• No results found

GEVOLGTREKKINGS, SAMEVATTING EN AANBEVELINGS

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "GEVOLGTREKKINGS, SAMEVATTING EN AANBEVELINGS "

Copied!
22
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 7

GEVOLGTREKKINGS, SAMEVATTING EN AANBEVELINGS

7.1 lnleiding

Die doel met hierdie ondersoek was om 'n toets saam te stel aan die hand waarvan voornemende eerstejaarstudente gekeur kan word. Om die doel te bereik is statistiese tegnieke aangewend om daardie veranderlikes of beste kombinasie veranderlikes te identifiseer wat maksimaal tussen suksesvolle en onsuksesvolle studente onderskei be- treffende akademiese produktiwiteit, oftewel graadvoltooiing in die minimum tyd al dan nie.

In hierdie hoofstuk word eerstens die resultate van die ondersoek (kyk hoofstuk 6) weer- gegee en gevolgtrekkings daaruit geformuleer. Tweedens word 'n bondige samevatting van die hele studie gegee. Derdens word die beperkings van die studie bespreek, en laastens word enkele aanbevelings gemaak wat uit die ondersoek voortvloei.

7.2 Gevolgtrekkings

In hierdie paragraaf word die resultate weergegee van die analises wat uitgevoer is om onafhanklike veranderlikes te identifiseer wat maksimaal tussen suksesvolle en onsukses- volle studente by die PU vir CHO onderskei.

7.2.1 lnvloed van kognitiewe veranderlikes op akademiese produktiwiteit

D Vorige prestasie

Met 'n analise van die verband tussen matriekprestasie (vorige prestasie) en akade- miese produktiwiteit van studente aan die PU vir CHO (kyk paragraaf 6.2.1.1 asook grafieke 6.1 tot 6.3 en tabelle 6.1 tot 6.9 in Bylae A) is gevind dat:

• Studente van die onderskeie fakulteitsgroepe wat hul graad in die minimum tyd verwerf het, deurgaans opvallend hoer gemiddelde SF-Totale behaal het in verge- lyking met studente wat Ianger as die minimum tyd geneem het vir graadverwer- wing of nooit 'n graad verwerf het nie. Dieselfde tendens is gevind by 'n verge- lyking van suksesvolle met onsuksesvolle mans en suksesvolle met onsuksesvolle dames by die onderskeie fakulteite.

• Prestasiepeil in bepaalde matriekvakke verband hou met akademiese produk- tiwiteit in in bepaalde fakulteit.

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings 185

(2)

- - - -

Uit 'n samevatting van die resultate van die diskriminantontleding (kyk tabel 7.1 in paragraaf 7.3.3.5) blyk algehele matriekprestasie [Som van matriekvakke (SFT)] die enkele klassifikasiefunksie te wees, met uitsondering van die mans- en fakulteitsgroep Natuurwetenskappe, wat die enkele grootste bydrae tot die onderskeid tussen suksesvolle en onsuksesvolle studente gelewer het.

Die gevolgtrekking word gemaak dat die matriekprestasie van studente van die fakulteitsgroepe wat by die studie betrek is, verband hou met graadvoltooiing in die minimum tyd (akademiese produktiwiteit).

In die literatuuroorsig (kyk paragraaf 4.3.1.3) is 'n leemte ge"identifiseer in die sin dat die meerderheid studies waar 'n positiewe verband tussen matriekprestasie en akademiese prestasie op universiteit gevind is, hoofsaaklik op sukses in die eerste studiejaar gefokus het. Die resultate van hierdie ondersoek dui waarskynlik daarop dat die verband tussen matriekprestasie en sukses in die eerste studiejaar, ook ten opsigte van akademiese produktiwiteit geld (graadvoltooiing in die minimum tyd).

Ongeag velerlei probleme wat met die aanwending van matriekprestasie as 'n moontlike toelatingskriterium tot universiteitstudie in hierdie studie uitgewys is (kyk paragrawe 3.6.1 tot 3.6.3), en met inagname van navorsingsbevindings wat verskille tussen verskillende bevolkingsgroepe uitgewys het betreffende die aard van die ver- band tussen matriekprestasie en universiteitsprestasie (vergelyk Skuy, et a/., 1996: 116; Potter, 1990:205), blyk dit tog dat algehele matriekprestasie opvallend tussen suksesvolle en onsuksesvolle afgestudeerde studente by die PU vir CHO te onderskei. Daarom behoort die waarde van matriekprestasie, in kombinasie met an- der faktore soos in tabel 7.1 (kyk paragraaf 7.3.3.5) aangetoon, nie sander meer geringgeskat te word nie.

D Aanleg

Met 'n analise van die verband tussen aanleg en akademiese produktiwiteit (kyk ta- belle 6.12 en 6.13 in Bylae A en grafieke 6.5 tot 6. 7) is opvallende interfakultere ver- skille ten opsigte van sewe van die tien SAT-subtoetse gevind. Suksesvolle studente van die drie fakulteitsgroepe het deurgaans hoer gemiddelde tellings in die meerder- heid subtoetse van die Senior Aanlegtoets behaal in vergelyking met onsuksesvolle studente.

Uit die samevatting van die resultate van die diskriminantontleding (kyk tabel 7.1 in paragraaf 7.3.3.5) blyk dat verskillende aanlegte (in kombinasie met verskillende ver- anderlikes) verskillende bydraes !ewer tot die onderskeid tussen suksesvolle en on- suksesvolle studente by die onderskeie fakulteitsgroepe en by mans- en dames- groepe van dieselfde fakulteitsgroep. By die fakulteitsgroepe Natuurwetenskappe en

Hoofstuk 7 - Same vatting, gevo/gtrekkings en aanbevelings

(3)

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe blyk dit veral spesifieke aanlegte soos Ruim- telik 3-D (SA T8) te wees wat suksesvolle en onsuksesvolle studente van mekaar on- derskei, terwyl die aanlegte Berekeninge (SA T2) en Ruimtelik 2-D (SA T7) onderskeid tref tussen suksesvolle en onsuksesvolle studente by die fakulteitsgroep Regte.

Die gevolgtrekking kan gemaak word dat spesifieke aanlegte (in kombinasie met an- der veranderlikes) verband hou met akademiese produktiwiteit in die onderskeie fakulteite. Anders gestel, sekere aanlegte of kombinasies van aanlegte dra waar- skynlik in 'n mindere of meerdere mate daartoe by dat studente in 'n bepaalde fakulteit suksesvol is of misluk.

Aangesien aanleg op die potensiaal dui waaroor 'n persoon beskik om bepaalde vaardighede en/of bekwaamhede deur opleiding te verwerf (vergelyk Fouche &

Verwey, 1978:2) en/of verskillende verstandelike vermoens behels wat relatief onaf- hanklik van mekaar is (vergelyk Anastasi, 1988:378) en verskillende studierigtings eie- soortige eise in die vorm van studierigting- of vakspesifieke vaardighede I be- kwaamhede stel wat verwerf moet word, dui mislukking waarskynlik op gebrekkige opleiding of gebrekkige potensiaal (verstandelike vermoens) of 'n kombinasie van beide. In die lig van die relatief lae akademiese produktiwiteit van veral studente van die Fakulteit Regte by die PU vir CHO (kyk tabel 5.3 in paragraaf 5.5.2.1.3) duik twee aangeleenthede op wat dringende aandag verg. Eerstens, dat besin word oor die gehalte studente wat tot Regstudie toegelaat word en tweedens, dat die spesifieke bekwaamhede of vaardighede waaroor regspraktisyns behoort te beskik, fyn ge- definieer en tydens kurrikulumontwerp en onderrig verreken word.

