• No results found

Die lewensvatbaarheid van 'n slaghuisfranchise

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die lewensvatbaarheid van 'n slaghuisfranchise"

Copied!
152
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die lewensvatbaarheid van 'n slaghuisfranchise

deur

Johan Smit

12522759

Mini-verhandeling voorgele ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die

graad

Magister in 8edryfsadministrasie

by die Potchefstroom

8esigheidskool aan die Noordwes-Universiteit

Studieleier: Prof. A.M. Smit Potchefstroo m

(2)

DANKBETUIGING

My opregte dank aan die volgende persone en instansies:

• My dank aan my Hemelse Vader, die Gewer van kennis en verstand op wie ons vertrou;

• Die Noordwes-Universiteit en in besonder die Potchefstroom Besigheidskool vir

'n

aangename en verrykende studietydperk;

• Prof. Anet Smit, vir al haar bystand, hulp en leiding;

• Antoinette Bisschoff, vir die taalversorging en 'finale verwerking van die studie;

• Die personeel by Columinate vir al hulle hulp en insae tydens die empiriese studie;

\

• My ouers, Kobus en Marietha Smit, vir al hulle liefde, bystand en geloof.

(3)

OPSOMMING

Die Suid-Afrikaanse rooivleisindustrie is lomp en wyd. Een van die redes vir hierdie toedrag van sake is die verskeie rolspelers in die industrie. 'n Moontlike oplossing vir hierdie probleem is die vertikale integrasie-sisteem gerugsteun deur 'n lewensvatbare franchise in die kleinhandelsektor.

Die studie fokus op die lewensvatbaarheid van 'n slaghuisfranchise. Daar moet egter ook bepaal word of 'n slaghuis wei gefranchise kan word, voordat die lewensvatbaarheid van 'n slaghuisfranchise bepaal kan word. Die doelwitte van die studie word bereik deur 'n . literatuurstudie wat fokus op franchising en die rooivleisindustrie, sowel as 'n empiriese studie. Die literatuurstudie omvat die omvang van franchising in Suid-Afrika, die definisie van franchising, die verskillende franchisemodelle, die verskillende vorme van franchising, die voor- en nadele ten opsigte van franchising, die vemaamste franchise-suksesfaktore, die moontlikheid om 'n slaghuis te franchise, die beperkings op franchising van 'n slaghuis, die geskiedenis en omvang van die rooivleisindustrie, die produksie- en verskaffingsnetwerk, die verbruik, die spandering, die kleinhandelsektor en lewensvatbaarheid van 'n ondememing wat n6d saamgelees moet word met die evaluasie van 'n nuwe onderneming of geleentheid.

Die empiriese studie fokus op 100 verbruikers en 10 slaghuiseienaars of -bestuurders in die Klerksdorp en Potchefstroom omgewing. Die deelnemende partye is telefonies genader

I

met die onderskeie vraelyste. Die gevolgtrekking bepaal dat 'n slaghuis wei gefranchise kan word, en dat hierdie spesifieke slaghuisfranchise lewensvatbaar is. Die studie eindig met aanbevelings wat gevolg moet word indien die slaghuisfranchise ontwikkel word. Daar is egter heelwat beperkings in hierdie studie wat die weg baan vir verdere studie.

(4)

ABSTRACT

The South African redmeat industry is widespread and where decision-making is slow. One of the reasons is that the meat industry has attracted many role-players that have now given result to the industry having unnecessary high prices. One posible solution to streamline the industry could be to vertically integrate the industry, backed by feasible franchising of butcheries.

The main objective of the study was to determine if a butchery franchise will be feasible in South African markets. Literature on franchising in South Africa, the definition of franchising, the different franchise models available, the different forms of franchising, the critical success factors of franchising, the positive and negative aspects of franchising, the scope and history of the South African meat industry, the distribution networks and suppliers in the industry, the consumption of red meat and all the critical aspects in regard to feasibilty and evaluating a new opportunity, were dealt with in this study.

The survey method applied was that the respondents were contacted telefonically with the two different questionnaires used to gather the required data. The first was meant for the consumers and the second for the butchery owners or managers. The populations that were identified were 100 consumers and 10 butchery owners or managers in the Potchefstroom and Klerksdorp areas. The purpose of the questionnaires was to determine the scope of the market, the various consumer perceptions and determining the feasibility of franchising butcheries.

Firsty, it was determined that a butchery can be franchised, and secondly, that the butchery franchise is feasible. After the findings were dicussed, recommendations were made that will be helpful when a butchery franchise is outlined. However, the study was not without considerable restrictions, paving the way for fruitful further study in the possibilities of franchising in the red meat industry in South Africa.

(5)

INHOUDSOPGAWE

Dankbetuiging ii

Opsomming iii

Abstract iv

Lys van figure ix

Lys van tabelle

x

Lys van afkortings xiii

HOOFSTUK 1: AARD EN OMVANG

1

1.1 INLEIDING 1

1.2 AGTERGROND 1

1.2.1 Spesifieke probleme in die Suid~Afrikaanse rooivleisindustrie 4

1.3 PROBLEEMSTELLING 5

1.4 DOELWIT VAN DIE ONDERSOEK 6

1.5 OMVANG VAN DIE STUDIE 7

1.6 WAARDE VAN DIE STUDIE 8

1.7 BEPERKINGS VAN DIE STUDIE 8

1.8 UITLEG VAN DIE STUDIE 10

1.9 SAM EVATTIN G 10

HOOFSTUK 2: LlTERATUUROORSIG: FRANCHISING

11

2.1 FRANCHISING IN SUID-AFRIKA 11

2.2 DEFINISIE VAN FRANCHISING 12

(6)

2.3

VERSKILLENDE VORME VAN FRANCHISING

15

2.4

NADELE TEN OPSIGTE VAN FRANCHISING

17

2.5

VOORDELE TEN OPSIGTE VAN FRANCHISING

18

2.6

FRANCHISESUKSESFAKTORE

20

2.7

DIE MOONTLIKHEID OM 'n SLAGHUIS TE FRANCHISE

21

2.8

BEPERKINGS OP FRANCHISING VAN 'n SLAGHUIS

24

2.9

SAM EVATTING

25

HOOFSTUK3: LlTERATUUROORSIG: DIE SUID-AFRIKAANSE

ROOIVLEISINDUSTRIE

26

3.1

GESKIEDENIS EN OMVANG

26

3.2

DIE PRODUKSIE- EN VERSKAFFINGSNETWERK

30

3.3

VERBRUIK

34

3.3.1

Spandering

35

3.4

DIE KLEINHANDELSEKTOR

37

3.5

LEWENSVATBAARHEID

41

3.6

EVALUERING VAN 'n NUWE GELEENTHEID

43

3.7

SAMEVATTING 44

HOOFSTUK4: EMPIRIESE STUDIE

45

4.1

INLEIDING

45

4.2

INSTRUMENTE 45

4.3

PROSEDURE EN ETIESE ASPEKTE

46

4.4

RESULTATE EN BESPREKINGS

46

4.4.1

Verbruikersopname

46

(7)

4.4.2 4.4.1.2 4.4.1.2.1 4.4.1.2.2 4.4.1.2.3 4.4.1.2.4 4.4.1.2.5 4.4.1.2.6 4.4.1.2.7 4.4.1. 8 4.4.1.2.9 4.4.1.3 4.4.1.3.1 4.4.1.3.2 4.4.1.3.3 4.4.1.3.4 4.4.1.4 4.4.1.4.1 4.4.1.4.2 4.4.2.1 4.4.2.2 4.4.2.3 4.4.2.4 4.4.2.5 4.4.2.6 Vleisaankope 48

Verskaffers waar die meeste vleis aankope gedoen word 48

Tevredenheid met verskaffers waar die meeste vleisaankope

gedoen word 49

Redes waarom spesifieke verskaffers verkies word 50

Tevredenheid met verskillende aspekte van verskaffers 53

Lojafiteit teenoor verskaffer van meeste vleisprodukte 54

Ander verskaffers van vleisprodukte en verbruikersreperloire 56

Besteding aan voedsel- en vleisprodukte 58

Afsfand waf verbruikers afle om vleisaankope te doen 60

Verantwoordefikheid vir v/eisaankope in huishouding 61

Verbruikersvoorkeure 63

Verbruik van vleisprodukte 63

Verbruikersevaluasie van waarde vir geld van vleissoorle 64

Beesvleisaankope 65

Skaapvleisaankope 67

Siaghuisfranchisemodel-evaluasie 69

Voomeme om s/aghuis gebaseer op franchisemodel te ondersteun 69

Verbruikersevaluasie van die slaghuisfranchisemodel konsep 70

Siaghuiseienaar/-bestuurderopname 74

Siaghuis samestelling en demografiese inligting 74

Siaghuispersoneelopieiding 76

Rooivleisverkope 78

Siaghuisfokus 80

Bestuursvaardighede en operasionele take 81

(8)

