4. GERONTOLOGIESE KODES IN DIE POeSIE VAN ELISABETH EYBERS
Jou lewenster.myn staan te boek volgens duistere getuienis, een ding na die ander loop mis tot jou liggaam 'n voorwendsel soek om te pleit: kom ons laat dit daarby.
E. Eybers (1994:17)
In hierdie hoofstuk word die gedigte van Elisabeth Eybers wat opvallende gerontologiese kodes vertoon teen die agtergrond van gerontolog{ese kodes soos dit in hoofstuk 2 uiteengesit is, bespreek. Daar sal vasgestel word van wanneer af hierdie gedigte in haar bundels begin verskyn bet, hoedanig die toename van ouderdomsgedigte in die daaropvolgende bundels voorkom en watter gerontologiese kodes kenmerkend van haar gedigte is. Daarbenewens sal daar vasgestel word in watter mate daar ooreenkomste en verskille bestaan ten opsigte van die ouderdomsbeelding en -belewing in Eybers se gedigte teenoor die van die ander digters.
4.1 INLEIDEND
Elisabeth Eybers is gebore op 26 Februarie 1915 en het (1995) tagtig geword. Sy en Ernst van Heerden is dus as't ware tydge-note. Altesaam 18 digbundels het uit haar pen verskyn, 1 waarvan Belydenis in die skemer (1936) die eerste was. Afgesien hiervan is daar ook versamelbundels gepubliseer.
Die doel van hierdie hoofstuk is om aan te toon hoe Eybers se
1.Die stil avontuur (1939), Die vrou en ander verse (1945) , Die ander dors (1946), Tussensang (1950) , Die helder halfjaar (1956) , Neerslag (1958) , Balans (1962), Onderdak (1968) Kruis of munt
(1973), Binder (1977), Bestand (1982), Dryfsand (1985), Rymdwang (1987), Noodluik (1989), Teespraak (1991), Respyt 1993, Nuweling (1994) en Tydverdryf Pastime (1996).
gedigte met ouderdom as tema progressief toeneem in haar bundels soos haar lewensjare vorder; hoe die bundeltitels asook die gedigtitels hierdie ervaring reflekteer, sander omhaal van woorde of eufemisme. Hieruit word die indruk verkry dat die spreker in die gedigte gewoon oud word en die daaglikse probleme met siekte, agteruitgang en vrese aanspreek. Daar sal aangetoon word hoe die spreker terugtrek in 'n kleiner, intiemer wereld. Die sterk onthegting wat duidelik sigbaar is in Ernst van Heerden se poesie, is in Eybers se gedigte minder opsigtelik. Dit is veral die kodes ten opsigte van die dood, siekte en liggaamlike afta-keling wat 'n duidelike gerontologiese karakter vertoon. Afgesien van genoemde kodes is die slaaploosheid (wat dikwels vir ouer mense 'n probleem is) kenmerkend. By Eybers is daar, wat die poesie-inhoud
die daaglikse
betref, geen ontkenning van die ouderdom nie. biografiese gang word daar bestek opgeneem,
In die situasie en agteruitgang genoteer - daar word boek gehou en deur middel van ironisering word die toenemende aftakeling beskou, kennis daarvan geneem en die lewe daarby aangepas. Daar word spesifiek verwys na slaaploosheid, hartprobleme, beroerte, artri-tiese gewrigte en allerlei siektes wat weer aanleiding gee tot onaangename ervarings. So word die moontlikheid om te val 'n pro-bleem. Sy hou spesifiek tred met die jare, en verwys na die sestigste, sewentigste en tagtigste jare van haarself en ander.
Bespiegelende verse oor die ervarings van 'n jong mens en haar eerste liefde word in die debuutbundel aangetref. Daarna kom die ervarings van 'n bruid en haar liefdesgeluk; die vreugde en vrese van die swanger vrou; die geboorte van die eerste kind en die gewaarwordinge van 'n moeder. Na haar mislukte huwelik word die hartseer en emosionele krisis, selfs 'n bietjie bitterheid, in
die gedigte weerspieel. Die aanpassing in 'n nuwe en vreemde land kry onderdak in haar gedigte. Daarom is dit feitlik vanselfspre-kend dat - soos die jare aanstap - ook die ouderdomservaring verwoord sou word.
Vanaf Die vrou en ander verse (1945) kom die doodsmotief in Eybers se poesie na vore. Kannemeyer (1988:168) meen:
. . . dan word die dood vernietiger van die lewe en die besef dat almal daaraan onderworpe is ( . . . ) markanter motief
Sedert Kruis of munt (1973) kom enkele gedigte met die ouderdom as hoofmotief reeds voor, vergelyk "Ouer word" (1990:353)1
en "Gety" (355) met sy doodsmotiewe wat daarby aansluit: As die agtergrond jou agterhaal
en invou teen die eb en vloed Nienaber-Luitingh (1975) verklaar:
Hier hoor ons die stem van In mens wat weet dat die grootste deel van haar lewe verby is, en dat die jare wat voorle, heelwat minder in aantal gaan wees as die wat reeds geleef is.
Daarom word hede, verlede en toekoms in oenskou geneem.
Die dood is die natuurlike einde van die mens se lewe en daarom is die aftakeling en toenemende siektetoestande, hospitalisering en doktersbemoeienis definitiewe gerontologiese kodes in Eybers se poesie.
Dit moet duidelik gestel word dat hierdie 'n tematiese studie is en dat dit daarom hoofsaaklik om die vasstelling van die geronto-logiese kodes in die poesie gaan. Die klem val op die onderwerp en die tema. Instemmende gediginterpretasies sal gedoen word wat
1.Behalwe waar anders vermeld, word Versamelde gedigte (1990) gebruik.
nie steun op die subjektiewe interpretasie van die leser of student nie.
4.2 GERONTOLOGIESE KODES IN BUNDEL- EN GEDIGTITELS
Soos by Ernst van Heerden die geval is, wek die bundeltitels reeds die vermoede dat gerontologiese kodes ter sprake is. Daarom sal die bundeltitels van naderby betrag word. In Eybers se bun-dels kom nie onderafdelings voor nie, maar die gedigtitels is ook gerontologiese aanduiders.
4.2.1 BUNDELTITELS
Bundeltitels is deurgaans 'n aanduiding van die temas in Eybers se poesie, daarom is dit nodig om na die moontlike betekenis van die bundeltitels te kyk en hoe dit verband hou met die gedigte in die betrokke bundels.
Die bundeltitels: Einder (1977), Bestand (1982), Dryfsand (1985), Rymdwang (1987), Noodluik (1989), Teespraak (1991) en Respyt
(1993) (1994)
is elkeen 'n gerontologiese verwysing en selfs Nuweling toon dat elkeen 'n nuweling is wanneer sy ouderdom en dood beleef moet word. F.I.J. van Rensburg (1989:10) toon dat die bundeltitels tiperende aankondigers van Eybers se lewensfases is:
E1ke nuwe titel het as't ware 'n nuwe fase van haar ontwikkeling as mens en digter geregistreer.
Die titel Einder (1977) dui op nuwe vergesigte enersyds, en andersyds op die eindigheid en die naderende einde. Hierin word daar veral aangetoon dat daar selfs vir bejaardes steeds nuwe
ervarings moontlik is, soos byvoorbeeld nuwe verhoudings.
Alhoewel die eertydse eggenoot en 'n nuwe liefde aandag geniet ln Einder (1977), is die naderende dood die belangrikste tema in 'n aantal gedigte, en ouderdom- en siektekodes oorheers in die slot-gedigte.
Die vermoe om weerstand te bied en staande te bly teen die slo-pende magte kom na vore in Bestand (1982). Die agteruitgang verbied haar om die digwerk te staak. Aan die einde van die bundel is 'n reeks gedigte oor die ouderdom en die verhouding grootmoeder-kind-kleinkind.
In Dryfsand (1985) word daar uit die perspektief van wat verby is, die balans van die lewe opgemaak. Verval domineer die emo-sies, maar daar is geen troos in die beperking van die emosies en geen innerlike berusting nie. Die geleefde lewe dring sig op, is skerper omlyn en en soms ook bedreigender as voorheen. In "Toe-gif"
blik" bad.
(488) is 'n verslag van die daaglikse ervarings en "Spieel-(509) 'n raaksien van die afgetakelde liggaam op pad na die Dit is futiel om te spartel in dryfsand, daardeur word 'n mens net vinniger en dieper ingesuig. Dieselfde geld ten opsigte van die ouderdom en die dood.
Die lewe as 'n lang reis na die ontluisterende einde, kom duide-lik te voorskyn in Rymdwang (1987) . Met ironie begelei sy die aanvalle van die ouderdom deur die tyd. Met behulp van fyn humor verkry die digter afstand teen die arglistigheid van die tyd.