Samevattend: By 'n ruwe beoordeling van die mate waarin kognitiewe faktore (vorige prestasie en aanleg) by die onderskeie fakulteitsgroepe tot klassifikasie ten opsigte van akademiese produktiwiteit bydra [kyk tabella 6.26(b), 6.27(b) en 6.28(b)], blyk dit naastenby dieselfde gesamentlike bydrae te wees as die van die ander veranderlikes, gesamentlik (nie-kognitiewe faktore). Hierdie ruwe beoordeling blyk min of meer ooreen te stem met die ongeveer 50% bydrae van kognitiewe faktore tot akademiese suksesvoorspelling, volgens Louw (1990), soos aangehaal deur Kotze (1994:79).

7.2.2 lnvloed van nie-kognitiewe veranderlikes op akademiese produktiwiteit

D Belangstelling

Met 'n analise van die verband tussen belangstelling en akademiese produktiwiteit (kyk tabel 6.16 in Bylae A en grafieke 6.9 tot 6.11) is gevind dat suksesvolle studente van die onderskeie fakulteitsgroepe in 'n wisselende mate hoer gemiddelde tellings ten opsigte van verskillende belangstellingsvelde behaal het as onsuksesvolle stu-

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings 187

(4)

~~~~-~---,

dente. Suksesvolle studente van al drie fakulteite het hoer gemiddelde tellings as onsuksesvolle studente van dieselfde fakulteit behaal ten opsigte van die belang- stellingsvelde Beeldende Kunste (VBV1), Uitvoerende Kunste (VBV2), Taal (VBV3) en Histories (VBV4). Hierbenewens het suksesvolle studente van die Fakulteite Regte ten opsigte van Histories (VBV4), suksesvolles van Natuurwetenskappe ten opsigte van Diens (VBV5), Welsynwerk (VBV6), Geselligheid (VBV7), Prakties-vroulik (VBV13) en Klerklik (VBV16), en suksesvolles van Ekonomiese en Bestuursweten- skappe ten opsigte van Geselligheid (VBV7), Prakties-vroulik (VBV13) en Werk-stok- perdjie (VBV20), ook hoer gemiddelde tellings as onsuksesvolle studente behaal (kyk tabel6.16 in Bylae A en grafieke 6.9 tot 6.11).

Uit die samevatting van die resultate van die diskriminantontleding (kyk tabel 7.1 in paragraaf 7.3.3.5) blyk dat verskillende belangstellingsveranderlikes (in kombinasie met ander faktore) wisselende bydraes I ewer tot die klassifikasie van suksesvolle en onsuksesvolle studente by die fakulteitsgroep Natuurwetenskappe (asook mans- en damesgroep) en die Ekonomiese en Bestuurswetenskappegroep (en damesgroep).

Aangesien geen belangstellingsveranderlike as klassifikasiefunksie by die verskil- lende groeperinge van die Fakulteit Regte geselekteer is nie, blyk dit dat ander fak- tore as belangstelling deurslaggewend is vir graadvoltooiing in die minimum tyd.

Uit die voormelde samevatting van tendense betreffende gemiddelde tellings behaal in die onderskeie belangstellingsvelde en die resultate van die diskriminantontleding, kan die gevolgtrekking gemaak word dat verskillende aspekte van belangstelling in besondere fakulteite met akademiese produktiwiteit verband hou.

0 Aanpassing

Met 'n an?lise van die verband tussen aanpassing en akademiese produktiwiteit (kyk tabel 6.20 en grafieke 6.13 tot 6.15) is gevind dat die gemiddelde telling van sukses- volle studente deurgaans die laagste ten opsigte van PHSF9 (Sosialiteit-S) en deur- gaans die hoogste was met betrekking tot PHSF1 0 (Morele inslag) en PHSF11 (Formele verhoudinge). Die omvang van die verskille in gemiddelde tellings ten op- sigte van die voormelde velde blyk die sterkste na vore te tree by die Fakulteit Natuurwetenskappe en die Fakulteit Regte en in 'n mindere mate by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Dit blyk uit die resultate van die diskriminantontleding (kyk tabel 7.1 in paragraaf 7.3.3.5) dat spesifieke aanpassingsveranderlikes soos Selfbeheer (PHSF3) by die Fakulteit Regte en Selfbeheer (PHSF3), Sosialiteit-S (PHSF9) en Morele inslag (PHSF1 0) by die Fakulteit Natuurwetenskappe, in kombinasie met ander spesifieke veranderlikes soos in tabel 7.1 aangedui, tussen suksesvolle en onsuksesvolle stu-

Hootstuk 7 - Samevatting, gevo/gtrekkings en aanbevelings

(5)

dente onderskei. Sodra mans en dames afsonderlik beskou word, tree 'n interes- sante verskynsel na vore by die Fakulteit Regte, naamlik dat Selfvertroue (PHSF1) by mans en Sosialiteit-G (PHSF9) by dames, in kombinasie met matriekprestasie, hoe persentasies korrekte klassifikasie van mans en dames oplewer betreffende akade- miese produktiwiteit (kyk tabel 7.1 in paragraaf 7.3.3.5). Hiermee word die doeltref- fendheid van die genoemde klassifikasieveranderlikes bevestig. Dit val op dat geen aanpassingsveranderlike by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe as klassifikasiefunksie geselekteer is nie.

Uit die voormelde samevatting van tendense betreffende gemiddelde tellings behaal in die onderskeie aanpassingsvelde van die PHSF-vraelys en die resultate van die diskriminantontleding, kan die gevolgtrekking gemaak word dat bepaalde aan- passingsveranderlikes verband hou met akademiese produktiwiteit in veral die fakulteite Regte en Natuurwetenskappe.

D Studiegewoontes en -houdings

Met 'n analise van die verband tussen studiegewoontes en -houdings en akademiese produktiwiteit is gevind dat suksesvolle studente van al drie fakulteitsgroepe hoer gemiddelde tellings as onsuksesvolle studente in al die OSGH-velde behaal het (kyk tabelle 6.22 tot 6.25 in Bylae A, asook grafieke 6.16 tot 6.19). AI sewe die OSGH- velde onderskei egter in 'n relatief wisselende mate tussen suksesvolle, deels suk- sesvolle en onsuksesvolle studente by die onderskeie fakulteitsgroepe. Die onder- skeid tussen die drie kriteriumkategoriee is die opvallendste by die Fakulteit Ekono- miese- en Bestuurswetenskappe (kyk tabel 6.24 in Bylae A asook grafieke 6.17 tot 6.19). Dames van al drie fakulteite het deurgaans in al die OSGH-velde hoer gemid- delde tellings as mans van dieselfde fakulteit behaal. Die grootste verskille in gemid- delde tellings tussen mans en dames het voorgekom by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, gevolg deur die Fakulteite Natuurwetenskappe en Regte (kyk tabel 6.23 in Bylae A).

Uit die voormelde samevatting betreffende gemiddelde tellings behaal in die onder- skeie OSGH-velde, is tot die gevolgtrekking gekom dat studiegewoontes en -houdings by die onderskeie fakulteite opvallend verband hou met graadvoltooiing in die minimum tyd.

Uit die resultate van die diskriminantontleding (kyk tabel 7.1 in paragraaf 7.3.3.5) val dit op dat nie 'n enkele OSGH-veranderlike in die gereduseerde stel veranderlikes vervat is wat maksimaal tussen suksesvolle en onsuksesvolle studente by die onder- skeie fakulteitsgroepe onderskei nie. Dit val verder op dat verskillende OSGH-velde wei by mans van die fakulteitsgroep Natuurwetenskappe [Vermyding van uitstel

Hootstuk 7 - Samevatting, gevo/gtrekkings en aanbevelings 189

_ _ _ ______._j

(6)

-~---~- ~~~--- - - - ,

