• No results found

INLEIDING, PROBLEEMSTELLING, DOEL- STELLING, HIPOTESE EN WERKSWYSE

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "INLEIDING, PROBLEEMSTELLING, DOEL- STELLING, HIPOTESE EN WERKSWYSE "

Copied!
51
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

INLEIDING, PROBLEEMSTELLING, DOEL- STELLING, HIPOTESE EN WERKSWYSE

1.1. INLEIDING

Kinders is fyn waarnemers van mekaar se liggaamsdele, kleredrag, gebreke, deugde en tekortkominge. Hierdie feit kom aan die lig in 'n taalspeletjie waar die kinders met mekaar die spot dryf. Die onderwerpe van bespotting word vergelyk met iets uit die alledaagse lewe of konteks. Op hierdie wyse word 'n beeldryke genre of taalspeletjie geskep met 'n eiesoortige status, struktuur en funksie. Dit kan oak met reg getipeer word as die basis vir beeldspraak wat in meer ingewikkelde genres voorkom. Op 'n vroee tydstip word kinders blootgestel aan 'n basiese element van literatuur wat dus later van nut en waarde kan wees vir die skepping van meer komplekse I ite ratu u rti pes.

1.1.1. Wat is spotterny?

Die gebruik om met mekaar die spot te dryf staan onder Tswanasprekendes as "Go kgobana" of "Go kgalana" bekend. Die werkwoord "kg6ba" word deur Snyman (1990:64) soos volg vertaal:

kg6ba, satirize, mock I hekel, spot.

Die werkwoord "kgala" word deur Snyman (1990:61) vertaal met:

kgala, reproach, reprimand, criticise I teregwys, berispe, kritiseer, verwyt

Die resiprokalis agtervoegsel "-ana" wat "mekaar" beteken word aan die werkwoorde gevoeg en "go kg6bana" beteken gevolglik "om mekaar te spot" en "go kgalana"

beteken " om mekaar tereg te wys of te kritiseer" (Ntsime et a/ 1989:92,238).

"Go kgobana" is deur die meerderheid Tswanasprekendes in 'n empiriese ondersoek as die mees aanvaarbare weergawe aangetoon.

(2)

Daar bestaan dus nie 'n Afrikaanse term vir die taalspeletjie soos aangetref by Tswanakinders nie. Die benaming "spotterny" is verkry vanuit die HAT (1994:995), en die betekenis daarvan word soos volg verklaar:

Spottende gesegde of daad; skerts, grap.

Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (1992:840) verklaar die betekenis van

"spotterny" soos volg:

skerts, bespotting, spottende uitlating.

Na aanleiding van bogenoemde aanhalings blyk spotterny 'n geskikte term te wees om die taalspeletjie onder Tswanakinders mee te tipeer.

1.1.2. Wie beoefen spotterny?

Spotterny word in groepsverband deur kinders beoefen. Die ontstaan van spotterny is diep gewortel in die wesensaard van die mens en in besonder, die denkwyse van die Tswana. Van der Walt (1 990:26-39) vergelyk die sienings en denkwyses van die Afrikaan en die Westerling waarin enkele aspekte met betrekking tot die beoefening van spotterny soos volg gemotiveer word:

Groepsdruk is sterk

Groepstatus is die norm en

Saligheid is om deur die groep aanvaar te word.

Die groep en groepsaktiwiteite speel dus van kleins

at

'n belangrike rol in die sosia- lisering van die Tswanakind. 'n Kind wat effektief aan spotterny wil deelneem moet reeds 'n basiese vlak van taalvaardigheid bereik het.

Die empiriese ondersoek het getoon dat spotterny grotendeels in 'n portuurgroep beoefen word en wei in die geslagsgroepe apart.

Die bepaling van status van 'n individu in die groep veroorsaak dat die lede in die groep met mekaar kompeteer. Die toedrag van sake het tot gevolg dat die spotterny op kompetisiebasis bedryf word. Elke spotter poog om die beste spottende gesegde uit te spreek om sodoende sy of haar status in die groep te verbeter. Kagan (1971: 140) bevestig hierdie tendens deur a an te voer dat:

(3)

The child typically wants acceptance from his peers, particularly those of the same age and sex as himself. This desire motivates him to adopt the standards of the peer group ...

De Wet en Van Zyl (1974:37) sluit aan by Kagan en voer aan dat aanvaarding deur ander, vriendskap en die status wat hulle in die groep beklee baie vir die ontwik- kelende kind beteken.

Van der Walt (1990:36) wys daarop dat die "Swart Afrikaan" baie klem plaas op persoonlike kommunikasie deur middel van die gesproke woord, vandaar die ryk mondelinge tradisie van raaisels, spreekwoorde, gesegdes, poesie, dramas en liedere. In die alledaagse lewe vind hierdie kommunikasie oak tussen kinders plaas.

Spotterny word as deel van hierdie interpersoonlike kommunikasie gesien.

Die ouderdomme van die kinders wissel vanaf ongeveer ses tot vyftien jaar. Die kinders bevind hulle volgens Piaget (1971 :soos aangehaal deur Rice 1990:171) in die volgende stadia naamlik:

• Voor operasionele stadium

• Konkreet operasionele stadium

• Formeel operasionele stadium

=

vanafongeveertweetotsewe jarige ouderdom.

=

vanaf ongeveer sewe tot elf of twaalf jarige ouderdom.

=

vanaf elf of twaalf jaar en op.

Die beoefening van spotterny kom hoofsaaklik binne die konkreet operasionele en vroee formeel operasionele stadia voor. In die voor operasionele stadium is die kind se denke slegs egosentries. Die gevoelens van ander wat gespot word, word onder- geskik gestel aan die aansien wat verkry kan word in die portuurgroep. Tydens die konkreet operasionele stadium begin die denke baie meer logies raak maar dit is steeds baie konkreet. Die kind poog om in die spottende gesegdes beelde te ge- bruik wat so konkreet as moontlik is. Deur dit te doen bepaal die spotter self die kwaliteit en trefkrag van die spottende gesegde.

Die kind bereik teen die ouderdom van vyf tot ses jaar taalvaardigheid en weet hoe om homself uit te druk en meer ingewikkelde sinne te gebruik. Dit bewys hoekom spotterny nie vroeer beoefen word nie.

(4)

Die kind wat as spotter optree kan as digter in die kleine gesien word aangesien sy of haar taalvermoee ook bepalend is vir die suksesvolle beoefening van spotterny.

Die beoefening van spotterny toon 'n daling teen die ouderdom van ongeveer 15 tot 16 jaar omdat hy of sy nie meer in kinderspeletjies belang stel nie.

Grove (1982:20) merk die volgende op aangaande die taalvermoee van 'n digter:

Hy het slegs die taal tot sy beskikking en hy moet dit ontwikkel tot 'n noukeurige en gevoelige instrument wat die fynste stemmingsnuanse kan weergee.

Spotterny kan dus beskryf word as 'n kompeterende taalspeletjie wat aangetref word by Tswanakinders tussen die ouderdomme van ongeveer 6 tot 16 jaar. Die kompe- tisie behels dat kinders met mekaar die spot dryf oor byvoorbeeld liggaamsdele, gebreke en kleredrag deur dit beeldryk en spottend te vergelyk met iets uit die konteks.

1.1.3. Hoe verloop spotterny ?

Vorme van speletjies wat ooreenkomste toon met spotterny, is deur Finnegan (1970:307) soos volg beskryf:

The sequences may be just for fun or may also include a definite competitive content making up a kind of game.

Spotterny is 'n vorm van tydverdryf. Die beeldspraak en vergelykings wat getref word verskaf aan die betrokkenes baie plesier. Die bespotting van verskeie onder- werpe in spotterny geskied grappenderwys en is satiries van aard. Volgens Pollard (1970:21) het satire die volgende ten doe! :

.. -to get your victims hopping mad and your audience laughing their heads off.

Spotterny het wei nie ten doe! dat die ontvangers kwaad moet word nie maar die reaksie van die gehoor stem wei ooreen. (Ooreenkomste tussen satire en spotterny word in hoofstuk 5 meeromvattend bespreek).

Sodra 'n groepie kinders met mekaar in sosiale interaksie verkeer word die aan- vanklike stilte deur 'n kind verbreek wat 'n openlike uitdaging rig.

Hierdie tipe uitdaging wat telkens die begin van spotterny inlei word die openings- formule genoem.

(5)

Die volgende voorbeelde is aangetref : a) A re kgobaneng!.