4.4.2.7 Mark-evaluasie en finansiele besanderhede 4.4.2.8 Bates en kastes

4.4.2.9 Verskaffers en franchise-apsie 4.4 SAM EVATTING

HOOFSTUK 5: GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

5.1 INLElDlNG

5.2 FRANCHISING VAN 'n SLAGHUIS 5.3 GENOEGSAME MARK

5.4 MARKPOTENSIAAL

5.5 VOORSIENINGSNETWERKE EN VERSKAFFERS 5.6 FINANSleLE KENMERKE

5.7 MEDEDINGINGSPOTENSIAAL

5.8 BELANGRIKHEID VIR SLAGHUISEIENAARS OM VAN PROFESSIONELE HULP GEBRUIK TE MAAK OM HUL BESIGHEIDSPROSESSE TE

VERBETER

5.9 BELANGSTELLING IN 'n SLAGHUISFRANCHISE ONDER VERBRUIKERS SOWEL AS HUIDIGE SLAGHUISEIENAARS 5.10 VOORKEURE EN AFKEURE VAN VERBRUIKERS IN DIE

ROOIVLEISMARK

5.11 WERKSTEVREDENHEID ONDER SLAGHUISEIENAARS 5.12 AANBEVELINGS 5.13 SAIVIEVATTING BRONNELYS BYLAAG A: VERBRUIKERSVRAELYS BYLAAG B: SLAGHUISEIENAARS/-BESTUURDERSVRAELYS 85 90 94 95

96

96 96 97 98 99 100 101 101 102 102 103 103 105 106 110 121

(9)

LYS VAN FIGURE

Figuur 3.1: Illustrasie van die bloktoets 38

Figuur 4.1: Watter van die volgende is redes waarom u by hierdie verskaffer

die meeste van u vleisaankope doen? 51

Figuur 4.2: Hoe belangrik is die volgende vir u wanneer u besluit op 'n verskaffer vir u vleisaankope?

Figuur 4.3: Watter ander verskaffers gebruik u vir u vleisaankope, afgesien van die

verskaffer wat u die meeste gebruik? 56

Figuur 4.4: Watter persentasie van u huidige inkomste spandeer u aan voedsel? 59 Figuur 4.5: Watter persentasie van u besteding aan voedsel sou u spandeer u aan

vleisprodukte? 60

Figuur 4.6: Hoe gereeld verbruik u die volgende vleissoorte? 64

Figuur 4.7: Tot watter mate beskou u die vo!gende vleissoorte as waarde vir geld? 65 Figuur 4.8: WaUer van die volgende beesvleissnitte, behalwe die snit wat u die

meeste aankoop, het u ook aangekoop in die laaste ses maande? 67 Figuur 4.9: WaUer van die volgende skaapvleissniUe, behalwe die snit wat u die

meeste aankoop, het u ook aangekoop in die laaste ses maande? 69 Figuur 4.10: Watter aspekte is vir u die belangrikste met betrekking tot u slaghuis? 81 Figuur 4.11: WaUer van die volgende take verrig u self, verrig 'n personeellid, verrig 'n

konsultant of doen u glad nie? 83

Figuur 4.12: Hoe belangrik is dit om van die volgende professionele bystand gebruik

(10)

LYS VAN TABELLE

Tabel 2.1: Produkfranchise en ondernemingfranchise 14

Tabel 3.1: Gemiddelde verkoopsprys van beesvleissnitte 28 Tabel 3.2: Beesgetalsamestelling in hul onderskeie trappe 32 Tabel 3.3: Produksie, verbruik, invoer en uitvoer van verskeie vleissoorte 33

Tabel 3.4: Private spandering op vleis 36

TabeI3.5: S.w.o.t.-analise 40

Tabel 3.6: Evaluering van nuwe geleenthede 43

Tabel 4.1: Demografiese besonderhede van verbruikersteekpraef 47

TabeI4.2: Waar doen u die meeste van u vleisaankope? 49

TabeI4.3: Hoe tevrede is u met die verskaffer waar u die meeste van u

vleisaankope doen? 50

TabeI4.4: Tevredenheid met verskillende aspekte van verskaffers van meeste

vleisaankope 53

TabeI4.5: Hoe lank doen u al vleisaankope by die verskaffer waar u die meeste

van u vleisaankope doen? 54

TabeI4.6: Wat is die kans dat u steeds by hierdie verskaffer u aankope sal doen

in die volgende jaar? 55

TabeI4.7: Hoeveel verskaffers gebruik u vir u vleisaankope op 'n gereelde basis? 57 Tabel 4.8: Sou u se dis vir u belangrik waar u vleisaankope doen? 58

TabeI4.9: Hoe ver ry u vir u vleisaankope? 61

Tabel 4.10: Word die vleisaankope in u huishouding deur slegs een persoon hanteer

of deur meer as een persoon? 62

Tabel 4.11: Wie doen die meeste van die vleisaankope in u huishouding? 62 TabeI4.12: Watter van die volgende beesvleissnitte koop u die meeste aan? 66

(11)

TabeI4.13: Watler van die volgende skaapvleissnitle koop u die meeste aan? 68 TabeI4.14: Indien daar in u area 'n slaghuis onder 'n franchisemodel sou open, wat sou

u S8 is die moontlikheid dat u hierdie slaghuis sal besoek? 70 TabeI4.15: In u opinie, is 'n slaghuis gebaseer op 'n franchisemodel 'n werkbare idee? 71 TabeI4.16: Waarom het u daardie antwoord gegee vir u opinie oor die werkbaarheid

van 'n slaghuis gebaseer op 'n franchisemodel? 71 TabeI4.17: Sal u dit ooit oorweeg om u eie slaghuis oop te maak indien dit 'n

gevestigde franchisemodel is? 73

TabeI4.18: Slaghuis- en respondentbesonderhede. 75

TabeI4.19: Watler van die volgende areas van opleiding beskik u oor? 76

TabeI4.20: Waar het u hierdie opleiding ontvang? 77

Tabel 4.21: Hoeveel van u personeellede is opgelei? 77

TabeI4.22: Is opgeleide personeel maklik bekombaar in u industrie? 78 TabeI4.23: Watler opleiding is die meeste in aanvraag in u industrie? 78

TabeI4.24: Watter beeskwart is u topverkoper? 79

TabeI4.25: Watter beesvleissnit is u topverkoper? 79

Tabel 4.26: Watler skaapvleissnit is u topverkoper? 80

TabeI4.27: Watler van die volgende beskou u as die belangrikste vaardighede

wanneer dit kom by die bestuur van 'n slaghuis? 82 TabeI4.28: Wat sou u is u mate van werkstevredenheid? 85

TabeI4.29: Sou u S8 u het die markpotensiaal bereik? 85

TabeI4.30: Wat is u gemiddelde omset per maand? 86

Tabel 4.31: Wat is u gemiddelde persentasie netto wins? 86 TabeI4.32: Wat is u gemiddelde persentasie bruto wins? 87

TabeI4.33: Hoeveel verbruikers diens u maandeliks? 87

TabeI4.34: Wat is u gemiddelde produkprys? 87

(12)

TabeI4.36: Wat is u gemiddelde wins op investering per jaar? 88

TabeI4.37: Wat is u gemiddelde groei per jaar? 89

TabeI4.38: Wat is u gemiddelde markaandeel in u voorstad? 89 TabeI4.39: Sou u S6 die mededinging is hoog, gemiddeld of laag in u voorstad? 90 TabeI4.40: Hoe maklik sou u S6 is dit vir nuwe slaghuise om die mark te betree? 90 Tabel 4.41: Wat is die waarde van die totale bates in u slaghuis? 91 TabeJ 4.42: Hoe hoog of laag is die bate-intensiteit in u slaghuis? 91 TabeI4.43: Tot watter mate is kontantvloei 'n probleem vir u besigheid? 92 TabeI4.44: Watter persentasie van die omset moet daar beg root word vir

kontantvloei? 92

TabeI4.45: Tot watter mate sal u S6 is vaste kostes stabiel? 93 TabeI4.46: Is daar enige stappe of prosedures in plek in terme van kontrole van

koste in u onderneming? 93

TabeI4.47: Sou u S6 daar is mededinging onder verskaffers? 93 TabeI4.48: Voel u daar is ruimte vir onderhandeling met verskaffers? 94 TabeI4.49: Sal u dit ooit oorweeg om u slaghuis in 'n franchise-tak te omskep? , 94

(13)

BTW:

c:

NDA: ROI: SADC: SAMIC: SAFA: SAFA: S.W.O.T.:

L YS VAN AFKORTINGS

Belasting op Toegevoegde Waarde Celsius

National Department of Agriculture

Return on investment (investering op belegging) Southern African Developing Countries

South African Meat Industry Company South African Franchise Association South African Feedlot Association

(14)

HOOFSTUK 1

AARD EN OMVANG

1.1 INLEIDING

Vleisprodukte, hetsy rooi of wit, word wereldwyd in groot hoeveelhede verbruik. Min studies is al gedoen oor die verkope en algehele mark van bogenoemde produkte en die verskeidenheid van die produkte. Hierdie studie fokus eerstens daarop of 'n slaghuis aanpasbaar is in 'n franchisemodel en dan of hlerdie slaghuisfranchise lewensvatbaar in 'n Suid-Afrikaanse mark is.