(OSGH1)] en mans en dames van die Ekonomiese Wetenskappegroep aangetref word [respektiewelik Dosent-goedkeuring (OSGH4) en Vermyding van uitstel (OSGH1) by mans, en Werkmetodes (OSGH2) by dames].

Die voormelde resultaat blyk teenstellend te wees met die resultate van die beskry- wende statistiek waar gevind is dat al sewe OSGH-velde by die fakulteitsgroepe on- derskei ten opsigte van akademiese produktiwiteit (kyk paragraaf 6.2.2.3). Hierdie oenskynlik teenstellende resultate dui waarskynlik daarop dat die bydraes van ver- anderlikes tot akademiese produktiwiteit (soos onder andere studiegewoontes en - houdings) nie in isolasie of individueel beskou moet word nie, maar gesamentlik of in kombinasie met ander veranderlikes soos onder andere in tabel 7.1 (kyk paragraaf 7.3.3.5) aangedui.

7.2.3 Algemene beeld van die navorsingsresultate

Die navorsingsresultate van hierdie ondersoek het aangetoon dat daardie veranderlikes of kombinasie van veranderlikes wat maksimaal onderskei ten opsigte van akademiese produktiwiteit (graadvoltooiing in die minimum tyd aldan nie) by fakulteitsgroepe aan die PU vir CHO, van fakulteit tot fakulteit verskil (em ten opsigte van mans en dames van dieselfde fakulteit).

Die resultaat van hierdie studie vind neerslag in die daarstelling . van drie klassifi- kasiemodelle wat respektiewelik vir die keuring van voornemende studente in die Fakulteite Regte, Natuurwetenskappe en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangewend kan word. [Hierbenewens is 'n verdere ses modelle daargestel wat onder- skeidelik vir mans en dames van elke fakulteit oorweeg kan word.]

Vervolgens word 'n algemene beeld gebied van daardie modelle wat vir die onderskeie fakulteite deur middel van stapsgewyse diskriminantontleding ontwikkel is.

0 Klassifikasiemodel vir die Fakulteit Regte

Vier klassifikasiefunksies onderskei maksimaal tussen suksesvolle en onsuksesvolle regstudente te wete Som van Matriekpunte (SFT), Selfbeheer (PHSF3), Berekeninge (SA T2) en Ruimtelik 2-D (SA T7).

Die akkuraatheid van die klassifikasie in terme van persentasie korrekte toewysings tot die groepe suksesvol en onsuksesvol beloop 72,3% en die persentasie korrekte klassifikasie met die kruisgeldigheidsondersoek 63,0%. Die doeltreffendheid van die klassifikasieveranderlikes en konsekwentheid (geldigheid) van die klassifikasiemodel word hiermee bevestig.

l jg_o_______ ---H-o-on-st-uk_7_-_S_a_m_ev-atti_i1_g._g_ev-ot-gt-re-kki-·n-gs_e_n-aa-n-be_v_e/i-ng_s _ _ _ _

(7)

Die ge"identifiseerde veranderlikes diskrimineer dus goed tussen regstudente wat hul graad in die minimum tyd verwerf en die wat Ianger as die minimum tyd neem of nooit hul graad verwerf nie.

Die toets aan die hand waarvan voornemende studente van die Fakulteit Regte gekeur kan word, word vervolgens saamgestel uit die velde van die onderskeie meetinstrumente (kyk paragraaf 7.3.3.3), naamlik Selfbeheer (PHSF3) van die PHSF- vraelys, asook Berekeninge (SA T2) en Ruimtelik 2-D (SA T7) van die Senior Aanleg- toets.

Na afloop van die keuringstoets en met die tellings beskikbaar wat in die onderskeie velde behaal is, word die klassifikasievergelykings soos aangedui in tabel 6.26(c) [kyk paragraaf 6.3.1.1] aangewend en die finale uitslag bepaal (kyk praktyktoepassing van klassifikasiefunksies soos in paragraaf 6.5 uiteengesit).

lndien afsonderlike keuringstoetse vir mans en dameregstudente oorweeg sou word, kan die keuringstoets soos volg saamgestel word:

• Mans: Selfvertroue (PHSF1) tesame met Som van matriekvakke (SFT) [kyk para- graaf 6.3.2.1, tabel 6.29(c) vir die klassifikasievergelykings].

• Dames: Sosialiteit-G (PHSF8) tesame met Som van matriekvakke (SFT) [kyk paragraaf 6.3.2.1, tabel 6.30(c) vir die klassifikasievergelykings].

0 Klassifikasiemodel vir die Fakulteit Natuurwetenskappe

Ses klassifikasiefunksies onderskei maksimaal tussen suksesvolle en onsuksesvolle natuurwetenskapstudente te wete Morele inslag (PHSF1 0), Som van Matriekpunte (SFT), Ruimtelik 3-D (SAT8), Selfbeheer (PHSF3), Sosialiteit-S (PHSF9) en Prakties- vroulik (VBV13).

Die akkuraatheid van die klassifikasie in terme van persentasie korrekte toewysings tot die groepe suksesvol en onsuksesvol beloop 73,4% en die persentasie korrekte klassifikasie met die kruisgeldigheidsondersoek 72,6%. Die doeltreffendheid van die klassifikasieveranderlikes en konsekwentheid (geldigheid) van die klassifikasiemodel word hiermee bevestig.

Die ge"identifiseerde veranderlikes diskrimineer dus baie goed tussen natuurweten- skapstudente wat hul graad in die minimum tyd verwerf en die wat Ianger as die minimum tyd neem of nooit hul graad verwerf nie.

Die praktyktoepassing van die toets wat vir die keuring van byvoorbeeld manlike natuurwetenskapstudente aangewend kan word, is breedvoerig in paragraaf 6.5 uiteengesit.

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekkings en aanbeve/ings 191

(8)

- - - ~ ---~---,

D Klassifikasiemodel Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Vier klassifikasiefunksies onderskei maksimaal tussen suksesvolle en onsuksesvolle ekonomiese en bestuurswetenskapstudente te wete Som van Matriekpunte (SFT), Ruimtelik 3-D (SA T8), Besigheid (VBV15) en Wetenskap (VBV11 ).

Die akkuraatheid van die klassifikasie in terme van persentasie korrekte toewysings tot die groepe suksesvol en onsuksesvol beloop 70,6% en die persentasie korrekte klassifikasie met die kruisgeldigheidsondersoek 76,4%. Die doeltreffendheid van die klassifikasieveranderlikes en konsekwentheid (geldigheid) van die klassifikasiemodel word hiermee bevestig.

Die ge'identifiseerde veranderlikes diskrimineer dus baie goed tussen ekonomiese en bestuurswetenskapstudente wat hul graad in die minimum tyd verwerf en die wat Ianger as die minimum tyd neem of nooit hul graad verwerf nie.

Die toets aan die hand waarvan voornemende studente van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gekeur kan word, word vervolgens saamgestel uit die velde van die onderskeie meetinstrumente (kyk paragraaf 7.3.3.3), naamlik Ruimtelik 3-D (SAT8) van die Senior Aanlegtoets asook Besigheid (VBV15) en Wetenskap (VBV11) van die 19-Veld-Belangstellingsvraelys.

Na afloop van die keuringstoets en met die tellings beskikbaar wat in die onderskeie velde behaal is, word die klassifikasievergelykings soos aangedui in tabel 6.28(c) [kyk paragraaf 6.3.1.3] aangewend en die finale uitslag bepaal (kyk praktyktoepassing van klassifikasiefunksies soos in paragraaf 6.5 uiteengesit).

lndien afsonderlike keuringstoetse vir mans en dames van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe oorweeg sou word, kan die keuringstoets soos volg saam- gestel word:

• Mans: Dosent-goedkeuring (OSGH4) en Vermyding van uitstel (OSGH1) van die Opname van Studiegewoontes en -houdings tesame met Som van matriekvakke (SFT) [kyk paragraaf 6.3.2.3, tabel 6.33(c) vir die klassifikasievergelykings].

