• No results found

onaanloklik Maak jou grond

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "onaanloklik Maak jou grond"

Copied!
4
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Maak jou grond

o n a a n l o k l i k

ʼn Handleiding om jou eiendomsreg deur middel

van diversifikasie te beskerm

(2)

Hierdie handleiding bied opsies vir die oorweging om jou saaklike regte in verband met landbougrond te diversifiseer en sodoende

jou eiendom teen moontlike staatsonteiening te beskerm.

AfriSake moedig alle landbougrondeienaars steeds aan om persoonlike advies aangaande die voorstelle in te win, omdat meriete van saak tot saak verskil; dit behels dat jy jou finansiële adviseur en/

of prokureur nader.

Die diversifisering van saaklike regte moet altyd en in alle opsigte goeie besigheidsin maak en ’n persoon sal altyd goeie redes moet kan verskaf, indien moontlik, waarom spesifieke stappe aangaande diversifisering geneem en/of geïmplementeer is vir toekomstige navrae. Die kans staan egter steeds dat

die regering die bestaande wetgewing en/of die Grondwet kan wysig. Indien dit wel gebeur, sal al die onderstaande regte ook in gedrang geplaas word en moontlik geen beskerming bied nie.

(3)

Registreer ’n inter vivos-trust. ’n Trust skep ’n regsentiteit en persoonlike aanspreeklikheid word beperk. Die bank sal meer geneig wees om ’n lening aan ’n sterk trust met bates en kapitaal te verskaf, indien dit finansieel volhoubaar is en belastingimplikasies in ag neem. Maak seker jy wys begunstigdes aan wat weer op hul beurt ’n vruggebruik oor die grond kan skep en die opbrengste aan een van jou besighede (soos hier onder uiteengesit) sal lewer.

Stig ’n maatskappy met meerdere direkteure en/of beleggers. Dit kan die moontlikheid skep om plafonne vry te spring. Kry moontlike beleggers vir spesifieke gewasse of boerderymetodes indien jy jou grond vir verskillende opbrengste gebruik, soos byvoorbeeld koring, mielies, ens. wat moontlik op verskillende dele van jou grond geplant word. Sodoende sal jy ’n maatskappy hê vir elke deel, byvoorbeeld Mielies (Edms.) Bpk., Koring (Edms.) Bpk. en Aartappels (Edms.) Bpk. Maak seker die titel- aktes vestig in die betrokke besighede. Besighede kan ook binne ’n trust funksioneer. Onthou ook dat die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond ook altyd van toepassing sal wees.

Kyk na die moontlike opsies om persoonlike en/of openbare servitute oor jou eiendom te registreer. (Persoonlik: usufructus, habitatio / Openbaar: watergebruik, paaie, Eskom, ens.) Maak seker jy het ’n regsgeldige testament en kyk na die moontlikheid van die registrasie van ’n fidei commissum. Dit sal kan help omrede daar ten minste ’n sterk regsgeding vir vergoeding uitgemaak kan word. Dit is indien daar nie ’n grondeis in die gewone sin van die woord ingedien word nie, maar ’n

plafononteiening deur die nuwe wetsontwerp oor die landbougrond.

Registreer verbande oor die eiendom wat steeds finansieel volhoubaar is en gebruik geld om die kapitale mark te betree, hetsy internasionaal, wat meer voordelig is, en/of plaaslik.

Nader banke, soos byvoorbeeld die Landbank, gewone banke en/of koöperasies vir verbande en/of lenings wat oor jou grond geregistreer kan word. Op dié manier word jou risiko met die bank gedeel.

Indien eiendom onteien word, het die banke as groot rolspelers ook ’n belang daarby en dit help dat jy minstens nie alleen staan nie. Onthou dat die rente wat deur banke gehef word, jou baie in die proses kan kos en daarom moet goeie finansiële advies hieroor ingewin word.