1.2 AGTERGROND

Beer (2001 a:24) maak die volgende stelling: "Die voedsel vervaardigingsketfing is nie 'n

statiese entfteit nie en het op sy eie tempo en raamwerk oor tyd geevoleer. Deurgaans het landbou-rewolusies ook plaasgevind met die evolusie van wetenskaplike landbou, namate het dit industriele landbou tot gevolg gehad en al hoe nader aan genetiese landbou gevorder het Hierdie evolusie het egter gelei tot baie groot negatiewe faktore byvoorbeeld dat al hoe meer rolspelers ingetree het in die waardeketting tussen produsent en verbruiker, wat die proses duur en wanke/rig gelaat het." Net so os Beer hierbo beweer, het hierdie evolusie ook in Suid-Afrika, in die landbou sowel as die rooivleisindustrie, plaasgevind, en word dit gekenmerk deur voortdurende verandering.

Eastman, Sharples & Ball. (2001 :38) verduidelik die voedsel- en drankketting soos volg: "The food and drink supply chain has been a linear relationship involving the primary producers, or farmers, the manufacturers or processors who 'fabricate' the food for the table, and the retailers who gather a range of such products and sell them to the consumer." In hierdie studie word daar veral gefokus op die verbruikerstendense en die produksie in die beesvleiskleinhandelsektor. Daar is egter 'n groot hoeveelheid

(15)

rolspelers wat waarde toevoeg tot en met die eindproduk en word daar gedeeltelik op hulle ook gefokus.

Die deregulasie van landboubemarking in 1990 is definitief een van die grootste veranderinge wat 'n invloed op die plaaslike rooivleismark gehad het. Dit het tot gevolg gehad dat aile beperkings ten opsigte van die globale vrye mark opgehef is en het uiteindelik die gevolg gehad dat die interne struktuur van die totale beesvleisindustrie verander het. Hierdie verskynsel het ook veroorsaak dat Suid-Afrika se handelsektor deel geword het van 'n groter, globale ekonomiese mark.

Die globale ekonomiese situasie het meer en meer'n groter invloed op die wyse waarop Suid-Afrikaanse maatskappye handel dryf. Hierdie stelling het ook betrekking op moderne rolspelers in die Suid-Afrikaanse beesvleisindustrie. Globalisering is volgens Prof. Keith Whigham (in Genis, 2003:30): "Globalisation can be seen as the acceleration of the worldwide movement in technology, products, people, ideas and capital; or the integration of trade, the removing of trade restrictions and/ or trade barriers, the accelerated technology changes and the growth or increase in global tourism." Die deregulasie in 1990 ondersteun hierdie definisie ten volle en het veroorsaak dat Suid-Afrika moes deel vorm van hierdie wereldwye tendens.

Om deel te vorm van 'n groter globale ekonomie, verb reed die speelveld vir aile rolspelers in die waardeketting, van produsent tot klient, en het verskeie geleenthede sowel as verhoogde mededinging tot gevolg. Franchising is 'n getoetste model in die globalisasieraamwerk en word wereldwyd deur verskeie ondernemings gebruik.

Die grootste mag in die globale voedselketting, volgens Smith (1997:10) Ie deesdae by biotegnologie enersyds en kleinhandelaars andersyds. As die primere produsent groter magte (en winste) wi! kry, sal hy moet uitvind wat die verbruiker wil he en die boodskap aan supermarkte, of in hierdie geval, slaghuise oordra.

(16)

Daar kan as gevolg hiervan nie net na 'n geslote ekonomie gekyk word nie, maar speel ander lande en ander industriee ook 'n rol by die sukses van 'n slaghuis. 'n Toerisme aantreklikheid of rugby stadion dien as voobeelde van eksterne invloede.

Die konsep van wereldmarkte en die effek van globalisasie het 'n baie groot uitwerking op die beesvleisindustrie as geheel en daar sal 'n totale verandering in die beesvleis waardeketting moet kom om 100% effektiwiteit te verseker.

Volgens Jooste (in De Waal, 2003:48) het die verbruik van rooivleis gedurende die laaste 20 jaar afgeneem. Ford (in Pretorius, 2003:16) stel ook dat 'n wereldwye afname in die verkope van beesvleis die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging (SAFA) genoodsaak het om navorsing te doen oor die verbruikerstendense ten opsigte van rooivleisaankope in Suid-Afrika. Hulle het bevind dat weens 'n wanpersepsie dat rooivleis nadelig is vir die mens se gesondheid, aankope onder vroue en bejaarde mense sterk afgeneem het. Volgens Willemse (2003:13) is dit gedeeltelik waarom die verkope van hoendervleisprodukte so skerp toegeneem het. Die probleem ten opsigte van die wanpersepsie oor rooivleis kan egter reggestel word met intensiewe bemarking en verbruikersbewusmaking van die positiewe- en pro-gesondheidseienskappe wat rooivleis teweegbring. Die Suid-Afrikaanse Rooivleisprodusente-organisasie het in 2006 met 'n baie intensiewe bemarkingsveldtog begin om hierdie probleem direk te hanteer. Rooivleis wat nie baie vet is nie kan wei goed wees vir jou gesondheid. Daar verskeie noodsaaklike vitamines en minerale wat uit rooivleis afkomstig is waarsonder die menslike liggaam nie sy volle potensiaal kan bereik nie.

Oor die jare het die rooivleisprodusente die voeding en teling van beeste drasties aangepas om sodoende aan die vraag van maerder vleis te voldoen. Die gemiddelde vetpersentasie per karkas by beeste het as gevo/g hiervan vanaf 32% in 1949 na 13% in 2004 gedaaJ (SAMIC, 2004:8).

Soos Simonsen (2003:1) dit stel: "South African beef is much leaner than previously assumed; the beef consumed most often in South Africa contains only 13% fat, of the

(17)

leanest when compared to global beef producers! and thus making it perfectly acceptable to consume as part of a healthy balanced diet. Lean beef gives you a

number of essential nutrients including protein! iron and vitamin 812."

1.2.1 Spesifieke probleme in die Suid-Afrikaanse rooivleisindustrie

Ore konsep van wereldmarkte en die uitwerking van globalisering en sekere kern­ simptome waarin die landbouindustrie hom bevind, word deur Ilbury en Sunter (2002:66-67) verduidelik: "Globalization is also transforming the agricultural industry in the world today. If you!re a commodity farmer in maize! wheat! cotton! cattle or sheep! the new rules of the game are that you have to achieve economies of scale on par with world-class agri-businessess in the Western countries. In order to do this! size becomes critical. Farmers are therefore merging or are being bought-out with the consequences that land owners are becoming more concentrated. Land is a very emotional issue in South Africa. We seem to have conflicting rules."

Volgens IIbury en Sunter, soos hierbo aangehaal, word ekonomie van skaal 'n al hoe groter faktor. Die groter name in landbou word net al hoe groter en die kleiner produsente of handelaars word stuk-vir-stuk uitgefaseer. Franchising bied die voordeel dat dit 'n eenheid vorm waar daar op groot skaal aangekoop en meegeding kan word, maar vorm ook'n klomp, klein afsonderlike entiteite binne hierdie groot eenheid.

Daar is 'n geweldige tekort aan noodsaaklike navorsing in die landbouindustrie. Du Plessis (2004:11), 'n politieke analis, verduidelik die erns en belangrikheid van navorsing en goeie bestuur deur die staat in die beesvleis- sowel as die landbou­ industrie: "Navorsing is onder geweldige druk ... dit is op hierdie vlak dat kommersiele landbou onder druk verkeer ... " 'n Gebrek aan goeie bestuur van die staat sal 'n negatiewe impak op kommersiele landbou he vanaf 'n sekuriteits- en mededingings­ perspektief en sal sodoende die informele landbousektor vernietig. Alhoewel die informele sektor in landbou nie 'n baie groot rol speel nie, is dit 'n noodsaaklike faktor wat daarvoor verantwoordelik is om die ewewig van mededinging in balans te hou.

(18)

Du Plessis (2004:16) is van mening dat kommersiele landbou en agri-ondernemings aanvaar dat die industrie 'n baie hoe risiko-tydperk binnegaan, as dit nie reeds daarin is nie. Hierdie risiko's affekteer nie noodwendig slegs die kommersiele landbouindustrie nie, maar ook aile sektore van die gemeenskap. Die Nasionale Departement van Landbou (NDA) (2005:ix) ondersteun hierdie siening en stel dat lae wins op investering baie min vertroue deur investeerders 10k; daar is ook enorme ekonomiese en sosiale probleme op investering en produksie soos die toenemende plaasmoorde, onteienings en onregmatige besetting van plase. Hierdie stellings is vandag nog van toepassing aangesien baie van hierdie probleme steeds nie opgelos is nie. Die staat het 'n baie groot sosiale verantwoordelikheid teenoor die produsente van Suid-Afrika om hierdie probleme so gou as moontlik te hanteer. Daar heers wantroue onder produsente oor die bevoegdheid van die staat se bestuur van hierdie sosiale kenmerke.

Volgens Smith (1997:10) is die Suid-Afrikaanse regering glad nie daarop ingestel om in landbou te bele nie. Inteendeel, volgens hom het regeringsbesteding aan die landbou sedert 1993 jaarliks met gemiddeld 4.3% afgeneem. Hierdie element maak globale mededinging baie moeilik aangesien eerstewereldlande gewoonlik volle bystand van hul regerings geniet.

Volgens Maitland (2003:8) is daar geen subsidies vir Suid-Afrikaanse kommersiele boere nie. Hierdie tekort aan subsidies maak dit moeilik om te kompeteer in eerstewereldlande waar daar subsidies aan kommersiele boere gegee word. Die styging van insetkoste wat gekoppel is aan die verkope van eerstewereldlande se verkope, maak die mededingingsfaktor vir Suid-Afrikaanse produsente baie moeilik.