(Kom ons spot mekaar!)

b) Are kgalane re utlwe yo a tla kgalang yo mongwe thata ke mang.

(Laat ons mekaar spot sod at ons kan hoor wie die ander een die beste kan spot.) c) ljoo, nka go kgoba gore o be o tlhomoge pelo.

(Sjoe, ek sal jou spot sodat jy moed opgee.)

d) A re bone yo a ka fenyang ba bangwe ka go kgalana.

(Kom ons kyk wie kan die ander wen met spotterny.) e) Are kgalaneng re bone yo a itseng le yo a sa itseng.

(Kom ons spot mekaar sodat ons kan sien wie kan spot en wienie.) f) Are ikhintseng bodutu ka go kgalana.

(Kom ons verdryf die verveeldheid deur mekaar te spot.)

Aangesien die drang na selfgelding en kompetering 'n kenmerk van die kind in die fase is, word die uitdaging aanvaar en neem spotterny in aanvang. Die kinders se fyn waarnemingsvermoe en taalvermoe word op die proef gestel. Spot word gedryf met byvoorbeeld liggaamsdele, kleredrag en gebreke wat afwyk van die groepie en die samelewing se standaarde en norme. Dit word beeldryk en spottend met iets uit die konteks vergelyk. Die beeldspraak vorm die kern van die spottende gesegdes en moet treffend wees. Volgens Nienaber-Luitingh (1962:78) le die trefkrag van beeldspraak in die onverwagte nuwe blootlegging van besonderhede. Die spotter poog ook om sy portuurgroep te beindruk.

Die volgende spottende gesegdes is voorbeelde uit die opgetekende lys in Bylaag A:

0 mokima e kare kolobe e tlhapela mo seretseng. (Nr.118}

(Jy is so vet soos 'n vark wat in madder was.)

0 beile tlhogo e le tona e kare kgomo e ngadile furu. (Nr.17}

(Jy het n groat kop wat lyk soos 'n bees wat kwaad is vir voer.)

(6)

0 mpeetse moriri e kare materase wa dipeba. (Nr.9)

(Jy het hare soos 'n muismatras.)

Die kinders tree op as die gehoor en die beoordelaars terwyl hulle hulle beurt afwag om as spotters op te tree. Met elke kind teenwoordig kan egter oak mee gespot word.

Verskillende reaksies bestaan op die uitspreek van 'n spottende gesegde. Die gehoor se reaksie op die spotter se uitspraak toon die erkenning wat gegee word vir die spotter se paging. Hoe harder en hoe meer die gehoor lag en reageer, hoe hoer is die aansien wat die spotter in die portuurgroep geniet. So bepaal elke lid sy of haar status in die portuurgroep.

Die gehoor of lede kan soos volg reageer (Bylaag B):

• Om te lag

• Om aanmerkings te maak soos byvoorbeeld:

ljoo!, o go phadile.(Nr.19)

(Sjoe!, hy het jou gewen.)

ljoo!, o go apotse diaparo. (Nr.9)

(Sjoe!, hy het jou kaal uitgetrek)

• Om op hul beurt die gespotene verder te spot bv.

Kga!, o go kgadile gore o sale o swabile jaaka perekisi. (Nr.2)

(Kga!,hy het jou so gespot dat jy so verlep is soos 'n perske (baie teleurgesteld is.)

• Om 'n ander kind te spot sodra die aanmerkings gemaak is deur middel van spot- tende gesegdes.

Die kind met wie gespot is kan nou reageer deur met 'n ander kind te spot om sodoende die aandag van hom af te lei. Hy spot die kind wat met hom gespot het of hy spot met een van die ander lede wat hom so in sy verleentheid verlustig het. 'n Ander kind in die groep kan op die spottende gesegde wat uitgespreek is, probeer verbeter deur op sy of haar beurt as spotter op te tree.

(7)

Die kommunikasieproses by spotterny is kompleks aangesien elke kind op 'n spesi- fieke staduim die rol van sender( spotter) of gespottene (direkte ontvanger) of gehoor (indirekte ontvanger) kan vervul.

Die kompetisie gaan aan tussen die lede en hou nie op voordat die onderwerpe van bespotting uitgeput is en die spotterny afgewater en nie meer effektief is nie.

Om aktief te kan meedoen moet elke voornemende lid in staat wees om die onder- staande stappe te kan volg. Delong (1987:14) noem dit die stappe waarvolgens mense na mekaar kyk. Hierdie proses geskied egter baie vinnig en deurlopend. Die stappe om sistematies na 'n ander lid te kyk is die volgende:

• Observasie

• Analise

• I nterpretasie

• Evaluasie

Die lede in die groep volg die stappe terwyl hulle na 'n spotter luister. Ter selfde tyd wag elkeen sy beurt af om sy slag te wys. 'n Lid se ore word deur die spotter geeva- lueer volgens sy- of haar- of die groep se norme en standaarde. Hierdie norme en standaarde moet gedeel word deur deelnemende lede. Die spotter kan byvoorbeeld slegs 'n ander lid se ore as onderwerp van bespotting gebruik indien die ander oak dink dat sy of haar ore te groat of te klein is.

Wanneer kinders vir mekaar kwaad is en kwetsend optree beoefen hulle oak spot- terny. Die spottery is meer beledigend as bloat net kompetisie tussen lede. Redes vir sulke situasies kan een van die volgende wees:

a) Fa

yo

mongwe a tena

yo

mongwe.

(As een die ander een irriteer.) b) Fa re tenegile.

(As ons geirriteerd is.) c) Fare ngalane.

(As ons kwaad is vir mekaar.)

(8)

d) Fa yo mongwe a utlwisitse yo mongwe botlhoko.

(As een die ander seergemaak het!beledig het.)

Voorbeelde van spotterny wat meer beledigende en kwetsend van aard is, is byvoorbeeld:

Seledu sa gago e kete sebono sa katse. (Nr.11) (Jou ken lyk soos 'n kat se anus.)

Molomo wa gago e kete ntswapetla ya koko. (Nr.31) (Jou mond lyk soos 'n hoender se anus).

1.1.4. Hoekom is Spotterny nog nooit bestudeer of opgeteken nie?

Skeppinge van kinders is volgens Finnegan (1970:2) lank in studies oor die hoof gesien bloat net omdat dit nie in geskrewe vorm is nie. Die bewering kan dus gemaak word dat die mondelinge aard van spotterny as die rede aanvaar kan word waarom dit tot op hede min aandag geniet het en dus nie opgeteken is nie.

Oor kinderverse wat net soos spotterny ook skeppinge van kinders is, beweer Finnegan (1970:299) die volgende:

Little systematic interest has been taken in children's verse in Africa and though isolated instances have been recorded this has been done without any discussion of context or local significance.

Finnegan (1992:40) maak verder die stelling dat die bestudering van mondelinge letterkunde in Afrika en selfs by "African universities" marginaal van aard was en nie as belangrik beskou is nie.

Deur spotterny op te teken word dit in geskrewe vorm beskikbaar gestel en kan dit dus nie meer oor die hoof gesien word nie.

Skeppinge vir en deur kinders is in die verlede as onbelangrik beskou. Steenberg (1986:85) merk op dat dit wil voorkom asof die gevoel bestaan dat kinderboeke in die algemeen 'n subgenre is wat geen aansien en waarde het nie, en dat dit 'n stiefkind van die letterkunde is wat by die agterdeur ingesluip het.

Steenberg (1986:86-88) wys ook daarop dat daar drie sienings oor kinderliteratuur bestaan, naamlik:

(9)

• Die wat glo dat dit nie literatuur is nie,

• die wat onseker is en

• die wat oorluig is daarvan dat dit inderdaad 'n selfstandige en belangrike genre is.

Steenberg (1986:87) meld dat daar in Amerika en Europa, al meer handboeke oor kinderliteratuur verskyn. As die afleiding gemaak kan word dat oorsese tendense wereldwyd uitkring kan met reg gese word dat dit ook na Suid-Afrika sal oor spoel.

Hierdie tendens toon dat kinderliteratuur 'n polsende vertakking van die letterkunde is waarvan die eiesoortige aard en ontwikkeling nagevors moet word.

Die volgende word deur Jenkins (1989:7) te berde gebring wat kan bydra tot die motivering vir die bestudering van kinderliteratuur naamlik:

The findings of research into children's writing can be of great use to educationists.

It is to be hoped that more attention will be paid to this in South Africa than has been in the past.