Reeds in die titelgedig, "Rymdwang" (523), kom 'n reeks woorde voor wat ironies op die aftakeling van die ouderdom dui.
"ver-kalk" bevestig dit. Deur middel van die tweevlakkigheid word die prosodie benut om die liggaamlike aftakeling te ironiseer. Die liggaam van die spreker is onderworpe aan dwang, 'n mag wat lei tot digterlike vorming en formulering en verduursaming van biologiese en emosionele ervarings - verstarring en verharding van die liggaam. Afstand moet van die ouderdom gedoen word, van die keuses, sodat die rym en ouderdom beide hul gang kan gaan. Die stelreels is belangrike elemente, maar volg soos die liggaam sy eie reels. Olivier (1990:111) dui aan dat die prosodie 'n:
paslike onderkome (onderdak) is, 'n herberg in die persoonlike psige.
Rymdw.ang (1987)is 'n tegniese en eksistensiele soeke na versoening, 'n mag wat dikteer en verbied, maar ruimte laat vir die dubbele integrasieproses.
Enersyds verwys Respyt (1993) na uitstel, na die verstrykdatum, vir die betaling van 'n rekening. Dit word 'n rusplek langs die lewenspad wat amper by sy einde is. Andersyds is dit 'n verwysing na spyt: re spyt (insake:spyt) 'n bestekopname van die dinge in die lewensgang wat dalk op berou oor die verlede kan dui. Respyt is ook die uitstel van die dood, want volgens Moses (Psalm 90) is die lewe na sewentig net vir die heel sterkstes.
Nuweling (1994) lyk op die oog af na 'n ironiese bundeltitel vir 'n digbundel wat op die vooraand van 'n digteres se tagtigste verjaardag verskyn. Dan blyk dit uit die inhoud dat elke mens 'n nuweling is op die verskillende stadia van die lewensontwikke-ling. Daar is wel baie voorgangers op die gebied van die ouderdom en die dood, maar vir elke mens bly dit 'n unieke persoonlike ervaring. Op hierdie gebied is elkeen dus 'n nuweling.
gaan nie. 'n Mens besit alles wat verbygaan onsigbaar1 juis deur
daarvan afstand te doen en dit binnewaarts te vergaar. Ouderdom word in 'n verskeidenheid aspekte uitgebeeld. 'n Groot aantal verse oor winter en ouderdom kom in die laaste bundels voor.
Baie sterk kom die leser onder die indruk van die daaglikse gebeure en belewenisse wat op die biografiese steun ten opsigte van liggaamlike ongemak1 geleidelike agteruitgang en siektes. Die skending van die liggaam as gevolg van operasies sluit hierby aan soos onder andere in gedigte met titels soos: "Uitstel"
(381) 1 "Swymelrym" (394) 1 "Mammektomie" (430) en "Terug" (433).
4.2.2 GEDIGTITELS
Soos die geval met die bundeltitels1 vertel die gedigtitels die verhaal van oudword onomwondel soos met: "Ouer word" (345) 1 Oor t ien j aar" ( 4 50) I "Op jou oudag" (471) 1 "Ouma" (481) 1 "Oud word"
(485) 1
(586) 1
"Die ouderdom is nie noodwendig saai" (554) 1 "Geriatries" "Aan. 'n medebej aarde" (1994; 11) 1 "Bejaarde liefde" (1994:22) 1 "Sewe dae op die rand van tagtig" (1994:31) en "Laaste skof" (1994:47).
Die siektes en fisiese steurnisse wat met ouderdom gepaard gaan1
word op dieselfde neutrale wyse as die wat na oudword verwysl in die titels weergegeel soos die verwysings na die hartprobleme wat ondervind word in: "Van harte" (426) en "Aritmie" (50) en ander probleme soos "Mammektomie" (430) "Siek" (486) I "Sy sit op die
rand van haar bed" (575) 1 "Versorgingstaat" ( (1993: 9) 1 "Herstel" (1993:14)1 Meer subtiel is titels soos: "Najaar" (353) 1
nuwe horl osie" "Voortbestaan"
(428) 1 "Voorsorg" (431) 1 "Verwagting"
(487) 1 "Toegif" (488) I "Dit was" (496) I
"Aan my (479) 1
"Versug-ting" (497) 1 "Deesdae" (500), "Ek hoop" (503) "Aftelrympie"
( 505) 1 "Resolve" (519), "Samevatiing" (538), "Aanwins" (549) 1 "Wording" (552), "Herinnering" (556), "Goed en wel" (559), "Trip"
( 578) 1 "Voortbestaan" (600), "Finale" (1993: 11), "Skets v1r 'n biografie" (1994:14) en "Afskeid" (1994:30).
'n Probleen soos slaaploosheid kry gestalte in gedigte soos weer-gegee in: "B.B.C.-wereldomroep" (444) "Sy sit op die rand van haar bed" (575), "Wanhoop" (576), "Ek ken die nag" (1993:19),
"Snags" (1994:7) en "Die lang nag" (1994:18).
Verwysings na die dood of die afloop van 'n lewe word aangetref in titels soos: "Tonnel" (432), "In memoriam sororis" (515), "Kremasie" (58 9) "Finale" (1993:11) 1 "Ter nagedagtenis a an Charles Timmer" (1993:22), "Requiem" (1993:24) en "Samevatting"
(1993:54).
Verse opgedra aan tydgenote en ander bejaardes kom volop voor, byvoorbeeld: "Aan 'n ruim sewentigjarige" (325), "Vir Ernst van Heerden" (443) 1 "Vir Karel, i.p.v. 'n brief" (542) en "Aan 'n medebejaarde" (1994: 11).
Soos hierbo aangedui, verskaf die gedigtitels reeds 'n verskei-denheid gerontologiese kodes wat tot verdere ondersoek kan lei.
4.3 BIOLOGIESE VEROUDERINGSKODES: SIEKTE EN AFTAKELING
Die mens neem ywerig en halsoorkop 'n blye aanloop in die moederskoot, word later agteloos verwerk tot skroot en strompel traag tot selverdeling stop.
4.3.1 VEROUDERINGS- EN AFTAKELINGSKODES
Eybers se latere poesie is so deurspek van die gerontologiese kodes dat dit, paradoksaal soos dit mag klink, uiters moeilik is om 'n keuse te maak om die verskynsel te illustr~er - veral wat die doodgewone ouderdoms- en aftakelingskodes betref. Vyftien van die nege en dertig gedigte in Rymdwang (1987) kan as gerontolo-giese gedigte beskou word of bevat direkte verwysings daarna. In Noodluik (1989) geld dit vir veertien uit die vyf en dertig gedigte; in Respyt (1993) vir drie en twintig uit vyftig gedigte en in Nuweling (1994) vir een en twintig uit veertig.
Dit is duidelik uit Eybers se poesie dat die ouderdom 'n mens gouer as wat jy dit sou wou erken, bekruip het; dat jou laaste dae aangebreek het; dat elke dag met moeite aangepak word omdat die kragte afneem en nog verder deur siektes afgetakel word. 'n Gedig wat as "'n dag in die lewe van 'n bejaarde" beskou kan word, is "Steekproef" (470).
STEEKPROEF
Vandag weer doen sy dinge wat haar vermoei of koud laat. Nietersaakliker word hoop
as tyd wat heel en streel ook slyt en sloop. Dwarreliger waaier die kaleidoskoop
herinneringsflitse. Wat verby is groei - 'n hele sleep waarmee sy verder loop -terwyl wat voorle sienderoe slink.
(Wie het loodreg en helder, ooit gedink dat alles tog so windskeef sou verloop?) Dan styg 'n borrel blyheid. Dag na dag loop oor van oomblikke, elk ongeag die aantal dae wat mens mag verwag. En na gelang die aantal weg-eb word vooroordeel teen dagdiewery opgeskort.
'n Objektiewe derdepersoonspreker neem met "jy" en "mens" afstand en toon hoedat die tyd nie net wonde heel nie, maar ook aftakel:
"slyt en sloop". So het die "loodreg" loop verander in "windskeef ... verloop", want wat verby is, word ook saamgesleep.
Die geestelike groei wat voortgaan in die ouderdom, gaans teenoor die aftakeling gestel.
word
deur-Tyd is die sentrale faktor ln hierdie gedig. Die tyd wat verby is, word opgeweeg teen dit wat voorle. Andersyds word die voor-en nadele van die verlede (tyd wat reeds verstreke is)
"Vandag weer" toon dat bier bestek opgeneem word.
opgeweeg.