• Dames: Figuurreekse (SA T6) van die Senior Aanlegtoets, Geselligheid (VBV7) en Rondreis (VBV17) van die 19-Veld-Belangstellingsvraelys, die matriekvak Engels (ENG), Werkmetodes (OSGH2) van die Opname van Studiegewoontes en -houdings, tesame met Som van matriekvakke (SFT) [kyk paragraaf 6.3.2.3, tabel 6.34(c) vir die klassifikasievergelykings].

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekldngs en aanbevelings

. 1192

'---"---~ ---~---

(9)

7.3 Samevatting van die ondersoek

7.3.1 lnleiding

Die doel van hierdie studie was om 'n toets saam te stel vir die keuring van voor- nemende eerstejaarstudente van die Fakulteite Regte, Natuurwetenskappe en Ekono- miese en Bestuurswetenskappe by die PU vir CHO.

In hoofstuk 1 is aangetoon dat 'n eiesoortige keuringstoets vir eerstejaarstudente aan die PU vir CHO sal meebring dat studente wat oor potensiaal beskik om 'n sukses van uni- versiteitstudie te maak, geselekteer, en die wat 'n suksesrisiko inhou, ge'identifiseer kan word om bepaalde ontwikkelingsprogramme na toelating te deurloop. Daar bestaan egter 'n gebrek aan kennis betreffende daardie veranderlikes wat -spesifiek tussen potensieel suksesvolle en onsuksesvolle studente in bovermelde fakulteite aan die PU vir CHO kan onderskei (kyk hoofstuk 1).

In Hoofstuk 2 is die rasionaal vir keuring gestel. 'n Oorsig is gegee van verskillende keuringsmodelle, keuringsproblematiek is uitgelig en beskouiings van billike keuring is in behandeling geneem (kyk hoofstuk 3). In hoofstuk 4 is akademiese prestasie op uni- versiteitsvlak omskryf, en verder is spesifiek gefokus op faktore wat universiteitsprestasie be"invloed.

Afgesien van die voormelde literatuurstudie, is daar ook 'n empiriese studie onderneem om die doel met hierdie ondersoek te bereik (kyk hoofstukke 5 en 6). Sekere aanbe- velings word gedoen voortspruitend uit die bevindinge van die ondersoek, waarna die gebreke van die studie uitgewys word (kyk hoofstuk 7).

7.3.2 Literatuurstudie

7.3.2.1 Rasionaal vir die keuring van universiteitstudente

In hoofstuk 2 is verskeie begrippe omskryf en ondersoek ingestel na die faktore wat aanleiding gee tot en 'n invloed uitoefen op die keuring van universiteitstudente.

'n Begripsomskrywing is gebied van veral die begrippe wat n6u verweefd met en on- derliggend is aan keuring, soos onder andere toeganklikheid en toelating (kyk 2.2.1), toelatingsvereistes (kyk 2.2.2), keuring (kyk 2.2.3), keuringsprosedures (kyk 2.2.4), keuringstoetse (kyk 2.2.5), keuringsverhouding (kyk 2.2.6) en gelykheid (kyk 2.2.7).

Die faktore wat aanleiding gee tot keuring, is na aanleiding van die literatuurstudie in ses aanleidende oorsake saamgevat. Dit blyk veral dat die groeiende vraag na hoer onderwys en styging in studentegetalle (2.3.1), krimpende staatsfinansiering en sty-

Hootstuk 7 - Samevatting, gevo/gtrekkings en aanbevelings 193

(10)

gende koste van hoer onderwys (2.3.2), hoe uitsakking van veral voorgraadse studente (2.3.3), groeibeperkings op studentegetalle (2.3.4), groeiende simboolinflasie (2.3.5) en die oordrewe akademiese waardesisteem wat in Suid-Afrika heers (2.3.6), van die belangrikste faktore is wat universiteite noop om studente vir toelating te keur.

Die redes en argumente wat in die literatuur ter regverdiging van die keuring van uni- versiteitstudente aangevoer word, val hoofsaaklik in vyf bree kategoriee uiteen, naam- . lik ekonomiese oorwegings (2.4.1), akademies-opvoedkundige oorwegings (2.4.2) psigologiese oorwegings (2.4.3), noodsaak vir regstellende optredes (2.4.4) en die toe- nemende druk op die fisiese en menslike hulpbronne in die universiteitsektor (2.4.5).

Die afleiding kan gemaak word dat universiteite, in die lig van argumente wat onder elkeen van die kategoriee aangevoer word, onwys sal handel indien voornemende stu- dente onvoorwaardelik tot universiteitstudie toegelaat sou word, eerder as om fyn ge- selekteer te word.

Hoofstuk 2 is afgesluit met 'n besinning oor sewe moontlike faktore wat 'n invloed uit- oefen op die toegang, toelating en keuring van studente en waaroor voornemende stu- dente geen beheer het nie.

Daar is aangetoon dat universiteite se siening oor hul eie plek en rol (2.5.1) deurslag- gewend is vir die aard van hul beoogde opleiding em die tipe student wat gewerf en toegelaat word. Voorts is daarop gewys dat posisionering van 'n universiteit erens op die kontinuum van 'n strewe na akademiese uitmuntendheid (elitistiese uitgangspunt) of gelyke geleenthede vir almal (egalitaristiese uitgangspunt) deurslaggewend is vir keuringstrategie, keuringsbeleid en metodologiese keuses wat geTmplementeer word (2.5.2). Verder is aangedui dat die outonomie van universiteite as 'n faktor wat toe- ganklikheid en toelating be'invloed, universiteite toelaat om nie noodwendig algemene toelatingsvereistes toe te pas nie en dat eie onderrig- en vakinhoudelike standaarde vir individuele universiteite geld (2.5.3). Vervolgens is ook aangetoon in welke mate mensekragbehoeftes (2.5.4), verskillende akademiese standaarde by universiteite (2.5.5), algemene gradueringstendense (2.5.6) en beskikbare geld (2.5. 7), studente- keuring en toelating tot universiteitstudie kan beTnvloed.

7.3.2.2 Keuringsmodelle, keuringsproblematiek en billike keuring

i194

Aangesien kennisname van 'n verskeidenheid keuringsmodelle, die problematiek wat met keuring verband hou en vraagstukke rakende billike keuring die doel van die studie in breer perspektief plaas, is in hoofstuk 3 op die voormelde aangeleenthede gefokus.

In paragraaf 3.2 is 'n begripsomskrywing van die begrippe keuring, keuringsmodel en billike keuring gebied. Dit blyk uit die literatuur dat 'n keuringsmodel· die metodologie

Hoofstuk 7 - Same vatting, gevolgtrekkings en aanbevelings

(11)

omvat waarvolgens · 'n oorkoepelende keuringstrategie of -beleid ten uitvoer gebring word. lnbegrepe in 'n keuringsmodel is meganismes of prosedures asook kriteria (insluitende keuringstoetse) waarvolgens skolastiese, psigometriese en ander rele- vante inligting oor applikante geprosesseer word. Betreffende billike keuring is aangetoon dat verskillende definisies in die literatuur aangetref word. Aangesien elke definisie egter op 'n ander stel morele, wetlike of filosofiese waarde-oordele gebaseer word wat implikasies vir die wyse waarop gekeur word, inhou, is tot die gevolgtrekking gekom dat die subjektiewe aard van die begrip meebring dat moeilik tot 'n eenduidige begripsomskrywing van billike keuring gekom kan word.