Soos bevind vervul spotterny by die Tswanakind 'n belangrike opvoedingsfunksie en indien dit deur opvoedkundiges aangewend kan word sal dit van groot waarde vir die kind se ontwikkeling wees.

lndien literere toekennings vir kinderletterkunde onder die vergrootglas geplaas word kan daar duidelik waargeneem word dat hierdie genre groter erkenning begin geniet.

Jones (1983:1) wys daarop dat daar in Engels-sprekende Iande en lnternasionaal 144 toekennings en pryse vir kinderletterkunde bestaan. Hierdie tendens kan mettertyd ook in Suid Afrika aangetref word.

Waar skeppinge vir en deur kinders voorheen as onbelangrik beskou is en min of geen aandag geniet het nie, is dit besig om die kalklig van literere werke te betree.

Hierdie skeppinge is dus besig om sy regmatige plek in die literere sisteem in te neem.

(10)

1.2. PROBLEEMSTELLING

Aangesien die gebruik van spotterny by Tswanakinders nog nie voorheen opgeteken is nie ontsluit dit verskillende studiemoontlikhede op die gebied van die letterkunde.

Die probleemstelling van die studie word gebasseer op die volgende vrae:

1.2.1. Watter teoretiese raamwerk kan aangewend word om spotter- ny te bestudeer?

'n Eerste stap is dat daar doelgerig aangetoon moet word watter teoretiese raam- werk of benaderingswyse aangewend sal word vir die bestudering van spotterny.

Hierdie teoretiese raamwerk bied vir die wetenskaplike die apparatuur, tegnieke en metodes om tot 'n sinvolle ontsluiting van die kennis, die sistematisering van gege- wens en 'n sinryke gevolgtrekking te kom.

Aangesien spotterny 'n sub-genre is wat nog nooit bespreek of nagevors is nie is dit belangrik om dit as sulks te identifiseer, relevante elemente daarvan te klassifiseer en te sistematiseer. In die lig hiervan val die keuse van teoretiese raamwerk op 'n strukturele benaderingswyse. In hoofstuk 2 word strukturalisme bespreek en word getoon waarom daar op strukturalisme besluit is.

1.2.2. Waar pas spotterny binne die letterkunde?

Grabe (1992:148) definieer die genre soos volg:

Genre (Lat.genus) dui op die tipologie of klas waartoe 'n literere werk behoort.

Die vrae wat hier ter sprake kom is:

• As watter tipe genre sal spotterny ge'identifiseer word ?

• Waar kan spotterny geplaas word in die literere polisisteem?

Die onderskeidende literere eienskappe wat in spotterny van waarde is vir die tipe- ring as 'n bepaalde genre sal deurgaans met opgetekende voorbeelde gestaaf word.

1.2.3. Beskik spotterny oor 'n eiesoortige struktuur?

Om die vraag bevredigend te beantwoord moet spotterny as genre getoets word aan die vereistes wat geldigheid verleen aan:

• wat as kommunikasiemodel beskou word;

(11)

• wat as satire beskou word;

• beeldspraak as noodsaaklike bousteen;

'n sisteem met eiesoortige sintaktiese struktuur .

Die komplekse struktuur van spotterny sal afsonderlik onder die volgende sekondere vrae hanteer word:

1.2.3.1. Verloop dit op 'n bepaalde wyse?

Hoe verloop die kommunikasieproses vandat die openingsformule gestel is tot by die uiteindelike reaksie van die gehoor en hoe kan dit skematies voorgestel word? Die kommunikasieproses by spotterny is 'n komplekse sisteem. Hierdie kompleksiteit is toe te skryf daaraan dat spotterny mondelings geskied en die rolle van sender en ontvangers nie staties is nie maar roterend werk.

1.2.3.2. Beskik die spottende gesegdes oor 'n eiesoortige sintaktiese struk- tuur?

Die sintaktiese ontleding van die spottende gesegdes het getoon dat daar 'n bepaal- de struktuur bestaan ten opsigte van woord- en woordgroepgebruik. Die spottende gesegdes toon 'n bepaalde sintaktiese struktuur en 'n formule-matigheid bestaande uit 'n eerste lid, komparatief as inleidende lid en 'n komplementere lid.

1.2.3.3. Is spotterny satiries van aard?

Satire word deur Grove (1963:84) omskryf as:

'n Literere werk waarin die dwaashede en wanpraktyke van die mens aan die kaak gestel word en wel op so wyse dat die lag van die reggeaarde gemeenskap by die blootlegging van die euwel opgewek word.

Die vraag ontstaan of spotterny satiries van aard is en watter kenmerke van die satire in spotterny voorkom.

1.2.3.4. Hoe sien die beeldspraak daaruit en watter rol speel beeldspraak in spotterny?

Om die satiriese aard van spotterny te bewerkstellig is beeldspraak een van die belangrikste wapens en boustene wat deur die spotter of te wei die satirikus gebruik word. Vrae wat in verband met beeldspraak gevra word is:

• Hoe sien die beeldspraak in spotterny daaruit?

(12)

• Is die beelde wat gebruik word in die vergelykings van enige belang?

Die beeldspraak wat in die spottende gesegdes aangewend word is die belangrikste bousteen ten opsigte van die effektiwiteit van spotterny en moet dus aandag geniet.

1.2.4. Watter waardes en funksies het spotterny?

Die invloed wat spotterny op die kind se taal en sosialisering het is deurslaggewend vir die plek wat spotterny inneem binne die literere polisisteem. Wat dus bepalend is vir die voortbestaan van spotterny, is die vraag of dit oar enige waardes en funksies beskik wat van nut is vir die opvoeding en ontwikkeling van die kind.

1.3. DOELSTELLINGS

In die lig van die probleemstelling is die ooglopende doelwitte vir die bestudering van spotterny om:

I. Spotterny te definieer en te omskryf,

II. 'n Teoretiese raamwerk daar te stel vir die beskrywing daarvan,

Ill. Spotterny as 'n sub-genre te identifiseer, te klassifiseer en in die literere polisisteem van Tswana te plaas,

IV. Spotterny se eiesoortige struktuur ten opsigte van kommunikasie, sintaksis, satire en beeldspraak te analiseer en te bespreek,

V. Te wys op die waardes en funksies van spotterny as basiese woordkuns.

1.4. HIPOTESE

In hierdie studie word van die veronderstelling uitgegaan dat spotterny by Tswana- kinders getipeer word as deel van mondelinge kinderliteratuur wat as sub-genre onder poesie resorteer. Dit is satiries van aard en het 'n eiesoortige struktuur ten opsigte van kommunikasie, die sintaksis en beeldspraak. Dit vervul 'n baie belangri- ke rol in die opvoeding en ontwikkeling van die kind en het sosiale sowel as opvoedkundige funksies.

(13)

1.5. WERKWYSE

1.5.1. Veldwerk

Deur 'n empiriese studie is voorbeelde van spottende gesegdes ingesamel by 'n skoal in die Setlagole omgewing in die Noord-Wes provinsie. Tswana kinders is gevra is om spottende gesegdes op skrif te stel en oak te se waar, wanneer en waarom spotterny beoefen word. Die versamelde voorbeelde is in Afrikaans vertaal en is in Bylaag A en B opgeneem.

1.5.2. Literatuurstudie en toepassing

Die verdere verloop van die studie sal wees om literatuurstudie toe te pas en aan te wend in die analise en bespreking van spotterny. Voorbeelde van spotterny sal deurgaans gebruik word om stellings te staaf.

1.6. Hoofstukindeling

Hoofstuk 2.

Teoretiese begronding en afbakening.

Hoofstuk 3.

Genretipering Hoofstuk 4.

Sintaksis van die spottende gesegdes Hoofstuk 5.

Satire in spotterny Hoofstuk 6.

Waarde en funksies van spotterny Hoofstuk 7

Samevatting/Su mmary Bylaag A en B

Bibliografie

(14)

TEORETIESE BEGRONDING EN AFBAKENING

<>~no~<> ~no

2.1. INLEIDING.

Die strukturele benaderingswyse sal aangewend word vir die bestudering van spot- terny. Hierdie hoofstuk sal daaraan afgestaan word om meer lig te werp op die strukturele benaderingswyse en om te motiveer waarom daar van hierdie bena- deringswyse gebruik gemaak word.

