• No results found

'n Evaluering van staatsbetrokkenheid by die Hartebeespoortdamskema, 1914 - 1952.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "'n Evaluering van staatsbetrokkenheid by die Hartebeespoortdamskema, 1914 - 1952."

Copied!
7
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

A.S. du Pless

is

VISta Universiteit

bet? Die omskrywing van Wilcocks in 1935 blyk van toepassing te wees op persepsies oar armblankes teen die eeuwending. Hy bet armblankes beskryf as persone wat geheel en al6f gedeeltelik uit boerdery 'n lewensbestaan gemaak bet en klaarblyklik Die die aanvaarde beska-wingspeil kon handhaaf Die. Dit bet mense ingesluit wat volgens bulle oorsprong van plattelandse afkoms was en in die meeste gevalle bywoners, huurlinge op plase, be-sitters van klein stukkies grand, asook 'n toenemende aantal ongeskoolde arbeiders buite die landbousektor.3 Potgieter wys oak na die verb and tussen materiele en geestelike armoede en die gevolglike totale allianklikheid van die gemeenskap vir oorlewing.4 Volgens Freund is die betekenis van die term armblanke ontwykend en bestaan claar onduidelikheid oar wat werklik met "arm" bedoel word.5 Hieruit is dit duidelik dat 'n beskrywing van die konsep "armblanke" Die eenvoudig is Die en dat kriteria waarvolgens mense in die verlede as "arm" gek-lassifiseer is, Die altyd duidelik is nie.6

Inleiding

Die ontwikkeling van 'n besproeiingsnedersetting langs die oewers van die Krokodilrivier by Hartebeespoort kan teruggevoer word na staatsbetrokkenheid by blanke ar-moede, hoewel die beperkinge van die landbou as oplos-sing vir die armblankevraagstuk reeds vroeg besef is. Tog is geleenthede wat met staatsbystand Dolgin kon word, wel ondersoek. Die Hartebeespoortdambesproeing-snedersetting is 'n voorbeeld van 'n landelike hervestig-ingskema wat heenkome op verskeie wyses aan arm-blankes moes hied. Landelike hervestigingskemas was slegs 'n aspek van die totale rehabilitasiebeleid wat met verloop van tyd ontwikkel bet en deur verskeie fases sou gaan. Landelike hervestigingskemas bet, afgesien van landbou- en streeksontwikkeling 'n maatskaplike funksie verrig deur vestigingsgeleenthede tot armblankes te be-perk. Terselfdertyd is oak politieke munt daaruit geslaan. Die relevansie van hierdie artikel is daarin gelee dat Suid-Afrika huidiglik met uitgebreide regstellende aksies sal moet begin om swart armoede te probeer aanspreek. Verskeie politieke groepe bet al verwys na die moontlik-heid van landelike skemas om swart kleinboere te vestig

deur die grootskaalse onteiening van grand behorende aan blanke boere.t

Binne die konteks van hierdie artikel moet die redes vir die landelike hervestigingsbeleid ondersoek word. Lan-delike hervestigingsmaatreels was 'n paging om die uit-werking van die proletarisasieproses te omseil. Dit is onwaarskynlik dat beleidmakers teen 1894 of selfs 1914 die verstedelikings- en industrialisasieprosesse wat deur die ontdekking van good en diamante in die Suid-Afri-kaanse samelewing ontketen is as 'n onomkeerbare diep-gaande strukturele verandering kon identifiseer. Die ware toedrag van sake was dat hierdie strukturele veran-deringe grootliks bygedra bet tot die uitkristalisering van 'n groep mense wat teen 1892 as armblankes bekend begin staan bet. Redes vir die aanvanklike klem op plat-telandshervestiging is tweeledig van aard. Eerstens bet die sekondere sektor Die genoeg werksgeleenthede in dorpe en sterle gebied nie. Tweedens bet beleidmakers steeds geglo dat redes vir armoede op die platteland deur staatsbetrokkenheid, byvoorbeeld landelike nederset-tingskemas, uitgeskakel kon word. Aangesien die groot-ste gros armblankes van plattelandse afkoms was, die landbousektor as '0 natuurlike nering vir Afrikaners be-skou is, groat dele van die Unie wel ontwikkelingsmoont-likhede op landbougebied gehad bet en anti-verstedelik-ingsmaatreels aangeneem moes word, is oplossings vir die armblankevraagstuk aan die begin van die eeu en daarna dus reeds in plattelandshervestiging gesoek} Af-gesien van 'n verband tosseR oorsaak en oplossing is ondersoeke verder beinvloed deur die houdings en per-sepsies van ondersoekers self, aldus Lewis.8

Die klem in hierdie artikel val Die op die debat oor die konsep "armblanke" Die. Dit is 'n poging om verder lig te werp op die armblankevraagstuk en die studies wat veral sedert die 1980's die lig begin sien bet. Hierdie artikel belig spesifiek die staat se landelike hervestigingspro-gram as oplossing vir die armblankevraagstuk en die toepassing daarvan op die Hartebeespoortdambe-sproeiingskema gedurende 1914-1952. Dit was die eerste volledige skema van die aard wat deur die Unie-regering gemisieer is. Sekere vrae moet beantwoord word. Wie was die armblankes en watter persepsies bet die Unie-regering oor bulle gehuldig? Waarom is 'n landelike hervestigingsprogram voorgestel en watter verband bet dit met die res van die rehabilitasiebeleid gehad? Hoe bet die Hartebeespoortdambesproeiingskema tot stand ge-kom? Hoe is die skema gebruik om die lot van arm-blankes te probeer verlig, beide gedurende die konstruk-sie- en voorbereidingsfases asook later deur vestiging op kleinhoewes? In watter mate kan die rigoristies-sosialis-tiese houding van die staat soos gemanifesteer in die besluite van die Departement Lande geregverdig word? Hoe bet dit die sukses van nedersetters en die skema bemvloed? Was die skema 'n sukses, gemeet aan die hand

van spesifieke kriteria?