1.3 PROBLEEMSTELLING

Aigemene vleisverkope vorm 'n groot deel van die bruto binnelandse besteding van enige land. Dit is 'n enorme faktor wanneer dit by verbruikerstendense in die

(19)

kleinhandelverkopesektor kom. Die algemene huishoudelike besteding verskil egter van streek tot streek en ook by die verskillende inkomstevlakke. Die behoeftestruktuur van 'n huishouding is egter so geformuleer dat voedsel, waaronder vleisprodukte val, 'n baie hoe prioriteit handhaaf.

Anders as ander voedselprodukte is daar 'n klein hoeveelheid kleinhandel distribusienetwerke wat net op vleisprodukte en die verkoop daarvan fokus. Dit is egter nie voJdoende om die benodigde brutowinspersentasie vir die groothandelaar te regverdig nie. Dlt skep ook'n netwerk van "mlddelmanne" wat die prys van vleis aan die eindverbruiker onnodig hoog hou.

Om hlerdie probleem direk op te los, is die uitleg van 'n doeltreffende en effektiewe slaghuisfranchise, wat die direkte publiek van 'n verskeidenheid produkte kan voorsien, 'n moontlike uitweg. Daar was egter reeds verskeie pogings om hierdie idee in 'n realiteit te verander, wat egter nie veel sukses behaal het nie. Waar die produsent tans 4% bruto wins realiseer en die groothandelaar ongeveer 10%, realiseer die kleinhandelaar 35% en word die term "dumbgrowers" dikwels gebruik vir die eerste twee. Hierdie praktyk maak die pryse van die produkte wat aan die produsente gel ewer word ook aansienlik hoer weens al die betrokke partye. Die skep van 'n direkte distribusie-kanaal vanaf die produsent tot die verbruiker kan aanleiding gee tot genoegsame winste en die verlaging van vleispryse in die geheel.

1.4 DOELWIT VAN DIE ONDERSOEK

Die primere doelwit van die studie is om vas te stel of'n slaghuisfranchise in Suid-Afrika lewensvatbaar is.

Die sekondere doelwitte van die studie is die bepaling van: • Die moontlikheid om 'n slaghuis te franchise;

(20)

• Die faktore wat 'n rol speel in die oorgang vanaf 'n slaghuis na 'n volwaardige franchisekonsep;

• 'n Ondersoek na 'n doeltreffende mark om hierdie franchise te vestig; en • Die kernelemente wat hierdie lewensvatbaarheid teweeg kan bring.

1.5 OMVANG VAN DIE STUDIE

Die studie fokus op die rooivleisindustrie in die Klerksdorp en Potchefstroom omgewing. Die empiriese studie maak van steekproewe gebruik. Dit sluit in verbruikers sowel as slaghuiseienaars. Die empiriese studie behels twee vraelyste, die een fokus op 100 verbruikers en die ander een fokus op 10 slaghuiseienaars of -bestuurders in die bogenoemde areas. Aile deelnemende partye is verseker dat die studie totaal anoniem is en dat dit geensins hul betrokkenheid by die industrie beYnvloed nie.

Die empiriese ondersoek in hierdie studie het die vorm van 'n kwantitatiewe opname­ ontwerp onder verbruikers en verskaffers van vleisprodukte in die Potchefstroom en Klerksdorp omgewing, aangeneem. Gestruktureerde vraelyste was die bron van data­ insameling. Data is statisties verwerk om tendense onder die steekproef te beskryf.

Twee populasies was van belang in hierdie studie. Die eerste is verbruikers van vleis­ produkte in die Potchefstroom en Klerksdorp omgewing, bo die ouderdom van 21 wat verantwoordelik is vir vleisaankope in die huishouding. Vir praktiese doeleindes is daar gebruik gemaak van geriefsteekproefneming Cn nie-waarskynlikheidsprosedure). In totaal, het 100 verbruikers deelgeneem aan die studie. Die demografiese samestelling van hierdie steekproef word in afdeling 4.4.1.1 opgesom.

Die tweede populasie van belang was eienaars of bestuurders van slaghuise (insluitende slaghuise in supermarkte) in die Potchefstroom en Klerksdorp omgewing. In totaal, het 10 slaghuiseienaars of -bestuurders deelgeneem.

(21)

1.6 WAARDE VAN DIE STUDIE

Timmons (1999:32) is van mening dat tot ongeveer 80% van onafhanklike besighede in die eerste vyf jaar misluk. As gevolg van bogenoemde stelling kan 'n franchise as die gewenste model tot besigheidsontwikkeling wees vanwee die mentorskap en kontrole wat in die franchisemodel gevind word. Die ontwikkeling van 'n lewensvatbaarheidstudie verlaag die algehele risiko verbonde aan die uitleg van 'n nuwe onderneming; dit dien ook as 'n goeie raamwerk van wat dit alles behels om die nuwe onderneming uit te Ie.

Die studie is belangrik aangesien die koste van vleis aan die verbruiker veral in derdewereldlande soos Suid-Afrika die publiek noodsaak om op informele wyse vleis te bekom. Van der Rhyst (2003:3) verduidelik dat die onregmatige slag van beeste verwys na die slag van beeste "onder 'n boom" wat ook genoem word "bosslagtings". Om beeste te slag, is nie onwettig nie, maar die minagting en nie-nakoming van kwaliteit- en higiene-standaarde is weI. Hierdie is 'n baie groot bron van kommer aangesien dit 'n gesondheidsrisiko inhou. Die Rooivleisprodusente-organisasie, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Ie deesdae boetes op vir persone wat deur informele slagtingsprosedures vleis in die opemark verkoop.

1.7 BEPERKINGS VAN DIE STUDIE

Die literatuurstudie en die empiriese studie het albei hul onderskeie beperkings. Hierdie beperkings word dus ook afsonderlik bespreek. Die beperkings ten opsigte van die literatuurstudie is so os volg:

• Akademiese inligting oor die beesvleisindustrie van Suid-Afrika is nie maklik in biblioteke bekombaar nie.

• Die nuutste statistieke oor die Iandbouindustrie is nie maklik bekombaar nie. • Die lang en lompe waardeketting van die beesvleisindustrie maak die studie

gekompliseerd en is dit nie moontlik om aile rolspelers, wat byna 40 beloop (Olivier, 2004:18). in hierdie studie te bespreek nie.

(22)

• Wanneer gekyk word na die grootte en intensiteit van die volle waardeketting van die beesvleisindustrie, is dit nie moontlik om alles in een studie saam te vat nie.

Die empiriese studie se beperkings strek van die wyse waarop die data versamel word tot die data self. Die data in hierdie studie is verkry deur gebruik maak van 'n geriefsteekproefnemingmetode ('n nie-waarskynlikheidsprosedure), wat beteken dat die geldigheid van afleidings wat uit die bevindinge gemaak word, met omsigtigheid benader moet word. Omdat daar nie van 'n waarskynlikheidsprosedure gebruik gemaak is nie, kan daar nie met sekerheid bepaal word hoe die bree populasies in die areas, se gedrag en opinies verskil van verbruikers en slaghuiseienaars en bestuurders wat in die steekproef ingesluit is nie. Dit was byvoorbeeld duidelik dat die studie grotendeels blanke deelnemers ingesluit het, wat 'n teken is dat die bevindinge beperkte toepassing kan he onder ander rasgroepe in die areas. Die voorkoms van steekproefsydigheid is dus een beperking van hierdie studie. 'n Verdere beperking is die relatiewe klein grootte van die steekproef, waarin 100 verbruikers en 10 slaghuiseienaars of -bestuurders deelgeneem het.

Hierdie studie dien egter as 'n belangrike eerste stap om die tendense in die rooivleis­ kleinhandelsektor in die Potchefstroom/Klerksdorp-gebied beter te verstaan. Daar volg oak 'n aantal aanbevelings vir verdere navorsing uit hierdie studie. Eerstens kan verdere navorsing bou op hierdie resultate deur van 'n groter, verteenwoordigende steekproef, gebaseer op 'n waarskynlikheidsprosedure, gebruik te maak. Dit sal beteken dat die bevindinge met groter sekerheid aan die groter populasie in die area toegeskryf kan word. Verder kan daar ook ondersoek ingestel word na die verskille tussen verbruikers en slaghuise van verskillende areas (buite die Potchefstroom en Klerksdorp omgewing), asook na rooivleisverbruik en -voorkeurverskille tussen groepe verbruikers betreffende ras, ouderdom, geslag, inkomste en ander veranderlikes van belang.

(23)

-Die studie bestaan uit vyf hoofstukke. Hoofstuk 1 bied die inleiding, probleemstelling en die agtergrond van die studie aan. In Hoofstuk 2 word die franchise as ondernemingsvorm bekend gestel, en in konteks geplaas met die vleisbedryf. Die hoofstuk behels die literatuurstudie van franchising, asook hoe dit in Suid-Afrika toegepas word. Hdofstuk 3 bevat die literatuurnavorsing aangaande die rooivleisbedryf in SUid-Afrika. Vebruik, uit- en invoere, asook die historiese ontwikkeling van die vleisbedryf word gedek. Die empiriese navorsing word voorgehou in Hoofstuk 4. Die navorsingsmetodologie en resultate word bespreek. Die finale hoofstuk bevat die gevolgtrekkings en die aanbevelings van die studie. Daar word spesifiek gefokus op die franchise-moontlikhede van 'n slaghuis. Die hoofstuk dien ook as afsluiting van die studie.

