• No results found

Die onbekwaamheid van ekonomie en die misplaaste klem in die ekonomiese wetenskap : enkele gedagtes vir 'n meer gepaste navorsingsagenda vir ekonomie in Suid-Afrika / Willem Adriaan Naudé

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die onbekwaamheid van ekonomie en die misplaaste klem in die ekonomiese wetenskap : enkele gedagtes vir 'n meer gepaste navorsingsagenda vir ekonomie in Suid-Afrika / Willem Adriaan Naudé"

Copied!
30
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Potchefstroomse Universiteit

vir Christelike Hoar Onderwys

WETENSKAPLIKE BYDRAES

REEKS H: INOUGURELE REDE NR. 147

DIE ONBEKWAAMHEID VAN EKONOMIE

EN DIE MISPLAASTE KLEM IN DIE

EKONOMIESE WETENSKAP:

ENKELE GEDAGTES VIR 'N MEER

GEPASTE NAVORSINGSAGENDA VIR

EKONOMIE IN SUID·AFRIKA

Prof. WA Naude

lnougurele rede gehou op 16 Augustus 1996

Publikasiebeheerkomitee

Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoi!r Onderwys Potchefstroom

(2)

Die Universiteit is nie aanspreeklik vir menings in die publikasies

uitgespreek nie.

Navrae in verband met Wetenskaplike Bydraes moet gerig word aan:

Die Publikasiebeheerkomitee

Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys

2520 POTCHEFSTROOM

Kopiereg

©

1998 PU vir CHO

(3)

Hierdie intreerede, onw!maak en in gebreke, word met liifdewlle dankbetuidng opgedra aan 1J!Y ouers vir hut onwoTWaardelike liifde en ondersteuning deur die jare.

(4)

1 INLEIDING

Ten spyte van positiewe verwikkelinge oor die afgelope dekades in die situasie waarin die mensdom op aarde verkeer, bly absolute en relatiewe armoede steeds een van die vemaamste faktore wat beleidsmakers se agendas bepaal. Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram stel in sy 1995 verslag dat "a long agenda of human deprivation still awaits .... We still live in a world characterized by hunger, poverty and increasing disparities .... We also live in a world of disturbing contrasts with hunger in some lands and waste of food in others, and with the disparity between rich and poor nations widening constantly" (UNDP, 1995 : 13).

Dit is nie nodig om hier die omvang en aard van absolute en relatiewe armoede in Suid-Afrika in diepte te bespreek nie : laat ek daarby volstaan om u daaraan te herinner dat 53% van die Suid-Afrikaanse bevolking in 1995 as "arm" geklassifiseer kan word deurdat hul maandelikse inkomste minder as R301 per volwasse ek:wivalent is (RDP, 1995:8). Sowat 32.6

% van die Suid-.Afi:ikaanse arbeidsmag van 11 miljoen persone is tans werkloos (Labour Market Report, 1996).Die verdeling van inkomste en rykdom in Suid-Afrika is ook van die mees ongelyke ter wereld met 'n Gini-koeffisient van 0.65; of anders gestel : die gemiddeld Blanke persoon se jaarlikse inkomste is sowat 11.8 maal groter as die gemiddelde Swart persoon se jaarlikse inkomste (Whiteford, Pose! & Kelatwang, 1995:15, 21).

Ten einde absolute en relatiewe armoede te verligwend beleidsmakers wereldwyd hulself tot ekonomiese ontwikkelingstrategiee en word die hulp van ekonome ingeroep om hierdie strategiee saam te stel en geloofwaardigheid aan te verleen. Die globale konsensus na dekades van as't ware ekonomiese eksperimentering in die minder ontwikkelde Iande is dat aile pogings tot volhoubare armoede verligting op ekonomiese groei gebaseer moet wees. Schmidt-Hebbel, Serven en Solimano (1996:87) verklaar dan in hierdie verband dat "the new consensus amongst development economists [IS] that better living standards and the elimination of poverty must be based on the sustained expansion of output".

Suid-Afrika se onlangs aangekondigde ekonomiese strategie met die rite! "Groei, Indiensname en Herverdeling" (kyk :Manue~ 1996) is derhalwe in pas met die globale konsensus rakende die belangrikheid van ekonomiese groei. Dit stel as doelwit die bereiking van 'n 6% ekonomiese groeikoers teen die einde van hierdie eeu.

Die belangrikheid van ekonomiese groei as voorvereiste vir die verligte van absolute en relatiewe armoede lei tot die vraag : wat is werklik bekend oor die determinante van ekonomiese groei ?

Ek sal argurnenteer dat die ekonomiese wetenskap tans in relatiewe groat onkunde verkeer oor ekonomiese groei en ontwikkeling. Dit is 'n netelige aspek in die ekonomiese wetenskap en het bepaalde L"llplikasies vir ekonomiese beleidsmaking in 'n wereld wat in 'n politieke-sosiale oorgangsfase is. Daar sal in die toekoms slegs met 'n verkleinwoord.na die neteligheid verwys kan word indien ekonome en bestuurswetenskaplikes die korrekte navorsingsagenda nou kan identifiseer en navolg. Dit is my ambisie om met hierdie intreerede uiteindelik sekere aspekte van so 'n navorsingsaganda te identifiseer en aan u vir kritiese oorweging aan te hied.

(5)

2 ONKUNDE OOR EKONOMIESE GROEI EN ONTWIKKEUNG

In die ywerwaannee ekonome, myself ingesluit, die wenslikheid van snelle ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling verkondig en op die agendas van politici gevestig pro beer kry, sk:yn dit asof daar geen twyfel besman oor die soliede akademiese en wetenskaplike basis van die advies nie.

Dit is egter net sk:yn. Hoewel ekonome (netsoos die politici wat hulle van advies bedien) die wenslikheid van ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling kan insien, is hul grootliks in die duister rondom die hoe, waarom en hoekom van ekonomiese groei en ontwikkeling. Dit is so goed soos om

vii.-

jou naaste wat 'n brood vra, te vertel dat sy wei 'n brood kan kry, maar haar nie in te Iigwaar daardie brood is of hoe sy daarby kan uitkom nie.

Die gesaghebbende Britse tydskrif The Economist (1992:165) rapporteer onlangs soos volg oor die verleentheid "Economists are interested in growth. The trouble is that, even by their standards, they have been terribly ignorant about it. The debt of that ignorance has long been their best-kept secret".

Wat ekonomiese ontwikkeling aanbetref is die verleentheid dalk selfs erger. Die vakgebied ontwikkelingsekonomie, met studieterrein ekonomiese ontwikkeling, is dood. 'n Selfstandige studieterrein binne die ekonomiese wetenskap, genaamd ontwikkelingsekonomie, besman nie meer nie.

Vir Paul Krugman, wenner in 1991 van die John Bates Clark Medal, is die ontwikkelingsekonomie se heengaan 'n voldwonge feit : "Once upon a time there was a field called development economics - a branch of economics concerned with explaining why some countries are so much poorer than others and prescribing ways for poor countries to become rich. That field no longer exists" (Krugman, 1993:15).

Ek sal eers enkele oorsake en gevolge van die heengaan van ontwikkelingsekonomie toelig, waarna die tammeletjie van ekonomiese groei aangepak sal word.

3 DIE PROBLEEM MET EKONOMIESE ONTWIKKEUNGSBELEID

Ontwikkelingsekonomie se potensieele belangrikheid behoort voor die hand Iiggend te wees. Volgens Stiglitz (1989:18) is die ontwikkelingsekonomie vir die ekonomiese wetenskap soos wat die patologie is vir die mediese .wetenskap omdat "by understanding what happens when things do not work well, we gain insight into how they work when they do function as designed. " Maar, nou beklemtoon hy dat hierdie analogie net gedeeltelik waar is, want "the difference is that in economics pathology is the rule : less than a quarter of mankind lives in the developed countries".

Ontwikkelingsekbnomie het as vakgebied vera! tydens en na die Tweede Wereldoorlog beslag kry as reaksie op die probleme wat deur menigte nuwe onafhanklike Iande in Afrika,

Asie en Latyns-Amerika in die gesig gestaar is. Die 1950s en 1960s kan as die goue jare van die vakgebied beskryf word aangesien dit gekenmerk is deur verbeeldingryke bydraes deur persone soos Rosenstein-Rodan (1943), Hirschman (1958), Scitovsk:y (1954), Schultz (1961) en andere.

Veertig jaar later het 'n sk:ynbare ontnugtering met ontwikkelingsekonomie as vakgebied en navorsingsterrein ingetree. Waarom ?

(6)

Deels kan dit te wyte wees aan die teleurstellende ervaring van sommige minder ontwikk.elde Iande. Veral in Sub-Sahara Afrika is per capita inkomstes en lewensstandaarde vandag in menige land laer as wat dit onmiddellik na onafhanklikheid was. Tog, meeste Iande het vordering gemaak, en veral in Oos-Asie het onverwagte hoe ekonomiese groei en ontwikk.eling plaasgevind- sodanig dat vandag van die "East Asian Miracle" gepraat word (kyk World Bank, 1993). Dit blyk eerder die geval te wees dat ontwikk.elingsekonome van die hoofstroom ekonomie vervreem geraak het, en dat die hoofstroom ekonomie begin afdwaal het en die doelwitte van ekonomiese groei en ontwikk.eling begin verwaarloos het. Ekonome

mag blameer te word.

Myns insiens kan die volgende drie aspekte in hierdie verband behandel word.