Enersyds is die landbousektor nO\ 1910 op verskeie ma-niere bygestaan om die uitbreiding van armoede in die sektor te bekamp, terwyl aktiewe pogings die landbou andersyds betrek het om armoede te help oplos. 'n On-derskeid is tussen permanente en spesiale maatreels ge-Die Landdros van Pretoria bet alreeds in 1894 opgemerk

dat "die tyd aangebreek bet om toe te sien dat die armes wat met bulle families in [die] stede ronddwaal, 'n vaste verblyfplek kry."2 Wie was die "armes" na wie hy verwys

CONTREE 34/1993 32

(2)

maak. Eersgenoemde is in vyf kategoriee verdeel: nasion-ale uitgawes op permanente kapitnasion-ale verbeterings, bv. besproeiingskemas en landelike nedersettings, land-banklenings vir privaat kapitaalbesteding, tydelike ak-kommodasie, viz. korttermyn krediet d.m. v. die Wet op Landboukrediet, Wet 40 van 1926 en laastens advies SODS verskaf deur landbou navorsingstasies en kolleges.9 Die

Hartebeespoortdamnedersetting was 'n p.ermanente maatreel en sou met staatsfondse gefinansier word. Be-leidmakers bet voorsien dat 'n nedersetting van die aard gedurende die konstruksiefase meestal van armblanke arbeid gebruik sou maak, terwyl vestiging tot blankes be perk sou word.tO

vooruitsigte van landbou-ontwikkeling in die deel van Transvaal beklemtoon en daarop gewys dat weens droogtes so iets DOg altyd bykans onmoontlik was. Die drukkende nood rondom die vestiging van armblankes het'n skema van die aard genoodsaak. Ekonomiese fak-tore soos die nabyheid van markte op die Witwatersrand is as oorweegrede aangevoer in 'n poging om die sukses van die voorgestelde skema te verseker. Landbou--aspekte soos grondtipe, reenval in die opvanggebied, voldoende afloop ensovoorts is ook aangeroer. Ten einde laaste bet die Minister van Lande die doel van die skema as volg gestel:

"..het hoofdoel van het plan is een oplossing te vinden voor de anne-blankekwestie"13

Hierdie oenskynlike welwillendheidsgebaar van die Botha-regering is Die kritiekloos aanvaar Die. Geldige kritiekpunte was die oorhaastigheid waarmee wetgewing aangeneem moes word, onduidelikhede random die voorgestelde hervestigingskema wat klaarblyklik vir arm-blankes bedoel was, die geringe aantal armarm-blankes wat hervestig sou kon word in vergelyking met die onkoste daaraan verbonde en of nadere nedersettings vir die vestiging van armes enigsins suksesvol kon wees. Die indruk word gelaat dat die droom oar die Hartebees-poortdamskema baie handig te pas gekom bet reeds op 'n kritieke punt in die nuutgestigde Unie se geskiedenis. Tog moet Die uit die oog verloor word dat die eertydse Transvaalse Departement van Besproeiing alreeds v66r Uniewording 'n besproeiingskema in die Krokodilrivier in die vooruitsig gestel bet Die. Uiteindelik is die Volk-sraad op 26 Junie 1914 tot stemming gehring, waarna 63 vir en 22 teen die voorgestelde skema gestem het.14 Die totstandkoming van die

Hartebeespoortdam-Be-sproeiingskema

Op 9 Julie 1914 is die Wet op die Hartebeestpoortbe-sproeiingskema (Krokodilrivier), Wet 32 van 1914 gepro-mulgeer, nadat voorlopige ondersoeke in 1913 gedoen is. Dit bet geensins beteken dat die droom oar 'n be-sproeiingskema in die Krokodilrivier nuut was Die. Be-skrywings oar die Britsdistrik toaD dat die gebied random die Krokodilrivier sedert die eerste helfte van die negen-tiende eeu 'n besondere aantrekkingskrag vir Voortrek-kers gehad bet. Tog bet verskeie ondersoeke na'n uitge-breide besproeiingskema voor en na die Suid-Afrikaanse oorlog -party oak privaat -op niks uitgeloop nie.II Redes waarom wetgewing vir die magtiging van die Har-tebeespoortdamskema haastig in Junie 1914 aangeneem is, moet gesoek word in gebeure v66r 1910 en geplaas word teen die agtergrond van die knellende armblanke-vraagstuk. In 1907 bet onrus oar die Transvaal-regering se skynbare onmag om jets aan blanke werkloosheid en verarming te doen, byvoorbeeld uitgebreek. Die regering is toenemend vir sy onsimpatieke handing gekritiseer, veral vir sy optrede tydens die 1913-mynwerkerstaking en opstande op die Witwatersrand. 'n Skeuring in die Suid-Afrikaanse Party bet Hertzog nit die kabinet gedryf en grater polarisasie in blanke politieke geledere tot gevolg gehad. Hertzog bet met sy "Suid-Afrika eerste"-beleid nasionalistiese gevoelens onder Afrikaners aangewak-ker, sodat die Smuts-regering beslis jets aan aspekte SODS blanke verarming moes doen in 'n paging om die Suid-Afrikaanse Party se beeld te verbeter. In 1914 bet nywer-heidsonrus uitgebreek en gevolglik bet Smuts krygswet afgekondig. In dieselfde tyd bet Ghandi gelykheid vir Indiers geeis. Aangesien blankes politieke mag by die stembusse kon uitoefen, was die aankondiging van die Hartebeespoortdamskema 'n polities geinspireerde skuif, eerder as 'n paging met uitsluitlik maatskaplike 00gmerke.12

