• No results found

MODULE 5

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "MODULE 5"

Copied!
18
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

MODULE 5

(2)

INLEIDING INLEIDING

Die proses van Kreatiewe Denke Probleemoplossing is reeds in Module 3 uiteengesit.

In Module 3 het jy geleer dat Stap D die proses is

waartydens die moontlike kreatiewe oplossings of idees wat jy vir die probleem uitgedink het geëvalueer word,

sodat jy die beste oplossing kan kies (konvergente denke) en dit sodoende kan implementeer (in die praktyk kan

toepas).

Baie mense droom graag en kan allerhande slim planne

uitdink. Onthou egter dat 'n idee eers werklik as kreatief

beskou kan word indien dit prakties toegepas word en van

waarde is.

(3)
(4)

Die doelwit van Module 5 is om jou

vermoë om konvergent te dink te

ontwikkel.

(5)

DIE REËLS VAN KONVERGENTE DENKE, OF DIE REËLS VAN KONVERGENTE DENKE, OF

HOE OM KEUSES UIT TE OEFEN:

HOE OM KEUSES UIT TE OEFEN:

Beoordeel bevestigend:

Kies idees wat die geskikste vir die gegewe taak of vir die

oplossing van die probleem is.

Die wyse waarop jy besluite

neem, fokus op die bruikbaarheid van die oplossing of die

interessantheid en toepaslikheid van die idee. Dit fokus nie op die redes waarom sekere idees nie sal werk nie. Fokus op dit wat jy wil hê, nie op dit wat jy nié wil hê nie. Kritiek en negatiewe

beoordeling is 'n vermorsing van tyd en energie.

Wees

doelbewus:

Dink oor die taak op hande, maak spesifieke keuses oor dit wat bruikbaar sal wees, en gaan

voort. Dit is nou die geleentheid

om te bepaal watter idees gepas

is.

(6)

Oorweeg

ongewoonheid:

Oorweeg idees wat nuut en anders is. Innovasie

impliseer nuutheid, varsheid en oorspronklikheid. Beweeg buite jou gemaksone!

Toets aan die hand van jou doelwitte:

Onthou jou oorspronklike wegspringplek. Jy het dalk van rigting verander. Dit kan dalk beter wees, maar dalk ook nie. Maak seker dat jy nog op die regte pad is.

DIE REËLS VAN KONVERGENTE DENKE, OF DIE REËLS VAN KONVERGENTE DENKE, OF

HOE OM KEUSES UIT TE OEFEN:

HOE OM KEUSES UIT TE OEFEN:

(7)

Hou die eienaar van die

probleem in gedagte:

Hou in gedagte wie die meeste deur die situasie

geraak word en ook wie aksie gaan neem om die oplossing te implementeer. Wees

konsidererend teenoor die mense wat jou inisiatief in die praktyk moet uitvoer.

DIE REËLS VAN KONVERGENTE DENKE, OF DIE REËLS VAN KONVERGENTE DENKE, OF

HOE OM KEUSES UIT TE OEFEN:

HOE OM KEUSES UIT TE OEFEN:

(8)

WERKSWYSE

Daar bestaan ook baie tegnieke om konvergent te dink, dit wil sê om op 'n spesifieke kreatiewe oplossing vir jou probleem te besluit. Die volgende drie tegnieke om divergente denke te ontwikkel, is vir jou uitgekies. Jy kan nou in jou eie volgorde die tegnieke deurwerk. Die wyse waarop die tegnieke van konvergente denke aan jou geïllustreer sal word, vereis die volgende:

Hou jou kreatiewe denke werkboek en skryfgoed byderhand om aantekeninge te maak.

Kies nou een van die probleme waaraan jy in een van die vorige modules gewerk het en waarvoor jy reeds verskeie kreatiewe oplossings of idees uitgedink het.

Die voorbeeld waarmee elke tegniek telkens vir jou geïllustreer sal word is dieselfde voorbeeld as wat in Modules 3 en 4 gebruik is, naamlik: Die tieners van Saaifontein is verveeld, omdat geen vermaak vir hulle beskikbaar is nie.