3.1 Misplaaste Klem. in die Hedendaagse Ekonomiese Wetenskap

Eerstens kan aangevoer word dat die bree ekonomiese wetenskap homself nie werklik meer ten doe! stel om ekonomiese groei en ontwikk.eling, en die gevolglike verligting van armoede, te bestudeer nie. Bloot deur die mees algemeen aanvaarde definisie van ekonomie na te gaan kan daar alreeds die gevolgtrekking gemaak word dat alles nie pluis is in die ekonomiese wetenskap nie. Volgens Hoover (1995:723) aanvaar meeste hoofstroom ekonome vandag die definisie van ekonomie wat deur Lionel Robbins voorgehou is: "Economics is the science which studies human behaviour as a relationship between ends and scarce means which have alternative uses" (Robbins, 1935:16).

Hierdie definisie moet gekontrasteer word met die definisie wat die 19de-eeuse ekonoom-filosoof John Stuart Mill aan ekonomie geheg het : "Writers on Political Economy profess to teach, or to investigate, the nature of Wealth, and the laws of its production and distribution; including directly or remotely the operation of all the causes which the condition of mankind, or of any society of human beings, in respect to this universal object of human desire, is made prosperous or the reverse" (Mill, 1848:11).

Mill se ekonomie is dus, in teenstelling met die van Robbins, 'n dissipline waar die oorsake van ekonomiese groe~ die oorsake van armoede en ongelykheid en die cedes vir verskille in ontwikkeling tussen verskillende Iande wetenskaplik ondersoek en verduidelik behoort te word. Mill se definisie reflekteer die omstandighede waarin die ekonomiese wetenskap gedurende die 19de eeu ontwikk.el het, naarnlik die Industriele Rewolusie in Europa, met sy gepaardgaande euwels van armoede, verstedeliking, diskriminasie teen vrouens, kinderarbeid, uitbuiting misdaad en hongersnood. Die feit dat hierdie toestande steeds die lewens van die oorgrote meerderheid mense op die planeet kenmerk, maar dat die hedendaagse definisie van ekonomie eerder die toestand van ilie bevoorregte minderheid reflekteer, plaas vraagtekens oor die direkte relevansie van die modeme ekonomiese wetenskap.

3.2 Tegniese Onbekwaamheid van Ontwikkelingsekonome

Tweedens staan die bree ekonomiese wetenskap die gevaar staan om vervreem te raak van menslike oorwegings. Die Nobelprys-wenner John Buchanan beskryf die toedrag van sake soos volg : "Economics, as a discipline, became 'scientific' over the quarter century, but as it is practiced in the 1980s, economics is a science without ultimate purpose or meaning. It 'N TOEKOMSGERIGTE INTREEREDE OOR 'N NETEUGE DOG PRINSIPIELE ASPEK IN DIE EKONOMIESE WETENSKAP 5

(7)

has allowed itself to become captive of the technical tools that it employs without keeping track of what it is the tools are used for" (Buchanan, 1986:14).

Dit gaan dus hier vir Buchanan oor die absorpsie van ekonome in bulle "modelle" ( oftewel wiskundige beskrywings van 'n ekonomiese probleem onder hande) wat sodanig is dat die de bat in die wetenskap hoofsaaklik oor die tegniese detail handel.

Dit is 'n gegewe dat die ekonomie oor die afgelope twee eeue verwiskundig het (k:yk Naude, 1993a;1993b). Gerard Debreu, 'n wiskundige wat die Nobelprys vir Ekonomie ontvang het;, waarsku dan in sy Nobelprys-rede teen die meganistiese gebruik van die tegnieke (Debreu, 1991). Ek.onome wat daarna streef dat hul vakgebied tot beter lewenskwaliteit vir aile mense le~ moet derhalwe die situasie vermy waar 'n "substitution of t-ratio's for thought" (Solow, 1985:330) die norm raak.

Dit beteken egter nie dat ekonome die verwiskundiging van ekonomie moet teestaan nie

-inteendee~ die oproep wat hier gemaak word is juis dat ontwikkelingsekonome die verwiskundiging van die ekonomie moet bemeester eerder as om daardeur bemeester te word. Want dit is deels die snelle verwiskundiging van die ekonomiese wetenskap gedurende die laaste vier dekades wat volgens Krugman (1993) en Bardhan (1993) verantwoordelik is vir die afsterwe van ontwikkelingsekonomie en die miskenning van die fundamentele bydraes wat tydens die "Goue Era" van ontwikkelingsekonomie gedurende die 1950s en 1960s gemaak is . Hoewel die ontwikkelingsekonome van daardie tyd hul tyd vooruit was, was bulle probleem dat bulle nie bulle gedagtes kon formaliseer en op wiskundige wyse, soos wat die ekonomiese metodologie vereis het;, kon verpak het nie. Meermale is idees verpak op 'n wyse wat beskryf kan word as 'n "adherence to a discursive, non-mathematical style" (Krugman, 1993:27) wat reeds argaies was vir die 1950s en 1960s. Die nuwe idees wat in ander dissiplines van die ekonomie ondeed is, soos assimetriese inligting, onvolmaakte en onvolledige markte, ekstemaliteite en meervoudige ekwilibria, kon nie deur ontwikkelingsekonome hanteer word nie want dit "were beyond their own model-making capacity" (Bardhan, 1993:13) .

.Aan die ander kant het sommige ontwikkelingsekonome gepoog om die hoofstroom neoklassieke ekonomiese paradigma teen te staan, en doelbewus die neoklassieke ekonomiese metodologie te vermy. Die neoklassieke paradigma berus op die aannames van die rasionele huishouding wat nut wil maksimeer, die rasionele ondememer wat wins wil maksimeer (of koste wil minimiseer) en die totstandkoming van 'n ekwilibrium in die besluite van huishoudings en ondememers deur veranderings in pryse op die mark. Die neoklassieke ekonomiese metodologie is dan om gebruik te maak van die differensiaalrekening en die tegnieke van lineere en nie-lineere programmering om toestande van ewewig met mekaar te vergelyk - die komparatief-statiese metode.

In hul reaksie teen hierdie hoofstroom paradigma en metodologie het sommige ekonome in ekstremisme verv~ en daardeur die geloofwaardigheid van ontwikkelingsekonomie skade berokken - hierdie ekstremisme het dikwels die vorm van 'n oordeel oor aile wiskundige metodes in die ekonomiese wetenskappe ingeneem. 'n Geesteswetenskaplike het eendag tydens 'n konferensie aan my gestel het dat hy net glo in die gebruik van syfers in sy studies om bladsye aan te dui !.

Hierdie situasie kan die tipiese gevolg van wetenskaplike isolasie wees, want volgens Bardhan (1993:130) "For many years development economics carried on its lonely and difficult struggle to escape the well-worn grooves of mainstream economics and got marginalized in the process. As is not uncommon in isolated marginal groups, some members turned to iconoclastic excesses".

(8)

3.3 Die Siening oor die Oneffektiwiteit van Ekonomiese Beleid

'n Derde rede vir ' die heengaan van ontwikkelingsekonomie is te vinde in die "beleidsoneffektiwiteit"-siening wat gedurende die afgelope twee dekades in die ekonomie posgevat het. Die teoretiese argumente vir die standpunt is deur die sogenaamde "Rasionale Verwagtinge Rewolusie" in die ekonomie in die 1970s gevestig (kyk Naude, 1995b). Die empiriese steun is in die 1980s deur Christina Romer verskaf, wat inderwaarheid die mat onder die voete van die ekonomiese professie in die VSA uitgetrek het met haar statistiese bevindinge dat die variasie in die VSA se BBP nie sedert die Tweede Wereldoorlog afgeneem het nie (Romer, 1985; 1986a; 1986b ). Daar is wyd aanvaar dat die toepassing van doelgerigte makro-ekonomiese stabilisasiebeleid in navolging van die Keynesiaanse en Monetaristiese denkrigtingsl, effektief was om die variasie in BBP te stabiliseer.

Die gevolg van hierdie standpunt oor die effektiwiteit van ekonomiese stabilisasiebeleid is dat die posvat van 'n verlamming in die ekonomiese wetenskap te bespeur is. : nie net kan

ekonome nie vee! se oor langtermyn ekonomiese beleid nie , maar wat korttermyn ekonomiese beleid aanbetref is hul beste advies dat owerhede eerder niks behoort te doen nie. Omdat die langtermyn nie aangespreek word nie, doen owerhede dan ook per implikasie niks oor die langtermyn nie.

Die probleem met hierdie standpunt is dat ower)lede, te midde van wereldwye armoede en toenemende werkloosheid en fragmentasie van arbeidsmarkte spreekwoordelik hul hande in onskuld wil was. In meeste ontwikkelende Iande is owerhede besig om ten spyte van groter uitdagings op ekonomiese gebied, hulle noodsaaklike rol in ontwikkeling te versaak as gevolg van die toenemende standpunt in die ekonomie dat owerheidsbeleid oneffektief is. Soos Devarajan eta! (1994:1-1) dit stel : "Just when policymakers had to steer their economies through turbulent waters, they were also being told to take their hands off the steering wheel".

Die ekonomiese wetenskap is egter, soos Mill en sy tydgenote geboorte daaraan gegee het, 'n adviesgewende dissipline. Indien ekonomiese teorie dan beoordeel word aan hul vermoe om advies aan ekonomiese beleidsmakers te rugsteun, moet die standpunt van beleidsoneffektiwiteit tekort skiet (kyk ook Hoover, 1995:722).

Die beleidsadvies wat wei uit hierdie standpunt voortvloei, is bekend as die "Washington Konsensus" - wat verwys na die vernaamste voorstaanders van hierdie advies, die Wereldbank en die Internasionale Monetere Fonds. Die Washington Konsensus steun die meer bree konsensus dat ekonomiese groei 'n voorvereiste is vir ekonomiese ontwikkeling, en sien die volgende beleidsmaatreels as noodsaaklik vir ekonomiese groei : (kyk Weiss, 1995):

• Die balansering van owerhede se begrotings, of ten rninste die beperking daarvan tot onder 3% van brute binnelandse produk (BBP).

