• No results found

Interessante fossiel uit Aliwal-Noord

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Interessante fossiel uit Aliwal-Noord"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

INTERESSANTE

FOSSIEL UIT

ALIWAL-NOORD

DIE gefossiliseerde onderkaak wat Jacques van Heerden, paleontoloog van die Museum op die meegaande foto vertoon, is presies een meter lank. Dit het behoort aan ’n reuse amfibie en verteenwoordig die grootste dier van sy soort wat tot nog toe in Suid-Afrika gevind is. Hierdie amfibie —’n dier wat verwant is aan die heden-daagse paddas —het 200 miljoen jaar gelede in die Karoo-moerasse in die omgewing van die huidige Aliwal-Noord gelewe.

Die Museum is baie dank verskuldig aan mnr. F. J. (Boet) du Plooy wat die fossiel gevind het en gehelp het om dit uit te haal, asook aan dr. S. Fourie van die Vrystaatse Universiteit wat die onderkaak uit die etlike honderde fragmen-te opgebou het.

Dit is van die allergrootste belang dat persone wat op versteende beendere of voetspore afkom dit dadelik aan die Museum sal rapporteer. Wanneer dit aan die wind en weer blootgestel word gaan dit tot niet. Die vinder daarvan moet dit egter nie self uitgrawe nie. Die wet verbied dit tewens ook. Alleen ’n opgeleide paleonto­ loog kan die nodige opgrawingspermit bekom en dit wetenskaplik korrek versamel sodat belangrike besonderhede oor die presiese vind-plek, die laag waarin dit voorkom en die verhouding van die verskillende elemente tot mekaar nie verlore raak nie.

NEW DISPLAYS

IN ANTHROPOLOGY

In hierdie uitstalling in die paleontologiesaal van die Museum word die fossiel van ’n ander groot amfibie by name Uranocentrodon uitgebeeld met ’n rekonstruksie van die dier in die agtergrond. Hierdie dier is ’n paar miljoen jaar ouer as die een van Aliwal-Noord. Laasgenoemde se kop was egter omtrent twee maal so groot as die van Uranocentrodon.

ETENSUUR-FILMVERTONINGS

Elkc Woensdag gedurende die etensuur, dit wil se vanaf 1.05 nm. word een of meer interessante rolprente in die oudi-torium vertoon. Hierdie filmvertonings word gratis aangebied en dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe.

LUNCH HOUR FILM SHOWS

During the lunch hour on Wednesdays, from about 1,05 p.m. one or more interesting films are screened in the auditorium. These films deal with a wide variety of subjects and no entrance fee is levied.

Skriftelike aansoeke om eksemplare van hierdie ses-maandelikse nuusbrief moet gerig word aan die Direkteur, Nasionale Museum, Posbus 266, Bloemfontein. E-nige inligting sowel as foto’s waarop geen kopiereg voorbehou is nie, kan oorge-neem word met erkenning van die bron.

Written requests foi copies of this bi­ annual newsletter should be addressed to: The Director, National Museum, P.O. Box 266, Bloemfontein. Any informa­ tion as well as photographs not copy­ righted may be reprinted with acknow­ ledgement of source

A reconstruction o f the head o f the Florisbad man (right) made under the supervision o f scientists at the American Museum o f Natural History in New York was recently obtained. It will shortly be on display in the renovated T. F. Dreyer hall for anthropology. On the left is a cast o f the skull as excavated by Prof. Dreyer at Florisbad in 1932, and in the middle is his reconstruction o f the skull

The new displays will deal with the excavations and finds at Matjes River near Plettenberg Bay and Florisbad near Bloemfontein. A series o f casts o f skulls o f early man as well as skulls representing the various indigenous tribes will also be displayed. (J.O.P.) Cd 'O T) Cd 'O T)

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

coelacanth in zijn netten aantrof, dacht men dat deze vis al 70 miljoen jaar was uitgestorven omdat tot dan toe alleen fossielen van deze vis (afbeelding 3) gevonden waren..

− De gemeenschappelijke voorouder van de longvis en de vierpotige gewervelden leefde recenter dan de gemeenschappelijke voorouder van de coelacanth en de vierpotige gewervelden. −

This research has engaged with voluntourists, NGO staff and managers, a principal and teachers at a local school, and a social worker in Port Elizabeth, South Africa, to

No studies were found that considered the relationship between corporate governance and the financial performance of JSE-listed firms that specifically included the 2007–2009

Most closely related to the behavioral pattern separation task, the same authors also demonstrated this selectivity of familiarity of the frontal old/new effect and recollection

Aangezien dit niet wenselijk werd geacht door de Staatssecretaris heeft deze in het besluit gesteld dat het liquidatieverlies in mindering mag worden gebracht op de winst die valt

In this sense, the concept of intellectual capital mirrors the resource bundling concept of shared services: knowledge resources have to be bundled and

Er is gekozen voor een interview om te achterhalen wat respondenten verstaan onder ‘eigen kracht’ en wat de werkwijze volgens professionals zou moeten zijn om eigen kracht