Die aankondiging van die voorgestelde skema bet die hoop van hawelose, verarmde blankes laat opflikker. Groot getalle mense bet dadelik 6f in Pretoria 6f naby die voorgestelde konstruksiegebied begin saamdrom. In 'n kennisgewing gedateer 14 Augustus 1914, is gestel dat daar Die binne die volgende twaalf maande met werk-saamhede begin sou word Die en dat voornemende ar-beiders en nedersetters niks tot op daardie tydstip sou kon uitrig Die. Intussen bet Suid-Afrika later in Augustus 1914 tot die Eerste Wereldoorlog toegetree met die ge-volglike uitstel van verskeie staatsprojekte. Teen die helfte van 1916 is besluit om voort te gaan met konstruk-sie, hoewel dit eers werklik moontlik was na die aanname van verdere wetgewing in 1918 vir die onteiening van grond kollateraal tot die skema.15

Aangesien die nedersetting vanuit die staanspoor vir blanke nedersetting bedoel was, moes sekere swart stamme van hul grand onteien word om 'n gekonsoli-deerde gebied daar te stel wat in 'n blanke nedersetting ontwikkel kon word. Die Hartebeespoortdamskema was dus in geeD opsig aDders as skemas wat later sou volg Die, byvoorbeeld die Vaal Hartz-skema. Gedurende 1914, voor die aanname van Wet 32 van 1914 vir die magtiging van die Hartebeespoortdamskema, is 'n ooreenkoms met twee stamhoofde Johannes Mamogale en Petrus Mogale

onderskeidelik gesluit. Die stamme wou 'n gebied wat lien persent meer as bulle toenmalige grand was, in ruil ontvang. Artikel 13 van Wet 32 van 1914 bet hiervoor voorsiening gemaak. In 1929/30 was DOg grand nodig om Die Hartebeespoortdamskema bet beide die

nuutge-stigde Departemente van Besproeiing asook van Lande die geleentheid gebied om bulle bestaan te regverdig. Die Departement Besproeiing bet dit onomwonde gestel dat hierdie 'n besproeiingskema was en dat persele aan arm-blankes beskikbaar gestel sou word. Die dringendheid waarmee die departement die aangeleentheid bejeen bet, word daarin weerspieel dat fondse vir die skema reeds in die Leningsuitgawepos vir die Jaareinde 31 Maart 1915 beskikbaar gestel is. Die Minister van Lande bet die

(3)

cases; and often without saying,. Goodbye. Work: The last thing they wanted. Relief: Of course yes, but not work."l? N a die bewindsoorname van die Pakt-regering in 1924, is die indiensneming van blankes in aile sektore van die ekonomie uitgebrei en afgedwing. Die taak van die nuutgestigde Departe-ment Arbeid was reeds om die belange van werklose en ongeskoolde blankes te be-skerm. Regeringsingesteld-heid oor werkverskaffing bet ook die werksaamhede op Hartebeespoort geraak. Die kontroleur op Brits is

'n Huis van Departement Lande, ongeveer 1925. opdrag gegee om so goo

moontlik van swart arbei-clefs ontslae te raak, aange-sien blankes weens droogte en aanhoudende swak ekon-omiese toestande van werk voorsien moes word. Dit bet

probleme veroorsaak, aangesien die geskikte soort

blanke arbeiders Die altyd bekombaar was Die. Teen 1924 was die meeste werksaamhede op Hartebeespoort al voltooi, sodat vanuit 'n praktiese oogpunt, die geinstitu-sionaliseerde arbeidsbeleid van die Pakt-regering Die so 'n groot impak op konstruksiewerksaamhede gehad bet nie.18

die reorganisasie van die Mamagalieskraal-nedersetting moontlik te maak. Die grond is op dieselfde basis as in 1914 van Petrus Rampa geruiV6

Die arbeidsbeleid op Hartebeespoort: WerkverskatT-ing aan Armblankes tydens die konstruksie- en voor-bereidingsfases

In 1919 is met uitgrawings begin vir kofferdamme, waarna uitgebreide konstruksiewerksaamhede eels in Maart 1921 'n aanvang geneem bet. Namate werksaamhede

gevorder bet, bet daar op sekere stadia arbeidstekorte voorgekom. In 1921 moes die nuwe hoofingenieur, F. W . Scott byvoorbeeld poog om arbeiders meeT doeltreffend te gebruik. Gedurende die 1922-mynwerkerstaking in Johannesburg was daar'n tydelike toename in die aantal werkers op Hartebeespoort, maar die toestand bet teen Julie 1922 weer miD of meeT genormaliseer. Teen die einde van 1922 was daar sowat 2 500 arbeiders op die skema. In 1923, na die voltooiing van die belangrikste betonwerke aan die damwal, is weer eens arbeidstekorte ondervind. Aansoek is gedoen om swartes te gebruik en toegestaan op grond van die onbekombaarheid van blankes. Dit is ironies, aangesien die skema veronderstel was om werksgeleenthede aan armblankes te hied. 'n Klinkklare rede vir die tekort aan blanke arbeiders is ontwykend. Miskien is 'n gedeelte van die antwoord daarin gelee dat blankes 'n bepaalde ingesteldheid jeens ongeskoolde handearbeid geopenbaar bet. Dan moet ook in gedagte gehou word dat verarmdes nie altyd werk wit he me. Die Residerende Ingenieur bet in 1921 die toestande op die konstruksieplek as volg beskryf:

Die uitsluitlike gebruik van blanke arbeid bet die kwessie van subsidiering navore gehring, aangesien blankes meer as swartes vir dieselfde werk betaal moes word ten einde eersgenoemde se verhoogde lewensstandaard te ver-seker. Subsidies vir blanke arbeiders op Hartebeespoort bet uit die noodlenigingsfonds en later die wer-kloosheidsfonds gekom. Sien tabell.