Keuringstendense en keuringsmeganismes (3.3) is aan die hand van internasionale tendense (3.3.1) en 'n tipologie van keuringsmeganismes (3.3.2) toegelig. Dit blyk uit die literatuur dat keuringsmeganismes wat vir universiteitstoelating aangewend word, hoofsaaklik in agt kategoriee uiteenval, naamlik toelating sender keuring, loting, beoor- deling van skolastiese prestasie en skoolrekords, onderhoude, konvensionele toela- tingseksamens en toelating gebaseer op vorige werkervaring. Die suksesvolle vol- tooiing van 'n algemene sekondere skoolfase of verwerwing van 'n ekwivalente kwali- fikasie geld as basiese toelatingskriterium vir eersgenoemde sewe kategoriee, terwyl toelating op grond van vorige werkervaring klaarblyklik onderhewig is aan bewys- lewering van 'n professionele kwalifikasie.

In paragraaf 3.4 is 'n samevatting gebied van keuringsmeganismes in onder andere die Verenigde State van Amerika (3.4.1), Groot-Brittanje (3.4.2), Duitsland (3.4.3) en Frankryk (3.4.4). Dit het veral opgeval dat keuringsmeganismes nie net van land tot land verskil nie, maar selfs binne 'n land soos die VSA van universiteit tot universiteit kan verskil.

'n Oorsig van keuringsmetodes aan ses Suid-Afrikaanse universiteite is in paragraaf 3.5 aangebied. Daar is tot die slotsom gekom dat die toepassing van een of meer van die seleksiemeganismes wat internasionaal vir studentekeuring aangewend word, in 'n mindere of meerdere mate ook by hierdie Suid-Afrikaanse universiteite waargeneem is, te wete toelating sender keuring, loting, geweegde ondersoek van skoolprestasie, oor- weging van skoolrekords, onderhoude en gestandaardiseerde psigometriese toetse.

Tweedens dat keuring by die genoemde universiteite in twee bree kategoriee uiteenval, naamlik metodes wat uitsluitlik op matriekprestasie berus, en metodes wat op matriek- prestasie in kombinasie met ander faktore soos psigometriese toetse, onderhoude, taalvaardigheidstoetse ensovoorts gebaseer word .. Die gewig of klem wat op die krite- ria geplaas is, het van universiteit tot universiteit verskil. Laastens is tot die slotsom gekom dat die toekenning van punte en/of gewigte aan individuele matrieksimbole asook die afsnypunttotaal waarvolgens applikante vir toelating gekeur word, van uni-

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings 195

(12)

196

Die probleme wat met die ontwikkeling van 'n keuringsmodel en die implementering van keuringsbeleid gepaard gaan, is breedvoerig in paragraaf 3.6 bespreek. Daar is veral gefokus op keuringsprobleme wat ontstaan met: die gebruik van matriekprestasie as enkele seleksiekriterium (3.6.1), die vergelykbaarheid van die matriekuitslae van verskillende eksaminerende instansies (3.6.2), keuring wat slegs op matriekprestasie gebaseer is (3.6.3), akademiese suksesvoorspelling in geval van stygende gemiddelde ouderdom van ingeskrewe studente em "verouderde matrieksimbo/e" (3.6.4), die be- sondere eise en eiesoortige uitdagings gestel deur verskillende studierigtings en die implikasies daarvan vir keuring (3.6.5), die betroubaarheid en geldigheid van voor- spellerveranderlikes wat in kombinasie met matriekprestasie vir keuringsdoeleindes aangewend word (3.6.6), die laat beskikbaarheid van matrieksertifikate tydens keuring (3.6.7), verskillende universiteitstandaarde en variasie in die gehalte matrikulante wat deur verskillende universiteite goedgekeur word en meegaande verdagte slaagsyfers (3.6.8). Laastens is op die implikasie gewys van die eiesoortige karakter van univer- siteite (soos onder andere beliggaam in visie, missie, etos, karakter en besondere doelwitte op studentekeuring (3.6.9). Samevattend kan tot die slotsom gekom word dat keuring by universiteite grootliks gekompliseer word deur velerlei aspekte wat te make het met bepaalde institusionele kenmerke, die gehalte van studentemateriaal en die beskikbare inligting waarop keuringsbesluite gebaseer word.

In paragraaf 3. 7 is aangetoon dat verskillende filosofiese uitgangspunte aanleiding gee tot verskillende begripsomskrywings van billike keuring. Voorstanders van onge- kwalifiseerde individualisme (3. 7 .1.1) gaan van die standpunt uit dat keuringspro- sedures alleenlik as billik beskou word indien applikante (ongeag ras, geslag of etniese herkoms) met die hoogste voorspelde kriteriumprestasie geselekteer word. Daarom word die argument aangevoer dat slegs die I'beste" kandidate vir toelating goedgekeur behoort te word. Hierteenoor is aanhangers van die gekwalifiseerde individua/isme (3. 7 .1.2) van mening dat die gebruik van ras, geslag of etnisiteit as moontlike voorspel- lers ongeregverdig is, al sou die gebruik daarvan verhoogde voorspellingsgeldigheid meebring. Daarom dring voorstanders van hierdie filosofie aan op die uitsluitlike aan- wending van onder andere aanleg- en prestasietoetse wat geldig is vir aile kandidate.

Die derde filosofie onderliggend aan billike keuring, die kwotafilosofie (3.7.1.3), veron- derstel dat instellings soos universiteite die produk is van hul omgewing en derhalwe 'n moreel-etiese verantwoordelikheid het om te verseker dat die studentepopulasie verteenwoordigend van die bevolkingsamestelling moet wees. Keuring wat gevolglik

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings

L__---'---~---

(13)

nie proporsionele verteenwoordiging verreken nie, word as diskriminerend en onbillik geag.

Soos in paragraaf 3.7.2 aangetoon, het die voorafgaande filosofiese uitgangspunte die basis gevorm vir verskillende definisies van billike keuring. Agt statistiese modelle wat deur navorsers ontwikkel is om uitvoering aan die besondere waarde-oordele te gee wat in die onderskeie definisies en filosofiee vervat is, is vervolgens bespreek (3.7.2.1 tot 3.7.2.8) en in paragraaf 3.7.2.9 saamgevat.

Tydens die bespreking en evaluering van die onderskeie statistiese modelle (kyk para- graaf 3. 7.3) is aangetoon dat die modelle in drie bree kategoriee verdeel kan word, naamlik kriterium-maksimeringsmodelle (3.7.3.1), kwota- of groeppariteitmodelle (3.7.3.2) en besluit-teoretiese modelle (3.7.3.3). Op grond van die literatuurstudie is in paragraaf 3.7.3.4 tot die slotsom gekom dat die belange en behoeftes van die selek- terende instansie, die van die verskillende kultuur- en/of subgroepe en die van die ap- plikant, nie in dieselfde mate deur die onderskeie modelle verreken word nie.

7.3.2.3 Faktore wat akademiese prestasie op universiteit be'invloed

Die seleksie en ootweging van moontlike veranderlikes vir insluiting by 'n keuringstoets veronderstel deeglike kennis van die kriterium (afhanklike veranderlike) wat aangele word, asook van daardie faktore wat akademiese prestasie be'invloed.

Die literatuurstudie In hoofstuk 4 was daarom eerstens afgestem op 'n begripsver- klaring van akademiese prestasie as kriterium, en tweedens op 'n oorsig van moontlike . faktore wat akademiese prestasie op universiteitsvlak be'invloed.