'n Benaderingswyse is volgens Swanepoel (1992:14) die manier of wyse waarop daar op 'n wetenskaplike wyse met 'n bepaalde studieveld of studie-objek gehandel word. Malan (1985:13) is van mening dat wanneer die ondersoeker of wetenskaplike begin om feite, dit wil se gegewens in die teks stelselmatig te ondersoek, hy besig is met die basiese werksaamhede van die wetenskap. Literatuurwetenskap word soos volg gedefinieer:

Literatuurwetenskap is die sistematiese ondersoek na 'n bepaalde gebied van die werklikheid, nl. die literatuur.

Malan (1985:17) voer aan dat die belangrikste fases van literatuurstudie die volgen- de impliseer: beskrywing (die weergee van waarnemings), ontleding (die aantoon van die verhoudings tussen onderdele) en sintetisering (die byeenbring van die samestellende onderdele, formulering van gevolgtrekkings daaroor en interpretasie of die aantoon van betekenisverbande).

Die basis van die literatuurstudie is volgens Malan (1985:6) 'n kennis van die apparatuur, tegnieke en metodes wat nodig is om die teks sistematies te beskryf en te ontleed. Dit moet op sodanige wyse plaasvind dat 'n deeglike sintese en gefundeerde afleidings gemaak kan word. 'n Benaderingswyse bied die apparatuur, tegnieke en metodes om 'n studie planmatig, logies en samehangend te kan aanpak.

(15)

2.2. DIE STRUKTURELE BENADERINGSWYSE

2.2.1. Terreine van strukturalisme

Du Plooy (1986:122) wys daarop dat die strukturalisme nie net beperk is tot die studie van taal en literatuur nie. Strukturalisme is 'n stroming of benadering wat vroeg in die twintigste eeu oor die hele spektrum van wetenskaplike navorsing op byna aile vakgebiede merkbaar geword het.

Die volgende stelling word deur Stevens & Stewart (1987:33) gemaak waarin aangetoon word dat strukturalisme 'n omvangryke studieveld beslaan.

Structuralist studies do not necesarily attempt to give interpretations of literary works but to examine the structures underlying these works.

Die onderliggende strukture waarvan melding gemaak word verwys na 'n verskei- denheid studievelde wat met die struktuur van taal en tekste te doen het. Die studie van spotterny fokus op die volgende terreine van strukturalisme:

i) spottemy as deel van die literere sisteem, ii) die kommunikasie in spottemy,

iii) die sintaksis van spottemy

iv) satire en beeldspraak in spottemy en v) die funksie en waarde van spottemy.

Die vyf terreine word bestudeer vanuit 'n strukturele benaderingswyse en die klem word geplaas op beskrywing, ontleding en sintetisering. Om spotterny te kan plaas binne die literere polisisteem moet dit eerstens getipeer word as 'n genre op grand van onderskeidende kenmerke en poetiese elemente wat daarin vervat is. Die klem val dus op identifisering en klassifisering.

Sintaksis as taalwetenskap plaas die klem op die identifisering, klassifisering en die semantiese kombineerbaarheid van woordsoorte en woordgroepsoorte waaruit die spottende gesegdes bestaan.

Die sender, teks en ontvangers kombineer om die komplekse kommunikasieproses van spotterny te vorm. Satire en beeldspraak moet eerstens ge"identifiseer word. Die verskillende manifestasies daarvan word dan geklassifiseer waarna 'n kombinasie

(16)

(patroon of model). 'n Spreker in taal kies items uit verskillende paradigmas en kombineer hulle, volgens die reels van sy taalsisteem, in 'n bepaalde volgorde. Die spreker plaas die items op so manier in 'n kombinatoriese- of sintagmatiese verhou- ding tot mekaar en vorm 'n reeks of sintagma. Die spotter in spotterny gaan ook so te werk in die skepping van spottende gesegdes. Die sintaktiese element van spottende gesegdes word in hoofstuk 4 volledig bespreek

2.3.2. Literatuur as sub-sisteem van taal

Volgens Cloete (1985:40) is literatuur nie net taal in gebruik nie, maar in meer as een opsig soos taal, onder meer omdat betekenis ook in literatuur moontlik gemaak word deur 'n onderliggende sisteem van konvensies. Ook literatuur kan gesien word as 'n sisteem van tekens. Hierdie sisteem van tekens konstitueer die taalsisteem. Taal vorm die boustene van die literere sisteem of te wei die literere tekste. Lusweti (1984:7) stel dit so:

Literature is made from language which acts as the raw material for the building of literary texts.

Die letterkundige teks en sisteem resorteer onder die taal as polisisteem en letterkunde vorm 'n polisisteem in eie reg. Kinderletterkunde wat volgens Steenberg (1986:85) en Finnegan (1970:2) lank oor die hoof gesien is, is volgende in die hierargie en soos dit die geval is by letterkunde in Afrikatale word kinderletterkunde ook verdeel in mondelinge en geskrewe kinderletterkunde.

In aansluiting by Swanepoel (1987:56) kan die genoemde sisteme soos volg (Figuur 1) uiteengesit word:

(17)

Figuur 1. Taalsisteem tot literere sisteem Taal

Polisisteme

(bv. Engels,

I

Afrikaans, Tswana, Zoeloe, Xhosa, ens.)

Sub-sisteme

Letterkunde

Kinderletterkunde Volwasse letterkunde

Polisisteem

Sub-sisteme

Mondelinge kinderletterkunde Geskrewe kinderletterkunde

Spotterny

2.3.2.1. Die kanon van die literere sisteem

Tussen polisisteme, sub-sisteme, genres in die dinamiese stratifikasie, vind daar 'n dinamiese proses van kompetering om erkenning en status plaas om die kanon of sentrum te bereik en daar te bly.

Swanepoel (1987:59) is van mening dat werke en eienskappe wat gekanoniseerd is, die is wat binne 'n bepaalde tyd en konteks as toonaangewend getipeer is. Sekere werke, genres en eienskappe bevind hulle egter op die periferie en poog om nader aan die sentrum te beweeg.

(18)

Swanepoel (1985:105) haal vir Bronzwaer aan wat die volgende beweer:

Wanneer een genre in verval raak verschuift het van het centrum naar de periferie, en in zijn plaats komt, uit de kleinigheid van de literatuur, uit haar achtererven en kuilen, een nieuwe verschijnsel naar het centrum toestromen ...

Swanepoel (1987:59) noem dat die volgende vir elke sisteem, sub-sisteem, genre en eienskap van uiterste belang is:

... hoe nader dit aan die sentrum beweeg hoe grater die erkenning wat dit geniet, en andersom: hoe verder dit van die sentrum af beweeg hoe minder is die erkenning wat dit geniet.

Hy Jig dit verder toe met die bewering dat indien die kanon van 'n liten3re sisteem of 'n sub-sisteem eers eenmaal bepaal is, die groep kenmerke nagevolg of selfs verbeter word om kontrole oor die sisteem te handhaaf.

2.3.2.2. Die periferie van die literere sisteem

Spotterny is op die periferie van die literere sisteem aangesien dit nog nie voorheen opgeteken of bestudeer is nie. Om spotterny opgeneem te kry in die letterkundige polisisteem, sal 'n logiese beginpunt wees om dit te tipeer as 'n bepaalde genre. 'n Werk, skepping of genre moet oor bepaalde onderskeidende kenmerke, strukture, eienskappe en funksionele waardes beskik om as 'n genre getipeer te kan word.

Vrae wat gevolglik hier ontstaan is:

i) Op grand waarvan kan spottemy getipeer word as 'n genre?

ii) Wat is die kriteria waaraan spottemy gemeet kan word?

Lusweti (1984:7) noem dat:

Unless there is an aestic element and a recognizable form and structure there can be no literature at all.

Gevolglik moet die vorm en struktuur van die spottende gesegdes ondersoek word.

2.3.3. Genretipering

Die bestudering van die vorm en struktuur van die spottende gesegdes het ten doel om te bepaal waar spotterny inpas en as watter genre of sub-genre dit getipeer kan

(19)

word. By die indeling van genres word daar egter vera! gelet op die uiterlike, ma- teriele vorm en die taalsituasie, d.w.s. hoe die kommunikasie plaasvind. Van Luxemburg (1983:51 ,55) beskou die terrein van die strukturele benaderingswyse soos volg:

... de structuralistische literatuurwetenschap het object primair gezocht in het systeem van literaire regels en conventies, dat kenmerkend zou zijn voor literatuur, voor literaire genres of voor de literaire communicatie."