Teenstellings beklemtoon die funksie van tydsverloop: tyd "heel en streel", maar dit "slyt" en "sloop" ook. By implikasie is dit dus hopeloos om te hoop. Die kontras word ironies versterk deur "hoop" en "sloop" albei in die rymposisie te plaas, in plaas daarvan dat die rymwoorde mekaar eggo, koggel "sloop" die "hoop". Ook die aankondiging dat die spreker dinge doen wat haar vermoei of koud laat. Die "herinneringsflitse" wat "Dwarreliger waaier" groei en word 'n "sleep waarmee sy verder loop". Agter le die herinneringe en voor le die dae wat in mag, krag en aantal afneem ("slink"). 'n Loodregte liggaamshouding en helder denke is deel van die verlede. Die oomblikke word in oorvloed gestel teen die (beperkte) aantal dae wat oorbly. Deur die oomblik te benut en in bulle oorvloed te geniet, verdwyn die bekommernis oor die aantal wat "weg-eb". Die openingswoord "Vandag" en die slotwoord "opgeskort" herinner aan 'n vonnis wat uitgedien moet word, en waarvan die dae afgetel word. Die tydkodes kwalifiseer die ouderdomskodes omdat die aftakeling en agteruitgang, sowel as die naderende dood daardeur betrek word.
Dat daar sekere se~ninge aan ''Oud word" (485) toegedig word, word genoem, maar onmiddellik weerspreek.
OUD WORD
Al noem hulle dit geseende en gesonde afronding van volvoerde strewe jy sal sikkeneurig word en sleurgebonde met yl gebare al hoe dieper gly
murmelgeluidjies uit op onervare toetsende voete skuifelend bedees
en skigtig om jou rondkyk en as't ware jou maagdelike herrese tante wees
met onvervalste dwaasheid toegerus tot oningewyde dagdrome in.staat wat jy verbloem; hardnekkig ongeblus
bring hul beroering troos en doen geen kwaad. Traagheid verleen 'n skamele houvas.
Wees bly dat aangebore onvermoe uiteindelik by jou nuwe status pas. Jou kinders kyk nou toe sonder misnoee. Die sparteling hoe halfhartig ook bevat genoeg teater om jou te laat lag
die oorgeblewe weerstand weg te glad. Wie laaste lag lag roekeloos te sag.
Oudword is 'n universele verskynsel wat elke mens wat nie vroeg sterf nie, sal ervaar. In hierdie gedig word daar van die spreker af geprojekteer op die leser of aangesprokene.
Die liggaamlike aftakeling veroorsaak dat die mens se hele op-trede daardeur aangetas word. Reeds met die inleidende "Al" word die positiewe gevolge van die ouderdom weerspreek. Die allitere-rende"geseende en gesonde" word verder uitgelig omdat dit begin-rym vir die twee woorde vorm. In "afronding van volvoerde" is dit die allitererende- [f) wat die woorde uithef sodat die goeie hoedanighede van die ouderdom beklemtoon kan word. Hierop volg daar nou 'n baie langer lys van die gerontologiese kodes, almal nadele van ouderdom waaraan niemand kan ontsnap nie. Jy sal:
sikkeneurig word (volgens Van Dale, 1984:951) lusteloos, sanikrig,
gebare sal veryl, murmelgeluidjies
beweeg op onervare skuifelende voete, bedees en skigtig om jou rondkyk,
lyk soos jou maagdelike (oujongnooitante),
(vergelyk dus met vroeere oues van dae, bejammerdes), toegerus met onvervalste dwaasheid,
oorgegee aan dagdromery (wat vir ander verbloem word) , traagheid,
onvermoe word verduur (sal 'n kenmerk van alle oues word) , sparteling
Behoud van die humorsin is die enigste teenvoeter vir die agter-uitgang wat genoeg teater bevat. Nogtans is daar geen kans om die aftakeling te ontkom nie. Die enigste uitweg, of verlossing is die dood, wat laaste lag.
Die rymwoorde weerspreek die ouderdomskodes wat na iets positiefs in die ouderdomservaring verwys en bevestig die negatiewe ouder-domskodes, soos: 11 gesonde 11
I
11 sleurgebonde 11; 11strewe jy11 / 11dieper gly11 en die rymwoorde: 11onervare11 , 11bedees11 , (tante) 11wees
11 ,
11onvermoe11 , 11misnoee11 • Aan die ander kant dra die enjambemente by tot die beeld van die aangesprokene met sy yl gebare en stadige sukkelpas. Die aanvangswoorde van die versreels beklemtoon die hopeloosheid. Hierdeur word 'n beeld van algehele onsekerheid geteken. Die verglydende sintaksis bevestig hierdie beeld.
Ironies word die ouderdom verbind met (nuwe) status, maar die hele prentjie wat hier geskets word, is die van onbeholpenheid en nutteloosheid. Al probeer die mens hom dus positief orienteer ten
opsigte van die ouderdom, is hier 'n bejaarde spreker wat die illusies onomwonde omverwerp. Tog kan daar deur middel van die humor oor die situasie getriomfeer word. Die slotversreel: "Wie laaste lag lag roekeloos te sag." hou etlike ironiese interpreta-siemoontlikhede in. Met ''roekeloos" word aangedui dat daar sonder bekommernis oor die gevolge van jou dade opgetree word, onver-skillig en onbesonne en daar word nie op die gevaar gelet nle. Dit word 'n direkte teenstelling met "sparteling" wat "roekeloos as't ware weerspreek saam met "te sag". Die langlewende is nog besig om oor die dood te triomfeer, en lag nog op hierdie stadium laaste, maar besef dat dit nie permanent so sal wees nie.
Hierdie onsekere gang van die bejaarde word in die volgende gedig bevestig en versterk. Nie net word die beweging onseker nie, maar ook gevaarlik, omdat daar makliker geval word en die letsels wat opgedoen word ernstiger is as die van 'n jonger mens.
VERSUGTING (497)
Die kuns waarin ek my nou bekwaam is val: telkens die plots opwindende moment,
die siddering en swik van die heelal as ek na houvas grabbel, ongewend
aan sweef, die grond weerbarstig hard hervind. Daarby doen ek aan uiterstes en breek
eerstens my neus, my stuitjie agterna, elkeen 'n teer dog onvitale streek deur uitgelese kwesbaarheid verbind. 0 ewewig en swaartekrag, ek vra, terwyl my bene my tog verder dra, dulding tot die laaste baken steek.
Dis op 'n ironiese toon wat die spreker, nou 'n eerstepersoon -spreker die vallery betrag. Dit word '''n kuns waarin ek my nou bekwaam", 'n "opwindende moment", met die heelal wat "sidder en swik" en die grand wat dan "weerbarstig hard" is. Dit is dus die aarde wat wat haar afgooi. Die idiomatiese uitdrukking "jou kniee dra" beteken om te hardloop maar ironies, word "jou bene dra",
hier gebruik om slegs orent bly aan te toon. Die swaartekrag trek alles grondwaarts (grafwaarts?) daarom die versoek dat solank sy nog lewe, moet die swaartekrag haar haar ewewig laat behou.
Dit is algemeen bekend dat een van ouer mense se vrese is om te val. Dikwels gaan val gepaard met ernstige beenfrakture. Val as gerontologiese kode beklemtoon die hulpeloosheid van die be-jaarde. Ook die volgende gedig, 11Trip11 (578) probeer die ervaring
verwerk.
TRIP
Niks so bewussynsverruimend as 'n welwing gekneusde ribbes ...
Mitologiese beelde om ses weke mee te verdroom, Sebastiaan heilig en pylbestook vas aan 'n boom of Prometheus rotsvas wyl sy lewer 'n lekkerny word vir die vraterige aasvoel wat soggens vroeg naas hom
neerstort.
Vir die soveelste keer val ek vooroor op straatsteen gesmak, straks word ek 'n kermisattraksie: bejaarde mevrou
wat weerbaar orent krabbel sander verwerwing van een geknakte been in haar ganse geraamte. Dalk
het die harde Transvaalse kalkaarde my toegerus om derglike swaartekragaanslae uit te lok
in 'n stroewe omgewing. Die Amerikaanse toeris wat my stewig beetpak terwyl onverskillige skoene
weerskante hul daaglikse gang gaan keer bliksemsnel terug uit 'n tydvak spoorloos verlede: sy uitroep spontaan
in 'n vriendelike tongval. Tandeklapperend van die skok vul ek my lange diep met herinnerde lug ...
Die titel roep twee moontlike betekenisse op, naamlik reis en om te val omdat jy gepootjie word. Albei hierdie verklarings word ontgin. As gevolg van 'n val op straat wat 'n al gereelder ge-beurtenis word, is herstel nodig van die beserings ( 11gekraakte
ribbes 11 ) • Gedurende hierdie tyd is daar geleentheid vir 'n
ver-beeldingsreis.