1.9 SAM EVATTIN G

Hoofstuk 1 bevat die agtergrond van die studie, die probleemstelling, die omvang van die studie, die waarde van die studie en ook die beperkings van die studie.

Hoofstuk 2 omvat die eerste gedeelte van die literatuurstudie en fokus sterk op franchising. Dit bevat die omvang van franchising in Suid-Afrika, die definisie van franchising, die verskillende franchisemodelle, die verskillende vorme van franchising, die nadele ten opsigte van franchising, die voordele van franchising, die vernaamste franchisesuksesfaktore, die moontlikheid om 'n slaghuis te franchise en die beperkings op franchising van 'n slaghuis.

(24)

HOOFSTUK2

LITERA TUUROORSIG: FRANCHISING

2.1 FRANCHISING IN SUIO-AFRIKA

Franchising in Suid-Afrika is volgens wereldstandaarde relatief jonk. Alhoewel die franchisemodel in Suid-Afrika redelik vinnig groei, neem die toetrede van nuwe

entrepreneurs af.

Navorsing deur Bassuk (1999:1) toon aan dat die woord "franchise" stam van die au Franse betekenis "voorreg" of "vryheid". Mendelsohn het na aanleiding van sy navorsing bevind dat daar alreeds in die elfde eeu franchiseverskynsels was (Illetschko, 1997:12). Volgens Bassuk (1999:2) het 'n franchise in die Middeleeue die vorm aangeneem van 'n reg of 'n voorreg. Daar is bevind dat die plaaslike heerser of meester die reg toegestaan het om markte of kermisse te hou, die plaaslike pont te dryf, of om diere op sy grand te jag. Die konsep is uitgebrei na die koning se reg om 'n franchise toe te staan vir aile

,

vorme van handelsaktiwiteite, byvoorbeeld die bou van paaie en die brau van bier.

Terwyl die aandeel van franchising in die Verenigde State van Amerika in die pradukte­ en dienste-sektor by ongeveer 50% Ie en steeds groei, is die persentasie in Suid-Afrika nader aan 12% (Illetscho & Parker, 2007:3). Die franchise-sektor in Suid-Afrika het egter 'n baie soliede basis en die vooruitsigte vir uitbreiding is baie goed. Volgens IIletschko en Parker (2007:5) is die graotste dryfvere agter die ontwikkeling van franchise's in Suid-Afrika demografiese verandering, mededingende druk en skaalbesparing (die grootte van die onderneming het aansienlike ekonomiese voordele veral wanneer dit kom by aankope van verpakkingsmateriaal en ander pradukte, wat in grootmaat aangekoop kan word) (Kurt & Parker, 2007:142). 'n Rede tot kommer is egter dat die Global Entrepreneurship Monitor in 2005, Suid-Afrika uit 35 lande 25ste geplaas

(25)

het. In 2004 was Suid-Afrika egter 20ste en is Suid-Afrika dus besig om te verswak op hierdie gebied (Illetschko & Parker, 2007:5).

In die res van die hoofstuk is daar deur middel van 'n literatuurstudie aandag gegee aan die franchisemodel, die redes vir mislukking, die voordele en nadele daarvan, en of 'n slaghuis gefranchise kan word.

2.2 DEFINISIE VAN FRANCHISING

Verskeie definisies deur verskeie skrywers is al gepubliseer. Deur 'n studie van die definisie te doen, kan daar bepaal word wat die hoofkenmerke van ·die franchisemodel is.

Mendelsohn (2005:1) is van mening dat franchising nie 'n industrie is nie; dit is eerder 'n metode om sekere produkte en/of dienste te bemark met ongeveer geen grense ten opsigte van besigheidskategoriee nie. Hy is ook van mening dat dit 'n lewensvatbare metode van distribusie van goedere en dienste is wat 'n positiewe invloed op ekonomiese ontwikkeling deur die toevoeging van nuwe besighede en werkskepping het.

Volgens Parker (2007:3) is die moderne beskrywing van 'n franchise die verhouding tussen 'n gevestigde entrepreneur, bekend as die franchisor, en 'n nuwe marktoetreder wat in die franchisor se handelsmerk bestee met die hoop dat hy of sy die sukses van die franchisor sal emu leer.

Die formele definisie van franchising wat deur die Franchise Assosiasie van Suid-Afrika gebruik word, is SODS volg:

"A franchise is a grant by the franchisor to the franchisee, entitHng the latter to the use

(26)

previously untrained person in the franchised business, and enables him or her to operate it on an ongoing basis, according to guidelines supplied, efficiently and profitably. JJ

Daar is egter verskeie ander navorsers wat ook franchising gedefinie~r het, byvoorbeeld Smit (1997: 143), Smit (1997:27), Barber (1996:9), Beyers (1996:1) en Franken (1995:13). Wanneer daar gekyk word na die bogenoemde definisie sowel as die van die genoemde navorsers, kan daar 'n gemeenskaplike definisie hieruit gevorm word, naamlik dat:

'n Franchise is 'n hande/sverskynsel wat ontstaan vanuft 'n besigheid wat reeds 'n

gevestigde hande/snaam-(h)erkenning geniel. Die besigheidseienaar (franchisor) eksplioteer dan hierdie suksesvolle sakekonsep deur die regte, inligtfng, en bemarkings­ en verspreidingskonsepte aan 'n koper (franchisee) te verkoop en in 'n bepaalde geografiese gebied die franchise bedryf. Die franchise-hande/aar is verplig om maandelikse bestuursfooie, advertensiekoste en opleidingsfooie aan die franchise­ houer te betaa/. In ruil hiervoor verkry die franchise-handelaar bestuursondersteuning, opleiding en voortgesette advertensieveldtogte en promosiemateriaa/. Hierdie ondersteuningsdienste dien as plaasvervanging vir die franchise-handelaar se aanvanklike tekort aan besigheidservaring en entrepreneudese vaard/ghede.

Dit is dus duidelik dat dit

'n

bestaande konsep moet wees en dat die franchisor van sy eie kapitaal of hulpbronne moet gebruik om dit volgens hierdie definisies as 'n franchise te kan ontwikkel.

Soos in die definisie ook duidelik blyk, moet daar eerstens

'n

lewensvatbare konsep wees. Herdie konsep moet 'n bepaalde mark he. Dit moet 'n entiteit wees wat wesenlike waarde het sodat dit geregistreer kan word in die naam van die franchisor al is dit net 'n handelsmerk. Daar moet twee partye wees, naamlik 'n franchisor en 'n franchisee. Daar moet 'n regsbindende ooreenkoms tussen die partye wees wat vir albei moontlike voordeel inhou.

(27)

2.2.1 Verskillende franchisemodelle

Daar' is twee verskillende franchisemodelle. Franchises word eerstens ingedeel in produkformaatfranchises en tweedens besigheidsformaatfranchises (ondernemingsfranchises) (SAFA, 2009). Smit (1997:143) en Beyers (1996:10-11) bestempel die produkformaatfranchise as: "... die gebruik van die franchisor se handefsnaam in ruff vir fooie en tantiemes met die verpligting op die franchisee om sfegs die franchisor se produk te verkoop". 'n Besigheidsformaatfranchise is soortgelyk aan die produkformaatfranchise, met die uitsondering dat die franchise-handelaar ook die reg bekom om die franchise-houer se totale besigheidskonsep te volg. Uit die verduideliking wat deur beide Smit en Beyers gegee word kan daar duidelik afgelei word dat 'n slaghuisfranchise onder 'n besigheidsformaatfranchise resorteer.

Tabel 2.1: Produkfranchise en ondernemingfranchise

'~ONOgRN

E'MI

€BJX&Gtal§

Franchise ooreenkoms. Onderhandelbaar Ononderhandelbaar , Toegang tot 'n gevestigde korporatiewe

sterk Baie Sterk identiteit.

I

Toegang tot 'n produk of'n diens wat

Sterk Baie sterk onder 'n bepaalde handelsmerk vestig.

Toegang tot operasionele sisteme en

Partykeer Altyd

prosedures.

Voorgeskrewe bestuursisteme. Partykeer Altyd

! Aanvanklike opleiding en bystand Sterk Baie sterk

Voortdurende opleiding, markbystand en mentorskap.

Omdat daar so 'n wye verskeidenheid van veranderlikes in die vleismark teenwoordig is, is dit belangrik om so veel as moontlike kontrole op elke franchise-eenheid te vestig, en

(28)

is die gewenste tipe franchise die van 'n ondernemingfranchise vanwee al die kontrole­ sisteme wat daarin gevestig is.

'n Slaghuis is 'n spesiaiisonderneming en verg baie intensiewe opleiding vir vleisverwerking en produkontwikkeling. Daar moet goeie kontrolesisteme in plek geplaas word deur beide die franchisee en franchisor.

