• No results found

Hoofstuk Vier

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Hoofstuk Vier"

Copied!
36
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK VIER

Die EAV(S.A.) as vername rolspeler in die

elektrisiteitsbedryf, 1956 - 1977

Hoofstuk Vier

Vir die EAV(S.A.) het die jaar 1956 nuwe uitdagings gestel. Om onafhanklik van die jarelange moedermaatskappy - die MBA - te funksioneer, was 'n vreemdheid waaraan gewoond geraak moes word. In hierdie Hoofstuk val die kollig op nasionale ledetoename, dienslewering en die EAV(S.A.) se algemene bydrae tot die professionalisering van die elektrisiteitsbedryf van Suid-Afrika vanaf 1956 tot 1977. 'n Deaffiliasie van BIFSA blyk die vernaamste, en in vele opsigte ook die mees kontroversiele gebeurtenis, te wees in die historiese ontwikkeling van die EAV(S.A.) as beroepsvereniging vir elektrotegniese aannemers.

4.1

'n Vergroting van ledebelange as onafhanklike

beroepsvereniging

Met ingang 1956 het ses takke landwyd onder die EAV(S.A.)-vaandel gefunksioneer. Dit is naamlik die takke in die munisipale distrikte van Kaapstad, Port Elizabeth, Pretoria, Witwatersrand, Bloemfontein en Oos-Londen. Kennelik was die behoefte van die EAV(S.A.) om ook in die Natalse distrikte [tans die KwaZulu Natal Provinsie] ledebelange te versterk. Reeds gedurende 1952 is pogings deur die EAV(S.A.) aangewend om hierdie ideaal te verwesenlik. Dit was egter onsuksesvol as gevolg van die finansiele las wat dubbele lidmaatskap aan die EAV(S.A.) en die NFBTE vir lede meegebring het.1 Verder was die belangstelling onder

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 26 May 1952, pp.9-10; minute, 27 October 1952, p.4.

(2)

elektrotegniese aannemers in Natal nie bevredigend nie2 - waarskynlik omdat hulle

onder die beheer van die elektriese ingenieursbedryf was (Kyk afdeling 3.1 van Hoofstuk Drie).

4.2

'n Stryd om takstigting in Natal

Natal Coastal en Natal Midlands

Gedurende 1957 het die vermelde pogings om elektrotegniese aannemers in Natal vir die boubedryf te wert en die EAV(S.A.) op nasionale grondslag uit te bou, momentum gekry. Dit was die jaar dat die Electrical Engineering and Allied

Industries Association (EEAIA), 'n vereniging soortgelyk aan die EAV(S.A.), by die

IR aansoek gedoen het om registrasie ter uitbreiding van sy invloedsfeer rakende elektriese bedrading.3

Die voorgenome registrasie sou meebring dat die ingenieursbedryf (waarby die elektrotegniese aannemers in Natal ingesluit was) sy magsbasis in Natal teenoor die boubedryf sou vergroot. Hierdie situasie was nie tot voordeel van die MBA waarby die EAV(S.A.) geaffilieer was nie. Om die posisie te verbeter het die NFBTE namens die MBA-tak in Durban die registrasie van die EEAIA se invloedsfeer teegestaan.4 Ten spyte van die feit dat dit onsuksesvol was en hulle geregistreer is, het die afloop vir die EAV(S.A.) tog ook deure geopen om elektrotegniese aannemers in Natal vir die boubedryf te wert en s6 die Vereniging se nasionale magsbasis verder te bevorder.

2

3

4

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 October 1952, p. 4.

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 Oktober 1957,

p. 6.

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 5 May 1958, pp.10-11.

(3)

Graflek 3 380 360 340 320 300 280 260 240 220

.!

200 Q)

"2

180 ...J 160 140 120 100 80 60 40 20 0 1961 1964

Totale aantal EAV (SA)-Iede van die Natal

Coastal-tak

vir die tydperk 1961 -

2000

1967 1972 1975 1977 1987 1992 1994 1995 Jaar

Bron: ECA (SA), Minutes 1961 -2000, ECA (SA) Head Office, Edenglen, Germiston.

1997 2000 Hoofstuk Vier

(4)

EAV(S.A.)-Iidmaatskapsbrosjures is aan die elektrotegniese aannemers in die Natalgebied gestuur', onderwyl die EAV(S.A.) voortgegaan het om onderhandelings met belanghebbende partye te voer oor hoe om die problematiek van dubbele

lidmaatskap te hanteer. 6 Hierdie samesprekings het vrugte afgewerp en op 19 Julie

1960 is die Durban-tak (Kyk Grafiek 3) van die EAV(S.A.) gestig7 met mnr. R.C.

Throssell as eerste voorsitter.8 Die Durban-tak het vanaf Junie 1994 bekend

gestaan as Natal Coastal-tak.9

'n Jaar na stigting het die Durban-tak reeds 'n ledetal van 35 gehad - 12% van die

totale EAV(S.A.)-Iedetal in daardie stadium. Vir die tydperk tot 1977 is hul ledetal

verdriedubbel. Dit wil dus voorkom asof die EEAIA se amptelike werksaamhede in die Natal-provinsie eerder vir die EAV(S.A.) as 'n aansporing gedien het om aansoek by die IR te doen om die toe bestaande grense waarbinne hulle lede by die Vereniging kon registreer, te vergroot.

'n Vergroting ten opsigte van 'n reg tot registrasie van die hele Natalgebied is reeds in Desember 1960 deur die EAV(S.A.) van die IR versoek. Nadat die aansoek gepubliseer is, het organisasies wat beswaar wou maak teen die voorgenome

registrasie, 'n maand tyd gehad om hulle besware te opper. Twee organisasies, die

EEAIA en die Radio, Refrigeration and Electrical Appliances Association (RREAA)

het die aansoek geopponeer.10

5

6

7

8

9

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 September 1958, p. 8; 25 February 1959, p. 3.

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 21 September 1959, p. 6; General secretary's report on the agenda for the meeting of the National Executive Committee, report, 21 September 1959, p. 5.

ECA(S.A.), General secretary's report on the agenda for the meeting of the National Executive Committee, Annexure "H", 29 October 1961, pp.1-2.

ECA(S.A.), General secretary's report on the agenda for the meeting of the national Executive Committee, 24 August 1960, pp. 5-6.

EVA (S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 6 June 1964, pp. 5-6.

10 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 17 September

1962, p. 4.

(5)

Hoofstuk Vier

EAV(S.A.)-takke soos teen 1977

(6)

Volgens die beswaarmakende organisasies het die EAV(S.A.) se aansoek 'n oorvleueling getoon met hulle invloedsfeer ten opsigte van elektriese bedrading, installering en herstel van elektriese toebehore. Daarby kom nog die ontevredenheid

dat die EAV(S.A.) se aansoek Natal in die geheel ingesluit het, terwyl die Vereniging

toe nog net lede in die rriunisipale distrikte van Durban en Pinetown gehad het.

Daarop is veranderinge in Januarie 1961 aan die bewoording van die EAV(S.A.) se

aansoek aangebring om die RREAA en EEAIA tevrede te stel. Die EAV(S.A.) se

registrasieaansoek is kort hierna toegestaan.11

Belangstelling om by die EAV(S.A.) aan te sluit het sodanig toegeneem dat

elektrotegniese aannemers in die Pietermartizburg-omgewing op 5 Maart 1964 by

die EAV(S.A.) aansoek gedoen het om takstigting. Besluitneming hieroor was egter

nie eenvoudig nie, aangesien etlike rolspelers in die industriele sektor in ag geneem moes word. In Junie 1964 het van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK)-Iede

van die EAV(S.A.) en sommige lede van die Durban-tak (Natal Coasta~ hulle

bedenkinge oor moontlike takstigting te Pietermartizburg geopper. Moontlike destabilisering van arbeidsverhoudings in die gebied was 'n faktor wat klaarblyklik in

ag geneem moes word, aangesien die bestaande industriele ooreenkomste

aangepas sou moes word by die nuwe omstandighede.