Dit is nie toevallig dat die mitologiese beelde met wie die tyd
volgens Brewer's dictionary of phrase & fable (1988:1008) die beskermheilige van die boogskutters wat in 288 aan 'n boom vasge-bind en gemartel is. Hy is gebruik as teiken vir boogskutters en daarna doodgeslaan. Daar is ook 'n Engelse Sebastiaan (Sinte Edmund), koning van Oos-Anglie (855 - 870), wat deur die Dene aan 'n boom vasgebind is en met pyle doodgeskiet is by Horne omdat hy geweier het om as Deense vasal te regeer.
Prometheus (1988:896), Titaan en seun van Iapetos en die seenimf Clymene, kom in konflik met Zeus. Omdat Zeus uit sy deel van die offervleis van 'n os gekul is, weerhou hy vuur van die mense. Daarop het Prometheus 'n vuurvonk gesteel om die mense te red. As gevolg daarvan word hy deur Zeus aan die berg Kaukasus vasgeket-ting. 'n Aasvoel eet elke dag Prometheus se lewer uit en dit herstel dan weer elke nag. Hercules verslaan die aasvoel en red Prometheus.
haar kissie.
In weerwraak oor die redding stuur Zeus Pandora met
Die spreker in hierdie gedig is gevonnis om te val, soos die twee bogenoemde gevalle. Hulle word egter staande gehou deur vasgemaak te word. Die spreker het vryheid van beweging, maar sy "val vooroor op straat", kan 'n goeie "kermisattraksie" word, moet "orent krabbel", moet die "swaartekragaanslae" die hoof bied in
'n "stroewe omgewing". Sebastiaan staan, hoewel gevonnis, "vas aan 'n boom, en Prometheus "rotsvas, terwyl die aasvoel "neer-stort". Neerstort is presies wat elke keer met die spreker ook gebeur. Die val kom as 'n skok wanneer die spreker letterlik haar wind uitval "Tandeklapperend van die skok // vul ek my longe diep met herinnerde lug .. . "
Volgens Odendal (1994:962) beteken "smak" om· hard met die lippe te klap na 'n smaaklike ete of, met 'n klapgeluid neer te val. Albei het hier betrekking. "Gesmak" hou verband met "neerstort" (versreel 7) wat weer op die dikgevrete aasvoel dui. Die plasing van "ribbes" (versreel 1) en "neerstort" (versreel 7) verkry deur isolering, voorplasing en inkeping prominensie. Die ellips na "ribbes" lei tot die oorsaak van die gevolg wat hier aangekondig word en sluit dus met die ellips waarmee die gedig eindig.
Deur die allitererende-v: "Yir die soyeelste keer yal ek yooroor" word val beklemtoon, en met "gesmak" die geweld waarmee dit geskied. In teenstelling met die swaartekragaanslae wat die spreker moet verduur, steur dit skynbaar nie die ander voetgan-gers nie, omdat: "onverskillige skoene //weerskante hul daaglikse gang gaan". "onverskillig" dra hier nie alleen die betekenis van onbetrokke verbygangers nie, maar ook dat hulle moeiteloos, 1n teenstelling met die spreker, beweeg.
Alhoewel die spreker val/ bly sy nie le nie. Met behulp van selfironisering en -spot word die probleem benader: "straks word ek 'n kermisattraksie: bejaarde mevrou wat weerbaar (waardeur haar weerloosheid juis benadruk word) orent krabbel". In plaas van haar liggaam word daar na haar "ganse geraamte" verwys. Die vallery is voordelig want dit is "bewussynsverruimend", en lei tot tyd wat verdroom kan word.
Die uitstappie (trip) wat die bejaarde spreker trip, word dus 'n geestesreis (trip) wat haar in 'n mate gelykstel met die vonnis wat die twee veroordeeldes in die gedig moes uitdien: 'n bejaarde mevrou wat die swaartekrag-aanslae uitlok.
Ena Jansen verwys 1n 'n artikel in De Kat 1995:95) na hierdie en ander gesondheidsprobleme:
Kort daarna val Elisabeth op straat: 'n artrose-
toe-stand in haar regterknie waarvan sy reeds meer as tien jaar las het, het so verswak dat 'n "radikale of alge-hele knieprothese" dringend noodsaaklik geword het.
"Uw knie is een puinhoop, mevrouw", het die ortopedis haar meegedeel, maar ook verduidelik dat sy operasie-waglys anderhalfjaar lank is. Elisabeth was angstig om die operasie so gou moontlik te he, maar ook skrikkerig omdat sy aan aritmiese hartstoornisse en hoe bloeddruk ly sodat 'n operasie gevaarlik kon wees.
Sy het die troos dat wanneer sy slaap, "die versigtige voete, meehinkende been// wat my terughou en tart" haar nie kan pootjie nie, en dan kan sy selfs oral heen beweeg ( "Droomryk", 1994: 35) soos Van Heerden in Droom (TV:39) soos aangetoon in 3.1.2. Die biologiese aftakelingskodes kom dus volop voor en val en die probleem om regop te bly, is herkenbare gerontologiese kodes.
4.3.2.1 KARDIO-VASKULeRE KODES: HARTPROBLEME
'n Ander biologiese probleem wat reeds sedert Einder (1977) vermeld word, is die aritmiese hartklop. In "Van harte" (426) "bly // hy 'n pomp wat roes, 'n kruppel metronoom" met 'n ... "laakbare geruis, // aanstons moet hy sy eie taptoe slaan", maar intussen is dieselfde hart nog die spreker se tuiste: "Ek noem hom nog jou huis".
Die nuwe horlosie wat die spreker met haar "sestig-en-eenste" verjaardag gekry het, se betroubaarheid word met die spreker se biologiese horlosie (hart) vergelyk in "Aan my nuwe horlosie"
(428). Daaruit vloei die besef: jy kan maklik jou ritmiese toer verby my tyd volvoer
Die hart blyk sleg af te steek by die horlosie, want: intussen tik my hart
lukraak en haastig-verward.
In "Oor tien jaar" (450) word die hart vermaan. met "Honou ou ritteltit . " en in "Verwagting" (479) steur die spreker haar nle aan die hart se manewales nie:
Wanneer my hart weer sputter uit sy hoek, paniekerig mompel oor binnekort verhuis sal'k geen kwartier aan sy geklets verspil:
In "Aritmie" (501) word hierdie gesprek voortgesit. ARITMIE
Hart, wat het jy op die hart noudat jy jou plig om te pomp
(geluidloos en ongemerk) dae aaneen onderbreek, koddige sprongetjies maak, stotter en strompel en dreig, my lomp in die ribbe stoot? Ek weet nie waaroor jy seur en mompel nie, wat jou makeer, eertydse bondgenoot,
lyfkneg en influisteraar. Ek wens jy wil duidelik praat of andersins gedienstig swyg. Tussenwerpsels van gretigheid, opwinding, angs en genot,
uitdaging van elke verbod
het ek vroeer van jou aangehoor: koring was dit op my meul.
Dit alles nou daargelaat, wat baat die ontydige vlyt
as jy tog weer moet horreltjies hyg? Hierdie wartaal word my te veel
Die titel "Aritmie" berei die leser reeds voor dat hier sprake van onreelmatigheid is. Die eerste versreel toon onomwonde waar dit voorkom. Deur die voor- sowel as eindplasing en die isolasie van "hart" en die direkte aanspreek van "jy" en "hart", lyk die eerste versreel na 'n konfrontasie tussen spreker en hart. Hart onderbreek sy "plig om te pomp//(geluidloos en ongemerk)" soos 'n
soos 'n slegte lyfkneg.
Om iets op die hart te he, is 'n idiomatiese uitdrukking vir die behoefte om vir iemand iets belangriks te se. Daar moet 'n rede wees waarom die hart hom nie gedra soos wat verwag word nie. Die manier waarop hy pomp, word op tweerlei wyse aangetoon, naamlik in kommunikasie- en handelingsterme. Op gespreksvlak is daar duidelik 'n probleem want op die inleidende "wat het jy op die hart", volg die beskuldigings van: "stotter en mompel en dreig",
"seur", "influisteraar", "ek wens jy wil duideliker praat", "of anders gedienstig swyg" in plaas van die "tussenwerpsels van gretigheid" se "wartaal" .
As pompinstrument laat die hart se plig ook veel te wense oor, want hy "onderbreek", maak "koddige sprongetjies","strompel", stoot "my lomp in die ribbes", "ontydige vlyt" "horreltjies hyg" .