• Die devaluasie van geldeenhede.

1 Dit moet hier in gedagte gehou word dat die debatte tussen die sogenaamde Keynesiaane en Monetariste oar die praktiese en wenslike eienskappe van makro-ekonomiese stabilisasie gehandel het, en

me

oar die moontlikheid van nrakro-ekonomiese stabilisasie per se nie.

(9)

• Die afskaffing van aile beperkinge op en inmenging in intemasionale handel in goedere, dienste en bates.

• Die privatisering van stilatsbates. • Die deregulering van die ekonomie.

Hierdie beleidsmaatreels is tot 'n mindere of meerdere mate sedert die 1980s as voorwaardes van strukturele aanpassings-lenings deur die Wereldbank en Intemasionale Monetere Fonds (IMF) in minder ontwikkelde Iande. toegepas. 'n Onlangse studie deur Demery en Squire (1996:39) ondersoek die effek hiervan op armoede in ses Afrika-lande deur gebruik te maak van die mees omvangryke paneeldata tot op hede beskikbaar. Hulle bevindinge steun die aanbeveling dat makro-ekonomiese stabiliteit (deur beperking van begrotingstekorte en streng monetere beleid) 'n voorvereiste is vir grater ekonomiese

groe~ maar beklemtoon dat "The poorest of the poor have not_ benefitted from recent growth in some countries and the prospects for the poor are not rosy unless there is more investment in human capital and better targeting of social spending".

3.4 Gevolgtrekking

Die gevolgtrekking kan nou gemaak word dat die onkunde in die ekonomie oor ekonomiese ontwikkeling te wyte is aan die misplaaste klem in die modeme ekonomie, die tegniese onkundigheid van ontwikkelingsekonome en die dominering van beleidsadvies deur die siening dat owerheidsbeleid eerder minimalisties van aard moet wees en op die behoud van makro-ekonomiese stabiliteit moet konsentreer. Hierdie situasie impliseer dat of ekonomiese ontwikkelingsbeleid op verkeerde basis gebaseer is, of dat dit inkonsek.went met intemasionale praktyk (en us voorvereistes vir ontwikkelingsfinansiering) is. Met hierdie agtergrond kan ons nou voortgaan na die kern van hierdie rede.

4 DIE PROBLEEM MET EKONOMIESE GROEI-BELEID

Die onkunde oor ekonomiese groei is deels te wyte aan die onkunde oor ekonomiese ontwikkeling wat pas behandel is. Bydraes tot langtermyn-ekonomiese groei het hoofsaaklik binne die hoofstroom ekonomiese wetenskap plaasgevind, en nie binne die ontwikkelingsekonomie nie.

'n Moontlike rede is dat groeiteorie van die begin af uiters wiskundig van aard binne die hoofstroom uiteengesit is. Baie ontwikkelingsekonome, soos die aanhaling uit Bardhan van vroeer beweer, het nie die tegniese kundigheid gehad het om die debat te volg nie of om bydraes daartoe te maak nie.

Aan die ander kant kon sommige ontwikkelingsekonome wat wei oor die nodige tegniese kundigheid beskik het, ontnugterd hul rug op die neoklassieke ekonome se pogings om groei te verklaar gedraai het, weens die eenvoudige siening van die determinante van langtermyngroei wat aanvanklik laasgenoemde se pogings gekenmerk het. Ontwikkelingsekonome was reg in hul siening dat langtermyn ekonomiese groei 'n heelwat meer komplekse proses was as wat neoklassieke ekonome toe geglo het, maar was nie in staat om die komplekse proses gedurende die 1950s en 1960s te formaliseer nie. Dit was

myns insiens nie hoofsaaklik omdat hulle nie relatief tot ander ekonome tegnies kundig was

(10)

nie, maar omdat die geskikte kwantitatiewe tegnieke en rekenaartegnologie wat vereis word om die kompleksiteit van menslike ekonomiese gedrag te modelleer, nog nie beskikbaar was

nie. Hier verwys ek veral na die tegniek van Toegepaste Algemene Ewewigsmodellering wat eers gedurende die laat 1970s en 1980s moontlik geword het (k:yk Dervis, de Melo & Robinson, 1982), en eers in 1993 vir die eerste keer in Suid-Afrika deur Naude en Brixen (1993a;1993b) toegepas is.

Voordat hierdie aspek in groter detail behandel word, moet die debat rondom die determinante van langtermyn ekonomiese groei eers in konteks geplaas word

4.1 Die Solow-model

In die neoklassieke ekonomiese teorie word langtermyngroei deur die Solow-model verklaar (k:yk Solow, 1956). Kortweg berus die model op 'n totale produksiefunksie met argumente kapitaal en arbied. Die mees algemene eksplisiete wiskundige vorm waarin

hierdie funksie voorgestel word is die Cobb-Douglas spesiftkasie in (1) :

Waar Y

=

Bruto Binnelandse Produksie (BBP) K

=

die kapitaalvoorrrui.d

L = arbeid

a. en

f3

= uitset-elastisiteite

A(O) = inisiele omstandighede

i..

= die koers van tegnologiese vooruitgang

Daar word aangeneem dat die totale produksiefunksie gekenmerk wor~ deur konstante skaalopbrengs in geheel - daar word gese die funksie is homogeen van graad een, oftewel wiskundig cpY = F(cpL,cpK) waar Y totale produksie voorstel en L en K onderskeidelik arbeid en kapitaal voorstel. Verder word aangeneem dat daar dalende meeropbrengs geld vir individuele produksiefaktore, oftewel wiskundig gestel

o.Y

>

iflY

<

o

a.L 'o.L2 en

o.Y

> O·

o

2

Y

a.K

'a.K

2

(11)

~ie Solow-model wat ek pas kortliks uiteengesit het, het 'n aantal implikasies ingehou wat inkonsekwent was met empiriese getuienis.

4.2 Tekortkominge van die Solow-model

Eerstens imp~seer ~e model _dat in 'n ekonomie waar die kapitaalvoorraad vinniger toeneem as die arbe1dsmag, die opbrengs op nuwe beleggings mettertyd sal afneem. Hierdie verskynsel is egter nog nooit waargeneem nie, selfs nie in vandag se industriele Iande nie. Inteendeel, studies wys daarop dat die gemiddelde opbrengs op kapitaal in die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) -Iande hoer vandag is as aan die begin van die eeu.

Tweedens impliseer die model dat arm, onderontwikkelde Iande (soos SA ) dit maldiker behoort te vind om ekonomies te groei as 'n ryker land (soos die VSA). Dit is so uit die model omdat belegging in 'n land waar kapitaal relatief skaars is, tot groter toenames in totale produksie n10et lei as in 'n land met 'n relatief groot kapitaalvoorraad. Met die uitsondering van Asie se ekonomiese groei ervaring kan daar min empiriese steun vir hierdie implikasie oor die afgelope dekades gevind word nie (Summers & Heston, 1988; Durlauf & Johnson, 1995; Quah, 1996).

Die neoklassieke ekonomie se reaksie op hierdie twee inkonsekwente implikasies van die Solow-model was om 'n beroep te doen op tegnologiese vooruitgang (Solow, 1957). Alhoewel die opbrengs op kapitaal dus behoort af te neem soos wat meer kapitaal tot die ekonomie bygevoeg word, kan die effek teegewerk word deur die beskikbaarstelling en gebruik van nuwe tegnologie. Terselfdertyd kan dit ook verklaar waarom die opbrengskoerse op kapitaalbeleggings in die nywerheidslande hoog bly, en waarom die meeste arm Iande nie vinniger as ryk Iande kan groei nie.

Die neoklassieke ekonomie se beroep op tegnologie het egter weer op sy beurt 'n verdere implikasie tot gevolg gehad, naamlik dat tegnologiese vooruitgang - en nie soseer investering nie - die enjin of dryfveer agter ekonomiese groei is. Om die implikasie in te sien, moet besef word dat 'n permanent verhoging in 'n land se investeringskoers in die Solow-model nie 'n land se langtermyngroeikoers kan verhoog nie. Soos wat die kapitaalvoorraad toeneem, moet daar elke jaar 'n groter belegging gemaak word bloot net om depresierende kapitale bates te vervang. 'n Permanent toename in die investeringskoers sal dus net tot 'n tydelike toename in ekonomiese groei lei.

Ten spyte van die belangrikheid van tegnologiese vooruitgang vir ekonomiese groei in die neoklassieke teorie, het die teorie nie 'n algemeen aanvaarde verklaring van wat presies die aard van tegnologiese vooruitgang is nie. Die implisiete aanname is dat dit eksogeen tot die ekonomie is - dus in wese reen tegnologiese vooruitgang op die ekonomie neer.

In statistiese terme word tegnologie gelyk gestel aan die residu in regressie-ontleding van ekonomiese groei, dit wi1 se daardie faktor wat, na aile ander ekonomies bekende faktore gemeet en in berekening gebring is, die oorblywende variasie in die afhanklike veranderlike (hier ekonomiese groeQ verklaar. Tot ekonome se verleentheid verklaar die residu in meeste regressie-ontledings die grootste proporsie van die variasie in ekonomiese groei. Abramovitz (1956) noem dit 'n "measure of our ignorance" Die residu staan ook bekend as "totale faktor produktiwiteit" (TFP) en verklaar tot meer as 50% van gemete ekonomiese groei. Of anders gestel : neoklassieke ekonomie kan net 50% van die oorsake van ekonomiese groei statisties identifiseer (Nehru & Dhareshwar, 1994:5).