Etlike begripsomskrywings van akademiese prestasie (kyk 4.2.1) en akademiese pres- tasie op universiteitsvlak (kyk 4.2.2) kom in die literatuur voor. Op grond van die litera- tuurstudie is tot die slotsom gekom dat akademiese prestasie op universiteitsvlak 'n komplekse, veelsydige begrip is wat verskillende aspekte omvat en daarom moeilik eenduidig gedefinieer kan word.

Verskeie kognitiewe faktore (kyk 4.3.1) blyk met akademiese prestasie verband te hou. Tydens die studie is veral op kognitiewe veranderlikes gefokus soos intelligensie, aanleg en vorige prestasie en die verband daarvan met akademiese prestasie. Etlike studies dui daarop dat studente met 'n hoe IK beter prestasies op universiteit gelewer het as studente met 'n lae IK (kyk 4.3.1.1). In samehang hiermee dui navorsings- bevindings op 'n positiewe verband tussen spesifieke aanlegte soos taalaanleg en akademiese sukses (kyk 4.3.1.2). Verskeie studies het aangetoon dat skooleind- prestasie direk verband hou met akademiese prestasie in die eerste studiejaar op uni- versiteit (kyk 4.3.1.3). Hierteenoor bevraagteken navorsers soos Skuy et a/.,

Hoofstuk 7 - Same vatting, gevolgtrekkings en aanbevelings 197

(14)

, - - - , - - - -

- - - - - - - -

98

I I

(1996:116); Miller (1992:103); Potter (1990:205) en Mitchell en Fridjhon (1987:555-559) die betroubaarheid en geldigheid van skoolprestasie as voorspeller vir sukses op uni- versiteit, veral in die geval van swart studente.

Betreffende die invloed van nie-kognitiewe faktore (kyk 4.3.2) op akademiese pres- tasie is veral aandag gegee aan persoonlikheidsfaktore (4.3.2.1), aanpassing (4.3.2.2), belangstelling (4.3.2.3) en studiegewoontes en -houdings (4.3.2.4). Dit blyk uit die na- vorsingsliteratuur dat daar 'n positiewe dog relatief swak verband tussen persoonlik- heidsfaktore (kyk 4.3.2.1) en akademiese prestasie bestaan. In die geval van die uit- -werking van angs op akademiese prestasie is selfs teenstrydige bevindinge gerap- porteer. Ofskoon ook teenstrydige bevindings in die literatuur gerapporteer word oor die verband tussen aspekte van aanpassing en akademiese prestasie, dui verskeie studies op 'n positiewe verband tussen aspekte van aanpassing en akademiese pres- tasie (Kotze, 1994:112-116). Die afleiding kan gemaak word dat aanpassing in die al- gemeen, maar ook spesifieke samehangende aspekte van aanpassing soos emosionele aanpassing, selfkonsep, selfvertroue en sosiale aanpassing, 'n positiewe verband met akademiese prestasie toon. Verskeie navorsers soos Garbers en Faure (1972:141), Monteith (1983:4) en Gouws (1985:15) het 'n positiewe verband tussen belangstelling (kyk 4.3.2.3) en akademiese prestasie gerapporteer.

Uit die navorsingsresultate oor studiegewoontes en -houdings (kyk 4.3.2.4) word deur- gaans 'n positiewe verband met akademiese prestasie gerapporteer. Onvoldoende, gebrekkige of swak studiemetodes en -gewoontes word as 'n oorsaak van druiping uit- gewys en daarom as 'n bepalende faktor van akademiese prestasie beskou.

Omgewingsfaktore (kyk 4.3.3) wat akademiese prestasie be"invloed, val vir die doel van hierdie studie in drie kategoriee uiteen, te wete gesins- skool- en universiteitsfaktore.

Navorsingsbevindinge dui daarop dat die mate waarin gesinsfaktore akademiese prestasie be"invloed, varieer en selfs teenstrydige verwantskappe in die verband in die literatuur gerapporteer is. In ooreenstemming met Thuysman (1989:38 ) kan gestel word dat die akademiese ingesteldheid van 'n student wat met universiteitstudie begin, grootliks in die huisgesin vasgele word en daarom 'n bepalende invloed sal uitoefen op sy vermoe om by die eise van die universiteitsmilieu in te skakel.

Uit die navorsingsbevindings oor skoolfaktore blyk verskeie faktore binne die skool- opset 'n invloed op akademiese prestasie uit oefen. So byvoorbeeld blyk onderrig- faktore soos 'n positiewe onderwysergesindheid en goeie fasiliteite leerlingprestasie positief te be"invloed.

Verskeie navorsers soos Ayres en Bennett, (1983:516-532), Snow, (1986:1030), Fraser eta/., (1987:155-164), Entwistle (1992:1959-1961) en Kuh (1995:148-150) het

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevotgtrekkings en aanbevelings

L _ _____.__ __________________________________ _

(15)

aangedui dat daar 'n verband bestaan tussen universiteitsfaktore, soos onder andere gehalte van ingeskrewe studente, gehalte van akademiese personeel, sosiale faktore, onderrigfaktore en akademiese prestasie.

7.3.3 Oorsig van die empiriese ondersoek

7 .3.3.1 Doe I van die ondersoek

Die doel met hierdie ondersoek was om 'n toets saam te stel aan die hand waarvan voornemende eerstejaarstudente in bepaalde fakulteite gekeur kan word. Om die doel te bereik is statistiese tegnieke aangewend om veranderlikes of die beste kombinasie veranderlikes te identifiseer wat maksimaal onderskei tussen studente aan die PU vir CHO ten opsigte van graadvoltooiing in die minimum tyd al dan nie.

7 .3.3.2 Studiepopulasie

Die studiepopulasie het bestaan uit 1 807 afgestudeerde studente van drie jaar- kohorte, te wete 1988, 1989 en 1990. Die studiepopulasie is saamgestel uit studente van drie fakulteite (Regte, Natuurwetenskappe en Ekonomiese en Bestuursweten- skappe) by die Potchefstroomkampus van die PU vir CHO.

7.3.3.3 Meetinstrumente

• Die toetsbattery het uit die volgende meetinstrumente bestaan:

* Die Senior Aanlegtoets (SAT);

* Die Negentienveld-Belangstellingsvraelys (19-VBV);

* Die Persoonlike, Huislike, Sosiale en Formele Verhoudingevraelys (PHSF);

* Opname van Studiegewoontes en -Houdings (OSGH).

• As afhanklike veranderlike is akademiese prestasie geoperasionaliseer in terme van die tydperk wat dit neem om 'n graad te verwerf (akademiese produktiwiteit).

Vervolgens is drie kategoriee en/of groepe ge'identifiseer ter operasionalisering van die kriterium akademiese prestasie, te wete voltooi graad in die minimum tyd (Suksesvol), voltooi graad in Ianger as die minimum tyd (Deels suksesvol) en laastens, voltooi nooit die graad nie (Onsuksesvol).

• Twee groepe veranderlikes het as onafhanklike veranderlikes in die ondersoek gedien, naamlik die beskikbare kognitiewe veranderlikes (vorige prestasie en aanleg), en nie-kognitiewe veranderlikes (belangstelling, aanpassing en studiege-

Hoofstuk 7 -:- Same vatting, gevotgtrekkings en aanbeve/ings 199

(16)

woontes en -houdings). Die totale aantal onafhanklike veranderlikes betrek by die ondersoek, het 56 beloop.

7.3.3.4 Eksperimentele antwerp en statistiese prosedures

• Die eksperimentele ontwerp wat in hierdie ondersoek gebruik is, het uitsluitlik op 'n ex post facto-benadering berus. Aile inligting oor die studiepopulasie soos ver- gestalt in die tellings wat in die onafhanklike veranderlikes behaal is, is tesame met akademiese data van die proefpersone gedurende die normale studieverloop inge- samel deur die Afdeling Studentevoorligtingsdiens en die Departement Akademiese Administrasie by die PU vir CHO. Die data is in 'n ACCESS-databasis gekombineer met die oog op statistiese ontledings.

