• No results found

Minister van Finansies open innoverende Navorsingsentrum by die Universiteit Stellenbosch

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Minister van Finansies open innoverende Navorsingsentrum by die Universiteit Stellenbosch"

Copied!
4
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

English Kontak

Stuur nuus Nuus

van die Universiteit Stellenbosch Media »

Kennisgewings » HOOP Projek

May 6, 2011 0 Opmerkings

Die Minister van Finansies, mnr Pravin Gordhan, het Maandag (9 Mei) amptelik die nuutgestigte Navorsingsentrum, ’n allernuutste fasiliteit vir meestersgraad- en doktorale studente, akademici en navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US), geopen. Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het gaste by die Navorsingsentrum, geleë in die JS Gericke Biblioteek, verwelkom (volledige artikel volg).

Een van die seminaarkamers van die Navorsingsentrum (foto: Anton Jordaan)

“Die Navorsingsentrum is vergelykbaar met van die beste in die wêreld en skep ’n innoverende en kreatiewe omgewing. Dit bied hoëvlak navorsingondersteuning soos professionele inligtingsdienste, konsultasie en deelnemende geleenthede, werkswinkels en aanbiedings en navorsingsgespreksessie aktiwiteite,” sê me Ellen Tise, Senior Direkteur van die US Biblioteek en Inligtingsdienste.

Die doel van die sentrum is om die Biblioteek se bydrae tot die verbetering van nagraadse deursetkoerse en navorsingsuitsette te vergroot deur die voorsiening van ‘n omgewing wat bevorderlik is vir

navorsingsgesprekvoering en –produksie en wetenskaplike debatvoering en van dienste wat direkte ondersteuning bied vir die navorsingswerskaamhede van nagraadse studente en navorsers.

Die fasiliteit spog met ’n goed-ontwerpte sitkamer-area wat onder meer dien as fasiliteit vir navorsers om in gesprek met mekaar te tree en wat betref deelnemende navorsing. Dit word gekomplementeer deur eietydse seminaarkamers, videokonferensiefasiliteite en oop-plan rekenaarareas.

Minister van Finansies open innoverende Navorsingsentrum by die Univ... http://blogs.sun.ac.za/news/af/2011/05/06/finance-minister-to-open-inn...

(2)

Die stukrag vir die skepping van die Navorsingsentrum was gedeeltelike befondsing wat ontvang is vanaf die Carnegie Korporasie van New York. Dit maak deel uit van hul Konsortium van Navorsingsbiblioteke in Suid-Afrika-inisiatief, waarvan die Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens ‘n lid is.

Deel van die sitkamergedeelte by die Navorsingsentrum (foto: Anton Jordaan)

“Hierdie inspirerende en eietydse navorsingsruimte sal in die toekoms ’n belangrike rol speel in die bevordering van die Universiteit se visie van ’n navorsingsuniversiteit van wêreldgehalte,” het prof Botman bygevoeg.

“Die Navorsingsentrum, tesame met die Leersentrum, ’n eietydse en hoë-vlak leerarea vir voorgraadse studente, vorm deel van die US se HOOP Projek – ’n kampuswye inisiatief waardeur die instansie sy akademiese uitnemendheid en voorloper- wetenskaplike navorsing gebruik om oplossings te vind vir van ons land, ons vasteland en die res van die wêreld se strafste uitdagings.”

Paneelbespreking

As deel van die bekendstelling van die Navorsingsentrum, bied die Biblioteek en Inligtingsdiens ’n seminaar aan oor wêreldtendense in akademiese navorsing en toekomsscenarios van akademiese

publikasies. Die seminaar, getiteld “The changing landscape of academic research and publishing” word op Dinsdag 10 Mei by die Wallenberg Navorsingsentrum aangebied. Die seminaar sluit sprekers in van Elsevier, een van die wêreld se voorste uitgewers van wetenskaplike, tegniese en mediese inligting, sowel as vooraanstaande navorsers van die US.

Kontak me Marié Roux (021 808, mr@sun.ac.za) vir meer inligting oor die Navorsingsentrum en me Renee Reagon (021 808 4877, rreagon@sun.ac.za) vir meer inligting oor die seminaar.