(12)

Langtermyn ekonomiese groei bly dus in wese 'n onbekende. Die probleem vir die beleidsmaker is voor die hand liggend : "To the extent that our knowledge of the sources of economic growth remains inadequate, we must also remain ignorant of relevant policy variables" (Meier, 1995:579).

4.3 Endogene Groeiteorie

Om nie die neoklassieke ekonomie te hard te behandel, en moontlik 'n onewewigtige beeld by u te skep nie, moet ek my haas om te vermeld dat die buitelyne van 'n nuwe benadering tot ekonomiese groei op die horison sigbaar is- binne die hoofstroom neoklassieke ekonomiese ortodoksie. Die buitelyne stem merkwaardig ooreen met die fundamentele veld van ondersoek tydens die ontwikkelingsekonomie se "Goue Era" van die 1950s en 1960s, naamlik die ondersoek na die belangrikheid van onderwys en opleiding en verwante aspekte daarvan soos positiewe ekstemaliteite, onvolmaakte medediging en toenemende skaalvoordele.

Ek wil vanaand 'n betoog !ewer dat ekonome, veral in Suid-Afrika, hierdie aspekte volledig deel moet maak van hul navorsingsagenda indien hul vakgebied die sosiale relevansie wil herwin wat dit in die dae van J.S. Mill gehad het.

Die sogenaamde endogene groeiteorie vervat myns insiens die belangrikste pogings van ekonome om onderwys en opleiding en verwante aspekte op 'n formele (dit wil se wiskundige en dus logiese konsekwente en kontroleerbare) wyse deel van die verklaring van langtermyn-ekonomiese groei te maak. Die benaming "endogene" groeiteorie onderskei die teorie van die neoklassieke (Solow) model waarin ekonomiese groei eksogeen is omdat dit slegs deur die toenames in die bevolking (die produksiefaktor arbeid) en verbeterings in die onduidelike konsep van totale faktor-produktiwiteit (I'FP)

veroorsaak word (Romer, 1994).

In 'n proefskrif getiteld "Dynamic Competitive Equilibria with Externa/itiet, Increasing Returns and Unbounded Growth", gee Paul Romer (1983) deels geboorte aan die endogene groeiteorie2•

Endogene groeimodelle wat hierop volg beklemtoon die noue verwantskap tussen onderwys en opleiding en ekstemaliteite, onvolmaakte mededinging en toemenende skaalvoordele aan. Onderwys en opleiding het beduidende positiewe ekstemaliteite tot gevolg, dit wil se die sosiale voordele is grater as die private voordele (kyk Scitovsky, 1954). Romer (1987) skat dit tot soveel as twee maal boer. Daar bestaan dus 'n waterdigte argument dat die owerheid dit deur middel van investering in menslike kapitaal moet voorsien (De Long en Summers, 1993).

Ontwikkelingse~onome is lank reeds voorstanders van grater investering in menslike kapitaal (Mincer, 1994). Die term "investering in menslike kapitaal" is juis deur die Nobelpryswenner en ontwikkelingsekonoom Theodore Schultz in 1960 gemunt (kyk Schultz, 1961).

Dit is egter eers onlangs dat beduidende ekonometriese getuienis beskikbaar geword het wat die sleutelrol van investering in menslike kapitaal vir langtermyn-ekonomiese groei

- 1Jle anaer vemame gronategger van die endgene groeiteorie is die Nobelpryswenner Robert Lucas met sy artikel "On the Mechanics of Economic Development"- kyk Lucas (1988).

(13)

bevestig\ Die getuienis word onder andere uiteengesit in 'n aantal onlangse studies, te wete die van Nehru en Dhareshwar (1994), Nehru, Swanson en Dubey (1995), Wood (1994) en Wood en Berge (1994), Ojo en Oshikoya (1995). Enkele van die aktuele resultate kan kortliks aan u voorgehou word.

Ojo en Oshikoya (1995:174) bevind dat in die geval van die gemiddelde Afrika-land, 'n verhoging in die bevolking se gemiddelde aantal jare van formele onderwys met slegs 1 jaar, groei in per kapita bruto binnelandse produksie met 2% per jaar kan toeneem. Nehru, Swanson en Dubey (1995) gebruik 'n nuwe internasionale databasis van die Wereldbank wat oor 85 Iande en 28 jaar strek en bevind beduidende korrelasies tussen die omvang van primere, sekondere en tersiere onderwys en indikators van ekonomiese ontwikkeling en maatskaplikse welstand, soos vrugbaarheid, geboortekoerse, geletterdheid, en geboortesterftesyfers. Tabel 1 verskaf 'n opsomming van Nehru, Swanson en Dubey (1995:397) se bevindinge.

Tabel 1 : . Korrelasie Koeftisiente Tussen Gemiddelde Onderwysvlakke en Maatskaplike Welstand in 85 Lande, 1960-1987.

-0.72 -0.77 -0.30 0.73 -0.67

-0.65 -0.67 -0.42 0.55 -0.64

Swanson & Dubi!J, 1995:397)

Tabel 1 bevestig dat groter onderwys die getal kinders per vrou asook die geboortekoers laat afueem (en daardeur die bevolkingsgroeikoers), dat die sterftesyfer afueem, dat die getal natuurwetenskaplikes sal toeneem, en datt die geboortesterftesyfer sal afueem. Die tabel wys ook daarop dat die korrelasie tussen primere onderwys en die indikators sterker is as die korrelasies tussen die ander vorme van onderwys en die indikators. Die bevinding stem ooreen met studies na die sosiale en private opbrengskoerse op investering in menslike kapitaal wat bevind dat die opbrengs op investering in primere onderwys hoer is as die opbrengste op ander vorme van onderwys (Hosking, 1992, 1993; Archer & Moll, 1992; Donaldson & Roux, 1990; Pillay, 1991).

Romer (1986;1994) aanvaar die belangrikheid van investering in menslike kapitaal en voeg as argument tot die produksiefunksie wat in vergelyking (1) uiteengesit is, die element van

3 'n Probleem tot onlangs toe was dat proksies vir investering in mesnlike kapitaal, soos geletterdheidskoerse en bestteding op onderwys, nie statisties beduidende verklarings vir ekonomiese groei in baie studies gelewer bet nie, kyk byvoorbeeld Renelt (1991). Volgens Ojo en Oshikoya (1995:174) is dit te wyte aan metingsprobleme, lang sloeringstye tussen investering in menslike kapitaal en die uitwetking daarvan op ekonomiese groei, en die gebruik van verskillende definisies en metings van onderwys wanneer deursnee-statistiek gebruik word.

(14)

"kennis/onderwys" as produksiefaktor by. Die nuwe produksiefunksie Jpm dus geskryf word soos in vergelyking (2) uiteengesit.

(2) Y = A(O)euKa

I!JP

Waar H = die gemiddelde aant:al jare se total aant:al onderwys waaroor elke inwoner beskik. Nehru en Dhareshwar (1995 :8) gebruik genoemde databasis van die Wereldbank en skat vergelyking (2) met behulp van die Kleinste Kwadrate Metode nadat logaritmiese groeikoerse van die vergelyking geneem word. Die vergelyking wat hul skat neem dus die volgende votn_l aan soos in vergelyking (3) uiteengesit.

(3) dlogY = rp +LA;

+

adlogK

+

fldlogL + ]filogH

;

Die resultate van hul regressievergelykingword in Tabel2 gegee.

Tabel2: Effek van Onderwys op Ekonomiese Groei : Statistiese Resultate

Tabel 2 beklemtoon die belangrikheid van investering in menslike kapitaal vir ekonomiese groei. Daar kan op gelet word dat die grootte van die effek van investering in menslike kapitaal (0.48) meer as dubbeld soveel is as die effek van arbeid (20%), en 50% groter is as die van fisiese kapitaal (0.32).

4.4 Gevolgtrekking

Ekonome se onkunde oor ekonomiese groei spruit deels uit hul onkunde oor ekonomiese ontwikk.eling, en meer spesifiek, die rol van menslike kapitaal. Ekonome het wei van vroeg af die belangrikheid van menslike kapitaal vir ontwikkeling en groei erken, maar het die presiese wyse waarop dit tot groter groei lei, nooit kon formaliseer (m.a.w. in 'n wiskundige modeQ omsit nie. Tot onlangs het neoklassieke ekonome verbeterings in menslike kapitaal (wat tot groter arbeidsproduktiwiteit en tegnologiese innnovasie aanleiding gee) as eksogeen tot die ekonomie gesien en geen poging aangewend om dit te verklaar nie. Dit is gestel dat onlangse navorsing aandui dat investering in menslike kapitaal via positiewe esktemaliteite, onvolmaakte mededinging en toenemende skaalvoordele in produksie tot groter groei aanleiding, en dat dit die komplekse aard van die faktore is wat k.wantitatiewe modellering daarvan so moeilik maak. Stiglirz (1993:44) som myns insiens die situasie raak

op : "There is no single explanation of why countries grow or fail to grow. Increasing returns, externalities and learning by doing may be - and undoubtedly are - important, but

(15)

modeling them in a way that provides insights into the development process requires more care than has typically" been taken, and many of the models formulated to date simply miss the essential issues".