Die meerderheid NUK-Iede was egter ten gunste van die stigting van 'n tweede EAV(S.A.)-tak in Natal, en die versoek is toegestaan en met die nodige

administratiewe reelings ingestel.12 Op die stigtingsvergadering in Junie 1964 is

mnr. E.V. Burton as eerste voorsitter van die tak verkies. Verder is die tak die Natai-Midlands-tak genoem.13

11

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 20 February 1961, pp.B-9.

12

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Execlutive Committee, minute, 6 June 1964, pp.5-6.

13

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Execlutive committee, minute, 24 October 1964, p.1.

(7)

75 70 65 60 55 50 45

ii40

-;

'C Cl) 35 ..J 30 25 20 15 10 5 0 1964 1967

Totale

aantal

EAV

(SA)-Iede

van

die

Natai-Midlands-tak

vir

die

tydperk

1964

-2000

1972 1975 1977 1987 1992 1994 1995 1997 Jaar Bron : ECA (SA), Minutes 1964-2000 , ECA (SA) Head Office, Edenglen, Germiston. 2000 Hoofstuk Vier

(8)

Die Natal Midlands-tak (Kyk Grafiek 4) het in 1964 begin met 14 lede en teen 1977 al byna verdriedubbel.

Die KwaZulu Electrical Association (KZEA)

As voormalige tuisland 14 was KwaZulu, tans KwaZulu Natal (Kyk kaart 3),

aangrensend aan die Natalprovinsie, ook teen 1977 begerig om by die EAV(S.A.) in

te skakel. Op 19 September 1977 is die KwaZulu Electrical Association(KZEA)

gestig met mnr. J.W. Ngcobo as die eerste voorsitter.15 Op die oog at kom dit voor

asof die besluit net 'n kwessie van formaliteit was, maar inderdaad was dit - binne

die raamwerk van SuidAfrika se gereserveerde politieke strukture van die tyd

-eintlik 'n "buitengewone" besluit wat die NUK moes neem. Ekonomiese oorwegings

het geseevier.16

Gedurende 1978 is vier KZEA-takke gevestig, naamlik in Madaeni, Pietersburg,

Zakheni en Empangeni. 'n Grondwet vir die KZEA as afsonderlike professionele

veremgrng is ook gedurende 1978 opgestel. Die KZEA het die

opleidingsgeleenthede wat die EAV(S.A.) in daardie stadium aangebied het, ook ten

volle benut om te verseker dat vakmanne in hul omgewing behoorlik opgelei word.17

4.2.1 Die EA V(S.A.) {S.A) in die Laeveld

• Rustenburgtak

Alhoewel minstens elke provinsie teen 1961 EAV(S.A.)-takke gehad het, was daar

'n behoefte aan grater verteenwoordiging in sekere gebiede. In die Transvaalse

14 Vergelyk W. Beinart, Twentieth-century South Africa, pp.207-208. 15 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 14 October 1977, p. 17. 16 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 14 October 1977, p.17.

17 ECA(S.A.), Minutes of a meeting between Natal-branch and Kwa-Zulu Electrician's Association, minute, 20 November 1978, pp. 1-10.

(9)

Graftek5 9

I

8 7

I

6 6

a;

5 '&) "C Cl) _,J 4 3 2 0 1967 Totale aantal EA V (SA)-Iede van die Rustenburg-tak vir die tydperk 1967-1971 8

.

,

.I

6 6 1968 1969 1970 1971 B ron: E CA (SA), M in u tes 1 967-1 971, E CA (SA) Head Office . Edeng l en. Germiston . Grafiek 6 J aa r Totale aan t al EAV (SA) -Iede van die Brits -tak vir die tydperk 1970 -197 1 6 1 9 70 1971 Hoofstuk Vier

(10)

Laeveld byvoorbeeld was 'n klein MBA-tak in Rustenburg gevestig waarby

elektrotegniese aannemers van die omgewing ingeskakel het. Na onderhandelings

gedurende 1966 tussen 'n EAV(S.A.)-afvaardiging en vier elektrotegniese

aannemers van die Rustenburg- en Brits-omgewing 18 is bande gesmee. Die

EAV(S.A.) tender- en kontrakvorms, asook hul riglyne aan elektrotegnici hoe om

hoofitems se koste laag te hou, het be'indruk.19

Op 12 Februarie 1967 is die stigtingsvergadering van die Rustenburg-Brits-tak

gehou met vyf lede in Rustenburg en een van Brits (Kyk Grafiek 5). Mnr. J.F. Faber

is as die eerste voorsitter verkies. 20

Uit die grafiese data is dit duidelik dat die ledetal vir die tydperk 1967-1971 in die

Rustenburg-Brits-omgewing nie gegroei het nie. 'n Vername rede hiervoor was dat

elektrotegniese aannemers dikwels projekte in groter nywerheidsentra soos

Johannesburg en Pretoria onderneem het en dikwels verkies het om by sodanige

streke se plaaslike EAV(S.A.)-takke aan te sluit. 'n Ander rede was dit die

elektrotegnici van die Brits-omgewing in 1970 besluit het om 'n eie tak te begin.

Afstand na takvergaderings in Rustenburg was moontlik 'n faktor.

Die Brits-tak

Gedurende 1969 het 'n EAV(S.A.)-afvaardiging die Brits-gebied besoek met die doel

om die wenslikheid van 'n EAV(S.A.)-tak aldaar te ondersoek. Die meerderheid

elektrotegniese aannemers het die stigting van 'n tak gesteun.21 Nadat die saak ten

opsigte van 'n tak by Brits (Kyk Grafiek 6) met die IR bespreek was het die

18 'n Elektrotegniese aannemer van 'n dorpe waar daar nie 'n EAV(S.A.)S.A.)-tak was nie, kon by

die vereniging as individuele lid aansoek doen. As die aansoek goedgekeur is, is dieselfde voordele en dienslewering aangebied as vir taklede.

19 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 19 February

1966, pp.4-5.

20 ECA(S.A.), Minutes of a meeting in Rustenburg and Brits Area, minute, 24 February 1967, p.3;

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 25 February 1967, p.7; ECA(S.A.), Annual Reports of Branches, report, 30 June 1967, p. 5; ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 290ctober 1969, p. 6.

21

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 7 February 1970, p. 3.

(11)

Hoofstuk Vier

stigtingsvergadering op 4 Junie · 1970 plaasgevind, en mnr. C. Vosloo is as eerste

voorsitter van die tak gekies.22 Soos in die geval van die Rustenburg-tak kon die

Brits-tak nie 'n bestendige groei handhaaf nie. Daarop het die EAV(S.A.) voorgestel

dat beide takke, soos in 1967, eerder kragte saamsnoer.

Die Rustenburg/Britstak

Teen die middel van 1971 het die Brits-tak ontbind, waarna aan die Rustenburg-tak

toestemming verleen is om lede van die ontbinde Brits-tak by hulle in te skakel 23 en

bekend te staan as die Rustenburg/Brits-tak. Ten spyte van samesmelting was groei

in hierdie tak tot 1977 nog traag. Uit Grafiek 6 is dit duidelik dat industriele groei in

hierdie gebiede teen die tagtigerjare en later beter daaruit gesien het, wat ook die taksterkte tot voordeel gestrek het.

4.2.2

Boland en Kimberley skakel in

Op 9 Augustus 1966 is die vorming van 'n Boland-tak deur die EAV(S.A.)

deurgevoer. Sewe elektrotegniese aannemers van onderskeidelik Paarl, Wellington

en Stellenbosch het ingeskakel.24 Hierdie tak het tot 1977 aanvanklik stadig gegroei,

maar teen die tagtigerjare, ledegewys, besonder vooruitgegaan.

Na

die stigting van

die Boland-tak het die Kimberley-tak etlike jare later op 28 Mei 1974 gevolg.25 Mnr.

M. Bowler is as voorsitter gekies.26 Dus het vyf nuwe takinisiatiewe sedert 1956 tot

1977 ontwikkel, wat beteken dat 12 takke landwyd gefunksioneer het toe die

EAV(S.A.)(S.A. van BIFSA gedeaffilieer het. Daarby inbegrepe moet in gedagte

gehou word dat die EAV(S.A.) ook die stigting van elektrotegniese verenigings buite

22

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 August 1970, pp.11-12.

