• No results found

Die materiële kultuur, vervaardiging en bedryfslewe van die Bahurutshe van Motswedi

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die materiële kultuur, vervaardiging en bedryfslewe van die Bahurutshe van Motswedi"

Copied!
368
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE MATERieLE KULTUUR, VERVAARDIGING EN BEDRYFSLEWE VAN DIE BAHURUTSHE VAN MOTSWEDI

deur

Hendrik van der Wateren

Proefskrif voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad

DOCTOR PHILOSOPHIAE

in

VOLKEKUNDE

aan die

POTCHEFSTROOMSE UNIVERSITEIT VIR CHRISTELIKE HOeR ONDERWYS

Prornotor: Prof. Dr. J.H. Coetzee.

Potchefstroorn Augustus 1974

(2)

Ontwikkeling en kultuur kan nie as 'n voora vervaardigde produk aan 'n gemeenskap gegee word nie. Die gemeenskap moet dit self ver= werf en hulle kan dit alleen ver= werf deur dag na dag met hart en hand daaraan te bou.

(3)

TER GELEIDE

By die inhandiging hiervan is dit vir my 'n behoefte om my opregte dank aan die volgende persone en in= stansies te betuig:

1. Die Departement Bantoe-Administrasie en -Ontwik= keling vir toestemming om Bophuthatswana verskillende kere binne te gaan en om gebruik te maak van ampte= like dokumente.

2. Mej. Fiona Barbour, kuratrise van die A.M. Duggan-Cronin Museum, vir hulp i.v.m. die versameling van ge= gewens en vir die foto's wat beskikbaar gestel is vir afdruk.

3. Aan verskillende amptenare van die regeringsdiens van Bophuthatswana vir waardevolle hulp i.v.m. die versameling van gegewens.

4. Aan die staatsetnoloe en in besonder Dr. Breutz met wie herhaaldelik onderhoude gevoer is.

5. Aan die hoof van die afdeling Beplanning, Dept. Bantoe-Administrasie en -Ontwikkeling, mnr. L.K. van Gas, vir gesprekke en hulp i.v.m. die naslaan van amptelike gegewens.

6. Aan Prof. F.J. Potgieter en mnr. L. van Heerde, P.O. vir C.H.O., vir skakeling i.v.m. die ontwikke= ling van Bophuthatswana.

(4)

7. Aan S.Ed. die Hoofminister van Bophuthatswana vir hulp en ondersteuning m.b.t . die besoeke aan Motswedi.

8. Aan waarnemende kaptein, A. Mangope, en waarne= mende stamsekretaris, D. Mangope, vir gewaardeerde hulp tydens die besoeke aan Motswedi.

9. Aan mnre. Elias Moruri en Himla Menyatswe wat as opnemers opgetree het en besonder gewaardeerde hulp verleen het.

10. Aan die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing vir geldelike bystand ter bestryding van kostes

i .v.m. die studie. Menings en gevolgtrekkings waar= toe ek in hierdie navorsing geraak het, moet in geen omstandighede beskou word as 'n weergawe van die me= nings of gevolgtrekkings van die R.G.N. nie.

11. Aan mev. S. de Beer vir voorlopige en Mevv. B. John en A. Kleyn vir finale tikwerk.

12. Aan mnr. A.J. v.d. Walt van Pro Rege Pers vir hulp en advies i .v.m. die samestelling, druk en bind van die werk.

13. Aan my promotor en leermeester in die Volkekunde, Prof. J.H. Coetzee. U skerpsinnige kritiek was nooit afbrekend nie; u aansporing deur die daad meer as deur die woord. Teenoor u is ek besondere dank verskuldig ~ nie alleen vir die rigtinggewende hulp en leiding

(5)

in die saamstel van hierdie geskrif nie maar ook vir die vorming en skoling in die Volkekunde. Dit was nie alleen 'n verrykende voorreg nie ~ dit was 'n lewenservaring.

14. Aan my gesin en veral my vrou wat te midde van soms baie moeilike omstandighede veel opgeoffer het; ook vir die aanmoediging en hulp i.v.m. die taal- en tegniese versorging hiervan. Dit word opreg waar= deer. Ek kan my erkentlikheid daarvoor nie anders betuig as om hierdie werk aan u op te dra nie.

(6)

INHOUDSOPGAWE INLEIDING (1-28) 1. 2. 2.1 2. 2 3. 3. 1 3.2 4. 4. 1 4.2 4.3 4. 4 4. 5 4.6 4.7 4.8 4. 9 5. 6. Voorlopige oprnerkings Dael van die studie Uiteensetting

Motivering

Keuse van die onderwerp Afbakening van die onderwerp

Afbakening van die ondersoekgebied Die rnetode van ondersoek

Bronneversarneling en -sifting

Voorlopige opnarne en gebiedsafbakening Steekproefopnarne

Monsternerning

Kontrole oor die vraelyste Die opstel van vraelyste

Kennis van die taal en kultuur Onderhoude en gesprekke

Vergelykings

Oorsig van die inhoud van die studie Waardering van die studiernetode en -problerne HOOFSTUK 1 BEGRIPSONTLEDING EN METODES (29-82) 1. 2. Inleidend Begripsforrnulering 1 2 2 5 8 8 12 13 14 14 15 17 18 19

0)

21 25 25 28 29 30

(7)

2. 1 2.2 2.3

Kultuur as menslike verskynsel Kultuur as psigologiese verskynsel Materiele kultuur en vervaardigingsteg= niek

2.4 Materiele kultuur, ekonomie en bedryfs= lewe 2.5 Kultuurverandering 2.5.1 Kultuurkontak 2.5.2 Diffusie 2.5.3 2. 5. 4 2. 5. 5 2. 5. 6 2. 6 2.7 2.8 2.9 3. 3. 1 3. 2 3.3 3. 4 3. 5 3. 6 4. Akkulturasie Assimilasie Kulturele vermoeidheid Kulturele agterstand

Intensionele en funksionele gegewens Die organiese samestelling van die sosiale lewe

Die sosio-psigologiese basis van akkul= turasie

Kritiese samevatting

Enkele beskouinge oar die vraagstuk van die verband tussen materiele en nie-materiele kultuur Wissler Dittmer Herskovits Foster Piddington Kritiese samevatting

Histories-metodologiese oorsig van die studie van materiele kultuur

30, 35 37 42 ...---...

~

49 50 51 52 52 53 53 55 60 62 63 64 65 66 66 70 72

(8)

4. 1 4. 2 4.3 5. Evolusionisme Dif fusionisme Funksionalisme Samevatting HOOFSTUK 2 PROBLEEMSTELLING EN HIPOTESE (83-109) 1. 2. 2. 1 2. 2 2.3 2.4 2. 5 2.6 2. 7 3. 4. 4. 1 4.2 4.3 Inleidend Probleemstellinge

Die eenheid van kultuur

Verwantskap tussen kultuur en volk Kultuur as psigologiese verskynsel Die organiese geintegreerdheid van die sosiale samestelling en individualise= ring

Materiele kultuu~ bedryfslewe en voort= bestaan Kultuuraanraking Kulturele agterstand Hipotese Ontleding Kultuurkontak Individualisering

Die herstel van die kulturele eenheid

73 75 77 78 83 84 84 85 87 88 93 97 98 98 100 100 108 109

(9)

HOOFSTUK 3

DIE BAHURUTSHE BOO MANYANE: VOORSTELLING EN ALGE= MENE BESKRYWING VAN DIE STAM EN WOONGEBIED (110-138)

1. Die gebied 110

2. Die bevolking 113

3. Algemeen 114

4. Historiese agtergrond 115

4.1 Die geskiedenis van Motswedi 115 4.2 Die geskiedenis van die Bahurutshe boo

Manyane 117

4.3 Samevattende genealogie van die Bahurut=

she boo Manyane 118

4.4 Oorsprong, datering en senioriteit 120 4.5 Die Bahurutshe in die Difaqana 127

4.5.1 Die Baphutung 129

4.5.2 Die Makololo 129

4.5.3 Die Bataung 130

4.5.4 Mzilikazi 132

4.6 Die Bahurutshe boo Manyane in die Dif aqana

5 Gevolgtrekkings HOOFSTUK 4

133

135

KULTUURKONTAK, HOUDING EN KULTUURVERANDERING (139-164)

1. Kultuurkontak tussen die Bahurutshe

(10)

2.

2. 1

2. 2

2.3

Die invloed van die Difaqanatydperk

Kulturele betekenis van die Difaqana= tydperk

Etno-historiese betekenis van die Di= faqanatydperk

Houdingsverandering a.g.v. kontak

144 145 149 151 3. Blanke kultuurbeinvloeding

c_0

3.1 3.2 4.