Met investering in menslike kapitaal wat positiewe eksternaliteite tot gevolg het en daarom gekoordineerde owerheidsoptrede vereis om die voordele van die eksternaliteit optimaal te benut, het die siening van die Washington Konsensus in onlangse jare toenemend onder skoot gekom en word daar gestel dat die beleidsaanbeveling van die konsensus te korttermyn-gefokus is (Naude, 1995a). Dit is, soos wat Williamson (1990) opmerk, die geval dat die konsensus 'n "implicit dismissal of the development literature" openbaar deurdat die sleutelelemente van langtermyn-ekonomiese groei nie in ag geneem word nie. Indien ons nou weer na die sleutel-elemente van beleidsadvies wat op die konsensus gebaseer is kyk, kan daar wei 'n saak gestel word dat die beleidsadvies nie mak1ik versoenbaar is met 'n situasie van groter investering in menslike kapitaal nie. Inderdaad, is dit so dat die getal kinders op skool in die 1990s in baie Afrika-lande onder strukturele aanpassingsprogramme minder is as die getal op skool in die 1960s (Gillis et a4 1992:222). In reaksie op hierdie kritiek wys voorstanders van die konsensus, asook andere, dat die liberalisering van internasionale handel deur 'n land (d.w.s. die afskaffing van beperkinge soos kwotas en tariewe op invoere) tot verbeterings in menslike kapitaal in daardie land kan lei omdat die land nou aan buitelandse tegnologie, produksietegnieke en bestuursvaardighede blootgestel is (UNCT.AD,1995:17). Daar is hier sprake van 'n komplementariteit tussen investering in menslike kapitaal en investering in fisiese kapitaal, aangesien die nuwe tegnologiese gevorderde masjienerie en toerusting wat veral deur direkte buitelandse beleggers 'n land ingebring word, werkers vereis met die nodige vaardighede en opleiding (Schmidt-Hebbel, Serven & Solimano, 1996).

Die konsensus en die neoklassieke ekonomiese teorie sien die kousaliteitsrigting tussen ekonomiese groei en verbeterings in menslike kapitaal as strekkende vanaf ekonomiese groei (wat deur Iiberalisasie bewerkstellig word) na groter investering in fisiese kapitaal en daarduer verbeterings in menslike kapitaal, wat op sy beurt weer groei bevorder en so tot . 'n voordelige kringloop aanleiding gee.

Liberalisasie is een van die hooftemas van die internasionale ekonomie van die 1990s (UNCTAD,1995) Suid-Afrika se makro-ekonomiese strategie poog ook om hoe ekonomiese groei te handhaaf deur 'n uitwaarts-georienteerde strategie wat die verlaging van invoertariewe met sowat 40% (kyk Coetzee, Swanepoel en Naude, 1996), die verslapping van valutabeheer vereis (kyk Manuel, 1996). In die Jig sal ek vervolgens in aansluiting met voorafgaande die vrae probeer antwoord : wat weet ons van die verwantskap tussen liberalisasie en ekonomiese groei ? Is die siening geregverdig dat liberalisasie noodwendig tot groter groei en investering in menslike kapitaal sal lei ? As laasgenoemde nie die geval is nie, sallangtermynekonomiese groei nie plaasvind nie, en sal 'n liberalisasie misluk. Die mislukking van 'n land se liberalisasie-poging word wyd erken om meer skadelik vir die ekonomie te wees as wanneer geen paging in die eerste plek aangewend is nie (Rodrik, 1989; Collier, Greenaway & Gunning, 1993; Naude, 1996).

5 UBERALISASIE VAN INTERNASIONALE HANDEL

Afgesien van enkele radikale ekonome (kyk byvoorbeeld Batra, 1993) is meeste ekonome dit eens dat die openheid van ekonomiee en vrye internasionale handel 'n positiewe bydrae tot welvaart in alle deelnemende Iande sal maak. Jenkins en Naude (1995) merk op dat daar min

(16)

teoretiese standpunte is waaroor ekonome so oortuig is soos die superieuriteit van vrye internasionale handel. Hierdie teoretiese standpunte verskaf die motivering vir die pogings van menige Iande en internasionale organisasies om oor dekades been deur middel van eers die Algemene Organisasie insake Tariewe en Handel (AOTil) en tans die Wereld Handels-Organisasie (WHO) aile beperkings op vrye internasionale handel uit die weg te probeer ruim. Suid-Afrika is op op bilaterale grondslag met die Europese Unie in onderhandeling oor die afskaffing van aile beperkings op handel tussen die EU en Suid-Afrika (kyk Jenkins & Naude, 1995;1996).

Die vernaamste beperkings op internasionale handel is kwotas en tariewe op invoere (wat as "beskerming aan jong nywerhede" of belastingbron vir arm owerhede gemotiveer word) en beperkings op die vrye omskakeling van geldeenhede in ander geldeenhede. Die saak vir die verlaging en selfs afskaffing van invoertariewe rus op beide teoretiese standpunte en empiriese waarneming en sal in die oorblywende tyd krities bespreek word.

5.1 Die Heckscher-Ohlin Model

Die teoretiese standpunte ten gunste van die superioriteit van vrye internasionale handel is dee! van die fondamente van die neoklassieke ekonomiese teorie, en is in die 18de eeu deur David Ricardo gele en in ons eeu deur die Sweedse ekonome Heckscher en Ohlin uitgebrei. Die Heckscher-Ohlin model was lank die werkesel van ekonome wat die werking van die internasionale ekonomie bestudeer bet. Dit het handelspatrone verklaar deur die beginsel van komparatiewe voordeel. Komparatiewe voordeel beteken dat 'n land die goedere sal uitvoer wat geproduseer word deur intensiewe gebruikmaking van 'n land se relatiewe volop produksiefaktore en goedere sal invoer wat geproduseer word met die land se relatief skaars produksiefaktore. Lande sal dus spesialiseer in produksie, en hierdeur blyk dan die voordele van internasionale handel bo "autarky"/ geen handel deurdat 'n groter bundel verbruiksgoedere nou in elke land verbruik kan word (Samuelson, 1939; Markusen et a4 1995:65). Die Heckscher-Ohlin model spesifiseer selfs verder dat aile Iande sal baat vind deur internasionale handel, m.a.w. dit is nie 'n zero-som spel soos wat deur sommige opponente van vrye handel uitgemaak word nie (Samuelson, 1962). Daar moet egter opgelet word dat die Heckscher-Ohlin model slegs 'n eenmalige voordeel van die beweging vanaf geen handel tot vrye handel beskryf -die model abstraheer van aile langtermyn-ekonomiese groei kwessies.

Binne die raarnwerk van die Hecksher-Ohlin model het die Stolper-Samuelson-stelling en die Rybczynski-stelling egter geimpliseer dat, hoewel aile Iande deur vrye handel baat vind, nie al die groepe binne 'n betrokke land ewe vee! baat sal vind nie, en dat vrye handel inderdaad inkomste-verdeling binne 'n·land meer ongelyk kan maak, ten gunste van die groep wat oor die komparatiewe voordeel beskik (Stolper & Samuelson, 1941; Rybczynski, 1955). Groepe wat benadeel word kan dus drukgroepe vorm vir die instelling van beskermende invoertariewe en kwotas.

Die Hecksher-Ohlin model is vandag hoosaaklik 'n museum-stuk, hoofsaaklik weens die feit dat die aannames waarop dit berus het, heeltemal ongeloofwaardig was (Leamer, 1984:45).

Een van die onrealistiese en beperkende aannames was dat aile goedere wat in 'n land geproduseer word, internasionaal verhandelbaar was en dat ingevoerde goedere volmaakte substitute vir plaaslik geproduseerde goedere was. Hierdie aanname het geimpliseer dat in 'n klein, oop ekonomie waar geen beheer oor wereldpryse uitgeoefen kon word nie, die

(17)

konsep van 'n devaluasie van die geldeenheid betekenisloos geword het, en daar ekstreme spesialisasie in Iande soos plaasvind (DeMelo & Robinson, 1989:48-49).

5.2 Die Salter-Swan Model

Die aanname dat alle goedere en dienste intemasionaal verhandelbaar is, is deur Salter (1959) en Swan (1960) vervang. Die aarmame dat plaaslike en ingevoerde produkte volmaakte substitute is, is deur Annington (1969) vervang.

In die Salter-Swan model word verhandelbare produkte (b.v. klere) van nie-verhandelbare produkte (bv. 'n haarsny) onderskei. Die verhouding tussen die twee tipes produkte definieer die reele wisselkoers, waar die pryse van verhandelbares op wereldmarkte bepaal word.

Die Salter-Swan model word in figuur 1 uiteengesit en gebruik om die voordele van liberalisasie te verduidelik.

Figuur 1 : Die Salter-Swan Model en LiberaHsasie van Handel

NVP P1

N1

N

v

V1 VP

(Bron: Weirr, 1995:81).

In Figuur 1 kan tussen die kort,-medium en -Iangtermyn effekte van Iiberalisasie van handel onderskei word.

Die ekonornie produseer aanvanklik by punt 1. Soos huidiglik in geval van die Suid-Afrikaanse ekonornie word hierdie produksiepunt deur oorskot kapasiteit (m.a.w. werkloosheid) en Iae produktiwiteit gekenmerk. Punt 1 Ie daarom binne die produksiemoontlikheidskromme, NT. Die belling van die Iyn PP word deur die verhouding van die pryse van nie-verhandelbare tot verhandelbare produkte bereken, en is dus die reele wisselkoers.

Die korttermyn effek van liberalisasie kan in figuur 1 voorgestel word as 'n beweging van punt 1 na punt 2. Dit word eerstens veroorsaak deurdat grater produktiwiteit nou vereis word om intemasionaal mededingend te wees. 'n Tweede rede is een wat vera! deur die 'N TOEKOMSGERIGTE INTREEREDE OOR 'N NETELIGE DOG PRINSIPIELE ASPEK IN DIE EKONOMIESE WETENSKAP 16

(18)

aanhangers van konsensus gegee word, naamlik dat invoertariewe, wat teen uitvoerproduksie disk.rimineer, nou afgeskaf is. Uitvoerprodusente kan nou hul insette teen wereldpryse aankoop en gevolglik beter meeding (Strydom, 1995:562). By punt twee word beide meer verhandelbare en nie-verhandelbare produkte geproduseer en verbruik, sodat die beweging van punt 1 tot 2 gese kan word om ekonomiese groei voor te stel.