Tabel 1

Subsidies uitbetaal aan blanke arbeiders op die Hartebeespoortdamskema, 1919/20 tot 1922. 1919-1920. R13452 1920-1921** R27698 1922 R220 871 * Uit Noodlenigingsfonds ** Uit Werkloosheidsfonds

BRON: Saamgestel uit H.G. Andrews, "The Hartebeest-poort irrigation scheme with side-lights on land policies" (M.A. VNISA, 1931), p.85; V.G. 32-1921 Jaarvers/ag van die Direkteur van Besproeiing, 31 Maalt 1920, p.24; V.G. 12-1922, Jaarvers/ag van die Direkteurvan Besproeiing, 31 Maalt 1921, p.32.

"This was a bad period. The whole of the work is being carried out by white labour and about this time demand for labour increased rapidly with the open-ing up of various sections. Previously, picked men had been sent forward' en masse'. And what amass. Mob is a more descriptive word. For about five weeks the air seemed filled with the nlsh of passuzg strangers They came. They also went in most

In 1923 bet die Direkteur van die Departement Be-sproeiing opgemerk dat blanke arbeid onekonomies was. Na sy mening was blankes op onderstandswerke Die daar-toe in staat om meer as twee derdes van dit wat deur

(4)

swartes verrig is, te doen Die en dat die koste verbonde aan die uitsluitlike gebruik van blanke arbeiders verant-woordelik vir meeT as 35% van die totale koste van die skema was. Oponthoude en arbeidstekorte bet ook die plaaslike kontroleur op Brits, mnr. Liebenberg van die Departement Lande gefrustreer, soos afgelei kan word nit korrespondensie met die Departement Lande. Tog bet die Minister van Lande, kort na die versoek van die regering dat aIle swart arbeiders dadelik met blankes vervang moes word, die kontroleur grasie gegee om steeds van swartes gebruik te maak:

blankes. Hulle sou eers 'n proeftydperk moes deurmaak. Bogenoemde plan is nooit ten uitvoer gebring Die. Aangesien die konstruksiefase voltooiing genader bet en die meeste armblanke arbeiders sonder die vooruitsig van enige aDder beenkome ontslaan moes word, is indrin-gend na die moontlikbeid gekyk om die bele skema vir armblankevestiging beskikbaar te stel. Arbeiders bet ook aangeneem dat bulle boewes op die voltooide skema sou bekom en moes sekerlik terugverwys bet na regering-splanne in 1914 om die skema uitsluitlik vir armblanke-vestiging te gebruik. Hierdie toedrag van sake bet 'n belangrike invloed uitgeoefen op die aanname van ver-reikende amendamente m.b.t. wetgewing wat nederset-ting op kroongrond gereel bet. Die amendamente is ver-vat in die Wet op Proefhuurders, Wet 32 van 1924 en is gedurende die eerste parlementsitting in 1924 gepromul-geer. Die moontlikbeid bestaan dat sekere amendamente wel onder die Smuts-regering aangebring sou word, maar Smuts se onverwagte verkiesingsnederlaag bet dit verbin-der.

"If the pressure from the Wlzite Labour Depanment becomes acute, we shall probably have to review the position -for the moment just cany on."19

Teen 1925 bet die Departement Lande se houding oar blanke arbeiders effens verander weens 'n siftings proses wat oneffektiewe arbeiders grootliks uitgeskakel bet. Blanke arbeiders bet intussen oak meeT ervaring opge-doen. Afgesien van hierdie redes, moet die uitwerking van politieke druk oak in gedagte gehou word. Die de-partement was egter steeds Die tevrede Die, aangesien die meeste blanke arbeiders 6f te oud 6f baie jonk was. Die eis vir goedkoper swart arbeiders en 'n effektiewer ar-beidsmag moet verstaan word teen die agtergrond van die departement se paging om die voorbereiding van hoewes sou gou moontlik klaar te kry teen die laagste moontlike koste.20

Afgesien van direkte subsidiering, fiDes die staat oak kostes aangaan m.b.t. die verskaffing van behuising, skoolgeriewe, lopende water, sanitasie ensomeer. Sowat 40% van die arbeiders in 1922 was ongetroud. Aangesien getroude werkers gewoonlik bulle families saamgebring bet, fiDes claar vir bykans 10 000 mense voorsiening gemaak word. Hieruit blyk die mate waartoe die Harte-beespoortdamskema heenkome aan armblankes en bulle families gebied bet, asook die staat se bereidheid om op grootskaal fondse te bewillig, Rehabilitasie bet dus Die slegs werkverskaffing behels Die, maar die opheffing van die totale gesin.21 Dit bet gestrook met beleidmakers se

idees oar opheffing en die

voorstelle ter oplossing van die armblankevraagstuk.

Tot 1924 is vestiging op staatgrond uitsluitlik volgens Artikel XI van Wet 12 van 1912 gedoen. Artikel XI-toekennings bet onkundiges, bywoners en armblankes sander die nodige kapitaal- hoe gering ookal- uitgesluit van die moontlikheid van grondeienaarskap. Die Wet op Proefuuurders, Wet 32 van 1924 bet gepoog om mense met geen of min kapitaal en 'n gebrek aan opleiding en vaardighede in landbouakiwiteite op kroongrond te ves-tig. Kroongrond wat vir die doel gebruik is, was gewoon-lik nadere nedersettings op besproeiingskemas. Die wet is vir die eerste keel op die Hartebeespoortdamskema toegepas.22 Aangesien beskikbare hoewes in die staats-koerant geadverteer is, kon blankes van oar die hele land vir plasing aansoek doen. In walter mate arbeiders werk-saam tydens die konstruksiefase bevoordeel is, is on-duidelik.