Die gedig val uiteen in twee gelyke dele van 11 versreels elk. In die eerste rig die spreker haar tot die hart en sy onderbroke klop en in die tweede spreek die spreker die wens uit dat hart soos voorheen moet optree, of swyg.
Nieteenstaande die titel is hierdie 'n baie ritmiese gedig met 'n daktiliese versmaat. Deur die afwykings in versreels 7 - 9 word die aritmie dan duidelik bevestig.
I
I
-I
my lomp in die ribbe stoot?
I
I
I
Ek weet nie waaroor jy seur
I
I
- I
en mompel nie, wat jou makeer
Hierdie fisiese toestand word dus deur die poetiese ritmiek ondersteun.
Die siektetoestand is iets waarmee die spreker, soos deur die gedigte aangetoon word, al jare saamleef en wat sy aanvaar het en waarvan omstanders onbewus is. Daar is egter ander gevaarliker probleme wat onverwags kan toeslaan en die bejaarde terstond plattrek. Saam met die val- en hartkodes maak die beroertekodes onderafdelings van die siektekodes uit
4.3.2.2 BEROERTE
Asimmetrie, wat ek hartstogtelik haat, skilder sy uithangbord op my gelaat.
E. Eybers (1996:14) Trombose wat tot hartversaking of beroerte kan lei, is 'n ge-vreesde toestand. Dit kan 'n oombliklike dood of algehele afhank -likheid tot gevolg h§. Die beroerte wat die spreker ervaar het, het weliswaar nie tot hulpeloosheid gelei nie, maar het haar nog-tans in 'n mate geskend, verwond en haar voorkoms verander. In
"Hemi-facialis spasme'' (579) word daar op ironies-humoristiese wyse na die voorval verwys. Beroerte is dus aftakelingskode.
HEMI-FACIALIS SPASME
Die ouderdom het my 'n poets gebak. Nie lank gelede onuitsonderlik
vertoonbaar en tot allerlei
arglose rymelary in staat
raak ek verstrik in 'n primitiewe grap toe 'n bloedvatknik bedolwe in die brein plotseling sy eie skertsbevele sein. Betrokke dokters, stemmig in hul skik,
karteer hoe, deur beneweling in die steek gelaat, ek nou mismoedig en ontmaskerd agterbly
met 'n sidderende lid laag oor die linkeroog en die regtermondhoekkrul spottend omhoog: Janus wat maar oor een oog beskik.
Beroerte word in die eerste versreel as 'n poets van die ouderdom
beskryf, "'n primitiewe grap" as die brein "skertsbevele sein". Dit verander die spreker wat tot nou toe dieselfde as ander
(ouer) mense gelyk het: "onuitsonderlik vertbonbaar" tot iemand wat "mismoedig", "ontmaskerd" met 'n "sidderende lid laag oor die linkeroog" en die "regmondhoekkrul spottend omhoog", nou slegs oor "een gesig beskik" . Die beroerte sonder haar dus uit tot herkenbare slagoffer. Met behulp van die allitererende b-klanke word die oomblik van aftakeling verwoord:
toe 'n Qloedvatknik Qedolwe in die Qrein
Hierby sluit die Qetrokke (dokters) en Qeneweling aan.
Interessant is die woordskeppings waarmee hierdie nuwe ervaring en toestand vasgepen word, vergelyk: "bloedvatknik" waardeur aangetoon word dat dit maar 'n oomblik se afwyking was wat die gevolg het; "bedolwe", "skertsbevele" wat die nie-erns en die ongeloof beklemtoon en "regtermondhoekkrul'', in reaksie op die
-knik.
Alhoewel hierdie gedig uit dertien versreels bestaan, vertoon dit tog die kenmerke van 'n sonnet. Die eerste sewe versreels konsen-treer op die oomblik wat alles verander het en die laaste ses op die veranderde toestand van die spreker. Soos wat sonnette vroeer ook feitlik argeloos kon voortvloei, word gesuggereer dat dit nou nie meer die geval kan wees nie.
Saam met die "beneweling" en beroerte is die mismoedigheid wat daarop volg duidelike gerontologiese kodes. Hier is van 'n onom-keerbare toestand sprake. Alhoewel die spreker nie aan die aanval sterf nie, is die letsels duidelik sigbaar en verminder dit die opsies.
Janus (1988:606) was die Romeinse God wat die poort van die hemel bewaak het. Gedurende 'n oorlog is die deure oopgemaak en in vredestyd gesluit. Hy het twee gesigte gehad, naamlik een voor en
een agter. Janus word simbool vir skynheilighied (tweegesig) en oorlog. Die Janusgesig is die kenteken vir die teater en drama. Anders as Janus wat twee gesigte (gesigsuitdrukkings) het wat hy
na die wereld kan draai, het die spreker net hierdie veranderde een, as't ware 'n grimas wat sy kan vertoon. Sy is ontmasker en het nie meer 'n keuse watter gesig sy na die wereld wou keer of watter emosie sy sou wou wys nie.
Hierdie gedagte word versterk in nog 'n gedig oor dieselfde onderwerp, naamlik "Nogmaals facialis" (1993:20).
NOGMAALS FACIALIS
Die kaperjolle van verval
beroering vroeer nooit vermoed -ontst eek verwondering en vermaak in oe van omstanders terwyl
my glimlag, half diagonaal, versoening sein: my nuwe mond waarvoor 'k die egte in moes ruil ontbeer die nimbus van 'n wond, ek dra dit soos 'n skewe hoed om te beduie wat-maak-dit-saak.
waar die vorige gedig die toestand aan ouderdom toeskryf, word dit in hierdie geval "verval" genoem. Weer eens word die
aftake-ling en die opmerklike verandering wat dit teweegbring op humo-risties-ironiese wyse aangebied.
Die omstanders se waarneming is weer aan die orde. Haar toestand veroorsaak "verwondering en vermaak". Haar verweer teen hierdie waarneming is om die skewe trek van haar mond wat soos 'n skewe glimlag lyk, soos "'n skewe hoed" te dra. Hierdeur word 'n wind-makerigheid aan die toestand verleen en die ware gevoel of emosie weerspreek, wat dit dus ontkenningskode maak.
"verval", "vermoed", "verwonding", "vermaak" en "versoening" word die bestek van die verandering en die gevolg daarvan saamgevat. Die beroerte en verval het 'n wond nagelaat, naamlik 'n nuwe mond. Hierdie is 'n rymlose vers en tog staan "mond" en "wond" in die rymposisie met "ruil" tussenin. Anders as ander wonde wat duidelik as wonde of letsels van wonde herkenbaar is, is hierdie skewe mond nie dadelik as wond tipeerbaar nie en daarom verdien dit nie die nodige aandag en bewondering nie. Die spreker het ook geen ander keuse as om met hierdie wond of mond of gesig die traak-my-nie-agtige-houding in te neem waardeur sy aantoon dat dit nie saak maak nie.
Soos reeds in hoofstuk 2 (2.2.2.8) aangetoon is, dien die om-standers as spieel vir die individu waarin hy hom kan identifi-seer. Dikwels is dit ook die wyse waaraan veroudering en verval tuisgebring word. Daarom is die omstanders se reaksie in albei die gedigte van besondere belang om hierdie gerontologiese kodes te herken en te bevestig.
4.3.2.3 SIEKTEKODES
Dat eers die een en dan die ander orgaan sy eie gang gaan dui 'n rnuitery aan.
E.Eybers (563)
Afgesien van bogenoemde biologiese aftakelingskodes, word doodge-woon siekwees ook kode in Eybers se gedigte. Onomwonde, ln die gebruiklike eerlike onsentimentele betragting van die self word die siektes en siektetoestande van die bejaarde beskou. Elke siektetoestand word as 'n moontlike voorloper van die dood er-vaar. "Dit was" (496) toon dat elke siekte gevaarlik is en 'n
geveg met die dood. Die besef dat die spreker.nog in die bed is, is 'n verrassing en moontlik verligting dat die lewe tydelik kan voortgaan:
gevaarlik maar nie treurig nie, skermutseling met die eindigheid, hierdie wakkerword in 'n wit bed voortsetting van voorlopigheid ...
In die gedig met die eenvoudige, allesseggende titel "Siek" (486) droom die spreker in 'n bekende metaforiese reisbeeld dat sy op
'n perron vir die trein wag en dat sy duidelik dood is, maar word wakker met die besef dat sy nog lewe en siek is:
Wie dood is en dit weet, skiet iets te kort. My keel bly skrynerig sluk. Geen wonder dat ek wakker word en siek is maar nie dood.