Die Franse woord "genre" beteken soort of tipe. 'n Werk moet getipeer word as 'n soort of tipe en dit kan gedoen word deur gebruik te maak van verskillende klassifkasiemetodes. Die volgende metodes kan aangewend word om 'n bepaalde werk te kan tipeer:

2.3.3.1. Genretipering volgens die beoogde werk en ontvangers.

Elder Olson (1961 :198) begin by die soort werk wat die auteur beoog en poog om regverdiging vir elemente te kry op grand van hul bydrae tot die geheel van die betrokke werk.

Culler (1975:136) noem dat:

.. a genre serves as a norm or expectation to guide the reader in his encounter with the text. ... genres constitute a contract between writer and reader.

Todorov (1975:3) sluit soos volg aan by Culler:

The study of genre at its best pushes readers to see literary works differently and to become aware of important elements and meanings that might otherwise go unnoticed.

Die kennis van 'n genre word deur Culler (1975:136) en Todorov (1975:3) as belangrik beskou aangesien dit vir die leser(ontvanger), help in die enkodering van die boodskap. Die ontvanger kry 'n leidraad of aanduiding van wat hy of sy te wagte kan wees.

Ben-Amos (soos aangehaal deur Rosenberg 1978:154) het mondelinge genres geklassifiseer na aanleiding van:

... the category of the folk: ethnic genres.

(20)

Die argumente van Ben-Amos (soos aangehaal deur Rosenberg 1978:154) is

oortuigend. Hy argumenteer dat:

Since the form of the tipes depends on the exigencies of cultural expression, they can be usefully understood only from the perspective of the culture which created them. To understand genre, then, we must know why they came about and under

/

what conditions they were perpetrated. Native, or ethnic, categories have qualitative and subjective principles of organization. They reflect the situation of the performance, social propriety, form, the speaker, and his audience.

Volgens Rosenberg (1978:154) deel Abrahams en Ben-Amos die volgende standpunte :

... the genre is determined by setting, time, place, and purpose. Context is the most impotant; it determines how the participants in the traditional performance will interpret the performer's actions. They will consequently know how to respond.

Die konteks, senders en ontvangers en die wyse van voordrag is bepalend in die tipering van spotterny as genre.

2.3.3.2. ldentifikasie van onderskeidende kenmerke.

Nog 'n metode wat aangewend kan word is om elemente wat in werke mag voorkom te identifiseer en as norm vir genre te gebruik. Stevens & Stewart (1987:25) sien dit soos volg:

.. studies simply recognize common elements in a number of literary works, elements that seem significant enough to justify using them as basis for classification and

discussion.

Jakobson, (soos aangehaal deur Hawkes 1977:61 ), beklemtoon die literariteit van 'n werk as volg:

It is not literature in its totality but literaryness i.e. that which makes of a given work a work of literature.

Finnegan (1970:3) stel dat poetiese elemente nie net 'n onnodigheid by 'n reeds bestaande letterkundige werk is nie, maar dat hulle 'n integrale deel in sy valle erkenning as kunswerk vorm.

(21)

2.3.3.3. Kriteria vir genretipering.

Om 'n letterkundige werk as 'n bepaalde genre te kan tipeer moet dit volgens Van Luxemburg (1983:155-163) en Malan (1985:23) aan bepaalde kriteria ten opsigte van die volgende voldoen:

I. Taalsituasie II. Abstrakte inhoud III. Tema

IV. Styl

V. Pragmatiese werking VI. Leeshouding

VII. Materiele vorm

Fowler (1982:38) maak die volgende stelling in verband met 'n literere genre wat vir hierdie studie van waarde kan wees:

The literary genre, moreover, is a type of a special sort. When we assign a work to a generic type, we do not suppose that all its characteristic traits need be shared by every other embodiment of the type.

'n Bepaalde werk hoef dus nie noodwendig aan al die kriteria van 'n gegewe genre te voldoen nie. Die tipering kan dus geskied op grand van enkele en nie al die kriteria soos deur Van Luxemburg (1983:155-163) en Malan (1985:23) gestel nie.

2.4. STRUKTURALISME EN KOMMUNIKASIE

Mondelinge letterkunde bestaan nie uit 'n regiede, vasgestelde kommunikasieproses nie aangesien die sender en ontvanger teenwoordig is. Daar is unieke faktore wat die mondelinge kommunikasieproses kompliseer. Rosenberg (1978:163) noem in die verband die volgende:

The oral performer gestures, uses facial expressions, varies the tone and timbre of his voice, moves his body expressively, and changes the syntax and lexicon of his utterance, ....

Mondelinge letterkunde word soos volg deur Lusweti (1984:2) gedefinieer:

Oral literature is that which is composed, performed and transmitted orally.

(22)

Die persoonlike kontak tussen die sender, ontvanger en gehoor het tot gevolg dat die kommunikasieproses 'n oop sisteem vorm. By geskrewe letterkunde kan daar nie onmiddelike terugvoer of direkte interaksie wees nie. Die skrywer (sender) kan nie onmiddelik beinvloed word deur die leser(ontvanger) nie. Die skrywer (sender) kan nie dadelik reageer op vrae of kommentaar nie. Die sender van mondelinge letterkunde is teenwoordig en onmiddelike terugvoer en reaksie is moontlik. Die teenwoordigheid van al die persone betrokke by die kommunikasieproses het dus 'n groat invloed op die aard van die hele kommunikasieproses.

2.4.1. Die kommunikasiemodel van Roman Jakobsen

Alhoewel die kommunikasieproses van mondelinge letterkunde baie meer gekom- pliseerd is as geskrewe letterkunde kan die beskrywing daarvan sinvol geskied deur gebruik te maak van Jakobson se kommunikasiemodel. Die kommunikasiemodel van Jakobson word soos volg deur Cloete (1985:40) voorgestel:

Figuur 2. Die kommunikasiemodel van Roman Jakobson volgens Cloete (1985:40)

Sender Skrywer

Kode

---~

Kanaal

Konteks/werklikheid Boodskap

Teks Kode

---~

Kanaal

Ontvanger Leser Kode

Hawkes (1977:83) en Scholes (1974:124) stel egter Jakobson se kommunikasie- model soos volg voor:

Figuur 3. Die kommunikasiemodel van Roman Jakobson volgens Hawkes (197783) en Scholes (1974124)

Sender Adresser

Context Message

··· ··· ···

Contact Code

Receiver Adressee

(23)

Volgens Hawkes (1977:83) bestaan aile kommunikasie uit die volgende:

All communication consists of a message initiated by an addresser, whose destination is an addressee. The message requires a contact between addresser and addressee, which may be oral, visual, electronic or whatever. It must be formulated in terms of a code: speech, numbers, writing, etc.

And the message must refer to a context understood by both addresser and addressee, which enables the message to make sense - as (we hope) the context of the present discussion enables individual phrases and sentences to be meaningful where otherwise (uttered at, say, a football match) they would not.

2.4.2. Die verbale kommunikasiemodel van Swanepoel.

Die persoonlike kontak by mondelinge letterkunde het implikasies vir die voorstelling van die kommunikasieproses. Swanepoel (1987:171) stel die kommunikasiemodel soos volg voor:

Figuur 4. Verbale kommunikasiemodel volgens Swanepoel (1987:171)

Proses A (Die sendersas : mondelinge komposisie, voordrag en oordrag) ( Simultane realisering ) {

SENDER

Proses B (Die ontvangersas: mondelinge reaktiewe interprestasie)

I

Nie-verbaal

11---l{

.__

___

Kinestiek _.

Kommunikasie middele

I

VERBAAL

Supra- segmentaal

...________,

....__ Segmenteel -

(B)

(S) (0) ~r=J

MONDEUNGE TEKS

C>->? I

I

Determinate vir sekere karakteristieke (komposisioneel, struktureel en lnhoudelik)

J

Segmenmteel

f--

-1 -1..._____ _ Verbaal __,1 L

H

Kommunikasie "dd I

I

r~---1

I

1

1

Resepsie

m1 ee

-J

Nie-verbaal Kinestiek

L

KONTEKS

(24)

In hierdie model van Swanepoel bestaan die mondelinge letterkunde uit twee prosesse te wete: Proses A en Proses B.