'n Rigoristies-sosialistiese houding word in die Departe-ment Lande se program bespeur. 'n Nedersetter bet 'n proeftydperk van sowat 3 tot 5 jaar gehad om homself te bewys. Gedurende die tydperk sou die departement

Vestiging van Nedersetters op besproeibare hoewes en die rot van die Departement

Lande

Hoewel die Departement Lande verantwoordelik was vir vestiging op hoewes, was daar teen 1916 DOg Die klinkklare praktiese aan-duidings van die wyse van vestiging Die. Teen 1921 bet die departement 'n plan voorgele wat voorkeur gegee bet aan nedersetters met kapitaal, hoewel voor-siening ook gemaak is vir nedersetters sonder die

nodige kapitaal -d.i. arm- 'n Huis van Departement Arbeid, ongeveer 1925.

(5)

Arbeiders te bevorder en die politieke bande wat tot die Pakt-ooreenkoms gelei bet, te versterk. Die reali~eite bet hierdie ideaal van samewerking egter laat skipbreuk ly. Grondtekorte en oorvleueling met die werksaamhede van die Departement Lande en die onwilligheid van laasgenoemde om die plasing van pagters na opleiding te onderneem, bet daartoe gelei dat die Departement Ar-beid se program, sterk ondersteun deur die ArAr-beiders- Arbeiders-party, teen 1930 Die langer uitvoerbaar was Die. Die vestiging van pagters op die Geluknedersetting, Losper-fontein opleidingsplaas en Zanddrift pagter uitbreiding-skema is gestaak, waarna die Departement Lande bykans aIle grond op die skema beheer en voortgegaan bet met die opleiding en opheffing van proefhuurders, soos nedersetters onder beheer van die departement bekend gestaan het.26

Hierin is bewys van die rompslomp en oorvleueling van staatsdepartemente. Die Departement 'Arbeid kon sy posisie regverdig op grond van sy verbintenis tot blanke werkloosheid en arbeidsaangeleenthede. Die Departe-ment Besproeiing moes uit die aard van die nedersetting daarby betrokke wees, terwyl die Departement Lande se uitsluitlike funksie die vestiging van boere in die Unie was. Die Departement Landbou bet betrokke geraak op versoek van die Departement Lande ten einde sekere landbou-aangeleenthede soos die verbouing van pro-dukte, grootte van persele ensomeer uit te klaar. Aange-sien die Hartebeespoortdamskema die eerste van sy soort in die Unie was, is dit egter te verstane dat die onderskeie staatsdepartemente in sekere opsigte onbe-holpe sou wees.27

grootliks vir alles sorg: 'n voorbereide hoewe met 'n huis en skuur, die belangrikste landbou-implemente, saad en advies asook die bemarking van produkte. Die departe-ment bet grootliks landbou-aktiwiteite bepaal, SODS by-voorbeeld die tire gewasse wat verbou moes word. Proef-boulders bet 'n toelaag ontvang totdat bulle eerste oeste bemarkwas. Nanege maande is die toelaagmet diehelfte verminder waarna dit na ses maande gestaa~ is. Proef-boulders moes 60% van bulle oeste aan die Departement Lande afstaan om departementele skuld te delg. Die Departement Lande bet dit geregverdig in die lig daarvan dat nedersetters me altyd instaat was om met geld te werk, bulle eie produkte te bemark of wetenskaplike boerderymetodes toe te pas Die. Arbeidsaamheid is

aangemoedig deur die gebruik van arbeiders te beperk of te verbied. In 1927 bet J .S. Sommerville van die Depar-tement Lande die volgende oor die proefhuurders opge-merk:

"They are a type who obviously, in many cases cannot be left to themselves... the most intensive supervision of them must be maintained"23

Na die verstryking van die proeftydperk, bet nedersetters boulders van bulle boewes geword. Uitgepaseerde proefhuurders bet 'n voorskot bedrag van sowat R200 ontvang om bulle in staat te stel om saad, kunsmis en boubenodighede te koop. Die huurtydperk bet sowat 10 jaar geduur, voordat die opsie om hoewes te koop, uit-geoefen kon word. Hierdie was die laaste star in die proses en bet van 'n eertydse armblanke sonder grond, 'n grondbesitter gemaak.24

Die toepassing van bogenoemde plan bet 'n aanvang

geneem na die Departement Lande sy eerste groep

toekennings in J anuarie 1925 op die Mamagalieskraal-nedersetting gemaak bet. Hoewes was ongeveer 8,5 ha groot. Die keuse op die grootte bet ten nouste saamge-hang met die begeerte van die departement om soveel as moontlik nedersetters te vestig, eerder as wat dit begrond was op landbou-ekonomiese oorwegings. Dit sou later probleme oplewer. 'n Konferensie met die Departement Landbou oor spesifieke boerdery-aktiwiteite is eers in ApriVMei 1925 gehou nadat hoewes alreeds ontwikkel is en die eerste nedersetters hulself alreeds daarop begin vestig bet. Die Departement Landbou bet die groot-skaalse diversifisering van aktiwiteite bepleit, terwyl die Departement Lande steeds klem gele bet op die verbo-uing van tabak, koring en lusern. Na 1928 moes aanpas-sings gemaak word m.b.t. boerdery-aktiwiteite aangesien die tabakmark 'n insinking beleef bet, kompetisie met Zimbabwe Die suksesvol die hoof gebied kon word Die en die uitputting van sekere gedeeltes van die nedersetting weens oorbewerking en oorbesproeiing begin voorkom het.25

Die sukses van die Hartebeespoortdamskema

Die sukses van die skema kan aan die hand van die volgende kriteria gemeet word: die aantal kroongrond-briewe wat teen 1951 toegestaan is en 'n aanduiding van grondeienaarskap is, die inkomste van boere en die aan-tal handelsbanke.