Vestigingspatroon en wyse van kontak Verhoudingsprobleme

Samevatting en gevolgtrekkings

HOOFSTUK 5

DIE TRADISIONELE MATERieLE GOEDERE, VERVAARDIGING EN BEDRYFSLEWE VAN DIE TSWANA (165-196)

1. Inleidend

2. Die materiele kultuurgoedere van die Tswana

2.1 Besitting van eiendom

2.1.1 Verdeling en afbakening van grand 2.1.2 Woningbou en statsaanleg 2.2 Werkgereedskap 2.3 Huishoudelike gereedskap 2.4 Wapens 2.5 Kleredrag 2.5.1 Kinders 2.5.2 Mans en vrouens 2.5.3 Seremoniele drag 153 156 159 165 166 168 169 174 176 177 178 179 179 179 180

(11)

2. 5. 4 2.6 2.7 3. 3. 1 3. 1. 1 3. 1. 2 3.2 3. 2. 1 3.2.2 3.3 3. 3. 1 3. 3. 2 3. 3. 3 3. 3. 4 3. 3. 5 4. Ornamente Diverse Lewende hawe Bedryf slewe

Bedryfsaktiwiteite van die man Voedselvoorsiening

Algemeen

Bedryfsaktiwiteite van die vrou Voedselvoorsiening

Algemeen

Vervaardiging as bedryf Woningbou

Werkgereedskap en wapens Huishoudelike gereedskap Kl ere Diverse Samevatting HOOFSTUK 6 180 180 181 181 184 184 186 188 188 189 190 190 191 192 193 193 194

DIE MATERieLE KULTUURGOEDERE, VERVAARDIGING EN

BEDRYFSLEWE IN DIE KULTUURVERANDERINGSITUASIE (197-256)

1. Inleidend

2. Materiele kultuur 2.1 Grondbesit

2.1.1 Regsopvattinge i.v.m. grondbesit

197 19 8 198 19 8

(12)

2.1.2 Praktyke t.o.v. eiendomsbesit 200 2.1.3 Samevatting 203 2.2 Grondgebruik 207 2.2.1 Statsaanleg 207 2.2.2 Woningbou 209 2.3 Gebruiksgoedere 215

2.3.1 Werkgereedskap en huishoudelike goedere 215

2.3.2 Wapens 221

2.3.3 Kleredrag 222

2.3.4 Diverse 224

3. Afleidings m.b.t. die materiele kultuur=

bes it 226

4. Vervaardiging 226

5. Afleidings m.b.t . vervaardiging 229

6. Bedryfslewe 231

7. Afleidings m.b.t. die bedryfslewe 243

8. Samevattende gevolgtrekkings 249

HOOFSTUK 7

GEVOLGTREKKINGS EN WAARDERING (256-274)

1. Gevolgtrekkings 256

1.1 Gevolgtrekkings vanuit histories-meta=

dologiese perspektief 256

1.2 Gevolgtrekkings m.b.t. kultuurkontak

en kul tuurverandering 259

1.3 Gevolgtrekkings m.b.t . die bestaanseko= nomie en die organiese samestelling van

(13)

1.4 Gevolgtrekkings m.b.t. markekonomie en indivi= 2. 2. 1 2.2 2. 3 2.4 dualisering Waardering

Die basis van ekonomiese ontwikkeling Ekonomiese ontwikkeling binne die raam= werk van die kultuurgeheel

Die kulturele lewensvatbaarheid van ekonomiese ontwikkeling

Die verhouding tussen loonstruktuur en produktiwiteit 262 264 266

~

)

268 270 2.5 Die ekonomiese voltrekking van die staats=

patroon van skeiding 2 71

BYLAAG A 275 BYLAAG B 320 LITERATUURVERWYSINGS (339-352) Aangehaalde werke 339 Geraadpleegde werke 348 ILLUSTRASIES

Topokadastrale kaart van die gebied: teenoor p. 110 Skets van Motswedi: teenoor p. 208

(14)

Die materiele kultuur, vervaardiging en bedryfslewe van die Bahurutshe van Motswedi

(15)

I N L E I D I N G

1. VOORLOPIGE OPMERKINGS

Hierdie is nie 'n ekonomiese studie nie. Dit is 'n studie van die mens as kultuurdraer en -skepper.

In Suid-Afrika word daar reeds etlike jare geworstel met die ekonomiese ontwikkeling van die Bantoegebiede. Die uiteindelike mikpunt is om die verskillende Ban= toegebiede tot optimum ekonomiese selfstandigheid te lei. Die ekonomiese selfstandigheid moet dan die verwesenliking word van die reeds ten dele verkree politieke selfstandigheid. Ten einde hierdie ideaal te verwesenlik, is die algemene instelling op nywer= heidsontwikkeling saam met landbou-ontwikkeling gerig. Hierin word die oplossing gesoek om die komplekse volkeresamestelling in Suid-Afrika op sinvolle en regverdige wyse te ontwar om s6 politieke tevreden= heid en stabiliteit te verseker.

Ten einde dit te bereik, is die algemene instelling dat die Bantoe se ekonomie verander moet word van 'n bestaansekonomie na 'n markekonomie. Om dit te laat slaag word getrag om die werkspatroon van die Bantoe te verander. Die gevolg is dat ekonomiese groeipun= te geskep word om hierdie verandering van die werks= patroon te bewerkstellig. In hierdie hele proses word daar uitgegaan van ekonomiese eise waarin die Bantoe as mens vervaag. Daar word in beleid en be= leidsformulering nie altyd rekening gehou met die

(16)

kulturele en etniese eise van die kultuurdraers nie. Die gevolg hiervan is dat die Bantoe nie werklik by die nywerheidsw~se betrokke is nie. Basies bly sy instelling dat hy vir die Blanke werk. Hierdeur het

'n leemte in die ontwikkelingspatroon ontstaan. Hier= die studie is daarop gerig om die leemte te ontbloot.

'n Belangrike faset van die probleem is dat oor die algemeen as vanselfsprekend aanvaar word dat die Ban= toe in sy ekonomiese aktiwiteite sal verander as die nywerheidswese vinnig genoeg ontplooi word. Dit be= rus op die aanvaarding dat 'n geleidelike oorgang van

'n bestaansekonomie na 'n markekonomie, van 'n tuis= nywerheid na 'n fabrieksnywerheid volgens 'n natuur= like proses sal geskied mits die prikkels daarvoor sterk genoeg is. Die moontlikheid van 'n breuk met die tradisionele en 'n nuwe begin in 'n nuwe situasie word hierdeur nie in aanmerking geneem nie. Die

laasgenoemde moontlikheid, wat neerkom op die impli= kasies van nywerheidsontwikkeling op die mens binne sy kulturele en etniese verband, kan as die onderlig= gende tema van hierdie studie beskou word. Ten einde die gevaar van veralgemenings te voorkom is dit ge= konsentreer op 'n enkele stam - die Bahurutshe boo Manyane - as onderdeel van 'n etniese eenheid - die Tswana.

2. DOEL VAN DIE STUDIE 2.1 Uiteensetting

(17)

die mens as kultuurdraer en -skepper. Ten opsigte van die mens as kultuurdraer is die doel om vas te stel hoedat die materiele en ekonomiese kultuurkompo= nente van die Bahurutshe boo Manyane verander het en watter invloede histories daarop ingewerk het. Ten opsigte van die mens as kultuurskepper is die doel om te ondersoek hoedat die vervaardigingsbedryf van die Bahurutshe boo Manyane verander het en watter in= vloed dit enersyds op die kultuurdraers het en ander= syds op die bedryfslewe van die stam gehad het.

In volkekundige terme gestel kom dit daarop neer dat die kultuurverandering in die besondere kultuurkompo= nente bestudeer is ten einde die invloed daarvan op die kultuurdraers vas te stel.

In hierdie verband word aandag gegee aan kultuurveran= dering as psigologiese proses, individualisering as

'n kultureel-etniese proses asook aan ekonomiese dif= ferensiasie en spesialisasie as basis vir ekonomiese ontwikkeling. Hierdie bepaalde beklemtonings is die kulturele fasette waaragter die Tswana as mens benader word. Daarin is gepoog om na die Bahurutshe as kul=

tuurdraer en as volksmens deur te dring en om sy stre= wes en ambisies, sy motiveringe vir sy handelinge en sy lewens- en wereldbeskouing t.o.v. eiendomsbesit en ekonomie vas te stel.

houding.

Dit is saamgevat in die woord

Die studie is hierin toegespits op die materiele kul= tuurgoedere en die bedryfslewe as twee samehangende

(18)

komponente van hulle kultuur. Dit is gedoen omdat dit veral die kultuurkomponente is waarin daar 'n langdurige en intensiewe kontaksituasie was - trouens as historiese proses duur die kontaksituasie op hier= die terrein steeds intensief voort; daar word langs hierdie weg nog steeds invloed op die Bahurutshe se kultuur uitgeoefen.

Die studie self is vanuit twee beligtingspunte benader: 2.1.1. In ekonomiese terme uitgedruk, is dit 'n

studie van die behoeftes en behoeftebevrediging van die mens as ekonomiese wese. Hierin word ondersoek hoedat die Tswana van die Blanke in die ekonomiese en materiele kultuurkomponente oorgeneem het en hoedat daar,as gevolg van die oorname, vir hulle nuwe behoef= tes ontstaan het. Terselfdertyd word aangetoon in welke mate hierdie kultuuroorname reeds gelei het tot

'n geringe mate van arbeidsdifferensiasie en arbeidspe= sialisasie as twee hoekpilare vir 'n markekonomiese struktuur. As deel hiervan word aandag gegee aan die vervaardigingsbedryf.