"Opstanding" (503), soos heelwat ander gedigte, betrek die dok-ters en behandeling wat ondergaan word om siekte die hoof te bied:
Om van pyn onthef te word verg 'n wedergeboorte.
Die tandarts is 'n vriendelike man wat sy "ambag in ivoor verrig" en moet probeer om die tande wat afgetakeld reeds in die teken van die dood staan, te red:
Hoewel my voorraad stuksgewys slink
wil ek graag tot die ontbindingstyd 'n paar versorgde grafsteentjies wat kwyl en blink
in my hoefvormige bros kaak bewaar.
Siekte, saam met die besonder hoe ouderdom, is nog 'n groter le-wensrisiko. Om tagtig jaar oud te word, is 'n mylpaal en die
titel van die volgende gedig (1994:31) toon dat 'n siekte op hierdie stadium baie ongevraag is. Daarom word die helingsproses
SEWE DAE OP DIE RAND VAN TAGTIG Die eerste dag ondubbelsinnig siek, toe drie dae nodig om traag te herstel, op die vyfde begin jy jou seeninge tel, die sesde dag voel jy so fris as 'n kriek, op die sewende word 'n beslissing gevel: om met of sander geheueverlies
'n nuwe soort lewensbenadering te kies op elke omwenteling ingestel,
maar aan ou gewoontes meedoenloos trou met 'n onweerlegbare deurwinterde oor
voeg jy woorde byeen wat jou troos en bekoor, of mens dit nou as uitvlug of toevlug beskou.
Die gedig verloop terselfdertyd klimakties en antiklimakties. Die herstelproses bou op na 'n klimaks en die vermoe van die spreker om weer haar digwerk en lewe voort te sit, om ook die mylpaal van
tagtig te haal. Die siekte word oorwin en moet die wyk neem. Daar word op 'n dag-vir-dag basis verslag gedoen oor die siekte.
Die herstel is besonder stadig: "drie dae nodig om traag te herstel" en eers op die sewende dag word 'n positiewe beslissing gevel. Die herstel laat die pasient nie ongeskonde nie, want die moontlikheid van geheueverlies word genoem en "'n nuwe soort lewensbenadering" sal gekies moet word.
Vol gens De Vries (1984:415) is sewe die simbool van 'n vol-tooide siklus, stabiliteit, veiligheid en rus. Na sewe dae is dit die poesie wat as aansporing en noodsaaklikheid vir voortbestaan sal dien.
Normaalweg beteken "op die rand van" die begin van 'n nuwe onder-vinding, wat tagtig inderwaarheid as mylpaal sal wees. Die uit-drukking het daarby sterk negatiewe konnotasies want dit word dikwels as "op die rand van die dood" gebruik. Die titel asook
dikwels as "op die rand van die dood" gebruik. Die titel asook inhoud bevat hierdie suggestie.
Ouderdom, siekte en aftakeling maak voortlewe later onmoontlik
sodat dac:tr niks anders oorbly as om op die dood te wag nie, soos
aangetoon in "Liedjie" ( 502) :
As haakspelde en toutjies jou van uitmekaarval moet weerhou hoef op die ondenkbare bedag, jy niks te do en as wag.
Siektes word nie 'n klaagsieke somberheid nie, want sy reken af
met die kwellings en probleme. Die siektekodes is baie prominent
in Eybers se gedigte.
4.4 SOSIAAL-GERONTOLOGIESE KODES
Die ouderdom verg sekere aanpassings van elkeen. Soms moet mense
verhuis en in 'n nuwe vreemde omgewing aanpas. Indien dit nie die
geval is nie, is daar nogtans soveel veranderings dat die meeste
bejaardes vereensaam en 'n kleiner leefwereld het waarin hulle op
ander moet staatmaak vir slegs die nodigste versorging.
Ge-liefdes, kennisse en tydgenote sterf af sodat die vriende en
familiekring al kleiner word. Omdat Eybers voortgaan met die
aktiwiteite wat sy lewenslank beoefen het, is daar nle so 'n
sterk onthegtingsaanpassing in haar poesie te bespeur nie. Tog
ontvolk haar ruimte in die opeenvolgende bundels en vereng die
ruimte waarin sy binne haar gedigte beweeg.
Liefdesgedigte in Noodluik (1989) vertoon nog 'n
intiem-persoon-like aard, 'n opgewondenheid. In "Volgens afspraak" (570) hou sy
die minnaar opsetlik op 'n afstand sodat sy "Droombeelde" van hom
geskets waar twee bejaardes rustig en gemoedelik saam verkeer. HERFSAAND
'n Sameskoling van twee kluisenaars, vlr klaterige gedrang te anderaards. Hoe sonderling elkeen ook reageer op Tyd wat slordig en barok boetseer
- jy toon kontoerherstel, jou kolon tot 'n ingekorte kartelbuis geknot,
dele van my is merkbaar afgeslyt en dele dy teen beterwete uit
-albei gedrenk deur eie lektuur, daarnaas deelnemers aan afwisselende relaas
skuil ons tevrede en ligmoedig saam innig mekaar se beeldwerk te beaam.
Alhoewel hier twee mense, vriende of minnaars, naamlik "ek" en "jy" saam is, word die isolasie reeds in die eerste versreel beklemtoon met "twee kluisenaars", en versterk met "elkeen",
"albei gedrenk in eie lektuur" en "skuil ons" want bulle is "vir klaterige gedrange te anderaards". Die gedig is ook 'n genadelose fokus op die aftakeling en verwronge fisiese vervorming wat die ouderdom in die twee geliefdes meegebring het. Sterk liggaamlike kodes word in die gedig gebruik waardeur elkeen van die twee oues die ouderdomsaftakeling op 'n eiesoortige manier ervaar. Dit weerspreek die knus toneeltjie van twee oues wat rustig en ge-meensaam die tyd saam verwyl.
Die titel lS 'n dualistiese gerontologiese metafoor. Enersyds skep dit die indruk van die goue rustige jare. Andersyds is dit die ironiese voorloper van winter en nag, albei bekende doodsme-tafore.
Sentraal in die gedig as parentese geisoleer, word die fisieke toestand van die minnaars in kras realistiese biologiese kodes
verwoord: eers "jy" wie se "kolon 'n ingek_orte kartelbuis gek_not" is en daarna die spreker wat "afgeslyt" en uitgedy is. Barok en boetseer is albei kunsterme. Barok verwys na die kuns-vorm waar daar van feitlik oordrewe versiering gebruik gemaak is. Boetseer het te doen met die vorming veral in die beeldhoukuns. "Tyd wat slordig en barok boetseer" is die metafoor wat aantoon hoe lelik die mens deur die ouderdom verander word, sodat elkeen "sanderling" daarop reageer en as vervormdes "mekaar se beeldwerk
( ... ) beaam".
Die saamhoort word bevestig deur die rymende koeplette. Soos die rym mekaar bevestig, is die aftakeling, van die ander 'n spieel vir elkeen.
Die wete dat die saamwees nie kan duur nie, blyk duidelik uit: TREURKWATRYN (590)
Die eienaardige neiging om eendag totaal te verdwyn
sal jy by my aantref, of anders ek by jou, ondanks die ywer waarmee elkeen die skyn wil volhou van onhaperbare trou.
In Respyt (1993) kom daar geen liefdesgedigte meer voor nie, wat die isolasie op daardie vlak bevestig. Daniel Hugo (1994:6)
be-vestig die eskalerende terugtrekking in Nuweling (1994) as "gedigte van selfinkeer met weinige prikkels van buite".
In die gevoelige uitbeelding van menseverhoudings, mens like eensaamheid, liefde en vriendskap blyk die weerloosheid teenoor en te midde van ander mense. In "Stilte" (574) seur sy oor die pyn wat volg op die blootstelling aan ander:
Ek het vergeet, vergeet
hoe mens jou blootstel, hoe jy jou laat beseer deur onmatig van 'n ander mens te hou.
Dat blootstelling aan ander slegs ontgogeling baar, blyk verder duidelik uit "Skets vir 'n biografie" (1994:14). Daarom is dit veiliger vir die ontnugterde mens om sy eie geselskap op te soek; menseverhoudings veronderstel slegs blootstelling.
Nogtans hou sy kontak met medebejaardes wat saam met haar die weg bewandel. Daar is etlike verwysings en gedigte opgedra aan Ernst van Heerden, "Jobstroos vir Joop" (545) op sy een en sewentigste verjaardag, "Ser" (1994:10) op sy vyftigste verjaardag aan Ser-vaas Prop, "Aan 'n medebejaarde" (1994:11) en vele meer.