2.3 VERSKILLENDE VORME VAN FRANCHISING

Die franchisekonsep word dikwels beskryf as 'n wen/wen konsep. Die rede hiervoor is omdat dit aansienlike voordele inhou vir die franchisee en franchisor. 'n Ander rede vir die sukses van die franchisekonsep is die feit dat dit so buigbaar is. Dit is dus by amper aile industriee aanpasbaar. Die jare waarin die franchisekonsep slegs by wegneemete­ ondernemings gebruik word, is al lankal verby en word baie ander industriee gebruik. In die Verenigde State van Amerika is meer as 80 industriee reeds gefranchise Mende/son, 2005:6)

Omdat dit 'n buigsame besigheidsvorm is, is dit 'n goeie grondslag om 'n unieke distribusiekanaal vir die vleismark vorm. Sodoende kan die produk effektief vanaf produsent na verbruiker versprei word. Volgens Parker (2007:27) en Petzer (1999:56) het die franchisemodel egter verskeie vorme, naamllk:

Maatskappyeenheid

In hierdie geval is die franchisee ook die franchisor. Hierdie is dikwels die toedrag van sake waar dit byvoorbeeld die eerste tak is en daar nog marknavorsing gedoen moet word.

Sarnewerkingsooreenkorns Goint venture)

Dit is waar die franchisor nog 'n beherende aandeel in die franchisee se tak benut. Hierdie is ideaal waar hy meer beheer oor die tak wil uitoefen. Dit is ideaal vir 'n slaghuis.

(29)

Eenheidsfranchise

Oit is wanneer die franchisee die hele tak besit. Hy voldoen aan franchisevereistes en bly in besit van die voordele vol gens sy franchise­ ooreenkoms.

Omskakelingsfranchise

Oit is waar die franchisee 'n bestaande onderneming in dieselfde mark het en die franchisor dan daardie onderneming omskakel in 'n eenheid wat volgens die vereistes van die franchise handel dryf. Hierdie is ook 'n ideale vorm van franchising wanneer dit by 'n slaghuisfranchise kom.

Gedeeltelike franchise

Oit is wanneer die franchise 'n eenheid deel met 'n ander onderneming waar albei sinergie vorm.

Area-ontwikkeling

Oit is wanneer die franchisee die reg ontvang om die produk of diens in 'n sekere geografiese gebied ontwikkel.

Sfreeksmeesterfranchise

Oit is wanneer die franchise die regte bekom om die hele franchise uit te Ie en uit te brei in 'n bepaalde geografiese gebied deur 'n mengsel van maatskappy­ eenhede en sub-franchisees.

Meesterfranchise

Oit is wanneer 'n franchisor regte van die franchise aan 'n regspersoon of natuurlike persoon verkoop in 'n ander land en daardie entiteit wat die regte koop, die reg het om die franchise in die bepaalde land te ontwikkel soos ooreengekom.

Wanneer daar na 'n slaghuisfranchise in Suid-Afrika ondersoek ingestel word, sal die ideale vorme van franchise uitlegmaatskappy-eenhede en samewerkingsooreenkomste wees. Die rede hiervoor is omdat dit 'n spesialisonderneming is en daar veral in die aanvanklike uitleg van die franchise baie kontrole deur die franchisor toegepas moet word. Wanneer 'n franchise in die beginstadium is, is dit noodsaaklik dat elke franchisee

(30)

verstaan waar hy/sy in die franchisemodel staan en wat sy/haar rol in die totale franchise is. Indien die franchisor 'n beherende aandeel in die onderneming besit, kan dit hierdie proses vergemaklik en moontlike konflik vermy.

Indien die eerste eenhede maatskappy-eenhede is, met ander woorde, dat die franschisor ook die franchisee is van 'n bepaalde tak, dra hy/sy al die risiko, maar dan kan hy/sy verbeterings aanbring waar hy/sy dink daar vE?randerings nodig is aan die konsep. Wanneer hierdie veranderings aangebring moet word aan 'n eenheid wat in die besit van 'n franchisee is, kan hy/sy nie gewillig wees om die nodige kostes aan te gaan nie.

2.4 NADELE TEN OPSIGTE VAN FRANCHISING

Die negatiewe faktor vir die franchisor is dat dit dikwels 'n groot hoeveelheid geld verg om 'n franchise te stig. Die risiko bestaan dat hy/ sy'n verkeerde franchisee kan kry wat sy goeie onderneming en gerespekteerde handelsmerk nadelig beYnvloed.

Aan die franchisee se kant moet hy aanvaar dat hy altyd onder die reels en regulasies van die franchisor sal moet handel dryf en word hy dus in sy onafhanklikheid beperk. Dit verg dikwels van hom om ook 'n groot som geld in die koop van regte te investeer en in die meerderheid van gevalle moet hy voordurend ook tantieme betaal. Hy kan glad nie buigbaar wees in die bestuur van sy onderneming nie. Hy word ook onderhewig gestel aan die sukses sowel as die mislukking van die totale handelsmerk (FASA, 2003:45).

Daar is gewoonlik aansienlike mededinging en dikwels het die franchisee die verkeerde indruk ten opsigte van omset en wins. Die franchisor moet van die begin af eerlike en opreg wees met die franchisee ten opsigte van die verwagte winste (Zeithaml & Bitner, 1997:345-346).

(31)

Die franchisee is bare beperk ten opsigte van besluitneming en het baie min ruimte vir eie inisiatief. Die franchisee kan ook gedwing word om produkte en dienste van die franchisor te koop waar hy dit andersins moontlik by 'n ander plek baie goedkoper kon

kry. Die franchisee word dikwels ook beperk in die geval waar hy die franchise wil verkoop en moet die franchisor die verkoop goedkeur (Burns & Dewhurst, 1996:174­

175).

Deur die afgee van tantieme aan die franchisor gee die franchisee ook van sy direkte wins aan die franchisor, en vergeet die frachisee dikwels van die voordele wat hyl sy in ruil daarvoor kry.

2.5 VOORDELE TEN OPSIGTE VAN FRANCHISING

Volgens Erick Parker (2009), die senior vennoot by Franchising Plus, is die vernaamste voordele ten opsigte van franchising:

• Vinniger groei;

• Verskeie ge"integreerde bestuurstelsels; • Aanwending van kapitaal;

• Vergroot markuitbreiding;

• Groter bedingingsmag vir aankope;

• Hoer kwaliteit en meer stabiele bestuursvaardigheid; • Verbeterde klientediens;

• Optimale opbrengs op kapitaal. Dit is bewys dat deur te franchise 'n onderneming se winsgewendheid met ten minste 30% verhoog word;

• Beter aanwending van hulpbronne; • Beter kontrole oor diensleweringkriteria; • Beter kontrole oor diensleweringsvlakke; • Bevorder langtermynverhoudings;

(32)

• Beter kwaliteit mense wat almal dieselfde doel en toewyding teenoor dieselfde konsep handhaaf; en

• Plaas 'n grondslag vir operasionele standaarde en gee 'n baan om dit op te dateer.

Entrepreneurs het gewoonlik nie die genoegsame kapitaal om 0ul eie ondernemings tot stand te bring nie. Banke is gewoonlik meer buigbaar om lenings aanvaar wat in 'n franchiseraamwerk bestee word omdat daar 'n aansienliker laer risikoprofiel aan

\

verbonde is. Omvattende onderhandelings kan makliker deur franchisors gemaak word namens die franchise en franchisees as geheel. Hy kan aansielike finansiele voordeef vir die franchise as geheel verkry omdat hy op 'n baie groter skaal kan onderhandel (Gordon, 1996:27-28). Ten opsigte van die seleksie van 'n perseel, kan die franchisor van groot hulp wees. Hy kan help met die seleksie, die onderhandeling, die ontwerp en installering van die perseel om dit by die kenmerke van die franchise te laat inpas (Burns & Dewhurst, 1996:173-74). Die franchisor het reeds 'n groeiende mark met baie potensiaal ge'identifiseer en betrek die franchisee om hierdie gefeentheid aan te gryp. Deur te franchise bied dit die franchisee drie baie groot voordele, naamlik opleiding, finansiele bystand en bemarking en bestuurskennis. (Longenecker et al., 1994:114). Die franchisekonsep bied ook voordeel aan die franchisor deurdat dit hom die geleentheid bied om sy onderneming teen 'n bale vlnniger en effektiewe pas uit te brei deur van ander (die franchisee) se kapitaal gebruik te maak (Longenecker et al., 1994:129).

Die risiko word versprei tussen die franchisor en franchisee en aangesien albei partye in die handelsmerk geYnvesteer het, het albei die motivering om 'n sukses van die onderneming te maak. Daar is egter twee groot nadele vir die franchisor. Dit is dikwels moeilik om gepaste franchisees te kry (Terblanche, 1997:104). Die franchisor laat ook 'n vreemdeling toe om onder sy handelsmerk handel te dryf en dat die franchisee sy goeie naam op risiko plaas.

(33)

2.6 FRANCHISESUKSESFAKTORE

Daar is vier kernfaktore wat 'n rol in die sukses van 'n franchise naamlik (FASA, 2005:37-43):

• Opleiding

Dit is belangrik om nie net op effektiewe aanvangsopleiding fokus nie, maar ook op voortdurende hulp en bystandsopleiding.

• Voortdurende bystand

Hierdie aspek kan bevorder en verseker word deur velddienste en konsultante wat in diens van die franchise is.

• Sterk handelsmerk

Voortdurende en effektiewe bemarking sal verseker dat optimale groei van die handelsmerk bewerkstellig word; hierdie is die grootste· bate van die franchise en word aan die totale waarde van die franchise gekoppel.