2. 1. 2. Aan die ander kant is die studie gefokus op die invloed van die kultuuroorname op die tradisiege= bondenheid en die organiese sosiale samestelling van die Tswana. Hierin word aandag gegee aan die verband met die ekonomiese en sosiale kultuurkomponente.

Hierdie twee beligtingspunte, die ekonomiese en die

(19)

vloei ineen in die mens daaragter, die Tswana as kul= tuurdraer met 'n eie strewe en motivering, 'n eie hou= ding wat die mate en wyse van kultuurverandering be= paal. Hierdie intensionele waardebepaling werp enig= sins lig op die toekomsverwagtinge van die Tswana as ekonomies-selfstandige volk.

Die studie is beperk tot 'n enkele stam hoewel daar, veral t .o.v. die materiele goedere in die pre-kontak= situasie, deurgaans na die Tswana as etniese geheel verwys word. Dit is gedoen enersyds omdat die gege= wens t .o.v. die Bahurutshe as stam beperk is en ander= syds omdat daar volgens die beskikbare bronne weinig verskille was tussen die verskillende Tswanastamme t .o.v. die materiele kultuur en bedryfslewe ~ sonder dat hiermee gese word dat die Bahurutshe as prototipe of model vir alle Tswanastamme kan dien. In die twee= de plek was die stam die besondere eenheid wat die lewens- en wereldbeskoulike horison van die Tswana as individu bepaal het en daarom moet dit as uitgangs= punt geneem word. Wat hier van die Bahurutshe boo Manyane gese word, kan na my mening in die algemeen wel op die meeste Tswanastamme van toepassing gemaak word.

2.2 Motivering

Omdat hierdie 'n volkekundige studie is, berus dit noodwendig op die metodolog~e van die dissipline. In hierdie verband is die volgende vier aspekte van belang.

(20)

2.2.1 Metodologies beskou is hierdie studie 'n po= ging om intensionele en funksionele gegewens oar die ekonomiese ontwikkeling te sinkroniseer. 1 )

Tot dusver is vanuit die Ekonomie hoofsaaklik funk= sioneel na die ekonomie van die Tswana gekyk en is die intensie van die Tswana self in 'n groat mate geignoreer. Aan die ander kant is volkekundige stu= dies wat wel op die terrein le, hoofsaaklik beperk tot die beskrywing van die intensioneles sander om daaraan in terme van behoeftebevrediging 'n funksio= nele uitdrukking te gee. In beide gevalle is kul= ture in die studie van kultuurverandering fragmen= taries opgekap. Hier word die ekonomiese lewe in

'n kultuurveranderingsituasie uitgelig ten einde die

invloed van die aanraking op sowel die funksie as die intensie te ontleed.

2.2.2 Vanuit die geskiedenis van die Volkekunde is dit van belang om daarop te let dat die materiele kul=

tuur in vele gevalle gebruik is as 'n klassifikasie=

basis vir die omlyning van kultuurareas. Metodolo=

gies is dit van belang om daarop te let dat die in= deling van kulture volgens die Amerikaanse kultuur= area-gedagte (met al sy tekortkominge) vandag steeds

as die bruikbaarste indeling van kulture aanvaar kan

word. Die basis van onderskeiding van die kultuur= areas in Afrika is hiervolgens hoofsaaklik die mate=

(21)

riele kultuur en ekonomiese lewe.2) In die studie word die materiele kultuurgoedere en die vervaardi= ging daarvan met die bedryfslewe in verband gebring as drie verbandhoudende onderdele van die ekonomiese lewe. Ih hierdie verband word die moontlikheid van 'n breuk in die kulturele eenheid ondersoek.

2.2.3 Die studie van houdinge as onderlaag vir kul= tuurverandering op ekonomiese gebied is 'n onontginde terrein. As teoretiese vraagstuk is houding wel in die Volkekunde bestudeer o.a. deur Thurnwald, hoewel die bestudering hiervan grootliks uitgebrei kan word. Tans word aandag aan houding gegee in die sogenaamde Ekonomiese Antropologie hoewel dit nie bestudeer word as 'n faktor in volkskulturele veranderinge nie. Die aanvaarding van houding as onderlaag vir kultuurver= andering vereis 'n bepaalde verbandlegging tussen hou= ding en bv. akkulturasie.

In hierdie samehang het ons te doen met verskillende onderdele van dieselfde verskynsel nl. kultuurveran= dering. Die een onderdeel nl. houding is nie meet= baar nie en kan alleen vasgestel word in die uitdruk= king van die ander dele nl. akkulturasie of assimi= lasie. Hierdie meting van die een onderdeel uitge= druk in terme van die ander onderdele het in die on= derhawige studie 'n tweeledige wyse van ondersoek

2) Vergelyk Herskovits, M.J. Man and his works, p.183.

(22)

vereis, nl. die kombinasie van 'n vraelys saam met persoonlike onderhoude.

2.2.4 Die bestudeerde probleem word in die bestaande volkekundige terminologie uitgedruk. Begrippe SOOS akkulturasie, assimilasie, kulturele agterstand, word in die ontleding van die probleem getoets. In hier= die verband word dit oak as sinvol geag om die bruik= baarheidswaarde van die terminologie te bepaal - ver= al teen die agtergrond van die volkereverhoudinge in Suid-Afrika.

3. KEUSE VAN DIE ONDERWERP

3.1 Afbakening van die onderwerp

Hierdie onderwerp is om 'n verskeidenheid redes ge= kies. Die volgorde waarin die volgende punte genoem word, is nie noodwendig 'n volgorde van belangrikheid nie, hoewel dit tog in 'n sekere mate die motivering van die keuse weerspieel. Die ondersoek is beperk tot die materiele kultuur en bedryfsvorm om die pro= ses van kultuurverandering hierin na te gaan.

3.1.1 Die bestudering van die ekonomiese lewe en ma= teriele kultuur in die Volkekunde het in 'n groat ma= te eensydig verloop.3) Naas blote beskrywing van die daaglikse doen en late van die mense in die be=

3) Hierdie saak word breedvoeriger in hoofstuk 1 bespreek.

(23)

studeerde kulture is weinig aandag gegee aan hierdie kultuurkomponente as sodanig. Insgelyks is die in= vloed van veranderinge op ekonomiese en materiele ge= bied op die kultuurgeheel nie omvattend bestudeer nie. 4 )

Sedert die laat vyftigerjare het, veral in Amerika, 'n belangstelling ontstaan in wat vandag genoem word Economic Anthropology. M.J. Herskovits was die per= soon wat sy tydgenote in hierdie verband ver vooruit was. Nie alleen het hy hom op (vir daardie tyd) on= bekende terrein begewe nie, maar hy het die vraagstuk later ook verbind aan die probleme van moderniserende volke. Hiermee het hy bepaald 'n gewaardeerde by= drae gelewer en ook nuwe perspektief op die probleme van ekonomiese ontwikkeling van sogenaamde onder-ont= wikkelde gebiede gegee.

Ten opsigte van die materiele kultuur het die studie anders, maar ook onbevredigend, verloop. Aanvanklik is materiele goedere as kuriositeite versamel. Daar= na is dit deur volkekundiges misbruik om bepaalde idees bv. die Evolusionisme, Diffusionisme, ens. te illustreer. Dit is uiteindelik weer op die agter= grond geskuif in die tydperk van koloniale ryksvorrning toe die belangstelling eerder op die politieke ontwik= keling toegespits was. In die huidige bedeling is

4) Vergelyk Le Clair, E.E. (jnr.) en Schneider, H.K. Economic Anthropology, p.v.

(24)

daar weer 'n aktiewe belangstelling by vele instan= sies om gebruiksgoedere van die Bantoevolke te versa= mel en te bestudeer.

3.1.2 Die bestudering van die onderhawige twee kul= tuurkomponente in Suid-Afrika vertoon basies dieself= de patroon hoewel die teenstellinge hier miskien sker= per afgeets is. Beskrywings van materiele kultuur= goedere in Suid-Afrika is vaag en dikwels tot die vorm beperk terwyl die funksie dikwels geignoreer is. Die enigste omvattende beskrywing van die materiele kultuur van 'n Tswanastam is die M.A.-verhandeling van C.A. McDonald: The material culture of the Kwena Tribe of the Tswana. Met die uitsondering van enke= le paragrawe, wat soms evaluerend en soms spekulatief is, is die werk van 134 bladsye 'n blote beskrywing van die materiele goedere. In die bylae tot die werk kom hy wel tot enkele gevolgtrekkings m.b.t. die proses van kultuurverandering; dit berus meer op op= pervlakkige waarneming as op deeglike studie. Dit was trouens ook nie die doel van sy studie nie. Hiernaas is daar enkele artikels en referate wat die onderhawige probleem oppervlakkig aanraak.5)

Die bedryfslewe .van die Bantoevolke in Suid-Afrika is eweneens eensydig bestudeer. Vanuit die Ekonomie is dikwels hoogs gespesialiseerde markekonomiese wet=

5) Vir 'n kort waardering van die bronne oor die Tswana vergelyk die voorwoord in my Bibliogra= fie oor die Tswana-stammegroep van Suider-Afrika.