Oar die medium termyn sal die feit dat tariewe verlaag of afgeskaf is beteken dat die relatiewe prys van verhandelbare tot nie-verhandelbare produkte verander sodat PP meer sty! word Die mees winsgewendste punt van produksie sal by punt 3 wees. Die verskuiwing van produksie bo-op die produksiemoontlikheidskromme vanaf punt 2 na punt 3 stel dus 'n verbetering in die allokasie van produksiefaktore voor, wat as 'n voorvereiste vir langertermyn ekonomiese groei gesien word.

Oor die langtermyn, sal ekonomiese groei 'n uitwaartste verskuiwing van die produksiemoontlikheidskromme vereis. Soos reeds vermeld, is die standpunt dat grater produksie vir uitvoermarkte en integrasie met die wereldekonomie positiewe eksternaliteite sal he in die vorm van verhogings in produktiwiteit, die verkryging van gevorderde tegnologie, die benutting van toenemende skaalvoordele en die grater beskikbaarheid van buitelandse valuta om vir noodsaaklike invoere te betaal (Romer, 1986; Helpman, 1988; Nishimizu & Robinson, 1984).

Die beleidsimplikasies wat hieruit voortspruit is in teenstelling met die van die konsensus ofhoofstroom ekonomie, en kan teenstrydigwees met die doelstellings van die WHO. Dit is aangesien die bestaan van positiewe eksternaliteite random uitvoer owerheidsinmenging vereis om daardie eksternaliteite te benut. Dit wil se die Oos-Asiese model waar uitvoerproduksie doelgerig aangemoedig is deur 'n selektiewe intervensionistiese nywerheidsbeleid deur die owerhede het dus heelwat meriete (Strydom, 1995:566). Die presiese aard van owerheidsinmenging of steun vir uitvoerproduksie sal afhang van die mate waartoe die implisiete aannames wat die ontleding in figuur 1 onderle, waar is of nie. Die aannames kan nou ekspliet gestel word en vorm die grondslag van die kritiek teen liberalisasie as ekonomiese groei strategie wat vervolgens uiteengesit word. Die aannames is • Volmaakte mededinging waarbinne invoertariewe teen uitvoerproduksie diskrimineer. • Wrywinglose her-allokasie van produksiefaktore vanaf die produksie van

nie-verhandelbare na nie-verhandelbare produkte oor die medium-termyn.

Daar is verder twee tekortkominge. Eerstens word die feit dat liberalisasie wenners sowel as verloorders binnelands kan skep, soos die Stolper-Samuelson en Rybczynski stellinge leer, nie in ag gebring nie. Tweedens word veronderstel dat volledige liberalisasie oomblik, in 'n "big bang'-styl, plaasvind.

5.3 Strategiese Handelsteorie

'n Verdere onrealistiese en beperkende aanname binne die Heckscher-Ohlin model wat hier tersaaklik is, is die aanname van konstante skaalvoordele in produksie (soos in die Solow model). Paul Romer (1986) toon aan dat die byvoeging van menslike kapitaal tot die produksiefunksie (kyk afdeling 4.3 hierbo) beteken dat die tradisionele aanname van volmaak mededingende markte nie meer gemaak kan word nie. Met meer as twee produksiefaktore toon die produksiefunksie toenemende skaalvoordele wat beteken dat "N TOEKOMSGERIGTE INTREEREDE OOR "N NETEUGE DOG PRINSIPIELE ASPEK IN DIE EKONOMIESE WETENSKAP

17

(19)

ondememings insetpryse kan verlaag en uitset daardeur kan Iaat toeneem as gevolg van laer koste - en dus groter wins kan maak. Die situasie impliseer dan onvolmaakte medediging met ondernemings as prysvasstellers eerder as prysnemers.

Met onvolmaakte mededinging en toenemende skaalvoordele argumenteer voorstanders van die onlangse nuwe handelsteorie of strategiese handelsteorie dat die aanname dat invoertariewe teen uitvoerproduksie diskrimineer nie noodwendig geldig is nie. Krugman

(1984) en Brander en Spencer (1985) se argumente in hierdie verband kan met behulp van figuur 2 verduidelik word.

Figuur 2 : Invoenariewe as Uitvoerbevordering

Buitelandse onderneming

Binnelandse Onderneming

(Bron: Dixit, 1993:181)

In figuur 2 word die optredes van twee ondernemings, die een binnelands en die een buitelands, voorgestel. Elke ondememing ding op beide die plaaslike sowel as die intemasionale mark mee. In elk van die gesegmenteerde markte bestaan daar 'n Cournot duopolie (k:yk Gravelle & Rees, 1981:312-314) waar elke ondememing se grenskoste 'n afuemende funksie is van sy produksievlak.

In die ontleding van duopolistiese markte word algemeen van reaksiekrommes gebruik gemaak. Die krommes word as reguit lyne met 'n negatiewe belling voorgestel. Aanvanklik

word ewewig in die markte by punt E voorgestel.

Veronderstel nou dat die binnelandse ekonomie tariewe op invoere hef. Dit verhoog die koste vir die buitelandse ondememing om sy goedere op die binnelandse mark af te Iewer sodat sy reaksiekromme afwaarts skuif. Nuwe ewewig is by punt El.

Dit is egter nie die finale ewewig nie. Aangesien die binnelandse ondememing se verkope toeneem, beteken dit dat sy grenskoste daal, sodat sy reaksiekromme na regswaarts/uitwaarts verskuif. Die daling in die binnelandse ondememing se grenskoste lei tot 'n styging in die grenskoste van die buitelandse ondememing (omdat sy verkope binnelands daal), wat tot 'n verdere afwaartse versk:uiwing van sy reaksiekromme aanleiding gee. Die nuwe finale ewewig sal uiteindelik by E* tot stand kom.

(20)

Die eind-resultaat is duidelik. in figuur 2 : die binnelandse ondememing het nie net sy relatiewe posisie in die binnelandse mark verstewig nie, maar het ook op die uitvoermark (in figuur 2(b)) beter gevaar. Invoertariewe dien dus hier as uitvoer-aansporingsmaatreel.

5.4 Empiriese Bevindinge

Coetzee, Swanepoel en Naude (1996) gebruik 'n klein Toegepaste Algemene Ewewigsmodel om vir die eerste keer in Suid-Afrika ondersoek in te stel na die verwantskap tussen langterniynekonomiese groei in die konteks van die Salter-Swan model. Die model bestaan uit 'n stelsel van 20 nie-lineere vergelykings en twee identiteite.

'n Produksiefunksie word gespesifiseer wat die land se produksie bo-op die

produksiemoontlik.heidskromme plaas. Dit neem die volgende vorm aan :

(4) X= G(E,Ds;!l) waar X = die BBP

E = produksie vir uitvoere Ds = produksie vir die plaaslike mark

n

= die transformasie-elastisiteit tussen·uitvoer-en plaaslike produksie.

Die bestaan van 'n positiewe ekstemaliteit verbonde aan uitvoerproduksie word wiskundig soos volg gespesifiseer

(5)

Waar A = die waarde tot BBP gevoeg as gevolg van die ekstemaliteit

Eo = 'n b~es vlak uitvoere waaronder daar geen ekstemaliteite is nie, m.a.w. A= A indien E < Eo.

11 = die ekstemaliteit-elastisiteit. Gevolglik is ( 4) soos volg aangepas :

(4.1) X= A.G(E,Ds,n)

Die vergelyking wys daarop dat ons hier met 'n ware positiewe ekstemaliteit te make het, aangesien dit nie deur die produsente in ag geneem word wanneer hul besluit oor hoeveel E om te produseer nie -die sosiale voordele is m.a.w. groter as die private voordele. Wanneer die model in die Suid-Afrikaanse geval toegepas word om die verlaging in tariewe te modelleer, dui dit daarop dat Suid-Afrika wei oor die medium termyn die verskuiwing op die produksiemoontlikheidskromme sal ervaar soos wat die Salter-Swan model voorspel (uitvoerproduksie kan met soveel as 1.7% per jaar vinniger groei as wat andersins die geval sou wees), en dat die produksiemoontlikheidskromme wei oor die langtermyn uitwaarts verskui£

(21)

Die tekortkominge van die Salter-Swan ontleding is alreeds vroeer (in 5.2 hierbo) genoem, en die aanname van volmaakte mededinging en anti-uitvoer sydigheid van invoertariewe is ook reeds bespreek.

Meer ernst:ig vanuit die siening van endogene groeiteorie, is die feit dat hier aangeneem word dat die her.mlokasie van produksiefaktore (kapitaal en arbeid vera!) na verhandelbare produksie sender enige wrywing geskied.

Dit kan sander vee! vrees vir teenspraak bier gestel word dat liberalisasie oor die korttermyn vera! altyd met wrywingswerkloosheid gepaard sal gaan. Daar is beide teoret:iese en empiriese steun hiervoor.