Proses A is die belangrikste en begin by die sender. Die sender het - anders as 'n skrywer - nie net teks tot sy beskikking nie maar hy kan verbaal en nie-verbaal kommunikeer. Die nie-verbale of buite-tekstuele kanaal stel kommunikasiemiddele beskikbaar vir die sender wat hy onmiddelik tot sy beskikking het. Dit is tydelik van aard en fokus op: sy liggaam, sy stem, sy algemene voorkoms en kleredrag en die konteks. Swanepoel (1987:172) noem dat hierdie faktore saamgevat kan word onder visuele en ouditiewe effekte waarin die dramatiese eienskappe van mon- delinge letterkunde gesetel is. Finnegan (1970:3) onderskei die volgende faktore as belangrik vir die kommunikasieproses van mondelinge letterkunde:

.... expressiveness of tone, gesture, facial expression, dramatic use of pause and rhythm, the interplay of passion, dignity or humor and receptivity to the reactions of the audience.

Finnegan (1970:3) beklemtoon bogenoemde verder deur te beweer dat:

Such devices are not mere embellishment superadded to the already existent literary work but an integral as well as flexible part of its full realization as a work of art.

Die veranderlike faktore laat die mondelinge letterkunde dinamies, ritmies en klankryk lewe. In aansluiting hiermee noem Swanepoel (1987:172) dat die klank- rykheid geeksploiteer word. Die verandering in stemtoon, beklemtoning en intonasie word ook effektief aangewend om spesiale effek te verkry. Swanepoel (1987:172) vat Proses A soos volg saam:

Deur hierdie twee kanale(tekstueel en buite-tekstueel) wat volgens alle aanduidings simultaan moet realiseer, word die ontvanger bereik. Hierdie gekodeerde bood- skap kan hy nou algaande dekodeer, sy reaksie daarop toon en op 'n direkte wyse betrokke wees en bly in die voltooiing van die hele proses.

Proses B geskied nie nadat proses A afgehandel is nie maar geskied gelyktydig op 'n wedersydse basis. Aile middele wat die sender aanwend om die korrekte bood- skap by die ontvanger tuis te bring is ook indirek gerig op die gehoor.

(25)

Die gehoor het dieselfde middele tot hul beskikking waardeur hul hulself kan laat geld. In verband met die gehoor gee Finnegan (1970:10) die volgende uitspraak wat die belangrikheid van hul teenwoordigheid in mondelinge letterkunde staaf:

An audience of some kind is normally an essential part of the whole oral literary situation, the audience is something which the sender can exploit as well as be influenced by.

Die verskil tussen mondelinge en geskrewe literere vorme word deur Finnegan (1970:11) soos volg verklaar:

This possibility of both clarification and challenge from members of the audience and their effect on the performance is indeed one of the main distinctions between oral and written literary pieces.

Die beoefenaars van spotterny met hul aktiewe deelname en wisselende rolle maak dus van spotterny 'n interressante vorm van mondelinge letterkunde.

2.4.3. Kommunikasie en konteks.

Naas die belangrikheid van die sender, boodskap en gehoor is die konteks ook van kardinale belang in die kommunikasieproses van mondelinge letterkunde. Die model van Swanepoel (1987:171) soos vervat in hierdie studie toon dat die konteks noodsaaklik is vir die mondelinge kommunikasieproses. Hawkes (1977:83) plaas die klem op die konteks in die kommunikasieproses en beweer:

The central point to emerge from Jakobsen's account of communication is that the

"message" does not and cannot supply all of the "meaning" of the transaction, and that a good deal of what is communicated derives from the context." ... " All meaning is context-sensitive and is not a stable, predetermined entity which passes, untrammelled, from sender to receiver.

Die belangrikheid van die konteks le op dieselfde vlak as die sender, ontvanger en boodskap in die mondelinge kommunikasieproses. Die konteks is bepalend vir die kodering van die boodskap deur die sender, die enkodering daarvan deur die ont- vanger en die gehoor. Die konteks, agtergrond en kennis van die sender, ontvanger en gehoor moet gedeel word om sodoende die boodskap sinvol, verstaanbaar en effektief oor te kan dra.

(26)

2.5. STRUKTURALISME EN SINTAKSIS

Cloete (1985:40) noem dat strukturalisme die insigte van die taalwetenskap direk gebruik om die taal van die literere teks te beskryf. Die verspreiding van elemente wat deur sintaksis omskryf is, word in 'n teks bestudeer. So kan daar nagegaan word watter patrone deur klanke, adjektiewe, selfstandige naamwoorde, werkwoorde en ander woordgroepe gevorm word.

Aan die ander kant is daar die strukturalisme wat van die standpunt uitgaan dat literatuur nie net taal gebruik nie, maar in meer as een opsig self soos taal is.

Literere tekste is taal in verskillende vorme. Die literere teks, hetsy dit in mondelinge of geskrewe gestalte manifesteer, het sy bestaan aan taal te danke. (Vergelyk oak Lusweti (1984:7) in die verband).

De Saussure (1966:1-12) onderskei drie vlakke in die bestaan van die taal:

language, wat die totale psigiese en fisiese menslike taalvermoe insluit,

langue, die stelsel waaruit die taal bestaan, en

• parole, wat na die persoonlike taaluiting van die individu verwys.

De Saussure sien die langue as die objek van die linguistiek, dit wil se, hy wil die taalstelsel beskryf, ontleed en bestudeer. Die basiese element in die linguistiese struktuur is die teken. Die teken word gerealiseer op twee vlakke en vertoon dus twee aspekte, die signifiant, die betekenaar ('n woord) wat die vormaspek van die teken is en die signifie, die betekende(betekenis van die woord), dit wat die teken aandui of beteken.

2.5.1. Linguistiek van spotterny.

In die bestudering van spotterny sal die aandag gevestig word op die langue, die stelsel waaruit die taal bestaan, en parole, dit wil se die persoonlike taaluiting van die spotter. Visser (1982:55) wys daarop dat in 'n paging om vas te stel wat die objek van 'n linguistiese ondersoek is, die " ... parole - actual speech-acts or utterances .. " aangewys is as die essensiele objek.

Die woorde in 'n teks of in die spottende gesegdes is die uitinge van persone. Dit is om die rede dat taalkunde aangewend moet word in die bestudering van tekste. Van Luxemburg (1983:50) noem dat:

(27)

De belangrijkste richtingen in de structuralistische literatuurwetenschap zijn linguistisch ge·inspireerd.

Die strukturalistiese benadering tot die literatuur is volgens Du Plooy (1986:123) nou verwant aan en afhanklik van die strukturalistiese bestudering van taal in linguistiek.

Culler (1975:55) lig toe dat linguistiek belangrik is as die volgende te berde gebring word omtrent Jakobson se poetiese analise:

For anyone interested in applying linguistic methods to the study of literature an obvious procedure would be to use the categories of linguistics to describe the language of literary texts.

Jakobson maak volgens Halliday (1973:217) die stelling dat:

Insistence on keeping poetics apart from linguistics is warranted only when the field of linguistics appears to be illicitly restricted.

Die bestudering van literere tekste moet dus op een of ander wyse linguisties bestudeer word.

2.5.2. Sintaksis van spotterny.

Die sintaktiese struktuur van spottende gesegdes, of te wei die teks waarmee gewerk word, moet ontleed word om sodoende die formule-matigheid wat bestaan aan te toon. Culler (1975:55) stel soos volg voor dat 'n sintaktiese ondersoek soos volg gedoen word:

Since literature is first of all language and since structuralism is a method based on linguistics, the most likely meeting place is that of the linguistic material itself. The linguist might analize the syntactic structures of sentences ...

Die aantoon van formule-matigheid word deur Hawkes (1977:59) as 'n belangrike faset van strukturalisme bestempel. Hy neem die volgende standpunt in:

It is clear that a concern with form must rank as one of the central "structuralist"

preoccupations, ....

Ten opsigte van sintaksis kan samevattend aangevoer word dat die strukturalis by die bestudering van 'n literere teks - mondelings of geskrewe - dit as taaluiting of te wei parole kan bestudeer. Die analise van woorde en woordgroepe soos dit

(28)

manifesteer in die spottende gesegdes sal ook tot onderwerp gebring word. Die struktuur van die vergelykings en beeldspraak sal ook hier aandag geniet.

2.6. STRUKTURALISME VAN SATIRE EN BEELDSPRAAK

Satire en beeldspraak is aanvullend tot mekaar in die opsig dat die een gebruik word om die ander te vorm. Beeldspraak is een van die boustene van satire in spotterny.

Snyman (1983:174-175) is van mening dat hoe grater element van spot teenwoordig is hoe meer satiries raak die werk. Die beeldspraak en vergelyking word aangewend om 'n spottende gesegde saam te stel.