(25)

matighede sununier op die bedryfslewe van die Bantoe= kulture toegepas, sonder om diepgaande kultuurverskil= le in aanmerking te neem.

Hierin is daar tans ook veranderinge merkbaar. Hier= die is 'n poging om die leemtes te ontbloot. Daarom is die studie in die eerste plek teen die agtergrond van die metodologiese ontwikkeling van die Volkekunde aangepak en is 'n detail-beskrywing van die genoemde materiele kultuurgoedere nagelaat.

3.1.3 In teenstelling met die algemene opvatting is daar heelwat waarde in die studie van die materiele kultuur en die bedryfslewe. Vanwee die konkrete aard van die gegewens hied dit 'n sigbare en relatief maklik bestudeerbare proses van kultuurverandering.

In die beperktheid van die studieterrein le die groot waarde van hierdie deel van die kultuur, nl. dat dit, weens die skerp omlyning, intensief bestudeer kan word.

3.1.4 Vanuit praktiese oogpunt beskou is die onder= werp vandag van groat belang en dit kan verwag word dat dit steeds belangriker sal word. Dit staan nl. in 'n intieme verband met die ekonomiese ontwikkeling van die tuislande. Dit is oak sinvol om t .o.v. hier= die probleem kennis te neem van die aktualiteit daar= van in beleidsformulering. Die studie is a.a. aan= gepak in die hoop dat dit lig kan werp op die probleme wat t .o.v. vele ekonomiese vraagstukke ervaar word.

(26)

3.1.5 Omdat die terrein so onontgin is, word die pro= bleem diachronies bestudeer en word die huidige situ= asie verbind aan wat gewoonlik genoem word die tradi= sionele tydperk - iets wat weens die dinamiese aard van kultuur in werklikheid nie bestaan nie. Dit is dus meer korrek om te stel dat dit 'n vergelyking is van situasies voor en na 'n versnelling van die proses van kultuurverandering a.g.v. kultuurkontak - sander dat hiermee geirnpliseer word dat die versnellingspro= ses beeindig is. Hierdie versnelling van kultuur= verandering is aan die gang gesit weens omvattende kultuurkontak en dit sal voortduur solank as wat die kontaksituasie voortduur.

3.2 Afbakening van die ondersoekgebied

In die afbakening hiervan is in die eerste plek uit= gegaan van die huidige politieke situasie met in ag= neming van die genealogiese senioriteit van die Bahu= rutshe boo Manyane. Die bestudeerde stam is die starn van die hoofrninister van Bophuthatswana. Ver= der is die starn relatief afgesonder. Dit is gelee buite die direkte invloedsfeer van die nywerheids-en mynbougebiede van Transvaal. Die geisoleerdheid word as noodsaaklik geag vir die besondere onderwerp.

Die starn bevind horn dus in 'n bepaalde teenstrydige posisie. Enersyds bevind die rnense hulle in die heersende kultuurveranderingsituasie. Andersyds is hulle van die Blanke as veranderingsfaktor gelsoleer. Kontak met die Blanke vind tans hoofsaaklik buite die

(27)

gebied plaas. Vir die stam as eenheid moet dit dus as 'n vorm van indirekte kontak beskou word.

Omdat die gebied relatief geisoleer is, is die be= dryfsaktiwiteite van die mense meetbaar. In dieself= de verband kan die individualiseringsproses en die outonomie van die stam bepaal word.

Die invloed van die omland op die bedryfsvorm van Motswedi is ook ter sake. Die implikasie hiervan is dat die sosiale en politieke posisie van die stam en die gebied duidelik afgebaken is.

Enkele verdere eienskappe van die gebied is ter sake:

Die kulturele en etniese homogeniteit kan vasgestel word.

Die hoofmomente van die etno-historiese agtergrond vir saver dit betrekking op die onderwerp het, is bekend.

4. DIE METODE VAN ONDERSOEK

Daar is reeds in die motivering van die studie na die metode van ondersoek verwys. Basies kom dit daarop neer dat die onderwerp diachronies vergelyk is. Die gegewens van die pre-kontakperiode is uit bestaan= de geskrifte gekry terwyl die besonderhede van die moderne periode m.b.v. vraelyste versamel is. Dit is deur onderhoude gekontroleer en geevalueer.

(28)

In volkekundige ondersoeke van hierdie aard is daar sekere basiese beskouinge t.o.v. veldwerk wat hier onder die volgende punte genoem word.

4.1 Bronneversameling en -sifting

In hierdie studie is dit 'n eiesoortige probleem. Die bestaande gegewens berus hoofsaaklik op reisbe= skrywings en aantekeninge van sendelinge.

dige waarderings het eers later gevolg.6)

Volkekun= As gevolg hiervan is daar basiese aannames wat gemaak moet word maar wat nie bo alle twyfel bewys is nie.

4.2 Voorlopige opname en gebiedsafbakening

Dit is nie uit die geraadpleegde literatuur duidelik wat altyd onder voorlopige opnames beskou word nie. Vir hierdie studie is voorlopige werk oar 'n periode van ongeveer twee jaar gedoen. Dit behels verskeie besoeke aan die Lehurutshegebied, verskeie besoeke aan ander dele van Bophuthatswana, onderhoude en ge= sprekke met verskillende Blanke amptenare en Tswana. 'n Leemte wat hiertydens ervaar is, is die gebrek aan omvattende dokumente en geskrifte oar die betrok= ke gebied en stam. Die beskikbare amptelike gege= wens is alles vervat in die een staatspublikasie van Dr. Breutz.7) Die onduidelikhede in die werk is 6) Van der Wateren, H. Bibliografie oar die Tswana

stammegroep van Suider-Afrika. Die voorwoord. 7) Breutz, P.L. The tribes of the Marica District.

(29)

by meer as een geleentheid met horn bespreek.

Die gebiedsafbakening is gedoen m.b.v. kaarte, be= staande beskrywings en deur die bestudering van lug= foto's . Volgens die lugfoto's kon die topografie van die gebied, verspreiding van landerye en hutver= spreiding vasgestel word. Hoewel die lugfoto's iet= wat verouderd is, is hieruit oak reeds 'n aanduiding gekry van die mate van modernisering van die huise.

Die verskynsel dat wykslede tans oar die hele gebied versprei geraak het, maak die kartering van die wyke onmoontlik.

4.3 Steekproefopname

Verbandhoudend met die vorige is 'n steekproef te Motswedi en Dinokana uitgevoer met die doel om vas

te stel of die vraelyste duidelik en ondubbelsinnig is. Hierdie gegewens is a.a. met die waarnemende stamsekretaris te Motswedi bespreek ten einde ondui= delikhede, dubbelsinnighede en vrae met 'n bepaalde lading uit te skakel. Hierin is nie volkome geslaag nie. Uit die steekproefopnarne het die volgende ge= blyk:

4.3.1 Die naam of adres van 'n lapa het slegs tot verwarring gelei. Hulle ken die lapa deur die

eienaar en daarom is sy naarn op die vraelys voldoende.

(30)

4.3.2 Vrae in die eerste persoon het tot verwarring gelei. Met onpersoonlike vrae is meer objektiewe antwoorde gekry.

4.3.3 Vrae moes gespesifiseer word. Die vraag: is die mure versier, is bv. vervang met : is die mure met mis gesmeer. Op die eerste variasie is deur= gaans ja geantwoord vanwee die bree vertolking van die woord versier.

4.3.4 Die meningspeiling in die vraelys het maklik diskussie uitgelok. Dit is 'n leemte t.o.v. elke individuele geval maar globaal geneem, het dit tog wel 'n beeld gebied van die algemene beskouing.

4.3.5 Die terminologie van die artikels is met die mense bespreek. Dit het geblyk dat daar 'n taam=

like onsekerheid is oor terme soos slee (selei) , strydbyl (Selepe/Chaka) en spies (rasagai). Daar is ook onsekerheid oor die vorm van die Tswanaskildvel en die vorm en gebruik van die strydbyl.

4.3.6 Die opname wat gedoen is, is allerwee aan die reqering verbind. Teen die agtergrond hiervan is

'n sekere mate van distorsie van antwoorde aanvaar. Tydens die finale opname is gepoog om dit by wyse van onderhoude te kontroleer. Dit het ook die nood= saaklikheid onderstreep om die doel van die opname baie duidelik te stel. In die finale opname is dit gedoen voor 'n vergadering van al die senior stam= lede (mans en vrouens) en die opnemers is aangese om

(31)

die doel van die ondersoek by elke besoekpunt te ver= duidelik.