Hiermee saam hang die besef dat bulle eintlik sterfafwagtend is en dat tydgenote en selfs jonger vriende sterf en die lewenskring vereng. "Ter nagedagtenis aan Felix Timmer" (1993:22) toon watter leemte in die alledaagse gang daardeur gelaat word:
ons daaglikse kruidenierstogte het telkens gekruis: en
Opeskuif van gordyne soggens beklemtoon stug: die reghoekige lugruim tussen sy rame en myne bly leeg, onskendbaar en belofteloos.
Daar word op ligter trant na die voordele van ouderdom gekyk in "Weerberig" (558) . Die gryskopdame wat alleen treinry, hoef nie meer die aandag en opdringerigheid van vreemdes te vrees nie. Dis eintlik net 'n bevestiging van die vereensaming van die
ouere.
A.P. Grove meen in Insig (1993:132):
met die klimmende j are word die neiging steeds
sterker om jou te onttrek, word die aandag steeds
skerper op persoonlike kwellings toegespits.
Dit blyk duidelik uit gedigte soos "Skets vir 'n biografie" (1994:14) en "Roem" (1993:23), "Uitsig op die kade" (1993:31) en "Finale" (1993 :11).
Die onttrekking uit die samelewing en die vereensaming, hetsy uit eie keuse of deur die sameloop van omstandighede kan daartoe lei dat die lewenssin of die afwesigheid daarvan die voortbestaan bedreig. 11Geriatries11 (586) spreek hierdie probl_eem aan.
GERIATRIES
Roetine, ag hy wat 'n skuifelende remskoen was, hoe hou hy jou dig by die rand van die afgrond vas. Vroeer gewilde omwentelinge word nou vermy
sover moontlik. Voorspelbare dae laat jy vergly
volgens louter patroon want so mag mens gaandeweg leer om gedagtes aan onafwendbare weggaan te weer.
Klein handgrepies help. Hawervlokke saans aangemaak tot melkpap verplig mens om soggens pront te ontwaak en die weeksel te warm anders het dit immers geen sin: elke slot moet die kiem bevat van 'n nuwe begin.
'n Toevallige geur, 'n toevallige klank en jy vind
'n oombliklike tinteling van wat jou vervul het as kind .. Met die telkens terugkerende salwende slaap- sonder duur of ordening - ontrol die oneindige droomavontuur.
Soos 'n smeulkaggel laat jy jou koppigheid pruttel en waag aanstons meer, tot die rittelende knekelballet uitgedaag. Al stribbel jou spiere nie meer teen die skurende band het jy nog nie jou siel aan die stroewe roetine verpand.
Geriatries is 'n term wat verwys na die (mediese) versorging van die bejaarde en is dus 'n term wat na die bejaarde se afhanklik-heid in die algemeen verwys. In hierdie gedig verkry geriatries die betekenis van die selfsorg van 'n bejaarde.
Die gedig is deurspek van woorde wat by gerontologiese kodes aansluit, BOOS: 11skuifelende11
, "vermy11, 11voorspelbare dae11 , 11louter patroon11
, 110nafwendbare weggaan11 , 11klein handgrepies11 en 11knekelballet11
• Roetine moet die spreker se lewe rig, maar die gekneldheid en verveling wat daardeur ondervind word, blyk uit woorde soos: 11remskoen11
, 11omwentelinge", voorspelbare11 , 11louter patroon11
, 11verpand11 en 11Stroewe (roetine) 11 • Die gedig begin en sluit af met die woord 11roetine". Tussenin word daar weggebreek
maar die spreker word teruggedwing na roetine.
Handgrepe is apparatuur wat gebruik word om die bejaarde te help om oor die weg te kom en veilig te beweeg, byvoorbeeld 'n stang bokant die bad waarmee hy hom orent kan trek, relings langs die gange, kieries, ens. Hier het dit dieselfde, maar figuurlike semantiese waarde. Planne word beraam om die spreker te dwing om op te staan uit die bed en met 'n normale dagtaak en persoonlike versorging te begin, al noodsaak die versorging van iemand anders nie meer die opstaan in die oggend nie.
Ironies genoeg is die vroeer gehate roetine die handgreep wat die spreker moet help om orent te bly, om oor die weg te kom. Metafories word roetine vergelyk met 'n remskoen. Idiomaties is
'n remskoen iemand of iets wat iemand pla of vordering vertraag. 'n Remskoen is 'n noodsaaklike motoronderdeel om 'n voertuig betyds tot stilstand te bring sodat 'n botsing, beserings en die dood vermy kan word. In hierdie gedig geld albei die. verklarings. Die ellips aan die einde van versreel 2 beklemtoon die gevaar van hierdie toestand op ironiese wyse: sy moet juis nie stop nie, vandaar die afwesigheid van die punt as aanduiding dat die einde bereik is. Roetine veroorsaak dat "vroeere omwentelinge" vermy word, "voorspelbare dae", "loutere patrone" en dat gedagtes so gerig word om nie oor die "onafwendbare weggaan" te dink nie.
Die handgrepe het die regte fisiese uitwerking, maar kan nie altyd die gedagtes in toom hou nie want 'n onbeplande, "toeval-lige" geur en klank ontlok 'n onwillekeurige reaksie of gedagte-gang. Drome is net so onkontroleerbaar. Dis moontlik om die liggaam te roetineer, maar nie die gees nie en alhoewel roetine in die eerste strofe die behoudende faktor is, is dit ln die
tweede strofe 'n stremming van die siel. Met die herhaalde "toevallig" (versre€H 10) word aangetoon dat die spreker as gevolg van faktore buite haar beheer, sintuiglike waarnemings maak wat haar aan die roetinespoor ontruk en dus ontkenningskodes is.
'n vaste rympatroon, vroeer kenmerkend van die Eybers-poesie, word baie vryer, losser en is soms afwesig in die latere gedigte. Hier is dit egter vaste paarrym wat deurgaans gebruik word, as of
sy die handgreep ook in die poesie toepas en dit as remskoen, stywe roetine moet dien. Funksioneel is die teenstellende toe-speling van die rymwoorde op mekaar, byvoorbeeld: was/vas, vermy/vergly, aangemaak/ontwaak, sin/begin, waag/uitgedaag, ban/verpand.
Metaforiese beelde verleen in hierdie gedig 'n nogal eufemistiese verwysing na die dood, vergelyk byvoorbeeld: "by die rand van die
afgrond", "onafwendbare weggaan", "smeulkaggel".
Dwingende maatreels om te sorg "elke slot moet die kiem van 'n nuwe begin" bevat geskied nie sonder teenstribbeling nie, maar kan verduur word omdat "jy nog nie jou siel aan die stroewe roetine verpand" (het nie) . Die bejaarde word al hoe meer op homself ingestel ook ter wille van oorlewing.
In die gedig met die lywige maar allesverklarende titel: "Inwen-dige reaksie op 'n versoek om mee te doen aan 'n gesamentlike onderneming" (53 7) word 'n hele opgaaf verstrek waarom die versoek so 'n hewige onwilligheid veroorsaak. Dit val sommer weg met die teenstellende ontkennende enumerasie as redevoering:
Maar ek het reeds my hande vol met oud en nie inhoudloos word:
verkalkende kop
dae is veels te kort (en dan ten slotte:) Baie dankie, maar laat my met rus.
Die selfopgelegde isolasie en die groot verskil tussen die gang van die bree lewe buite en die spreker se verkleinde wereld waarin sy haarself "inspin" word duidelik ln "Finale"
en "Refleks" (1993:12) weergegee. FINALE
Die wereld gaan agteloos sy gang los van jou toedoen. Bewolking is buite vervliegbaar, hier binne stol dit tot status quo.
REFLEKS
Kort voor die oproep span ek my in
om my nog inniger in te spin:
aan hierdie omgewing hoe skeef dit ook si t bly ek voorlopig blindelings gekit.
(1993:11)
Die pragtige woord- en klankspeling "span in" en "in te spin" wat albei betrekking het op die eufemistiese verwysing na die dood ( "oproep) ", veronderstel 'n taak wat nie geweier kan word nie. Die eerste roep 'n verpligting op en die tweede 'n bepaalde toestand van isolasie, sowel as 'n proses wat 'n metamorfose voorafgaan. Hierdie "ingespin" hou ook verband met die digter-skap. Die beeld van die spinnekop besig met die spin van die web, word dit metafoor vir die digterlike bedryf wat redding moet bied
in die ouderdomsbestaan. Die beoefening van die digkuns word die refleks waarmee die ouderdomsbestaan besweer word.
Om aan die oproep te voldoen, beteken om te wag tot die tyd daar-voor ryp is. Dit is 'n eensame proses, 'n enkelingopdrag. In
teenstelling met "Finale" is hier geen buiteverwysings nie. Die persoonlike binneruimte in laasgenoemde gedig stol terwyl die bedrywige lewe buite voortstroom, dus tipiese gerontologiese ruimtekodes .