Hoewel claar teen 1933 verkondig is dat claar sowat 300 000 armblankes in die Unie was, bet die Hartebees-poortdamskema getalsgewys slegs in 'n geringe mate tot die verligting van die armblankevraagstuk bygedra. Nog-tans, op mikrovlak beskou, was 451 nedersetters teen die einde van 1951 in besit van kroongrondbriewe. Indien struikelblokke soos byvoorbeeld droogte, hael, onkunde, daling in die tabakmark, reorganisasie van sekere dele van die nedersetting ensomeer in aanmerking geneem word, is die getal uiters bevredigend. Daar moet oak

onthou word dat hoewes op die onderskeie dele van die nedersetting Die gelyktydig ontwikkel is Die. Gedurende 1933 is hoewes herwaardeer en heelwat skuld afgeskryf. In 1935 is rentekoerse met 1 % na 3,5% verminder, terwyl die terugbetalingstydperk na 65 jaar verleng is. Teen die einde van 1949 was 65% van die nedersetters wat reeds tieD jaar op die skema was en die opsie om te koop kon uitoefen, in besit van kroongrondbriewe.28 Die mate van veranderinge in grondbesit na die ontvangs van kroon-grondbriewe is 'n aspek wat ondersoekbaar is, hoewel dit Die in hierdie artikel neerslag gevind bet Die. Nederset-ters is op die platteland hervestig om sodoende 'n onaf-hanklike ekonomiese bestaan in die landboubedryf te vind. Die vraag moet beantwoord word of eertydse arm-Afgesien van bogenoemde probleme, bet die

teenwoor-digheid van die Departement Arbeid sake verder gekom-pliseer. Sedert 1924 bet die departement gepoog om sy belangstelling in die Hartebeespoortdamskema te be-klemtoon en ook by die vestigingsproses betrokke te raak. Ten einde laaste is beide die Departement Lande en Arbeid toegelaat om afsonderlike hervestigingskemas te bestuur. Die Hartebeespoortdamskema was ook 'n guIde geleentheid om samewerking tussen die Nasionaliste en

CONTREE 34 / 1993 36

(6)

blankes wat grondbesitters geword bet, na 1952 grond-besitters gebly bet.

Die volJooide Hariebeespool1dam.

sowat RIO 250 afgeskryf. Indien departementele salarisse volgens Swanepoel 'n verlies was, bet die departement

teen 1947 'n totaal van R181 082 sedert die begin van werksaamhede aan die skema uitbetaal31. In totaal bet dieskemauiteindelikmeerasR2miljoen(£1 = R2,OO25) gekos. Die gepastheid van die konsep "verlies" is be-vraagtekenbaar, aangesien staatuitgawes m.b.t. die op-hefting van armblankes bestempel kan word as herver-spreiding van rykdom. Of belastingbetalers gewillig was om tot hierdie en soortgelyke skemas by te dra en die maniere waarop regerings die aanwending van belasting-geld vir maatskaplike opheffingsprograme regverdig bet, is ondersoekbaar .32 Die staat se rol in maatskaplike op-heffingsprogramme kom bier weer na voce.

Wat die inkomste van sowat 2 016 boere teen 1951 in die distrik betref, moet onthou

word dat die beskikbare

sensus 'n aantal boere inges-luit bet wat Die aanvanklik as nedersetters geklassifiseer was Die. 15,48% bet R2 000-R3 000 per jaar verdien, 11,26% bet R1 600 -R2 000 en 12,95% bet R1 200 -R1 600 per jaar verdien. Hierdie

inkomstegroep is deur

Mulder beskryf as

geves-tigde nedersetters. Boere in die inkomste groepe R400 -i

R1 000 was meestal begin- '

fiefS op nedersettings, en-kele ou mense en boere op

klein 2,5 tot 3 ha hoewes. Die ekonomiese sukses van nedersetters en die algehele skema bet direk afgehang van landbou-aktiwiteite soos voorgeskryf deur die De-partement Lande. Hierin bestaan talle leemtes, byvoor-beeld die ontoereikende grootte van hoewes tot na 'n reorganisasie in die 1930's en ongeskikte boerdery-ak-tiwiteite vir die grondtipes totdat diversifisering later onvermydelik geword het.29

In 1921 bet twee banke, De Nationale Bank van Zuid--Afrika (Bpk) en Die Nederlandsche Bank voor Zuid-Af-rika (Bpk) gesamentlik 'n personeel van 9 gehad. Tot 1935 was daar'n afname in banksake a.g.v. 'n krisis in die tabakmark, ekonomiese depressie en droogte. Die meeste nedersetters was oak nag ongevestig. In 1939 bet die situasie verbeter, waarna Volkskas'n tak geopen bet met 'n personeel van 5. Teen 1950 was al die belangrikste banke in die dorp verteenwoordig wat die vertroue van die bankwese in die ekonomie van die distrik weerspieel het30.

Gevolgtrekking

Uit die studie oor die Hartebeespoortdamskema is dit duidelik dat die skema 'n langtermyn projek was en dat groot bedrae spandeer is om die skema te ontwikkel. Die gepolitiseerdheid van die armblankevraagstuk bet bedry-wighede op Hartebeespoort belnvloed en veral die De-partement Lande onder druk geplaas. Tog bet die skema voordele vir die hele streek ingehou deurdat daar met verloop van tyd 'n boerderygemeenskap gevestig geraak bet wat oak 'n verskeidenheid sekondere bedrywighede gelok bet.