• AI die veranderlikes is aan stapsgewyse diskriminantontleding onderwerp.

Sodoende is die beste kombinasie onafhanklike veranderlikes verkry wat as klassi- fikasiefunksies aangewend is om proefpersone van die Fakulteite Regte, Natuur- wetenskappe en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe ten opsigte van graadvol- tooiing in die minimum tyd a/ dan nie (akademiese produktiwiteit) te klassifiseer. Die akkuraatheid van die persentasie korrekte toewysings aan die onderskeie groepe en die konsekwentheid van die klassifikasiesisteem is aan die hand van kruisgeldigheidstoetse op studente van dieselfde fakulteite van die 1991-kohort ge- kontroleer.

Die diskriminantontledings in hierdie ondersoek is met behulp van die Statistica- rekenaarprogram1 uitgevoer .

. 3.3.5 Resultate van die analises

• Die resultate van die diskriminantontleding word in tabel 7.1 saamgevat. Hierdeur word 'n geheelbeeld verkry van daardie onafhanklike veranderlikes wat maksimaal onderskei ten opsigte van akademiese produktiwiteit (graadvoltooiing in die mini- mum tyd aldan nie). Die klassifikasiematriks wat by die tabel gei"ntegreer is, bied 'n aanduiding van die doeltreffendheid van die diskriminantontleding en die geselek- teerde klassifikasiefunksies, terwyl die konsekwentheid van die klassifikasiesisteem in die resultate van die kruisgeldigheidsondersoek weerspieel word.

,1 STATISTICA for Windows (Weergawe 5.1 ). StatSoft., Inc. 1984-1996.

StatSoft, Inc., 2300 East 14th Street, Tulsa, OK 74104, USA. [email: info@statsoft.com; Web: http//www.statsoft.com].

' - - - ' - - - -

r··

- - - ' - - - -

Hootstuk 7 - Same vatting, gevolgtrekkings en aanbevelings ·

(17)

Tabel7.1: Samevatting van onafhanklike veranderlikes wat maksimaal on- derskei tussen graadvoltooiing in die minimum tyd al dan nie

PHSFl SFT PHSF9 SAT6

SAT8 VBV13 VBV7

VBV4 ENG

OSGH2 VBV17

70,9

Die resultate van die ondersoek soos saamgevat in tabel 7.1, dui daarop dat ver- skillende kombinasies van vorige prestasie-, spesifieke aanleg-, belangstelling- en aanpassingsveranderlikes, maksimaal by die fakulteite onderskei ten opsigte van graadvoltooiing in die minimum tyd al dan nie (akademiese produktiwiteit). Die- selfde geld ook ten opsigte van mans en dames van dieselfde fakulteit. Die doel- treffendheid van die klassifikasiefunksies en die konsekwentheid van die klassifi- kasiesisteme wat by die onderskeie groeperinge toegepas is, word ondersteun deur die bevredigende persentasies korrekte klassifikasies wat met die kruisgeldigheids- toetse gevind is. Die ge"identifiseerde veranderlikes diskrimineer dus goed tussen studente _wat hul graad in die minimum tyd verwerf het en die wat Ianger as die minimum tyd geneem of nooit hul graad verwerf het nie.

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevo/gtrekkings en aanbevelings 201

(18)

n

'02

Die vorige prestasie-veranderlike Som van matriekvakke (SFT) het, met uitson- dering van die mans- en Fakulteitsgroep Natuurwetenskappe, deurgaans die grootste bydrae tot die klassifikasie gelewer.

• Die resultate van die analise met weglating van Som van matriekvakke (SFT) as onafhanklike veranderlike (kyk tabel 6.40), word in tabel 7.2 vergelyk met die resul- tate waar Som van matriekvakke ingesluit is tydens diskriminantontleding (kyk on- derskeie fakulteitsgroepe in tabel6.38 en ook tabel 7.1).

Tabel7.2:

PHSF3 SAT2 SAT7

Vergelyking van anafhanklike veranderlikes wat maksimaal ander- skei tussen graadvaltaoiing in die minimum tyd al dan nie met en sander SFT as anafhanklike veranderlike

SFT SAT8

SAT8 VBV15

PHSF3 VBVll

PHSF9 VBV13

'n Vergelyking van die resultate met en sander SFT soos in tabel 7.2 saamgevat, dui daarop dat:

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings

(19)

* Ander veranderlikes of kombinasies van veranderlikes moontlik 'n rol mag speel ten opsigte van graadvoltooiing in die minimum tyd met weglating van SFT.

* Aanleg- en belangstellingsveranderlikes by die Fakulteit Regte die grootste by- drae tot die onderskeid tussen suksesvolle en onsuksesvolle studente lewer, terwyl dit by die Fakulteite Natuurwetenskappe en Ekonomiese en Bestuurs- wetenskappe veral aanpassingsveranderlikes blyk te wees [kyk ook tabelle 6.35(b) tot 6.35(b)].

* Die akkuraatheid van die klassifikasie met weglating van SFT by elkeen van die fakulteitsgroepe afgeneem het, met ander woorde, dat 'n laer persentasie stu- dente by elke fakulteit aan die groep waaraan hulle in werklikheid behoort, toegewys is.

* Die resultate van die kruisgeldigheidstoetse met weglating van SFT daarop dui dat die klassifikasiesisteme by die Regte- en Natuurwetenskappegroepe relatief.

inkonsekwent klassifiseer (met uitsondering van ·die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe). Die afleiding kan derhalwe gemaak word dat die mate van voorkennis in besondere matriekvakke, soos ondervang in matriekprestasie, in kombinasie met veranderlikes soos in tabel 7.1 aangetoon, 'n relatief groter bydrae tot die onderskeid tussen suksesvolle en onsuksesvolle studente lewer as daarsonder.

7.3.3.6 Gevolgtrekking(s)

In die lig van die bree doelstelling en spesifieke doelwitte met die ondersoek (kyk para- graaf 1.3) kan die gevolgtrekking gemaak word dat daarin geslaag is om fakulteit- spesifieke keuringstoetse saam te stel bestaande uit daardie veranderlikes wat maksi- maal onderskei ten opsigte van graadvoltooiing in die minimum tyd al dan nie (akademiese produktiwiteit). Ofskoon die doeltreffendheid van die ge'identifiseerde klassifikasieveranderlikes en die konsekwentheid van die klassifikasiefunksies bevredi- gende resultate met kruisgeldigheidsgroepe gelewer het met betrekking tot persentasie korrekte toewysings aan die kriteriumgroepe, moet dit egter met omsigtigheid toegepas word.

Hoofstuk 7 - Same vatting, gevolgtrekkings en aanbevelings 203

(20)

7.4 Beperkings van die ondersoek

0 Die ondersoek het beperkte veralgemeningswaarde

Die veralgemeningswaarde van die resultate van hierdie ondersoek word om twee re- des aan bande gele. Eerstens was die gekose studiepopulasie relatief homogeen in die sin dat die meerderheid afgestudeerde studente van die drie jaarkohorte asook die van die kruisgeldigheidsgroep, blanke Afrikaansmoedertaalsprekers was wat relatief goeie skoolonderwys ontvang het. lndien die samestelling van die studentekorps oor ander jare drasties sou verander, sou die ge"identifiseerde klassifikasieveranderlikes waarskynlik met reg bevraagteken kan word. Tweedens, gegewe die uniekheid van ander universiteite en die moontlik andersoortige samestelling van hulle studentekorps, sou die resultate van hierdie ondersoek nie na hulle veralgemeen kan word nie (kyk paragrawe 3.6.8 en 3.6.9). Die resultate sal egter wei met omsigtigheid by van die an- der universiteite met 'n soortgelyke studentesamestelling as die van die PU vir CHO gebruik kan word.

