• No results found

Temmingh, Z. Lingua Sancta. [CD-besprekings]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Temmingh, Z. Lingua Sancta. [CD-besprekings]"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

LINGUA SANCTA

ZORADATEMMINGH

Vader, Seun, Heil’ge Gees; Loof die Here, al wat lewe; Alle volke, klap jul hande; Heer, met my hele hart (Ps 9:2,3); Kom, almal, laat jul stem verrys; Jesus, Rots vir my geslaan & Vaste Rots op wie ek bou; Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het; Gees van God wat in my woon; Herskep, o Gees, laat leef, o Gees; Net soos ’n herder (Ps 23); Aan die Vader dank en ere & As Hy weer kom, as Hy weer kom; Terwyl ons bid vir elke volk; Grote God, aan U die

eer; Heilig, heilig, heilig

Resensent: JACOBA VANROOY

Potchefstroom

L

ingua Sancta (In Heilige Taal) is Zorada Temmingh se derde CD met orrelimprovisasies op

kerkliedere. Haar eerste CD was In Hemelse Taal (Linguis Angelorum) en die tweede verskyn onder die titel Taal van Genade (Lingua Gratia). In die voorwoord van die meegaande CD-boekie maak Temmingh melding van haar liefde vir taal wat byna so groot is soos haar liefde vir musiek en dat woord en musiek onlosmaaklik aan mekaar verbind is in kerkmusiek. Dit verklaar dus die titels vir haar vrygestelde CD’s, wat almal met taal te doen het. Die titel van haar jongste CD, Lingua Sancta, wat vir hierdie bespreking van belang is, kom van die laaste

snit, naamlik,Heilig, heilig, heilig. Die ontstaan van die CD skryf Temmingh toe aan die feit dat

“Die improvisasies op hierdie CD ... almal spontaan tydens eredienste ontstaan (het), hoewel hulle later uitgebrei en verfyn is.”

Die CD bied ’n wye verskeidenheid van kerkliedere wat kunstig saamgeweef is tot aange -name luistergenot. Hierin vertoon Temmingh op meesterlike wyse haar besondere gawe van kreatiwiteit. Sy beskik oor die vermoë om die woorde deur middel van klanke weer te gee. Die improvisasies gee die karakter en aard van elke snit op ’n uiters kunstige wyse weer. Dit kan ook nie nagelaat word om melding te maak van die hoë tegniese vaardigheid waarmee die snitte deurgaans uitgevoer word nie. Haar benadering tot die orrel-improvisasies handel eerstens oor woordinkleding, waar die betekenis van die woorde, of die atmosfeer rondom die woorde, musikale gestalte kry. Vir Temmingh is erediensmusiek funksioneel, eerder as dekora tief. Sy

(2)

meen die voorspel dra by tot ’n bepaalde atmosfeer wat die gemeente se harte ontvanklik maak vir ’n belewing van die erediens. Die tussenspel sluit aan by die inhoud van die preek en wys vooruit na die slotsang wat die erediens afsluit. “Die naspel wil altyd die hoop van die Evangelie bevestig”, aldus die woorde van Temmingh in die voorwoord van die handleiding by die CD.

’n Verskeidenheid genres word aangebied: die CD begin met 5 lofliedere, gevolg deur ’n snit wat van vertroue op God spreek (Jesus, Rots vir my geslaan gekombineer met Vaste Rots op wie ek bou), ’n verlossingslied, 2 gebede, ’n lied wat vertroue op God uitspreek (Psalm 23), ’n

kombinasie van ’n danklied (Aan die Vader dank en ere) en ’n lied wat die wederkoms van

Christus besing (As Hy weer kom, as Hy weer kom) uit Johannes 14:1-6, ’n gebed vir elke volk,

’n loflied waarin God geëer word en afgesluit met ’n grootse danklied (Heilig, heilig, heilig) op

die alombekende melodie van Franz Schubert.

Hierdie CD, wat getuig van’n besondere vermoë om bekende liedere op ’n nuwe, kunstige wyse aan te bied, kan met groot vrymoedigheid aanbeveel word.

CHOR UND ORGELMUSIK AUS DEM HOHEN DOM ZU KÖLN

L. Vierne: Messe Solenelle cis-Moll, op. 16;

Naïades,

op. 55/4; C.M. Widor: Messe fis-Moll;

L. Vierne: Adagio aus der 3. Orgelsimfonie

fis-Moll, op. 28;

J. Langlais: Messe Solenelle, op. 36; N. Hakim: 2. Satz aus The Embrace of Fire

Vokalenensemble Kölner Dom & Männerstimmen des Kölner Domchores

Eberhard Metternich (koorleier) Winfried Bönig & Ulrich Brüggemann

(orrels)

MOTETTE 50814 (CD 78:12) Duitse, Engelse en Franse

kommentaar ingesluit

Resensent: CHRISTIAANCARSTENS

Jeffreysbaai

1

2

3

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

[r]

Ik voel me veilig als een kind, bij elke storm en tegenwind want Jezus, Jezus overwint, Hij is de Rots voor mij. Hij houdt mij vast en geeft mij kracht, Licht in het donker van

Heel lang geleden lag ons dorp niet aan de rivier maar bij een grote rots.. Onze voorouders hoorden water stromen, maar ze zagen het niet en ze konden het dus ook

Een vraag die CD&V'ster Sonja Becq vandaag in De Morgen opwierp: "Het is toch niet de bedoeling dat euthanasie straks een recht wordt?".. Becq herhaalde daarna

a) Materiaal uit de keuken dient gereinigd te zijn en teruggeplaatst zoals gevonden. Breuken of schade worden gemeld. De restanten blijven ter plaatse achter. b) Alle schade

Burgemeester en wethouders van de gemeente Velsen maken bekend dat zij de volgende aanvragen voor een om- gevingsvergunning hebben ontvangen op grond van de

Er geldt een uitzondering op de mondkapjes - plicht voor mensen die vanwege een beperking of ziekte geen mondkapje kunnen dragen?. Waar is een

Evenementenlocatie-beleid Velsen 2022 De gemeente Velsen wil evenementenlocatie- beleid vaststellen om ruimtelijke kaders vast te stellen voor evenementen die in Velsen