Sedert die totstandkoming van die nedersetting was claar 'n gestadigde vooruitgang in ekonomiese aktiwiteite, hoewel aansienlike staatsonkoste aangegaan is om die skema lewensvatbaar te hou en te dien as bewys van die onderskeie regerings se noue betrokkenheid en voortge-sette steun aan armblankes in die landbousektor. lndien gekyk word na die aard en ontwikkeling van die skema kan onomwonde gestel word dat dit bykans onmoontlik was dat dit winsgewend bedryf kon word. Die Hartebees-poortdamskema bet begin as 'n nedersettingskema vir die hervestiging van kapitaal1ose, hawelose armblankes. Die verwagting is aanvanklik gestel dat die skema betalend sou wees aangesien hoewes teen realistiese pryse aan nedersetters verkoop sou word. Realiteite en politici se vooruitskouinge bet egter Die ooreengestem Die. Verliese op staatsuitgawes sluit Die net direkte verliese op kon-struksiewerke, grond en verbeterings in Die, maar ook waterbelasting, depresiasie, ensovoorts. Teen Maart 1929 bet die Departement Lande 'n netto verlies van R47 989 gely, in 1938 is R51484 kwytgeskel en teen 1940

Staatsbetrokkenheid bet tot rompslomp gelei. Dit blyk onder meer uit die aanvanklike betrokkenheid en latere onttrekking van die Departement Arbeid. Die bykans onafltanklike besluitneming van die Departement Lande met betrekking tot belangrike landbou-ekonomiese as-pekte wat eerder aan die Departement Landbou oorge-laat moes word, was sekerlik die grootste flater. Op die langtermyn bet die bykans eensydige besluitneming oor aspekte SODS die grootte van hoewes en keuse oor ge-wasse ernstige komplikasies ingehou en later regstel-lende aksies geverg wat die departement duur te staan gekom bet. Dit blyk dus dat misplaaste klem weens 'n gebrek aan realistiese vooruitskouinge -veral wanneer deur politieke oorwegings gekleur -enige goedbedoelde

(7)

skema ernstig kan skaad.

ENDNOTE

1. Sonder auteur, "Om te verdeel fer wille van verdeling nie aan-vaarbaar", Finansies en Tegniek, Jaargang 44,30 November 1990, p.13; Die Vo/ksblad, 29.12.1989; Eastern Province Herald, 26.11.1990; The Star, 22.11.1990.

2. T.G. 13-1908 Transvaal Indigency Commission, p.11.

3. R W. Wilcocks, Rural poverty among whites in South Africa and the south of the United States, (Sonder Plek, 1935), p.l.

4. J.P. Potgieter, "'n Kritiese ontleding van die bevindinge en be-skouinge aangaande die verarming van blankes in Suid-Afrika"

(M.A., UP., 1945), p.2.

5. B. Freund, "The poor whites: a social force and a social problem in South African history", in Morrell (red.), JJ1IitebutPoor, essays on the history of poor whites in southern Africa 1880-1940 (Preto-ria, 1992), p. xiii.

6. P .H. Omara-Ojungu, Resource Management in developing coun-tries (New York, 1992), p.55. Omara-Ojungu se bevinding oor verskeie kriteria en kompleksiteite verbonde aan die definiering van die armoede-verskynsel in hedendaagse Uganda is ook hier van toepassing.

7. D.L. Berger, "White poverty and government policy in South Africa 1892-1934" (D.phil., Temple Universiteit. V.S.A., 1982), pp.2, 13-19, 25; E.J. Scholtz, "Herstellingskemas van die Depar-tement van Arbeid", in Sosialeell Bedl)fsaallgeleenthede, Vol. VII (37), 5 Januarie 1929, p. 35; Freund, "The poor whites: a social force...", p. xvii; A.S. du Plessis, "Die Hartebeespoortdambe-sproeiingskema, 'n evaluering van 'n staatsbeheerde hervestig-ingsprogram, 1914-1952" (M.A., RAU, 1989), pp. 20 en 29. 8. RA. Lewis, "A study of some aspects of the poor white problem

in South Africa" (M.A., Rh.U., 1973), pp. 33-46.

9. Vir 'n volledige Irs wetgewings vanaf 1911 tot 1934 m.b.t. per-manente bystand, sien voetnoot 11, "Subsidies, Quotas, Tariffs, and the Excess Cost of Agriculture in South Africa", in South African Journal of Economics, Vol. 3(3), September 1935, pp. 371-372.

10. Du Plessis, "Die Hartebeespoortdambesproeiingskema, 'n evaluering...", pp. 57, 60, 62-64.

11. Ibid., pp. 36-39; B.K. de Beer, Agler die Magalies (Sonder Plek, 1975), p. 383; A.H. Mulder, "'n Sosiografiese studie van die Brits-distrik" (D.phil., PU vir CHO, 1957), p.4; J.S. Bergh, "Die vestiging van Voortrekkers noord van die Vaalrivier tot 1840", in

Historia, Vol. 37(2), November 1992, p.47

12. H.G. Andrews, "The Hartebeestpoort irrigation scheme with side-lights on land policies" (M.A., UNISA, 1931), pp. 28-29;

Volksraadsdebatte, Junie 1914, p.3145. 13. Ibid., p. 3119.

14. Ibid., p. 3129; U.G. 19-1914 Report 011 various i/Tigatioli projects provided for in the loan estimates for the year ending 31 March

1915, pp. 5 e.v.

15. Andrews, "The Hartebeestpoort irrigation scheme..." p. 30; Du Plessis, "Die Hartebeespoortdam- besproeiingskema, 'n evalue-ring...", pp. 42-44.

16. U.G. 19-1918 Jaarverslag van die Direkteur van Besproeiillg, 31 Maart 1917,pp. 71-72; U.G.17-1928Jaarverslagvan die Direkteur van Lande, 31 Maan 1927,p.l05; LDE88317976/85: Sekretaris van Lande -Findlay & Niemeyer, 25.4.1930; K. Shillington, "Irrig-ation, agriculture and the state: The Harts valley in historical perspective", in Beinhart, W., Delius & Trapido (reds.), Putting a plough to the grou"nd, accumulation and dispossession in rnral South Africa, 1850-1930 (Johannesburg, 1986), pp. 312-319.