4.3.7 Tydens die steekproefopname is die vraagstuk van monsterneming ondersoek. Dit word in 4.4 be= spreek.

4.4 Monsterneming

Sosioloe en sommige volkekundiges heg veel waarde aan die sg. statistiese metode met sy belangrikste ken= merk van ewekansigheid. Met die bepaling van die monster is in die eerste plek uitgegaan van die or= ganies-geintegreerde samelewing en hieraan is die rol van die individu verbind.

Die samestelling van die stam maak dit noodsaaklik om die vraelyste volgens wyke te versprei. 'n Ewe= kansige verspreiding volgens 'n ruitpatroon is

enersyds onprakties en andersyds nie vir die stam aanvaarbaar nie. Dit word bv. vertolk as diskrimi= nasie teen bepaalde wyke. Deur die wyk (die tra= disionele administratiewe eenheid) as basis vir die verspreiding te neem, is 'n beter oorsig oar die stam as geheel verkry.

Met hierdie uitgangspunt is getrag om 'n 10% monster uit die totale bevolking van 1 500 te ondervra. Tien vraelyste is deur individue by die stamkantoor voltooi terwyl 140 (20 per wyk) oar die 7 wyke ver= sprei is. Nege vraelyste is in wyke 2 en 7 onvol=

(32)

tooid gelaat omdat daar nie genoeg gesinne was nie. Nieteenstaande die kleiner aantal het die gemiddelde monsterpersentasie hierdeur aansienlik gestyg omdat die wyke nie ewe groot is nie. In wyke 2 en 7 is bv. 'n 100% opname gemaak. Die gemiddelde persen= tasie van die totaal is egter nie berekenbaar nie. Word die monstergroep volgens gesinne8) bereken, kom dit neer op ~ 47%.

Tydens die steekproefopname is die probleem van 'n eweredige verspreiding van vraelyste oor die wykslede ondersoek. Hiervolgens het die noodsaaklikheid ge= blyk om 'n beperking te le op die opnemers. In elke wyk is die eerste 10 van elke twintigtal vraelyste in lapas wat 'n tradisionele voorkoms het, voltooi, terwyl die laaste tien vraelyste van elke twintigtal voltooi is in huise met 'n moderne voorkoms. Na ondersoek het geblyk dat die dakdekking van die huise

'n goeie basis van onderskeiding bied. Die onder= skeiding is dus aangedui deur te verwys na huise met 'n grasdak en huise met 'n sinkdak.

4.5 Kontrole oor die vraelyste

Al die vraelyste is opeenvolgend genommer. Hierdeur is 'n beperking gele op die opnemers om bv. foute

8) Bantoe-Administrasie en -Ontwikkeling, Afdeling Beplanning, bereken die gemiddelde gesinsgrootte van die streek Lehurutshe o~ 5-6 persone per ge= sin. Hiervolgens is daar - 300 gesinne in Mot= swedi. Leer nr. D/ 12/2/ 4/ 2/4.

(33)

wat gemaak is in 'n tweede vraelys reg te stel. Dit het die kontrole van die gegewens aansienlik verge= maklik. Kruisverwysings bv. tussen die vraelyste A en B is deurgaans deur die loop van die opname aan= gebring.

4.6 Die opstel van vraelyste

Die vraelyste is finaal opgestel na afloop van die steekproefopname. Die werk is verdeel in twee vrae= lyste. Die eerste is daarop gerig om 'n oorsig te kry van die materiele besittings en die bedryfslewe terwyl die tweede toegespits is op die vervaardigings= bedryf in samehang met, en as onderdeel van die alge= mene bedryfslewe. Vraelys A is versprei soos in 4.4 aangetoon. Die verspreiding van vraelys B berus op die gegewens van vraelys A. Hiervolgens is 42 B-vraelyste versprei.

Met die uitsondering van drie vrae in vraelys B is alle vrae in beide vraelyste so opgestel dat die ant= woord slegs deur die trek van 'n kruisie verstrek kon word. Hierdeur is die aantal vrae vermeerder maar dit het diskussie van die vrae en gevolglike ver= draaiing van die antwoorde in 'n groat mate uitgeska= kel.

4.7 Kennis van die taal en kultuur

Daar is teenstrydige opvattinge oar die gebruik van die taal van die proefgroep deur die navorser. Ken=

(34)

nis van die taal van 'n bestudeerde volk of stam is seer sekerlik aan te beveel vir enige veldwerk. Die gebrek aan kennis van Setswana is beslis as 'n leemte ervaar. Aan die ander kant word deur sommige volke= kundiges aanbeveel dat 'n talk deurgaans gebruik word.9) Die metode wat gevolg is, is om twee opne= mers te gebruik wat eers onderrig is en daarna self= standig die vraelyste voltooi het. In 'n paar ge= valle is dit onder my toesig gedoen maar dit het on= middellik tot verwarring en verdraaiing van die ant= woorde gelei. Die algemene neiging onder die mense was om die inhoud van die vraelyste met my te bespreek - iets wat volgens die opnemers nie in my afwesigheid gedoen is nie.

Gedurende die opname is die antwoorde nagesien en m.b.v. die stamsekretaris opgevolg deur onderhoude.

Ten einde die metode van opname van die twee opnemers te kontroleer, is tien vraelyste willekeurig van elk= een gekies en dieselfde gevalle deur die ander een weer laat ondervra. Hieruit het geblyk dat hulle metode van ondervraging nie dieselfde was nie en dat hulle vertolking van die vrae verskil het. Hierdie verskille is gekontroleer deur die versamelde gege= wens van dag tot dag self op te volg deur navrae.

9) Committee of the Royal Anthropological Institu= tion of Great Britain and Ireland, Notes and queries on Anthropology, pp.41-42.

(35)

Terselfdertyd is dit in die verwerking van die gege=

. k" 10)

wens in aanmer ing geneem.

In teenstelling met die gebrek aan kennis van die taal wat oorbrug kon word, is 'n algemene kennis van die kultuur as geheel 'n absolute vereiste. Sander

'n algemene oorsig daarvan sou hierdie studie nie moontlik gewees het nie. Dit word in hoofstuk 1 be= klemtoon dat die materiele kultuur nie losgemaak kan word van die kultuurgeheel nie. Die waarheid hier= van is by herhaling in die praktyk ervaar. Dit was veral van groat belang in die bepaling van die hou= dingsverandering van die bestudeerde groep.

In hierdie verband is die waarde besef van 'n bree bestudering van die literatuur oar die Tswana.

4.8 Onderhoude en gesprekke

Onderhoude is oar 'n wye front met verskillende per= sone gevoer. Te Motswedi self is onderhoude met die volgende persone gevoer:

Die waarnemende kaptein, Mnr. A. Mangope. Die stamsekretaris, Mnr. D. Mangope. Die wykshoofde. Daar is reeds verwys na die vergadering van die senior stamlede. Hiernaas is die wykshoofde individueel ge= spreek.

10) Vergelyk hoofstuk 6 p.2llen bylaag B tabel 5.

(36)

Individue wat vraelyste voltooi het waarin onduidelikhede voorgekom het, is na die stamkantoor geroep om dit te verduidelik. Met behulp van die wykshoofde is alle wyks=

lede wat artikels vervaardig, maar wat nie vraelys A ingevul het nie, aan die hand van vraelys B ondervra. In totaal is 10 persone wat vraelys B voltooi het, so on= dervra.

Tydens die finale opname is 'n kursus in bedryfsbe= stuur deur die opleidingsafdeling van die Bantoe-Be= leggingskorporasie (B.B.K.) in Motswedi aangebied.

'n Onderhoud oor die benadering t .o.v. bedryfsoplei= ding is met die senior-opleidingsbeampte gevoer. Hieruit het geblyk dat die B.B.K. veral op sekondere bedrywe, bv. die bestuur van 'n winkel en die handel konsentreer. Weinig aandag word aan die vervaardi= gingsbedryf geskenk. Die benadering is om by die huidige behoefte aan te pas. Volgens horn is daar

'n baie klein behoefte aan opleiding in die vervaar= digingsektor.

Onderhoude is met beide opnemers gevoer - met die een in sy hoedanigheid as skoolhoof; met die ander in sy hoedanigheid as landbouvoorligter. Die skoal= hoof het veral klem gele op die verskynsel dat kin= ders wat hulle skoolopleiding voltooi se eerste in= stelling is om die gebied te verlaat en elders werk

(37)

te gaan soek. Volgens horn hou die aard van die werk nie noodwendig verband met die opleiding wat hy ont= vang het nie. Met die landbouvoorligter is die moontlikheid van leiding met die oog op landbou-ont= wikkeling bespreek. Dit is sy primere funksie maar dit word bemoeilik deurdat hy 'n baie wye gebied moet bedien. Verder is dit nog nie 'n gevestigde praktyk dat Bantoes self leiding op hierdie gebied moet gee nie. Sy instelling is om moderne boerderymetodes by die mense tuis te bring en hierin konsentreer hy veral op beter saad, kunsmis en veredelde teeldiere. Hoewel hy jonk is en tot 'n ander stam (Barolong) behoort, ondervind hy skynbaar nie veel probleme om met die mense te skakel nie. Oor die lewensvat= baarheid van die onderneming kon hy slegs vae aandui= dings gee' . 11)

Die onderhoude wat in Motswedi gevoer is, was veral daarop gemik om enersyds die gegewens in die vrae= lyste te kontroleer en andersyds om die houding van die mense vas te stel.