Jy wil iets aan die saak doen en die probleem op kreatiewe wyse oplos!

(9)

Jy gaan dus nou elke

tegniek inoefen deur jou eie probleem aan die hand van die spesifieke tegniek waarmee jy besig is en

met behulp van kreatiewe denke te probeer oplos.

Maak soveel aantekeninge in jou kreatiewe denke

werkboek as wat nodig is.

(10)

Probleemoplossingsmatriks (Rooster)

‘n Kort lys van kriteria moet opgestel word om te bepaal of die oplossing(s) vir die probleem suksesvol is, byvoorbeeld:

 Die vermaaklikheidsentrum wat vir die tieners in Saaifontein geskep is, moet koste-effektief wees.

 Die tieners moet die vermaak, wat verskaf word, geniet.

 ‘n Verskeidenheid van vermaak moet aangebied word.

Die kriteria moet in positiewe terme gestel word om besluitneming te vergemaklik, byvoorbeeld “koste-effektief” in plaas van “duur”. Elke

oplossing word, met behulp van ‘n matriks (rooster), ‘n punt van een tot vyf

(11)

Probleemoplossingsmatriks

VOORBEELD

Oplossing Tieners geniet

Verskeidenhei d

Koste- Effektief

Totaal Slegs

sokkies 4 1 4 9

Sokkies en films

vertoon

5 5 5 15

Ander

groepe ook toegelaat (Byvoor- beeld modelbou- klub)

5 5 4 14

Dit lyk dus of die beste oplossings in volgorde van belangrikheid soos volg is:

(1) om sokkies te hou en films te vertoon; (2) om ander klubs toe te laat; (3) om slegs sokkies te hou.

Neem nou jou probleem wat jy uit jou kreatiewe denke werkboek gekies het,

asook die ongeveer vyf tot tien moontlike oplossings wat jy reeds daarvoor

uitgedink het. Maak nou ‘n lys van ongeveer vyf kriteria waarvolgens die

(12)

Getallematriks (Rooster) VOORBEELD

Maak in jou kreatiewe denke werkboek ‘n lys van die moontlike oplossings wat jy vir jou probleem uitgedink het, byvoorbeeld tien moontlike aktiwiteite wat jy graag by Saaifontein se vermaaklikheidsentrum wil aanbied. Plaas dit in volgorde van belangrikheid, volgens dit wat jy dink die verskillende mate van belangstelling is wat tieners daarin sal toon.

Maak nou ‘n lys van die aktiwiteite en nommer dit:

Item 1 Sokkies Item 6 Seminare

(13)

Getallerooster … stap 2

Gebruik nou die getallerooster wat aan jou voorsien is deur elke item te neem en dit met ‘n ander item te groepeer. Jy kan ook jou eie getallematriks bou vir soveel as moontlik items waarvoor jy dit benodig. Begin deur die getal 1 onder Kolom A te skryf, dan getal 2 onder Kolom B in die tweede ry van bo, en getal 3 in die derde ry van bo onder kolom C, en so meer/ensovoorts. Daarna skryf jy onder Kolom A van bo na onder langs elke getal 1 die getalle 2, dan 3 dan 4, en so meer/ensovoorts. Onder Kolom B van bo na onder skryf jy langs elke getal 2 die getalle 3, dan 4, 5, en so

meer/ensovoorts. Volg hierdie metode totdat die matriks voltooi is.

Jy kan na die voorbeeld hieronder kyk om seker te maak hoe dit gedoen moet word:

A B C D E F G H I

12

13 23

14 24 34

15 25 35 45

16 26 36 46 56

(14)

Getallerooster … stap 3

Gaan nou na Kolom A en oorweeg elke itempaar op sy eie. Die eerste paar is 1 en 2. Vra jouself nou: Indien ek slegs een van hierdie twee aktiwiteite kan kies, watter een sal dit wees? Die eerste keuse is tussen sokkies en films. Trek nou ‘n sirkel om die itemnommer wat jy kies. Indien jy

byvoorbeeld sokkies bo films verkies, moet jy nommer 1 omsirkel. Doen dieselfde met elke opeenvolgende paar in Kolom A, B, en so meer. Skryf nou in jou kreatiewe denke werkboek langs elke item die totale aantal sirkels wat elkeen ontvang het neer, byvoorbeeld:

Item 1: 5 sirkels

Item 2: 7 sirkels, en so meer.

