sy werk, sy persoonlike optrede en persoonlike leefwyse voortdurend deur die

Indien aktiwiteite akkuraat beplan word, kan die leerl'inge sukses ervaar wat hulle selfbeeld positief behoort te bein- vloed. Aangesien die leerlinge aangemoedig

Hierdie klein aantalleerders het meegebring dat daar nie 'n sinvolle faktoranalise op die onafhanklike veranderlikes (n = 32) uitgevoer kon word nie. lndien die

Hipotese 1 stel dat 3 – 9 maande oue babas wat ‟n formele stimulasieprogram volg, hetsy in groepsverband in ‟n dagsorgsentrum, of deur middel van individuele stimulasie wat