23 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 19 June 1971, p. 4; Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 30 June 1971, p. 5.

24 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 25 June 1966, pp.

6-7; August 1966.

25 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 October 1971,

p. 5.

26 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 29 June 1974, pp. 1-2; ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 29 June 197 4, p. 4.

(12)

landsgrense ondersteun het soos in die geval met die KZEA en later Namibie (voorheen Suidwes-Afrika).

4.2.3

Namibie

Die moontlike vorming van 'n tak in Namibie is reeds in 1966 in die vooruitsig

gestel.27 Waarskynlik het die feit dat ondersteuningstrukture soos die MBA se

Windhoek-tak reeds bestaan het, en EAV(S.A.) -takstigting daardeur vergemaklik kon word, bygedra tot die positiewe gesindheid ten opsigte van die voorgenome

EAV(S.A.)-uitreiking na Namibie. 28

Die plaaslike MBA-tak is genader om 'n vergadering met die 31 elektrotegniese

aannemers in Namibie te reel.29 Die EAV(S.A.) het toestemming verleen vir die

stigting van 'n takas daar meer asses lede is.30

Gedurende Mei en Junie 1969 is die beoogde takstigting ontwikkel. Daar is

vasgestel dat die Industrial Conciliation Act of South Africa die EAV(S.A.) verhoed om in Namibie 'n tak te stig. Daarop is besluit om Namibie te help om 'n afsonderlike Vereniging te stig onder die Wage and Industrial Conciliation Ordinance of South

West Africa (Namibia)- wetgewing. Nadat die nodige reelings

27 ECA(S.A.), Minutes of the Annual meeting of the National Executive Committee, minute, 22

October 1966, p. 5.

28 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 February

1967, p. 8.

29 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 May 1967, p. 7.

30 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 21 October 1967,

p. 4.

(13)

Hoofstuk Vier

getref is, is stigting in 1970 deurgevoer. Sowat 14 lede het hierdie

stigtingsvergadering bygewoon.31

4.3

Die professionele fokus van die EAV(S.A.) in die

vyftiger-sestigerjare

Die EAV(S.A.) het, soos in sy vestigingsjare, as't ware met 'n arendsoog gewaak oor wetgewing en regulasies waarby die Vereniging se lede moes inskakel. In vele

opsigte het aile voorgestelde wysigings aan enige wetgewing en regulasie ook die

Vereniging se sukses as professionele organisasie bepaal en na buite weerspieel.

Eweso geld dit vir die nakoming van sodanige wetgewing deur kontrakteurs wat indirek die EAV(S.A.) se eer en status ge'impliseer het wanneer kontrakte

onderneem is. Dan was daar ook hulle betrokkenheid by navorsingprojekte tot

voordeel van die bedryf teenoor hulle skeptisisme rakende sommige

vernuwingsvoorstelle wat op die lange duur wei die beste blyk te gewees het.

4.3.1

Wetgewing en streng toesig

By wyse van die Electrical Wiremen and Contractors Act (1939) is die nodige beheer oor elektriese installering en bedrading en ook die persone wat die installasie doen, uitgeoefen. In die wet is voorsiening gemaak dat die installeerder geregistreer moes wees, en dat die werk getoets moes word voordat kontrakwerk afgegee word. In hierdie opsig het die EAV(S.A.) nie geskroom om elektrotegniese kontrakteurs wat

die wet oortree, deur toe te laat dat ongekwalifiseerdende draadmanne

installasiewerk doen, vas te vat nie.32

31

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 1 June 1969, pp. 5-6; Report of the 21st General Annual meeting, report, 20 June 1967, p. 2. Die Namibiese EAV(S.A.) word nie verder in hierdie navorsingstuk behandel nie, aangesien hulle as afsonderlike Vereniging voortbestaan het.

32 ECA(S.A.), Report of the General Secretary, report,

22 October 1966, p. 4.

(14)

Afgesien daarvan dat veral kontrakteurlede van die EAV(S.A.) moes ligloop, is vervaardigers van elektriese materiaal ook van tyd tot tyd aangespreek oor die neiging om die kwaliteit van toerusting en van produkte te verlaag sodat dit skaars voldoen aan die minimumvereistes deur die SABS gestel. Die EAV(S.A.) was nie bereid om hierdie risiko op hul naam te neem om later net frustrasies van Jan Alleman se kant te beleef nie.33 Dus was druk van aile kante af om effektief te professionaliseer.

Om leemtes in die diensverskaffingsproses uit te skakel, is voorgestel dat elektriese installasies volgens die wet deur 'n inspekteur getoets word, waarvolgens bepaal kon word of die vervaardiger en/of die verskaffer aanspreeklik was. lndien kontrakteurs skuldig bevind is, kon streng stappe deur die Elektriese Draadmanregistrasieraad/E/ectrica/ Wiremen Registration Boardvolg. So 'n persoon se naam kon van die registrasieregister verwyder word en selfs sertifikaat(e) uitgereik kon gekanselleer word.34 Daarmee is lede verplig om self streng toesig te hou oor materiaal wat hulle vir projekte gebruik 35 - al was die SABS-merk wat

gehalte simboliseer, daarop.36

4.3.2

Tender- en kontrakvereistes ter beskerming van

sub-kontrakteurs

Die EAV(S.A.) wou egter nie net streng toesig hou en vasvat waar nodig nie. Kontrakteurs se werksposisie en die instelling van regulasies om hulle te beskerm, is ook ondersoek. Gedurende 1957 byvoorbeeld het die NFBTE een van etlike komitees saamgestel met die doel om die standaard-vorm vir subkontrakte (Kyk Sub-afdeling: 2.10.4 van Hoofstuk Twee ) te hersien. Die EAV(S.A.) het deel uitgemaak van hierdie Komitee, en die insette wat deur die EAV(S.A.)-takke in

33 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 October 1961,

p. 6.

34 ECA(S.A.), Supplementary Report of the General Secretary, report, 27 February 1962, pp. 5-6.

35 ECA(S.A.), Minutes of the National Executive Committee, minute, 27 October 1961, p. 6.

36 ECA(S.A.), Minutes of the National Executive Committee, minute, 17 September 1962, p. 9.

(15)

Hoofstuk Vier

hierdie verband gelewer het, is in die hersiene dokumente wat gedurende 1958

voltooi is, opgeneem.S7

Twee dokumente is ontwikkel, een vir genomineerde subkontrakteurs en die ander vir nie-genomineerde subkontrakteurs. Beide hierdie dokumente is in gebruik geneem, en dit het daartoe bygedra om die EAV(S.A.) ekonomies meer vaartbelyn te maak, aangesien verskeie strukture in die kontrakvorms opgeneem is wat onder meer daarop gemik was om die subkontrakteurs te beskerm teen finansiele verliese.38

Vir die EAV(S.A.) was dit 'n ideaal dat direkte betaling aan subkontrakteurs gemaak word vir dienste gelewer. Vir die doel is ondersoek ingestel na 'n versekeringskema

vir kontrakte asook 'n direkte betaling aan subkontrakteurs.39 86 'n stelsel is in 1960

ontwikkel.40

Ondertussen het die EAV(S.A.) die NFBTE-komitee versoek om 'n doeltreffender betalingskema aan subkontrakteurs te ondersoek sodat dit opgeneem kon word in

die hersiene kontrak- en tendervereiste- voorwaardes van die elektriese bedryf.41 Dit

wat opgestel is, het uiteindelik voorsiening gemaak vir 'n bonus aan die bouer as die projek vroeer as ooreengekom voltooi is en die elektrotegnikus kon ook in die bonus

deel.42 Meganismes is ook in die tender- en kontrakvereistes en voorwaardes

37

ECA(S.A.), Minutes of the 81h General Annual meeting of the National Executive Committee, minute, 18 February 1957, p. 5; Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 29 April 1957, p.12.

38 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive, minute, 22 November 1958, p. 1 O;

minute, 21 September 1959, p. 1 0; General Secretary's report on agenda, report, 25 February 1959, p. 5; ECA(S.A.), Circular no. E. 1959/32: Revision of standard form of sub-contract, 21 May 1959, p.1; Report no. E. 1959/80, 16 June 1959, p.12.