Onderhoude en gesprekke is oor 'n periode van ongeveer 3 jaar met die volgende persone gevoer:

Die hoofetnoloog van die Dept. Bantoe-Admini= strasie en -Ontwikkeling. (Verskeie gesprekke.) Die etnoloog vir die Tswana, Dr. Breutz. (Ver= skeie gesprekke.)

(38)

- Verskillende amotenare van die Departement.

Prof. N.J . Swart, bedryfsekonoom, P.U. vir C.H.O.

- Mnr. E.F. Schaefer, seniorbedryfsekonoom, B.E.N.B.O.

- Die kuratrise van die Duggan-Cronin Bantoe= gallery, Kimberley. Aspekte van die materi= ele kultuur van die Tswana en die beskrywing daarvan deur ouer skrywers, veral Duggan-era= nin, is met haar bespreek.

- Verskillende senior amptenare van die B.B.K. - Mnr. L. Mangope, Hoofminister van Bophuthatswana. - Die Kommissaris-Generaal van die Tswanavolkseen=

heid.

- Die sekretaris van die Hoofminister van Bophutha= tswana.

- Die sekretaris en seniorpersoneellede van die Dept. Binnelandse sake van Bophuthatswana. - Die adjunk-sekretaris en 'n senior personeellid

van die Dept. van Onderwys en Kultuursake van Bophuthatswana.

- Die adjunk-sekretaris van Landbou van Bophutha= tswana.

- Die magistraat te Lehurutshe.

Die doel hiervan was om beleid en beleidstoepassing in= sake ekonomiese aangeleenthede vas te stel. Verder is die implikasies daarvan vir die Tswana bespreek.

(39)

4.9 Vergelykings

Daar is reeds gestel dat die vraelyste in Motswedi

en Dinokana gekontroleer is. Dit het terselfdertyd

as 'n oorsigtelike vergelyking gedien. Tydens die finale opname is 40 A-vraelyste ook in Borakalalo ver= sprei. Hiervolgens is die bevindinge oor houdinge soos in hoofstuk 6 uiteengesit, gekontroleer en beves= tig.

Hierteenoor is die gebiede Stryfontein en Rooikoppies, waar een wyk van die Bahurutshe boo Manyane woon, nie besoek nie. Hierdie aangeleentheid is met die leiers te Motswedi en met die magistraat te Lehurutshe be= spreek. Almal was dit eens dat die algemene leefwyse daar dieselfde is as in Motswedi maar dat die bedryf s= lewe bepaal word deur die mynbedryf in die gebied.

5. OORSIG VAN DIE INHOUD VAN DIE STUDIE

In die doelstelling van die studie is gestel dat dit vanuit die volkekundige metodologie aangepak is en in die volkekundige terminologie uitgedruk is. Teen hierdie agtergrond moet die samestelling van die ge= skrif beskou word.

In hoofstuk l word genoem dat die probleem horn voordoen dat volkekundiges terminologies soms by mekaar verby redeneer. Hierdie vraagstuk is in die studie skerper

afgeets omdat dit ook aan die Ekonomie as dissipline

raak. Daarom is dit as noodsaaklik geag om die ge=

(40)

bruikte terme duidelik te formuleer. Die onderhawige probleem is ook teen die agtergrond van die histories-metodologiese ontwikkeling van die Volkekunde geplaas. Hierin word aangetoon hoedat dit in die verlede bena= der is en hoe dit o.a. uitgeloop het op die afbakening van die sg. Ekonomiese Antropologie.

Hoofstuk 2 bevat die probleemstellinge wat spruit uit die terminologie en die metode. Hieraan is die hipo= tese waarop die res van die studie berus, verbind.

Hoofstuk 3 bied 'n beskrywing van die gebied en 'n his= toriese skets van die besondere stam. Hierin is ener= syds veral klem gele op die genealogiese senioriteit van die bestudeerde stam en andersyds op die historie= se agtergrond omdat dit, soos gestel in die hipotese,

'n besonder belangrike aspek is vir die vraagstuk van kultuurkontak. Hierdie aspekte belig enersyds die teenstelling tussen die organiese geintegreerdheid van die samelewing en individualisering en andersyds die geintegreerdheid van die bestudeerde kultuurkomponente.

Die kultuurkontak as historiese proses word van soveel belang geag dat dit afsonderlik in hoofstuk 4 bespreek is. Hierin is veral aangedui hoedat die kultuurveran= dering en houdingsverandering histories beinvloed is.

Hoofstuk 5 bevat 'n oorsig van die tradisionele materi= ele kultuurgoedere, vervaardigingsbedryf en die algeme= ne bedryfslewe. Omdat 'n detail beskrywing van die materiele kultuurgoedere nie die doel van die studie

(41)

is nie en om onnodige lang beskrywings te voorkom, is die materiele kultuur in samehang met die vervaardi= gingsbedryf by wyse van 'n fotobylaag (Bylaag A) ge= illustreer.

Hoofstuk 6 bevat inhoudelik dieselfde materiaal as hoofstuk 5, maar hier in die kultuurveranderingsitu= asie. Dit is bedoel as illustrasie van die histories verloopte kultuur- en houdingsverandering. Vir doel= eindes van vergelyking is dit min of meer op dieselfde patroon as hoofstuk 5 saamgestel. Om lompheid te voorkom, is eweneens in hierdie geval gebruik gemaak van 'n bylaag (Bylaag B) waarin die feitemateriaal in getabuleerde vorm saamgevat is. Volledigheidshalwe is die gebruikte vraelyste hier bygevoeg. Die teks van die hoofstuk is hierdeur grootliks verkort tot hoofsaaklik die vertolking van die gegewens.

Hoofstuk 7 bevat 'n opsomming van die gevolgtrekkings soos dit in die verskillende hoofstukke geformuleer is. Hierdie gevolgtrekkings is gewaardeer ten einde dit aan die doelstellinge te verbind.

Die bronnelys is om praktiese redes verdeel in aange= haalde werke en geraadpleegde werke. Alle bronne is onder hierdie hoofde gegroepeer om onnodige onderskei= dinge uit te skakel.

(42)

6. WAARDERING VAN DIE STUDIEMETODE EN PROBLEME

Daar is reeds verwys na besondere problerne wat ener=

syds met die literatuurstudie ervaar is en andersyds

met die veldwerk. Met die uitsondering van een as= pek is 'n verdere beklerntoning hiervan nie nodig nie, dit is nl. dat die ondersoek te Motswedi beskou rnoet word teen die agtergrond van die kulturele en poli=

tieke kloof tussen veral die Blanke- en Bantoevolke in Suid-Afrika. Orn hierdie rede sou enige paging van

'n Blanke om gegewens onder die Bantoe te versarnel 'n mate van distorsie toon. Daarorn was die gebruikrna= king van Tswana-opnerners 'n besliste bate.

Aan die positiewe kant rnoet gestel word dat die starn my as navorser besonder hartlik ontvang het. Die feit dat die starnhoof en hoofrninister, rnnr. L. Mangope my korns aangekondig het, het onrniddellik 'n gespreks= basis verseker en wantroue uit die weg geruirn. Meta= dologies onderstreep dit die rol van die individu bin= ne die gerneenskap en die historiese gewig van die lei= ersfiguur.

Die vernaarnste algernene probleern wat ervaar is, is dat die onderwerp stellig beter hanteer sou kon word deur

'n volkekundige saarn met 'n ekonoorn. Vanwee die raak=

punte in die onderwerp is daar leerntes wat nie eensydig aangevul of beoordeel kan word nie. Teen die agter= grand hiervan rnoet die aanbieding van die werk gesien word.

(43)

HOOFSTUK l

B E G R I P S 0 N T L E D I N G E N M E T 0 D E S

1. INLEIDEND

Dit kom voor dat volkekundiges terminologies by mekaar

verby redeneer. Sams word dieselfde fenomeen deur verskillende terme aangedui; soms word met dieselfde

term verskillende vertolkinge van 'n begrip uitgedruk.

Ter illustrasie hiervan hoef vir voorbeelde nie ver=

der gesoek te word nie as die algemeen gebruikte terme akkulturasie en kultuur.

gebruik is nie vreemd vir soos die Volkekunde nie.

Hierdie verwarrende begrips= 'n relatief jong wetenskap

Dit le egter die las op enige volkekundige studie dat 'n uiteensetting gegee

moet word van terme en die betekenis daarvan soos dit

in die onderhawige studie gebruik word. Hierdie hoof= stuk bevat nie slegs streng 'n ontleding van terme wat

in die teks gebruik word nie. Waar dit toepaslik ge=

ag is, is verwante terme ook genoem met die doel om

onduidelikhede uit te skakel. Terselfdertyd bevat

dit nie 'n volledige uiteensetting van alle gebruikte

terme nie maar slegs die waaroor daar onduidelikhede

is. easies is hierdie 'n kultuurstudie en daarom

word aandag aan volkekundige terme gegee wat i.v.m. kultuur gebruik word.