Op teoret:iese terrein fokus Rodrik (1989), Collier (1993), Collier & Gunning (1995) en Jenkins en Naude (1995,1996) op die wrywing wat in die her-allokasie van kapitaal as produksiefaktor kan bestaan. Hier gaan dit vera! oor die geloofwaardigheid van die liberalisasie-poging. In 'n wereld waar beleidsmakers hul beleide kan verander of algehele beleids-ommekerings kan maak sal slim ekonomiese besluitnemers 'n wag-en sien houding met betrekking tot liberalisasie inneem. Bulle sal met ander woorde nie in uitvoerproduksie investeer voordat hulJe nie oortuig is dat die owerheid wei by sy aangekondigde strategie gaan bly nie, en dat uitvoerproduksie derhalwe wei die mees gunstigste sektor is om in te investeer nie. Om hierdie rede bevorder Jenkins en Naude (1995;1996) die gedagte dat 'n vryhandels-ooreenkoms met die Europese Unie as strategiese skuif'l onderteken word, aangesien dit grater geloofwaardigheid aan die owerheid se tariefverlaging en algemene makro-ekonomiese strategie sal gee. Dit is omdat die owerheid as't ware deur die Europese Unie gestraf kan word vir vertragings of moontlike ommekerings deur strafmaatreels teen Suid-Mrika in te stel.

Naude en Styger (1996) ontleed die wyse waarop onvolmaakte finansieele markte en onvanpaste bankbestuur die her-allokasie van kapitaal tydens liberalisasie in Afrika-Jande

kan vertraag. Hier kan aansluit:ing gevind word by Naude (1996a;1996b), Wood (1994) en Wood en Berge (1994) se fokus op wrywing in die her-allokasie van arbeid.

Naude (1996a;1996b) ident:ifiseer vera! die element van entrepreneurskap as 'n verwaarloosde element in die ontleding van liberalisasie en wys op die gebrek aan 'n kultuur van entrepreneurskap as die oorsaak van gebrekkige uitvoer in reaksie op liberalisasie-pogings.

Wood en Berge (1994) en Wood (1994) verklaar die teleurstellende ervaring in baie minder ontwikkelde Iande, insluitende Suid-Afrika, met die uitvoere van vervaardigde goedere deur die vlak van geskooldheid en kundigheid in daardie land in berekening te bring. Hul teorie

kan met behulp van figuur 3 verduidelik word.

4 Schelling (1980:160) definieer 'n strategiese skuif soos volg :"A strategic move is one that influences the other person's choice, in a manner favorable to one's self, by affecting the other person's expectations on how one's self will behave".

(22)

Figuur 3 : Geskooldheid en Uitvoere van V ervaardigde Produkte

Kun "gheid perwerker

gemiddelde verhouding, kundigheid:land

uitvoerder van

uitvoerder van Iandbou enmynbou

(Bron : Wood en Berge, 1994:5).

Figuur 3 dui aan dat Iande wat onder die wereld se gemiddelde kundigheid:land verhouding is, uitvoerders van primere produkte sal wees, en andersom. Die teorie word deur ekonometriese toetsing gesteun, en impliseer dat handelsbeleid (d.w.s invoervervanging of Iiberalisasie/uitwaartse orientering) slegs 'n klein proporsie van die variasie in Iande se uitvoere van vervaardigde goedere kan verklaar.

Dit is dus duidelik dat daar toenemend in die literatuur aanduidings gevind word dat die verwantskap tussen Iiberalisasie, uitvoere en ekonomiese groei nie so sterk is as wat deur die Washington konsensus voorgestel word nie.

Wat empiriese getuienis aanbetref, bespreek Strydom (1995:558-559) verkeie empiriese studies en kom hy tot die gevolgtrekking dat "The evidence would suggest that there is no significant relationship between export performance and trade regime" .

Linnemann (1992) en Edwards (1993) wys daarop dat daar geen empiriese steun is vir die siening dat 'n uitwaarts-georienteerde groeistrategie optimaal is nie, en dat dit inderdaad heelwat ondersteunende optrede van die owerheid vereis ten einde wei suksesvol te wees. Agosin (1993) vind empiriese getuienis wat suggereer dat daar a priori geen rede is om invoervervanging ( deur tariefbeskerming) as 'n ondergeskikte strategie aan uitvoerbevordering te beskou nie, en beklemtoon die komplementariteit tussen

uitvoerbevordering en invoervervanging. ·

6 LIBERALISASIE EN MENSLIKE KAPITAAL

'n Ekonomiese groeistrategie wat onkrities op Iiberalisasie en uitwaartste orientasie gebaseer is, kan dus 'n hoe-risiko strategie wees, indien die volgende faktore ontbreek :

• Daar nie volmaakte mededinging in markte is nie, en plaaslike en oorsese markte deur oligopolistiese en duopolistiese gedrag gekenmerk word.

(23)

• Die geloofwaardigheid van die owerheid se liberalisasie-poging nie bo verdenking is nie. • Die arbeidsmag nie voldoende geskoold en kundig is nie.

AI drie hierdie faktore ontbreek in 'n mindere of meerdere mate in Suid-Afrika. Myns insiens is die emstige gebrek in die verband die gebrek aan voldoende en gepaste geskoolde arbeid, omdat dit die benutting van nie-mededingende omstandighede belemmer en ook die geloofwaardigheid van liberalisasie in gedrang kan bring.

'n Onlangse studie deur· Ismael (1995) ondersteun hierdie gevolgtrekking. Moll (1995) gebruik die resultate van 'n huishoudings-opname deur die South African Labour Development Research Unit (SAIDRU) aan die Universiteit van Kaapstad om tot die gevolgtrekking te kom dat dit vera! rekenkundige vaardighede is waaraan Suid-Afrika mank

gaan.

Dit is juis hierdie tipes vaardighede wat in vandag se intemasionale ekonomie noodsaaklik. is

om uitvoer-sukses te verseker. Dit is omrede die produksie van die tipes goedere en dienste wat intemasionaal verhandel word 'n premie plaas op probleem-oplossing, rekenaar-geletterdheid en ander hoer-orde vaardighede (Baily, Burtless · & Litan, 1993; Sawhil~ 1995). Daarom dan dat Moll (1995:12), met inagneming van die reuse bedrae geld wat alreeds jaarliks in Suid-Afrika aan onderwys bestee word (kyk Hosking, 1995), verklaar dat "it might be appropriate to reallocate some of the resources presently expended on training polyglots towards improved teaching of arithmetic and science".

In die Jig van Suid-Afrika se gebrek aan voldoende kundigheid, gaan die liberalisasie-poging wat dee! uittnaak van die makro-ekonomiese strategie, heel moontlik tot groter ongelykheid en werkloosheid in Suid-Afrika oor die korttermyn lei. Daar

gaar1

dus beide wenners en verloorders wees. Die wenners gaan die hoogs-geskooldes en kundiges wees, en die verloorders die ongeskooldes. Die daling in die vraag na ongeskoolde arbeid is alreeds wereldwyd 'n reaksie op groter ekonomiese integrasie en die afbreek van tariefbeskerming ingevolge die WHO. Waar minimumlone van krag is, lei dit noodwendig tot groter werkloosheid (Freeman, 1994).

'n Herinstelling van tariefbeskerming -dus 'n ommekeer van die makro-ekonomiese strategie

- kan nie op die tydstip vir Suid-Afrika 'n opsie wees nie, aangesien die land intemasionaal daartoe verplig word (sien Hirsch, 1994), dit die geloofwaardigheid van Suid-Afrika se nuwe beleidsmakers groot skade kan aandoen (Jenkins & Naude, 1995;1996) en daar geargumenteer kan word dat weens die veranderende samestelling van intemasionale handel, dit nie die beste metode is om die armstes in die gemeenskap te help nie (Wood, 1995:78). 'n Beter wyse om die armstes te help, en ongelykheid en werkloosheid in Suid-Mrika aan te spreek, is deur die verskaffmg van beter (meer wetenskap-gerigte) en meer onderwys en opleiding (vera! op sekondere en tersiere vlak) aan die bevolking, aangesien dit sal bydrae om die aanbod van ongeskoolde arbeid te verminder en die geleenthede vir hoer besoldigde werksgeleenthede toegankliker te maak.

Die makro-ekonomiese strategie, so wei as die onlangse Arbeidskommissie-verslag erken die noodsaaklikheid van beter en meer onderwys en opleiding. Die tekortkoming in hierdie strategie is egter dat oor die korttermyn heelwat verloorders geskep word deur liberalisasie, maar dat die resultate van beter en meer onderwys eers oor die medium tot langertermyn ervaar sal word.

(24)

In die interim is sosiale veiligheidsnette en subsidies nodig om ongeskooldes - die armstes van die annes - te ondersteun. Dit kan die vorm van belastingverligting, kontantbetalings en beter owerheidsdienste insluit. Waar daar sektore is waar minimum lone geld kan daar moontlik 'n saak uitgemaak word vir subsidies aan werkgewers, ten einde hul aan te moedig om meer ongeskoolde werkers in diens te neem.

Hierdie interim maatreels moet deur 'n gepaste nywerheidsbeleid- wat arbeids-intensiewe uitvoerproduksie aanmoedig, gerugsteun word.

Die implikasie uit die gevolgttekkings is dat die owerheid in Suid-Afrika, en in baie ander minder ontwikkelde Iande, van kardinale belang vir ekonomiese groei en ontwikkeling is. Die owerheid kan hom nie van die ekonomie onttrek nie.

7 SLOT

Ter afsluiting kan 'n prognose nou gemaak word ten opsigte van die aanspreek van absolute en relatiewe annoede deur middel van ekonomiese groei en ontwikkelingsttategiee. Daar is twee vrae van 'n prinsipiele aard in hierdie rede gevra. Eerstens, hoeveel weet ons van die determinante van ekonomiese groei? en tweedens wat weet ons van die verwantskap tussen liberalisasie van handelsbeleid en ekonomiese groei?