39 EAV(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 25 February

1959, p.1 0; minute, 27 April 1959, p.11-12; General secretary's report on agenda of a meeting of the National Executive Committee, report, 25 February 1959, p. 5; report, 21 September 1959, p. 1 0; Circular No. E. 1959/ 50, 30 September 1959, p.1.

40 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 February

1960, p. 13; Minute, 25 April1960, p. 12; Minute, 24 August 1960, pp. 13-14.

41

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 April 1959, p.12.

42 ECA(S.A.), Minute of the Annual meeting of National Executive Committee, minute, 1 July 1965,

pp. 5-6; Annual Report of the Branches, Annexure "C", 30 June 1966, p.11.

(16)

ingebou wat voorsiening maak vir die beskerming van die subkontrakteur ten opsigte van die onverwagte verhoging van arbeids- en materiaalkoste.43

Om die leemtes in die tender- en kontrakvereistes- voorwaardes te oorbrug, het 'n hersiening daarvan in 1969 gevolg. Aanvanklik is ook voorsiening gemaak vir 'n 5% korting vir dienste gelewer aan die hoofkontrakteur. Dit sou egter verbeur word indien 'n subkontrakteur te laat betaal word.44 Dit het vele probleme meegebring sodat hierdie voorwaarde in 1975 herroep is. Daarop is bepaal dat die genomineerde subkontrakteurs ook eers betaal sal word as die hoofkontrakteur vergoed is. Dit het bekend geword as die Pay when Paid-beginsel.45

Die Pay when Paid-beginsel kon egter verliese vir beide die subkontrakteur en hoofkontrakteur meebring. 'n Probleem, byvoorbeeld, tussen 'n eienaar, bouer en hoofkontrakteur kan betalings vertraag46 Om dit te vermy is daar waterdigte waarborge in die Pay when Paid-beginsel ingebou. Tog het die EAV(S.A.) teen 1977 nog skepties hierteenoor gestaan.47

4.3.3

'n Gedragskode vir elektriese werk

Onder EAV(S.A.)-Iede was die gevoel dat 'n gedragskode vir elektriese werk die verhouding tussen hoof- en subkontrakteurs sou verbeter. Die NFBTE het reeds in 1957 ook 'n subkomitee hiervoor in die lewe geroep. 'n Gedragskode is vir elektriese werk opgestel, en die EAV(S.A.) het ook op hierdie Komitee gedien. Mnre. D. Smith enS. Revow se name was in hierdie periode telkens ter sprake. Hulle het 'n aktiewe rol gespeel het in die werksaamhede van die Komitee.

43

ECA(S.A.), Minutes of the meeting in Rustenburg and Brits Area, minute, 21 February 1967, p. 2.

44 ECA(S.A.), Minutes of the 21st General Annual meeting, minute, 30 June 1969, p. 2; Report of

the Branches, report, 30 June 1969, p.15.

45

ECA(S.A.), Report of the National Executive Committee, report, 18-19 July 1975, 41 ,46. 46

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 11 June 1975, pp. 41 ,46.

47

ECA(S.A.), Report of the Director, report, 11 June 1977, p. 6.

(17)

Hoofstuk Vier

Met die NFBTE-inisiatief in werking is die Gedragskode vir nagenoeg tien jaar lank

gebruik . In 1966 is die moontlikheid vir die opstel van 'n nuwe gedragskode vir

elektriese werk deur die EAV(S.A.) ondersoek.48 'n Subkomitee met die EAV(S.A.)

en die SASS as prominente rolspelers is saamgestel met die doel om die bestaande

Gedragskode vir Elektriese Werk te hersien.49 Na al die nodige ondersoeke is die

dokument gedurende Oktober 1971 voltooi.50 Aangesien die bedryfslewe waarbinne

kontrakteurs beweeg, dinamies is, is hierdie dokument gereeld hersien. S6 was dit

dan ook in 1975 en enkele jare na 1977. 51

4.3.4

Boubestekke52 vir die elektrotegniese bedryf

Teen die sestigerjare nog het die elektrotegniese bedryf nie 'n boubestekbenadering gevolg soos wat met die bou- en konstruksiebedryf die geval is nie. Dit het kortom

daarop neergekom dat noukeurige beskrywings van die elektriese werk wat gedoen

moes word, nie verpligtend was nie. Die EAV(S.A.) was nie ten gunste van die

instelling van boubestekke vir die elektriese bedryf nie, aangesien dit ook

meegebring het dat enige persoon (lid en nie-lid) hiervolgens vir enige kontrak kon

tender. Dit kon daartoe lei dat die EAV(S.A.) sy status as genomineerde

subkontrakteur kon verloor.53 Om die rede is 'n EAV(S.A.) sub-komitee saamgestel

om die voor- en nadele van s6 'n potensiele oorweging te ondersoek. Die Komitee

belas hiermee moes egter toegee dat die EAV(S.A.) se mening meer huishoudelik

van aard was, en dat s6 'n reeling juis die professie van die amateurs sou skei.

48

ECA(S.A.), Annual Report of the National Executive Committee, report, 22 October 1966, p. 24.

49 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 19 June 1971, p. 24.

50

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 October 1971, p. 22.

51 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 19 February

1977, p. 13; Report of the National Sub-Committee on Technical Affairs, report, 10 June 1977, p. 3; Report of the Director, Report, 24 February 1979, p. 6.

52 'n Boubestek is 'n bouplan en beskrywings daarvan m.b.t. plek- en ruimtebepalings.

53 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 February

1968, pp. 12-13; minute, 24 October 1968, p. 11; minute, 22 February 1968, p. 8.

(18)

Ongeag die bovermelde Komitee se bevindinge het die EAV(S.A.) besluit om vir eers die status quo te handhaaf. 'n SABS-afvaardiging wat ondertussen op 'n

oorsese toer vertrek het, is gevra om ondersoek in te stel na die boubestekke vir

elektriese werk wat in ander Iande gebruik word. 54 lntussen het meer stemme begin

opgaan vir die verpligmaking van boubestekke. 'n Nuwe komitee wat aile

belanghebbende partye ingesluit het, het in 1976 die versoek opgevolg. Die

EVA(S.A.) was ook deel daarvan.55 Die dokument is teen Oktober 1977 voltooi.56 Dit

is aan die Association of Consulting Engineers gestuur sodat hulle ook aanbevelings

kon maak. Hierna is die dokument gedruk en versprei, 57 en moes die EAV(S.A.)

daarby inskakel. Uit blyke van die ledegroei na 1977 val dit vreemd op dat die

EAV(S.A.) so skepties teenoor hierdie onvermydelike faset van professionele groei

in die elektrotegniese bedryf gestaan het.

4.3.5

Kosprysitems (PC-items)- 'n doring in die vlees van die EAV(S.A.) se diensleweringstruktuur

Kosprys-items, oftewel Prime Cost- items (PC-items)58 het klaarblyklik 'n invloed op

tenderkoste. Elektrotegniese aannemers is deur die EAV(S.A.) aangemoedig om

metodes te vind om PC-items in hulle tenders uit te skakel.59 Onder meer het die

EAV(S.A.) lede versoek om nie te tender op vorms waarop PC-items verskyn nie.

Die EAV(S.A.) het ook samesprekings met die Vereniging van Raadgewende

lngenieurs gehou sodat sake soos kontraktyd en PC-items op tendervorms,

54 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 29 October 1969,

pp. 11-12; minute, 18 April 1970, p. 2; minute, 7 February 1970, p. 3.

55 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 13-14 February 1976, p. 13.

56 ECA(S.A.), Minutes of the National Executive Committee, minute, 11 June 1977, p. 10; Minutes

of the National Sub-Committee for Conditions of Contract Tendering, minute, 10 June 1977, p.7.

57 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 14 October

1977,p.8.

58 Prime Cost Items verwys na items soos stowe en warmwaterstelsels, ECA(S.A.), Annual Report

of Pretoria branch, 8 August 1960, p. 2.

59 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 5 May 1958, p.

15.