• 'n Soliede besigheidsmodel

Daar is net een effektiewe maatstaf vir hierdie faktor en dit is die wins op investering; hoe hoer, hoe beter.

Visagie en De Villiers (1996:42-43) huldig die mening dat franchisehouers eers voorgeskrewe riglyne moet volg voordat hul die wereld van franchising betree. Rennick (1998:65) is van mening dat voornemende franchisee's 'n fral}chise moet oorweeg wat in ooreenstemming met hulle belangstelling is. Visagie en De Villiers (1996:43) vereis dat die ooreenkoms regverdig sal wees vir beide partye en dat doelwitbereiking duidelik omskryf moet word. Dit veronderstel volgens Visagie en De Villiers dat beide partye se verwagtinge vervat moet wees in die ooreenkoms. Die geheim tot sukses setel in die vermoe om die regte persoon met die regte besigheidskonsep en franchise te versoen (Anon., 1998:65). Ingeslote by hierdie passingsproses is wedersydse verwagtinge tussen die partye. Die nie-voldoening aan die wedersydse verwagtinge en voorgeskrewe riglyne tydens die betreding van die franchise wereld, sal die sukses van die franchisegroep bedreig (Visagie & De Villiers, 1996:42-43).

(34)

2.7 DIE MOONTLIKHEID OM 'N SLAGHUIS TE FRANCHISE

Volgens Erick Parker (2009) van Franchising Plus moet enige konsep of onderneming op 12 vrae antwoord om vas te stel of dit moontlik is om die spesifieke konsep te franchise, naamlik:

• Handel die onderneming in 'n groot en groeiende mark?

Die vraag in die mark moet genoegsaam wees om 'n franchise-netwerk te volhou, of meer as een franchise, aangesien daar in so 'n mark 'n groot moontlikheid vir mededinging heers. Soos daar in Hoofstuk 3 bespreek word, is die vleisindustrie 'n vinnig-groeiende mark. Die vleisindustrie beslaan 40% van die totale landbou­ produksie in Suid-Afrika (SAMIC, 2009c).

• Is die groei in die mark volhoubaar?

Die mark moet die potensiaal he om vir 'n lang termyn te groei, aangesien die franchise gewoonlik 'n langtermynkontrak aangegaan en die franchisor 'n soliede infrastruktuur moet bou om die franchise-netwerk te onderhou. Die vleisindustrie in Suid-Afrika dateer al van voor Jan van Riebeeck die halfwegstasie in die Kaap gestig het. Daar sal altyd 'n behoefte aan gehalte-vleisprodukte wees, wat maklik beskikbaar is teen die regte prys.

• Is bereikbare marges voldoende om die voorgestelde franchisekostes te regverdig?

Handelsmarges moet voldoende wees vir die franchisee om 'n voldoende wins op investering oor 'n billike tydperk te bereik; daar moet egter in berekening gehou word dat die winste ook voldoende moet wees om die franchisefooie te dek. Indien hierdie voordelige kenmerke nie teenwoordig is nie, is die onderneming nie geskik vir franchising nie. Die bruto wins wat deur 'n slaghuis gerealiseer word, is tussen 30% en 40%. Alhoewel dit nie so baie is soos wat daar in die wegneemete-industrie is nie, realiseer 'n slaghuis 'n baie hoek omset. Dit is dus

(35)

hierdie skrywer se opinie dat die bereikbare marges wei voldoende is om die voorgestelde franchisekoste te regverdig.

• Kan die produk 'n pryspremie regverdig?

Verbruikers moet bereid wees om 'n pryspremie te betaal vir die produk vir die toegevoegde waarde wat hulle nie andersins kan kry nie, byvoorbeeld vir bogemiddelde diens. Gewoonlik vaar franchises wat in prysoorloe vasgevang is, nie baie goed nie. In sulke voorbeelde is daar nie baie lojaliteit teenoor die produk nie en sal die franchise onder voortdurende druk heers. Franchisees sal

rworstel om kop bo water te hou, en vooruitgang en uitbreiding is dan moeilik bereikbaar.

• Het die franchisor voldoende kapitaal of toegang daartoe?

Aile franchisors benodig kapitaal om 'n toetskonsep te ontwikkel, die franchisepakket te ontwikkel, om die noodsaaklike infrastruktuur te bou en te finansier, en voortdurende franchise-ondersteuning te bewerkstellig.

• Is daar potensiaal om 'n sterk handelsmerk te vestig?

Die kriteria vir die bou van 'n handelsmerk sluit in om uniekheid en eiesoortigheid te bewerkstellig, en die bekwaamheid om 'n sterk verbruikerslojaliteit te kweek. 'n Goeie handelsmerk is maklik herkenbaar en uitspreekbaar sodat die verbruiker dit maklik kan onthou. Die rotssteen van 'n goeie handelsmerk is om die "nommer-een plek" in die verbruiker se brein in te neem en sodoende herhalende verkope te bewerkstellig. Soos blyk uit die empiriese studie is daar 'n behoefte in die mark onder verbruikers sowel as slaghuiseienaars vir 'n sterk kompeterende handelsmerk in die industrie.

• Kan die volhoubare vlak van intrede maklik nagemaak word?

'n Konsep wat maklik oorgeneem kan word, sal sukkel om die nodige kompeterende voordeel te verkry en sukses van die handelsmerk te verseker. Sekere kategoriee is weI van nature baie kompeterend; die intreevlak van die

(36)

produk se stremming kan verlaag word deur verbruikers ander voordele te bied wat geen ander handelsmerk kan bied nie.

• Sal die franchise-ontwikkelingskoste 'n geregverdigde opbrengs op belegging (ROI) tot gevolg he?

Die franchisor en die franchisee moet 'n redelike mate van wins op investering ontvang om die risiko en moeite wat hulle in die onderneming inploeg te regverdig. Die franchisor gaan sekere kostes sowel as 'n groot mate van investering op kapitaal ondergaan om sy ideale franchise-infrastruktuur te ontwikkel en te onderhou. Daarom moet die wins op investering al hierdie kenmerke regverdig. Indien dit nie al die insette regverdig nie, is dit dan beter vir die partye om ander ondernemingsvorme na te jaag. Om hierdie stelling te bewys, moet daar eers 'n ontwikkelingsplan met 'n volledige begroting opgestel word om vas te stel wat die aanvanklike investeringskoste is. As daar egter gekyk word na wat die waarde van die slaghuise is in die empiriese studie en die omset en wins wat hulle realiseer, kan daar met gemak gese word dat dit die wins op investering regverdig. Hierdie punt word egter meer volledig in Hoofstuk 5 bespreek.

• Is dit moontlik om 'n franchisekultuur in die maatskappy te vestig?

'n Franchlsekultuur kan geYdentifiseer word as oop en leergeorienteerd; dit moet ook buigbaar en ondersteunend wees. Wanneer 'n organisasie voor die keuse staan om te franchise of nie, moet dit bereid wees om 'n wen-wen scenario te volg. Dlt moet vir beide die franchisor sowel as die franchisee duidelik wees dat hulle interafhanklik van mekaar funksioneer. Daar kan wei 'n franchisekultuur in 'n slaghuismodel gevestig word. 'n Siaghuisonderneming beskik oor al die nodige elemente om hierdie kultuur te vestig en volhoubaar te bestuur.

• Is die konsep volhoubaar?

'n Professionele franchisor moet bereid wees om 'n langtermyn­ toewydingstrategie in die stryd te werp om sodoende 'n langtermynsukses van

(37)

die franchise in die oog he. Oit bepaal ook dat hy 'n langtermynvisie vir die toekoms moet he. Hy moet bereid wees om uitmuntende besigheidsetiek aan die dag te aangesien die franchisee hom toevertrou met hul totale investering. Soos reeds gestel, is hierdie industrie al jare lank in Suid-Afrika volhoubaar en groei dit nog sterk, en is daar geen rede hoekom 'n slaghuisfranchise nie volhoubaar kan wees nie, mits daar aandag gee word aan die verbruikerstendense en verbruikersbehoeftes.

• Is dit maklik am die vaardighede wat benodig word oar te dra?

Oar die algemeen het voornemende franchisee's net toegang tot 'n beperkte hoeveelheid fondse. Oie behoefte vir professionele kwalifikasies of lang opleidingsperiodes met geen inkomste wat gewoonlik gepaard gaan met die ontstaan van 'n nuwe franchise, kan voornemende franchisee's verhinder om die sogenaamde geleentheid aan te gryp. Om die vaardighede wat benodig word om vleis te bewerk oor te dra, is egter nie maklik nie omdat dit 'n spesialisgebied is. Oaar is reeds 'n tekort aan goed opgeleide vleisverwerkers; dit is egter moontlik om hierdie opleiding ook in franchiseverband te doen.

• Is daar gepaste sisteme en prosedures?

Franchising is die kuns van gekontroleerde publikasie. As daar nie gepaste sisteme van toepassing is nie, kan hierdie konsep nie suksesvol geYmplementeer word en/of gemoniteer word nie. Hierdie kenmerk gaan bepaal word deur die franchise self en moet dus in aanmerking geneem word wanneer die spesifieke franchise ontwerp word (FASA, 2005).

