• No results found

Ons neem ook kennis van die konsepmynbouhandves wat in die Staatskoerant gepubliseer is

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "Ons neem ook kennis van die konsepmynbouhandves wat in die Staatskoerant gepubliseer is"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

6 September 2018

Sasol se uitsluiting van wit werkers uit Khanyisa

• Ons, die werknemers van Sasol, het met teleurstelling kennis geneem van die uitsluiting van wit werknemers uit Sasol se personeelaandeleskema, Khanyisa.

• Ons is lojale werkers wat produktief self oor geslagte gebou het aan Sasol.

• Ons families het deur ons lojaliteit en die ekstra myl wat ons gestap het, ’n prys betaal.

• Khanyisa volg op Inzalo wat alle werknemers ingesluit het. Sasol het dus ’n verlede van insluiting, maar ’n toekoms van uitsluiting.

• Die besluit van Sasol stuur ’n boodskap dat wit Sasol-werknemers nie mede- eienaars van Sasol kan wees nie.

• Die besluit lei tot gevoelens van magteloosheid en vervreemding.

• Ons neem ook kennis van die konsepmynbouhandves wat in die Staatskoerant gepubliseer is.

• Volgens die handves moet alle werknemers wat nie deel is van ander aandeelskemas nie, deel vorm van personeelaandeelhouding.

• Die onderliggende beginsel van hierdie standpunt is dat werkers bloot werkers is en nie verdeel moet word op grond van ras nie.

• Sasol is in direkte konflik met die konsepmynbouhandves en verdeel werkers op grond van ras.

• Die praktiese uitkoms hiervan is dat ’n werknemer wat reeds 30 jaar by Sasol werk, niks kry nie, maar iemand wat 3 weke by Sasol werk, kry aandeelwaarde van R500 000.

• Ons neem ook kennis van die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie (SAMRK) se verslag oor gelykheid wat bepaal dat ras nie die enigste faktor in bemagtiging mag wees nie.

• Ons neem ook kennis van die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie wat bepaal het dat die rasseklasifikasie stelsel wat Suid-Afrika tans gebruik nie aanvaarbaar is nie.

• Sasol se skema is dus teenstrydig met bykans alle voorskrifte van billike bemagtiging.

(2)

• Sasol het te ver gegaan.

• Sasol se enigste rede vir sy besluit is sy punte op sy bemagtigingstelkaart.

• Ons waarde word dus aan die hand van punte en ’n sakrekenaar bereken.

• Ons is bewus van talle ander personeelaandeleskemas wat almal insluit. Daar is dus ander alternatiewe.

In die lig van bogenoemde eis ons:

• dat ondernemings wat oor Inzalo gemaak is, nagekom word;

• dat die eerste fase van Khanyisa, wat huidige werknemers wat deel was van Inzalo insluit, uitgebrei word om pensionarisse en persone wat bedank het of deur herstrukturering by Sasol diens moes verlaat, ingesluit word;

• dat die tweede fase van Khanyisa aangepas word ingevolge die vereistes van die konsepmynbouhandves wat in die Staatskoerant gepubliseer is. In praktyk beteken dit dat Khanyisa alle werknemers moet insluit;

• dat daar as alternatief ’n ander skema ontwikkel word vir werknemers wat van Khanyisa uitgesluit is;

• dat ons binne 7 dae terugvoer op ons eise moet kry.

Namens Solidariteit:

___________________________

Dirk Hermann

Bestuurshoof: Solidariteit Namens Sasol:

___________________________ ___________________________

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Bij eigentijdse bestaanszekerheid hoort daarmee niet alleen dat je goede sociale voorzieningen hebt, maar ook dat mensen zich veilig voelen in hun eigen buurt en niet te veel op

Daarna word die groepsfoute in behandeling geneem deur aan die groepe leerlinge wat met sekere soorte foute sukkel intensiewe onderrig in die tipe somme te

The written answers were delved into during the focus group meetings by encouraging participants to explain their written responses in terms of their perceptions, experiences

weaker for accidental perpetration (Table IV), although there is an elevated risk for lifetime and 12-month mood disorder and 12-month anxiety and substance disorders..

(3) Geometry Variations and Electronic Structures. Until now all calculations revealed radicals in which the unpaired electron occupies an orbital directed toward the missing

Gij, menschen, die langs den straatweg gaat, Den breeden, woeligen weg van het leven, Die nimmer een stonde verwijlt en staat Om te denken, waar ge u wildet begeven, Slaat,

Door de auto in één keer te betalen, loopt hij de renteopbrengst in deze 6 jaar mis.. Joris wil de auto kopen als de totale kosten hiervan maximaal € 450,- per

[r]