Gaan ’n ooreenkoms aan met een van die besighede en/of alternatiewe besighede waarvan jy nie ’n direkteur, lid en/of aandeelhouer is nie om dele van die grond te huur en dit aktief te gebruik om vergoeding aan jou besigheid te betaal. Die beginsel van

“huur gaat voor koop” geld dus hier. Maak egter seker só ’n kontrak bevat ’n arbiterklousule vir die oplossing van geskilbeslegting. Só ’n kontrak kan met plaaslike en/of internasionale besighede aangegaan word en maak seker daar is ’n tydperk van meer as 10 jaar daaraan gekoppel.

Indien daar ’n vruggebruik geregistreer is en die vruggebruiker maak daarvan gebruik, laat die opbrengste aan die besighede gelewer word en indien die vruggebruiker in die plaashuis woon, laat hom ook ’n huurooreenkoms met ’n derde en/of alternatiewe persoon aangaan om ook daar te huur. Die vruggebruiker kan dan ook

’n lening oor die eiendom aangaan omdat daar ’n vruggebruik oor die eiendom geregistreer is.

Maak seker dat jou eiendom korrek gesoneer is en só op die plaaslike en/of provinsiale munisipale waardasierol aangedui word.

Moontlike opsies om te oorweeg:

01 02

03 04

05

06

07

08

(4)

Bepalings en Voorwaardes

Elke natuurlike en/of regspersoon (hierna verwys as “die persoon”) wat hierdie handleiding en/of voorstelle gebruik, doen dit op hul eie risiko. AfriSake, sy personeel

en enige ander verwante instansie bied hierdie handleiding aan as ’n bydrae tot die debat. Persone wat op die gedagtes wat hierin geopper word wil handel, moet dit steeds doen aan die hand van onafhanklike finansiële, regs- en beleggingsadvies.

Die kostes verbonde aan enige advies en/of aksies wat geneem word sal vir die persoon se eie rekening wees en AfriSake en/of sy personeel sal nie aanspreeklik

gehou word vir enige kostes wat aangegaan word nie.

Die regs- en algemene advies wat hierin verskaf word, is vir die uitsluitlike doel om die verskillende opsies om saaklike regte te diversifiseer, bekend te stel. Enige

uitvoering en/of implementering van enige metode, model en/of middel om die persoon se saaklike regte te diversifiseer, moet ooreenkomstig die betrokke wet wat dit reguleer geskied en behoorlik in ’n betrokke aktekantoor geregistreer word,

indien nodig. Die diversifisering van saaklike regte moet altyd en in alle opsigte goeie besigheidsin maak en ’n persoon sal altyd goeie redes moet kan verskaf, indien moontlik, waarom spesifieke stappe aangaande diversifisering geneem en/of

geïmplementeer was, indien daar in die toekoms vrae daaroor gevra word.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

omgewing en word in alle kleure en groottes veral op die suidelike hange waar proteas groei, en naby waterstroompies en -poele aangetref, waar hulle ’n wye

De minimale grootte hangt af van het lettertype dat je gebruikt, maar houd als vuistregel aan dat een lettertype met een grootte van minder dan 11 punten meestal niet goed leesbaar

komt nu, o komt nu naar Bethlehem ! Ziet nu de vorst der eng’len hier geboren. Komt, laten wij aanbidden, komt, laten wij aanbidden, komt, laten wij aanbidden die Koning. 3) Het

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

Policy recommendations to mitigate the physician shortage emphasize on increasing enrolment at medical schools, improving the distribution of physicians in urban and rural areas

Die rugpyn word al hoe erger en toe hy uiteindelik by sy dokter uitkom, word daar besluit dat hy vir verdere toetse moet gaan.. Sy dokter noem vir hom die moontlikheid van kanker

Vzw Leuven 2030 streeft naar een klimaatneutrale toekomst voor Leuven.. Onze vzw werd opgericht door 60 stichtende leden, waaronder stad Leuven, KU Leuven, Voka – Kamer van

Op korte termijn is de noodzakelijke capaciteit voor een dergelijke omvangrijke operatie niet voor handen, maar dat laat onverlet dat niet alvast aan kleinere onderdelen kan