0 Die onafhanklike veranderlikes betrek by die ondersoek, was verder beperk tot die ver- anderlikes vervat in die psigometriese toetsbattery wat vir die toetsing van nuwe- lingeerstejaarstudente by die PU vir CHO aangewend word. Hiermee word toegegee dat die voormelde veranderlikes waarskynlik nie aile moontlike veranderlikes verteen- woordig wat moontlik 'n invloed uitoefen op graadvoltooiing in die minimum tyd al dan nie.

0 Stapsgewyse diskriminantontleding (SDO) as statistiese tegniek gaan op sigself gebuk onder sekere beperkinge2. Tydens SDO word veranderlikes soms ingesluit waarvan die sinvolheid bevraagteken kan word ofskoon die besondere veranderlikes die relatief grootste bydraes tot die klassifikasie mag lewer. SDO verskaf verder ook nie redes waarom lidmaatskap betroubaar geklassifiseer kan word of wat differensiele lidmaat- skap veroorsaak nie. Probleme van veralgemening met die toepassing van SDO word egter grootliks oorkom deur die uitvoering van kruisgeldigheidstoetse. Sodoende kan ten minste na die kruisgeldigheidspopulasie veralgemeen word.

0 Die keuringstoets kan hoofsaaklik op blanke studente toegepas word. Studente van ander bevolkingsgroepe is wei by die studiepopulasie ingesluit, maar het 'n relatief klein persentasie van die studiepopulasie uitgemaak.

2 Kyk Tabachnick en Fidell (1983:299)

~204 Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings

(21)

0 Die studiepopulasie het slegs uit voltydse studente bestaan wat nagenoeg 22 tot 23 jaar oud is met graadverwerwing. Ouer studente wat voltyds werk en as deeltyds in- geskrewe studente na-ure studeer (met beperkte kontakonderrig) of wat by wyse van afstandsonderrig studeer, word dus nie met hierdie studie ondervang nie. Aanduidings bestaan dat die omvang van veral hierdie groep studente drasties aan die toeneem is in Suid-Afrika.

7.5 · Aanbevelings

Sekere aanbevelings met betrekking tot verdere navorsing kan uit die resultate van hierdie ondersoek gemaak word.

• Die versameling onafhanklike veranderlikes w~aruit die klassifikasiefunksies verkry is vir klassifikasie volgens fakulteit en akademiese produktiwiteit, behoort uitgebrei te word oil) verdere nie-kognitiewe persoonlikheids- en leerveranderlikes (soos onder andere vervat in die Biggs Study Process Questionnaire) asook 'n verdere verfyning na besondere studierigtings per fakulteit en 'n meer gesofistikeerde kategorisering van akademiese produktiwiteit as kriterium in te sluit.

• In ag genome die sensitiwiteit daarvan behoort in die lig van die resultate van hierdie studie opnuut ondersoek ingestel te word na die moontlike verband van geslag met akademiese produktiwiteit em of geslag as klassifikasieveranderlike by die keuring van voornemende studente ingesluit behoort te word, al dan nie.

• Repliseringsondersoeke behoort aan die PU vir CHO en ander Suid-Afrikaanse uni- versiteite onderneem te word, sodat die bruikbaarheid van diskriminantontleding vir klassifikasie ten opsigte van akademiese produktiwiteit (graadvoltooiing in die minimum tyd aldan nie) geevalueer kan word.

• Die ontwikkeling van 'n toets wat groter klem op potensiaal plaas indien matriekpunte nie beskikbaar is nie, of indien matriekpunte as onbetroubaar geag word.

• Fleksie-onderrigaflewerings is aan die toeneem by tradisioneel residensiele univer- siteite, onder andere in die vorm van telematiese onderrigaflewerings (te wete 'n kom- binasie van kommunikasie- en rekenaartegnologiee). Die samestelling van die studen- tekorps van Suid-Afrikaanse universiteite toon verder dinamiese veranderinge in terme van bevolkingsamestelling en 'n styging in gemiddelde ouderdom. Daarom behoort ondersoek ingestel te word na daardie veranderlikes wat in hierdie nie-tradisionele op- set, maksimaal ten opsigte van akademiese produktiwiteit onderskei.

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings 205

(22)

, - - - , - - - -

- - - -

7.6 Slotwoord

2os

Om voornemende universiteitstudente te keur beteken dat beslissings gevel moet word oor wie en wie nie toelating tot universiteitstudie verkry. Suid-Afrikaanse universiteite is tans in 'n transformasieproses gewikkel. Daarom sal keuring steeds wye reaksie ontlok en emosies laat opwel. Universiteite is Kragtens artikel 37 van die Konsepwitskrif oor Hoer Onderwys (SA, 1997:63) statuter gemagtig om eie toelatingsbeleid en keuringsmetodes daar te stel met dien verstande dat in geen opsig onbillik gediskrimineer mag word nie.

Hiervan moet nie net bloot kennis geneem word nie maar ook uitvoering aan gegee word by wyse van deursigtigheid ten opsigte van toelatingsbeleid en keuringsmeganismes.

Ondanks die universele oorgang na massahoeronderwys en die wekroep om groter toe- ganklikheid van universiteitstudie berus die verantwoordelikheid by aile universiteite om voornemende studente deeglik in te lig oor hul kans op sukses. Die resultate van hierdie studie soos gedemonstreer in die praktyktoepassing (kyk paragraaf 6.5) verteen- woordig 'n beskeie poging van die navorser om hierdie verantwoordelikheid na te kom.

Hoofstuk 7 - Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

• Die onderwyser verrig sy taak in die openbaar; daarom word die gehalte van sy werk, sy persoonlike optrede en persoonlike leefwyse voortdurend deur die

By die individuele respondente, het die navorser opgemerk dat daar klaarblyklik groot verskille met betrekking tot die vlak (beginner, bekwaam, vaardig,

In paragraaf 4.6.4 word gepleit dat die Afrikaanse ouervereniging kundige persone moet vra (en selfs vergoed) om studiestukke en inligting oor aktuele sake

Die ouers het dus op mikro- onderwysvlak betrokke geraak by hulle kinders se opvoedende onderwys omdat hulle deur die doopbelofte die bindende verantwoordelikhede vir die

Artikel 4: Tekortkominge in die perseptueel-motoriese vaardighede van Graad-R- leerders in gedepriveerde omstandighede in Suid Afrika en intervensie riglyne ter verbetering

Hierdie klein aantalleerders het meegebring dat daar nie 'n sinvolle faktoranalise op die onafhanklike veranderlikes (n = 32) uitgevoer kon word nie. lndien die

Hipotese 1 stel dat 3 – 9 maande oue babas wat ‟n formele stimulasieprogram volg, hetsy in groepsverband in ‟n dagsorgsentrum, of deur middel van individuele stimulasie wat

In hoofstukke 1 tot 5 is met die literatuurstudie gepoog om die rasionaal wat aanleiding tot hierdie navorsing gegee het, te regverdig. In hoofstuk is kortliks