Soos satire, word beeldspraak bestudeer volgens die strukturele benadering deur die sinstruktuur te analiseer. Van Staden (1980:58) se dat:

In die strukturele benadering word beeldspraak beskryf op grond van die struktuur van die sin( of sinstuk) waarin die beeldspraak voorkom.

Van Staden (1980:58) vul die stelling verder aan deur te noem dat die strukture van taalsimbole (woord, woordgroep, sinstuk en sin) bestudeer word en dat 'n taal- simbool bestaan uit 'n klankeenheid(vorm) en 'n betekenis(semantiese aspek). Hy vat bogenoemde saam deur te se dat beeldspraak beskryf word op grand van vorm en betekenis.

Van Staden (1985:4) wys voorts daarop dat:

In die strukturele benadering is die onhanteerbare hoeveelheid vorme van beeldspraak verminder tot twee: naamlik die vergelyking en metafoor.. ...

In spotterny bestaan die beeldspraak wat aangetref word hoofsaaklik uit vergelykings maar enkele metafore word ook aangetref.

2.7. SAMEVATTING

Strukturalisme beslaan 'n wye studieveld. Vir die doel van hierdie studie is dit nodig om te konsentreer op enkele terreine van strukturalisme naamlik, die sisteem, kommunikasie, sintaksis, beeldspraak en satire en laastens die kombinasie van al bogenoemde wat die funksie en waarde van spotterny bepaal.

(29)

GENRETIPERING

<>~no~<> ~no

3.1. INLEIDING

Die doel van hierdie hoofstuk is om spotterny as sub-genre te tipeer en dit te plaas binne die literere polisisteem van Tswana. Hierdie genretipering is geen maklike taak nie. Dit is reeds deur verskeie bekende letterkundiges opgemerk. Alastair Fowler (1982:40) voer eerstens aan dat:

... genres at all levels are positively resistant to definition.

Fowler (1982:114) argumenteer dat die beskrywing van sub-genres probleme verskaf wanneer hy dit soos volg stel:

... subgenres are so numerous that, being mostly unlabeled, they are unrecognized in the main, and hard to describe.

Swanepoel (1985:103) is van mening dat:

The moment we start classifying and defining, we come to realize the immeasurable complexity of the subject

Die tipering van genre en sub-genre is dus problematies en moet met groat omsigtigheid aangepak word.

3.2. WAT IS 'N GENRE?

3.2.1. Definisies van genre

Die voorveronderstelling vir die sinvolle genretipering is helderheid oor dit wat met die begrip "genre" bedoel word. Volgens Cilliers (1988:96) is die Franse woord

"genre" die mees algemene vertaling van vroeere Griekse terme en Romeinse terme

(30)

soos species of genus. Ten einde egter te toon wat in die onderhawige studie met die begrip "genre" bedoel word, word die hipotese van Cilliers (1988:96) aangehaal:

'n Genre behels die kategorisering van literere objekte enersyds op grond van

tradisionele oorwegings, andersyds omdat die objekte sekere gemeenskaplike kenmerke vertoon.

Swanepoel (1985:103) noem dat genres werke is wat die volgende toon:

.. common characteristics of organization and structure.

Genres bestaan uit hoofkategoriee te wete epiek, liriek en drama as verskillende tipes en subtipes. Peck & Coyle (1984: 1) noem dat die hoofklassifikasie van genres vandag volstaan by poesie, drama en die novelle.

Die tipes en subtipes moet voldoen aan bepaalde kriteria om onder een van bo- genoemde drie geklassifiseer te kan word. Die vraag is egter nou hoe genretipering in die verlede hanteer is.

3.2.2. Genretipering van toeka tot nou

Cilliers (1988:96-111) bespreek die tradisionele oorwegings breedvoerig in sy artikel genaamd "Genresisteme in die Klassieke letterkunde en die nawerking daarvan in die Westerse letterkunde". Vir hierdie studie word na enkele aspekte daarin verwys.

Die tradisionele oorwegings wat genoem word kan terug gevoer word na Plato (429- 347 v.C.). Hy het toe reeds 'n onderskeid tussen literere werke gemaak op grand van aanbiedingswyse. Gebaseer op die wyse van uitbeelding het Plato by die volgende uitgekom nl. suiwer poesie, drama en epos. Die grondliggende onderskei=

dingskriterium in beide Plato en Aristoteles (384-322 v.C.) se genresisteme is mimesis of te wei die nabootsing van die werklikheid in die werke. Aristoteles verfyn die onderskeid en noem die volgende:

I. Medium (bv.stem, skrif)

II. Voorwerp van nabootsing (bv.gewone mense, helde, konings ens.wat nageboots word in die genre)

Ill. Wyse van aanbieding (narratiewe aanbieding of 'n dramatiese voorstelling waarin al die karakters self praat)

(31)

Hierdie kriterium van wyse van aanbieding het volgens Cilliers in die moderne tyd in die vorm van taalhouding en kommunikasiesituasie die belangrikste indelings=

beginsel van genres geword.

Die volgende belangrike figuur wat 'n bydrae tot die genreteorie gelewer het was die Romein, Horatius wat die kriteria van versmaat en inhoud gebruik. In aansluiting by Horatius volg Quintilianus (30-100 n.C.) en hy plaas oak die klem op versmaat en styl.

Die moderne indelingskriteria wat voortvloei uit die tradisionele oorwegings is volgens Cilliers (1988:1 06-1 08):

I. Taalhouding of kommunikasie II. Tematiek en

Ill. Styl

3.2.3. Genretipering van mondelinge letterkunde

Die probleem wat ontstaan sodra beweeg word na die studie van letterkunde in Afrikatale is dat daar nag 'n faset aanwesig is, naamlik mondelinge letterkunde.

Bogenoemde genre-indelings en beskrywings is hoofsaaklik van toepassing op geskrewe letterkundes. Swanepoel (1985:1 02) verklaar egter dat:

During the course of centuries there seems to have been consensus that verbal art does fall into these three ultimates - epic, lyric and drama.

Die ryk tradisie van die mondelinge letterkunde in die Afrikatale moes in die literere polisisteem van geskrewe genres opgeneem word. Mondelinge letterkunde het ken- merke en ooreenkomste met geskrewe letterkundes en dit sou onaanvaarbaar wees om 'n eie mondelinge literere sisteem te skep by 'n reeds bestaande literere sisteem.

Poesie is immers poesie, of dit nou mondeling of geskrewe is. Finnegan (1970:23) maak die stelling dat:

... criteria in relation to oral literature are much the same as in the case of written literature.

Finnegan (1970:23) noem dat die volgende ten opsigte van mondelinge letterkunde se genrtipering:

(32)

a) some cases are clear cut b) other cases are not so clear

c) Verbal forms that are clearly marginal: obviously not "literature" in their own right, and yet not irrelavant to literary formulation and composition."

lndien mondelinge letterkunde vergelyk word met geskrewe letterkunde is sekere genres maklik identifiseerbaar en ander weer nie. Laasgenoemde is gevalle waar die aanvaarbare kenmerke van literatuur duidelik sigbaar is of waar die Afrikataal voorbeeld vergelykbaar is met die bekende Europese kultuur. Slegs een kenmerk kan duidelik wees en op grand daarvan kan die aanname nie gemaak word dat dieselfde kenmerke of eienskappe gedeel moet word met byvoorbeeld Engelse letterkunde nie. Mondelinge letterkunde wat voorheen nie belangrik beskou is nie is dus volgens Finnegan (1970:23) nie onbelangrik nie.

Volgens Finnegan (1970:24) word mondelinge vorme van letterkunde binne die meeste definisies van letterkunde beskryf. Geskrewe letterkunde het dus 'n groat invloed op die ontwikkeling van letterkunde in Afrika gehad. In verband hiermee beweer Swanepoel (1985:1 03) dat:

This evolution from the oral tradition, together with the adoption of literary forms from outside, gave a unique character to the genres of Southern Africa. The evolution is not always as predictable as one would have expected. It often amounts to more than gradual evolution. It sometimes proceeds by leaps and bounds. There can even be a cross-fertilization of genres.

Die tradisionele letterkunde soos dit aangetref is in Afrika neem eienskappe van meer moderne en bekende genres aan.

3.2.4. Die aanwending van eienskappe en ooreenkomste in genre- tipering

Elke literere werk beskik oor bepaalde eienskappe en ooreenkomste met bestaande werke wat die plasing en tipering daarvan as 'n genre of sub-genre sal vergemaklik.

Fowler (1982:20) merk op dat:

Every work of literature belongs to at least one genre.