17. L.L.R. Buckland, "Construction Notes, the Hartebeestpoort-dam ", in South African Irrigation Department Magazine, Vol. 1(1), Oktober 1921, p5. Dit is moeilik om persepsies en ingesteldhede vanuit armblankes se oogpunt self vas te stel.

18. I. Abedian en B. Standish,An economic inquiry into the poor white saga (SALDRU working paper, Nr. 64, Rondebosh, November

1985), p.54; Scholtz, "Herstellingskemas van die Departement van Arbeid"..., p.35; LDE 86117976/31: Departement Lande-Kontroleur op Brits, 7.2.1924.

19. WE 86117976/31: Departement Lande -Kontroleur op Brits, 11.4.1924.

20. Du Plessis, "Die Hartebeespoortdambesproeiingskema, 'n evaluering...", p.61.

21. U.G. 8-1923laarverslagvan die DirekteurvanBesproeiing, 1921-1922, p.20; Andrews, "The Hartebeestpoort irrigation scheme...", p.84; Sonder auteur, "Construction Notes", South African Irrigation Department Magazine, Vol. 1(4), Julie 1922,

p.142.

22. Du Plessis, "Die Hartebeespoortdambesproeiingskema, 'n evaluering...", pp. 41 en 52 en 64. Nadere of digte nedersettings kan omskryf word as nedersetting wat op 'n beperkte gebied plaasvind, sodat die voordele van gesentraliseerde beheer en sekere funksies SODS skoolopvoeding ens. maklik uitvoerbaar is. 23. LDE 886 17976/98: J.S. SommeIVille -Kontroleur op Brits, 28.01.1927; Sonder auteur, "Probationary Lessees' settlement scheme, more plots expected to be available in few months", in Fanner's Weekly, Vol. 76, 29 September 1948, p.79. Spesifieke bepalings het met verloop van tyd verander; Du Plessis, "Die Hartebeespoortdambesproeiingskema, 'n evaluering...", p.83; Mulder, "'n Sosiografiese studie van die Brits-distrik...", pp.

302-304.

24. Du Pless is, "Die Hartebeespoortdambesproeiingskema, 'n evaluering...", p.79.

25. U.G. 22-1934 laarvers/ag van die Direkteur van Lande, 31 Maan 1933, pp. 142143; LDE 839 17976/86: Sekretaris van Lande -Kontroleur op Brits, 6.2.1932; U.G. 53-1929 laarverslag van die Direkteur van Lande, 31 Maart 1929, p. 40; LDE 87417976/48:

"Hartebeestpoort Settlement. Development of Probationary Lessees' Holdings, Conference by Agriculture Department Ex-perts, Economic size of holdings, 1925-1930"; LD E 874 17976'48: "Minutes of Conference between officers of the Department of Agriculture and the Hartebeespoort Committee of Control, 22.5.1928"; W.J. Pretorius,"'n Ekonomiese studievandie tabak-nywerheid in die Westelike Transvaal vir die jaar 1927-1928", in Unit Departement van Landbou, Pamflet nr. 89, Ekonomiese Reeks nr. 13.

26. Department of Labour, "Initiation and Development of Interests of Department of Labour in Hartebeespoort Irrigation Area", in MNW 893 MM 1948/27: Report of the Hartebeestpoort Area Departmental Committee, 1927, p.2.

27. Du Pless is, "Die Hartebeespoortdambesproeiingskema, 'n evaluering...", pp. 68-70.

28. Ibid., p.124.

29. Ibid., p. 146-151. A.H. Mulder, " 'n Sosiografiese studie van die Brits-distrik...", p.223.

30. Ibid., pp. 223-227.

31. Du Plessis, "Die Hartebeespoortdambesproeiingskema, 'n evaluering...", pp.137-151; J. Swanepoel, Die Ekonomiesesukses van die Hartebeespoort-besproeiingskema, (M.Comm., PU vir CUD, 1952), pp. 41-45.

32. J. Tayler, "'our poor': the politicisation of the poor white prob-lem, 1932-1942", in Kleio, Vol. XXIV, 1992, pp. 41-43.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Considering the singing voice and music as a technology which is also able to challenge the power that is exerted over the body, the question remains what this would entail for

Using Andrew Hayes’ INDIRECT script for IBM SPSS, all DACOBS subscales were entered as potential mediating variables in the relationship between anxiety and paranoia.. 16 results

’n Multiwoordeienaam is ’n frasekonstruksie wat na ’n benoemde entiteit verwys en wat uit twee of meer ortografiese woorde bestaan; dié ortografiese woorde word deur spasies geskei

Intraday seasonalities in the spot foreign exchange market: Are intraday exchange rate patterns in returns and volatility present among European exchange rates (EU vs PLN, CHF,

The hypothesis is that bigger firm size will result in higher profit levels and by adding the size variable, the effect of market share of profitability increases.. 2.2.2

The current study therefore investigated whether the Morel Emotional Numbing Test (MENT), a PVT which assesses facial emotion recognition, is insensitive to ASD by comparing the

Hypertension in the absence of other chronic physical conditions was not associated with any of the 12-month mental health outcomes (p-values all ,0.05), while being diagnosed with

FKXQNHGDQGLQIRUPDWLYHIHHGEDFNVKRXOGEHJLYHQ,QWKHDSSOLFDWLRQWKHQDYLJDWLRQZDV FRQVLVWHQW WKURXJKRXW DQG OHDUQHUV ZHUH VXSSOLHG ZLWK PRWLYDWLRQDO FRPPHQWV LQ WKH ODQJXDJH OHDUQLQJ