Saam met die terminologiese onduidelikhede is enkele uitgangspunte ook ter sprake omdat dit juis die in= houd en gebruik van sekere terme beinvloed. Teen

(44)

hierdie agtergrond word die terme bespreek in die ver= band waarin dit hier gebruik word, sander dat dit noodwendig volledig gedefinieer is.

2. BEGRIPSFORMULERING

2.1 Kultuur as menslike verskynsel

Kultuur as volkekundige begrip staan i.v.m. 'n hele reeks prosesse wat deur verskillende terme aangedui word, bv. akkulturasie, assimilasie, kultuurverande= ring, enkulturasie, ens. Oor die algemeen kan ge= stel word dat kultuur te onderskei is van die natuur. Dit is alle omskeppinge uit die God-gegewe natuur en dui dus op die menslike aktiwiteite. Saam met Kroe= ber1) aanvaar ons dus eerstens dat kultuur 'n suiwer menslike verskynsel is. In hierdie aanvaarding is daar geen verdere kwalifikasies byvoorbeeld dat dit op beskawing of sosiale erfgoedere2) dui nie. Ter= selfdertyd druk hierdie aanvaarding tog uit dat kul= tuur (omskeppinge) die menslike verwerking is van die Goddelike skepping. In sy wese openbaar die mens wel 'n ingebore kultuuraanleg wat horn in staat stel om kultiverend op te tree en sal ons weer met Kroeber kon saamstem dat ons in ons bestudering te doen het met manifestasies van kultuur.3)

1) Kroeber, A.L. Anthropology.

2) Tylor, E.B. The origins of culture dl. 1 van Primitive culture, p.l, gebruik die begrippe kul= tuur en beskawing sinoniem. Linton weer beskou kultuur as sosiale erfgoedere.

(45)

Die genoemde ander skrywers bly in gebreke om te on= derskei tussen kultuuraanleg, wat erflik is, en kul= tuurmanifestasies, wat die produk van die mens se

kultuuraanleg is.

In die miskenning van die kultuurmanifestasies as die produk van die mens se kultuuraanleg le die foutiewe beskouing van 'n algemene mensheidskultuur waarin daar geen verskille bestaan nie. Dit lei daartoe dat kultuur en beskawing as sinonieme beskou word.

Naas die bg. onderskeiding is dit nodig om te onderskei tussen kultuur en volkskultuur. Kultuur is wel 'n al= gemeen menslike attribuut maar alle kultuurbeoefenin geskied binne 'n be aalde volksve~band, sander dat_die

ind~viduele kultuurprestasie hiermee opgehef woirl.

Die individu kan deur uitvinding of ontlening bv. iets nuuts doen, in welke geval dit steeds kultuurbe= oefening is, maar eksklusief aan die individu verbind bly. Dit doen egter nie af aan die moontlikheid dat 'n eksklusiewe kultuurproduk deur aanvaarding van die volk 'n verteenwoordigende karakter kan kry nie, in welke geval dit die lewensgestalte van die volk deur

'n eie kultuurpatroon uitdruk. 4l

As menslike aktiwiteit het die studie van kultuur 'n besondere plek in die Volkekunde. Volkekunde is een van die jongste dissiplines wat die mens bestudeer.5) 4) Coertze, P.J. (red.): Inleiding tot die algemene

Volkekunde, p. 35.

5) Malinowski, B. A Scientific theory of culture, p.3

(46)

Uit die aard van die vak word die mens hier in sy volksverband ondersoek. Hiervoor is nldig om kennis te neem van die mens in sosiale, kulturele en etniese verband. So gesien word die studie van kultuur in die Volkekunde aan die volksmens gekoppel. Die kul= tuur van 'n volk druk uiterlik die lewensgestalte van

'n volk uit, sodat die patroon van denke, houding, handelwyse en die produkte van die volk se handelwy= se deur die kultuur bepaal kan word.6) Hierdie we= sentlike en noue verbintenis tussen kultuur en volk beteken dat daar 'n wisselwerking tussen kultuur en volk is. As die kultuurbeoefening verander, sal dit 'n invloed op die kultuurdraers of volk he. As die wese van die volk as kultuurdraers verander, sal dit 'n verandering in die struktuur van die intra-volks= verhoudinge he sodat die kultuur van die volk 'n verandering sal ondergaan.

Die onderskeiding tussen kultuur en volkskultuur het 'n besondere betekenis in die bestudering van die Tswanakultuur. (Dit geld trouens vir alle Suid-Ban= toevolke.) Dit aksentueer die besondere verhouding tussen die individu en die groep en die wisselwerken= de kragte tussen hierdie twee pole. (Dit word volle= diger in hoofstuk 5 bespreek.) Waar daar van kultuur gepraat word, word dit deurgaans teen hierdie agter= grond gebruik. Vanselfsprekend omvat dit ook die hele

6) Coertze, P.J. Inleiding tot die algemene Volkekun= de, p.35; Benedict, Ruth. Patterns of culture. Sy le besondere klem op die verhouding tussen die groep en die individu en wat sy noem cultural be=

(47)

kultuur, hoewel hier klem op die tegniese skeppinge en bedryfslewe gele word. In hierdie verband sal vasgestel word of die verandering in die materiele kultuur enige invloed op etno-sosiale prosesse in die onderhawige etniese eenheid het.

Malinowski bespreek kultuur vanuit verskillende ge= sigspunte. Hy onderskei tussen die teorie van kul= tuur en wat kultuur werklik is. (Hiermee is sy be= skouing in ooreenstemming, maar in antler terme, met die onderskeiding van kultuuraanleg en kultuurmani= festasies.) Volgens horn is die teorie van kultuur op 'n biologiese basis gefundeer omdat die mens tot die dierefamilie behoort. Verder is daar volgens horn sekere natuurlike omstandighede wat oorkom moet word en hiermee skep die mens wat genoem kan word 'n tweede omgewing.7) Malinowski beweer verder dat hy dit doen deur die maak van gebruiksartikels, die or= ganisasie van a.a. sy sosiale, ekonomiese en poli= tieke lewe. Al hierdie dinge wat die mens doen, is gebaseer op sy lewens- en wereldbeskouing en af= hanklik van sy norme en vereistes. Die norme en vereistes van verskillende mense en kulture verskil en daarom verskil kulture (volkskulture) . Daarom

. l . . 8 ) H.

is daar nie so iets as a gemene meting nie. ier= mee gee Malinowski op indirekte wyse uitdrukking aan die anderswaardigheid van kulture nl. dat 'n be=

in een kultuur nie beoordeel (ge=

Malinowski, B. A scientific theory of culture, p. 36-37.

8) Ibid. , p.38. Met norme en vereistes druk hy hier uit wat in hoofstuk 2 met houding aangedui word.

(48)

meet) kan word vanuit 'n ander kultuur nie. Dit is nodig om die totale kultuurmilieu (d.w.s . die sg. tweede omgewing) in aanmerking te neem voordat 'n kul= tuurverskynsel beoordeel kan word. Toegepas op hier= die studie beteken dit dus dat die ekonomiese lewe en tegniese skeppinge van die Tswana beoordeel behoort ·te word vanuit die totale Tswanavolkskultuur.

Daar is reeds gewys op die onderskeiding tussen kul= tuuraanleg en kultuurmanifestasie. Ten opsigte van kultuurmanifestasie is dit, volgens Malinowski, nodiq om te onderskei tussen tyd en ruimte. Met ruimtelik word bedoel die kulturele diversiteit wat daar binne

'n enkele kultuur op enige gegewe tydstip bestaan. Tydelik beskou, vind daar voortdurende verandering plaas. Hierdie verandering vind nie noodwendig dwarsdeur die hele kultuur gelyktydig of in geheel plaas nie. Die rede hiervoor is omdat die kultuur aan die mens as individu gekoppel moet word; daarom moet kultuur o.a. as 'n psigologiese verskynsel be= skou word.

Saamgevat kan kultuur soos volg beskou word:

2.1.l Dit is die menslike omskepping van die geska= pe natuur soos God dit daargestel het in sy ide= ale vorm - nie as willekeurige handelinge nie, maar onder die skeppingsopdrag om die aarde te onderwerp en te beheers.

(49)

2.1.2 Dit omvat die geestelike aktiwiteite van die mens as individu.

· 2.1. 3 Wanneer lede van 'n gemeenskap of volk deur aanvaarding of deur nabootsing soortgelyk optree, het ons te doen met volkskultuur wat op sy beurt weer die mens as individu beinvloed en gedeeltelik bind.

2.1.4 Die proses van kultuurverandering is werksaam en afhanklik van die mens se lewens- en wereldbeskou= ing. Terselfdertyd beinvloed die volkskultuur op sy beurt ook die mens se lewens- en wereldbeskouing.