(19)

Hoofstuk Vier

bespreek kon word. Die EAV(S.A.) het aanbeveel dat PC-items tot die minimum

beperk word60 en dat 'n kortingskaal vir PC-items gebruik word.61

Om die PC-items tot bevrediging van elektrotegnici in tenders te hanteer het die

EAV(S.A.) in 1961 glyskale vir kortings daarop ingestel en aan lede deurgegee vir

gebruik.62 Alhoewel die kortingstelsel verligting gebring het, is 'n deel van die

elektrotegniese aannemers se wins steeds deur PC-items besnoei. Oplossings daarvoor is in die buiteland gesoek. AI die antwoorde is nie gevind nie, maar bykomende riglyne is wei voorgeh3 van hoe en wat elektrotegniese aannemers in

berekening moet bring by bepaling van die vasstelling van die tenderprys.63

4.3.6

Geordende strukture binne die EAV(S.A.)

Sedert stigting (1949) tot in die vroeg-sewentigerjare het persone wat aansoek wou doen om EAV(S.A.)-Iidmaatskap, die toepaslike vorm ingevul. As die Uitvoerende Komitee van 'n tak tevrede is dat die aansoeker aan die lidmaatskapsvereistes en voorwaardes voldoen het, is sy/haar aansoek aanvaar en die EAV(S.A.)-NUK van

die nuwe lid verwittig.64

Bedankings uit die EAV(S.A.) en die verwydering van lede se name van die

lidmaatskapsrol is ook deur die takke gedoen. Kortom, die takbestuur het toe al 'n

prominente rol vervul. Aile moontlike veranderings, bedankings, verskuiwings

ensomeer is eers deur hulle kantoor hanteer voordat die EAV(S.A.)-NUK daarvan

kennis geneem het.65 Nuwe lidmaatskapsprosedures is in 1974 aanvaar. Die

60 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 9 December

1957, pp. 1-2.

61 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 25 February

1959, p. 11.

62 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 25 September

1961' pp. 8-9.

63 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 February

1962, p.6; 17 September 1962, p.7.

64 ECA(S.A.), Report of the General Secretary, report, 20 February 1961, p. 2; Minutes of a meeting

of the National Executive Committee, minute, 19 June 1961, p. 3.

65 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 29 June 197 4, p. 4; Minutes of a meeting of the

National Executive Committee, minute, 29 June 1974, p. 8.

(20)

vereistes vir lidmaatskap was sigbaar strenger. 'n Voornemende lid moes 'n

voorsteller en sekondant vind alvorens die aansoek enigsins hanteer is. 'n

Bykomende prosedure was dan dat die voornemende lid aansoek doen in sy

individuele hoedanigheid, waarna die aansoek deur die NUK aangehoor word. 66 As

daar nie besware is nie, is die aansoek goedgekeur. Hierdeur is die gesag van die

EAV(S.A.) meer sentraal gekonsolideer.67

Om die belangrikheid van sinvolle strukture in 'n onderneming te beklemtoon, is na

die jaar 1975 verwys as "The year of the Association's Structure". By Iande soos

Engeland, Skotland en die Verenigde State van Amerika (VSA) is kennis ingewin ten opsigte van die moontlike vernuwing van die EAV(S.A.)-struktuur. Veral die van die VSA het be"indruk. Hier het 'n 70-jaar lange streeksgeorienteerde konsep teen 1975

gelei tot 'n stewige nasionale organisasie.68 Die EAV(S.A.) het hierdie konsep

aangepas en vanaf 1977 toegepas (Kyk Hoofstuk Vyf).

4.3.7

Navorsing - die EAV(S.A.) presteer

Soos vroeer genoem, was die EAV(S.A.) direk betrokke by die opstel van nasionale

spesifikasies van elektriese toebehore en materiale (Kyk afdeling 2.15).69 Vanaf die

middel-sestigerjare was die EAV(S.A.) ten nouste betrokke by navorsing ten opsigte van die gebruik van plastiekgeleidingspype. Behalwe dat dit goedkoper was, kon die

installering deur ongeskoolde arbeid verrig word - tot voordeel van

koste-effektiwiteit en die sinvoller aanwending van ongeskoolde arbeid.70

Verder het die EAV(S.A.) en verwante organisasies, in samewerking met die SABS

gedurende 1967 gedeel in navorsingsprojekte waarin aile materiale, toerusting en

·

66 ECA(S.A.), Rerport of the General Secretary, report, 8-9 March 197 4, p. 3. 67

EAC (S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 18 October 1974, p.7; Report of the Director, report, 18 October 1974, pp.1-2; Supplementary Report of the Director, report, 18 October 197 4, pp.1-2.

68 ECA(S.A.), Minutes of the 27'h General Annual meeting, minute, 1 November 1975, pp. 11 ,29. 69 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 April 1959,

p.19; minute, 21 September 1959, p.25; minute, 24 August 1960, p. 22.

70 ECA(S.A.), Report of the General Secretary, report, 25 February 1967, p. 6.

(21)

Hoofstuk Vier

metodes wat in die elektriese bedryf gebruik word, ondersoek is. Dit is nodig geag,

aangesien daar deur die jare byna geen verandering en aanpassings ten opsigte van sommige materiale gemaak is nie - ten spyte van groat vooruitgang en

ontwikkeling op die gebied van elektriese materiaal, toerusting en metodes.71

Hierdie navorsing is teen Oktober 1975 voltooi.72

As uitvloeisel van die bevindinge wat bekend gemaak is, het 'n verskeidenheid nuwe toebehore en produkte op die mark verskyn. 'n Komitee is aangestel wat die nuwe produkte aan munisipaliteite bekend gestel het. Daarop is die vereistes en

voorwaardes vir bedrading ook aangepas?3

Nadat veranderings en aanpassings gemaak is, het die EAV(S.A.) gedurende 1974

'n navorsingsprojek geloods om Suid-Afrika se elektriese bedradingsregulasies

gereeld by te werk. Die algemene gevoel was dat die hele bedryf by so 'n projek sou

baat.74

In 1976 is besluit om verteenwoordigers na Brittanje en Europa te stuur. Die doel was om nuwe metodes en sisteme vir elektriese bedrading te ondersoek. Daar is

beplan om sewe metodes en sisteme vir die elektriese bedrading te ondersoek. Die

onderpleisterbedradingsisteem was van die populerste sisteme wat ondersoek is.

Met hierdie sisteem kon nie net arbeid nie maar ook materiaal bespaar word.75 Dit

het ook meegebring dat bedradingsregulasies van persele aangepas en verander moes word. As gevolg van die omvang van die werk is die hersiene regulasies eers

teen die einde van 1995 voltooi.76 Met die nuwe bedradingsregulasies is daar

71 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 May 1967, pp.

19-20. 72

ECA(S.A.), Report of the Director, report, 30-31 October 1975, report, p. 4.

73 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 February 1968, p. 22; minute, 22 June, 1968, p. 24; Report of the General Secretary, report, 24 February 1969, p. 6.

74 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 29 June 1974, p. 13; ECA(S.A.), Minutes of a meeting

of the National Executive Committee, minute, 29 June 1974, p.42; minute, 19 October 1974, p. 8.

75 ECA(S.A.), Report of the Director, report, April 1976, pp.15-16; Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 24 February 1979, p.1 0.

76 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 30-31 October 1975, p. 4.

(22)

voorsiening gemaak vir ongeskoolde arbeid om sekere geskoolde arbeidstake ewe maklik en met veiligheid te verrig.77

4.4

Bemarki ng

Reklame in die ware sin van die woord is nie 'n konsep wat die EAV(S.A.) sedert

amptelike stigting in 1950 professioneel benader het nie. Hoarse en praktiese

toeligting deur die Vereniging verskaf in die werkplek, of hulp in tye van twis of probleme, was gedurende die periode onder bespreking aan die orde en daarom die meer indirekte "reklame-agente" van die EAV(S.A.). Ander middele wat gedurende

1955 tot 1977 ingespan is om hoofsaaklik die voornemende lid en bestaande

kontrakteurlede as't ware te be"indruk, is die druk van 'n kalender, 'n eie tydskrif en beperkte mediablootstelling vir die oor en oog van die publiek.