Akademies, Korporatief & Alumni, Algemeen, HOOP Projek, Mediavrystellings, Studentesukses, Studente

Biblio, Carnegie Corporation, features, HOOP Projek, JS Gericke Biblioteek, JS Gericke Library, Learning Commons, Library and Information Service, Minister of Finance, Provin Gordhan, Research Commons

Die skryf van effektiewe verslae en voorleggings – ʼn driedagreeks Biotegnoloog en dierkundige van US onder NWTF-finaliste

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

Minister van Finansies open innoverende Navorsingsentrum by die Univ... http://blogs.sun.ac.za/news/af/2011/05/06/finance-minister-to-open-inn...

(3)

Stuur opmerking

Argief

Mei 2011 (48) April 2011 (81) Maart 2011 (123) Februarie 2011 (98) Januarie 2011 (62) Desember 2010 (41) November 2010 (63) Oktober 2010 (111) September 2010 (112) Augustus 2010 (114) Julie 2010 (67) Junie 2010 (37) Mei 2010 (72) April 2010 (89) Maart 2010 (107) Februarie 2010 (104) Januarie 2010 (62) Desember 2009 (49) November 2009 (85) Oktober 2009 (113) September 2009 (91) Augustus 2009 (121) Julie 2009 (77) Junie 2009 (66) Mei 2009 (20) April 2009 (27) Maart 2009 (14) Februarie 2009 (8)

Stuur nuus

Username Password

Minister van Finansies open innoverende Navorsingsentrum by die Univ... http://blogs.sun.ac.za/news/af/2011/05/06/finance-minister-to-open-inn...

(4)

Tags

’BoschFestClimate ChangeConvocationDepartment of Botany and ZoologyDepartment of Chemistry and Polymer ScienceDepartment of Mathematical SciencesDepartment of PhysicsDramaDr Frederik Van Zyl SlabbertDST-NRF Centre of Excellence for Invasion BiologyEndler Concert SeriesEndler hallFaculty of Science Faculty of Theology Gemeenskapsinteraksie H1N1 virusHB Thom HOOP Projek InnovUSinvasive species JS Gericke Library

Language Centre

Library and

Information ServiceNational Research Foundation no new HIV infections on campus Office for Institutional HIV Co-ordination

Peer 2 Peer EducationProf Arnold van ZylProf Julian SmithProf Magda Fourie Russel BotmanSasol Art MuseumScientific Writing SkillsSeminarSentrum vir Indringerbiologie STIAS

SU Language Centre

SUSPIThe Faculty of Health SciencesWallenberg Research Centre Woordfees

Workshop

© 2011 Nuus. Alle regte voorbehou Aangedryf deur WordPress.

Minister van Finansies open innoverende Navorsingsentrum by die Univ... http://blogs.sun.ac.za/news/af/2011/05/06/finance-minister-to-open-inn...

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Using N is vir Neurose (Olwagen 2012) and Amper, Vrystaat (Scheepers 2015) as examples of festival driven comedy I will be doing a genre and industry study within the specific

daaropvolgende analysetechniek werden gerealiseerd. • De oproep voor deelname aan het schuimonderzoek heeft een grote groep bereidwillige deelnemers opgeleverd, verspreid over

Het zijn vooral de grote bedrijven die de normale regeling toepassen en (veel) kleine bedrijven die gebruik maken van de landbouwregeling.. De landbouwregeling is het popu- lairst

Binnen de bebouwde kom domineren de verkeersaders met aan beide zijden een parallelvoorziening en één hoofd- rijbaan (26%) en de verkeersaders met uitsluitend één

De huidige leeftijdsverdeling bijvoorbeeld en de historische verloop- cijfers zijn niet uitsluitend van belang voor de voorspelling van de toekomstige

Given the problems in call centres and given the JD-R model as a framework to understand and investigate this work engagement problem, the study set out, firstly, to gauge

Experimental methods have been developed particularly for the subjeelive evaluation of picture telephone systems. The viewing conditions deviate to some extent from

Markov beslissingsprobleem, waarvoor naast de bekende LP-formulering een speciale formulering is te geven in de vorm van een 'maximal flow' probleem in een proces