Wanneer 'n mens oud word en "'n klad van luisterloosheid oor die he de sprei" ("Flits", 525) raak jy, soos talle gedigte getuig, sterker as ooit bewus van 'n ryk innerlike lewe waaruit geluk kan voortspruit . Dan word elke oomblik belangrik omdat die verlede daarin saamgevat is:
Ontvang wat jou toe-kom, waak teen afding of afspraak maak. Ontvang en afsien van dit
wat sink tot onsigbaar besit. ( "Hierdie oomblik", 533.)
Die biologiese aftakelingskodes, eensaamheid, kluisenaarskap, isolasie, dood van vriende en kennisse, kontak met medebejaardes en kleinkinders, roetine en onttrekking maak alles deel uit van die sosiaal-gerontologiese kodes.
4.5 TERUGSKOUING, BESTEKOPNAME EN REKENSKAP
Die skemering waarin ek versink kan plots die verlede terugwink
E. Eybers (1993:21)
Saam met die besef van sterflikheid en die naderende dood groei die behoefte aan die sekerheid dat alles nie tevergeefs was nie, dat iets van hierdie lewe en wat hierin bereik is, sal voortduur. Dit bring 'n verskerpte besef van sake wat afgehandel moet word. 'n Terugbl ik op die verlede toon aan wat bereik is, wat werklik saak maak. Verantwoordelikheid vir 'n lewe wat agter le, moet aanvaar word.
4.5.1 HERINNERINGE
Anders as by Van Heerden (3.12) word herinnering by Eybers nie 'n ontvlugting of ontkenning van die ouderdom nie, maar juis 'n bevestiging daarvan. Dis die verlede en die herinneringe wat die hede bepaal en sin daaraan verleen:
Daar is dae so dor dat jy dink
hoe in godsnaam kan so iets bestaan, elke sterfling sou in sy verbeelding alles .doen om dit oor te slaan ...
maar dan kom die troostende versekering:
Maar niks wat eenmaal gekom het
is in staat om weer weg te gaan ("Daar is dae":594)
Die spreker besef die waarde van die vlugtige moment wat onher-haalbaar is, maar "na willekeur binnewaarts gaar;//d&&r waar alles gedy" ( "Hierdie oomblik", 533) . Wat in die innerlike bewaar word, is deel van die kosbare herinneringe wat opgeroep kan word en bly bestaan solank jy lewe soos in "Herinnering" (55 6) In Eybers se debuutbundel was die baie bekende gedig, met dieselfde titel, waarin die spreker met die donker venster agter haar en die lewe voor haar, 'n groot weemoed ondervind. Nou is dit die teenpool van daardie lewenservaring. Die lewe le in 'n groot mate reeds agter en word deur middel van herinneringe herleef en bevestig. Daardeur bly die verlede voortbestaan. Dit word 'n kosbare leefskat vir die besitter wat dit na willekeur kan oproep, maar soms dring die herinnerings self die wete binne.
HERINNERING
Besef dat jy niks kosbaarder kan wens dan daardie oomblikke wat nie sal sterf
solank jy leef, hulle glip snel oor die grens van werklikheid v66r jy hulle kan bederf
deur blindelings en behoeftig aan te dring dat hulle meer as net hulleself moet bring.
Weer eens word die tweedepersoonspreker gebruik waardeur die leser direk aangespreek word, of "jy" kan ook as 'n onbepaalde voornaamwoord gelees word. In albei gevalle word die universele waarheid daardeur versterk.
Deur middel van die herinneringe en herlewing van die verlede kan die tyd opgehef word en bly alles ongeskonde deur die verloop van tyd.
Dis veral in Respyt (1993) wat daar teruggegryp word na die wortels van vroeer. Die dominee-vader en vroeere eggenoot dring sig deur herinneringe nog aan die spreker op. Behalwe "Requiem" behandel "Sug" (1993: 21), "Herstel" (1993: 14), "Die vrou van Don
Juan droom nog" (1993: 26) en "Gang van sake" (1993: 27) die ver-houding met en ontrou van die voormalige eggenoot. Die teiste-rende verlede word dus opgeroep, maar die bitterheid wat vroeer kenmerkend was, word getemper deur die deernis waarmee dit nou ervaar word. "Requiem" (1993:24) sluit op 'n positiewe noot
Dis nie al nie. Hy was ook sag
en vriendelik en kon vroeer aansteeklik lag.
Die terugroep van die verlede staan teenoor die besef van die dood, soos in "Uitkoms (1993;25)
Alle lesse geleer
le hy aarselend hom neer
en aanvaar 'n onskendbare rang.
Daar moet noodwendig besin word oor die toekoms en wat dit vir die spreker inhou. Die metafoor van die reis wat afgehandel moet word, en die pad wat v66r en agter le, kom vry algemeen voor asook die besef dat verweer ironies genoeg, terselfdertyd
onont-beerlik en nutteloos is.
DIE PAD (1993:13)
Die pad kronkel fouteloos verder, alles moet lei tot ontmaskering van 'n ontsaglike misverstand ... Verdink nie die wandelaar van nodelose sloerdery want die laaste ontluisterende skuifelgang hoort ook daarby. Die geimproviseerde slotnommer word samegeflans
uit raapsels herinnering, klankflarde, 'n kruppel kadans, maar die uitkoms is suiwer, vroeer of later beland
iedereen in die vereffening, eendag ook jy.
Al weet jou meedobberende kop beswaarlik nog wat sy knik wil bevestig, jou voete betwis nie die pad.
Pad- en reismetafore is duidelike, algemene gerontologiese kodes by Eybers. Die stelling waarmee die gedig ingelei word, be lowe reeds dat die pad die reisiger by die bepaalde bestemming sal uitbring. "Ontmaskering" en "misverstand is aanduidings dat daar van hierdie pad afgewyk sou wou word. Daar is dus nie probleme met die pad nie, wel met die "wandelaar". Ironies is dit die mis-verstand wat by die leser mag bestaan dat die wandelaar-spreker onnodig besig is om te sloer. Dis egter nie die geval nie, maar die aftakeling wat die gang bemoeilik. Die uitdrukking "dis die pad wat elkeen moet loop", word in sy universele betekenis aange-wend want "vroeer of later beland// iedereen in die vereffening".
Indien die leser sou wou glo dit het nie op hom betrekking nie, word hy direk aangespreek met: "ook jy".
Die gerontologiese aftakelingsproses of -pad lei "fouteloos" na sy bestemming, die dood. Hierdie slopingsproses word, afgesien van die direkte gerontologiese kodes soos: "ontluisterende skui-felgang", "kruppel", "meedobberende kop" verder bevestig met die affikse wat sander of afloop of einde sinjaleer, ln fouteloos, ontmaskering, misverstand, node lose, ontluisterende teenoor ontsaglike wat die omvang hiervan moet versterk.
Veral die laaste deel van die pad lS 'n moeisame tog, "maar die uitkoms is suiwer".
Die jukstaponering van kop en voete in die slotreel beklemtoon die feit dat daar nog teengestribbel word, al is dit nodeloos, maar die voete (liggaam) beweeg onverstoord op die pad van afta-keling wat die reisiger na die eindbestemming voer.
Die pad word in "Samevatting" (1993:54) 1 onomwonde as "die
gestippelde weg van die wieg na die graf" beskryf wat in "sewe-mylslaarse" afgele moet word.
Dit blyk uit die studie van verskeie digters se gerontologiese poesie dat die moeder 'n belangrike plek in die herinnerings en terugskouings speel. Ook Eybers erken hierdie verskynsel.
In die reeds vermelde onderhoud wat deur Ena Jansen Vlr De Kat (1995) gevoer is, erken Eybers dat sy dit haar plig gevoel het om 'n gedig oor haar moeder, 'n buitengewoon intelligente vrou wat 'n groot rol in haar lewe gespeel het, te skryf . Duidelik is die besef dat sy die enigste een is wat nog hulde aan haar moe-der, 'n merkwaardige vrou, kan bring. Sy doen dit want 'n mens
se voortbestaan is uitgelewer aan die mense wat jou liefhet: VOORTBESTAAN ( 6 0 0)
Jou lewe as't ware in die hande van die wat jy liefhet soms ook s6nder dat hulle daarop let,
is gevaarlik beveilig, vir volwassenheid onvatbaar, word oud met 'n onuitgestorwe natuurdrif tot eie behoud.
Soos Van Heerden (3.12), weet Eybers dit is slegs die mense wat die heel naaste aan jou lewe wat jou werklik ken. Daarom 'is sy