4.4.1

'n EAV(S.A.)-kalender

Gedurende 1975 is die saak rakende publisiteit deur die druk van 'n kalender

bespreek. Teen die begin van 1976 was die werk aan die kalender nog nie voltooi nie. Lede en takke is gevra om aanbevelings te maak. Nadat dit verwerk is, is

proewe vir die EAV(S.A.) se eerste kalender saamgestel.78 Om drukkoste te

bespaar is die dienste van 'n goedkoper uitgewer vanaf 1977 gebruik.79

77 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 27 May 1967,

pp.19-20.

78 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 8 March 1975, p.

34.

79 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 8 March 1975, p.

34; Report of the Director, report, 14 October 1977, p.17.

(23)

4.4.2

Hoofstuk Vier

'n Eie tydskrif vir elektrotegniese aannemers - The Electrical

Contractor

Nadat die eerste "EAV(S.A.)-nuusbulletin" in 1949 verskyn het (Kyk Afdeling 2.13),

het daar 'n behoefte aan 'n nuusbrief vir die elektrotegniese aannemers bedryf

ontstaan. Aan hierdie behoefte is 27 jaar later aandag geskenk toe 'n eerste uitgawe van The Electrical Contractor deur die UK van die EAV(S.A.) saamgestel en in

Oktober 1976 uitgegee is. Hierdie eerste uitgawe was advertensieloos - vandaar dat

dit beskou is as 'n interne tydskrif. Die idee van 'n volwaardige tydskrif was in daardie stadium ver verwyderd van die EAV(S.A.) se beskouing van die doel van die

destydse "brosjure"-formaat.80

'n Tekort aan fondse het daartoe gelei dat die tegniese produksie van The Electrical Contractor nie verbeter het nie; daarom is dit nodig geag dat die inhoud minstens professioneel aangebied word. Om dit te doen het die EAV(S.A.) sy professionele horison verskuif en die indiensneming van 'n joernalis oorweeg. Probleme is

ondervind met die werwing van advertensies vir The Elecrical Contractof31 (Kyk

Hoofstuk Vyf). Die redes hiervoor is onduidelik, maar dit kan aanvaar word dat

adverteerders nie graag fondse ingeploeg het in iets wat nie 'n wyer blootstelling

gehad het nie. Meer as net die elektrotegniese kontrakteurs sou bereik wou word.

Vir die EAV(S.A.) was dit minstens die begin in 'n era waarin bemarking en

publisiteit toenemend op 'n verskeidenheid wyses deur middel van verskillende

kommunikasiemedia aangepak is om 'n bepaalde doel te dien.82

80 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 October 1976,

pp.1 0-11; Report of the Sub-Committee on Public Relations an Publicity, report, 21 April 1977, p. 2; Onderhoud, R.Pinto (voormalige EAV(S.A.)-presidenVE.S. van Eeden, Oktober 2000.

81 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 11 June 1977, pp.

6-7;15-16.

82 Vergelyk I. Altman, The environment and social behavior, pp. 196-199.

(24)

4.4.3

Mediadekking

Televisiedekking en mediavrystellings is gedurende die sewentigerjare deur die

EAV(S.A.) ondersoek as pogings om die beeld en aktiwiteite van die EAV(S.A.) te

bevorder.83 Teen die middel van 1977 het die EAV(S.A.) ook samesprekings met

SAUK-TV (tans SABC-TV) gehou oor die samestelling van programme met veiligheid as tema. Daar is voorgestel dat 'n strokiesprent met veiligheid as tema vir

die TV ontwikkel word.84 Die EAV(S.A.) het individue ook genader om Ieiding te gee

met hul beoogde publisiteit en reklame.85 Van beide hierdie pogings en voorstelle

het in die periode onder bespreking niks gekom nie.

4.5

Opleiding

4.5.1

Opleidingsentrums gevestig

Formele opleiding as deel van die EAV(S.A.) se professionele diensleweringspakket het eers in 1969 momentum gekry. Die stigting van voltydse opleidingsentrums in al

vier die provinsies van Suid-Afrika is ondersoek.86 Een van die eerste

opleidingsentrums vir die EAV(S.A.) was die een wat by Baragwanath opgerig is.87

In Julie 1971 het die eerste groep leerlingvakmanne hulle kursusse voltooi. Dit was

83

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 11 June 1977, p. 15.

84

ECA(S.A.), Minutes of the National Sub-Committee on Pubic Relations and Publicity, minute, 10 June 1977, pp. 3-4.

85

ECA(S.A.), Report of the Director, report, 23 June 1979, p. 8; Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 11 March 1976, p. 5.

86

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 14 June 1969, p. 14; Minutes of General Annual meeting, minute, 30 June 1969, p. 5.

87

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 19 June 1971, p. 23.

(25)

Hoofstuk Vier

vakleerlinge wat kursusse in bouwerk en houtwerk geneem het.88 Teen 1976 was

agt opleidingsentrums reeds in bedryf, naamlik te Bloemfontein, Benoni,

Krugersdorp, Sebokeng, Pinetown, Pretoria, Port Elizabeth en Potchefstroom. Veral

swart werknemers het hieruit voordeel geput. Die BIFSA het ook sy hulp aangebied vir die ontwikkeling van tersaaklike kursusse. Nuwe idees in Europa ten opsigte van

opleiding is ondersoek en aangepas by plaaslike omstandighede.89 Die

EAV(S.A.)-takke het ook Ieiding geneem.

Die Kaapstad-tak het self 'n subkomitee aangewys wat die vestiging van opleidingsfasiliteite aldaar moes ondersoek. 'n Geskikte terrein moes gevind word

en instrukteurs moes aangestel word. Die Natal Midlands- tak het ook 'n eie

opleidingsentrum opgerig en vroeg in 1976 het die eerste kandidate 'n kursus

voltooi. Ondertussen het die Natal Coastal-tak finansiele ondersteuning probeer

verkry vir die oprigting van 'n opleidingsentrum by Durban. Die het misluk omdat

prioriteit in 1977 verleen is aan die stigting van die National Apprenticeship

Committee90 vir die elektrotegniese aannemersbedryf en die hersiening van die

bestaande opleidingskedule. 91

4.5.2

Hersiening van sillabusse en kursusse

Die EAV(S.A.) het dit van belang geag om op hoogte te bly van die nuutste ontwikkeling op die terrein van behoorlike opleiding van vakmanne in die elektriese bedryf. Tegnologiese ontwikkeling en vernuwing het van die EAV(S.A.) vereis om samewerking met verwante bedrywe en akademiese instellings te oorweeg. Vanaf

88 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 30 June 1971, p.

7.

89 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 30-31 October 1975, pp. 2-3; Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 14 February 1976, pp. 11, 15, 16.

90

Om die voorgestelde National Apprenticeship Committee vir die elektrotegniese aannemers bedryf te stig, moes die samewerking en goedkeuring van die Building Industries Federation of

South Africa (BIFSA) verkry word. Teen die middel van 1977 is met 'n oorweldigende

meerderheid ten gunste van die komitee gestem. Vergelyk ECA(S.A.), Report of the Director, report, 13-14 February 1976, p. 4; Minutes of the National Executive Committee, minute, 11 June 1977, p.4.

91 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, Minute, 14 February

1976, p.19.

(26)

1960 het die EAV(S.A.) deur middel van samewerking met die NFBTE die sillabusse

en kursusse van tegniese kolleges gereeld hersien.92 Dit het bygedra tot die

verbetering van die gehalte van destyds-bestaande opleiding aan elektrotegniese aannemers.

Opleidingskedules en praktiese kursusse is hersien om aan te pas by nuwe eise waarbinne die bedryf gefunksioneer het. Hierdeur is die opleiding van vakmanne in ooreenstemming gebring met die ontwikkeling in die elektriese bedryf. Die EVA(S.A.) takke is oak gereeld geraadpleeg ten opsigte van die hersiening en die

bywerk van kursusse.93

4.5.3

Nuwe sertifikate en kursusse vir elektrotegniese aannemers

In 1975 is ondersoek ingestel na die moontlikheid van die bekendstelling van 'n

kursus vir die verwerwing van 'n elektriese aannemersdiploma.94 Takke is genader

om hulle menings en aanbevelings.95 In die loop van 1976 is die College of

Advanced Technical Education deur die EAV(S.A.) versoek om 'n kursus vir

toesighouers van voormanne saam te stel.96 Nadat al die nodige inligting vir die

samestelling van die kursus ingesamel is, is die sillabus opgestel vir toepassing in

die daaropvolgende jaar. 97

Gedurende 1977 het die EAV(S.A.), onder Ieiding van die EDRR, sertifikate aan gedeeltelik gekwalifiseerde draadmanne uitgereik waarin hulle kwalifikasies om 'n

92 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 25 April 1960,

pp.16-17; minute, 24 August 1960, p.19.