Maak nou ‘n lys van die items. Begin by die item wat die meeste sirkels ontvang het en skryf al die items neer tot by die item wat die minste sirkels ontvang het, byvoorbeeld:

Item 6: Seminare Item 4: Kaartspel

Item 10: Vlugbal, en so meer.

(15)

Weegskaal

Kies nou weer uit jou kreatiewe denke werkboek ‘n probleem wat jy wil oplos. Die voorbeeld van die probleem dat die

tieners van Saaifontein as gevolg van ‘n tekort aan vermaak verveeld is, sal weer gebruik word.

Beskryf nou in jou kreatiewe denke werkboek ‘n lys van drie

moontlike maniere waarop jy dit sou kon doen, byvoorbeeld

om ‘n vermaaklikheidsentrum te begin waar jy sokkies aanbied,

films vertoon en stokperdjieklubs aanbied. Laat genoeg ruimte

onder elke moontlike oplossing sodat jy by elkeen ongeveer

drie moontlike voordele en drie moontlike nadele van die

oplossing kan neerskryf. Skryf langs elke voordeel ‘n getal

neer van +1 tot +5, waar +1 die minste tel (minste positief) en

+5 die meeste tel (mees positiewe). Dit sal jou help om die

gewig wat elke voordeel volgens jou dra, te bepaal. Skryf nou

(16)

VOORBEELD

Jy kan byvoorbeeld besluit dat die voordeel om sokkies te hou, ‘n geleentheid vir tieners skep om nuwe vriende te

maak, en dit dan ‘n punt van +5 gee. Die nadeel van hierdie oplossing is dat dit baie geld kan kos om ‘n ordentlike

musiekverskaffer te kry, wat ‘n punt van -2 behaal, en so meer. Die gewig wat elke oplossing se voordele en nadele dra word bepaal deur die totaal van elke oplossing se

voordele en nadele onderaan te skryf. Die moontlike oplossings word nou in volgorde van belangrikheid neergeskryf volgens die totale punt wat elke oplossing behaal het. Jy kan op hierdie manier besluit watter

oplossing, volgens die mees positiewe totaal, waarskynlik

Weegskaal

(17)

Die komende week kan jy in jou kreatiewe denke werkboek ongeveer vyf tot tien maniere

neerskryf waarvolgens jy praktiese

aanpassings in jou leefstyl en in jou houding

gaan maak om jou kreatiewe denke te verhoog.

(18)

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Omdat er mest en urine in de groeven achterblijft, neemt de ammoniakemissie van deze vloer toe ten opzichte van een dichte vloer met een helling van 3 % (= Groen-Labelvloer)..

De gehalten organische contaminanten op vetbasis zijn in blankvoorn vaak hoger dan die van aal, maar door de grote verschillen in vetgehalten zijn de gehalten organische

Op basis van deze hypothese kan worden geconcludeerd dat door het instellen van het aanlijngebod Meijendel minder als gebied voor het uitlaten van honden wordt gebruikt, omdat

Het monitorprogramma ten behoeve van de Nederlandse sportvisserij omvat de volgende locaties: Aarkanaal (Ter Aar), Haringvliet-oost en -west, Hollands Diep, IJssel (Deventer),

The (potentially modified) generic non-managerial performance structural model developed by Myburgh (2013) consequently needs to be reduced by proposing and testing a

Ons skryf Lees jou storie deur en maak ’n lys van al die werkwoorde wat jy gebruik het. Omkring die werkwoorde in die

Wat Nieuwe Wegen betreft kan het niet zo zijn dat dieren een langzame hongerdood sterven, omdat er niet meer bijgevoerd zou moeten worden. Dit soort schrijnende situaties,

Publisher’s PDF, also known as Version of Record (includes final page, issue and volume numbers) Please check the document version of this publication:.. • A submitted manuscript is