2.2 Kultuur as psigologiese verskynsel

Kultuur bevat ten diepste psigologiese aspekte wat berus op die optrede van individue. Kultuur word in

'n volk van generasie tot generasie deur die leerpro= ses oorgedra. Hierdie aanleer van kultuur binne 'n volk staan bekend as enkulturasie. Herskovits beskou enkulturasie as 'n proses van bewuste en onbewuste kon= disionering9) wat hy as die twee basiese elemente van hierdie kulturele leerproses sien. Sy onderskeiding in bewuste en onbewuste kondisionering kom veral ter sprake by die volwassewording van die individu. Na= mate die individu volwassenheid nader, tree waardebe= paling en seleksie in, sodat die bewuste kondisione= ring (as deel van die enkulturasieproses) gaandeweg gewysig word omdat hy toenemend self die bestaande kultuurmanifestasies waardeer. Dit bring Herskovits 9) Herskovits, M.J. Man and his works, p.39-40.

(50)

ten regte i.v.m. die spanning tussen tradisie en ver= andering wat in enige kultuur teenwoordig is.

Sander om die meriete van sy redenasie in besonderhe= de te ontleed, kan die algemene gang van Herskovits se benadering met enkele kwalifikasies aanvaar word. Herskovits staan met hierdie redenasie waarskynlik ender die invloed van die Psigologiese Behaviorisme in die V.S.A. van sy tyd, waarin leer en kondisione= ring as sinonieme beskou is. In hierdie benadering word die wil en persoonlikheid van die mens in 'n groat mate ontken. Herskovits is nie in dieselfde mate hieraan skuldig nie omdat hy in die volwasse= wordingsproses juis die moontlikheid van seleksie aanvaar. Dit beteken dus dat sy onderskeiding in bewuste en onbewuste kondisionering aanvaarbaar is, maar dan slegs as deel van die leerproses. Die

tweede kwalifikasie is dat die invloed van die volks= gemeenskap op die individu die psigologiese aspek is wat in die Volkekunde ter sprake kom. Op sy beurt

staan dit weer in verband met die heersende etiese en estetiese norme van daardie volk omdat dit die waarde= bepaling van die individu ten sterkste beinvloed. Met ander woorde die waardesisteem van 'n volk vir enige komponent van die kultuur bepaal of beinvloed die keuses van die individue soos uitgedruk deur die houding van die individue binne daardie volk.lO)

10) Hellpach, W. Kulturpsychologie, p.2. Dit word in die hipotese (hoofstuk 2) vollediger bespreek en met die tema van die studie in verband ge= bring.

(51)

Hieruit sou dus afgelei kan word dat wanneer die waar= debepaling van 'n volk verander, die kultuur van die volk kan verander. (Die proses kan ook omgekeerd plaasvind.) Dit word in sy veranderlikheid eers volkskultuur nadat die volk (as kulturele eenheid) die verandering aanvaar. In die norme en die waardebe= paling van 'n fenomeen deur die volk le dus kulturele tradisie; in die waardebepaling van 'n fenomeen deur die individue le die veranderlikheid van kultuur.

Die ewewig tussen hierdie twee pole word deur die leerproses of kondisionering bewaar. Solank daar 'n balans tussen hierdie twee pole is, is daar 'n ewere= dige (normale) dinamiek van die kultuur. Wanbalans

lei tot 6f stagnasie 6f 'n versnelde kultuurverande= ring.

2.3 Materiele kultuur en vervaardigingstegniek

Daar word in die Volkekunde met wisselende beklemto= ning dikwels na die materiele kultuurdeel verwys as die nie-geestelike deel van kultuur. Verder word die onderskeiding tussen die vervaardigingstegniek en materiele kultuur nie altyd duidelik en bevredigend getrek nie. Beals en Hoijer beskou tegnologie bv. volgens hulle besondere kultuurbeskouing as 'n onder= deel van kultuur en definieer dit as:

Technology: The ways of behaving by means of which men utilize natural resources for the purpose of securing food, and to manu= facture tools, weapons, clothing, shelters,

(52)

containers, and the many other artifacts h .

f

1

.f

11)

necessary to t e~r ways o v~ e.

Die klem val in hierdie definisie op gedrag en die benutting van die bodem - m.a.w. op tegniese presta= sies. Nau onderskei hulle verder tussen tegnologie

(as die somtotaal van die tegnieke waaroor die kultuur beskik) en die materiele kultuurgoedere12) (wat die resultaat van die tegnologie is) . Onder vervaardig= de goedere noem hulle dieselfde dinge wat in verband met die tegnologie genoem word.

Oat hulle onderskei tussen tegnologie en materiele kultuur is aanvaarbaar, maar die wyse van onderskei= ding is verwerplik omdat dit op die volgende foutie= we stelling berus:

In a strict sense, according to our defini=

tion of culture as a set of patterns and themes for the guidance of human behavior,

material culture is of course not a part

of culture at all but only a result or

product of it .13)

Dit is onaanvaarbaar omdat die woord kultuur nie primer verwys na die menslike vermoe om kultuur te skep nie,

11) Beals, R.L. en Hoijer, H. An introduction to Anthropology, p.247.

12) Die woord artefacte word dikwels gebruik. Ek verkies vervaardigde goedere of materiele goe= dere (skeppinge) .

13) Beals, R.L. en Hoijer, H. An introduction to Anthropology, p.251.

(53)

maar juis na die kultuurmanifestasies - dus alle mani= festasies.van sy kultuurvermoe. Word Beals en Hoijer se redenasie verder gevolg, is dit duidelik dat hulle evolusionisties redeneer dat die tegnologie die mens= like vermoe is wat horn van die dier (aapsoorte) onder= skei in die eksploitasie van die natuur.141 'n Der=

de beswaar teen hulle beskouing is die beklemtoning

van die tegnologie as 'n voorvereiste vir materiele kultuur. In hierdie verband word die terme tegniek

en vervaardigingstegniek bo tegnologie verkies omdat

die materiele kultuurgoedere die resultaat van die tegniek is en dit nie alles as die wetenskap van die

tegniek beskou kan word nie.

Tot dusver is na die term materiele kultuur verwys as die sg. nie-geestelike onderdeel van kultuur en die verband daarmee met die tegniek. Die kultuur= verband is die ander aspek waaroor daar nie eenstem= migheid in die Volkekunde is nie. Hoewel die term materiele kultuur op sigself teenstrydig klink, moet ons dit so in die Volkekunde aanvaar. Dit dui die deel van 'n volk se kultuur aan waarin die materiele

skeppinge die uitgangspunt is en verkry, soos Du Tait

tereg opmerk,151 eers betekenis wanneer dit met die hele kultuur in verband gebring word. In sy redena= sie bou Du Toit voort op Piddington wat die manifes=

14) Beals, R.L. en Hoijer, H. An introduction to

Anthropology, p.258-259. Met evolusionisties word

hier bedoel die klassieke (Darwinistiese) patroon

van denke.

15) Du Toit, A.P. Die plek van die materiele skep= pinge van die Baphalaborwa in hul kultuur, p.4.

(54)

tasie van 'n kultuurdeel materieel of andersins be= klemtoon in verhouding tot die somtotaal van daardie betrokke kultuur.

In sy bree betekenis gaan dit hier om die middele

wat geskep word om die volk se voortbestaan te verse=

ker. Dus het dit nie net te doen met die middele

self nie maar ook met die oorsaak wat tot die skep= ping daarvan gelei het, sowel as die gebruik daarvan. Die gebruik kan met verloop van tyd gewysig word maar

die oorsaak en gebruik bly altyd relevant. Juis in die gebruik of funksie daarvan word die verband met

die totaliteit van die kultuur uitgedruk.16) Dit is die betekenis wat in die woord materiele kultuur ge= lees kan word.

17)

Foster se benadering van die probleem is lesens=

waardig. Hy gebruik die term tegnologiese ontwikke=

ling wat hy onmiddellik kwalifiseer deur sosio-tegno= logiese ontwikkeling.

die redenasie dat:

Hierdie kwalif ikasie rus op

. . . development is much more than the overt acceptance of material and technical improvements. It is a cultural, social and psychological process as well. Associated

with every technical and material change there is a corresponding change in the atti= tudes, the thoughts, the values, the beliefs

16) Piddington, R. Social Anthropology, dl. II.p.521. 17) Foster, G.M. Tradi~ional cultures, p.2 en verder.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

Hierdie studie vorm deel van die Projek Akademiese PrestasievoorspeZling van die Departement Empiriese Opvoedkunde en is deur n groter toekenning van die Raad

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

In die Knnpprovinsie word dio provinsi'::',lo koshuise ge- adninistreer volgens dio proscduro wat oorspronklik dour dio Suid-Afrika-wet neergele is, wat dit

staan in dienste van 'n maatskaplike aard. 10) Vanwee die belangrikheid van taal as denk- en abstraheringsmedium (vgl.. ling van die kind deur ouers, onderwysers,

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

In die onderstaande tabel word leierskap op skool aangetoon asook die aantal leiersposisies wat die studente beklee het en hierteenoor hulle akademiese prestasies