93

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 28 April 1962, p.12; minute, 25 September 1961, p. 12; Report of the General Secretary, report, 25 September 1961, pp. 7-8; report, 27 February 1962, p. 5.

94

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 8 March 1975, p. 17.

95 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 7 March 1975, p. 5. 96

ECA(S.A.), Report of the Director, report, 13-14 February 1976, p. 15; Minutes of the meeting of the National Executive Committee, minute, 14 February 1976, p.19.

97

ECA(S.A.), Report of the National Sub-Committee for General Training and Recruitment, Report, 10 June 1977, p. 5.

(27)

Hoofstuk Vier

beperkte arbeidsfeer te betree, erken is. Hiermee kon hulle werk verrig onder toesig van 'n gekwalifiseerde draadman.98

4.6

Arbeidsaangeleenthede

Dit is in die arbeidsterrein dat die EAV(S.A.) onderskei is as 'n werkgewersvereniging wat moes toespits op die doeltrettender en produktiewer gebruik van die arbeidsmag van veral sy lede in die elektrotegniese bedryf.99 Teen 1966 het die Wet op Elektriese Draadman en Kontrakteurs/Eiectrical Wireman and Contractors Act van 1939 onder die vergrootglas gekom, aangesien dit as heel verouderd en onprakties beskou is. Vervolgens is onderhandelinge met die

Electrical Employers Association (EEA) gevoer.

Die EEA het etlike voorstelle gemaak, onder meer dat 'n ongeskoolde werker na sewe jaar ambagsmanstatus behoort te verwert. Ook was die EEA van mening dat take, waaronder aardsluiting, deur 'n ongeskoolde werker uitgevoer kon word. lndirek het dit onder meer vir kontrakteur-werkgewers ingehou dat 'n erkenning hiervan hoer lone aan sodaniges sou beteken wat hiervoor kwalitiseer.

Die EAV(S.A.) was nie hiervoor te vinde nie, aangesien die Vereniging van mening was dat die grootste hoeveelheid ongeskoolde werkers swart was en daarom moes volle vrystelling van die Bantu Building Workers Act en die Work Reservation Determination Act verkry word om veral ongeskoolde swart werkers in staat te stel om ambagsmanstatus te kan verwert en om ook in tradisioneel "wit" gebiede te werk.100 Daarop is 'n teenvoorstel gemaak dat ongeskoolde werkers gebruik moet word vir werk soos die installering van geleidingspype. So kon hulle glo meer etfektief in die elektriese bedryt gebruik word - aldus die EAV(S.A.). N6g die

98 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 11 June 1977,

p.14; Report of the National Sub-Committee on Labour Affairs, report, 13 October 1977, p. 7. 99 Die EAV(S.A.) bestaan uit individuele lede wat elk oar 'n eie arbeidsmag beskik en die

gesamentlik diearbeidsmag vorm waarna in die teks verwys word. Bedinging namens lede is die

EAV(S.A.) se grootste prioriteit.

100 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 25 June 1966,

pp.14-15.

(28)

EAV,(S.A.) n6g die EEA wou kop gee.101 Die Ministerie van Arbeid moes daarop as

bemiddelaar intree.102

Na intensiewe samesprekings onder arbitrasie is in 1967 ooreengekom dat die EEA sou aanvaar dat ongeskoolde werkers sekere take soos die installering van

geleidingspype kon verrig. In ruil vir hulle inskiklikheid moes die EAV(S.A.)

toegewings maak. Toegewings soos loonverhogings en oortydvergoeding is

vasgestel.103 Daarmee het die stof, spreekwoordelik gesproke, tussen die partye nie

gaan le nie. Die verdeling van geskoolde en ongeskoolde arbeid was 'n saak

waaroor die EAV(S.A.) en die EEA bly verskil het.104

Na vele samesprekings het die EAV(S.A.) teen die einde van 1969 die EEA oorreed om die vereistes in die arbeidswetgewing te verlig. Dit het beteken dat die werk van geskoolde arbeid na ongeskoolde werknemers verwys kon word. Hiermee is 'n

nuwe werknemersklas geskep, genaamd die vakman- assistent/artisan's assistant.

Werk is verrig soos byvoorbeeld die laai en aflaai van materiaal en toerusting en ook

die maak van gate met hand- of kragtoerusting.105

4. 7

Nuwe tegnologie skep konflik

Sedert stigting was dit vir die EAV(S.A.) redelik maklik om 'n ledetal op te bou vanwee 'n gebrek aan ander soortgelyke verenigings. Soos wat die nywerheidsektor in Suid-Afrika vergroot het, het mededinging teen die sewentigerjare anders daaruit

101

ECA(S.A.), Annual Reports of the Branches, 30 June 1966, Annexure "C", p. 8; ECA(S.A.), Minutes of the Annual meeting of the National Executive Committee, minute, 1 July 1965, p. 4; minute, 22 October 1965, p.11; Minutes of the 19th Annual meeting of the National Executive Committee, minute, 21 October 1967, pp. 5, 15; Minutes of a meeting of the 20th General Annual meeting, minute, 24 October 1968, p. 3.

102

ECA(S.A.), Annual meeting of the National Executive Committee, minute, 22 October 1966, p. 11.

103

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 25 February 1967, pp. 14-18; minute, 27 May 1967, pp.15-16.

104

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 22 June 1968, pp.17-18.

105

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 29 October 1969,

pp. 13-14; 29 October 1970, p. 14.

(29)

Hoofstuk Vier

gesien. Die bekendstelling van nuwe tegnologie het die toetrede van nuwe

verenigings meegebring. Nadat byvoorbeeld die Electronics and Telecommunication

Industries Association in die laat-sestiger jare gestig is, het hulle aansoek gedoen om registrasie by die IR. Ten spyte van die EAV(S.A.) se bedenkinge is registrasie

deurgevoer.106

Die EAV(S.A.) het ook die aansoek om registrasie vir veranderde invloedsfeer van die Radio Appliance and Television Association of South Africa verwerp. Die

vernaamste punt van kritiek was dat die Vereniging se werksaamhede met die van

die EAV(S.A.) oorvleuel het, aangesien die versiening en herstel van elektriese

toebehore 'n integrale deel daarvan gevorm het.107 Of hierdie versoek van die

EAV(S.A.) aanvaar is, is nie duidelik nie.

Benewens dat die EAV(S.A.)(S.A)-Iede televisie-herstelwerk gedoen het, was daar

ook lede wat televisie-antennas ge"installeer het. Derhalwe het die EAV(S.A.) gedurende 1976 aansoek by die IR gedoen om die vereniging se invloedsfeer so te

wysig dat dit die installering van televisie-antennas ingesluit het.108 Dit was die

BIFSA wat in 1976109 sy ontevredenheid hiermee te kenne gegee het.110 Daar is

gevoel dat die BIFSA die IR in sy besluit probeer be"invloed het, aangesien die IR

teen 1977 nog traag was om 'n finale besluit te neem.111 Tog is die versoek in

Oktober 1977 suksesvol deurgesien.112 BIFSA en die EAV(S.A.) se

arbeidsverhouding is daardeur geskaad.

106 ECA(S.A.), Report of the General Secretary, report, 22 June 1968, p. 4.

107 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 15-16 January

1971; Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 20 February 1971, p. 9.

108

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 14 February 1976, pp. 6,26.

109 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 10 April 1976, p.

5.

110 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 19 February 1977, p. 4.

111 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 11 June 1977, p. 3.

112 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 14 October 1977,

p. 5; Report of the Director, report, 23 June 1979, p. 3.