Ek het aangetoon dat, hoewel daar steeds leemtes in ekonome se verklarings van ekonomiese groei is, vordering tog gemaak is om investering in menslike kapitaal en verwante aspekte soos positiewe ekstemaliteite, onvolmaakte mededinging en toenemende skaalvoordele te ondersoek. Die beduidendste tekortkoming is egter nog die gebrekkige wyse waarop hierdie faktore wiskundig gemodelleer word. Hierdie faktore sal veral, om redes wat bespreek is, deur ontwikkelingsekonome gedoen moet word, ten einde te verseker dat beleidsmakers advies ontvang wat tot die verligting van absolute en relatiewe armoede sal lei.

Dit is ook aangetoon dat daar twyfel kan bestaan oor die geskiktheid van die liberalisering van handel, indien dit nie gepaard gaan met effektiewe ondersteuning vanaf owerheidskant om die produksie van vervaardigde goedere aan te moedig nie, en te verseker dat die armstes van die annes nie nadelig geraak word nie. In aansluiting met die endogene groeiteorie is die aanbeveling dat die mees gepaste vorm wat hierdie owerheidsteun kan aanneem, investering in menslike kapitaal is.

Die herinstelling van tariefbeskerming - dus 'n ommekeer van die makro-ekonomiese sttategie - kan dus nie op die tydstip vir Suid-Afrika 'n opsie wees nie, omdat die land intemasionaal daartoe verplig word (sien Hirsch, 1994), dit die geloofwaardigheid van Suid-Afrika se nuwe beleidsmakers groot skade kan aandoen Oenkins & Naude, 1995:1996) en daar geargurnenteer kan word dat weens die veranderende samestelling van intemasionale handel, dit nie die beste metode is om die armstes in die gemeenskap te help nie (Wood, 1995:78).

Dit moet daarom beklemtoon word dat 'n beter wyse om die armstes te help, en ongelykheid en werkloosheid in Suid-Mrika aan te spreek, deur die verskaffing van beter (d.w.s. wetenskap en tegnologie-gerigte) en meer onderwys en opleiding (veral op sekondere en tersiere vlak) aan die bevolking is. Dit sal help om die aanbod van ongeskoolde arbeid te verminder en die geleenthede vir hoer besoldigde werksgeleenthede toegankliker te maak, en sal die kundigheid vir vervaardigde uitvoerproduk te !ewer.

(25)

Die nuwe Suid-Afrikaanse makro-ekonomiese sttategie erken die noodsaaklikheid van beter en meer onderwys en opleiding en behoort daarom hierin ondersteun te word.

Die probleem wat egter steeds bestaan is dat die resultate van beter en meer onderwys eers oor die medium tot langertermyn ervaar sal word maar, dat oor die korttermyn heelwat verloorders geskep word deur liberalisasie. Hierdie verloorders kan drukgroepe vorm wat deur middel van die politieke prosesse van 'n land, liberalisasie kan verongeluk en daardeur die langtermynvoordele vir menslike kapitaalvorming kan verspeel. Korttermyn politieke faktore behoort dus na behore verstaan te word ten einde te kan verklaar waarom ekonomiese beleidsopsies wat optimaal is oor die langtermyn, in baie Iande nooit geiinplementeer word nie. Die vraag - wat vanaand onbeantwoord moet bly - is natuurlik wat weet ons van die presiese verwantskap tussen politieke prosesse en ekonomiese groei? Daar kan wei geargumenteer word dat daar oor die korttermyn sosiale veiligheidsnette en subsidies nodig is om ongeskooldes - die armstes van die annes - te ondersteun. Dit kan die vorm van belastingverligting, kontantbetalings en beter owerheidsdienste insluit. Waar daar sektore is waar minimum lone geld kan daar moontlik 'n saak uitgemaak word vir subsidies aan werkgewers, ten einde hul aan te moedig om meer ongeskoolde werkers in diens te neem.

Die aanvelinge impliseer egter hoe en progressiewe belastings, wat 'n koste is wat deur die produktiewe sektore van die ekonomie gedra moet word, en wat tot drukgroepvorming deur belastingbetalers kan lei.

Die prognose vir volgehoue verligting van absolute en relatiewe armoede in die afsienbare toekoms is dus nie ondubbelsinning positief nie. Die ekonomiese beleidsmakingsproses

gaan mank aan gebrekkige begrip en modellering van die determinante van ekonomiese groei en begrip van die interaksie tussen politiek en ekonomie. Beide van die aspekte behoort vemame items op ekonome se navorsingsagendas te wees. Die ekonomiese wetenskap verkeer nuuskierig in afwagting op die resultate van hierdie navorsing, en die intreeredes wat in die toekoms daardeur geinspireer sal word. Dit is my hoop dat ek deur hierdie intreerede ook u nuuskierigheid geprikkel het.

BRONNE

Abramowitz, M. (1956). "Resource and Output Trends in the U.S. since 1870" Amencan

Economic Review, 46(2): 5-23.

Anon. (1992). "Economic Growth: Explaining the Mystery" The Economist, 4 Jan.

Archer, S. & Moll, P. (1992). "Education and Economic Growth" (ln Abedian, I. & Standish, B.~. Economic Growth in South Africa : Sekaed PolifY Issues. Cape Town : Oxford University Press.)

Armington, P.S. (1969). "A Theory of Demand for Products Distinguished by Place of Production", 1MF Slt[/JPapers, 16: 159-176.

Baily, M.N., Burtless, G. & Litan, R. (1993). Growth with Equity. Washington DC: Brookings Institution.

(26)

Bardhan, P. (1993). "Economics of Development and the Development of Economics", Jou1711Ji ofEconomic Perspectives, 7(2) : 129-142

Batra, R. (1993). The ll{yth ofFree Tmde. New York : Charles Scribner.

Brander, J. & Spencer, B. (1985). "Export Subsidies and International Market Share and Rival.ry",Journal oflnternationalEconomics, 18(1): 83-100.

Buchanan, J.M. (1986). UbertJ', Market and State: Political EconOIJ!Y in the 1980s. Brighton : Harvester Press.

Coetzee, Z.R., Swanepoel, J. & Naude, W.A. (1996). "A Minimalist CGE Model for Analysing Trade Liberalisation in South Africa", U11published Paper, Indnstrial Development CllljJOration, Dpartment ofEconomic Development and Research, Sandton, Aug.

Collier, P. (1993). "Macroeconomic Policies : An Analytical Review Based on African Experience", World Emp!qyment Progmmme Research Working Paper no. 35, International Labour Office : Geneva.

Collier, P., Greenaway, D. & Gunning, J.W. (1993). A Methodology for the Study of Trade Liberalisation. Paper Presented at the AERC's Launch Workshop on Regional Integration and Trade Liberalisation, Nairob~ 1-3 December.

Collier, P. & Gunning,J.W. (1994). "Trade Policy and Regional Integration: Implications for Relations between Europe and Mrica'', The W otid EconOIJ!Y, 18(1) : 387-410.

Debreu, G. (1991). "The Mathematization of Economic Theory", American Economic Review, 18(1): 1-7.

Dasgupta, P. & Stiglitz, J.E. (1988). "Learning by Doing, Market Structure and Industrial and Trade Policies", O:iford Economic Papers, 40: 246-268.

De Long,J.B. & Summers, L.H. (1993). "How Strongly Do Developing Economies Benefit from Equipment Investment?" Journal ofMonettny Economics, 32(3) : 395-416.

De Melo, J. & Robinson, S. (1989). "Product Differentiation and the Treatment of Foreign Trade in Computable General Equilibrium Models of Small Economies", Journal of International Economics, 27 : 47-67.

Dervis, K., De Melo, J. & Robinson, S. (1982). General Equilibrium Models for Development Poliq. Cambridge : Cambridge University Press.

Devarajan, S., Lewis,]. & Robinson, S. (1994). Getting the Model Right: The General Equilibtium Approach to Atfjustment Poliq. Unpublished Manuscript.

Dixit, A. (1993). "In Honor of Paul Krugman : Winner of the John Bates Clark Medal", Journal ofEconomic Perspectives, 7(2) : 173-188.

Donaldson, A. & Roux, A. (1990). Education, Employment and the Incomes of Black South Africans in 1985. Paper presented at the Coiference on Uterary and Basic Adnlt Edncation in South Africa, Pretoria : HSRC.

Fischer, S. (1993). " The Role of Macroeconomic Factors in Growth", Journal of Monettny Economics, 32(3) : 485-512

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Hypothesis 2: The effect of total exclusions made in pro forma earnings disclosures on stock price is larger for firms listed on the NASDAQ compared to firms that are not listed on

4.3 Specific interaction energy between epigenetic states For the case of study of this project, the polymer configuration will represent the epigenetic marks distribution along

Ook is slechts de voorspelbaarheid van een aantal narcistische trekken die tijdens de adolescentie aanwezig kunnen zijn voor het ontwikkelen van een narcistische

This comparison enhances people’s self definition (Hogg &amp; Abrams, 1993). In other words, because people tend to favor their in-group as a result of categorization, they will try

An overall conclusion as to the moderation effects found in this master thesis might be that intensive leadership, whether it is transformational or transactional, will not work for

“Whether there are convictions or whether there are acquittals will not be the yardstick. The measure is going  to be the fairness of the proceedings.” 205   

Dikwels word die onderskeie ekwiva- lente as absolute ekwivalente aangedui en alhoewel gevalle wel voorkom waar een of meer vertaalekwivalente absoluut kan wees, gebeur dit

Brigthfield and fluorescent image of a whole blood sample spiked with SKBR-3 breast cancer tumor cells, illustrating the presence of tumors cells in the