(33)

Cairns word deur Fowler (1982:39) soos volg aangehaal:

Every genre can be thought of as having a set of primary or logically necessary elements which in combination distinguish that genre from every other genre.

Genres is soos die lede van 'n familie, daar is tog trekke na mekaar maar daar is ook verskille (Fowler 1982:40). Die eienskappe wat van 'n genre 'n genre maak kan dus gesien word as 'n versameling onderskeidende eienskappe of as 'n generiese repertoire. Fowler (1982:55) definieer hierdie generiese repertoire waaruit 'n genre bestaan as volg:

The generic repertoire is the whole range of potential points of resemblance that a genre may exibit. Although the process whereby we identify genre is obscure, retrospective analysis can arrive at many characteristic features. Every genre has a unique repetoire, from which its representatives select characteristics.

'n Genre maak dus gebruik van die repertoire van eienskappe in die opbou van tipiese voorbeelde. Elke genre het eie unieke kenmerke en eienskappe wat onder- skeiding van ander genres tot gevolg het. Fowler (1982:18) wys egter daarop dat elke genre wei sy eie kenmerke het maar dat dit nie noodwendig in elke eksemplaar daarvan duidelik sigbaar of teenwoordig hoef te wees nie.

Fowler (1982:73) bevestig bogenoemde deur te noem dat:

.. a few striking traits effectively characterize a genre.

Hy beweer (1982:60-74) die volgende aangaande 'n voorbeeld van 'n bepaalde genre:

1) Most kinds have a distinctive representational aspect..

2) Every kind is characterized by an external structure.

3) As every kind has a formal structure, so it must have size. Size counts as a critical factor from a generic point of view.

4) Occasion, in its imaginary, attenuated form, coalesces with the stylistic feature attitude, which is often characteristic in the short poetic kinds.

5) An appropriate style.

(34)

Om 'n stuk werk dus as 'n genre te kan tipeer is 'n goeie kennis van ander nou verwante genres van groat belang. In hierdie studie het ons te doen met 'n monde- linge vorm van kinderletterkunde wat nog nie voorheen bestudeer of as genre getipeer is nie. Die problematiek wat hier ontstaan is reeds deur Fowler (1982:33,34) soos volg aangespreek :

Naturally, new forms are hard to describe: it takes time to develop a critical language for exploring them.

3.3. DIE IDENTIFISERING VAN ONBEKENDE OF VREEM- DE GENRES MET 'N TOEPASSING OP SPOTTERNY

3.3.1. Genretipering volgens Bhatia

Hoe 'n vreemde werk getipeer word as 'n genre is 'n vraag wat opgelos word deur Bhatia (1993:22-41 ). Hy noem sewe stappe by die analise van onbekende of vreemde genres naamlik:

1) Placing the given genre-text in a situational context.

2) Surveying existing literature

3) Refining the situationaVcontextual analysis 4) Selecting corpus

5) Studying the institutional context.

6) Levels of linguistic analysis

a) Analysis of lexico-gramatical features b) Analysis of text patterning or textualization c) Structural interpretation of the text-genre 7) Specialist information in genre analysis

Dit blyk dat hierdie sewe stappe van Bhatia (1993:22-41) 'n groat bydrae kan I ewer tot die probleemoplossing van die onderhawige studie. Vervolgens word daaraan meer aandag geskenk.

(35)

3.3.1.1. Plasing van die genre-teks binne situasionele konteks.

Die onbekende genre moet eerstens beskryf word en tweedens moet die konteks waarin dit afspeel bespreek word. Spotterny as genre is reeds in hoofstuk 1 be- spreek. Die konteks is egter van kardinale belang vir die effektiewe funksionering van spotterny en sal dus oak in hierdie hoofstuk bespreek word.

3.3.1.2. Ondersoek van bestaande letterkunde

Voorkennis wat hier ter sake is, is kennis van bestaande letterkundige werke en die aard en inhoud daarvan. In die geval van hierdie studie moet kenmerke van poesie en in besonder eienskappe wat van 'n bepaalde werk poesie maak, bekend wees. Hierdie onderskeidende kenmerke kan gevolglik aangewend word om te bepaal waarom spotterny beskou word as deel van poesie.

a) Ooreenkomste tussen poesie en spotterny

Die volgende is definisies van poesie wat aangewend kan word om vas te stel of spotterny van hierdie eienskappe deel.

Van Luxemburg eta! (1987:90) beskryf poesie soos volg:

Poezie kan beschouwd worden als uiterst geconcentreerde informatie, waarbij in wienig woorden zoveel mogelijk wordt uitgedrukt. Het gedicht is dan ook vaak een korte tekst.

Van Luxemburg eta/ (1987:91) is verder oak van mening dat:

... beeldspraak en stijlfiguren op grater schaal voorkomen dan in ander taalgebruik.

Die beskrywing deur Packard (1989:146) vat bogenoemde saam met die bewering dat:

.... the only distinction we can make between poetry and prose is the incidence of

poetic devices: Assonance, Alliteration, Methaphor, Simile, Figure, Conceit, and so on; the greater the incidence of poetic devices, the closer the piece in question is to poetry.

Kinderpoesie verskil van volwasse poesie in verskeie opsigte. Coetzee (1988:75-98) bespreek 'n groat aantal van die verskille. Verskille tussen volwasse en kinderpoesie

(36)

wat vir die onderhawige studie van belang is en kan help in die tipering van spotterny is die volgende. Dit is:

I. Karter.

II. Bevat baie rym en ritme.

Ill. Nie gekompliseerd of op te hoe vlak wat metafore en beeldspraak betref nie.

IV. Val binne die ervaringswereld van die kind.

V. Beeldspraak meer konkreet.

VI. Preek nie maar onderrig subtiel.

VII. Bevat meer fantasie en verbeelding.

VIII.Meer personifikasie.

IX. Vergroting buite verhouding.

X. Die "ek" neem 'n belangrike posisie in.

Voorbeelde van spottende gesegdes waarin van bogenoemde poetiese elemente aangetref word is legio. Die volgende twee tipiese voorbeelde van spotterny word aangewend om aan te toon watter poetiese elemente aanwesig kan wees.

Byvoorbeeld: nommer 41 en nommer 1:

0 nko e teiEHe e kete lenala Ia moloi. (Nr.41)

(Jy het so lang neus soos 'n heks se naels.)

Poetiese elemente wat in Voorbeeld 41 aangetref word is byvoorbeeld:

I. Alliterasie van die "I" klank wat die lengte van die neus beklemtoon. Dit rym met

"telele" wat lank beteken.

11. Beeldspraak en Vergelyking van die persoon se lang neus en die lengte van 'n heks se lang naels. "E kete" is die Tswana vir "soos of dit lyk soos". Dit is meta- fories van aard aangesien daar net gepraat word van die heks se naels en nie die lang naels van die heks nie.

Ill. Elisie van "na le "(het) voor "nk6" en "le letelele jaaka" (wat so lank is soos) voor

"lenala Ia mol6i" want die neus se lengte word nie vergelyk met die naels van die heks nie maar met die lengte daarvan.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Wat was de samenstelling van het groenland en hoe ontwikkelden deze samenstelling, de eigendomsverhoudingen, het grondgebruik en het beheer van de groenlanden langs de middenloop

Toe dit in Augustus 1877 blyk dat daar 'n groot tekort op die Patriot is en die voorsitter, ds Du Toit, moedeloos wou word, het Hoogenhout die G.R.A. moed ingepraat, want van

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

Die aktualiteit van hierdie probleem het my laat besluit om hierdie saak te ondersoek en om vas te stel hoedanig die Blanke met die nie-Blanke verskil en/of

SUIDWES-AFRIKA (Administrasie).. Dit was noodsaaklik dat onderwysers se akademiese opleiding en kulturele ontwikkeling &#34;so hoog rnoontlik&#34; sou wees. Onderwysers

Die begrippe (Christelike) opvoeding, onderwys, opvoedende onderwys, ouerbetrokkenheid by opvoedende onderwys, onvoorwaardelike aanvaarding, beskikbaarheid, skep van

afdeling atletiek (Sport en spele) van die Lig- gaamlike Opvoeding leerplan. Met geringe wysigings en byvoegings bied hierdie toetsreeks ook die moont- likheid om

Locke het aangeneem dat besit en eiendomsregte daardie regte verteenwoordig waaraan aile natuurlike regte van die mens analoog is. Hierdie reg op eienaarskap omskryf