(30)

4.8

Die EAV(S.A.) en BIFSA- die einde van 'n lang verbintenis

4.8.1 EAV{S.A.) keer insluiting by BIFSA

Gedurende 1976 het die BIFSA by die IR aansoek gedoen om sy invloedsfeer

sodanig te vergroot dat dit na regte die invloedsfeer van die EAV(S.A.) sou insluit.

Die EAV(S.A.) het die saak met die Vereniging se regsadviseurs opgeneem.113

Voortvloeiend hieruit is samesprekings met die BIFSA gehou om die geskil op te

klaar. Tydens onderhandelinge het die Federasie laat blyk dat hulle nagenoeg elf

jaar gelede ook aansoek gedoen het om die verandering en uitbreiding van die invloedsfeer, en toe het die EAV(S.A.) nie beswaar gemaak nie. Die EAV(S.A.) se verweer was dat die aansoek verskil het van die huidige en dat daar tydens die

eerste aansoek baie nouer bande tussen die Federasie en die EAV(S.A.) was.114

'n Amptelike beswaar teen die uitbreiding van die BIFSA se invloedsfeer is ook by

die IR ingedien.115 Daarby het die EAV(S.A.) boonop 'n skuldlas by die BIFSA

gehad, en eersgenoemde het voorgestel dat die Federasie dit as slegte skuld

113 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 19 February 1977, p. 4. 114

ECA(S.A.), Minutes of the National Sub-Committee on Labour Affairs, minute, 10 June 1977, pp. 3-5.

115 ECA(S.A.), Minutes of the National Sub-Committee on Labour Affairs, minute, 10 June 1977, p.

9.

(31)

Hoofstuk Vier

Die brief van mnr. R. Pinto, voormalige EAV(S.A.)-president, aan lede waarin hy hulle inlig oor die deaffiliasie van die vereniging by BIFSA

Geagte Lid,

~ rig hierdie persoonlike skrywe aan u in die lig van 'n verrykende besluit wat by 'n Algemene Vergadering van lede verlede maand in Johannesburg met 'n groot meer· derheid bevestig is.

Die besluit was geneem dat ons, na 'n affiliase wat al 30 jare lank duur, gaan bedank uit die Bounywerhede Federasie van Suid Afrika (Bifsa) en dit met effek op 1 Julie 1978.

Hierdie stappe is geneem en moet deur aile lede en ander betrokkenes beskou word as logiese evolutionere vooruitgang in die ontwikkeling van die E.A. V. Die E.A. V. is by die Registrateur van Nywerhede namens die Wet op Nywerheids Versoening van 1956 as verteenwoordigend van 'n vol geregistreerde nywerheid naamlik die Elektriese Aanneemers Bedryf ingeskryf.

In 1948 by die ontstaan van die E.A.V. het die meeste van ons lede geheel en al in die Bou bedryf gewerk, maar oor 3 dekades het ons werksomvang uitgebrei tot insluit· ing van elektriese werk in Konstruksie en lngenieurswese. Dit is die totale ontkenning van laasgenoemde feit deur Bifsa wat gelei het tot ons bedanking.

Daar is op die oomblik van ons lede wat vera I in die boubedryf werk en sekere menings is ook uitgespreek dat die bou kontrakteur 'n sub kontrakteur by rede van sy E.A.V. Lidmaatskap sal veronreg. lndien voorbeelde hiervan voorkom sal die E.A.V. inderdaad sterk daarteen optree. Daar word vertrou dat dit net in geisoleerde gevalle sal voorkom. U President het met die van Bifsa onderhoud gevoer en daar is ooreengekom dat oor Kontraktuele sake voortaan sal kommunikasie moet wees en dat uit praktiese oogpunt in die verband min verandering op 1 Julie sal plaasvind.

Ons Nasionale Uitvoerende Komittee het groot vordering gemaak in verband met die verskille oor geldsake. 'n Eenstemmige besluit is aanvaar om 'n Sentrale fondse op te bou (onder beheer van die N.U.K.) en om ook daarby genoegsame beheer en vondse by die takke te behou om sodoende sterk takke op te bou en te behou.

Dit is aangenaam om lede daarvan te verwitti.9 dat erkenning ons nou deur 'n menigte belangrikes toegestaan word en dat daar selfs al 'n aansoek vir affiliasie ontvang is vanaf 'n kleiner. gevestigde sub-kontrakteurs vereeniging.

Ter afsluiting wil ek u vra om elke moontlike aanvaarbare firma nou as lid te werf en in die woorde van die wyse- "Opsaal want die E.A.V. is hier".

Met E .A. V. groete,

PRESIDENT

Bron: ECA(S.A.) Head Office, Edenglen, Germiston

(32)

afskryf. BIFSA wou nie,116 en het voorgestel dat die skuld oor 'n tydperk van 'n jaar

afbetaal word.117

Daarop het die EAV(S.A.) BIFSA versoek om te deaffilieer. Die vereiste was 'n

kennisgewing vooraf van ses maande.118 Aangesien die EAV(S.A.) as gevolg van 'n

hoe inflasie nie die verhoogde affiliasgeld aan die BIFSA (teen 1977 het die EAV(S.A.) se affiliasiegeld sowat 16% van BIFSA se jaarlikse begroting uitgemaak) kon betaal nie, het deaffiliasie vir die EAV(S.A.) die beste oplossing geblyk te

wees.119

Deaffiliasie is oorweldigend positief deur die lede van die EAV(S.A.) ontvang. Daarop is besluit om aansoek te doen om handelsaffiliasie by die BIFSA en die Central Electrical Industries Federation of South Africa (CEIFSA).120 Affiliasie by die CEIFSA is eers in 1979 toegestaan. Die CEIFSA het ook inligting in verband met die

voordele van deaffiliasie aan die EAV(S.A.) deurgestuur.121

4.8.2

Deaffiliasie - 'n bitter pil vir BIFSA

Die BIFSA het nie die entoesiasme van die EAV(S.A.) ten opsigte van deaffiliasie gedeel nie. Die verlies aan affiliasiegeld was waarskynlik een van die vernaamste

redes vir hul ontevredenheid. Op 3 April 1977 het die BIFSA 'n omsendbrief aan die

EAV(S.A.)-Iede gestuur. Volgens die EAV(S.A.) was die omsendbrief vol valshede,

en in reaksie is die EAV(S.A.)-Iede ook aangemoedig om by plaaslike MBA-takke

aan te sluit.

116

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 11 June 1977, p. 25.

117 ECA(S.A.), Report of the Director, report, 11 June 1977, pp. 15-16. 118

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 11 June 1977, p. 20.

119

ECA(S.A.), Report of the Director, report, 4 October 1977, p. 12; Geskrewe herinneringe, Mnr. Ralf Pinto, Voormalige president van die EAV(S.A.) tydens die deaffiliasieproses met BIFSA, 12 September 2000.

120

ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 15 October 1977, p. 7.

121 ECA(S.A.), Minutes of a meeting of the National Executive Committee, minute, 23 June 1979, p.

14; minute, 26-27 October 1979, pp. 16-17.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

The discussions in section 3 and 4 on the use of matrix structures in the evaluation of steady-state probabilities in two dimensional queueing network models have shown this approach

Hoewel de trends tussen de baggeringrepen de verandering in trend laten zien door de jaren heen, worden ook in deze methode temporele effecten niet volledig

oor die bestuur, aankoop of verkoop van grand of geboue wat aan die r aad behoort.. het; die moniteri n g van die geldsake van die dorp en die formulering van

To validate that this method measured helping behavior, we examined whether children helped more/faster when the agents needed help (experiment condition) than when the agents did

Degenen die zich identificeren, ervaren mogelijk sterker online engagement door de communicatiestijl dan mensen die zich niet met haar identificeren, omdat zij zich meer

[r]

Het voorwerp wordt dan op de hoofdas over een afstand van 1,5f dichter naar de lens geschoven... Op een zomerdag duikt Joost in

lngevolge Artikel 35 (I) van die Grondwet kan die howe van vergelykbare buitelandse hofbeslissings gebruik maak wanneer die bepalings van onder andere hoofstuk 3