2.8 BEPERKINGS OP FRANCHISING VAN 'n SLAGHUIS

Wanneer dit kom by die beperkings van die franchise van 'n sfaghuis is daar een hulpbron wat al meer skaarser en skaarser word. Oit is die van opgeleide personeel in die ontbening en verwerking van vleis. Volgens South African Meat Industry Company

(38)

(SAMIC) is daar slegs twee opleidingsaanlegte in Suid-Afrika oor en weens die duur koste van opleiding is hierdie aanlegte nie lewensvatbaar nie (SAMIC, 2004). Die opgeleide personeel verdien ook nie 'n genoegsame verhoging in salaris om die koste van die opleiding te regverdig nie. Dit is

'n

vakmanskap wat stadig maar seker besig is om uit te sterf. Om hierdie opgeleide personeel in genoegsame hoeveelhede te bekom, kan dus

'n

boUelnek vorm in die uitbreiding van die franchise.

2.9 SAM EVATTING

In Hoofstuk 2 was dit belangrik om vas te stel of 'n slaghuis as ondernemingsvorm gefranchise kan word en binne die franchisemodel aanpasbaar is. Die hoofstuk bevat die omvang van franchising in Suid-Afrika, die definisie van franchising, die verskillende franchisemodelle, die verskillende vorme van franchising, die nadele ten opsigte van franchising, die voordele van franchising, die vernaamste franchisesuksesfaktore, die moontlikheid om

'n

slaghuis te franchise en die beperkings op franchising van 'n slaghuis.

Hoofstuk 3 fokus sterk op die rooivleisindustrie in Suid-Afrika. Dit bevat die geskiedenis en omvang van die rooivleisindustrie, die produksie- en verskaffingsnetwerk, die verbruik, die spandering, die kleinhandelsektor en lewensvatbaarheid van 'n onderneming wat n6G saamgelees moet word met die evaluasie van

'n

nuwe onderneming of geleentheid.

(39)

HOOFSTUK3

DIE SUID-AFRIKAANSE ROOIVLEISINDUSTRIE

3.1 GESKIEDENIS EN OMVANG

Rooivleis is die kollektiewe naam vir vleis afkomstig van beeste, skape en varke, en die gebruik daarvan dateer terug na 8000 v.C. Rooivleis is ook baie buigbaar en dit het baie gebruike (SAMIC, 2009b). Vleis is afkomstig van diere en bestaan hoofsaaklik uit spiere en vet. Die meeste vleis wat verbruik word, is van diere afkomstig wat spesifiek geteel word vir hierdie doe!. Oorspronklik was aile vleis afkomstig van wilde diere. Prehistoriese mense was hoofsaaklik jagters en opgaarders. Hulle het vrugte, neute en bessies opgegaar en wilde diere gejag. Later het hulle geleer om diere in strikke vang en hulle mak te maak om self aan te teel vir voedseldoeleindes. Diere was van so vroeg as 8000 v.C. in Europa aangehou vir verbruiksdoeleindes. Argeologiese bewyse toon aan dat vark al van so vroeg as 3400 v.C. in Egipte verbruik is, en in China van so vroeg as 2900 v.C. Die Bybel verwys ook na die "vetgemaakte kalf'. Om die wereld van vleis te voorsien het daar 'n groot aantaI industriee ontwikkel wat hulle toespits op die aanteeI en voer van beeste, skape en varke (SAMIC, 2009c).

Moderne lewendehawe is egter baie verskillend van die diere in die vorige eeue. Vandag se makgemaakte beeste is afkomstig van die wilde os, ook genaamd die oerwoud os. Hierdie was 'n reuse dier in Europa tot en met die Middeleeue. Oor die jare is kruisteling en inteling gebruik om 'n gewenste tipe bees te teel wat oor die ideale eienskappe beskik vir doeltreffende voedseldoeleindes (SAMIC, 2009c).

Die vleisindustrie in Suid-Afrika dateer terug na ongeveer die 15de eeu wanneer die Portugese koper en ander artikels aan die Hottentotte gegee het in ruil vir vars vleis wat hulle nodig gehad het vir hulle lang reis na Indie. Ongeveer'n halwe eeu later het die

(40)

Hollanders hul halfwegstasie in die Kaap van Goeie Hoop gevestig en het dit gedien as

'n

verversingstasie vir die Nederlandse-Oos-Indiese Kompanjie.

Een van Jan van Riebeeck se belangrikste take was om vars vleis te kry in die Kaap. Hy het eerstens met die Hottentotte handel gedryf om vir die burgers aanteelvee te kry en hulle meer in die binneland te vestig as boere. Vandag is die diereproduksie­ industrie die grootste landbouindustrie in Suid-Afrika en beslaan meer as 40% van die land se totale landbouproduksie. Die totale produksiewaarde van beeste, kleinvee en varke was R6 202 miljoen in 2001 terwyl dit in 2008 R120 miljard beloop. Hierdie syfer toon 'n aansienlike groei in die totale waarde van die diereproduksie wat teweeg gebring word deur hoer pryse en groter diereproduksie. In Suid-Afrika is die gemiddelde per capita verbruik van bees- en kalfsvleis 12.4kg/ jaar, die verbruik van skaap- en lamsvleis 3.6kgl jaar, en vark 3.2kg/ jaar (SAMIC, 2009c).

Die rooivleisindustrie in Suid-Afrika word gekarakteriseer deur tweeledigheid, veral in die produksiesektor, met kommersiele en ontwikkelingsvervaardigers. Die kommersiele rooivleisindustrie is uitmuntend effektief en die produkte word vergelyk met die bestes in die wereld. Suid-Afrika besit 1 % van die wereld se lewendehawe en produseer 1 % van die wereld se rooivleis.

Die rooivleisindustrie bestaan uit beeste, skape, varke, bokke en wild. Hierdie industrie beslaan 38.7% van die totale landbouproduksie in Suid-Afrika. 8eesgetalle het vanaf 1980 hoofsaaklik konstant gebly op 13.5 miljoen eenhede en daar word jaarliks ongeveer 2.1 miljoen geslag. 8eespryse het die afgelope jare bale konstant opbeweeg vanaf R8.49/kg (klas A 1) in 2000 en gedurende 2002 R11.88/kg (klas A 1) tot huidige pryse van R22.57/kg (klas A1) in 2009 (Nel, 2009:44). Uitvoere het ook geleidelik toegeneem. Met vleis wat 30% van aile voedselinflasie uitmaak, beteken hierdie styging ook dat hoe voedselinflasie ook gaan voortduur.

(41)

--- --- --- --- --- - - - - -- -- -- -- -- -- -- -- - -I

Tabel 3.1: Gemiddelde verkoopprys (R/kg) van varsvleissnitle per maand (2009)

Bees~ Kruisskyf Bees: Lend~skyf ~ Bees: Binneboud r - ' Bees: Borsstuk I---~ Bees: Dikrib ...

.

.' Lam: Boud Lam: Tjops -~ . Lam:Blad ... ... Lam: Lende (8eenloos) Vark:Tjops Vark:Boud Vark: Blad '. HoencJer: Heel' r-~ Hoender: 5tukke ~~.~-~ Bran: SAMIC (2009d) r~~ JAN 71.76 ~-~ 69.95 50.85 40.73 42.23 65.56 76.06 68.93 .Ii 85.18 Ii 49.90 ~-~ 35.57 38.28 26.59 35.44 ~-FEB 71.66 67.64 51.51 40.43 41.92 65.69 72.12 ~-~ 64.20 83.48 49.84 ~-~ 35.47 36.66 26.16 ~-~ 32.62 ~-MAR 71.01 68.42 51.10 40.22 41.93 ~-~ 64.67 72.18 ~-~ 63.84 81.32 48.97 ~-~ 34.67 36.98 25.24 31.46 APR 70.10 68.31 ~-~ i--~ 51.40 40.54 42.11 64.03 70.68 63.15 84.89 48.79 34.26 36.55 26.45 31.33 MEl 71.89 68.17 51.11 40.33 42.12 64.68 70.31 62.79 - ~--86.88 48.63 34.75 ~-36.79 26.58 32.17 JUNIE 72.73 ~-~ 69.34 51.68 40.24 42.92 ~-64.17 70.76 64.67 ~-~~ 82.40 48.93 34.50 ~-~ 37.11 26.86 33.51 '. JULIE AUG ~_ " ___ M 72.85 70.30 70.20 70.01 ~~ 52.28 52.26 ~~~~~ ~~~ ~~ 40.66 41.24 ~-43.35 43.41 I ~-67.73 69.96

j

73.62 76.45 I 65.22 66.75 83.99 87.80 -49.76 .~-35.97 35.75 ~~~~~ -37.68 37.63 ~~~~.~-~-26.72 26.35 ~--35.45 34.73

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

[r]

Samen gaan we in geloof op weg, één plus één zijn er al twee.. Zie, zoals de herders in die nacht, God, geboren in

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

wei as die verandering daarvan 1 begryp moet word in terme van die funksies wat hul le vervul en dat1 namate die motiverende prosesse verski I, die tegnieke

Wanneer Petrus homself aan die lesers bekendstel as slaaf van Jesus Christus, bring hy daarmee 'n besondere aspek van sy verhouding tot Jesus Christus na vore:

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

Faktore soos die ontdekking van goud en die Transvaalse Oorlog (Eerste Vryheidsoorlog) het nie net tot die stigting van Krugersdorp bygedra nie, maar dit het ook

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons